S v Francis (719/1991) [1993] ZASCA 17 (5 March 1993)


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

CYRIL FRANCIS Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: HOEXTER, VIVIER et EKSTEEN, ARR

Verhoor: 19 Februarie 1993

Gelewer: 5 Maart 1993

UITSPRAAK

EKSTEEN, AR :

Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling deur Lategan R en twee assessore aan mense-roof, roof, huisbraak met die opset om te roof en roof, en aan moord skuldig bevind. Al hierdie misdade is op 22 September 1990 te Manenberg in die distrik Wyn-berg gepleeg. Op elk van die eerste drie aanklagte is hy tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die vierde aanklag, nl dié van moord, is hy ter dood veroordeel. Die huidige appèl is slegs teen die vonnis op laasgenoemde aanklag gerig.

Die appellant se kennisgewing van appèl is buite tyd geliasseer, en 'n substantiewe aansoek om kondonasie is by hierdie Hof ingedien. Dit word nie deur die respondent bestry nie, en daar skyn

......./2

2

geen rede te wees waarom dit nie toegestaan sal word nie. Sodanige kondonasie word bygevolg ver-leen.

Appellant is in die hof a quo saam met twee medebeskuldigdes - Alie Adams en Marius John-son aangekla. Volgens Adams se getuienis het hy en Johnson ongeveer nege-uur die aand van 22 Sep-tember 'n kar gesoek om goedere wat hulle reeds gesteel het, in Wynberg te gaan haal. Hulle het appellant in dié verband genader. Hy het voor-gestel dat hulle sy pa se kar in Surrey Estate moes gaan leen. So het dit gekom dat die drie kornuite saam in 'n straat in Manenberg gestap het, juis net toe mnr Noël Lancelot Stanton ("die

....../3

3

oorledene"), 'n Rooms-Katolieke priester, met sy motor by sy pastorie opdaag en voor sy motorhuis stilhou. Die pastorie is vlak langs die kerk geleë. Toe appellant die motor daar sien stil-hou, sê hy vir sy makkers "Ouens, dié is onse laaste kans. Maak julle harte sterk.", en met dié loop al drie van hulle na die oorledene. Ap-pellant het die oorledene dadelik vasgegryp, sy motorsleutels van hom geneem, en sy polshorlosie van sy arm afgeruk. Adams en Johnson het die oor-ledene by die agterdeur van die motor ingefor-seer en weerskante van hom op die agterste sit-plek gaan sit. Appellant het agter die stuur-wiel ingeskuif en met die oorledene weggery.

...../4

4

Na hulle 'n entjie gery het, het appel-lant die oorledene gevra waar hy sy geld bêre. Aanvanklik wou die oorledene nie antwoord nie, maar nadat appellant hom 'n paar keer in die gesig geslaan het, het die oorledene beduie waar hy sy geld in die pastorie hou. Hulle is terug na die pastorie. Die buitedeur se sleutel was aan die bossie met die motorsleutel, en hier-mee het appellant die deur oopgesluit en toegang gekry tot die huis. Adams en Johnson is metter-tyd een-een agterna saam met die oorledene. Daar het hulle geld gesteel asook heelwat goed wat aan die oorledene behoort het - oa 'n video-kassetspeler en 12 vadeokassette. Al hierdie

....../5

5

goed is in die motor gelaai. Weereens is die oorledene agter in die motor gedwing en daar is met hom weggery na 'n blok woonstelle in Manen-berg. Appellant en Johnson het die gesteelde goed in appellant se suster se woonstel gaan neersit. . Hulle het toe verder met die oorlede-ne gery na 'n afgeleë plek tussen bome.

Daar het hulle die oorledene se skoene, sy broek, sy trui en sy hemp uitgetrek sodat hy net in sy sokkies, sy onderbroek en sy frokkie gelaat is. Sy hande is so vasgemaak dat die een hand agter sy rug en die ander hand voor sy bors vasgetrek is. Die oorledene het 'n orna-mentele kruis of 'n medaljon (die getuienis is

.... / 6

6

nie eenstemmig hieroor nie) aan 'n ketting om sy nek gedra. Dit het appellant afgeruk en dit in sy sak gesteek. Appellant het hierna sy eie lyfband en dié van die oorledene geneem, hulle aanmekaar vasgemaak en om die oorledene se nek gedraai. Hy en Adams het elk 'n punt van hierdie ligatuur geneem en dit styf getrek in 'n poging om die oorledene te verwurg. Hierdie poging het egter nie geslaag nie. Daarna is sneesdoekies in oorledene se mond gedruk en sy trui is om sy kop en oor sy gesig gewikkel so-dat hy nie kon sien wat om hom aangaan nie. Adams en appellant het hom toe tussen die bome ingeneem waar hy beveel is om op die grond te

....../ 7

7

gaan lê. Terwyl hy so gelê het, het appellant 'n betonblok wat daar naby gelê het, en wat sowat 20 kg geweeg het, opgetel en dit op die oorlede-ne se kop laat val. Die betonblok is weereens opgetel en weer op die oorledene laat val - hier-die keer op sy bors. Die appellant het in sy getuienis voor die verhoorhof beweer dat dit Adams was wat hierdie tweede aanwending van ge-weld gepleeg het, maar Adams sê dat dit die ap-pellant was. Die verhoorhof kon geen bevinding oor hierdie geskilpunte bo redelike twyfel uit-bring nie. Om die minste daarvan te sê, en selfs al sou Adams die tweede hou toegedien het, dan was appellant 'n mededader en het hy klaarblyklik

.... / 8

8

'n gemeenskaplike oogmerk met Adams gehad om die oorlédene om die lewe te bring. Dit het die verhoorhof dan ook bevind. Die geweld teen die kop het twee skedelbreuke tot gevolg gehad wat kneusing van die frontale lobbe van die brein met sub-durale en sub-arachnoidale bloeding ver-oorsaak het. Die hou op die bors het die sesde, sewende en agste ribbes aan die regterkant, en die sesde tot die tiende ribbes aan die linker-kant gebreek. Al hierdie beserings het die oorledene se asemhaling belemmer en sy dood tot gevolg gehad. Sy aanvallers het daarna met die gesteelde motor in Manenberg rondgery, by ver-skeie plekke aangedoen, en teen dagbreek die

......./9

9

motor langs die straat gelos.

Die verhoorhof het bevind dat die appel-lant die oorledene met direkte opset gedood het omdat die oorledene verdoemende getuienis teen sy aanvallers sou konaflê wat nie slegs hulle identiteite sou onthul nie maar ook waar hulle hul buit heen geneem het.

Na skuldigbevinding is mej Meyer, 'n kliniese sielkundige, geroep om ter versagting van vonnis te getuig. Sy het by twee geleent-hede onderhoude met die appellant gevoer, en ook gesprekke met van sy familiebetrekkinge en ken-nisse gehad. Psigometriese toetse is ook op die appellant uitgevoer. Ek is nie van voor-

......./ 10

10

neme om breedvoerig op mej Meyer se getuienis in te gaan nie, maar sal later in hierdie uit-spraak na tersaaklike dele daarvan verwys.

Nog 'n kliniese sielkundige, mnr Lay, is deur die respondent geroep. Sy getuienis was in 'n groot mate 'n kommentaar op mej Meyer s'n, en hy het in sekere opsigte van haar ver-skil.

Adjudant-offisier van Heerden, die een-heidsbevelvoerder van die speurafdeling by die Manenberg polisie-stasie het kortliks getuig van die ontsteltenis en verontwaardiging wat onder die gemeenskap van Manenberg geheers het toe die nuus van die moord op die oorledene

....../ 11

11

rugbaar geword het. Die oorledene was blykbaar 'n gerespekteerde en gewilde man onder alle dele van die gemeenskap gewees. Die gemeenskap was geskok en seergemaak. 'n Gespanne toestand het geheers en na inhegtenisname het adjudant van Heerden gevrees dat bendes in die gebied familie-lede van die beskuldigdes kon aanval.

Die verhoorhof het sekere versagtende faktore gevind - hoofsaaklik uit hoofde van mej Meyer se getuienis - maar het tot die gevolg-trekking gekom dat die verswarende faktore hulle so ver oorskadu het dat die doodvonnis die enig-ste gepaste vonnis was.

Die eerste versagtende faktor wat die

.... / 12

12

hof in aanmerking geneem het was die bevinding van mej Meyer dat die appellant "as 'n minder-bevoorregte kind met 'n gewelddadige vader opge-groei het wat nie die nodige leiding in die vorming van (sy) persoonlikheid aan (hom) gegee het om volwassenheid te bereik nie." Mej Meyer het egter ook getuig dat die appellant '"n rede-like goeie verhouding" met sy moeder gehad het, en dat hy op tienjarige ouderdom by sy ouer sus-ter, mev Cole, met wie hy 'n baie hegte verhou-ding gehad het, gaan woon het, en haar feitlik as sy ma beskou het. In die lig hiervan kan die feit dat hy in 'n minder-bevoorregte samele-wing grootgeword het, en die gewelddadigheid

....../ 13

13

van sy vader kwalik as 'n versagtende faktor ge-

sien word.

Tweedens bevind die hof dat die appel-

lant volgens mej Meyer -

"van subnormale intelligensie is en net tot standerd een gevorder het. Dit is dus vir ons duidelik dat jou intellektuele vermoë inderdaad nie van veel omvang is nie."

Mej Meyer het bevind dat op grond van

die Suid-Afrikaanse Wechler volwasse skaal in-

telligensietoets wat sy afgeneem het die appel-

lant 'n "verbale IK" van 70 gehad het en 'n "prak-

tiese of nie-verbale IK" van 84 wat haar dan

'n totale IK van 77 gegee het. 'n Telling van

tussen 65 en 80, sê sy, word as "grensgraad ver-

...../ 14

14

traag of sub-normaal" beskou. Mnr Lay getuig

egter dat, op grond van die toetse wat mej Meyer

gedoen het, hy dle IK van die appellant op tussen

80 en 90 sou gestel het, en dit sou hy beskryf

as -

"The upper limits of the borderline range of intellectual functioning."

en kan dit, syns insiens, geen rol speel by die

oorweging van hierdie saak nie. Hy voeg dan

by dat daar baie mense is met 'n lae IK wat ver-

antwoordelike betrekkinge beklee, gesinsverant-

woordelikhede dra, en in alle opsigte as volwas-

senes in 'n oop gemeenskap optree.

Uit die getuienis van die appellant en

... / 15

15

sy medebeskuldigdes voor die verhoorhof blyk dit dat die appellant van die begin tot die einde van die gebeure van 22 September die voórtou geneem het. Die doelbewuste planmatigheid van sy optrede dié aand, en die wyse waarop hy daarna in sy verklarings aan die landdros en aan die polisie, en in sy ge-tuienis voor die verhoorhof gepoog het om sy aanda-digheid aan die dood van die oorledene aanvanklik te ontken, en later sover as moontlik af te water sonder om te veel van sy geloofwaardigheid in te boet, getuig mi geensins van n sub-normale intel-ligensie nie. Na my mening kan die graad van sy intellektuele vermoë ook kwalik veel gewig dra as 'n versagtende faktor.

..../ 16

16

Derdens bevind die verhoorhof dat die

appellant onder die invloed van dagga was toe

hy die moord gepleeg het. Die hof het bevind -

" ... dat jy in die bos by die motor nog steeds tekens getoon het dat jy onder die invloed van dagga was. Ons is ook gedwing om te bevind dat daar nie duidelike getuie-nis is wat aandui dat die invloed van dag-ga jou egter tot buitengewone optrede be-invloed het nie. Ons aanvaar egter dat die mate waartoe jy deur die dagga beinvloed was tog 'n rol in jou optrede gespeel het toe jy die man vermoor het deurdat jy nie in staat was om helder te dink nie."

Hierdie bevindinge berus feitlik ge-

heel en al op die getuienis van die drie beskul-

digdes, en aldrie van hulle is bevind onbetrou-

bare getuies te wees. ' By blote deurlêes van

hulle getuienis op die oorkonde bevestig hierdie

...... / 17

17

bevinding. Dit is veral op hierdie aspek van die getuienis rakende hul dwelmgebruik dat 'n mens on-derlinge weersprekings van mekaar vind. Om slegs enkele voorbeelde te noem,kan verwys word na die getuienis van beide Adams en Johnson dat die drie van hulle twee "pype" Mandrax en dagga gerook het voordat hulle die oorledene ontmoet het. Appellant sê egter dat hulle ses of sewe "pype" gerook het. Appellant beweer in sy getuienis dat hulle nog ses "pype" Mandrax en dagga gerook het in die kar net voordat hulle die oorledene doodgemaak het. Johnson sê dat hulle eers nadat die oorledene doodgemaak is in die kar gerook het, en nie voor die tyd nie. Mej

....../18

18

Meyer getuig ook dat volgens die inligting wat die appellant aan haar verstrek het, het hulle nie kort voor die voorval gerook nie. In sy getuienis erken die appellant dat hy in 'n ver-klaring aan die landdros en aan luitenant Smith leuens vertel het, en dat getuienis wat hy in 'n borgaansoek afgelê het in verskeie opsigte nie die waarheid was nie. Daar kan dus klaar-blyklik geen peil getrek word op appellant se getuienis nie en die verhoorhof was na my mening ten volle geregverdig om dit te verwerp. Maar selfs al sou daar aanvaar word dat die appel-lant wel dwelms gebruik het die dag, dan wil dit voorkom dat dit hom nie tot enige noemens-

......./ 19

19

waardige graad aangetas het nie. Die planma-tigheid van sy optrede dié aand, en sy vermoë om dit daarna in sy getuienis in soveel besonder-hede te weergee, dui sterk op so 'n afleiding. Die verhoorhof se bevinding dat die appellant, as gevolg van sy dwelmgebruik 'nie in staat was om helder te dink nie" toe hy die oorledene ver-moor het, kom my voor te sterk gestel te wees op al die getuienis.

Laastens het die verhoorhof die gevolg-trekking waartoe mej Meyer as gevolg van haar toetse op die appellant gekom het dat daar geen teken van aggressie by hom te bespeur was nie, as 'n versagtende faktor aangemerk. Die verhoor-

......./ 20

20

regter voeg egter by dat dit maar "'n karige" toets was wat tot hierdie konklusie aanléiding gegee het.

Benewens die faktore hierbo genoem,het mev Brits namens die appellant aangevoer dat die appellant slegs 23 jaar oud was ten tyde van die pleging van die misdaad, en dat dit en die feit dat sy vorige vêroordelings geen geweldmisdade insluit nie, ook as versagtende faktore gesien moet word. Laasgenoemde kan wel ter oorweging geneem word, maar wat sy ouderdom betref meen ek nie dat dit enige gewig kan dra nie. Hy kan kwalik as 'n jeugdige gesien word en die lei-dende rol wat hy dié aand deurgaans gespeel het,

.... / 21

21

tesame met die planmatigheid van sy optrede, loën enige suggestie dat hy deur sy makkers be-ïnvloed is of in jeugdige onbesonnenheid gehan-del het.

Die verswarende faktore in hierdie saak is oorweldigend. Die verhoorhof het gevind dat die appellant die direkte opset ge-had het om die oorledene dood te maak, en hier-die bevinding kan kwalik betwyfel word. Die enigste redelike afleiding op die getuienis is dat die oorledene doodgemaak is in 'n poging om die identiteit van diegene wat hom ontvoer en beroof het te verberg en sodoende te verhoed dat hulle aan die gereg uitgeken sou word. Die

..... / 22

22

oorledene het voldoende tyd gehad beide in die mo-

tor en by sy pastorie om sy aanvallers waar te neem

sodat hy hulle later sou kon uitken. Hy het ook

geweet waar hulle die gesteelde goed heen geneem het.

Die mishandeling en vernedering van die oorledene

het oor etlike ure gestrek, en kon hy gedurende daar-

die tyd vertroud geraak het met die voorkoms van sy

ontvoerders. Dit is voorts opvallend dat hy op

geen stadium hom teen sy aanvallers verset het of

die geringste provokasie aan hulle gebied het nie.

Toe hulle daarop aangedring het dat hy hulle moes

sê waar sy geld gebêre was, het hy dit gedoen.

Hy het die sleutels van sy pastorie aan hulle

gegee om daar in te gaan. Selfs toe hulle hom

uiteindelik geblinddoek in die bos ge-

......./ 23

23

lei het, en hom beveel het om te gaan lê, het hy dit gedoen.

Die appellant het in sy getuienis aan-gevoer dat hy nie geweet het dat die oorledene 'n priester was nie - met dié implikasie dat hy nie so teen hom sou opgetree het as hy dit ge-weet het nie. Weereens kan hierdie suggestie nie opgaan nie. Dit moes vir appellant duide-lik gewees het dat die oorledene alleen gewoon het in die huis wat - op die foto's voor die hof - vlak by die kerk geleë was met geen af-skorting tussen die twee geboue nie. As 'n mens voorts kyk na die foto's van die binnekant van die huis met die boeke, die ikone en die kruise

..../ 24

24

teen die muur, en die foto's van kerklike aan-geleenthede in die kamer, moes die aanduidings dat hierdie man 'n priester was baie sterk na vore gekom het. Maar selfs al sou die appellant nie geweet het dat sy slagoffer 'n priester was nie, kan dit kwalik enigsins afdoen aan die weer-sinwekkendheid van sy optrede. 'n Ingetoë sag-moedige man is, sonder enige provokasie of aanleiding, deur hierdie drie booswigte vlak-by sy huis aangeval en van sy motor en sy pols-horlosie beroof. Daarna is hy ontvoer, beledig en aangerand. By sy huis is ingebreek en sy goed geplunder terwyl hy gedwonge moes toekyk. Weereens is hy ontvoer en tussen die bome aan

......./ 25

25

die vernedering onderwerp om van sy skoene en klere beroof te word, en sy arms en hande vas-gebind te word. Selfs toe hy so hulpeloos voor hulle gestaan het, het sy gevoellose ontvoerders hom die verdere leed aangedoen om die kruis of medaljon wat hy om sy nek gedra het, en waar-aan hy in alle waarskynlikheid waarde geheg het, af te ruk en dit vir hulle toe te eien. Hier-na is hy met sy eie lyfband verwurg en, nadat hy dit oorleef het, is papier in sy mond gestop en word hy met sy eie trui geblinddoek en weg-gelei. Hy is op die grond laat lê en terwyl hy nie kon sien vanwaar enige aanval op hom ge-loods sou word nie, is hy genadeloos vermoor.

......./ 26

26

Hierdie optrede is so barbaars en weersinwekkend, en so verswarend by die oorweging van 'n gepaste

vonnis, dat dit alles wat as versagtend beskou kan word oorheers.

Mev Brits het aangevoer dat die appel-lant, deur in die hof sy aandadigheid aan die reeks misdade te erken, sy berou oor die gebeure getoon het, en dat dit hom ter versagting ge-reken moet word. Ek kan nie saamstem nie. Nêrens in sy getuienis toon hy enige sweem van berou nie. Trouens na sy inhegtenisname het hy leuens vertel aan die landdros en sy aanda-digheid aan die moord geheel en al ontken. Later in 'n verklaring aan luitenant Smith het

..../ 27

27

hy erken dat hy bewus was van die finale aan-randing op die oorledene, maar die skuld daar-voor op Adams gepak. Dit toon geen berou vir sy dade nie. Mej Meyer het getuig dat in haar onderhoude met appellant sy 'n "gevoel" gekry het van n "algehele ongelukkigheid" by hom, en dat "na vele aanmoediging van my kant" het hy uit-eindelik sy spyt uitgespreek oor wat gebeur het. In kruisverhoor is sy gevra of appellant nie eintlik spyt was "oor die posisie waarin hy hom nou bevind" nie. Hierop kon sy geen hoorbare antwoord gee nie, maar in antwoord op 'n vraag van die verhoorregter of appellant "ooit enige jammerte uitgespreek het oor die persoon wat hy

....../ 28

28

doodgemaak het" het sy geantwoord -

"Nee, hy het geensins verwys na die persoon nie." Daar is dus mi geen aanduiding op die getuienis dat die appellant ooit werklik berou getoon het vir sy dade nie, of vir sy gevoellose optrede teenoor die oorledene nie. In die ure-lange mishandeling en treitering van die oorledene het appellant ook geen sweem van medelye met sy slag-offer getoon nie, maar met sy hardvogtigheid voortgegaan tot die einde toe.

Die uiteindelike vraag bly dan of hier-die Hof van mening is dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis in al die omstandighede is. By oorweging van hierdie vraag moet nie

....../ 29

29

slegs die versagtende en verswarende faktore hierbo genoem, in aanmerking geneem word nie, maar moet hulle gesien word in die lig van die hoofoogmerke van straftoemeting, nl vergelding, voorkoming en hervorming. In 'n geval soos hierdie moet die gemeenskapsbelang sterk na vore kom en sal die voorkomende en vergeldende oog-merke van straftoemeting die hervormingsaspek totaal oorheers. Mev Brits het ook aan die hand gegee dat Johnson, en veral Adams, saam met die ap-pellant, en met 'n gemeenskaplike oogmerk om die oorledene dood te maak, opgetree het, en dat dit derhalwe onbillik was om appellant die doodvonnis

......./ 30

30

op te lê terwyl hulle wat ewe skuldig aan sy dood was, 'n mindere vonnis opgelê is. Wat ook al die meriete van die submissie dat aldrie ewe skuldig aan die moord op die oorledene was en te lig daar-van afgekom het, is dit nogtans slegs die appel-lant wat op appèl voor ons is en is ons geroepe die gepastheid van sy vonnis te oorweeg. Dit moet ook in gedagte gehou word dat die verhoorhof, mi tereg, bevind het dat die appellant van meet af daardie aand die aanstigter van die aanval op die oorledene was en die leidende rol in al die gebeure geneem het. Selfs by die uiteindelike moord op die oorledene was appellant die onbetwis-de leier van die groep. Hy het al die besluite

......../ 31

31

geneem en die ander twee het slegs meegedoen.

By oorweging van al hierdie omstandig-hede is ek van mening dat hierdie moord so af-gryslik is en so verderflik vir die gemeenskap, dat dit as een van daardie uiterste gevalle ge-sien moet word waar die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.

Bygevolg word die appèl afgewys.

J.P.G. EKSTEEN, AR

HOEXTER, AR )

stem saam VIVIER, AR )

▲ To the top