S v Marupen (118/1992) [1993] ZASCA 153 (29 September 1993)


Saaknommer 118/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

ANDRé MARUPEN Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: HEFER, VIVIER ARR et HOWIE, Wnd AR

VERHOOR: 20 September 1993 GELEWER: 29 September 1993

UITSPRAAK

HOWIE, Wnd AR

2

HOWIE Wnd AR,

Appellant is 5 jaar gevangenisstraf in 'n streekhof opgelê weens diefstal. Hy is saam met h mede-beskuldigde ("beskuldigde 2") verhoor. Dit is hulle ten laste gelê dat hulle op 11 Januarie 1990 en te Johannesburg R150 000 van hulle werkgewer Trust Bank gesteel het. Albei het onskuldig gepleit en getuienis in hulle verdediging afgelê waarin hulle aanspreeklikheid ontken het. Daardie getuienis is tereg verwerp. Hulle appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen hulle skuldigbevindings en vonnisse is van die hand gewys. Daardie Hof het appellant verlof om verder te appelleer -geweier.

Met verlof van hierdie Hof kom appellant nou in hoër beroep slegs teen sy vonnis.

'n Opsomming van die aanvaarbare getuienis is soos

3

volg. Appellant, beskuldigde 2 en ene Williams was almal by die Eloffstraattak van die bank werksaam. Hulle was die bemanning van een van die bank se 19 pantservoertuie waarin groot bedrae geld daagliks in trommels en trollies na ander van die bank se takke vervoer is. Appellant was die kassier, beskuldigde 2 die bestuurder en Williams die wag.

Veiligheidsonthalwe is die personeel van een voertuig nie tot die oplaaigebied toegelaat alvorens die bemanning van die vorige voertuig klaar opgelaai en die gebou verlaat het nie. Op die betrokke dag was die gesteelde trommel vir 'n ander voertuig bestem. Appellant en sy kollegas het egter die "geleentheid gebruik om dit saam met hulle vrag op te laai in die afwesigheid van daardie voertuig se bemanning. In die loop van hulle werkverrrigtinge later die oggend het hulle die gesteelde trommel na beskuldigde 2 se huis te Roodepoort geneem en

4

daar gebêre.

Intussen het die banktak vir wie die trommel bestem was, die vertraging aan appellant se tak gerapporteer. Gedurende die namiddag het een van die appellant se onderbestuurders die polisie in kennis gestel van die vermiste geld. Nadat al die bemannings terug was, is dit deur die polisie vasgestel dat appellant se voertuig onnodig en onreëlmatig 'n ekstra 50 kilometer gery het. Nie lank daarna nie het die ondersoekbeampte en beskuldigde 2 na lg se huis gegaan en is die trommel toe gevind waar dit in die motorhuis in 'n papiersak weggesteek was.

Voor vonnisoplegging het die prokureurs wat namens appellant en beskuldigde 2 opgetree het die verhoorhof toegespreek sonder dat hulle kliënte enige getuienis ter versagting afgelê het.

In sy vonnisuitspraak het die streeklanddros die

5

volgende gesê:

"Uit die aard van die saak waar julle so saamwerk moet daar 'n mate van beplanning wees al is dit dan ook nou net op die laaste oomblik. Dit wil lyk asof hier nie veel beplanning in hierdie misdaad ingegaan het nie, want dit is werklik op h dom manier uitgevoer."

Aan die ander kant het die verhoorhof opgemerk dat die onderhawige misdryf h tipe oortreding was wat, ondanks die howe se herhaalde waarskuwings, veelvuldig voorkom en derhalwe swaar strawwe verg.

Die landdros het gemeld dat "die idee van straf is dat dit individualiseer moet word" en het daarna die beskuidigdes se persoonlike omstandighede oorweeg.

Ten spyte van hulle prokureurs se versoek dat slegs boetevonnisse opgelê word, het die hof bevind dat die misdryf te ernstig was daarvoor en dat slegs direkte gevangenisstraf gepas sou wees. Na die hof se oordeel was 5 jaar die kortste periode wat die gepleegde misdaad gepas sou straf. In hierdie verband het die hof hom toe soos

6

volg uitgelaat:

"Daar is gesê dat dit 'n eenmalige gebeurtenis is. Dit mag so wees, maar nou vind die hof so dikwels by mense wat in vertrouensposisies aangestel word daardie eenmalige probeerslag en ons moet waak daarteen in die howe dat mense die indruk kry dat hulle maar hulle werkgewers kan besteel solank hulle dit net nie meer as een keer probeer nie."

Aan die hand van drie vorige sake waarin gevangenisstraf met boetestrawwe op appèl vervang is, het appellant se advokaat aangevoer dat hierdie Hof op soortgelyke wyse met die opgelegde vonnis behoort in te meng.

Appellant was ten tye van die misdryf en ook vonnlsoplegging, 22 jaar oud. Hy was 'n eerste oortreder. Hy het in 1987 die matriekeksamen geslaag. Hy was vir omtrent een jaar in die bank se diens voor die pleging van hierdie misdryf. As gevolg daarvan het hy sy werk verloor en was hy ten tye van die verhoor werkloos. Hy was die vader van 'n buite-egtelike kind met wie se ma hy toe

7

saamgeleef het.

Beskuldigde 2 se omstandighede het die hof as "ietwat anders" beskou. Hy was 42 jaar oud, getroud en die vader van 4 minderjarige kinders. Hy het drie vorige veroordelings. In 1971 was hy weens gewone aanranding gewaarsku en ontslaan. In 1974 is hy beboet weens bestuur van 'n voertuig met vals derdeparty- en lisensiebesonderhede. In 1983 is hy R1 000 of 12 maande tesame met opgeskorte gevangenisstraf opgelê weens poging tot moord.

Die drie sake waarop appellant se advokaat gesteun het, is almal onderskeibaar van die onderhawige. In die huidige geval is daar hoegenaamd geen sprake van erkenning van skuld, samewerking met die polisie of berou nie. Weliswaar is die misdryf betreklik maklik ontdek maar appellant het geen grondslag gelê nie vir die afleiding, as 'n redelike moontlikheid, dat hy beïnvloed is,

8

niks vooraf beplan het nie of voor versoeking geswig het.

Hierdie was ook nie 'n geval waar 'n bemanning deel van sy eie vrag steel nie. Appellant en sy mededaders het die kans benut om 'n ander bemanning se trommel te neem. Op die oog af sou dit daardie ander bemanning onder verdenking geplaas het. Mens weet ook nie of appellant vir 'n hele tyd al vir so 'n kans gewag het nie.

Boonop het appellant voortgegaan om sy taak gedurende die oggend te verrig wat hom heeltyd die geleentheid gebied het om te besin. Ondanks daardie geleentheid het hy in sy dieftige plan volhard. Dit was alleenlik die ekstra afstand wat gery is wat die vlnger na appellant laat wys het. Die verhoorhof het opgemerk dat die diefstal op 'n dom manier uitgevoer is maar of dit nou miskien moeilik was om 'n medepligtige te kry om hulle langs hulle gewone roete te ontmoet is natuurlik onbekend.

In al die omstandighede meen ek dat daar met die

9

In al die omstandighede meen ek dat daar met die oplegging van direkte gevangenisstraf in die onderhawige saak geen fout gevind kan word nie.

Die bankwese is h onontbeerlike bestanddeel van die land se ekonomiese en finansiële struktuur. Kliënte moet sover moontlik in staat gestel word om hulle sake te reël en te beplan op die veronderstelling dat hulle beleggings en deposito's veilig is. Dit is ongelukkig so dat banke deesdae deur gewapende aanvalle aanhoudend geteister word waartydens baie groot bedrae geroof word. Hulle moet noodwendig groot bedrae uitgee op versekering en sekuriteitsmaatreëls.

In die lig van sodanige eksterne bedreiging en gepaardgaande onkoste is die publiek en die banke se bestuur geregtig om te verwag dat daar nie ook interne sekuriteitsprobleme sal wees nie en dat daar op die banke se eie amptenare se eerlikheid en betroubaarheid

10

staatgemaak kan word. Appellant en sy metgeselle was nie sommer in enige gewone soort vertrouensposisie nie, hulle was, as bankamptenare aan wie groot bedrae toevertrou is en in die lig van die voorgaande faktore, in 'n besondere vertrouensposisie. Dit het hulle op 'n ernstige wyse misbruik.

Waar die verhoorhof egter wel misgetas het na my mening was om geen onderskeid te tref tussen appellant se vonnis en dié van beskuldigde 2 nie. Lg se geskiedenis toon dat hy geneig is om minagtend teenoor die belange van ander en teenoor die gereg op te tree. Sy vorige skuldigbevindings en vonnisse het hom nie van misdadige optrede afgeskrik nie. Boonop is daar die wesenlike ouderdomsverskil. Myns insiens was hierdie 'n geval waar, selfs sonder enige aanduiding dat beskuldigde 2 vir appellant mislei of direk beïnvloed het, dit gepas was om appellant ligter as beskuldigde 2 te straf.

11

Dit staan hierdie Hof dus vry om appellant se vonnis opnuut te oorweeg.

In al die omstandighede van die saak meen ek dat

aan die eise van reg en geregtigheid voldoen sal word

indien appellant 5 jaar opgelê word waarvan 2 jaar voorwaardelik opgeskort word.

Die appèl moet derhalwe slaag.

Dit word soos volg beveei:

  1. Die appèl slaag.

  2. Die bevel van die Hof a quo word ter syde gestel en met die volgende bevel vervang:

"(a) Tweede appellant se appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.

(b) Eerste appellant se appèl teen sy
skuldigbevinding word van die hand
gewys.

(c) Eerste appellant se appèl teen sy

vonnis slaag.

(d) Die vonnis wat deur die Streekhof aan
eerste appellant opgelê is word ter

12

syde gestel en met die volgende vervang

'5 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar vir 5 jaar opgeskort word op voorwaarde dat in lg tydperk die beskuldigde geen misdryf pleeg waarvan dieftige opset 'n element is nie en waarvoor onopgeskorte gevangenisstraf opgelê word.'"

C T HOWIE Wnd AR

HEFER, AR )

VIVIER, AR ) Stem saam

▲ To the top