S v Sekgola (169/1992) [1993] ZASCA 146 (28 September 1993)


SAAKNOMMER 169/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPêLAFDELING

In die saak tussen:

WILLIAM SEKGOLA Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, KUMLEBEN et NIENABER ARR

VERHOOR: 16 SEPTEMBER 1993

GELEWER: 28 SEPTEMBER 1993

UITSPRAAK

NIENABER AR

2

Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale

Afdeling ter dood veroordeel. Die hof a quo (Van Dyk R

en twee assessore) het bevind dat hy die oorledene eers

verkrag en toe vermoor het. Op die aanklag van

verkragting is hy tot 12 jaar gevangenisstraf veroordeel;

op 'n klag van roof is hy skuldig bevind aan diefstal en

tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis; en op die

moordklag is die doodvonnis opgelê. Kragtens artikel

316A van die Strafproseswet 1977, dien slegs die

skuldigbevinding en vonnis op die klag van moord tans

voor hierdie hof.

Die appellant het glad nie tydens die verhoor getuig nie, nóg met die oog op die meriete van die saak, nóg met die oog op vonnis. Maar hy het wel twee bekentenisse gemaak, die toelaatbaarheid waarvan nie betwis is nie. Daarbenewens het hy vryelik geantwoord op vrae wat tydens die verrigtinge kragtens artikel 119 van die Strafproseswet, 1977 aan hom gestel is. Uit dié drie

3

relase, gelees met die getuienis wat namens die staat gelewer is en ander feite wat gemeensaak was, kan mens die volgende wys word:

1. Die oorledene was 'n 18-jarige student, 1.57 m lank, 51,1 kg swaar, 'n tingerige meisie. Sy het saam met haar gesin in hul huis in Silverton, Pretoria, gewoon. Die oggend van 27 Februarie 1991, so ongeveer 7h30, so getuig haar moeder, is pa en ma en haar broers en jonger sussie met die motor weg werk- en skool-toe. Die oorledene was nog aan die slaap en het alleen in die huis agtergebly. Die deur van die motorhuis was effens oop; die motorhuis het direkte toegang tot die hoofslaapkamer verleen; daardie deur was ook nie gesluit nie.

2. Die appellant, indertyd 20 jaar oud, het die

oggend in die omgewing van die oorledene se huis

rondgedrentel op soek, sê hy op een plek, na werk, en op

'n ander plek, na kos. Toe hy die oop garagedeur

4

gewaar, is hy daarin. In die gang loop hy die oorledene

raak.

3. Wat daarna gebeur het blyk uit sy eerste

bekentenis. Ek haal aan:

"Ek het na die kamer gestap waar ek gesien het die meisie ingaan. Ek het toe 'n Drie Ster mes uit my broeksak uitgehaal en die blanke meisie daarmee gedreig. Toe ek haar met die mes dreig het sy geskrik en ek het haar na die bed toe getrek. Ek het haar broek uitgetrek daarna het ek my broek uitgetrek en bo-op haar geklim. Sy het begin skreeu. Ek het haar weer met die mes gedreig en daarna het sy stilgebly. Ek het toe gemeenskap met haar gehad.

Nadat ek klaar was het ek 'n plastieksak oor haar kop getrek en haar voete met 'n geel tou vasgemaak.

Ek het toe komberse gevat en bo-op haar gesit en weggeloop. Terwyl ek nog in die huis was het ek 'n sigaret aangesteek. Ek het gehoor dat die telefoon lui maar het dit nie geantwoord nie. In die kamer was 'n 'Battery Charger'. Ek het dit gevat en het toe die huis verlaat."

4. Die oorledene se moeder het ongeveer 13h50 na

die huis teruggekeer. Sy het vroeër, ongeveer 8h30, huis

toe gebel maar daar was geen antwoord nie. (Dit kan goed

moontlik die oproep wees waarvan die appellant melding

5

maak). By haar aankoms het sy onmiddellik onraad gemerk.

Sy het hul buurman, Van Heerden, geroep, wat die polisie

ontbied het en self die huis in is. Dit was 'n warboel.

Laaie is uitgepluk en klerasie en beddegoed het oral

rondgestrooi gelê. In die hoofslaapkamer het Van Heerden

op die liggaam van die oorledene afgekom. Dit was

gedeeltelik met 'n duvet bedek. Sy het op haar maag

gelê. Oor haar mond was 'n doek wat met 'n mansdas deur

haar mond styfgetrek en agter haar kop as 't ware

vasgegespe was. So styf was die das agter haar kop

vasgeknoop dat Van Heerden, menende dat sy dalk nog kon

gelewe het, dit met 'n mes moes lossny. Haar gewrigte

was agter haar rug vasgebind. Op die foto' s van die

rugkant van haar naghemp was 'n skoenspoor duidelik

sigbaar. Mens kan bespiegel dat dit is waar die

appellant moes vasgetrap het toe hy die knoop agter haar

nek vasgetrek het. Haar enkels was ook met 'n koord

vasgebind. Haar gesig was bebloed. Haar linkeroog was

6

blou en geswel. Om haar keel van voor was daar tekens

van verwurging. Van 'n plastieksak oor haar kop was daar egter geen teken nie.

5. Heelparty artikels is uit die huis vermis.

Die enigste vrae wat voor hierdie hof dien is of die appellant behoorlik op die moordklag skuldig bevind en ter dood veroordeel is.

Daar is betoog dat die appellant hoogstens aan

strafbare manslag, en nie aan moord nie, skuldig bevind

moes gewees het, aangesien die opset om te moor nie teen

hom bewys is nie. Die betoog berus in die eerste plaas

op die mediese getuienis. Die lykskouing is behartig

deur dr Loubser. In sy verslag word die oorsaak van dood

as "asfiksie" aangedui waarop soos volg in par (iv) van

sy verslag uitgebrei is:

" 'n Jong wit vrou met tekens van manuele verwurging sowel as tekens van 'n binding wat deur die mond gestrek het en wat waarskynlik die onderkaak na onder sou vasgedruk het. 'n Lykskouingbevinding vereenselwigbaar met 'n asfiktiese sterfwyse is gevind. Dit is nie moontlik om op die waarskynlikhede standpunt in te neem of die manuele

7

verwurging of die binding deur die mond die dodelike inwerking was nie. Die feit dat fekale besmering plaasgevind het kan as 'n agonale oorprikkeling van die outonome senustelsel met 'n simpatiese respons gesien word. Met die gevolglike fekale besmering van die perineum sou 'n penetrasie kon plaasvind sonder dat uitwendige merke gelaat was."

Dit was ook die strekking van sy getuienis.

Die betoog, as ek dit reg begryp het, kom hierop neer:

(i) die oorsaak van dood is óf die "manuele verwurging" óf die "binding deur die mond";

(ii) die "manuele verwurging" het plaasgevind ten einde die oorledene se weerstand teen die verkragting te bowe te kom. Daarom moes dit vóór die verkragting gebeur het. En as dit voor die verkragting gebeur het, dan was dit nie die oorsaak van die dood van die oorledene nie en dui dit in ieder geval nie op 'n bedoeling om haar dood te maak nie;

(iii) die werklike oorsaak van die dood was gevolglik die sg. "binding deur die mond". Haar

8

onderkaak is vasgebind. Haar mond was oop. Op die oog

af sou sy dus nog kon asemhaal. Iemand so ongekunsteld

soos die appellant, sonder die deskundigheid van 'n dr

Loubser, sou nie noodwendig besef het dat sy op dié

manier kon versmoor nie. Gevolglik ontbreek dit aan

opset by die appellant. Maar hy behoort dit redelikerwys

te besef het. Daarom was hy nalatig en sou strafbare

mansiag die korrekte bevinding wees.

In dié betoog steek daar niks nie. Om mee te begin

bots dit met wat die appellant self in sy bekentenisse en

sy antwoorde tydens die artikel 119-verrigtinge gesê

het. In sy bekentenisse meld hy nie eens die verwurging

nie. Daarvolgens het hy die oorledene met 'n mes

gedreig. Sy antwoorde tydens die artikel 119-verrigtinge

verloop soos volg:

"HOF: Het u haar doodgemaak op daardie dag?

BESKULDIGDE: Ek het haar gewurg.

HOF: En was sy toe nadat u haar gewúrg het, dood?

BESKULDIGDE: Ek weet nie of sy daarna gesterf

het, want terwyl ek in die huis was, was sy nog

lewendig.

HOF: Hoe weet u dit?

9

BESKULDIGDE: Ek was later verbaas gewees toe die

polisie vir my genader het en gesê het dat daardie

persoon oorlede is, maar sy was nog nie oorlede toe,

terwyl ek in die huis was.

HOF: Bedoel u nadat u haar gewurg het, terwyl u nog

in die huis was?

BESKULDIGDE: Ek het haar hier voor by die keel

vasgehou, hy demonstreer met sy hand.

HOF: Het u haar gewurg met u hande?

BESKULDIGDE: Ek het haar met een hand teen haar

keel vasgegryp.

HOF: Was dit al waarmee u haar gewurg het?

BESKULDIGDE: Dit is nie al nie.

HOF: Nou waarmee het u haar nog gewurg?

BESKULDIGDE: Daarna het ek die komberse om haar kop

gesit.

HOF: Ja meneer, luister nou mooi wat ek vir u vra.

Het u haar by haar keel net met die een hand gewurg

of het u enige ander manier of item aangewend om

haar te wurg behalwe die een hand, antwoord nou eers

daardie vraag?

BESKULDIGDE: Ek het haar met een hand gewurg en

daarna het ek 'n plastiek se materiaal om haar

gesit, vasgesit en toe daarna haar met die komberse

toegemaak.

HOF: Net toegemaak of het u dit gedruk op haar

gesig?

BESKULDIGDE: Ek het haar net toegemaak.

HOF: Net haar gesig of haar liggaam ook?

BESKULDIGDE: Van die bene af tot by liggaam.

HOF: Het u haar so gewurg voor of nadat u met haar

gemeenskap gehad het?

BESKULDIGDE: Nee.

HOF: Op watter stadium het u haar gewurg?

BESKULDIGDE: Ek het eers vleeslike gemeenskap saam

met haar gehou en toe ek klaar gemaak het, het ek 'n

plastiese materiaal om haar kop, ek het die kop

10

sommer toegedraai en daarna die komberse op haar

gesit.

HOF: Wanneer het u haar gewurg, was dit tydens die

verkragting?

BESKULDIGDE: Nee, nadat ek vleeslike gemeenskap

saam met haar gehou het.

HOF: Wat het u gedoen nadat u haar met die kombers

toegegooi het?

BESKULDIGDE: Ek het haar net met die komberse

toegemaak en ek het toe my tabak aangesteek en toe

die batterylaaier geneem en toe weggeloop.

HOF: Hoekom het u haar gewurg?

BESKULDIGDE: Nee, ek het sommer haar gewurg, ek was

ook verbaas gewees nadat ek dit gedoen het.

HOF: Wat was die doel, weet u wat die doel was

hoekom u haar gewurg het?

BESKULDIGDE: Ek het ook daarna gedink, maar ek kon

nie ' n grondige rede kry waarom ek haar gewurg het

nie.

HOF: Het u bedoel om haar dood te maak?

BESKULDIGDE: Ek het geen bedoeling gehad om vir

haar dood te maak nie.

HOF: Het u enige rede gehad om haar te wurg?

BESKULDIGDE: Geen rede."

Uit dié aanhaling blyk die volgende:

(i) sy is met een hand gewurg;

(ii) anders as wat betoog is het dit ná en nie voor die verkragting plaasgevind;

(iii) daarna het die appellant die duvet oor die oorledene gegooi;

11

(iv) hy sê dat hy gedink het dat sy toe nog gelewe het;

(v) hy sê dat hy geen bedoeling gehad het om haar te vermoor nie.

Blykens die mediese getuienis is aansienlike geweld by sowel die "manuele verwurging" as die "binding van die mond" gebruik. Trouens, vir sover dr Loubser nie op die waarskynlikhede kon bepaal watter van hierdie "inwerk-ings" die asfiksie veroorsaak het nie, volg dit dat elkeen potensieel fataal was. Sowel op die mediese getuienis as op die appellant se eie relaas kon die verwurging, anders as wat betoog is, nie vóór die verkragting plaasgevind het en kan dit gevolglik nie sommerso as oorsaak van die dood ge-elimineer word, soos betoog is nie.

Maar selfs al aanvaar mens die hipotese dat dit nie die verwurging was nie maar die binding van die mond wat die eintlike oorsaak van die dood van die oorledene was,

12

baat dit die appellant nie. Die geweld waarmee en die wyse waarop dit geskied het, dui op sigself op 'n vereenselwiging aan die kant van die appellant met die moontlikheid dat die oorledene in die loop daarvan sou sterf. Die afbind van die onderkaak sou die lugweg, vanweë die vasdruk van die tong, versper het. Bowendien het die appellant 'n lap in die oorledene se mond ingeprop voordat hy dit met die das afgebind het. Volgens dr Loubser was daar meerdere fisiologiese tekens van 'n belemmering van haar asemhalingsproses. Soos dr Loubser dit stel, sy het teen weerstand asemgehaal. Weliswaar was die hioïedbeen nie gebreek nie maar dit was te danke aan 'n gewriggie in die linker groter horing van die tongwortelbeentjie wat net in omtrent 5 persent van mense voorkom. Te oordeel aan die tekens van die aanval op die oorledene het dr Loubser dit as "brutaal" beskryf.

Wat die appellant nou juis met die verwurging van

13

voor en die afbind van die oorledene se mond van agter beoog het, weet mens nie. Daaroor kan alleen maar bespiegel word. So ook oor presies wanneer die verwurging en die afbinding onderskeidelik plaasgevind het, of dit by een en dieselfde geleentheid was of voor of nadat die oorledene se gewrigte agter haar rug en haar enkels vasgebind is. Na alle waarskynlikheid is dit alles gedoen om haar onskadelik te stel sodat hy die huis op sy eie goeie tyd en sonder enige teenkanting kon deursoek. As dit so is, moes sy op die tydstip toe haar gewrigte en enkels vasgebind is óf nog gelewe het óf die appellant moes so gedink het. Dat sy op die vloer op haar maag gevind is, met die das agter haar kop vasgeknoop en haar arms agter haar rug, dui daarop dat sy eers van voor verwurg en toe van agter vasgebind en so gelos is. En as dit gedoen is om haar te verhoed om alarm te maak, spreek dit nie onteenseglik, anders as wat die hof a quo bevind het, van dolus directus nie. Die

14

hof a guo se bevinding dat die appellant die oorledene doelbewus versmoor het om sy latere uitkenning te verhoed, is moeilik daarmee te versoen dat hy haar eers verwurg en daarna vasgebind het. Maar die gewelddadige manier waarop hy haar mond toegebind het, kon by hom geen twyfel gelaat het dat sy dalk kan versmoor nie. Daarna het hy 'n sigaret gerook, toebroodjies geeët, die huis omgedolwe, geneem wat hy wou, en padgegee, sonder enige verwagting dat iemand die oorledene dalk sou kon red. Na my mening is die gevolgtrekking onvermydelik dat hy die intrede van die oorledene se dood gewis moes voorsien het en dat hy hom, deur sy optrede, daarmee versoen het. Ten beste vir die appellant was sy skuldvorm dus opset by moontlikheidsbewussyn. Waar hy, toe daar gedurende die artikel 119-verrigtinge op 'n antwoord aangedring is, beweer het dat hy nie bedoel het om haar dood te maak nie, kan dit hom nie verontskuldig nie. As dit sy verweer was, moes hy dit vir die verhoorhof kom sê het.

15

Die betoog as sou die appellant nie die moontlikheid van die intrede van die dood van die oorledene voorsien het nie, kan dus nie opgaan nie. Die appellant het die oorledene met opset doodgemaak. Die skuldigbevinding op die aanklag van moord is in orde.

Kom dit by vonnis, is daar veral drie oorweginge wat ten gunste van die appellant tel: sy jeugdigheid, 20 jaar ten tyde van die voorval; sy skoon rekord; en die afwesigheid van dolus directus. Wat laasgenoemde betref, het die verhoorhof, soos reeds gesê, moontlik gefouteer. Origens het die verhoorregter, soos hy moes, die verkragting afsonderlik bekyk en die moord buite rekening gelaat: die oorledene is nie in die loop van die verkragting dood nie en daar moes gewaak word teen die risiko om een strafverswarende faktor twee keer teen die appellant te laat geld. Maar wanneer dit by die moord kom, kan mens jou oë nie daarvoor sluit dat die verkragting deel uitmaak van die geskiedenis van die

16

moord nie. Dit wys van watter soort stoffasie die

appellant gemaak is: sy wreedheid, sy ongenaakbaarheid,

sy minagtende ingesteldheid teenoor 'n weerlose jong

meisie. Die manier waarop hy die oorledene óf verwurg óf

laat versmoor het, in laasgenoemde geval sonder om hom

aan haar doodswroeging te steur terwyl hy sy gang gaan om

'n sigaret te rook, toebroodjies te eet en die huis op sy

tyd te deursoek, vererger die gewelddaad van die

appellant dermate dat dit die vermelde versagtende

faktore na my oordeel volkome oorskadu. Iemand wat so

kan optree, is kwalik rehabiliteerbaar. Die

gemeenskapsbelang speel hier 'n deurslaggewende rol.

Optrede van hierdie aard skrei om vergelding. Die

enigste gepaste vergelding, in die omstandighede, is die

doodvonnis. Die appèl faal.

P M NIENABER AR

BOTHA AR )

Stem saam. KUMLEBEN AR)

▲ To the top