S v Mbonane (35/1991) [1993] ZASCA 154 (29 September 1993)


SAAKNOMMER: 35/91

J VD M

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

SIMON SIPHO MBONANE Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, NESTADT, ARR et HARMS, Wnd AR

VERHOORDATUM: 30 AUGUSTUS 1993 LEWERINGSDATUM: 29 SEPTEMBER 1993

UITSPRAAK

HARMS, Wnd AR:

Die appellant en twee mede-beskuldigdes (beskuldigdes nrs 2 en 3) het in die Rondgaande Hof te Bethal voor Curlewis R en twee assessore op drie

2

aanklagte van roof en een aanklag van moord tereggestaan. Die appellant is aan een aanklag van roof skuldig bevind en ten aansien daarvan tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy is ook aan moord skuldig bevind en ter dood veroordeel. Ten aansien van laasgenoemde maak die appellant van sy outomatiese reg van appèl gebruik en m b t die roof appelleer hy kragtens verlof wat na aanleiding van 'n petisie gerig aan die Hoofregter, toegestaan is. Die lotgevalle van beskuldigdes 2 en 3 is vir doeleindes van hierdie uitspraak ontersaaklik.

Die roof- en moordaanklagte het voortgespruit uit gebeure wat op 10 September 1989 naby Langverwacht in die distrik Hoëvelddrif plaasgevind het. 'n Relletjie het dié Sondag by 'n smokkelkroeg plaasgevind en as gevolg daarvan het ene Mkwanazi 'n klagte by die polisie gaan indien. Twee polisiekonstabels,nl die oorledene en konstabel Madela,

3

is daarop met die klaer en sy getuie na die smokkelkroeg. Die verdagtes was nie meer daar nie en hulle is toe na 'n tweede smokkelkroeg wat bekend staan as Playboy s'n. Die vangwa is voor die deur van hierdie gebou geparkeer en wel op so 'n wyse dat die deur aan die passasierskant regoor die voordeur van die gebou gestaan het. Die oorledene was die bestuurder van die vangwa. Madela en die klaer het die smokkelkroeg binnegegaan waar beskuldigde 2 uitgewys is. Madela het hom, ten spyte van teenkanting, gearrestéer en in die vangwa geplaas. Hy het die deur bloot toegemaak sonder om dit te sluit. Hy is toe terug na die smokkelkroeg saam met die klaer en by hierdie geleentheid is beskuldigde 3 aan hóm uitgewys. Nr 3 het hom ook teen arres teengesit en terwyl 'n bakleiery plaasgevind het, het Madela gevoel hoe iemand van agter af hom aan die keel gryp en sy vuurwapen uit die holster uithaal. Hy kon nie sien wie dit was nie. Terwyl hy

4

nog met nr 3 besig was, het hy twee skote hoor klap. Hy het nie waargeneem wie geskiet het nie. Wat hy wel waargeneem het, was dat die oorledene vir die appellant en nr 2 (wat op daardie stadium reeds deur iemand uit die vangwa bevry was) gevra het waarom hulle die wapen geneem het. Hy het ook waargeneem dat nr 1 die vuurwapen wat hom ontneem is by hom gehad het. Die oorledene het daarop probeer wegkom en het aan die bestuurderskant van die vangwa ingespring. Madela het gedink dat die oorledene vir hom gaan wegry en hy het toe weggehardloop. Die oorledene is in sy sitplek doodgeskiet. Die skoot het van die passasierskant se venster skuins af beweeg, is deur sy hart en deur die regterkantste deur ván die voertuig. Hy het uit die voertuig geval.

Op hierdie stadium is dit nodig om daarop te wys dat beide konstabels met dieselfde tipe vuurwapen naamlik 9mm pistole bewapen was. Hulle was beide met

5

agt patrone uitgereik. Die oorledene se pistool is 'n ent j ie vanaf sy lyk op die grond gevind met al agt patrone onafgevuur. Agter die voertuig is twee afgevuurde 9mm patroon doppies gevind - iets wat inpas by Madela se getuienis dat daar twee skote afgevuur is toe die oorledene en die appellant agter die voertuig was. Aan die passasierskant is drie verdere afgevuurde doppies gekry wat daarop dui dat drie skote (waarvan een die oorledene gedood het) vanaf daardie posisie gevuur is. Daar was ook drie gate deur die bekleedsel van die regterdeur. Drie onafgevuurde patrone is op die toneel gevind. Madela se vuurwapen is nie opgespoor nie.

Die klaer, Mkwanazi, het die getuienis van Madela in alle relevante opsigte gestaaf. In besonder wys sy getuienis dat terwyl Madela en nr 3 baklei het, het die appellant van agter gekom; dat die appellant nr 2 bevry het; dat, hoewel hy nie gesien het wie geskiet het nie, het hy gesien hoedat die appellant met 'n

6

vuurwapen die groep na die skietery verlaat het. Volgens sy getuienis was nr 2 aan die bestuurderskant toe die oorledene "geval" het. Nr 2 het toe die oorledene omgegooi en sy vuurwapen geneem. Soos reeds gesê, is die oorledene se vuurwapen onafgevuur in die nabyheid van die lyk gevind en dit bevestig wat namens nr 2 gestel is, naamlik dat nadat hy die oorledene se vuurwapen geneem het, het hy dit weggegooi. Die getuienis dat die appellant in besit van 'n vuurwapen was, is bevestig deur Cynthia Makhubo ('n vriendin van nr 2) en ene Makhubele. Hy was nie op die toneel nie maar tuis, 'n entjie vanaf die smokkelkroeg. Nr 1 het met ' n vuurwapen gewapen sy huis in gehardloop, van sy klere uitgetrek, van die getuie s'n aangetrek en toe verder gehardloop.

Dit bring my dan by die getuienis van die eienaar van die kroeg, Playboy Mthembu. Hy het getuig dat hy waargeneem het hoe die appellant met Madela

7

baklei, sy vuurwapen afneem en hoe die appellant in die vangwa in geskiet het terwyl die oorledene daarin was. Hy het bevestig wat later objektief vasgestel is, naamlik dat die linkervenster afgedraai was en dat die regtervenster in die proses gebreek is.

Slegs die appellant het ter verdediging getuig. Sy saak was dat hy die betrokke dag teenwoordig was by Playboy se smokkelkroeg toe beskuldigdes 2 en 3, wat vriende was, daar opgedaag het. Daarna het hy gesien hoedat die twee polisiebeamptes arriveer en hy het toe na buite gegaan om die gebeure gade te slaan. Hy was, sê hy, aan die agterkant van die vangwa toe hy die eerste skoot hoor klap het. Hy het 'n vuurwapen op die grond gesien en toe weggehardloop. Hy kon goed sien wat gebeur het. Hy het ontken dat hy geskiet het of selfs dat hy in besit was van 'n vuurwapen.

Die verhoorhof het die appellant se

8

getuienis as onwaar verwerp en dit is nie namens die appellant betoog dat die verhoorhof in hierdie opsig gefouteer het nie. Met die.benadering van die advokaat kan nie fout gevind word nie. Wat wel namens die appellant betoog is, is dat die Staat se getuienis onvoldoende was om bo redelike twyfel te bewys dat dit die appellant en nie moontlik beskuldigde nr 2 was wat die vuurwapen hanteer het nie. Hierdie betoog moet faal. Dit is gebaseer op die feit dat die getuienis dui dat nr 2 op 'n stadium 'n vuurwapen hanteer het. Daardie getuiehis was egter duidelik dat nr 2 'n vuurwapen in sy besit gekry het ná die dood van die oorledene en dat die oorledene se vuurwapen nie tydens die gebeure afgevuur is nie. Die betoog verloor uit die oog dat vyf getuies getuig het dat die appellant in besit van ' n vuurwapen was - voor, tydens en na die skietery. En aangesien die appellant erken het dat hy goed kon sien wat gebeur het, is dit vreemd dat hy nooit

9

beweer het dat nr 2 'n vuurwapen besit het nie. Hy het te kenne gegee dat die oorledene 'n skoot afgevuur het tydens 'n gestoei met nr 3. Daardie getuienis is natuurlik nie moontlik waar nie in die lig van die feit dat die oorledene se vuurwapen nie daardie dag aangewend is nie. Dit moet ook in gedagte gehou word dat die oorledene se vuurwapen ná sy dood op die grond gegooi is. Aangesien die appellant die vuurwapen daar gesien het voordat hy weggehardloop het, beteken dit dat hy tydens al die gebeure teenwoordig moes gewees het.

Dit is ook namens die áppellant betoog dat slegs Playboy Mthembu getuig het dat hy waargeneem het hoe die appellant die oorledene skiet en, aangesien Mthembu se getuienis nie in alle opsigte bevredigend of in ooreenstemming met die ander getuienis is nie, kan nie bo redelike twyfel bevind word dat die appellant die skietwerk gedoen het nie. Dit is so dat Mthembu nie in alle opsigte 'n bevredigende getuie was nie en dat daar

10

botsings tussen sy getuienis en dié van Madela was. Dieselfde betoog is aan die verhoorhof voorgehou en die verhoorhof was bewus van die gebreke in Mthembu se getuienis. Die verhoorhof het sy getuienis met versigtigheid benader en, in die lig van die totaliteit van die getuienis, die skuldigbevindings uitgebring. Met daardie benadering kan nie fout gevind word nie. Dit volg dus dat ek van oordeel is dat die verhoorhof die appellant korrek skuldig bevind het aan die betrokke twee misdrywe.

Wat vonnis betref, is nie betoog dat die vonnis ten aansien van die skuldigbevinding aan roof in enige opsig verkeerd is nie. Wat ter oorweging oorbly, is of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis m b t die skuldigbevinding aan die moord is. Die appellant was ten tye van die pleeg van die misdryf ongeveer 25 jaar oud, getroud en werkloos. Geen ander persoonlike omstandighede is voor die hof geplaas nie.

11

Hoewel die gebeure by 'n smokkelkroeg plaasgevind het, het die appellant by monde van sy advokaat beweer dat hy 'n geheelonthouer is en dat drank geen rol kon gespeel het nie. 'n Wesenlike faktor ter strafversagting is die feit dat die appellant geen vorige veroordelings gehad het nie. Dit is verder namens hom betoog dat sy handelinge deur 'n massa-psigose veroorsaak is en dat hierdie feit 'n strafversagtende faktor is. Die antwoord op die betoog is eenvoudig dat daar geen feite-basis yir die submissie bestaan nie.

Ter strafverswaring dien die volgende: Die moord is met direkte opset gepleeg - wat blyk uit die hoeveelheid skote wat op 'n kort afstand op die oorledene afgevuur is. Die oorledene, 'n polisiebeampte, is in die loop van die uitvoering van sy pligte vermoor. Daar was geen provokasie nie. Die aanval was koelbloedig en wreed en die oorledene is geskiet terwyl hy gepoog het om van die toneel weg te

12

kom. Die oorledene het nie eens probeer om sy eie
vuurwapen ter selfverdediging aan te wend nie.

By die finale waarde-oordeel of die

doodvonnis die enigste gepaste vonnis is, is ek van
mening dat die gemeenskapsbelang in hierdie geval

deurslaggewend is en dat, met inagneming van die

oogmerke van vonnis, clie doodvonnis inderdaad die
enigste gepaste vonnis is.

Die appèl word van die hand gewys.

L T C HARMS WAARNEMENDE APPèLREGTER

BOTHA, AR )

STEM SAAM NESTADT, AR )

▲ To the top