Van Niekerk en Genote Ingelyf v Administrateur van Transvaal (383/1991) [1993] ZASCA 168 (12 November 1993)


Saak No 383/91

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:-

J D VAN NIEKERK EN GENOTE INGELYF... APPLIKANT

en

DIE ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL RESPONDENT

CORAM: Corbett HR, Botha, Vivier, ARR, Nicholas et Harms Wn AR.

DATUM VAN VERHOOR: 10 September 1993 DATUM VAN UITSPRAAK: 12 November 1993

UITSPRAAK

CORBETT HR/

2

CORBETT HR:

Dit is 'n aansoek om hersiening, ingevolge reël 9 van die reëls van die Appèlafdeling, van die taksasie deur die takseermeester van applikant se kosterekening in die appèlsaak J D van Niekerk en Genote Ingelyf v Die Administrateur van Transvaal (saak no 141/1985) - hierna "die appèlsaak" genoem - wat in Augustus 1988 deur hierdie Hof aangehoor is. Die aansoek gaan oor gelde betaalbaar aan die advokate (senior en junior) wat namens applikant in die appèlsaak opgetree het. Hierdie advokaatsgelde beloop 'n totale bedrag van R229 615,000. Die takseermeester het die volgende gelde toegelaat: R40 000,00 vir die senior advokaat en R26 667,00 vir die junior advokaat (totale bedrag: R66 667). Hy het, m a w, die geëiste advokaatsgelde met R162 948,00 verminder. Dit word namens applikant aangevoer dat die takseermeester

3 sodoende klaarblyklik fouteer het en dat hierdie Hof dus geregtig is om die allocatur te hersien. Applikant doen aan die hand dat die bedrae van R40 000,00 en R26 667,00 deur die bedrae R88 000,00 en R58 000,00 onderskeidelik vervang behoort te word.

Die appélsaak het voorgespruit uit 'n geding waarin die applikant, 'n firma wat met regspersoonlikheid beklee is en wat as elektrotegniese raadgewende ingenieurs praktiseer, vergoeding vir professionele dienste ten bedrae van Rl 622 266,47 van die Wes-Randse Administrasieraad, as verweerder, geëis het. Mêt die aanvang van die verhoor (voor Van Dijkhorst R in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling) het dit geblyk dat die verweerder vervang is deur 'n nuwe statutêre liggaam met regspersoonlikheid, nl die Wes-Randse Ontwikkelings-raad, en 'n aansoek om die wysiging van die pleitstukke om laasgenoemde as verweerder te substitueer, is deur die Verhoorhof toegestaan.

4 Aan die einde van 'n ietwat langdurige verhoor het die Verhoorregter vonnis ten gunste van die applikant in die bedrag van R74 237,93 toegestaan. Beide die applikant en die destydse verweerder was ontevrede met hierdie uitspraak en, met die nodige verlof, is 'n appèl deur applikant en 'n teenappèl deur die verweerder aanhangig gemaak.

Terwyl die appèl en teenappèl nog hangend was, is die verweerder deur wetgewing (Wet 75 van 1986) afgeskaf en ingevolge daardie Wet en 'n kennisgewing wat kragtens artikel 3(2) daarvan gepubliseer is, is al sy bates, laste, regte en verpligtinge oorgedra aan en gevestig in die Administrateur van Transvaal. Hierdie verdere verwikkeling het tot gevolg gehad dat applikant 'n aansoek om die vervanging van die Administrateur as respondent in die appèl en appellant in die teenappèl moes loods. Hierdie aansoek is by die aanvang van die aanhoor van die appèl en die teenappèl gedoen en deur die

5 Appèlhof toegestaan. Die Administrateur het die aansoek nie bestry nie.

Hierdie Hof het die appèl gehandhaaf en die

teenappèl afgewys en beveel dat die respondent die koste

van beide (insluitende die koste van twee advokate) moes

betaal. 'n Bedrag van R718 89,53, met rente en koste,

is aan applikant toegeken. Applikant het mettertyd 'n

kosterekening aan die takseermeester vir taksasie

voorgelê. Tydens die taksasie het die partye se

prokureurs die takseermeester verwittig dat die fooie van

applikant se prokureurs, soos geëis, deur die respondent

aanvaar word en dat hy dus hierdie items nie hoef te

takseer nie. Hy is egter gevra om die uitgawes t o v

advokaatsgelde te takseer. Dit is ook namens applikant

toegegee dat sekere items (nos 44 tot 49) in die

kosterekening nie verhaalbaar is nie en dat hierdie items

wat met advokaatsgelde i v m die voorbereiding van die

appélstukke gehandel het (ten bedrae van R2 485,00),

6 derhalwe afgetakseer behoort te word. Die taksasie het toe voortgegaan, met die reeds vermelde uitslag.

Die advokaatsgelde word in 31 items van die kosterekening bevat. 'n Ontleding van hierdie items bring aan die lig -

  1. dat 12 daarvan (met 'n groottotaal van R48 400) betrekking het op die opstel van betoogshoofde deur die junior advokaat;

  2. dat 5 (groottotaal R5 640) betrekking het op die opstel van betoogshoofde deur die senior advokaat;

  3. dat 2 (totaal R75 000) betrekking het op "voorbereiding op appèl" deur die senior advokaat;


  1. dat 2 (totaal R50 000) betrekking het op "voorbereiding op appèl" deur die junior advokaat;

  2. dat 3 (totaal R30 000) betrekking het op

7 verskyning van die senior advokaat voor die Appèlhof tydens die aanhoor van die appèl wat vir drie dae geduur het; en

(f) dat 3 (totaal R16 600) betrekking het op die
junior advokaat se verskyningsfooie.

Die orige vier items bestaan uit (ek haal uit die kosterekening aan) :-

(g) "Foto afskrifte gemaak re junior advokaat
(junior advokaat berei afskrifte van
betoogshoofde voor na finalisering
daarvan) R115,00". (Item 61.)

(h) "Aansoek substitusie re junior advokaat (dit het te make met die aansoek om vervanging van die Wes Randse Administrasieraad met die Transvaalse Provinsiale Raad. Hierdie was 'n ingewikkelde aansoek wat deur die advokate han-

teer moes word.) R2 400,00". (Item

69.)

8

(i) "Nasien van betoogshoofde (vervanging van
party) re senior advokaat (dit het te make met
die betoogshoofde rondom die aansoek vir
vervanging. Weereens het die junior advokaat
die betoogshoofde opgestel en die senior
advokaat het dit nagesien.) R360,00".

(Item 71.) (j) "Hoofpunte van betoog (wysiging) re junior

advokaat (soos onder item 71) Rl 100,00".

(Item 72.)

Ter verduideliking van die advokaatsgelde t o v die opstel van die betoogshoofde in die appèlsaak verklaar die applikant (in sy skriftelike betoog ingevolge reël 9(3) voorgelê) dat "ten einde koste te bespaar" (in die omstandighede klink dit ietwat ironies) die junior advokaat die betoogshoofde opgestel het en dat die senior advokaat die hoofde slegs nagesien, aangevul

9 en reggestel het waar nodig. Dit word verder beklemtoon dat die appèloorkonde "uit meer as 6380 bladsye" bestaan het; dat om die betoogshoofde op te stel die junior advokaat die oorkonde moes deurlees, uittreksels maak, 'n nuwe lys van bewysstuknommers voorberei, respondent se betoogshoofde in die appèl en teenappèl deurgaan, die toepaslike reg nagaan, die betoogshoofde self opstel, en so meer; dat die betoogshoofde op die ou end 201 bladsye beslaan het; dat die junior advokaat 483 uur (volgens die kosterekening 484 uur) aan die opstel van die betoogshoofde spandeer het. Dit blyk uit die kosterekening dat die junior advokaat sy gelde in dié verband teen 'n koers van R100 per uur bereken het. Dit is nie duidelik hoe die senior advokaat se gelde met betrekking tot die betoogshoofde (ten bedrae van R5 640) bereken is nie.

Ten opsigte van die voorgaande wil ek die volgende feite noem:

10 (1) Die appèloorkonde beloop weliswaar 6380 bladsye maar die eerste 472 bladsye daarvan bevat pleitstukke, aansoeke om wysiging van die pleitstukke, en openingsredes deur die advokate; die volgende 2169 bladsye die mondelinge getuienis wat deur beide partye aangevoer is; die volgende 96 bladsye die Verhoorregter se uitspraak (61 bladsye), argument oor koste, uitspraak oor koste, ens; en die orige 3638 bladsye 'n groot aantal (ek het 485 getel) dokumentêre bewysstukke insluitende 'n aansoek deur verweerder om sy pleittukke te wysig met ondersteunende stukke (34 dokumente en 167 bladsye) . Dit is moeilik om te oordeel hoeveel van hierdie dokumentêre bewysstukke werklik by die appél ter sake was. Ek het na hierdie Hof se uitspraak (gelewer deur my ampsbroeder Botha) gekyk. Daarin word

11

verwys na "die geweldige massa dokumentêre

bewysstukke" en word gesê dat -

"...'n groot deel daarvan bestaan uit tekeninge, sketse, planne, berekeninge en so meer waarna dit nie nodig sal wees om te verwys nie. Aan die ander kant is daar 'n groot aantal dokumente wat van wesenlike en trouens deurslaggewende belang is in die beslegting van die belangrikste geskilpunte."

Die Hof het voorts na 'n stuk of 45 van hierdie dokumente verwys. (2) Beide die senior advokaat en die junior advokaat het namens die applikant by die verhoor opgetree. Hulle moes dus vertroud gewees het met die saak, d w s die geskilpunte, die breë strekking van die getuienis, die bewysstukke en die Verhoorhof se uitspraak toe hulle die betoogshoofde moes begin voorberei. (Vgl Scott and Another v Poupard and Another

12 1972 (1) SA 686 (A), op bl 690 H.)

(3) Die tersaaklike datums, wat tydsverloop betref,

is soos volg:

Laaste dag van die verhoor.... 11 Maart 1985

Uitspraak gelewer deur

Van Dïjkhorst R op 26 Maart 1985

Appèl aangeteken 24 April 1985

Teenappèl aangeteken op 6 Mei 1985

Oorkonde by Appèlhof

ingedien... 27 Oktober 1986

Appellant (applikant) se hoofde

ingedien 30 Oktober 1987

Respondent se hoofde

ingedien 26 Februarie 1988

Verhoor van appèl 15, 16, 17 Aug 1988.

(4) Applikant se betoogshoofde t o v die appèl

beslaan ongeveer 200 bladsye (insluitende

bronnelys en sekere aanhangsels) en t o v die

13 teenappèl 48 bladsye. Die respondent se betoogshoofde op die appèl en teenappèl het 210 bladsye beslaan. (5) Hierdie Hof se uitspraak beloop 187 bladsye.

Die eerste punt van kommentaar wat ek hieroor wil lewer is dat hierdie Hof in Ocean Commodities Inc and Others v Standard Bank of SA Ltd and Others 1984 (3) SA 15 (A) beslis het dat in die geval van advokaatsgelde t o v 'n appèl 'n afsonderlike fooi vir die opstel van betoogshoofde nie by taksasie toegelaat sal word nie. Die gevestigde praktyk is om een saamgestelde fooi te bepaal wat die opstel van betoogshoofde, voorbereiding en argumentering van die appèl insluit. (Reël 8A(ii) wat op 3 Julie 1992 in werking getree het, is nie in hierdie geval van toepassing nie.) Hoofregter Rabie wat die Hof se uitspraak gelewer het, stel dit soos volg (op bl 19 C-D en bl 2 E)

" Heads of argument are drawn when counsel

14

has done his research and prepared for the

appeal. They reflect the result of that research and preparation and, if counsel should thereafter, due to the lapse of time, regard it as necessary to consider them again, the extra work involved will normally not be so substantial as to warrant a separate fee. A Taxing Master could, of course, depending on the circumstances, and if persuaded that the extra work was such as to warrant his doing so, make allowance for that work when determining a composite fee for the

whole of the appeal. Heads of

argument, admittedly documents of great importance, have always been required by the Rules of this Court, but this fact has never been considered to be a sufficient reason for allowing a separate fee for the drawing thereof, and there is nothing in the present case which persuades me that such a fee should have been allowed by the Taxing Master."

Ons word nie tans gevra om van daardie gevestigde praktyk af te wyk nie.

15 Tweedens, meen ek dat die grootte van die fooi vir die opstel van betoogshoofde wat die junior advokaat in die saak gevra het, kommerwekkend is. Die fooi is natuurlik bereken op die grondslag dat hy 484 ure hieraan bestee het. Dit is, in al die omstandighede en die lengte van die oorkonde inaggenome, beswaarlik aanvaarbaar. Dit beteken dat die advokaat wat in die verhoor verskyn het, wat met alle aspekte yan die saak vertroud was en wat by die opstel van 'n betoog aan die Verhoorregter betrokke moes gewees het, vir meer as 60 dae (8 uur per dag) moes gewerk het om dié taak te verrig. Ek vind dit uiters vergesog. In elk geval meen ek dat die wyse waarop die fooi bereken is, nl soveel per uur, onvanpas is by die vasstelling van advokaatsgelde vir dienste van hierdie aard. Dit stel 'n premie op stadige en ondoeltreffende werk; en dit het tot gevolg dat 'n fooi gevra word wat geheel en al buite verhouding is met die waarde van die dienste wat

16 inderdaad gelewer word. Ek meld dit alles in die verbygaan want die applikant het nie aangevoer dat die takseermeester 'n aparte fooi vir die opstel van betoogshoofde moes toegelaat het of dat hierdie fooi in sy geheel op taksasie verhaalbaar is nie; maar ek meen dat dit nodig is dat hierdie Hof sy afkeuring van sodanige buitensporige fooie uitspreek.

Die kritiek wat ek teen die junior advokaat se fooi vir die opstel van die betoogshoofde gerig het, geld ook vir die fooie wat beide advokate vir "voorbereiding op appèl" gevra het: R75 000 deur die senior advokaat en R50 000 deur die junior. Hierdie is ook, m i, buitensporig, ondanks die feit dat daar 'n aansienlike tydsverloop (9½ maande) tussen die opstel van die betoogshoofde en die aanhoor van die appèl was. (Vgl die Ocean Commodities-saak, op bl 19 E-H). In applikant se skriftelike betoog (ingevolge reël 9(3) ) word beweer dat die advokate 34 dae (d w s 272 uur) aan hierdie

17 voorbereiding spandeer het. Maar soos Jansen AR in Scott and Another v Poupard and Another, supra, opgemerk het (op bl 690 C-D) -

"Although not wholly irrelevant to the guestion of complexity and bulk, the time actually spent in preparation of an appeal cannot be a decisive criterion for determining the reasonableness, between party and party, of a fee for that work, and thus displace an objective assessment of the features of the case."

Voor ons het applikant se advokaat ha items 74 tot 83 in die kosterekening verwys. Die tersaaklike gedeelte van die kosterekening bevat die volgende:




18

Item No

Beskrywing

Uitgawes geëis

Bedrag afgetakseer

74

Voorbereiding op appêl (12/7/88 -31/7/88) re senior advokaat

R37 500

R37 500

75

Voorbereiding op appêl (12/7/88-31/7/88) re junior advokaat

25 000

R25 000

76

Voorbereiding van appêl (1/8 - 14/8/88) re senior advokaat

37 500

R -

77

voortsetting voorbereiding (1/8 - 14/8/88) appêl re junior advokaat

25 000

R -

78

Appèl 1ste dag re senior advokaat

15 000

R12 500

79

Appèl 1ste dag re junior advokaat

R6 600

R4 933

80

0p appèl - 2de dag re senior advokaat

R7 500

R7 500

81

Appèl re 2de dag junior advokaat

R5 000

R5 000

82

Op appèl 3de dag re junior advokaat

R7 500

R7 500

83

Appèl re 3de dag junior advokaat

R5 000

R5 000


Dit is aan die hand ged

oen dat volgens die

koster

ekening die takseermeester R37

500 in die

geval van

die

senior advokaat en R25 000 in

die geval

van die


19

junior advokaat vir 14 dae se voorbereiding toegelaat

het; dat hy 'n globale bedrag van slegs R40 000 in die

geval van die senior advokaat en R26 667 in die geval van

die junior advokaat toegelaat het; dat hy derhalwe slegs

R2 500 vir die senior advokaat (en Rl 1667 vir die junior

advokaat) t o v drie dae se verskyning voor hierdie Hof

toegelaat het; en dat dit klaarblyklik foutief was.

Hierdie argument het niks om die lyf nie. Wat die

takseermeester klaarblyklik gedoen het is om globale

bedrae van R40 000 vir die senior advokaat en R26 667 vir

die junior advokaat as redelike fooie vir die hantering

van die appèl (insluitende betoogshoofde, voorbereiding

en argumentering voor die Hof) vas te stel; en

geriefshalwe het hy hierdie globale bedrae teen items 76,

77, 78 en 79 toegelaat en al die ander items afgetakseer.

Dit word deur die takseermeester self in paragraaf 29 van

sy skriftelike verslag beaam.

Met die takseermeester se besluit om globale

20

bedrae t o v senior en junior advokaatsgelde toe te laat kan daar geen fout gevind word nie. Trouens, soos ek alreeds aangedui het, dit is die geykte en goedgekeurde praktyk. Die enigste tersaaklike vraag is dus of die bedrae wat hy vasgestel het so laag is dat gesê kan word dat hy klaarblyklik fouteer het (sien die Ocean Commodities-saak, supra, op bl 171 - 18G). Ek is hoegenaamd nie oortuig dat dit die geval is nie.

Die takseermeester het by sy verslag 'n skedule aangeheg wat 'n opsomming weergee van al die advokaatsgelde t o v appelle wat gedurende die jare 1989 en 1990 deur hom getakseer en toegelaat is. Dit blyk uit hierdie dokument dat die gelde wat t o v 'n senior advokaat in 'n appêl wat een dag geduur het toegelaat is, tussen ongeveer R4 000 en R12 000 wissel; en dat 'n fooi van twee-derdes daarvan gewoonlik aan die junior advokaat toegelaat is. Daar is twee gevalle waar die appêl meer as een dag in beslag geneem het. In die een geval (twee

21 hofdae) is 'n totale bedrag van R52 676 gevra en R22 000 toegelaat (R13 200 vir die senior advokaat en R8 800 vir die junior advokaat). In die ander geval (drie hofdae) is R89 550 gevra en R50 000 toegelaat (R30 000 vir die senior advokaat en R20 000 vir die junior advokaat). In sy verslag verwys die takseermeester na laasgenoemde saak (White Rocks Farm (Pty) Ltd and 3 Others v The Minister of Community Development) en beweer (m i tereg) dat dit vergelykbaar is met die onderhawige saak. Dit was 'n onteieningsaak met 'n oorkonde wat bestaan het uit 4 800 bladsye (60 bundels); die appèl is slegs 'n week na die appèl ih die onderhawige saak aangehoor; die appellant se betoogshoofde het 169 bladsye beslaan en respondent s'n 184 bladsye; die advokate wat die appèl hanteer het, het ook in die verhoor opgetree; en die Appèlhof se uitspraak het 210 bladsye beloop.

Ek wil dit geredelik toegee dat by bepaling van wat 'n redelike fooi is vir die dienste van 'n advokaat

22

op appèl (soos by enige ander taksasie van gelde) tred gehou moet word met inflasie; dat 'n uitermatige verskil tussen wat as gangbare fooie deur die professie beskou word en wat deur die takseermeester op taksasie toegelaat word, onwenslik en onbillik is en sover moontlik vermy moet word; en dat, hoewel elke saak na gelang van sy eie feite en omstandighede beoordeel moet word, daar sekere norme is waaraan advokaatsgelde en die taksasie daarvan moet voldoen.

In al die omstandighede van hierdie saak is ek van mening dat die aanval teen die taksasie van advokaatsgelde, wat dié appèl betref, moet misluk.

Applikant het ook beswaar gemaak teen die taksasie van items 61, 69, 71 en 72. Die beswaar i v m item 61 is (tereg) nie verder gevoer nie. Items 69,70 en 71 het te make met die aansoek vir die substitusie van die Administrateur van Transvaal as respondent, waarna ek reeds verwys het. Onder item 69 is 'n fooi van R2 400

23

gevra vir die opstel van die aansoek deur die junior advokaat. Die takseermeester het 'n fooi yan R600. toegelaat weens 'n bevinding dat die prokureur self die aansoek kon opgestel het. Ek het na hierdie stukke gekyk. Hoewel die aansoek as "ingewikkeld" in item 69 beskryf word, kom dit vir my as 'n doodeenvoudige aangeleentheid voor en is daar, m i, geen fout met die takseermeester se bevinding te vind nie. Voor ons het appellant se advokaat op die ou end toegegee dat hierdie beswaar, asook die besware t o v items 71 en 72, ongegrond was.

Die aansoek om hersiening word met koste afgewys.

M M CORBETT

BOTHA AR)

VIVIER AR) STEM SAAM

NICHOLAS Wn AR)

HARMS Wn AR)

▲ To the top