Reyneke v Wetsgenootskap van die Kaap die Goeie Hoop (365/1990) [1993] ZASCA 161 (30 September 1993)


Saaknommer : 365/90 N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

WILLEM NICHOLAAS REYNEKE Appellant

en

DIE WETSGENOOTSKAP VAN DIE

Kaap Die Goeie Hoop Respondent

SMALBERGER, AR :-

Saaknommer : 365/90

N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPéLAFDELING)

In die saak tussen :

WILLEM NICHOLAAS REYNEKE APPELLANT

en

DIE WETSGENOOTSKAP VAN DIE KAAP

DIE GOEIE HOOP RESPONDENT

CORAM: CORBETT, HR, JOUBERT, SMALBERGER,

VIVIER, et MILNE, ARR

VERHOORDATUM: 30 AUGUSTUS 1993

LEWERINGSDATUM: 30 SEPTEMBER 1993

UITSPRAAK

SMALBERGER, AR :-

Die appellant kom, met die nodige verlof, in

hoër beroep teen 'n bevel van die volle hof van die Oos-Kaapse Afdeling (ZIETSMAN en MULLINS, RR) waarkragtens gelas is dat sy naam van die rol van prokureurs van daardie hof geskrap word. Die uitspraak van die hof

2

a quo is gerapporteer - kyk Wetsgenootskap van die Kaap die Goeie Hoop v Reyneke 1990(4) SA 441 (OKA) ("die uitspraak").

Die respondent het aanvanklik in sy aansoek om die appellant se skrapping 'n verskeidenheid klagtes teen hom aanhangig gemaak. Vanweë die feitegeskille wat ontstaan het, is die aangeleentheid vir getuienis verwys. Na die aanhoor van getuienis het die hof a quo bevind dat die appellant:

(1) 'n Oortreding van art 137(a) van die
Insolvensiewet (Wet 24 van 1936) gepleeg
het deurdat hy krediet van meer as
twintig rand verkry het sonder om aan die
kredietgewer mee te deel dat hy onder
voorlopige sekwestrasie was;

(2) Statutêre meineed gepleeg het ter

oortreding van art 9 van Wet 16 van 1963 deurdat hy doelbewus valse bewerings in 'n beëdigde verklaring tydens sy sekwestrasie-verrigtinge gemaak het ten einde die hof te mislei;

(3) Die hof ook probeer mislei het toe hy in
persoon verskyn het om 'n finale
sekwestrasiebevel te probeer afweer.
(Kyk die uitspraak op 450A-C).

3

Na aanleiding van hierdie bevindings, wat op appèl aangeveg word, het die hof a quo tot die slotsom geraak dat die appellant nie 'n geskikte en gepaste persoon was om voort te gaan om as prokureur te praktiseer nie, en sy skrapping gelas.

Voordat daartoe oorgegaan word om die meriete van die appél te behandel, is dit nodig om die appellant se aansoek om kondonasie vir die laat indiening van die rekord van die verrigtinge in die hof a quo te oorweeg. Uitspraak is deur die hof a quo op 12 Julie 1990 gegee, en aansoek om verlof om te appelleer is op 23 Augustus 1990 toegestaan. Vanweë sy geldelike onvermoë om sekerheid (wat in die bedrag van R22 000 bepaal is) te verskaf, het die appellant 'n aansoek om bystand tot die Regshulpraad gerig. Dit blyk nie uit die stukke wanneeer die aansoek gedoen is nie. Regshulp is op 16 Januarie 1991 toegestaan. Daarna is daar oor 'n

4

tydperk van nagenoeg vier en 'n half maande met die respondent se prokureurs onderhandel in 'n poging om ooreenkoms te bereik met betrekking tot die verkorting van die rekord. Daar is geen verduideliking op die stukke waarom die onderhandelings so lank geduur het nie. Op 11 Junie 1991 het die respondent se prokureurs finaal die houding ingeneem dat die volledige rekord voorberei moes word. Meer as agt maande daarna, op 5 Maart 1992, is die rekord geliasseer tesame met die appellant se aansoek om kondonasie, Weereens is hierdie lang vertraging nie volledig of voldoende verduidelik nie. Dit is 'n uiters onbevredigende toedrag van sake wat moontlik tot weiering van die aansoek om kondonasie kon gelei het. Hoe dit ook al sy, die respondent opponeer nie die aansoek nie. Die respondent neem, heeltemal tereg, die houding in dat ons hier te make het met 'n professionele persoon wie se voortsetting van sy beroep op die spel is. Gevolglik, aldus die respondent,

5

sou dit verkieslik wees om die appêl op die meriete af te handel. In die besondere omstandighede, en veral gesien die houding van die respondent, wat 'n verantwoordelike beroepsliggaam is, is ek van mening dat kondonasie toegestaan behoort te word.

Die appellant is in 1975 as 'n prokureur toegelaat. Hy is tans 'n ongerehabiliteerde insolvent. Ten tye van sy sekwestrasie in 1987 het hy te Port Elizabeth met ene Raymond in vennootskap gepraktiseer. Die tersaaklike feite wat tot sy skrapping van die rol aanleiding gegee het, word in die uitspraak uiteengesit. Dit is onnodig om hulle in detail te herhaal.

Die appellant se probleme was hoofsaaklik te wyte aan die geldelike verknorsing waarin hy beland het. Die oorsprong daarvan was 'n skriftelike ooreenkoms wat hy in November 1983 met ene Lamb aangegaan het wat aan hom sekere regte besorg het in 'n plaaseiendom wat aan

6

weerskante van die hoofweg tussen Grahamstad en Port Elizabeth geleë is. Onder andere het die appellant in die ontwikkelingspotensiaal van die eiendom belanggestel. Die ooreenkoms het aan die appellant 'n opsie verleen om die eiendom vir R350 000 aan te koop. Hy moes R35 000 as vergoeding vir die opsie betaal. (Hy het nie oor fondse beskik om dié bedrag te betaal nie en moes 'n lening daarvoor aangaan.) Daar was ooreengekom dat indien die appellant die opsie sou uitoefen die R35 000 deel van die koopprys sou uitmaak, en dat hy 'n verdere storting van R65 000 sou moes doen. Die balans van die koopprys (R250 000) met rente daarop, was nie later nie as 31 Desember 1985 betaalbaar.

Die opsie is wel deur die appellant uitgeoefen. Hy moes 'n bykomende lening aangaan om die bedrag van R65 000 te betaal. Ondanks verskeie pogings daartoe kon die appellant nie die nodige finansiering bekom om die uitstaande balans te betaal of te waarborg

7

nie. Die koop is uiteindelik gekanselleer en moes die appellant die R100 000 wat hy reeds betaal het, verbeur.

Op 30 September 1986 is 'n voorlopige sekwestrasiebevel op aansoek van ene Morris teen die appellant toegestaan. Op die keerdatum is die bevel opgehef aangesien die bedrag aan Morris verskuldig intussen deur 'n derde party vereffen is. 'n Ander skuldeiser, ene Malherbe, wat 'n vonnis teen die appellant verkry het, het toe op verskeie bates van die appellant beslag gelê en is 'n eksekusieveiling vir 11 Desember 1986 gereël, Voordat dit kon plaasvind, het Raymond, aan wie die appellant R3 000 geskuld het, 'n dringende aansoek om die appellant se sekwestrasie in Grahamstad gedoen. Op 10 Desember 1986 is 'n voorlopige sekwestrasiebevel toegestaan. Die keerdatum van hierdie bevel is op twee geleenthede verleng. Intussen het die appellant desperate pogings aangewend

8

om finansiering te bekom om 'n finale sekwestrasiebevel af te weer.

Toe een van die appellant se skuldeisers verneem het dat daar vir 'n derde keer aansoek gedoen gaan word vir die verlenging van die keerdatum, het hy tussenbeide getree. Op sy aansoek is die vorige voorlopige sekwestrasiebevel opgehef en 'n nuwe een is op 5 Februarie 1987 uitgereik. Op 13 Februarie 1987 is 'n finale bevel toegestaan, die appellant se persoonlike verskyning voor die hof en sy pogings om dit af te weer ten spyt. Daar moet teen hierdie agtergrond na die bevindings van die hof a quo gekyk word.

Die hof a quo se bevinding dat die appellant art 137(a) van die Insolvensiewet oortree het, spruit voort uit die pogings wat die appellant aangewend het om finansiering te bekom om hom uit sy benarde posisie te probeer red. Luidens art 137(a) maak 'n persoon hom aan 'n misdryf skuldig as hy gedurende die sekwestrasie

9

van sy boedel krediet verkry vir 'n bedrag van meer as

twintig rand sonder om die kredietgewer van sy

insolvensie mee te deel, tensy hy kan bewys dat die

kredietgewer daarvan bewus was. Sekwestrasie van 'n

boedel sluit ook die tydperk van voorlopige sekwestrasie

in. In S v Clifford 1976(1) SA 695 (A) het CORBETT, AR,

die geleentheid gehad om die betekenis van die woorde

"obtains credit" (die Engelse ekwivalent van "krediet

verkry" in art 137(a)) te oorweeg. Met verwysing na

verskeie beslissings het hy tot die slotsom geraak (op

701C-E) dat:

"[I]n general, an insolvent 'obtains credit', within the meaning of these words in sec 137 (a) of the Insolvency Act, where he enters into a transaction with another person in terms whereof such other person entrusts the insolvent with his property upon an undertaking by the insolvent to pay or (in the case of a loan) repay a sum of money at some time substantially in the future. The concept underlying the section is that the other person would presumably not have parted with his property on those terms had he known of the insolvency. This is not intended to be a closely defined or an exhaustive

10

statement of the position. There may be other cases of obtaining credit which would not fall within its terms; but it is a sufficient statement for the purposes of this case."

Die feite wat op die eerste bevinding van die hof a quo

betrekking het, is die volgende. Ondanks die

kansellasie daarvan was Lamb blykbaar deurgaans bereid

om sy ooreenkoms met die appellant te laat herleef teen

betaling van R250 000 (synde die balans van die

oorspronklike koopsom nadat die R100 000 wat reeds

betaal en verbeur was, in verrekening gebring word).

Gesien wat hy as die ontwikkelingspotensiaal van die

eiendom beskou het, was die appellant van mening dat sy

finansiële uitkoms in die verkryging van die eiendom

geleë was. Die appellant het daarin geslaag om met ene

Hiten, wat blykbaar miljoene rande namens kliënte vir

belegging beskikbaar gehad het, in aanraking te kom.

In oorlegpleging met Hiten en ene Jansen, 'n

versekerings-beleggingsmakelaar in diens van Sanlam, is

11

daar besluit om die Suid-Afrikaanse Permanente Bouvereniging te Port Elizabeth ("die Perm") te nader met die voorstel dat 'n belegging van vyf miljoen rand by die Perm gereël sou word op voorwaarde dat die Perm 'n bedrag van R500 000 aan die appellant sou leen. Die appellant en Jansen het die voorstel aan ene Coetzee, 'n beleggingsadviseur by die Perm, voorgelê en met hom daaroor onderhandel. Dit was in die tweede helfte van Januarie 1987 toe die appellant se boedel reeds voorlopig gesekwestreer is.

Tydens die verrigtinge voor die hof a quo was daar aansienlike dispuut aangaande wat gesê is, en waarop ooreengekom is, tydens die onderhandelinge met Coetzee (kyk die uitspraak op 446D-448G). Nóg Coetzee nóg die appellant was in alle opsigte bevredigende getuies. Die hof a quo was op die ou end verplig om hom op die appellant se weergawe te verlaat en het die volgende feite aanvaar. Die naam van die eienaar van

12

die vyf miljoen rand is nie geopenbaar nie maar almal

het geweet dat dit nie die appellant se geld was nie.

Die belegger van die geld wou dit vir 'n tydperk van 37

maande belê teen 'n rentekoers van 13% per jaar. Beide

Hiten en Jansen het op kommissie op die belegging

aangedring. Die Perm se maksimum rentekoers was 12.75%

per jaar indien geen kommissie betaalbaar was nie, en

12.25% per jaar indien kommissie betaal moes word.

Daar is besluit dat aan die appellant 'n lening van

R500 000 toegestaan sou word. Die appellant het

onderneem om uit hierdie lening R40 000 kommissië aan

Hiten te betaal. (Jansen se kommissie van R10 000 sou

deur die Perm betaal word.) Ten einde die belegger 'n

effektiewe 13% per jaar rente op sy vyf miljoen rand te

gee, sou die appellant R180 000 by die Perm vir 37

maande belê. Die rente daarop sou nie aan hom betaal

word nie maar aan die belegger - dit was hierdie

bykomende rente wat die belegger se rentekoers sou

13

verhoog tot 13% per jaar. Van die oorblywende bedrag van R280 000 sou R250 000 gebruik gewees het vir die onmiddellike aankoop deur die appellant van Lamb se grond. As sekuriteit vir sy lening van R500 000 sou die appellant 'n verband oor die grond laat registreer ten gunste van die Perm en sou hy ook 'n assuransiepolis op sy lewe vir R500 000 uitneem wat hy aan die Perm sou sedeer. Ter nakoming van die ooreenkoms is twee tjeks vir 'n totale bedrag van R40 000 deur die Perm op 23 Januarie 1987 uitgereik - een vir R10 000 ten gunste van Hiten, en een vir R30 000 wat, op versoek van Hiten, aan ene Shepherd uitgemaak is.

Soos reeds gemeld, het die appellant onderneem om Hiten se kommissie te betaal. Die betalings van R10 000 en R30 000 deur die Perm aan Hiten en Shepherd onderskeidelik het namens die appellant geskied. Die appellant was vir die terugbetaling daarvan verantwoordelik en die bedrae sou mettertyd afgetrek

14

gewees het van die ooreengekome lening van R500 000. Die betalings het dus op 'n voorskot op die lening neergekom. As sodanig val hulle binne die bestek van die begrip "krediet verkry" volgens die betekenis daaraan toegeskryf in S v Clifford (supra). Dit is gevolglik nie nodig om te beslis of die blote aangaan van 'n leningsooreenkoms (alvorens enige bedrag daaronder uitbetaal of beskikbaar gestel is) op die verkryging van krediet neerkom nie. Dit sou minstens 'n poging daartoe wees.

Dit is gemene saak dat nóg die appellant, nóg Jansen namens hom, aan Coetzee meegedeel het dat sy (die appellant se) boedel voorlopig gesekwestreer was. Die appellant se getuienis dat hy geglo het dat Jansen vir Coetzee daaromtrent sou inlig, is onaanvaarbaar. Hy het geen redelike gronde gehad om te verwag of te glo dat Jansen dit sou doen nie. Dit was immers nie Jansen se plig om dit aan Coetzee oor te dra nie, en enige

15

sodanige mededeling sou nie vir die onderhandelinge bevorderlik gewees het nie. Daar kan ook aanvaar word dat Coetzee self nie daarvan geweet het nie. Daar is betoog dat luidens die getuienis ene Uren, wat toentertyd die bestuurder van díe Perm in Port Elizabeth was, wel oor daardie kennis beskik het, en dat die appellant hom daarop kan beroep. Dit blyk egter uit die getuienis dat Uren tydens die onderhandelinge met Coetzee met verlof was - hy het eers op 29 Januarie 1987 teruggekeer, op welke tydstip die appellant alreeds krediet verkry het. In iedere geval, op 'n behoorlike nagaan van Uren se getuienis is dit duidelik dat hoewel hy daarvan te hore gekom het dat daar sekwestrasie-- verrigtinge teen die appellant aanhangig gemaak is, hy nie oor die relevante tydperk daadwerklike kennis van die feit dat die appellant se boedel voorlopig gesekwestreer was, gedra het nie.

Bygevolg is die hof a quo se eerste bevinding

16

onaantasbaar.

Dit bring my dan by die tweede bevinding, dié

van statutêre meineed. Op 5 Februarie 1987 het die

appellant 'n beëdigde verklaring by die hof ingedien ter

bestryding van die aansoek om tussenbeide te tree.

Daarin het hy beweer dat hy "tans ten volle in staat is

om alle krediteure te betaal", en daarna voortgegaan:

"Ek bevestig dat ek finansiering bekom het deur bemiddeling van Mnr N Jansen, 'n verteenwoordiger by Sanlam, Port Elizabeth. Die finansiering is reeds goedgekeur en toegewys in 'n bedrag van R460 000,00. Die finale goedkeuring en toewysing het aan die einde van verlede week plaasgevind. Voor dit was daar in elk geval alle aanduidings dat dit gefinaliseer sou word binne 'n afsienbare tyd. Dit blyk dus dat ek al my krediteure ten volle sal kan betaal en dat dit tot hulle voordeel is dat die keerdatum verleng word en die aangeleentheid uitgestel word sodat die praktiese reëlings vir die betaling afgehandel kan word. Ek voorsien dat die administrasie betrokke hierby, met ander woorde die afhandeling van dokumentasie en alle rekeninge betrokke, ongeveer ' n week sal duur en dat finale reëlings vir betaling van krediteure binne die volgende week, of minstens binne die volgende twee weke afgehandel kan word."

17

Later het hy in sy eedsverklaring bygevoeg:

"Soos hierbo aangedui is ek nou in staat om die krediteure ten volle te betaal en sal die verlening van 'n finale sekwestrasie bevel hierdie poging verydel".

Na my mening kan daar nie die minste twyfel

bestaan nie dat toe hy hierdie bewerings gemaak het die

appellant van hulle valsheid bewus was. Op sy eie

weergawe moes R180 000 van die R460 000 herbelê word om

die effektiewe rentekoers op die belegging van vyf

miljoen rand tot 13% per jaar te verhoog. Daarbenewens

moes R250 000 vir die aankoop van Lamb se eiendom

aangewend word. Gevolglik was daar net R30 000

beskikbaar om sy skuldeisers mee te betaal. Ek is nie

van voorneme om volledig op die stand van die appellant

se skulde op daardie tydstip in te gaan nie. Hy het

tydens die verhoor onder kruisondervraging toegegee dat

sy opeisbare skuld minstens R250 000 beloop het.

Hiervan was meer as R100 000 aan Volkskas verskuldig op

18

oortrokke rekening. Die appellant het probeer voorgee dat hy 'n teeneis teen Volkskas vir R550 000 gehad het, waarvan R150 000 vir injuria was. Op die getuienis op rekord blyk hierdie teeneis heeltemal ongegrond te gewees het. Maar al word Volkskas se eis buite rekening gelaat, was die appellant nog nie naastenby in staat om sy skuldeisers te betaal nie. Die afleiding is onafwendbaar dat die appellant die hof doelbewus probeer mislei het aangaande sy vermoë om sy skuld te betaal.

Hierdie afleiding word gerugsteun deur die appellant se houding en getuienis tydens die verhoor. Gekonfronteer met die werklikheid het hy nogtans ontken dat hy die hof probeer mislei het. Hy het beweer dat sy beëdigde verklaring in der haas opgestel is en dat van die bewerings daarin gemaak "'n bietjie skeef gestel is", "nie elegant gestel [is] nie" of "sleg uitgedruk" is. Dit verduidelik egter nie die onomwonde valse

19

stelling dat R460 000 vir die betaling van sy skuldeisers beskikbaar was nie en dat hy almal ten volle kon betaal. Dat oorhaastigheid hom tot foute of verkeerde stellings in die verband gedwing het, gaan nie op nie. Hy het met dieselfde stellings yorendag gekom in antwoord op die respondent se navrae toe hy wat tyd betref nie onder druk was nie. Verder het hy op onoortuigende wyse probeer verduidelik dat hy reëlings met sy kleiner krediteure sou kon getref het, en gevolglik slegs in staat moes gewees het om die groter skuldeisers te bevredig. Hy sou kwansuis ook daarin kon geslaag het om sy karavaan te verkoop vir R10 000, en om R50 000 en R10 000 van onderskeidelik sy broer en ene Holtzhausen te leen. Hiervan is egter nie 'n woord gerep in sy beëdigde verklaring nie en word dit nie gerugsteun deur enige ander getuienis nie. Dat hy bloot net sou versuim het om hierdie belangrike feite te noem, soos hy voorgee die geval was, is absoluut

20

onoortuigend en onaanvaarbaar.

Bygevolg kan daar ook nie fout gevind word met die hof a quo se tweede bevinding nie.

Die feite waarop die derde bevinding steun

blyk uit die uitspraak op 449G-450A. Die klagtes wat

teen die appellant aanhangig gemaak is, sluit nie 'n

uitdruklike bewering in dat hy die hof op die keerdatum

van die voorlopige sekwestrasiebevel op 12 Februarie

1987 probeer mislei het nie, ofskoon daar in die

algemeen beweer is dat die appellant die geregtelike

proses misbruik het. Waar 'n prokureur deur 'n

Wetsgenootskap van wangedrag beskuldig word, moet die

besondere wandaad of wandade duidelik geformuleer en

omskryf word, en moet die ondersoek daartoe beperk word.

In dié verband het HORWITZ, R, met verwysing na sekere

vorige beslissings, hom soos volg uitgelaat in

Incorporated Law Society of the Oranqe Free state v H

1953(2) SA 263 (O) op 264H-265D:

21

"These cases enunciated and applied the principle that when a complaint of unprofessional conduct is brought by a Law Society against a practitioner, the 'charge' should be distinctly formulated and the inquiry should be restricted to the complaint so formulated. With respect, I do not think it was intended to lay down that in proceedings of the nature referred to the Law Society must necessarily state the complaint with the formality, in the precise legal terms and with the technical particularity of a criminal charge or indictment. The decisions cited were, rather, intended to lay down and enforce a practice whereby the specific act of misconduct complained of is set out clearly and distinctly so as to apprise a respondent of the precise ground of complaint against him, to limit and define the extent of the inquiry, to eliminate from the respondent's mind any reasonable doubt as to the nature and ambit of the case he is called upon to meet, and thus to afford him an opportunity of preparing and advancing any answer to, or explanation of, the conduct complained of without exposing him to surprise at the hearing or prejudice in the conduct of his defence. It would follow from this requirement that, when specific complaints of misconduct are made against a practitioner, the Court will not permit the inquiry to be extended so as to cover also other possible acts of misconduct incidentally disclosed by the evidence adduced in support of the specifically stated complaints but not separately and distinctly charged."

22

(Kyk ook Incorporated Law Society, Transvaal v Meyer and Another 1981(3)SA 962 (T) op 967D-H.)

Afgesien hiervan, kom die stelling in die uitspraak op 449H dat "By hierdie geleentheid het die respondent [tans appellant] beweer dat bo en behalwe die genoemde R460 000 hy ook met ene Van der Vywer gereël het vir ' n lening wat hom in staat sou stel om al sy krediteure te kon betaal" nie met die getuienis ooreen nie. Dit blyk uit die appellant se getuienis dat hy die Van der Vywer-lening nie as 'n bykomstige lening in die vooruitsig gestel het nie, maar wel een wat moontlik dié van die Perm sou vervang. Daar bestaan dus geen regverdiging vir die derde bevinding nie. Wat egter wel van belang is, is dat die appellant se gedrag op die keerdatum neergekom het op 'n volharding in, en voortsetting van, die misleidende en valse houding wat hy in sy beëdigde verklaring ingeneem het, nl, dat hy 'n

23

lening van R460 000 van die Perm (of 'n dergelike lening) kon bekom wat hom in staat sou stel om al sy skuldeisers te betaal. Op daardie tydstip moes dit, volgens Uren se getuienis, vir die appellant duidelik gewees het dat sy lening by die Perm deur die mat geval het, dog het hy hierdie inligting vir die hof verswyg. In soverre daar dus gesê kan word dat die hof a quo misgetas het, kan die mistasting nie as wesenlik beskou word nie. In iedere geval blyk dit duidelik uit die uitspraak (op 451E-F) dat dit die eerste twee bevindings was wat die hof a quo genoop het tot die besluit dat die appellant van die rol geskrap moes word.

Art 22(1)(d) van die Wet op Prokureurs (Wet 53 van 1979) bepaal dat 'n prokureur deur die hof binne wie se regsbevoegdheid hy praktiseer van die rol geskrap of in sy praktyk geskors kan word "indien hy, na goedvinde van die hof, nie 'n geskikte en gepaste persoon is om voort te gaan om as prokureur te

24

praktiseer nie". Die artikel verg dus 'n tweeledige

ondersoek. Eerstens moet daar besluit word oor die

geskiktheid en gepastheid al dan nie van die betrokke

prokureur om voort te gaan om te praktiseer, en daarna

moet beslis word, aan die hand van al die tersaaklike

feite en omstandighede, of die aangewese bevel een van

skrapping of skorsing is. By albei ondersoeke oefen die

hof 'n diskresie uit. Met sodanige diskresie-

uitoefening kan daar slegs op baie beperkte gronde

ingemeng word. Die toets wat toegepas en bevredig moet

word, voordat inmenging kan geskied, is:

"Can it be said in the present case that the Court a quo has exercised its discretion capriciously or upon a wrong principle, that it has not brought its unbiassed judgment to bear on the question or has not acted for substantial reasons?"

(Ex parte Neethlinq and Others 1951(4) SA 331 (A) op

335D-E; kyk ook Law Society of the Cape of Good Hope v

C 1986(1) SA 616 (A) op 637D-H).

25

Die redes wat die hof a quo laat bevind het dat die appellant nie 'n geskikte en 'n gepaste persoon is om voort te gaan om as prokureur te praktiseer nie, en dat hy van die rol geskrap moes word, blyk uit die uitspraak op 450C-451G. Oor die algemeen is dié redes relevant en oortuigend. Dit is wel so, soos namens die appellant betoog, dat die klagtes teen hom, en die hof a quo se bevindings, nie direk betrekking gehad het op sy professionele praktyk as sodanig nie in soverre hy nie benadelend teenoor kliënte opgetree het of geld uit sy praktyk gesteel het nie. Soos reeds gemeld, was die oorsprong van sy wandade die geldelike verknorsing waarin hy beland het. Hierdie faktore tesame met sy persoonlike omstandighede wek 'n mate van simpatie vir die appellant. Hy het hom egter skuldig gemaak aan twee ernstige vergrype wat op sy eerlikheid en integriteit reflekteer en afbreuk doen aan sy geskiktheid as prokureur. Die geordende regsberoep

26

verwag dat sy lede ten alle tye hoë standaarde van eerlikheid en integriteit sal handhaaf. Indien daar in dié opsig versuim word, sal openbare vertroue in die regsberoep en die regspleging ondermyn word. 'n Prokureur is ' n beampte van die hof. ' n Hoë premie word op sy eerlikheid geplaas. Dit is van belang dat 'n hof daarop kan staat maak en op sy woord kan peil trek (vgl Ex parte Caminsky 1958(3) SA 249(N) op 250F). Waar, soos in die geval van die appellant, 'n prokureur in hofverrigtinge statutêre meineed pleeg en die hof opsetlik mislei, moet sy optrede noodwendig in 'n ernstige lig beskou word. Die feit dat die appellant in sy opsetlik misleidende optrede volhard het, en dit selfs probeer regverdig het, vererger die situasie - vgl Olivier v Die Kaapse Balieraad 1972(3) SA 485 (A) op 500H-501A.

In die onderhawige geval bestaan daar geen grondslag vir inmenging met die uitoefening van die hof

27

a quo se diskresie nie. Bygevolg moet die appèl afgewys word.

Die volgende bevel word gemaak:

  1. Die aansoek om kondonasie word toegestaan. Die appellant moet die koste van die aansoek dra.

  2. Die appèl word afgewys met koste, insluitende die koste van twee advokate.

J W SMALBERGER APPèLREGTER

CORBETT, HR )

JOUBERT, AR )

VIVIER, AR ) stem saam

MILNE, AR )

▲ To the top