Herselman NO v Botha (623/1991) [1993] ZASCA 144 (28 September 1993)


S.W.HERSELMAN N O. Appellant

(eksekoteur van die bedoel van wyle Ismael Jonker) en

BAREND MATTHEUS BOTHA. Respondent

JOUBERT AR.

Saaknommer:623/91 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:

S. W. HERSELMAN N O Appellant

(eksekuteur van die boedel van

wyle Ismael Jonker)

en

BAREND MATTHEUS BOTHA Respondent

Coram: JOUBERT, VAN HEERDEN, VIVIER, KUMLEBEN ARR

et HARMS Wn AR.

Verhoor: 19 Augustus 1993

Gelewer: 28 September 1993

UITSPRAAK JOUBERT AR :

/2

2

Enkele dae voor die verhoor van hierdie appèl is die appellant (Jonker) oorlede. By die aanvang van die verhoor van die appèl het hierdie Hof Herselman, die eksekuteur van Jonker se boedel, in sy verteenwoordigende hoedanigheid in die plek van Jonker vervang. Ek sal voortaan na die voormalige appellant as "Jonker" en na die respondent as "Botha" verwys.

Omstreeks 1988 het Jonker in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling 'n lasteraksie teen Botha vir die betaling van R50 000-00 genoegdoening ingestel. Die verhoor van die geding het op 28 Mei 1990 voor JENNETT R 'n aanvang geneem. Die uitslag van die verhoor was dat JENNETT R 'n bedrag van R2 000-00 met rente en gedingskoste op die Hooggeregshof-skaal aan Jonker toegeken het. Botha het teen die hele uitspraak en bevel van JENNETT R na die volle hof van die Oos Kaapse Afdeling geappelleer. Op 24 Oktober 1991 het die appèl met koste geslaag en is JENNETT R bevel verander deur Jonker se eis

3

van die hand te wys met koste, soos blyk uit die uitspraak en bevel van ZIETSMAN R waarmee ERASMUS R en NEPGEN Wn R saamgestem het. Met spesiale verlof kom die appellant tans in hoër beroep teen die volle hof se hele uitspraak en bevel na hierdie Hof.

Botha was 'n onderwyser by 'n tegniese skool in Uitenhage. Hy was ook 'n dienende raadslid van die Stadsraad van Uitenhage. Jonker was 'n sakeman wat 'n besigheid bekend as Riverside Joinery in 'n nywerheidsgebied bedryf het. Netsoos Botha was hy ook 'n raadslid van die Stadsraad asook 'n lid van die komitee vir finansies en algemene sake.

Bradley was in beheer van die Stadsraad se werkswinkel departement en reinigings-departement terwyl Selby sy assistent voorman in die reinigings departement was. Laasgenoemde het dienste vir raadslede en amptenare van die Stadsraad sowel as vir lede van die publiek teen bepaaide vasgestelde tariewe verrig. Op 'n stadium het

4

Selby sekere inligting aan Botha verskaf betreffende die verwydering van saagsels van die persele van Rivierside Joinery om aan die kant van 'n rivierwal gestort te word. Die strekking van hierdie inligting was dat Bradley vir Jonker 'n kwotasie gegee het as sou die hoeveelheid saagsels 6 kubieke meter beloop wat oor 'n tydperk van 4 dae verwyder is. Jonker se aanspreeklikheid was dus by verre meer as slegs vir 6 kubieke meter waarvoor hy gedebiteer is en betaal het.

Volgens Botha se getuienis het hierdie inligting wat Selby aan hom verskaf het, in sy kraam gepas. Botha was trots daarop dat hy " 'n slaaf van die waarheid" is en dat dit sy rigsnoer in die lewe is. Daar is 'n erekode vir raadslede om die belastingbetaler se belange te beskerm deur toe te sien dat niemand onbehoorlik bevoordeel word of onbehoorlik benadeel word nie. Sy oogmerk was steeds om in die belang van die Stadsraad en die belastingbetaler op te tree. Selby het vantevore inligting

5

aan hom verskaf wat betroubaar was.

Selby was selfs bereid om hierdie inligting oor die saagsels by wyse van 'n beëdigde verklaring te bevestig. Botha het hom geglo al het Botha eers op 15 September 1987 sodanige beëdigde verklaring van Selby bekom. Ofskoon hy Jonker as 'n man van integriteit en 'n vriend van hom beskou het, het Botha nooit die korrektheid van Selby se inligting met hom gekontroleer nie. Hy het ook nie by die munisipale kantore vasgestel wat die bedrag was wat Jonker vir die verwydering van die saagsels betaal het nie. Al inligting wat hy bekom het, was dat daar 'n standaard tarief van R8-80 per kubieke meter vir die verwydering van vuilis was. Selby het aan hom 'n bedrag van R52-00 genoem terwyl 30 vragte van 5,5 kubieke meter elk verwyder is wat meer as R400-00 bedra het.

Bradley is skuldig bevind vir die besit van pornografiese materiaal. Op 14 September 1987 is 'n vergadering van die komitee vir finansies en algemene sake

6

gehou om 'n aanbeveling aan die Stadsraad te maak oor die

vraag of Bradley weens sy skuldigbevinding uit die diens van

die Stadsraad ontslaan moes word of nie. Die vier lede van

die komitee was teenwoordig asook ander raadslede en

amptenare van die Stadsraad. Beide Botha en Jonker was

teenwoordig. Dit was 'n warm debat omdat die aanwesiges in

twee kampe verdeel was nl. vir die ontslag en teen die

ontslag. Botha was 'n vurige voorstander vir die ontslag

van Bradley en in sy ywer om sy standpunt te laat seëvier,

het hy volgens die notule die volgende gewraakte woorde

gebesig, te wete:

"Nommer een, ek weet raadslid Jonker het vir sy werk betaal, maar ek wonder of die regte prys betaal is. Nou weet ek nie hoeveel hy betaal het nie, u kan dit ook nagaan. Ek weet net daar was 'n laaigraaf by betrokke en daar was drie soorte munisipale implemente by hierdie saak betrokke en ek dink dit het twee keer gebeur as die informasie korrek is. U kan net daardie kostes nagaan, ek sê nie hy is skuldig aan dit nie, maar weereens wys dit terug na daardie spesifieke departement.

7

Dis nou twee gevalle. Ongelukkig is dit nou altwee raadslede."

"Menere, nou die goed wat ek vir u genoem het, kan dit blote versinsels wees ? Nee wag, gee my 'n kans - kan dit net blote versinsels wees ? U moet weet as 'n man hoor van 'n man wat sulke dinge in hom geestelik ronddra, dan is ek waaragtig geneig om hierdie goed te glo. Op grond van hierdie dinge wat ek hier vir u genoem het en ek dink as 'n mens diep daarin, as 'n mens ouditeure daarop aansit en begin ondersoek instel en begin krap daarso, dan gaan 'n mens vind dat baie van hierdie goed waar is. Hier is twee raadslede wat hierby betrokke is, meneer u kan sê of dit so is, raadslid Jonker kan sê, julle kan julle sy van die saak stel."

Die nadraai van die vergadering van 14 September 1987 was dat die Stadsraad 'n kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van landdros Loots benoem het om 13 klagtes teen Bradley te ondersoek. Dit het gedurende Oktober 1987 plaasgevind. Klagte 12(c) het betrekking op die verwydering van saagsels vanaf Riverside Joinery se

8

perseel deur Bradley gehad. Selby het getuig dat Bradley aan Riverside Joinery 'n kwotasie gegee het om 6 kubieke meter saagsels te verwyder. Volgens Selby het die verwydering omtrent 6 of 7 uur oor 'n tydperk van 3 dae versprei geneem. Wat die hoeveelheid van die verwyderde saagsels betref, het Selby soos volg getuig:

"V: Was die goed wat verwyder is, was dit 6 kubieke

meter ? A: Ek sou nie sê dit was 6 kubieke meter nie - kon

meer gewees het. V: Maar was 6 min of meer in die kol ? A: Ja min of meer."

Getuienis is ook deur Van Appel gelewer dat volgens die Stadsraad se state van Riverside Joinery is R52-80 betaal teen die standaard tarief van R8-80 per kubieke meter.

Op 24 Oktober 1987 het voorsitter Loots sy uitspraak gelewer. Hy het Bradley op klagte 12(c) onskuldig bevind. Sy aanbeveling was dat Bradley nie uit sy werk ontslaan moes word nie. Hy het aanbeveel dat Bradley

9

se besoldiging vir 'n jaar met 10% verminder word.

Die Stadsraad het Bradley ontslaan terwyl Botha kriminele klagtes teen hom aanhangig gemaak het. Tydens 'n vergadering van die komitee vir finansies en algemene sake van die Stadsraad het Botha sy ontevredenheid met die verrigtinge en bevindinge van die kommissie van ondersoek deur voorsitter Loots uitgespreek. Sy standpunt was dat dit nie 'n volledige ondersoek was nie. Hy het daarop aangedring dat die gevalle van die drie raadslede (Kitching, Jonker en Fourie) op 'n volgende vergadering weer bespreek moes word.

Jonker het in sy gewysigde besonderhede van vordering (para 3 (a)) beweer dat Botha op 14 September 1987 tydens 'n vergadering van die Stadsraad van Uitenhage se komitee vir finansies en algemene sake onregmatiglik en animo injuriandi die twee passasies van gewraakte woorde (supra) oor en met betrekking tot Jonker gespreek het. Wat die lasterlike betekenis van die gewraakte woorde betref,

10

is op die volgende innuendo gesteun (para 3(c)) :

"(i) dat eiser deelgeneem het aan korrupte en

onreëlmatige praktyke en op 'n korrupte en onreëlmatige wyse vir eie gewin te min betaal het vir dienste deur die Munisipaliteit van Uitenhage aan hom gelewer.

(ii) dat eiser sy posisie as stadsraadslid misbruik het om vir eie gewin en tot nadeel van die Munisipaliteit van Uitenhage te min betaal het vir dienste deur die Munisipaliteit van Uitenhage aan hom gelewer."

Botha het in sy pleit erken dat hy op die vergadering van 14 September 1987 die gewraakte woorde geuiter het maar hy het die volgende verwere aangevoer :

  1. 'n ontkenning dat die gewraakte woorde lasterlik van Jonker is en vatbaar vir die innuendo is wat Jonker daaraan geheg het.

  2. indien die gewraakte woorde bevind word om wel lasterlik van Jonker te wees dan het hy hulle sine animo iniuriandi gebesig, d.i. sonder die bedoeling om Jonker

11

te belaster of in sy goeie naam of eer te krenk maar "uitsluitlik met die doel om aan te dui dat daar sekere bewerings teen Bradley gemaak word wat ondersoek vereis ten einde vas te stel of dit gegrond is en wat, indien dit gegrond sou wees, 'n belangrike invloed sou hê op die geskiktheid van Bradley as 'n munisipale amptenaar."

3. alternatiewelik, indien die gewraakte woorde bevind word om wel lasterlik van Jonker te wees dan het hy hulle op 'n bevoorregte geleentheid sonder kwaadwilligheid (mala fides) geuiter.

Jonker het sy saak gesluit sonder om self te

getuig of getuies te roep. Botha het self getuig terwyl

Selby ten gunste van hom getuig het.

Ek het reeds hierbo in hooftrekke na die

relevante aspekte van Botha se getuienis verwys. Hy het

daarop aanspraak gemaak dat dit vir hom gegaan het om Bradley

se misbruik van munisipale dienste.

12

Hy het na die optrede van drie raadslede, met inbegrip van Jonker, by name verwys omdat hy dit in belang van die Stadsraad en die belastingbetalers geag het. Hy het gevoel dat Jonker vir die voordeel wat hy deur Bradley se onreëlmatige toedoen ten koste van die Stadsraad ontvang het, moes betaal.

Selby se getuienis was daarop gerig om te bevestig dat hy aan Botha die inligting aangaande die beweerde onreëlmatige vergoeding vir die verwydering van Riverside Joinery se saagsels verstrek het. Tydens kruisondervraging is hy daarop gewys dat hy voor die kommissie van ondersoek getuig het as sou Riverside Joinery wel die reëlmatige fooi aan die Stadsraad betaal het. Selby het egter volgehou dat meer as 6 kubieke meter se saagsels verwyder is. Hy het ontken dat hy voor die kommissie van ondersoek oor die hoeveelheid van die verwyderde saagsels as "6 kubieke meter min of meer in die kol" getuig het. Eers nadat die advokate van die

13

bandopname van die kommissie van ondersoek se werksaamhede vasgesstel het dat Selby wel aldus voor die kommissie van ondersoek getuig het, het Selby dit as korrek aanvaar. Hy het toe egter probeer om verskonings vir hierdie getuienis van hom voor die kommissie van ondersoek te gee, soos dat hy destyds onder "stress" getuig het en behandeling vir sy senuwees gekry het.

Dit is te begryp dat Selby glad nie die verhoorhof as getuie beïndruk het nie. JENNETT R het bevind dat ook Botha nie as 'n oortuigende getuie beskryf kon word nie, met toevoeging van die volgende : "Ek aanvaar dat hy wel hoë ideale vir homself stel en dat hy op sy wyse hulle probeer nakom. Dit blyk egter dat hy hom laat glo wat hy wil."

Die verhoorhof het deur die aanwending van 'n objektiewe toets bevind dat die gewraakte woorde die lasterlike betekenis van die innuendo, soos deur Jonker gepleit, dra. Dit het Jonker se goeie naam en aansien

14

aangetas. Die vergadering van 14 September 1987 was

duidelik 'n bevoorregte geleentheid "insover dit mede* delings aangaan aangaande mnr Bradley se werksbevoegdheid en die vraag of sy skorsing aanbeveel moes word. Ek is egter van mening dat die gewraakte woorde in werklikheid irrelevant was met betrekking tot die onderwerp onder bespreking. Dit was absoluut onnodig om aantygings van betrokkenheid by onreëlmatighede teen eiser teenoor die aanhoorders by die betrokke vergadering te maak nie [ ? ] en dit geld veral die benoeming van eiser". Die verhoor-hof het verder bevind dat mala fides of "malice" aan die kant van Botha in die gebruik van die gewraakte woorde op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys is.

Die volle hof was dit eens met twee aspekte van die verhoorhof se bevindinge, nl. 1. dat die gewraakte woorde volgens 'n objektiewe toets

lasterlik van Jonker was aangesien 'n normale redelike mens hul sou verstaan het om te beteken dat Jonker en

15

Bradley die genoemde onreëlmatighede tot voordeel van

Jonker en tot nadeel van die Munisipaliteit en die

belastingbetalers gepleeg het, en 2. dat die vergadering van 14 September 1987 'n

bevoorregte geleentheid was om aan te beveel of Bradley

as werknemer geskors moes word of nie. Die volle hof het egter bevind dat die gewraakte woorde wel relevant tot die bevoorregte geleentheid was en dat die bewyslas toe op Jonker was om op 'n oorwig van waarskyn-likhede te bewys dat Botha die gewraakte woorde mala fide geuiter het. Dit was volgens die volle hof nie bewys nie.

Wanneer die publikasie van lasterlike woorde betreffende 'n bepaalde persoon bewys word, ontstaan daar twee vermoedens, nl. dat die woorde opsetlik (animo injuriandi) met wederrregtelikheidsbewussyn gepubliseer is en dat die publikasie wederregtelik of onregmatig is. Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley, 1977(3) S A 394 (A) op p 401 in fine - 402, May v Udwin, 1981(1) S A 1

16

(A) op p 10 C-D. Dit is gebruiklik om die verwere wat 'n verweerder teen 'n lasteraksie kan opper veral in twee groepe in te deel nl. (1) skulduitsluitingsgronde (defences directed against the subiective element) wat teen die animus injuriandi as die subjektiewe element of skuldelement van laster gerig is, bv. die afwesigheid van wederregtelik-heidsbewussyn, afwesigheid van animus injuriandi, rixa (woede), skerts, dwaling ens. (vergelyk Lee & Honoré, S A Law of Obligations 2e uitgawe, para 650-652, Borgin v De Villiers, 1980(3) S A 556 (A) op p 571 F-G, Marais v Richard, 1981(1) S A 1157 (A) op p 1166-1167 A) en (2) onregmatigheidsuitsluitingsgronde of regverdigingsgronde wat teen wederregtelikheid as objektiewe element van laster gerig is, bv privilegie, waarheid in die openbare belang, billike kommentaar, toestemming, ens. (vergelyk Lee & Honoré, op cit., para 643-649).

In die onderhawige geval is dit gemene saak dat Botha die gewraakte woorde met betrekking tot Jonker op

17

die vergadering van 14 September 1987 gepubliseer het. Dit is ook nie in geskil nie (1) dat die gewraakte woorde lasterlik van Jonker is en (2) dat die gewraakte woorde by 'n bevoorregte geleentheid wat betref die aanbeveling of Bradley geskors moes word of nie, gepubliseer is. Die geskilpunt is of Botha bewys het dat die gewraakte woorde relevant was tot die onderwerp onder bespreking, nl. die aanbeveling of Bradley as werknemer geskors moes word of nie. Anders gestel, kom dit daarop neer of die gewraakte woorde binne die perke van die bevoorregte geleentheid gepubliseer is of nie. Per WATERMEYER Wn AR in De Waal v Ziervoqel, 1938 A D 112 op p 122 : "This does not mean that the subject-matter of the communication is immaterial, because of course an occasion which is privileged for a communication upon one subject is not privileged for a communication upon another subject not germane to the occasion. Thls point is fully dealt in the case of Adam v Ward (1917 A C 309)." Sien ook Basner v Triqqer 1946 A D 83 per SCHREINER A R op p

18

97 : "The defendant has to prove that the defamatory words were uttered in the course of a priviliged discussion between himself and the publishee and that the communication was relevant to the matter under discussion."

Wat is die toets om relevansie te bepaal ? In die House of Lords se uitspraak in Adam v Ward 1917 A C 309 (H L) is melding gemaak van twee benaderings wat 'n objektiewe toets en 'n subjektiewe toets genoem kan word. Lord FINDLEY L C het blykbaar die objektiewe toets in gedagte waar hy sonder meer na "directly relevant" verwys (p 319). So ook Earl LOREBURN : " - - - and I do think the principle can be put more definitely than by saying that the judge has to consider the nature of the duty or right or interest and to rule whether or not the defendant has published something beyond what was germane and reasonably appropriate to the occasion, or has given to it a publicity incommensurate to the occasion. For a man ought not to be protected if he publishes what is in fact untrue of some one

19

else when there is no occasion for his doing so, or when there is no occasion for his publishing it to the persons to whom he in fact publishes it" (p 321). Vergelyk ook Lord DUNEDIN : " If the defamatory statement is quite unconnected with and irrelevant to the main statement which is ex hypothesi privileged, then I think it is more accurate to say that the privilege does not extend thereto than to say, though the result may be the same, that the defamatory statement is evidence of malice. But when the defamatory statement is, so to speak, part and parcel of the privileged statement and relevant to the discussion, then I think the first way is the true way to put it - - - -" (p 96). (In hierdie verband mag ek tussen hakies daarop wys dat 'the first way' in die passasie beteken "that the language of the defamatory statement and its relation to the context may provide evidence of malice", soos aangetoon is in Basner v Trigger, supra, p 96). Daarenteen het die subjektiewe toets byval by Lord ATKINSON gevind:

20

"These authorities, in my view, clearly establish that a person making a communication on a privileged occasion is not restricted to the use of such language merely as is reasonably necessary to protect the interest or discharge the duty which is the foundation of his privilege; but that, on the contrary, he will be protected, even though his language should be violent or excessively strong, if, having regard to all the circumstances of the case, he might have honestly and on reasonable grounds believed that what he wrote or said was true and necessary for the purpose of his vindication, though in fact it was not so."

Tot dusver het hierdie Hof nie ten gunste van die een toets bo die ander beslis nie. Trouens hierdie Hof het van albei toetse gebruik gemaak waar hulle tot dieselfde resultaat gelei het, soos blyk uit Molepo v Achterberg, 1943 A D 85 op p 99 en Rhodes University Colleqe v Field, 1947(3) S A 437 (A) op p 464. Vergelyk ook Blumenthal v Shore, 1948(3) S A 671 (A) op p 681 in fine - 682.

21

In Borgin v De Villiers and Another, supra, op p 579 A is verwys na die Rhodes University College - saak (supra) sonder om die toetse by name te noem. In Jasat and Another v Paruk, 1983(4) S A 728 (N) op p 733 G het die Natalse hof blykbaar met albei toetse rekening gehou. Aangesien daar in die onderhawige geval nie argument oor die twee toetse gelewer is nie, is ek van voorneme om met albei toetse rekening te hou om vas te stel of die gewraakte woorde relevant is tot die aanbeveling of Bradley as werknemer van die Stadsraad geskors moes word of nie.

Om terug te keer na die vraag of die gewraakte woorde relevant tot die onderwerp onder bespreking op die vergadering van 14 September 1987 is, nl. die aanbeveling of Bradley as werknemer uit die diens van die Stadsraad geskors moes word of nie vernaamlik weens sy skuldigbevinding aan die besit van pornografiese materiaal, is dit uit die notule van die vergadering duidelik dat Botha die bespreking nie tot hierdie "gebeurtenis" wou beperk nie. Volgens die notule het

22

Botha verklaar: "En van wat ek gehoor het meneer, kan ons nie net bepaal by die gebeurtenis nie. Dit raak ver wyer as dit en dit raak elkeen van ons wat om hierdie tafel sit. Dit raak elke munisipale amptenaar en hierdie is iets wat heeltemal uitgesorteer moet word tot op die been. Ek wil netnou, as julle my gaan toelaat, wil ek 'n paar dinge sê."

Die "paar dinge" wat Botha geopper het, het hy egter nie beperk tot Bradley se wandade en oneerlikheid as moontlike gronde vir die aanbeveling van sy skorsing nie. Hy het 'n stap verder gegaan deur na die oneerlike optrede van drie raadslede, onder wie Jonker, by name te verwys. Die verwyt wat Botha tref, is nie dat hy daardie raadslede geïdentifiseer het nie, want hy was wel geregtig om besonderhede van Bradley se beweerde onreëlmatige optrede te verstrek. Daarby kon die raadslede op skuldige of onskuldige wyse betrokke gewees het. Botha het egter verder gegaan en te kenne gegee dat hy geglo het dat hul wetens deel van sodanige optrede was, en derhalwe wetens

23

daardeur bevoordeel is. Of hulle oneerlik opgetree het, het egter geen inslag gehad op die vraag of Bradley hom aan

onreëlmatighede skuldig gemaak het en of die ondersoek moes word nie. Botha het geen reg of verpligting gehad om op daardie vergadering sodanige lasterlike bewerings aangaande die drie raadslede te maak nie en die aanwesige aanhoorders het geen reg of verpligting gehad om sulke lasterlike bewerings aan te hoor nie. Die kwessie van die oneerlike optrede van raadslede was immers nie volgens die objektiewe toets relevant as 'n onderwerp vir bespreking deur die vergadering nie.

Wat die aanwending van die subjektiewe toets betref, is dit duidelik dat Botha nie eerlik en op redelike gronde geglo het dat die lasterlike woorde betreffende Jonker waar en noodsaaklik vir die doel van sy mededeling was nie. Ofskoon Botha getuig het dat hy Selby geglo het, het hy die aand van die vergadering geen skriftelike verklaring van Selby gehad nie. Botha het aanspraak op vriendskap met

24

Jonker gemaak maar hy het Jonker nooit vooraf in sy vertroue geneem oor Selby se inligting nie. Hy het ook nie Selby se

inligting gekontroleer nie. Ek is nietemin bereid om te veronderstel dat hy rede gehad het om te glo dat Bradley se hantering van die transaksie met Jonker onreëlmatig was. In hierdie veronderstelling is dit egter duidelik dat hy geen rede gehad het om Jonker van oneerlikheid te verdink of te beskuldig nie. Trouens, Selby het niks aan hom gesê waarop so 'n verdenking redelikerwyse kon berus nie. Bowendien het Botha getuig dat hy nie geglo het dat Jonker oneerlik opgetree het nie.

Weens hierdie redes bevind ek dat die gewraakte woorde nie relevant tot die bevoorregte geleentheid was nie en dat die volle hof fouteer het om die teendeel te bevind. Deurdat Botha nie daarin geslaag het om die relevansie van die gewraakte woorde tot die onderwerp onder bespreking op die vergadering van 14 September 1987 te bewys nie volg dit dat hulle nie binne die perke van 'n bevoorregte

25

geleentheid gepubliseer is nie. Die vermoede dat die publikasie van die gewraakte woorde wederregtelik of onregmatig is, bly derhalwe onweerlê staan. Die vermoede dat die gewraakte woorde animo injuriandi met wederregtelik-heidsbewussyn gepubliseer is, is nie in geskil nie en bly derhalwe onweerlê staan.

In die lig van die voorgaande volg dit dat die appêl moet slaag. Die volgende bevele word gemaak :

  1. Die appél slaag met koste.

  2. Die bevel van die hof a guo word vervang deur die volgende:

"Die appél word met koste van die hand gewys."

C. P. JOUBERT AR. VAN HEERDEN AR

KUMLEBEN AR Stem saam VIVIER AR HARMS Wn AR

▲ To the top

Cited documents 0

Documents citing this one 1

Judgment 1
1. Le Roux and Others v Dey (44/2009) [2010] ZASCA 41 (30 March 2010) 1 citation