S v Jordaan (307/1992) [1993] ZASCA 184 (29 November 1993)


Saak no 307/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

RAYMOND JORDAAN Eerste Appellant

SELWYN SAAYMAN Tweede Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: VAN HEERDEN, EKSTEEN et VAN DEN HEEVER, ARR

Verhoor: 12 November 1993

Gelewer: 29 November 1993

U I T S P R A A K EKSTEEN, AR :

Ses beskuldigdes het gedurende Julie 1987 voor die Kaapse Hooggeregshof tereggestaan op 'n aan-klag van moord. Aan die einde van die verhoor is twee van die ses onskuldig bevind en ontslaan. Die hof kon geen versagtende omstandighede ten opsigte van die oorblywende vier vind nie en hulle is gevolg-lik al vier ter dood veroordeel.

Op 27 Julie 1990 het die Strafwysigings-wet no 107 van 1990 in werking getree, en gevolg]ik is die gevalle van al vier die ter dood veroordeel-des na die paneel wat ingevolge artikel 19 van daar-die wet geskep is, vir oorweging verwys. Die

.... /2

2

paneel het bevind dat in twee van die gevalle die doodvonnis waarskynlik nie opgelê sou gewees het nie, indien die gewysigde artikel 277 van die Strafproseswet (no 51 van 1977)("die Wet") ten tyde van die vonnisoplegging in werking was. Hulle ge-valle is gevolglik verder deur die Minister afge-handel ooreenkomstig die bepalinge van artikel 19 (11) van bogemelde wysigingswet.

In die geval van die twee appellante was die paneel van mening dat die doodvonnis waar-skynlik opgelê sou gewees het selfs na die wets-wysiging, en hulle vonnisse is gevolglik na hier-die Hof verwys vir oorweging asof op appèl. Die appèl is op 19 November 1991 aangehoor en,

.... /3

3

op versoek van die appellante, is die doodvonnisse ter syde gestel en die saak na die verhoorhof terugverwys vir die aanhoor van verdere getuienis wat betrekking kon hê op die verwytbaarheid van appellante vir die moord wat hulle gepleeg het, en vir die oplegging van 'n gepaste vonnis.

Verdere getuienis is voor die verhoor-hof aangevoer en, na oorweging daarvan het die geleerde verhoorregter opnuut die doodvonnis oor albei appellante uitgespreek. Hulle kom nou, ooreenkomstig die bepalings van art 316 A van die Wet, voor ons op appèl slegs teen die vonnisse hulle opgelê.

Die skuldigbevindinge en vonnisse

.... /4

4

spruit uit die moord op ene Jackson James ("die oorledene") op Saterdag 6 September 1986 in die Mosselbaai gevangenis. Dertien persone - waar-onder di e oorledene, die appellante en al hul medebeskuldigdes by die verhoor - is in een sel, 4,03 x 4,33 meter groot, aangehou. Die Mossel-baai gevangenis was een van daardie gevangenisse waar geen vonnisse uitgedien word nie. Al die aangehoudenes was verhoorafwagtend, en is gevolg-lik slegs vir kort tydperke daar aangehou. Ek sal jn hierdie uitspraak na di e appellante en hul medebeskuldigdes verwys volgens die nommers wat hulle by die verhoor gedra het. Di e eerste appellant, Jordaan, was beskuldigdes no 1 ("no 1")

.... /5

5

en die tweede appellant, Saayman, was beskuldig-de no 2 ("no 2"). No 1, 2, 3 en 4 was almal lede van die 28 bende, no 5 was 'n lid van die 26 bende en no 6 van die 27 bende.

Op 25 Augustus, bevind die verhoorhof, was no 3 reeds in die sel. Op 26 Augustus word no 1, 2, en 4 ook in die sel geplaas. Van toe af het die moeilikheid begin. Dié vier het van hul medegevangenes aangerand en sommige gedwing om hulle aan sodomie te onderwerp. Toe die owerhede van hierdie sogenaamde "wyfies" na 'n ander sel oorgeplaas het, het die appellante en hul makkers beswaar gemaak daarteen. Hulle het ook daarop aangedring dat die owerhede die

.... /6

6

lede van die verskillende bendes afsonderlik van mekaar moes aanhou. Toe die owerhede nie aan hierdie eise wou voldoen nie, het die lede van die 28 bende - dws no 1-4 - gedreig om ander gevangenes aan te rand as hulle uit die sel ge-laat word vir oefening, of om hul kos te gaan haal. Die beamptes het hierop besluit om hul nie uit die sel te laat nie, en hul kos is na hulle gebring en onder die tralies deurgestoot. Die 28's het die kos weer teruggestoot sodat niemand in die sel kon eet nie. Hierdie toe-drag van sake sou dan kwansuis frustrasie by die appellante gewek het.

Op die noodlottige Saterdag 6 Sep-

.... / 7

7

tember het no 1 'n paar sokkies aan 'n selmaat,

George September, gegee om te was. Toe hy hulle

wou terughê kon hulle nie gevind word nie. Sep-

tember het die oorledene beskuldig dat hy hulle

geneem het. Die oorledene het dit ontken. No 1

het hierop die oorledene voor hom laat kniel en

hom met 'n beker oor die kop geslaan, en 'n oop

wond veroorsaak. September het die hare van die

wond afgeskeer, en dit het die suspisie by no 1

gewek dat die oorledene hom by die owerhede wou

aangee. Die verhoorhof het bevind dat dit bes-

moontlik aanleiding gegee het tot die besluit

om die oorledene om die lewe te bring.

Die getuienis dui daarop dat no 2

.... /8

8

juis toe rondgeloop het en sy ontevredenheid uit-gespreek het teen die gevangenisowerhede omdat hulle die "wyfies" uit die sel geneem het, en oor die ander optredes wat hy afgekeur het. Hy het die mening uitgespreek dat as hulle 'n moord sou pleeg die owerhede aan hulle eise gehoor sou gee. Die lede van die 28 bende, dws no 1, 2, 3, 4 en 'n ene Flip Maart (wat 'n staatsgetuie was), het hierop 'n "kringsitting" gehou om die voorstel te bespreek. No 2, wat die leiding geneem het, het gevra wie die moord sou pleeg, waarop no 1 - wat 'n vonnis van 10 jaar uitgedien het - aangebied het om dit te doen want: "hy smaak nie die 10 jaar nie". No 2 het toe voorgestel dat die 26

.... /9

9

bendelede ook betrek moes word. So is no 5 be-trek. No 1 het no 6, 'n lid van die 27 bende, met dreigemente oorreed om ook mee te doen. No 2 het bevel gegee dat alle nie-bendelede op hul beddens moes gaan lê en hul koppe met hul komber-se moet toemaak sodat hulle nie kon waarneem wat om hulle gebeur nie. Die 28 bende het weer in 'n kring gaan sit. No 1 vra vir no 2 wanneer hulle gaan "dalla", dws moor. No 2 antwoord dat hulle dit onverwyld gaan doen. Hy beveel toe vir no 3 en 6 om die oorledene te verwurg. No 3 het 'n lyfband tevoorskyn gebring en toe no 6 aarsel om saam te gaan het no 1, 2 en 4 nadergestaan met skeermeslemmetjies in hul hande. Dit het no 6

.... / 10

10

beweeg om maar saam te gaan. No 3 het die kom-bers van die oorledene se kop afgepluk, die lyf-band om sy nek gesit en die ander end daarvan aan no 6 gegee. So het hulle gesamentlik die oorle-dene gewurg. No 2 het no 4 beveel om oorledene se bene vas te hou. No 1 het 'n mes by no 2 ge-neem en probeer om oorledene in die bors te steek. Hy het sewe of agt keer gesteek maar die mes kon nie behoorlik in die bors dring nie, en die wonde wat hy veroorsaak het was maar oppervlakkig van aard. Hy het hierop 'n langer mes by no 2 gekry en die oorledene daarmee deur sy hart gesteek.

Toe die amptenare die volgende oggend die sel besoek het, het hulle aanvanklik nie die

.... / 11

11

lyk opgemerk nie. No 2 gee toe opdrag aan no 1 en 4 om die lyk aan die tralies van die sel vas te maak sodat dit geredelik gesien kon word. Dit is gedoen, en so is die misdaad ontdek.

Hierdie feitebevindings van die ver-hoorhof kan nie wesenlik in twyfel getrek word nie. Beide appellante het getuienis in hul eie verdedig-ing afgelê, en albei se getuienis i s deur di e ver-hoorhof as klaarblyklik leuenagtig verwerp. No 1 het in sy getuienis gepoog om al die blaam op homself te neem, terwyl no 2 gepoog het om hom-self van die hele gebeure be distansieer. Die verhoorhof het egter bevind dat hy "an utter scoundrel and an out and out liar" was, dat hy

.... / 12

12

die brein agter die hele komplot was, en dat hy die leidende rol as aanhitser, beplanner en ko-ordineerder vervul het. No 1 was 26 jaar oud ten tyde van die pleging van die misdaad en no 2 was 29. Albei van hulle het 'n lang lys vorige oor-tredings erken. Die verhoorhof het al die feite wat as versagtend gesien kon word in aanmerking geneem, maar desondanks bevind dat daar geen ver-sagtende omstandighede was nie.

Nadat die saak terugverwys is, is daar getuienis van drie familiebetrekkinge van di e appellante - no 1 se moeder, en no 2 se ouer broer en sy swaer - , twee welsynsbeamptes, en 'n kliniese sielkundige voor di e hoC geplaas.

.... / 13

13

Albei appellante het ook weer getuig, en die hof vertel van hullekinderdae, hul jeugjare en hul le-wensomstandighede daarna. Weereens het die appel-lante die hof nie beindruk nie en is hul getuienis verwerp. In albei gevalle verskil die relase wat hulle aan die welsynsbeamptes verstrek het in wesenlike opsigte van die wat hulle aan die kliniese sielkundige verstrek het, en word in hul getuienis ander aspekte aangebied wat nie voorheen ge-opper was nie. Die betrokke kliniese siel-kundige, mnr Friedman, was hierop bedag, en baie van sy afleidings is tentatief aangebied juis omdat hy onseker was van die waarheid van dic feite wat aan hom voorgehou is. Desondanks was mnr Friedman

.... / 14

14

van mening dat beide die appellante 'n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring (voorheen "psigopatie" genoem) vertoon het. Die hof a quo was beïndruk met mnr Friedman as 'n getuie en het hierdie be-vinding van hom aanvaar. Mnr Friedman was voorts van mening dat no 2 aan 'n erger graad van versteur-ing gely het as no 1. Met verwysing na die uit-spraak in S v Lawrence 1991 (2) SASV 57 (A) op 66 i

waar 'n psigiater bereid was om die appellant in daardde saak - wat ook aan 'n erge graad van versteuring gely het - as 'n "vier ster psigopaat" te bestempel, was mnr Friedman in die onderhawige geval van mcning dat no 2 as 'n "vyf ster psigo-paat" gesien kon word. Albei advokate het dan

.... / 15

15

ook betoog dat hierdie anti-sosia]e persoonlik-heidsversteuring van die appellante, tesame met die frustrasie wat die inkerkering in die klein sel mee-gebring het en die sin van verontregting wat hulle gevoel het as gevolg van die optrede van die ampte-nare teenoor hulle, so versagtend ingewerk het op 3ie pleging van die misdaad dat die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis in hierdie geval was nie, en dat lewenslange gevangenisstraf die aange-wese vonnis sou gewees het.

Namens no 1 is ook aangevoer dat sy ongelukkige en verwaarloosde kinderjare tot sy mis-dadige loopbaan gelei het en bygedra het tot dic vorming van die persoon wat hy tans is; dat die

.... / 16

16

bende sub-kultuur wat in die gevangenis geheers het, en waaraan hy onderworpe was, sterk op hom ingewerk het by die pleging van die moord; en laastens dat hy onder no 2 se leiding gestaan het en dat dit hom beTnvloed het om te doen wat hy gedoen het. Namens no 2 is voorts ook, weereens met verwysing na S v Lawrence (supra) op 60 b-c, en mnr Friedman se getuienis waarna ek later sal verwys, aangevoer dat, gesien die feit dat hy geen verdere oortreding gepleeg hct scdcrt die doodvonnis in 1987 hom opgelê is nie, sy anti-sosiale persoonlikheidsversteuring besmoontlik uitgewoed het. In ieder geval, word dit betoog, kan die hoop op genesing en herstel nooit uit-

.... / 17

17

gesluit word nie. Ek sal elkeen van hierdie be-toë afsonderlik behandel.

Wat die betoog van no 1 rakende sy verwaarloosde kinderjare betref, kom dit in wese daarop neer dat hy is wat hy is omdat hy so ver-waarloos groot geword het - maw dat dit die oor-sprong en rede vir sy persoonlikheidsversteuring is. Dit is egter die versteuring self wat as 'n moontlike versagtende faktor oorweeg moet word, en wat dit veroorsaak of meegebring het is nie van enige verdere belang nie. Hierdie betoog hoef dus nic verder oorweeg te word nie.

Di e frustrasie waarop albei appellante steun, sou ontstaan het as gevolg van die owerhede

.... / 18

18

se weiering om aan hul eise te voldoen, asook die maatreëls wat geneem is om die 28 bende-lede se dreigemente die hoof te bied. Hierdie weiering sou die appellante so frustreer het dat hulle tot die gevolgtrekking gekom het dat hulle 'n moord moes pleeg om die owerhede tot instemming te bring. Dit druis in teen alle oorwegings van redelikheid en billikheid om so 'n "frustrasie" te billik. Die maatreëls wat di e owerhede getref het was genoodsaak deur appellante en hul makkers se onboheersde gedrag, en die eise wat hulle daarna gestel het was geheel en al on-aanvaarbaar. Wat meer is, word die stappe wat hulle besluit het om te neem ni e teen di e owerhede

.... / 19

19

gerig nie, maar teen 'n onskuldige selgenoot was niks aan enige een van hulle gedoen het nie. Om hom op so 'n gevoelose en berekende manier om die lewe te bring is m i gedrag waarvoor die gewone ewe-wigtige landsburger geen begrip kan toon nie (S v Mandela 1992 (1) SASV 661 (A) op 665 e). Enige frustrasie wat daar dus by die appellante kon ge-wees het, kan na my mening geen gewig as 'n ver-sagtende faktor dra nie.

Namens no 1 is die sogenaamde bende sub-kultuur waaraan hy onderhewig sou gewees het, en die beïnvloeding deur no 2, as 'n versagtende faktor ge-opper. Daar is egter geen getuienis dat hy uit dwang by die bende aangesluit het nie, of

.... / 20

20

dat die bende druk op hom uitgeoefen het om die mis-daad te pleeg nie. (S v Peterson en Andere 1980 (1) SA 938 op 946 A.) Trouens die getuienis dui daarop dat albei appellante reeds op 'n jeugdige leeftyd uit vrye wil besluit het om by bendes aan te sluit en om 'n misdadige leefwyse na te streef. In die onderhawige geval het no 1 en no 2 gesa-mentlik die voortou geneem by die hele operasie, en die 28 bende ingespan om hulle bose opset deur te voer. Alhoewel die verhoorhof bevind het dat no 2 die leiding geneem het en die moord beplan het, het die hof ook bevind dat no 1 uit sy eie vrye wil deelgeneem het aan die moord en dat hy nie deur enigiemand daartoe beinvloed i s nie.

.... / 21

21

Sy geredelike toetrede tot die komplot en sy gre-tige deelname aan die werklike doodslag sonder dat hy daartoe aangesê is, blyk duidelik uit die ge-tuienis. Hy was nie 'n pion van no 2 nie, maar 'n entoesiastiese makker. Die hof a quo se bevind-ing dat no 1 deur niemand beïnvloed is nie word dus ook op die getuienis gestand gedoen. Hy kan dus na my mening nie op hierdie gronde op versagting aanspraak maak nie.

Wat die anti-sosiale persoonlikheids-versteuring of psigopatie betref is dit duidelik dat dit nie insigself as 'n versagtende faktor ge-sien kan word nie (S v Mnyanda 1976 (2) SA 751 (A) op 766 H). In S v Pieterse 1982 (3) SA 678 (A)

.... / 22

22

op 684 B sê Rumpff HR dat:

"Die feit dat di e psigopaat gevoelloos teenoor ander is, onderskei die psigo-paat strafregtelik nie juis van ander mense nie maar, indien hy sterk drange het wat weens sy besondere geestestoe-stand minder beheerbaar is as die van 'n gewone mens, sou 'n Hof, afhangende van omstandighede, dit as 'n versagtende omstandigheid kon bevind."

(Cf ook S v Kosztur 1988 (3) SA 926 (A) op 938 D -

939 F; S v Oosthuizen 1991 (2) SASV 298 (A) op

301 i - 302 a.)

Soos blyk uit bogenoemde passasie

moet daar 'n sekere verband bestaan bussen 'n be-

skuldigde persoon se psigopatie en die misdaad

deur hom gepleeg, voordat sy toestand as 'n

versagtende faktor oorweeg

.... / 23

23

kan word. Die blote feit dat 'n psigopaat ge-

voelloos teenoor ander is, dat hy gewetenloos

kan optree, of dat hy 'n lae frustrasiedrempel

het, dien nie noodwendig as versagtende faktore

nie, selfs al sou hierdie eienskappe, in die

breë gesien, in verband gebring kon word met

die pleging van die misdaad. In die onderha-

wige geval kon mnr Friedman die anti-sosiale

persoonlikheidsversteurings van die appellante

ook niks verder as dit voer nie. Op 'n vraag

oor hoe die gevoel van frustrasie en sy misnoë

met die gevangenisowerhede no 1 sou beïnvloed

het, antwoord hy:

" Well again somebody with a low frustration tolerance tends to act out aggressively."

.... / 24

24

By verdere navraag in die verband sê hy ook:

"Its difficult to - I can't say that ... somebody having an anti-social persona-lity is necessarily going to act in die way this person reacted."

en toe hy pertinent gevra is -

"Are you surprised that Mr. Jordaan acted the way he did?"

antwoord hy -

"Thats a tricky question to answer."

Ten opsigte van no 2 verskyn die

volgende passasies in mnr Friedman se getuienis:

"You're not saying well because he is a person with that personality disorder he commits the crime? He still has a choice whether or not he wants to commit the crime? Oh yes certainly."

.... / 25

25

Mnr Friedman het getuig dat impul-siewe optrede een van die kenmerke van 'n psigo-patiese persoonlikheid is, en toegegee dat die pleging van die onderhawige moord nie 'n impulsiewe daad was nie. Daar was sorgvuldige beplanning deur die twee appellante. Al hierdie aspekte dui daarop dat hul psigopatie geen direkte ver-band met die moord gehou het nie. Ten beste vir hulle kan dit gesê word dat hulle gewete-loosheid en gevoelloosheid vir ander dit vir hulle makliker gemaak het om die moord te pleeg as vir 'n normale persoon. Hierdie oorweging kan baie min gewig ter versagting dra.

Mnr Pretorius het namens no 2 aange-

.... / 26

26

voer dat die doodvonnis nie die enigste gepaste

vonnis is nie daar no 2 se psigopatie met die jare

kan uitwoed. In die verband sê mnr Friedman:

"To be fair though the one thing that is evident in clinical experience and the liberature, is that these kind of per-sonalities tend to burn out as they grow older; but I'm talking about much older. ... They don't have quite so much energy to run around. I think that's the reason ... that's put forward - to run around committing the crimes they did when they were younger. It's the natural decay of age."

Tn her verhoor is hy gevra wanneer

hierdie uitwoedproses kon begin, en hy antwoord:

"It's a very vague notion M'Lord. No-body's really said it starts at this age or that age. The impression I get is that people in literature talk about it

..../ 27

27

being sort of late middle age and onwards." Dit wil my dus voorkom dat dit maar 'n vae kon-sep is waarvan mnr Friedman min persoonlike on-dervinding het benewens wat hy in die letter-kunde nagelees het. Toe hy gevra is of die feit dat daar geen getuienis is dat no 2 sedert 1986 enige misdaad gepleeg het nie,gronde bied vir enige prognose in die verband, was mnr Friedman baie huiwerig om 'n besliste antwoord te gee.

Met verwysing na Lawrence se saak (supra) op p 60 c het mnr Pretorius betoog dat die hoop altyd gekoester moet word dat die me-diese wetenskap dalk eendag met 'n middel tevoor-

.... / 2 8

28

skyn kan kom om psigopatie te genees, en dat die

doodstraf derhalwe nie die enigste gepaste vonnis

is nie. Lewenslange gevangenisstraf, het hy be-

toog, sou 'n meer gepaste vonnis wees. In hier-

die verband sê mnr Friedman:

" .. one of the major features of people with an anti-social personality disorder is that they tend not to be able to learn from experience. It's one of the reasons that they become habitual criminals .... they tend to repeat the same experience over and over again. And he's already murdered once in gaol, there's virtually ... nothing to stop him from doing it again and again givcn the appropriate incentive or stimu-lus, is that so?

Let mo preface by saying just to be cautious, that violence prediction is a difficult thing, but certainly ... I would agree.

.... /29

30

kom. Die feit dat no 2 sedert 1986 geen verdere misdade gepleeg het nie kan nie werklik afbreuk doen aan die bestaan van die sluimerende propensi-teit tot gewetenlose geweldpleging wat in sy persoonlikheidsversteuring setel nie. No 1 het inderdaad sedert 1986 'n verdere aanranding in die gevangenis gepleeg waarvoor hy tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis is. Die verwronge persoonlikhede van beide appellante hou dus steeds 'n wesenlike gevaar in vir hul medegevange-nes en vir die personneel, en daar is geen werklike vooruitsig dat daardie gevaar binne enige rede-liko tydperk sal afneem nie (S v Van Niekerk 1992 (1) SASV 1(A) op 16 d-f). Met bestaande gee ek

..... / 31

31

nie te kenne nie dat my uitelndelike slotsom anders sou gewees het indien daar getuienis was dat die psigopatie homself binne 'n redelike tydperk sou uitwoed. Na my mening is hierdie een van die besonder ernstige gevalle waar die gemeenskaps-belang sterk na vore tree, en waar die vonnis boonop nie slegs die gemeenskap se afsku oor die appellante se dade moet uitdruk nie, maar ook ander van soortgelyke dade moet afskrik. (S v Malgas en Andere 1991 (l) SASV 284 (A); S v Mandela (supra) op 666 d-f; en S v Mathee 1992 (1) SASV 186 (A) op 198 e-f.) In die lig van al hierdie oorwegings meen ek dat di e doodstraf d:ie enigste gepaste straf is.

.... / 32

32

Die appèl van albei appellante teen die doodvonnis hul opgelê word afgewys.

J.P.G. EKSTEEN, AR

VAN HEERDEN, AR )

stem saam VAN DEN HEEVER, AR )

▲ To the top