S v Plaatjies (345/92; 346/92) [1993] ZASCA 134 (24 September 1993)


Saak No 345/92 en 346/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELINC

In die saak tussen

SIMON PLAATJIES 1ste APPELLANT

PHILLIP MASALA 2de APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM :HEFER, MILNE ARR et KRIEGLER Wn AR.

AANGEHOOR :2 SEPTEMBER 1993.

GELEWER :24 SEPTEMBER 1993.

UITSPRAAK

HEFFR AR/.

2

HEFER AR:

Die appellante is in the Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skuldig bevind aan moord (aanklag 1) en roof met verswarende omstandighede (aanklag 2). Appèl is aangeteken ooreenkomstig art 316A(1) van die Strafproseswet, 51 van 1977 soos gewysig, teen die doodvonnis wat op aanklag 1 opgelê is.

Die verhoor het gespruit uit die ontdekking op 30 Julie 1991 van die lewelose liggaam van mev Joan Imrie, 'n 65-jarige weduwee, in haar woning in Emmarentia, Johannesburg. Dit was duidelik dat die woning geplunder was. Ongeveer drie weke later is die appellante in verband met 'n ander voorval deur die polisie aangehou. Tydens die ondersoek het hulle aandadigheid aan mev Imrie se dood op die lappe gekom. Kort na sy arrestasie het eerste appellant 'n verklaring aan 'n polisie-offisier gemaak. Die strekking daarvan was dat hy en tweede appellant om ongeveer 4 uur die oggend van Maandag 29 Julie 1991 by mev Imrie se huis opgedaag het, oor die tuinmuur gespring en in die motorhuis gewag het totdat sy die

3

huis om ongeveer 7 uur verlaat het om 'n sak vuilgoed na die

hek te neem, waarop hulle by die kombuisdeur ingeglip het.

By mev Imrie se terugkoms het hulle haar oorrompel. Nadat

hulle haar vasgebind het, het tweede appellant 'n ketelkoord

styf om haar nek gedraai. Daarna het hulle van haar

besittings bymekaar gesit en die huis verlaat. Dieselfde

aand het ene Billy hulle met sy motor teruggeneem soontoe.

Hulle is weer die huis binne en het toe opgemerk dat mev

Imrie dood was. Daarna het hulle die perseel finaal verlaat

met die goed wat hulle vantevore bymekaar gemaak het. Eerste

appellant se verklaring is sonder beswaar by die verhoor

toegelaat. Dit kon natuurlik nie as getuienis teen tweede

appellant geld nie maar dit was gemene saak dat laasgenoemde

ook by die voorval betrokke was. In sy pleitverduideliking

het hy erken dat hy mev Imrie aangerand het en haar goedere

met geweld uit haar besit geneem het. Wat aanklag 1 betref

het hy die volgende erkenning gemaak:

"Ek erken dat ek gebruik gemaak het van 'n tou wat ons om die oorledene se nek gebind het en wat haar dood tot gevolg gehad het soos uiteengesit in die

4

lykskouingsverslag." eeneen van die appellante het egter op enige stadium tydens ie verhoor getuig nie. Hulie kon gevolglik nie verder itgevra word oor elkeen se besondere bydrae tot mev Imrie se ood nie.

Die verhoorhof was nie in staat om te bevind dat dit óf

erste appellant óf tweede appellant óf die gesamentlike

andeling van beide was wat mev Imrie se dood veroorsaak het

ie. Wat wel bevind is, is dat

" ten minste een van hulle daardie handeling

verrig het,en dat die ander een van hulle teenwoordig was tydens die uitvoering daarvan en dit waargeneem

het "

adat verwys is na beslissings soos S v Safatsa and Others

988(1) SA 868 (A) en S v Mgedezi and Others 1989(1) SA 687

A) gaan die uitspraak soos volg voort:

"By aanvaarding daarvan dat die een of die ander van die beskuldigdes die doodveroorsakende handeling verrig het, moet die vraag beantwoord word of die beskuldigde wat nie daardie handeling verrig het nie, aan die vyf vereistes in die Mgedezi-gewysde voldoen. Na oorweging van die bewese en gemeenskaplike feite, is ons die mening toegedaan dat dié beskuldigde wat nie die tersaaklike handeling verrig het nie, wel aan voormelde

5

vereistes voldoen. Daardie beskuldigde (wie ookal van die twee beskuldigdes dit mag wees) was op die toneel waar die geweld toegepas is, teenwoordig. Hy was bewus van die verrigting van die tersaaklike handeling. Hy het bedoel om gemene saak met die beskuldigde wat die tersaaklike handeling verrig het te maak. Hy het sy deelname aan die gemeenskaplike doel met die ander beskuldigde openbaar deur self 'n handeling van samewerking met die optrede of gedrag van die ander te verrig. Hy het die nodige mens rea gehad in die vorm van dolus directus of ten minste het hy die moontlikheid voorsien dat die oorledene gedood kon word en sy eie handeling van assosiasie of deelname verrig onverskillig of die dood sou intree al dan nie."

In hierdie hof is namens beide appellante aangevoer dat

it, weens die verhoorhof se onvermoë om te bepaal wie van

ulle die doodveroorsakende handeling verrig het, onmoontlik

s om enigeen van hulle as die werklike moordenaar aan te wys

n dat beide gestraf moet word op die basis dat die skuldvorm

at bewys is hoogstens dolus eventualis is. Ek stem nie saam

ie. Billy Mlambo, die persoon na wie in eerste appellant se

erklaring verwys is, het getuig dat die appellante hom die

ondagaand - die aand voor die roof - genader het met 'n

ersoek om goedere van eerste appellant met sy motor te gaan

aal en dat hy (Billy) te kenne gegee het dat hy hulle eers

6

die volgende aand sou kon help - wat hy dan ook gedoen het. Dit verklaar waarom hulle mev Imrie se goedere bymekaar gesit het nadat hulle haar Maandagoggend oorrompel het maar aanvanklik niks uit die huis verwyder het nie; en dit dui ook aan dat hulle beoog het om haar reeds daardie oggend buite aksie te stel sodat hulle die aand in staat sou wees om hulle buit ongestoord te verwyder. Dat hulle beoog het om haar permanent buite aksie te stel spreek uit wat aan haar gedoen is. Ons weet reeds dat minstens een van die appellante 'n koord styf om haar nek gedraai het. Dit was volgens die lykskouer inderdaad vasgeknoop en so styf getrek dat die knoop 'n duidelike uitwendige merk op die vel gelaat en die onderliggende skildklierkraakbeen gebreek het. Die persoon wat dit gedoen het, het klaarblyklik bedoel om haar dood te wurg. Daarby het dit egter nie gebly nie. Ander beserings wat aan haar liggaam gevind is (bv uitgebreide kneusing van die gesig, bloeding van die neus en mond, veelvuldige bloedings in die kopvel, kollerige bloeding oor

7

die brein en kneusing van die hart) dui onteenseglik daarop dat mev Imrie die slagoffer was van 'n aanval wat 'n groot mate van volgehoue geweld vereis het. Dit is nouliks denkbaar dat slegs een van die appellante so 'n aanval sou loods; dit is gemene saak dat albei teenwoordig was toe dit plaasgevind het en nie een van hulle het probeer te kenne gee dat hy nie daarby betrokke was nie. Die getuienis as geheel is redelikerwys vatbaar vir slegs een afleiding naamlik dat toe mev Imrie die kombuis binnegekom het beide appellante terstond op haar toegesak het en hulle aanval volgehou het totdat een van hulle haar uiteindelik met die koord doodgewurg het. Dat hulle eers die aand sou opmerk dat sy dood was (soos eerste appellant in sy verklaring probeer te kenne gee het) is totaal onaanvaarbaar. Dit is insiggewend dat hulle nie haar hande vasgebind het nie en die enigste denkbare afleiding is dat hulle beoog en besef het dat sy haar hande nooit weer sou gebruik nie. In die lig van die voorafgaande kan nie fout gevind word met die verhoorhof se

8

evinding dat selfs die appellant wat nie persoonlik die oodveroorsakende handeling verrig het nie, mens rea gehad et in die vorm van dolus directus.

Die vraag bly nietemin of die doodvonnis die enigste epaste vonnis is vir die moord. Hierdie vraag moet atuurlik beantwoord word met inagneming van al die mstandighede van die saak en in besonder van die verswarende n versagtende faktore.

Eerste appellant was 26 en tweede appellant 29 jaar oud en tye van die moord. Op skool het eersgenoemde in std 8 eslaag. Hoewel hy opleiding gehad het as bouer het hy ten ye van die moord ' n lewe met stukwerk in die tuin probeer aak. Hy het drie vorige veroordelings weens diefstal erken. weede appellant het op skool tot std 4 gevorder. Teen die inde van 1988 het hy sy werk verloor weens 'n vermindering an personeel en van toe af het hy gesukkel om 'n bestaan te aak. Uiteindelik het hy sy kinders onderhou deur daagliks rugte te smous en los werk te doen.

9

Soos die verhoorregter tereg opgemerk het in sy uitspraak is dit moeilik om enige versagtende faktore te vind behalwe, wat tweede appellant betref, die feit dat dit sy eerste oortreding is. Hulle advokate het gewag gemaak van die feit dat die appellante sover bekend ongewapen na mev Imrie se woning is en haar heelwaarskynlik op die ingewing van die oomblik vermoor het. Dit is nie bekend of hulle inderdaad ongewapen was nie maar, by gebrek aan getuienis tot die teendeel, is ek bereid om te aanvaar dat dit die geval was. Hiervan kan egter nie afgelei word dat die moord op die ingewing van die oomblik gepleeg is nie. Wat sterker in daardie rigting dui is eerder dat die slagoffer se voete vasgebind gevind is en dat daar 'n handdoek om haar mond en gesig gedraai was. Dit skep die indruk van 'n poging om haar sonder lewensgeweld buite aksie te stel. Ek glo ek egter nie dat so 'n afleiding geregverdig is nie. Die tou om haar bene en die handdoek om haar mond sou niks help sonder om haar hande ook vas te bind nie en, indien die oogmerk aanvanklik

10

slegs was om haar vas te bind en te verhoed dat sy alarm maak, is die volgehoue geweld wat daarop gevolg het en die dodelike koord om die nek onverklaarbaar. Dit is onwaarskynlik dat mev Imrie haar so heftig verset het dat sy nie op 'n ander manier oorrompel kon word nie. Soos vantevore aangedui, was sy reeds 65 jaar oud; sy was betreklik klein van liggaamsbou en uitgemergel deur keel- en mondkanker. Klaarblyklik sou sy nie veel weerstand teen haar twee manlike aanranders kon bied nie. In elk geval word die moontlikheid dat die moord op die ingewing van die oomblik gepleeg is nadat daar eers 'n poging was om haar vas te bind totaal oorskadu deur wat reeds genoem is ten aansien van die skuldvorm. Dit is, om die minste te sê, hoogs onwaarskynlik dat die appellante by die beplanning van die rooftog beoog het om hulle slagoffer 'n dag lank vasgebind te hou sodat hulle Maandagaand die buit kon verwyder. Aan strafverswarende faktore ontbreek dit nie. In die verhoorhof se uitspraak word, benewens die "uiters brutale en barbaarse"

11

wyse waarop mev Imrie gedood is, verwys na die feit dat sy weerloos en bejaard was en in haar eie huis om die lewe gebring is om geen ander motief nie as die selfverryking van die appellante; dat, nadat sy vermoor is, haar huis boonop geplunder is; dat die strooptog vooraf goed beplan is; dat die moord met direkte opset gepleeg is; en na die feit dat die appellante geen berou oor hulle optrede getoon het nie. Dit is onnodig om enigeen van hierdie faktore verder te bespreek behalwe om appellante se brutaliteit en wreedaardigheid te beklemtoon. Dit was totaal onnodig dat hulle slagoffer doodgemaak moes word tensy hulle ten alle koste wou verseker dat hulle nie aan die pen sou ry nie. Dat sy angsvol en swaar gesterf het spreek vanself. Na haar dood het die appellante die vermetelheid gehad om die goedere waarin hulle belang gestel het, bymekaar te stapel. By hulle vertrek het tweede appellant, benewens die huis se sleutels wat hulle moes saamgeneem het, ook die apparaat waarmee die afstandbeheerde tuinhek geopen kon word, weggeneem. Daardie

12

aand het hy dit ewe kordaat gebruik om weer toegang tot die

perseel te kry.

By die oorweging van die vraag of die doodstraf die

enigste gepaste vonnis is, het die verhoorregter gewag gemaak

van die gemeenskap se belang by 'n geval soos die

onderhawige, gesien in die lig van die betreklik groot getal

bejaardes wat deesdae die teiken geword het van moorddadige

rooftogte. Dit is gedoen na aanleiding van statistieke oor

die voorkoms van die misdaad wat die Staat by wyse van 'n

polisie-offisier voorgelê het. Ten opsigte hiervan het die

verhoorregter hom soos volg uitgelaat:

"Uit voormelde blyk dit dat binne die bestek van 5 jaar het nie alleen die aantal aanvalle nie maar ook die aantal bejaarde slagoffers meer as vervierdubbel. Na my mening is dit 'n toedrag van sake wat die ordeliewende deel van die gemeenskap net nie kan duld nie en dan word daar nie eers verwys na die golf van geweldsmisdade waarmee die land geteister word nie."

Nadat na sekere uitsprake van hierdie verwys hof is gaan die

uitspraak soos volg voort:

"Uit voormelde gewysdes spreek dit duidelik dat die afskrikkings-, voorkomings- en vergeldingselemente van besondere beiang is by oorweging van welke vonnis die

13

enigste gepaste vonnis is waar weerlose bejaardes in die veiligheid van hulle huise aangeval, beroof en vermoor word en dat die gemeenskapsbelang 'n sterker oorweging is as die persoon van die dader self, selfs al is hy rehabiliteerbaar."

In hierdie hof het appellante se advokate aangevoer dat

ie verhoorregter die faktore waarna so pas verwys is,

orbeklemtoon het en nie voldoende gewig verleen het aan die

elt dat die appellante nie onrehabiliteerbaar is nie. Daar

teek niks in hierdie betoog nie. By die oorweging van die

epastheid van die doodvonnis moet 'n balans natuurlik

ehandhaaf word tussen die verskillende elemente van

trafoplegging maar dit spreek vanself dat daar soms, na

elang van die omstandighede, voorkeur aan een of meer

eenoor die ander verleen word. En om in 'n saak soos die

nderhawige voorkeur te verleen aan die afskrikkings-,

oorkomings- en vergeldingselemente is nie onvanpas nie. In

v Makie 1991(2) SASV 139 (A) op 143 g-h het VIVIER AR

pgemerk dat

"(in) sake soos die huidige tree die gemeenskapsbelang sterk na vore. Aanvalle op weerlose bejaardes in die veiligheid van hul eie huise is uiteraard iets wat vir

14

die gemeenskap verderflik is. Die appellant se misdaad was egter so afgryslik en sy optrede so boos, dat hierdie as 'n uiterste geval beskou moet word waar die voorkomings-, en vergeldingselemente deurslaggewend, en die doodstraf gevolglik die enigste gepaste vonnis is."

ergelike uitlatings kom voor in etlike latere uitsprake van

ierdie hof. Dit is onnodig om daarna te verwys. Natuurlik

eteken dit nie dat die doodvonnis in alle gevalle die

nigste gepaste vonnis is waar weerloses of bejaardes

angeval, beroof en vermoor word nie. Elke geval word steeds

olgens sy eie omstandighede beslis. In die onderhawige een

estaan daar geen rede om van die verhoorhof te verskil nie.

nteendeel, myns insiens is volkome tereg bevind dat die

oodstraf die enigste gepaste vonnis is.

Die appél word van die hand gewys.

J J F HEFER AR

ILNE AR )

RIEGLER Wn AR ) Stem saam.

▲ To the top