S v Van Heerden (631/1992) [1993] ZASCA 108 (3 September 1993)


1.

Saak nr 631/92 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JOHANNES LODEWIKUS PETRUS VAN HEERDEN Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

CORAM: VIVIER, NIENABER ARR et,

HOWIE Wn AR.

VERHOOR: 27 Augustus 1993.

GELEWER: 3 September 1993.

UITSPRAAK

VIVIER AR.

2.

VIVIER AR.

Die appellant het in die Rondgaande Hof op Springs saam met twee ander, na wie ek as beskuldigdes 1 en 2 onderskeidelik sal verwys, tereggestaan op een aanklag elk van moord en roof. By die aanvang van die verhoor het die appellant skuldig gepleit op die aanklag van moord en onskuldig op die aanklag van roof. Beskuldigdes 1 en 2 het onskuldig op beide aanklagte gepleit, waarna 'n skeiding van verhore gelas is en die verhoor teen die appellant alleen voortgegaan het. Nadat getuienis gelei is, is hy skuldig bevind aan moord en onskuldig op die aanklag van roof. Hy is gevonnis tot 25 jaar gevangenisstraf. Met verlof van die Verhoorregter appelleer hy na hierdie Hof slegs teen sy vonnis.

Die oorledene was die appellant se vrou met wie hy op 26 September 1986 getroud is. Hy was toe 34 jaar en sy slegs ongeveer 17 jaar oud. Hy is ses

3.

maande vantevore van sy vorige vrou geskei en het toesig gekry oor hulle vier kinders, 'n dogter van 16

jaar en drie seuns van onderskeidelik 14 jaar, 12 jaar en 10 jaar. Die kinders het by hom en die oorledene gebly. Uit sy huwelik met die oorledene is een kind gebore ("Johan") wat 4 jaar oud was ten tyde van haar dood. Die huwelik was nie gelukkig nie. Uit die getuienis van die appellant, sy dogter Linda en 'n vriendin van die egpaar, mev Venter, is dit duidelik dat die oorledene nie alleen onvolwasse was nie, maar ook 'n jaloerse en aggressiewe geaardheid gehad het. Sy was jaloers op die appellant en het hom valslik van onbehoorlike verhoudings met ander vroue beskuldig. Sy was ook jaloers op sy kinders uit sy vorige huwelik. Sy kon hulle nie hanteer nie en het hulle sleg behandel. Wanneer die appellant met haar oor hul probleme gepraat het, het sy hom gevloek en uitgeskel. As gevolg van hul huweliksprobleme het die

4.

oorledene 'n paar keer die huis verlaat en Johan saam met haar geneem. Die laaste keer was gedurende April 1990 toe die appellant eers na agt dae uitgevind het waar sy en Johan is. Hy het getuig dat hy op daardie stadium vir die eerste keer daaraan gedink het om iemand te kry om haar dood te maak. Hy het haar egter oorreed om terug te kom na hom maar na twee of drie maande het die moeilikheid weer begin. Hy was desperaat en het selfs verskeie toordokters se hulp ingeroep. Een van hulle, Samuel Sombani, het namens die Staat getuig dat hy die appellant gedurende die winter van 1990 drie keer besoek en R400 vir sy dienste ontvang het. Die appellant het hom oa versoek om die oorledene dood te maak wat hy nie bereid was om te doen nie. Volgens die appellant het sy verhouding met die oorledene teen die einde van 1990 verder versleg. Hy wou nie van haar skei nie omdat hy te lief was vir haar en sou haar liewer dood wou sien as om haar aan

5.

iemand anders af te staan. Sy het ook herhaaldelik gedreig dat indien sy hom verlaat sy sou sorg dat hy Johan nooit weer sien nie en hy het dit geglo.

Ongeveer 'n maand voor die oorledene se dood het hy vir die beskuldigde 2,wat by hom gewerk het,gevra

om iemand te kry om die oorledene dood temaak. Ongeveer twee tot drie weke later het beskuldigde 2 aan hom gesê dat hy iemand gekry het wat haar sou doodskiet teen 'n vergoeding van R4 000. Op Woensdag 19 Desember 1990 het beskuldigdes 1 en 2 na sy werkplek gekom en gesê dat hulle die oorledene die Saterdagaand van daardie week sou doodskiet en dat hy moes sorg dat hy die aand laat by die huis kom. Hy het aan beskuldigdes 1 en 2 verduidelik dat die voordeurslot van sy huis stukkend is en dat hulle op dié manier by die huis kon inkom. Hy het die R4 000 aan beskuldigde 2 oorhandig. Hy het ook aan beskuldigde 2 geld gegee om vir beskuldigde 1, wat van Mosambiek gekom het, se

6.

verblyf in Johannesburg te betaal. Die Saterdagoggend het beskuldigde 2 hom gebel en gesê dat hy die huis aan beskuldigde 1 uitgewys het en dat alles reg is vir die aand. Toe hy ongeveer kwart oor elf die aand by die huis kom, het hy die oorledene dood aangetref in die slaapkamer. Volgens die mediese getuienis het die oorledene gesterf as gevolg van 'n skietwond tussen haar wenkbroue.

Namens die appellant het mnr Strydom voor ons betoog dat die Verhoorregter tot so h mate die strafverswarende faktore oorbeklemtoon en die strafversagtende faktore onderbeklemtoon het dat die afleiding geregverdig is dat hy nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie. Ek stem nie saam nie. Daar is geen steun te vind vir hierdie betoog in die uitspraak oor vonnis nie en die Verhoorregter het inteendeel, soos ek hieronder sal aantoon, twee versagtende faktore in die appellant se guns aanvaar

7.

wat, na my menihg, nie deur die getuienis geregverdig is nie. Uiteindelik het mnr Strydom volstaan met die betoog dat die vonnis buitengewoon swaar is en daarom inmenging deur hierdie Hof regverdig.

As 'n versagtende faktor het die Verhoorregter aanvaar dat die appellant "subjektief geglo het dat daar geen ander uitweg was nie en uit pure désperaatheid" die moord beplan het. Dié bevinding is gegrond op die appellant se getuienis dat hy geglo het dat hy na 'n egskeiding nooit weer vir Johan sou sien nie en dat hy die oorledene so lief gehad het dat hy haar eerder dood wou sien as om haar aan 'n ander man af te staan. Ek vind die gedeelte van die appellant se getuienis oor Johan waarna hierbo verwys is, totaal onaanvaarbaar. Volgens prof Beyers, 'n 'nh goed gebalanseerde persoon met 'n bo-gemiddelde intelligen= sie. Hy is 'n suksesvolle sakeman wat al vantevore

8.

geskei is en h egskeidingsaksie teen die oorledene begin en weer laat vaar het. Volgens sy eie getuienis was Johan elke dag by hom en het hy vir hom gesorg. Hy kon nie geglo het dat hy Johan na 'n egskeiding nooit weer sou sien nie. Sy ander motief vir die moord -dat hy die oorledene so lief gehad het dat hy haar eerder dood wou sien as om haar aan 'n ander af te staan is moeilik om te aanvaar en is in elk geval eerder strafverswarend as -versagtend.

Oor die kwessie van berou sê die Verhoor=

regter dat hy twyfel of die appellant aanvanklik berouvol was en of sy latere berou eg was, maar dat hy die voordeel van die twyfel moet kry en dat as 'n versagtende faktor bevind moet word dat die appellant berouvol was en is oor sy optrede. Totdat hy sewe maande na die moord gekonfronteer is deur die polisie met die arrestasie van beskuldigdes 1 en 2, het die appellant geen tekens van berou getoon nie en het hy

9.

inderdaad deur listige optrede die polisie om die bos probeer lei. In die lig van die oorweldigende staatsaak teen hom kan nie te veel gewig geheg word aan sy samewerking met die polisie en sy pleit van skuldig nie. In sy getuienis het hy klaarblyklik nie die Verhoorhof volkome in sy vertroue geneem toe hy oor sy beweegredes vir die pleging van die moord getuig het nie. Hy kan homself dus gelukkig ag dat die Verhoorhof desnieteenstaande bereid was om in sy guns te aanvaar dat hy opregte berou vir sy optrede gehad het.

Die verswarende faktore is voor die hand liggend. Huurmoorde word in die algemeen deur hierdie Hof in 'n besonder ernstige lig gesien. Sien S v Ntshangase 1992(2) SASV 141 (A)op 145 a-c en die sake daar aangehaal. In die huidige saak is die appellant deur niemand beïnvloed nie en die inisiatief vir die pleging van die moord het deurgaans by hbmself berus.

10.

Hy het die moord oor 'n lang tydperk beplan en kon sy opdrag aan sy mededaders tot op die laaste oomblik afgelas het maar het op koelbloedige wyse gesorg dat hy nie die betrokke aand by die huis was nie sodat hulle die oorledene kon doodskiet. Sy optrede was, soos die Verhoorregter dit gestel het, afgryslik en verfoeilik.

Die huidige misdaad moet na my mening as een van buitengewone erns beskou word, en in al die omstandighede van die saak is ek nie oortuig daarvan dat hierdie Hof hoegenaamd 'n ligter vonnis as die Verhoorregter sou opgelê het nie.

Die appèl word afgewys.

W. VIVIER AR.

NIENABER AR )

Stem saam. HOWIE Wn AR )

▲ To the top