S v Robinson (122/1992) [1993] ZASCA 156 (29 September 1993)


/CCC SAAK NO 122/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPPèLAFDELING) In die saak tussen:

PIETER HENDRIK ROBINSON APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: VAN HEERDEN, NESTADT ARR et NICHOLAS WNDE AR AANGEHOOR: 14 SEPTEMBER 1993

GELEWER: 29 SEPTEMBER 1993

UITSPRAAK NESTADT, AR:

Die appellant is in die streekhof te Rustenburg skuldig bevind aan onwettige diamanthandel, dws 'n oortreding van art 20 van Wet 56 van 1986 (die

2

koop op 14 Maart 1991 van vier ongeslypte dlamante met 'n massa van 13.45 karaat en 'n waarde van R15 669 teen 'n prys van R5 000 waarvan R2 000 as 'n deposito betaal is) en 'n oortreding van art 19 van genoemde Wet (die verkoop op 23 Maart 1991 van drie ongeslypte diamante met 'n massa van 3.9 karaat en 'n waarde van R2 435 vir 'n bedrag van R5 000). Op e g oortreding is hy tot een jaar gevangenisstraf gevonnis; op 1 g is hy tot drle jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan een jaar voo rwaardelik opgeskort is. Daar is voorts gelas dat ses maande gevangenisstraf op aanklag 1 samelopend uitgedien moes word met die onopgeskorte gevangenisstraf van twee jaar op aanklag 2. Die effektiewe vonnis was dus twee en 'n half jaar gevangenisstraf. Nadat die appellant onsuksesvol na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen sy vonnis geappelleer het word daar nou

3

met verlof van daardie hof na hierdie Hof in hoër beroep gekom.

Die eerste vraag is of daar gronde bestaan om met die verhoorhof se vonnis in te meng. Die antwoord daarop is myns insiens bevestigend. Dit is juis dat die misdade wat die appellant gepleeg het ernstig is en dat die tweede een plaasgevind het slegs nege dae nadat hy alreeds in die hof verskyn het op die eerste aanklag. Ek veronderstel ook dat die landdros geregtig was om die feit dat die appellant 'n polisiereservis was as strafverswarend te beskou (alhoewel ek geneë is om te dink dat, indien hy hierdie feit in ag kon neem, hy dit oorbeklemtoon het). Aan die ander kant egter was daar sterk versagtende faktore. Ter aanvang is dit nie uitgesluit dat die diamante wat die appellant verkoop het deel was van die diamante wat hy gekoop het. Die

4

getuienis het hierdie aspek nie opgeklaar nie. Die hoeveelheid diamante en die bedrae betrokke was taamlik klein. Die appellant wat 42 jaar oud is en wat skuldig gepleit het, is getroud en het vier minderjarige kinders. Hy is 'n eerste oortreder. Hy was in die verlede 'n welgestelde persoon maar ten tye van die oortredings het hy 'n finansiële krisis beleef en dit was die beweegrede vir sy optrede. Wat die eerste oortreding betref het die landdros aanvaar dat die appellant in werklikheid net twee diamante gekoop het en dat die ander twee aan hom geskenk was. In al twee gevalle is die appellant in 'n lokval betrap en dit blyk asof daar in hierdie omstandighede 'n mate van beïnvloeding van die appellant was.

Daar is meerdere gewysdes wat met vonnis in sake soos die huidige handel. Een van die jongste is S

5

vs Sellem 1992(2) SA 795(A). Ek is nie van voorneme om hulle te ontleed nie. Elke saak moet op sy eie feite

beslis word. In die onderhawige geval is ek van mening dat in ag genome die versagtende faktore waarna ek verwys het, direkte gevangenisstraf van twee en 'n half jaar buitensporig swaar was. Bygevolg moet daar beslis word met watter vonnis dit vervang moet word. Beide advokate was dit eens dat dit korrektiewe toesig ingevolge art 276 (l)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 (soos deur Wet 122 van 1991 ingelyf) kan en behoort te wees. Ek stem saam. Die feit dat die misdade gepleeg is voor die inwerkingtreding van art 276 (l)(h) en dat die artikel eers op 1 Oktober 1992 in die landdroshofdistrik van Rustenburg van krag geword het (kyk Proklamasie 115 soos in Staatskoerant 14313 van 1 Oktober 1992 gepubliseer), is geen beletsel teen die

6

oplê van so 'n vonnis nie (S vs R 1993(1) SA 476(A) en S vs E 1992(2) SASV 625(A)). Daar is ook nou voor ons 'n voor vonnis ondersoekverslag van 'n korrektiewe beampte soos bedoel in art 276 A (l)(a) van Wet 51 van 1977, en wat sonder beswaar ingehandig is. Uit hierdie dokument blyk dit prima facie dat die appellant 'n geskikte kandidaat is vir korrektiewe toesig. Na my mening sal dit ook die gepaste strafvorm wees (die aard waarvan volledig in bogemelde sake bespreek is). Dit moet natuurlik deur die verhoorhof gevel word. Bygevolg moet die saak na die landdros terugverwys word.

Die appêl slaag. Die vonnls word tersyde gestel en die saak word na die verhoorhof terugverwys ter oorweging van 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge die bepalings van art 276 (l)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 nadat (i) 'n verslag deur 'n

7

proefbeampte of 'n korrektiewebeampte soos deur art 276

A (l)(a) vereis ingedien is en (ii) relevante getuienis, indien enige, afgelê is.

NESTADT, AR

VAN HEERDEN, AR )

NICHOLAS, Wnd AR ) STEM SAAM

▲ To the top