S v Mtsweni (63/1991) [1993] ZASCA 125 (16 September 1993)


CG SAAKNOMMERL: 63/91

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak van:

JOHN KOSABO NTULI MTSWENI Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: HOEXTER, HEFER, VIVIER, EKSTEEN et VAN DEN HEEVER ARR

AANGEHOOR: 6 SEPTEMBER 1993

GELEWER: 16 SEPTEMBER 1993

UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR

2

Op 2 Augustus 1986 is mev Nellie Mthombeni naby Vaalbank B in Transvaal gedood. 'n Groep persone het haar by haar huis gekonfronteer met die eis dat sy haar toormiddels uitwys. Toe sy dit nie doen en hulle ook niks op haar perseel kon vind nie, is brandstof oor haar gegiet en sy aan die brand gesteek.

Uit hoofde van hierdie gebeure, maar eers vier jaar later, is agt persone voor Human WnR in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangekla van moord. Die huidige appellant was beskuldigde nr 1. Ek verwys na hom voortaan soos by die verhoor. Die aanklag is teruggetrek teen beskuldigde nr 7, in sy afwesigheid. Beskuldigdes nommers 2, 3, 4, 5, 6 en 8 is onskuldig bevind maar nr 1 skuldig sonder dat enige van hulle getuig het.

Sy advokaat het beskuldigde nr 1 geroep om getuienis ter versagting af te lê in die loop waarvan hy vorendag gekom het met ' n storie wat 'n verweer kon gewees het teen die Staat se saak indien die verhoorhof

3

dit as redelik moontlik waar sou beskou het. Sy moeder het ook getuig ter versagting. Daarna het Human WnR sonder om vonnis op te lê 'n spesiale aantekening ingevolge a 317 van die Strafproseswet gemaak en ook verlof verleen om te appelleer op dieselfde gronde as wat deur die spesiale aantekening gedek word. Vir doeleindes hiervan is die inhoud daarvan nie tersake nie. Die hof het gelas dat beskuldigde se borg bly staan in dieselfde bedrag en op dieselfde voorwaardes as wat gegeld het tot op daardie stadium. Waar die verhoorhof nie gemeld het dat dit die posisie sou wees

totdat die appèl afgehandel is nie, kan aanvaar word dat die bedoeling was dat hy daardie vergunning sou geniet,

soos in die verlede, totdat die saak uiteindelik eenkant

toe of die ander afgehandel is.

Die verrigtinge is daarna gestaak hangende die

beslissing van hierdie hof.

Dit is onnodig om te besluit of daar dalk

verskoning daarvoor kan wees dat in uitsonderlike

4 gevalle ten opsigte van skuldigbevindings in die laer howe, in hoër beroep gegaan word voordat die laerhof se verrigtinge deur vonnisoplegging voltooi is. Heeltemal ander oorwegings geld in elk geval ten aansien van strafverhore in die Hooggeregshof, omdat geen statutêre voorsiening gemaak is dat 'n ander hof as dié wat die getuienis aangehoor en skuldigbevinding ingebring het, op 'n latere stadium vonnis kan oplê nie.

Wat in hierdie geval gebeur het, beklemtoon hoe ongewens enige poging is om verrigtinge stuksgewys voor hierdie hof te laat dien. Human WnR is ongelukkig inmiddels oorlede. Die advokate is dit eens dat die verrigtinge by ontstentenis aan enige wetteregtelike voorskrif waarvolgens daardie verrigtinge afgehandel kan word, 'n nulliteit word.

In S v DE KOKER 1978 (1) SA 659 (0) is gesê dat geen bevel nodig is nie omdat die verrigtinge verval waar die voorsittende regterlike amptenaar nie kan voortgaan met 'n verhoor wat reeds 'n aanvang voor hom

5 geneem het nie. Dit is wel so dat waar die verrigtinge 'n nulliteit word, alles wat daarmee saamhang ook moet verval soos hier die appèl self en die aansoek om kondonasie vir laat aantekening van appèl. Dit is egter ongewens dat 'n aangetekende skuldigbevinding in die lug bly hang om moontlik vorentoe elders verwarring te skep, en aangesien die saak wel voor ons dien, meen ek dat 'n verklarende bevel gemaak moet word.

Die Prokureur-generaal het deur sy verteenwoordiger onderneem om spoedig te besluit of hy voornemens is om óf opnuut beskuldigde nr 1 voor die hof te bring om verhoor te word óf die bestaande aanklag teen hom terug te trek, sodat die vraag van sy borg ook opgelos kan word.

Die bevel van die hof is dat dit verklaar word dat die skuldigbevinding van beskuldigde nr 1 op die aanklag dat hy op 2 Augustus 1986 te of naby Vaalbank "B" in die distrik Mdutjana vir Nellie Mthombeni vermoor het, 'n nulliteit is.

6

VAN DEN HEEVER AR

STEM SAAM:

HOEXTER AR)

HEFER AR)

VIVIER AR)

EKSTEEN AR)

▲ To the top