S v Thusi (379/1991) [1993] ZASCA 128 (20 September 1993)


1

Saak Nr 379/91 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPeLAFDELING)

In die saak tussen

ABRAHAM THUSI Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

CORAM: HOEXTER, VIVIER et VAN DEN HEEVER

ARR.

VERHOOR: 13 September 1993

GELEWER: 20 September 1993

UITSPRAAK

VIVIER AR./

2

VIVIER AR.

Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling deur LABUSCHAGNE R en assessore op een aanklag elk van moord, huisbraak meb die opset om te roof met verswarende omstandighede en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind. Op die moordaanklag is die appellant die doodvonnis opgelê en op die ander twee aanklagte, wat saamgeneem is vir doeleindes van vonnis, is hy tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Ingevolge die bepalings van art 316A van Wet 51 van 1977 appelleer hy na hierdie Hof alleen teen sy vonnis op die moordaanklag.

Die tersaaklike feite is die volgende. Gedurende Augustus 1989 het die appellant diens aanvaar by 'n geneesheer van Benoni, die 56-jarige dr Michiel Daniel Burger ("die oorledene") as motorbestuurder om pasientc na en van sy spreekkamer te vervoer. Die appellant was verder 'n bedrewe bouer en gedurende

3

Sepbember 1989 het hy begin om in sy vrye tyd vir die oorledene 'n swembad te bou. Teen 18 November 1989 het die bouwerk goed gevorder en het die oorledene reeds 'n bedrag van Rl,500 van die ooreengekome R3,500 aan die appellant betaal. Daardie dag was dle appellant besig om met 'n elektriese skuurder aan die teëls in die swembad te werk toe die oorledene se 5-jarige seuntjie aan die kabel van die skuurder ruk. Die appellant het geskrik, uit die swembad gespring en die seuntj ie 'n paar houe met die oop hand op sy boud gegee. Die oorledene het nader gekom en die appellant beveel om die perseel te verlaat. Hy het geweier om dit te doen tensy hy sy geld kry. Die oorledene het die polisie ontbied en h klag van aanranding gelê. Die polisie het die appellant aangeraai om die swembad te voltooi, wat hy op 3 Januarie 1990 gedoen het, nadat hy intussen slegs 'n verdere R50 van die oorledene vir sy werk ontvang het. Toe hy die oorledene daardie

4

dag vir betaling van die balans van Rl,950 vra, het die oorledene geweier en gesê dat hy eers die pleisterwerk moes oordoen. Hy was nie bereid om dit te doen nie omdat dit sou beteken dat die teëls verwyder en die swembad oorgeteel en -geverf moes word.

Die appellant het getuig dat hy baie ontsteld en gegrief was oor die oorledene se weiering om hom te betaal en dat hy dadelik by die polisie gaan kla het. Twee polisiemanne is saam met hom na die oorledene wat 'n onwrikbare houding ingeneem het met die woorde dat al die beste prokureurs in die land hom nog nie sover sou kry om die appellant te betaal nie. Alhoewel die appellant se getuienis in hierdie verband verskil van wat hy voorheen in 'n bekentenis aan 'n landdros gesê het, het die Verhoorhof aanvaar dat hy minstens by een geleentheid by die polisie gaan kla het oor die geld wat die oorledene hom skuld, maar dat die polisie hom nle kon help nie. Die Verhoorhof het verder aanvaar

5

dat die appellant nie genoegsame fondse gehad het om 'n prokureur se hulp in te roep nie. Die appellant het daarna sy gereedskap van die oorledene se perseel verwyder, behalwe vir 'n panga wat hy gebruik het om teëls mee te sny wat onder 'n afdak agtergebly het.

Die aand van 16 Januarie 1990 het die appellant na die oorledene se huis gegaan waar 'n partytj ie aan die gang was. Hy het die panga gaan haal waar hy dit vantevore gelaat het en het toe vir ongeveer ses uur in die bosse langs die oorledene se perseel gewag totdat die laaste gaste om ongeveer half-drie die nag vertrek het. Hy is toe die huis binne deur die kombuisdeur, wat nie gesluit was nie, tot in die oorledene se slaapkamer. Hy het die oorledene wakker gemaak deur hom met die panga in die maag te druk. Op die oorledene se vraag wie dit was, het hy geantwoord: "Dit is Abraham, die man vir wie jy nie wil betaal nie". Die oorledene het van die bed

6

afgespring en nader gekom, waarop die appellant hom veelvuldige houe met die panga op die kop en bolyf geslaan het. Die oorledene se seuntjie wat saam met hom geslaap het, het intussen wakker geword en begin huil. Dle appellant het die seuntjie se kop met 'n deken toegemaak, sy hande agter sy rug vasgebind en hom in 'n hangkas toegesluit. Die appellant het daarna die oorledene se kamer deursoek vir geld maar niks gevind nie. Hy het verskeie artikels soos die televisiestel, 'n videospeler en 'n hoetroustel uit die huis geneem, dit op die oorledene se bakkie gelaai en dit saam met die oorledene se elektriese saagmasjien en sy elektriese skêr wat toevallig op die bakkie was, by sy huis gaan aflaai met die doel om dit later te verkoop. Hy het daarvandaan verder gery met die oorledene se voertuig totdat dit sonder brandstof gaan staan het. Hy het die voertuig net daar gelos. Hy is later dieselfde week gearresteer.

7

Dit is duidelik uit die mediese getuienis oor die nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene dat die aanval op hom 'n langdurige een was wat met groot geweld gepaard gegaan het. Daar was ongeveer 40 wonde waarvan 'n hele aantal op die kop, nek en gesig was; feitlik die hele skedel was gebreek en beide die linker- en regtervoorarms was gebreek.

In sy uitspraak op die meriete het die Verhoorhof die appellant se getuienis dat hy die betrokke nag na die oorledene gegaan het slegs om hom skrik te maak ten einde sy geld te kry, as vals verwerp. Die Verhoorhof het instede die appellant se weergawe in sy bekentenis aan die landdros aanvaar dat hy daarheen gegaan het met die doel om die oorledene met sy panga aan te rand en van sy goed te beroof. Die aard en omvang van die aanval is, na my mening, sekerlik nie te versoen met 'n blote bedoeling om die oorledene skrik te maak nie, en die bevinding dat die

8

appellant met dolus directus die oorledene gedood het, is ten volle geregverdig. Die appeiiant se getuienis dat die oorledene aan sy seuntjie gesê het om sy vuurwapen te bring en dat hy daarom die oorledene met soveel geweld aangeval het, is deur die Verhoorhof verwerp as 'n versinsel om sy aanval te probeer regvërdig. Daar is nie voor ons betoog dat die Verhoorhof in hierdie opsig fouteer het nie.

Die Verhoorhof het bevind dat daar geen strafversagtende faktore is nie, alhoewel die Hof aanvaar het dat die appellant geglo het dat hy die bouwerk behoorlik voltooi het en dat hy ontsteld was en gegrief gevoel het oor die oorledene se weiering om hom be betaal. Die Verhoorregter sê in sy uitspraak oor vonnis dat dit te verstane is dat 'n persoon in die posisie waarin die appellant hom bevind het, by die oorledene se huis sou wou inbreek om van sy goed te

9

vat as betaling vir dle skuld. Die appellant kon dit met die grootste gemak gedoen het sonder om die oorledene aan te rand, maar hy was nie daarmee tevrede nie, en het besluit om die oorledene ook aan te rand. Gevolglik is sy "ontsteltenis oor die geld" ten aansien van die roof- en moordklagtes inderdaad 'n strafverswarende faktor, alhoewel dit, wat die huisbraak betref, 'n strafversagtende faktor is. Hierdie redenasie is moeilik te begryp. Die appellant se heftige gemoedstoestand, wat deur die Verhoorregter aanvaar is, was tog deurgaans dieselfde, en die feit dat die appellant nie tevrede was om net die oorledene se goed te vat nie, is juis aanduidend daarvan. Sy woorde aan die oorledene: "Dit is Abraham, die man vir wie jy nie wil betaal nie", spreek ook duidelik daarvan. Na my mening moet die appellant se gegriefdheid oor die oorledene se ongenaakbare weiering

10

om hom te betaal, wat sekerlik vererger is deur die 'feit dat hy vanaf 18 November 1989 slegs 'n verdere R50 vir sy werk ontvang het, as h sterk versagtende faktor beskou word.

Die Verhoorregter het voorts in sy uitspraak oor vonnis die appellant dit verkwalik dat hy leuenagtige getuienis afgelê het en ek kry die indruk dat dit as 'n strafverswarende faktor teen die appellant in ag geneem is. 'n Beskuldigde se leuenagtige getuienis of vals verweer, opsigself genome, kan natuurlik nie as strafverswarend teen hom gehou word nie.

Die appellant was 31 jaar oud ten tyde van die pleging van die misdade. Hy het std 8 op skool geslaag en het voorheen by verskeie bouaannemers gewerk: eers as 'n handlanger en later as vragmotorbestuurder. Hy het onder meer drie vorige veroordelings vir huisbraak met die opset om te steel

11

en diefstal erken, twee vir diefstal en een vir poging tot diefstal. Sy enigste vorige veroordeling vir 'n geweldsmisdaad is een vir aanranding met die opset om ernstig te beseer. Laasgenoemde oortreding, waarvoor hy op 28 Augustus 1984 ses maande gevangenisstraf opgelê is, is in die gevangenis gepleeg terwyl hy besig was om 'n vonnis van sewe jaar gevangenisstraf vir diefstal uit te dien. Sy vorige veroordelings oortuig my nie daarvan dat hy nie rehabiliteerbaar is nie.

Dat daar erg verswarende faktore aanwesig is in die huidige saak, is duidelik. Die aanval was beplan en het sekerlik 'n element van wraak behels. Dit is op wreedaardige wyse en met groot geweld op h weerlose slagoffer uitgevoer. Die appellant het met die direkte opset om te dood gehandel. Hy het geen berou getoon nie en het h hele aantal vorige veroordelings. Daarteenoor is daar die sterk

12

versagtende faktor waarna ek reeds verwys het. Na my mening is die heftige gemoedstoestand waaronder die appellant as gevolg van sy gegriefdheid en frustrasie gehandel het, die een uitstaande kenmerk van die huidige saak. Ek is gevolglik nie daarvan oortuig dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is nie. Na my mening sal 'n lang termyn van gevangenisstraf eerder as die doodvonnis in die besondere omstandighede van hierdie saak die gepaste straf wees.

Die appèl teen die doodvonnis op die moordaanklag slaag gevolglik. Die doodvonnis op hierdie aanklag word tersyde gestel en met 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf vervang. Daar word verder gelas dat die vonnis van 12 jaar gevangenisstraf wat die appellant op die ander aanklagte opgelê is, met hierdie vonnis van 20 jaar gevangenisstraf saamloop.

W. VIVIER AR. HOEXTER AR) Stem saam.

VAN DEN HEEVER AR

2 Die omstandighede waarin oorledene gedood is, word deur my kollega uiteengesit. Ek gaan egter met eerbied nie akkoord met sy voorgestelde bevel nie, en sou die appêl van die hand wys. Die redes volg, kortliks:

  1. Om oorledene se houding teenoor appellant as ongenaakbaar te klassifiseer, druis na my mening in teen die trant van die getuienis van mnr du Plessis wat deur appellant as getuie geroep is.

  2. Die verhoorhof het in appellant se guns aanvaar dat hy erg gegrief was oor oorledene se weiering om hom te betaal tensy hy gedane werk regstel. Daar kan egter na-my mening nie gepraat word van 'n "heftige gemoedstoestand" by appellant in hierdie geval nie. Die hele voorval was kil vooruitbeplan, geduldig afgewag, en wreed uitgevoer. Sy optrede deurgaans was berekend. Hy het die huilende

3 kind na 'n aangrensende vertrek geneem en uit die pad gekry, is terug kamer toe waar hy, nadat hy homself tevrede gestel het dat oorledene heeltemal buite aksie is, vir geld gesoek het en het van daar gegaan na die eetkamer waar hy tydsaam vir hom handelsware gekies het. Nadat hy hulle in die swart woonbuurt afgelaai het, het hy teruggekom na die misdaad-toneel: toe die oorledene se voertuig sonder brandstof gaan staan, is hy verder te voet sodat hy die gevolge van sy optrede kon gewaar (en hy hét gesien dat die polisie en die ambulans op die toneel was). Geen ander rede doen hom voor nie.

  1. Daar is na my mening, met eerbied, nie ' n "element" van wraak in sy optrede nie. Daardie optrede is slegs deur wraak gemotiveer.

  2. Volgens sy SAP 69, bots hy sedert 1975 toe hy

4 ongeveer 17 jaar oud moes gewees het, met die gereg. Vonnisse in die verlede het hom nie oorreed om sy hande van andermanseiendom te hou nie, sodat aanvaar moet word dat hy nie leer uit ondervinding nie: prima facie onrehabiliteerbaar is. Weliswaar is hy slegs eenkeer in die verlede skuldig bevind aan 'n geweldsoortreding maar wat kwel is dat hy 'n aanranding met 'n yster binne die gevangenis gepleeg het. Inagnemend die beplande en berekende wreedheid waartoe hy in staat is soos bewys deur die oorkonde voor ons meen ek dat die samelewing waaruit hy verwyder behoort te word, nie beperk is tot wetsgehoorsames op vrye voet nie. Ek meen dat die doodvonnis die enigste gepaste

straf is vir hierdie man vir die daad wat hy gepleeg

het.

5 L VAN DEN HEEVER AR


▲ To the top