S v Joseph (A 148/2010) [2010] ZAWCHC 170 (7 September 2010)



THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA


IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOe HOF, KAAPSTAD)



SaakNr: A148/10

Hoe Hof Nr: 10630

Landdroshof Nr: 12/2010

In die saak tussen:



DIE STAAT


teen



JACOB JOSEPH




CORAM LE GRANGE R

KLOPPER WnR

UITSPRAAK KLOPPER WnR

DATUM VAN VERHOOR GEEN

DATUM VAN UITSPRAAK 7 SEPTEMBER 2010

RAPPORTEERBAAR


IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOe HOF, KAAPSTAD)



Saak No: A148/10

Hoe Hof Nr: 10630

Landdros No: 12/2010

In die saak tussen:



DIE STAAT

teen

JACOB JOSEPH

HERSIENINGSUITSPRAAK : GELEWER OP 7 SEPTEMBER 2010



KLOPPER WnR


Hierdie saak dien voor my nadat dit verwys is vir outomatiese hersiening.



Die beskuldigde, 'n 52 jarige man, het in die distrikhof te Mosselbaai verskyn weens 'n oortreding van Artikel 17 (a) van die Wet op Gesinsgeweld.1



Die beskuldigde het verkies om sy eie verdediging waar te neem en het op die aanklag skuldig gepleit. Na ondervraging ingevolge die bepalings van Artikel 112 (1) (b) van die Strafproseswet, 51 van 1977 (hierna "die Wet "genoem) is die beskuldigde skuldig bevind soos aangekla.

Die beskuldigde is gevonnis tot 12 (twaalf) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort was vir 5 (vyf) jaar op bepaalde voorwaardes en daarbenewens en ingevolge Artikel 276 (1) (h) van die Wet, tot 12 (twaalf) maande korrektiewe toesig.




Na oorweging van die oorkonde het ek die volgende versoek aan die


verhoorlanddros gerig:

"Die landdros word versoek om haar redes vir skuldigbevinding te verskaf met spesifieke verwysing na die volgende aspek asseblief:

Was die ondervraging ingevolge Art 112 (1) (b) van Wet 51 van 1977 voldoende om vas te stel dat die beskuldigde al die elemente van die oortreding erken? Die landdros word vender versoek om aan te dui waarom die voorwaardes van die vonnis van komektiewe toesig nie deur die hofbepaal is nie, maar oorgelaat is aan die korrektiewe beampte. Is ditnie die hofse plig om die voorwaardes te bepaal en te omskryfin die opgelegde vonnis? (Sien S v Ndaba 1993 (1) SACR 637 (A))".




Die Verhoorlanddros se antwoord is soos volg:

"In retrospek, die ondervraging ingevolge artikel 112(1) (b) Wet 51/77 verwys, erken die beskuldigde nie die wedenegtelikheid van sy optrede ten tye van die plaasvind van die gebeure nie. Hierdie oorsig word betreur, en u word versoek om die skuldigbevinding ter syde te stel. Skrywer was van oordeel dat die voorwaardes van die Korrektiewe beampte genoegsaam was".



Die ondervraging van die verhoorlanddros was soos volg:2

"Hof: Die hofgaan nou vrae vra aan u om seker te maak dat u wel skuldig is. Pleit u

vrywillig skuldig of is daar iemand wat u dwing om skuldig te pleit?

Beskuldigde: Vrywillig, edele.

Hof: Is daar 'n gesinsgeweldinterdik teen u?

Beskuldigde: Ja, edele.

Hof: Het u op die 22ste Januarie hierdie jaar vir die klaagster - ek neem aan dit is u vrou - is ditreg? Beskuldigde: Dit is korrek. Beskuldigde: Yes, edele.

Hof: Het u vir haar hierdie woorde gese soos wat die aanklaer nou uitgelees het? Beskuldigde: Ja, edele.

Hof: Het u ook vir haar gedreig om haar vrek te maak?

Beskuldigde: Ja, edele.

Hof: Nou hoekom het u dit gedoen?

Beskuldigde: Edele, dit was net in 'n oomblik dat ek my humeur verloor het. Maar oor die algemeen slaan ek nie aan my vrou en ek het... (tussenbei) Hof: Ek praat nie van slaan nie.

Beskuldigde: Ek het net daardie oomblik kop verloor, edele.

Hof: Het u geweet u is besig om die bepalings van die interdik te oortree toe u dit se? Beskuldigde: Ek het nie daardie, in daardie oomblik daaraan gedink nie, edele. Hof: Het u later daaraan gedink? Beskuldigde: Ja, edele.

Hof: Met ander woorde het u geweet u optrede is verkeerd en strafbaar? Beskuldigde: Dit is verkeerd, edele."



Ondervraging ingevolge Artikel 112 (1) (b) van die Wet is basies 'n proses wat uit twee komponente bestaan. Eerstens en deur middel van gepaste vrae word diefeitlike basis van die pleit van skuldig ondersoek. Tweedens en op dieselfde wyse word die wetlike basis van die pleit vasgestel.3

Dit is slegs indien die hof tevrede is dat die erkennings van die beskuldigde al die elemente van die misdryf dek dat die hof die beskuldigde skuldig kan bevind.4



In die onderhawige geval was dit na my mening nodig om die volgende feite tydens ondervraging vas te stel:

(i) Dat daar 'n beskermingsbevel uitgereik is en dat die beskuldigde kennis
dra van die inhoud daarvan met inbegrip van wat hy beveel is om te doen
of verbied word om te doen;

(ii) Dat die beskuldigde deur latere optrede die bevel in (i) genoem oortree en
verontagsaam het;

(iii) Dat die beskuldigde geweet het wat die gevolge van sy latere optrede in
(ii) sou wees, nl: 'n wederregtelike verontagsaming of oortreding van die
bevel en dus die pleging van 'n misdryf.



Die ondervraging soos supra aangedui het na my mening in meer as een opsig tekortgeskiet en kon die hof a quo nie in die omstandighede tevrede gewees het dat al die elemente van die misdryf deur die beskuldigde erken word nie.



In die omstandighede is ek van mening dat dit gepas sou wees om die skuldigbevinding en vonnis tersyde te stel en die aangeleentheid kragtens Artikel 312 (1) van die Wet na die verhoorlanddros terug te verwys vir behoorlike

ondervraging ingevolge Artikel 112 (1) (b) van die Wet. Indien die hof nie tevrede is dat al die elemente van die misdryf deur die beskuldigde erken word nie moet die bepalings van Artikel 113 van die Wet toegepas word.



Indien die verdere proses sou lei tot 'n skuldigbevinding en die hof van mening is dat korrektiewe toesig gepas sou wees, is dit die plig van die voorsittende beampte om die voorwaardes daarvan te bepaal en nie slegs oor te laat aan die korrektiewe beampte nie. Dit is tog die hof se vonnis en dus vir die hof om dit behoorlik te formuleer. In S v Ndaba5 word die posisie met respek gese duidelik deur Kriegler WnAR (soos hy destyds was) uiteengesit:

"Die hofbehoort in die reel egter nie sommer breedweg 'n vonnis van kon-ektiewe toesig op te le en die komponente daarvan aan die goeddunke van die korrektiewe beampte oor te laat nie. Dit sou ook oor die algemeen verkeerd wees om die inhoud van 'n wesentlike komponent geheel en al aan vasstelling deur die korrektiewe beampte oor te laat..."



Voorts verklaar die geleerde Regter:6

"Juis vanwee die veelsoortigheid van die onderhawige strafvorm en die knelpotensiaal van bepaalde komponente daarvan (byvoorbeeld huisarres of diensverrigting) betaam dit 'n regtelike straftoemeter om paal en perk te stel aan die straf wat hy ople. Die feit dat bykomende administratiewe handelinge deur andere geneem mag word, ontneem 'n regspreker geensins van die plig om die geregtelike fase van straftoemeting, waarvoor hy verantwoordelik is, ooreenkomstig geykte norme te laat verloop nie."

Die landdros word dus versoek om hierdie beginsels in gedagte te hou indien korrektiewe toesig weereens opgele moet word.


KLOPPER WnR


Ek stem saam. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel. Die saak word terugverwys vir die landdros om dienooreenkomstig die reg daarmee te handel.




LE GRANGE R

1 Wet 116 van 1998.

2 bl 1 - 3 van die oorkonde.

3 Sien S v Nyanga 2004 (1) SACR 198 (C) op 201 b - e

4 Sien S v Diniso 1999 (1) SACR 532 (C) op 533 g - h.

5 1993 (1) SASV 637 (A) op 642 d - e

6 op 642 f


▲ To the top