S v Keulder (516/1991) [1993] ZASCA 193 (30 November 1993)


LL Saak No 516/1991

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

HENRY PRANCIS KEULDER Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, NESTADT ARR et NICHOLAS Wn AR

VERHOORDATUM: 9 NOVEMBER 1993 LEWERINGS DATUM: 30 NOVEMBER 1993

UITSPRAAK BOTHA AR:-

2 Die appellant het in die landdroshof op Malmesbury (die verhoorhof) tereggestaan op twee aanklagte: (1) strafbare manslag, en (2) bestuur van 'n motorvoertuig op 'n openbare pad terwyl hy onder die invloed van sterk drank was, ter oortreding van artikel 122(1)(a) van Wet 29 van 1989. Hy het skuldig gepleit en is skuldig bevind op beide aan-klagte. Die landdros het met die oog op vonnisopleg-glng die twee aanklagte saam geneem en die appellant gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf. Teen hierdie vonnis het die appellant geappelleer na die Provin-siale Afdeling Kaap die Goeie Hoop (die hof a guo) . Die uitslag van die appêl was dat die vonnis van die landdros tersyde gestel is en vervang is deur afson-derlike vonnisse op elk van die twee aanklagte, waardeur die straf van die appellant verswaar is. Die vonnisse wat die hof a quo in die plek van die landdros se vonnis gestel het, was, op dio eerste

3

aanklag, 2 jaar gevangenisstraf, en op die tweede

aanklag, 1 jaar gevangenisstraf opgeskort vir 5 jaar

op voorwaarde dat die appellant nie gedurende die

tydperk van opskorting 'n motorvoertuig op 'n open-

bare pad bestuur nie. Teen hierdie vonnisse kom die

appellant nou, met die verlof van die hof a quo, in

hoër beroep na hierdie Hof.

Met die aanvang van die verrigtinge in die

verhoorhof op 4 Oktober 1990 het die appellant se

regsverteenwoordiger 'n skriftelike pleibverduidelik-

ing deur die appellant ingevolge artikel 112(2) van

die Strafproseswet 51 van 1977 ingehandig. Dit lui

soos volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak.

2.

Ek verstaan die aanklagte teen my en pleit soos volg daarop:

3. AD AANKLAG 1 : 3.1 Ek pleit skuldig op die hoofaanklag van

4

strafbare manslag my ten laste gelê.

3.2 Ek erken dat:

  1. Ek op 12 Julie 1990 'n motorvoer-tuig op die Malmesbury/Riebeekpad bestuur het.

  2. Die motorvoertuig deur my bestuur betrokke was in 'n botsing met ' n ander motorvoertuig waarin Eliza-beth Margaretha Botha ('die oorle-dene'), 'n insittende was.

  3. Die oorledene gesterf het as gevolg van beserings wat sy tydens die botsing opgedoen het.

  4. Alhoewel ek aan geheueverlies ly en gevolglik geen onafhanklike herinnering het van hoe die bot-sing plaasgevind het nie aanvaar en erken ek dat die botsing en gevolglik die dood van die oorle-dene deur my nalatigheid veroor-saak is deurdat ek:


  1. Versuim het om 'n behoor-like uitkyk te hou;

  2. Terwyl dit as gevolg van aankomende verkeer ge-vaarlik sou wees om dit te doen, na die verkeerde kant van die pad beweeg het;

  3. Versuim het om dit bot-sing te vermy terwyl ek deur die uitoefening van redelike sorg so kon gedoen het.

3.3 Uit hoofde van die voorgaande is ek
skuldig aan die misdryf van strafbare

5

manslag en is ek gevolglik strafbaar met die strawwe wat vir hierdie misdryf opgelê kan word.

4. AD AANKLAG 2:

  1. Ek pleit skuldig op die hoofaanklag van 'n oortreding van Artikel 122(1)(a) van Web 29 van 1989 my ten laste gelê.

  2. Ek erken dat:


  1. Ek op 12 Julie 1990 'n motorvoer-tulg met registrasienommer OK 45645 op die Malmesbury/Riebeekpad bestuur het;

  2. Die betrokke pad 'n openbare pad in die distrik Malmesbury is;

  3. Die konsentrasie alkohol in my bloed ten tye 0,29 gram per 100 milliliter van bloed was;

  4. Alhoewel ek aan geheueverlies ly en gevolglik geen onafhanklike herinnering van die gebeure het nie, aanvaar en erken ek dat ek ten tye van die bestuur van my motorvoerbuig onder die invloed van sterk drank was en dat ek nie die moborvoertuig met die nodige sorg en behendigheid kon bestuur het wat van 'n redelike bestuurder verwag word nie.


  1. Ek was ten volle daarvan bewus dat dit 'n misdaad is om ' motorvoertuig op 'n openbare pad te bestuur as jy onder die invloed van sterk drank is.

  2. Uit hoofde van die voorgaande is ek skuldig aan die misdryf van 'n oortreding

6

van Artikel 122(1)(a) van Wet 29 van 1989 en strafbaar met die strawwe wat ten opsigte van hierdie misdryf opgelê kan word."

Die appellant het op navraag van die landdros die

korrektheid van sy verklaring beaam, waarop die

landdros van die aanklaer verneem het of hy die

weergawe vervat in die pleitverduideliking aanvaar.

Die aanklaer het bevestigend geantwoord. Daarop het

die landdros die appellant skuldig bevind.

Twee vorige veroordelings is deur die

appellant erken. Op 16 November 1987 is hy in die

landdroshof op Malmesbury skuldig bevind aan bestuur

onder die invloed van sterk drank ter oortreding van

artikel 140(1)(a) van Ordonnansie 21 van 1966 (K) en

gevonnis tot 'n boete van R800 of 6 maande gevange-

nisstraf, waarvan R400 of 3 maande opgeskort is vir 3

jaar op gepaste voorwaardes. Op 30 Junie 1989 is hy

in die landdroshof op Montagu skuldig bevind aan die

7 bestuur van 'n motorvoertuig terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed die voorgeskrewe perk van 0,08 gram per 100 ml oorskry het. Op hierdie geleentheid is hy gevonnis tot 'n boebe van Rl 000 en daar-benewens tot 12 maande gevangenisstraf wat opgeskort is vir 5 jaar "op voorwaarde dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan artikel 140(1) of (2) Ord 21/1966 gepleeg gedurende tydperk van opskorting nie". Met die oog op die moontlikheid dat hierdie opgeskorte vonnis in werking gestel sou kon word, het die landdros in die huidige saak gelas dat 6 maande van die vonnis van 2 jaar gevangenisstraf wat hy opgelê het, moet saamloop met die opgeskorte vonnis indien dit in werking gestel sou word. Die hof a quo het 'n soortgelyke bevel boegevoeg tot die vonnisse wat hy ber vervanging van die landdros se vonnis opgelê het.

Die appellanb het getuienis ter strafver-

8 sagting afgelê. Daaruit blyk die volgende. (Alhoe-wel daar nou reeds drie jaar verloop het sedert die verhoor in die verhoorhof, sal ek vir gerief die feite soos dit toe gegeld het in die teenwoordige tyd weergee.) Die appellant is 44 jaar oud. Hy is getroud en het vier kinders; die oudste is 'n student op universiteit, twee is in die hoërskool en die jongste is 'n kleuter. Die appellant het uit-muntende akademiese kwalifikasies behaal. In 1968 het hy na drie jaar voltydse studie die graad BSc (Landbou) verwerf. Daarna het hy gaan werk en met deeltydse studie eers die graad BSc Honneurs behaal en toe, in 1976, die MSc-graad. In daardie jaar het hy begin werk by die maatskappy wat bekend staan as Bokomo, waar hy steeds werksaam is. Met verdere deeltydse studie het hy in 1978 'n doktorsgraad (PhD) behaal in dierevoeding. Sy besondere vakgebied is pluimveevoeding. Hy beklee die pos van tegniese

9 adviseur by Bokomo, wat op groot skaal besigheid doen as die vervaardigers en verskaffers van veevoere. Sy bruto salaris is R72 000 per jaar. Hy neem aktief deel aan gemeenskapsbedrywighede; van tyd tot tyd het hy diens gedoen as 'n lid van die bestuursliggame van verskeie plaaslike organisasies, soos die skool-komitee, die kerkraad, die Rapportryersvereniging, die Boerevereniging, en die sakekamer.

Met betrekking tot die botsing het die appellant getuig dat hy geen geheue daarvan het nie, vanweë ernstige beserings wat hy daarin opgedoen het. Hy onthou dat hy op die betrokke dag voor middagete by sy sportklub twee drankies gedrink het en later die middag (omstreeks halfvier) weer drie. Hy het toe in verband met sy werk na die plaas van 'n kliënt van Bokomo gery, maar die boer was nie tuis nie en hy het besluit om na sy kantoor terug te keer. Vanaf daardie oomblik onthou hy niks totdat hy later in die

10 hospitaal sy bewussyn herwin het nie. Hy besef, as gevolg van die resultaat van sy bloedontleding, dat hy voor die botsing weer moes gedrink het, maar hy weet nie of hy drank in sy kar gehad het of by 'n hotel langs die pad gekry het nie.

Die appellant het in sy getuienis beken dat hy 'n alkoholis is. Dit is duidelik dat die volle begrip daarvan eers tot die appellant deurgedring het as gevolg van die verskriklike en skokkende gevolge wat sy gedrag veroorsaak het met die botsing wat aanleiding gegee het tot die huidige saak. (Benewens die feit dat een persoon gedood is, is twee ander -die oorledene se kinders - ernstig beseer, met blywende gevolge.) Op die vorige twee geleenthede wat die appellant in die hof verskyn het as gevolg van sy drankmisbruik, het hy nie geopenbaar dat hy enige drankprobleem het nie; die howe wat hom toe gevonnis het, is nie bewus gemaak van die feit dat hy

11 behandeling nodig het nie. Hy was inderdaad 'n "skelm" drinker, en hy het die feit van sy vorige veroordelings verberg van sy vrou, sy vriende en die mense by sy werk. In 'n stadium het van sy vriende en sy vrou hom aangespreek oor sy drankmisbruik en voorgestel dat hy 'n sielkundige moet raadpleeg. (Dit was na sy eerste oortreding.) Hy het dit gedoen, maar na net 'n paar onderhoude het hy gevoel dat hy nie baat vind by die behandeling nie en het hy dit gestaak. Hy het gemeen dat hy self sy probleem sou kon hanteer, en hy het probeer om dit te bowe te kom. Sporadies, sê hy, het hy daarin geslaag om sy probleem onder die knie te kry, maar dan het hy weer "teruggeval", en algaande het sy verslaafdheid ver-erger. Op herhaalde vrae van die aanklaer en die landdros oor hoekom hy nie raad en hulp gesoek het nie, het hy telkens geantwoord dat hy deurgaans gemeen het hy kan sy probleem op sy eie oorkom. Maar

12 hy besef nou, as gevolg van die tragedie wat gebeur het, dat hy 'n ernstige fout gemaak het, waaroor hy bitter spyt en vol selfverwyt is. Hy besef ook terdeë dat hy nie sonder professionele hulp en die bystand van sy familie en vriende en die mense by sy werk sy probleem te bowe sal kan kom nie. Hy het tot die insig gekom dat hy 'n "absolute keerpunt" in sy lewe bereik het. Hy het nog nie weer gedrink nie en het reeds begin om sielkundige behandeling te onder-gaan. Hy sê dat die probleem van sy alkoholisme nou aangespreek is en dat dit opgelos moet word. Sy getuienis spreek van 'n vasberadenheid om mee te werk om dit te bewerkstellig.

Namens die appellant het mnr Reyner van Zyl getuig. Hy is 'n kliniese sielkundige in private praktyk maar met baie jare se deeltydse verbondenheid aan hospitale vir alkoholiste, waar hy werksaam was met die diagnose en behandeling van alkoholisme, en

13 later met die opleiding van personeel wat werk met alkoholiste. Hy het 'n aantal onderhoude gevoer met die appellant (en ook met sy vrou, wat nou ten volle op hoogte gebring is van die appellant se toestand). Hy het 'n skriftelike verslag opgestel oor sy bevindings aangaande die appellant en dit toegelig in sy getuienis. Die hoofpunte daarvan is die volgende. Die appellant is 'n alkoholis. Onderliggend tot sy drankmisbruik is die feit dat hy 'n groot aantal emosionele probleme het wat voortspruit uit 'n basies gebrekkige persoonlikheidsfunksionering, wat beskryf word as "'n uitermatige persoonlikheidsinhibisie as gevolg van sterk gevoelens van minderwaardigheid en onkoereikendheid". Hy misbruik drank om sy gebrek aan selfvertroue en spannings te bemeester. Om sy alkoholisme te bekamp, is dit noodsaaklik dat sy onderliggende persoonlikheidsprobleme behandel moet word. Daarvoor is individuele terapie nodig, aan-

14

vanklik intensief met een behandeling per week vir

omtrent twee jaar, en daarna maandeliks vir nog 'n

jaar of langer. Oor die prognose sê mnr van Zyl in

sy verslag:

"Ek is redelik optimisties dat daar 'n verbetering in dr Keulder se basiese per-soonlikheidsfunksionering kan intree en is so seker as wat kan kom, met uitsondering van werklik onvoorsiene omstandighede en ontwikkelinge, dat hy nie weer sal drink nie en dat die gemeenskap in hierdie opsig in die toekoms nie weer iets te vrese sal hê nie. Sy tyd van ontkenning van die probleem is verby. Die nagevolge van die probleem is onseker vir almal daarby betrokke en dit voel dr Keulder diep aan."

In sy getuienis het mnr van Zyl hierop uitgebrei. Dit

is die wesenlike aard van 'n alkoholis dat hy sy

probleem ontken so lank as hy dit enigsins moontlik

kan doen, en die appellant is boonop 'n baie "privaat

mens" wat dinge wegsteek vir mense om hom en ook vir

homself, maar:

"Hierdie hele besigheid is nou oopgevlek, ek dink dat hy nou werklik waar sover as wat die alkoholprobleem [aangaan] die

15

spreekwoordelike bodem getref het of 'rock bottom' soos die AA-mense sê en dat hy hiervandaan of onder andere as gevolg van die ontsettende nagevolge van die ongeluk, hom baie beslis sal rehabiliteer."

In die onderhoude wat met die appellant gevoer is,

het hy reeds insig getoon in sy persoonlikheids-

probleme en hy is positief gemotiveer om saam te werk

aan die behandeling daarvan, en hy doen dit inderdaad

met erns.

Aan die einde van sy getuienis het die

landdros mnr van Zyl gevra of hy 'n aanduiding kon

gee hoekom die appellant nie voorheen hulp gesoek het

vir sy probleme nie. Hierop het die getuie

geantwoord dat die verklaring daarvoor is dat die

appellant 'n baie ingetoë persoon is wat verskriklik

minderwaardig voel en dat hy sy probleem tot nou toe

van ander weggehou het om 'n skyn van 'n goeie self-

beeld vir homself te behou, maar dat sy probleem nou

"heeltemal openbaar" gemaak is, dat daardie "sprong"

16

nou geneem is en dat daar gelukkig niks meer is om

weg te steek nie. Die landdros het daarop opgemerk

dat hy gepla is deur die oorwegings dat "een keer 'n

alkoholis altyd 'n alkoholis" (waarmee die getuie

saamgestem het) en dat die moontlikheid nie uitge-

sluit is dat die appellant hom weer aan dieselfde

tipe oortreding gaan skuldig maak nie, waarop die

getuie geantwoord het:

"Ja, ja dit is ook dié wat ek in my hoof-verslag gesê het indien daar werklike onvoorsiene omstandighede gebeur, plaas-vind, kan iets weer gebeur, maar my per-soonlike indruk Edelagbare is dat dit baie onwaarskynlik is dat so iets weer sal gebeur."

Mnr van Zyl het hom ook uitgespreek oor die

uitwerking wat gevangenisstraf op die appellant sal

hê: sy persoonlikheidsprobleme is van so 'n aard dat

gevangesetting dit waarskynlik gaan vererger, met die

gevolg dat hy nog 'n groter probleem gaan hê om nie

te drink nie wanneer hy uit die gevangenis kom. In

17

antwoord op 'n vraag van die appellant se advokaat of

dit die appellant sou "vernietig" as hy sou tronk toe

te gaan, het die getuie bevestigend geantwoord. Mnr

van Zyl het verder die mening uitgespreek dat daar

vir die appellant "beslis nie effektiewe hulp aange-

bied kan word binne 'n gevangenisopset nie". Hierdie

stelling is deur die landdros bevraagteken, waarop

die getuie geantwoord het dat hy baie te doen het met

gevangenisse en dat die belading daar van sielkundig-

es, mediese beamptes en sosiale werksters sodanig is

dat dit vir hulle onmoontlik is om gereeld genoeg

terapie toe te pas, selfs al sou die hof 'n aanbevel-

ing oor behandeling doen. Ten slotte is mnr van Zyl

in herverhoor gevra oor hoe effektief behandeling vir

die appellant in die tronk sou wees, waarop hy sy

getuienis afgesluit het met die volgende opmerking:

"... ek dink die ervaring van gevangenis-straf gaan vir hom werklik waar verplet-terend wees en ek glo nie dat enige vorm van sielkundige behandeling binne tronk-

18

verband sal daardie effek kan uitkanselleer nie."

Drie ander getuies het namens die appellant

getuienis afgelê. Mev Viviers, 'n gekwalifi-

seerde sosiale werkster wat verbonde is aan Nimro,

het getuig dat 'n paneel van Nimro die geval van die

appellant ondersoek het en bevind het (om redes wat

sy uiteengesit het) dat die appellant 'n geskikte

kandidaat is vir gemeenskapsdiens; dat sodanige

diens by 'n hospitaal voorlopig vir hom beskikbaar

gemaak is (besonderhede waarvan sy verstrek het);

dat, omdat hy 'n alkoholis is, dit noodsaaklik is dat

hy behandeling vir sy toestand ontvang, onder toesig

van 'n proefbeampte; en dat aanbeveel word dat hy 'n

opgeskorte vonnis opgelê word onderhewig aan die

voorwaardes dat hy sodanige diens verrig en sodanige

behandeling ontvang. Mnr Barnard, die hoofbestuurder

van Bokomo, het getuig dat hy die appellant reeds van

19 1976 af ken, toe hy by die maatskappy begin werk het; dat die appellant 'n baie waardevolle en hoogs gewaardeerde werknemer van die maatskappy is; dat hy in sy werk "uiters konsensieus", "baie skerpsinnig" en "baie intelligent" is, en daarby "baie maatskappy-gerig" ('n "company man"); dat Bokomo graag sy dienste wil behou en bereid is om hom tegemoet te kom (bv in verband met 'n motorbestuurder en die tye van afwesigheid van werk wat nodig sal wees om siel-kundige behandeling te ontvang) ten einde hom "reg te kry".

Mnr Mostert is 'n prokureur wat vir die afgelope 24 jaar op Malmesbury praktiseer, en wat die appellant en sy familie al vir baie jare lank goed ken (van ongeveer 1976 af). Hy het vir die appellant opgetree met sy eersbe skuldigbevinding, maar het nie geweet van die tweede een nie. Toe hy verneem het dat die appellant tereggestaan op die onderhawige

20 aanklagte, het hy uit eie beweging teenoor die appel-lant se huidige prokureur aangebied om getuienis voor die hof te plaas wat moontlik die hof van hulp kon wees met vonnisoplegging. Hy het aan die hof beskryf hoe hy die appellant ken: 'n skugtere soort persoon, amper half teruggetrokke, ietwat gespanne, fyn opge-voed, fyn beskaafd, 'n persoon van die hoogste integ-riteit, ongetwyfeld baie eerlik, 'n baie sensitiewe persoon, iemand wat hom goed geweldig kan aantrek. Sy huisgesin is 'n besondere hegte een, die kinders is besonder voorbeeldig en begaafd. Die appellant het aktief deelgeneem aan die gemeenskapslewe en gedien op verskeie bestuursliggame (soos vroeër genoem) en hy staan sy plek vol in die samelewing. Mnr Mostert was voor die jongste voorval bewus daar-van dat die appellant 'n drankprobleem het en het op 'n paar geleenthede hom daaroor aangespreek; dit het moontlik tydelike vrugte afgewerp, maar nie langdurig

21

nie. Hy sê hy kon sien dat die appellant baie hard probeer om sy probleem self te oorkom, maar sy mening is dat die appellant nie self en sonder hulp die mas sal kan opkom nie. Gevra in kruisondervraging oor die vooruitsigte van die appellant se drankmisbruik in die toekoms, het mnr Mostert gesê dat die impak van wat nou gebeur het die appellant "baie hard tot besinning gebring" het en dat hy vasbeslote is om van hulp gebruik Le maak om sy probleem te oorkom. Sy mening is dat hy sal volhard met die behandeling waarmee reeds begin is en dat hy wel daarin sal slaag om sy probleem te bowe te kom. Oor die moont-likheid van gevangenisstraf vir die appellant sê hy hy dink "dit sal hom werklik geestelik vernietig, vir hom spesifiek, kennende vir hom".

Nadat die gebuienis namens die appellant afgesluit is, het die aanklaer die getuienis gelei van me j Botha, die oorledene se dogter, wat 'n

22

passasier was in die motor waarteen die appellant gebots het. Sy het vertel van die tragiese gevolge wat die botsing vir haar en die oorblywende lede van haar familie meegebring het. Benewens die ernstige beserings wat sy en haar broer (wat die voertuig bestuur het) in die botsing opgedoen het, sê sy dat hulle albei, asook hulle vader, voor die botsing "ten volle afhanklik" was van die oorledene - sy (die getuie) weens liggaamlike gestremdheid as gevolg van polio, die broer weens gedeeltelike verlamming as gevolg van 'n trombose, en die vader weens Alzheimer-siekte. Die oorledene se ondersteuning en versorging moet hulle al drie nou ontbeer en daardeur is die hele familie ontwrig.

Mej Botha het ook getuig oor hoe die botsing plaasgevind het. Sy sê dat sy gesien het die appellant se voertuig beweeg van agter 'n aankomende vragmotor uit, skuins oor die pad na die geel streep

23

aan sy verkeerde kant van die pad, en toe weer terug

reg voor hulle voertuig in; haar broer kon niks doen

om die botsing te vermy nie. Onder kruisondervraging

het dit egter geblyk dat sy nie werklik in staat is

om met presiesheid te sê hoe die aankomende voertuig

van die appellant beweeg het en hoe die twee voertuie

mekaar getref het nie; al wat sy regtig onthou, is

dat die appellant na sy verkeerde kant van die pad

langs die vragmotor uit beweeg het en dat daar toe

die slag van die botsing was.

Die landdros het tydens vonnisoplegging 'n

volledig beredeneerde uitspraak gelewer. Dit sal

weldra nodig wees om verskeie aspekte van sy berede-

nering van naderby te beskou. Vir eers verwys ek net

na die slotgedeelte van sy uitspraak. Daarin sê die

landdros die volgende:

"In die lig van u vorige veroordelings en die feit dat u nou weer skuldig bevind is aan twee baie ernstige misdade is die Hof van oordeel dat die tipe gemeenskaps-

24

diens vonnis wat voorgestel is heeltemal onvanpas sal wees. Soos in S v Vilioen 1971 (3) (A) op bladsy 483 beslis is, is hierdie 'n geval waar die beskuldigde se persoonlike omstandighede moet terugstaan vir die tipe misdaad wat hy gepleeg het asook in die belange van die gemeenskap, die Hof moet dus ander vorme van straf oorweeg. Enige vonnis wat die Hof vandag oplê sal nie die Botha-gesin se verlies terugbring nie, die Hof moet egter 'n vonnis oplê wat die publiek twee keer sal laat dink voordat hulle ' n voertuig op ' n openbare pad bestuur terwyl hulle onder die invloed van sterk drank is. Opgeskorte vonnisse het in die verlede nie die gewens-te uitwerking gehad nie, derhalwe bly net periodieke gevangenisstraf of direkte gevangenisstraf oor. Periodieke gevange-nisstraf is oorweeg, maar weer eens in die lig van u vorige veroordelings en in die erns van hierdie tipe misdrywe waaraan u nou weer skuldig bevind is, asook die riglyne neergelê in S v Kent 1981 (3) (A) op bladsy 28 sal hierdie tipe straf ook onvanpas wees.

Die enigste gepaste vonnis wat die Hof kan oplê is een van direkte gevangenis-straf."

Die landdros sê voorbs dat hy "vir vonnisdoeleindes

. . . die twee misdade as een handeling beskou". Op

daardic grondslag is die vonnis van 2 jaar gevange-

25

nisstraf opgelê.

Met die aanhoor van die appèl in die hof a quo het die appellant se advokaat aangevoer dat die landdros in sy beoordeling van die getuienis in verskeie opsigte mistastings begaan het. In die uitspraak van die hof a quo, wat deur COOPER R gelewer is (LATEGAN R het saamgestem), is hierdie betoog verwerp en is daar bevind dat die landdros nie wesenlik misgetas het in enige van die aangevoerde opsigte nie. Die hof a quo het egter verder gegaan en mero motu bevind dat die landdros in twee ander opsigte misgetas het, wat nie geopper is namens óf die appellant óf die Staat nie, en op grond daarvan bevind dat dit die hof "vrystaan" om afsonderlike vonnisse op die twee aanklagte op te lê en aldus die appellant se totale straf te verswaar, soos vroeër aangedui is. (Die verandering van die vonnis het geskied nadat kennis dat die hof oorweeg om dit te

26 doen aan die partye gegee is en verdere betoog aangehoor is.)

Die eerste vraag om te beslis is of die hof a quo korrek was in sy beskouing dat die landdros misgetas het in die twee opsigte wat die hof a guo bevind het. Die eerste beweerde mistasting is gevind in die feit dat die verhoorhof die twee aanklagte saam geneem het vir vonnisdoeleindes en een globale vonnis opgelê het; dit, sê die hof a quo, was "strydig met die beginsels deur die Appêlhof goedge-keur" in S v Young 1977 (1) SA 602 (A) op 610E-H, en gevolglik het die landdros met die oplegging van vonnis misgetas. Met hierdie beskouing kan ek nie saamstem nie. Dit berus op 'n foutiewe opvatting van wat in Young se saak gesê is. Dit is daar gestel (pertinent op 610F/G) dat dit as 'n kwessie van praktyk onwenslik is vir laer howe om skuldigbevind-ings op verskillende aanklagte saam te neem vir die

27 doeleindes van vonnis; dat dit net gedoen behoort te word in uitsonderlike gevalle; en dat die vernaamste beswaar daarteen is dat dit probleme kan veroorsaak op appèl of hersiening as sommige van die skuldig-bevindings tersyde gestel word. Die blote verontag-saming van hierdie praktyksreël kan klaarblyklik nie 'n mistasting uitmaak wat sonder meer ingryping teen die opgelegde vonnis regverdig nie. 'n Mistasting in hierdie verband beteken 'n fout in die bepaling of die toepassing van die feite met die oog op die beoordeling van 'n gepaste vonnis, 'n fout van so 'n aard of omvang dat dit daarop dui dat die vonnis-oplegger sy diskresie op 'n onredelike of onbehoor-like wyse uitgeoefen het (S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A) op 535D-G). In die huidige geval kan die verhoorhof se besluit om een vonnis vir die twee oortredings gesamentlik op te lê klaarblyklik nie onder daardie maatstaf tuisgebring word nie, al

28

veronderstel 'n mens dat dit nie 'n uitsonderlike geval was soos beoog in die Younq-saak supra nie (ek spreek geen mening daaroor uit nie). Gevolglik het die hof a quo gefouteer deur te bevind dat die feit dat die verhoorhof een vonnis opgelê het en nie twee nie, 'n grond was vir die tersydestelling van die vonnis.

Die tweede beweerde mistasting is gevind daarin geleë te wees dat die verhoorhof versuim het om oorweging te skenk aan 'n vonnis wat die appellant vir 'n lang tyd van die pad af sou kon hou (d w s opgeskorte gevangenisstraf met 'n toepaslike voor-waarde), soos bespreek in S v Lampbrecht (en ander sake) 1970 (3) SA 141 (T) op 147E-G en S v Smith 1971 (4) SA 419 (T) op 421 in fin - 422A. Die hof a quo het dit as 'n "ernsbige mistasting" beskou. Weer moet ek van die hof a quo verskil. Dit is nie gereg-verdig nie (en onbillik teenccr die landdros) om

29 eenvoudig aan te neem dat hy so 'n soort vonnis nie oorweeg het nie, net omdat hy nie uitdruklik daarna verwys het nie. In ieder geval, die uitlatings in

Lampbrecht en Smith supra waarna die hof a guo

verwys, is gemaak met betrekking tot gevalle van eerste oortreders wab verkieslik uit die gevangenis gehou word en waar direk effektiewe gevangenisstraf dus nie opgelê word nie. In die huidige geval is effektiewe gevangenisstraf van 2 jaar deur die ver-hoorhof en die hof a quo as gepas beskou. Die hof a quo se sienswyse dat bo en behalwe so 'n aansienlike tydperk van gevangenisstraf daar noodwendig nog oorweging geskenk moet word aan 'n bykomende opge-skorbe tydperk van gevangenisstraf, op voorwaarde dat die beskuldigde nic 'n motor op 'n openbare pad bestuur nie, herus bloot op die hof a quo se eie beskouing van wab 'n gepaste vonnis sou gewees het. Maar die diskresie ten opzigte van vonnisoplegging

30 was die verhoorhof s'n, en die hof a quo was nie by magte om deur die uiboefening van 'n eie diskresie 'n vonnis van sy keuse in die plek van dié van die verhoorhof te stel nie. Dit is in werklikheid wat die hof a quo gedoen het, en daardeur het die hof a quo gefouteer.

My gevolgtrekking is derhalwe dat die hof a quo se bevinding dat die verhoorhof mistastings begaan het in die twee opsigte waarop hy gesteun het, ongegrond was. Dit volg dus dat die hof a quo nie geregtig was om die verhoorhof se vonnis tersyde te stel en te vervang deur vonnisse waardeur die appel-lant se straf verswaar is nie. Wat die verswaring van die straf betref, het die hof a quo hom beroep op S v Du Toit 1979 (3) SA 846 (A) op 858D. In daardie saak het hierdie Hof mero motu 'n opgelegde vonnis van 1 jaar gevangenisstraf vervang deur 'n vonnis van 3 jaar gevangenisstraf. In die passasie van die

31 uitspraak op 858D is daar gesê dat, weens die wan-voorligting van die verhoorregter, dit hierdie Hof vrygestaan het om ' n gepaste vonnis op te lê. Daar moet egter op gewys word dat hierdie Hof ook bevind het (op 858F/G) dat geregtigheid in daardie saak vereis het dat 'n aansienlik langer periode van gevangenisstraf opgelê moet word. Dib val te betwyfel of die omstandighede van daardie geval behoorlik vergelyk kan word met dié van die huidige saak. Hoe dit ook al sy, my bevinding dat hier inderdaad nie die mistastings aanwesig was wab die hof a quo gemeen het te bestaan nie, maak in ieder geval die Du Toit-saak supra ontoepaslik. In die afwesigheid van die vermeende mistasbings sou die hof a quo die verhoorhof se vonnis kon verswaar het slegs indien die vonnisse wat die hof a quo verkies heL om op te lê so treffend van die vonnis van die verhoor-hof verskil het dat die afleiding gemaak kon word dat

32

die verhoorhof sy diskresie onredelik of onbehoorlik uitgeoefen het (S v Anderson 1964 (3) SA 494 (A) op 495G-H), of indien die vonnis van die verhoorhof so ontoereikend was dat verskerping daarvan gebiedend was (S v Hougaard 1972 (3) SA 748 (A) op 759C). Die ingryping van die hof a quo kan egter klaarblyklik nie op so 'n grondslag geregverdig word nie.

Die resultaat is dat die vonnisse wat die hof a guo opgelê het nie staande gehou kan word nie en tersyde gestel moet word.

Die volgende vraag vir oorweging is wat hierdie Hof nou te doen staan. Mnr Theron, namens die Staat, het aangevoer dat die vonnis van die verhoorhof herstel behoort te word, samehangend met 'n betoog dat die landdros se beredenering bydens vonnisoplegging onaanvegbaar is en die vonnis waarop hy besluit het, gepas in alle opsigte. (Dit was ook sy botoog in die hof aquo) . Mev Traverso, namens

33

die appellant, het herinstelling van die verhoorhof se vonnis teengestaan, met 'n betoog dat die landdros in sy beoordeling van die getuienis en die feite in verskeie opsigte misgetas het, as gevolg waarvan hy op 'n onvanpaste vonnis besluit het. Die mistastings wat sy aangevoer het, was in hoofsaak dieselfde as wat vervat was in die betoog van die appellant se vorige advokaat in die hof a quo, en wat deur daardie hof verwerp is. Vanweë hierdie toedrag van sake is dit nodig om te bepaal of die verhoorhof wel mis-tastings begaan het in die opsigte wat aangevoer is.

In die skriftelike betoogshoofde wat deur die appellant se vorige advokaat opgestel is, is daar aangevoer dat die verhoorhof gedwaal het deur te bevind dat die ongeluk plaasgevind het as gevolg van die roekeloosheid van die appellant, op grond van die volgende oorwegings (volgens die betoog): die appel-lant het skuldig gepleit daaraan dat die dood van die

34

oorledene deur sy nalatigheid veroorsaak is; die pleit is so deur die aanklaer aanvaar; gevolglik was die verhoorhof gebonde aan die feitlike basis van die pleit (vgl S v Greyling 1990 (1) SASV 49 (A) op 53j-54b); die erkennings in die appellant se pleitver-duideliking bewys nie dat hy roekeloos bestuur het nie; mej Botha se getuienis bewys dit ook nie; die verhoorhof was nie geregtig om die appellant se erkenning ten opsigte van aanklag 2, dat hy onder die invloed van drank bestuur het, te gebruik as die grondslag van 'n bevinding van roekeloosheid, met betrekking tot die afsonderlike aanklag 1 nie. Met die aanhoor van die appél in hierdie Hof het mev Traverso nie hierdie betoog voorgedra nie, maar terselfdertyd te kenne gegee dat sy dit nie wil laat vaar nie. Ek gaan dus voort om dit te behandel.

Oor die kwessie van roekeloosheid het die landdros in sy uitspraak die volgende gesê:

35

"Vir vonnisdoeleindes is dit ook belangrik om u graad van nalatigheid te bepaal. Dit is gemene saak dat u die voertuig bestuur het terwyl u onder die invloed van sterk drank was en nie die voertuig met die nodig versigtigheid kon bestuur nie. Die konsentrasie alkohol in u bloed was 0,29 gram per 100 ml. u het verder erken dat u versuim het om 'n be-hoorlike uitkyk te hou en dat u na die verkeerde kant van die pad beweeg het terwyl dit as gevolg van aankomende verkeer gevaarlik sou wees om te doen en dat u versuim het om die botsing te vermy terwyl u dit deur die uitoefen van redelike sorg sou kon gedoen het.

Op bladsy 518 paragraaf F het die Hof in R v Roopsingh 1956 (4) (A) soos volg beslis:

'To drive a motor vehicle when the driver's faculties are impaired through his having consumed intoxicating liquor appears to me to be in itself a form of recklessness, for how often has experience not shown that the intoxicated driver is the harbinger of disaster, and even of death, for innocent users of the highway.'

In die lig van al die omstandighede bevind die Hof dan dat as gevolg van u roekelose optrede het u die dood van die oorledene veroorsaak."

In die kort aanvullende skriftelike redes vir vonnis

36

wat die landdros verskaf het nadat appél aangeteken is, verduidelik hy, met verwysing na S v Van Zyl 1969 (1) SA 553 (A), dat hy met "roekeloosheid" in gedagte gehad het growwe nalatigheid "sonder gevolgsbewuste onverskilligheid".

Soos ek die landdros se benadering ver-staan, het hy nie bevind dat die wyse waarop die appellant sy motor bestuur het, volgens sy erkennings ten opsigte van aanklag 1 (paragraaf 3.2.4 van sy pleitverduideliking), op sigself aantoon dat hy roekeloos opgetree het nie; vir die bevinding van roekeloosheid is daar ook gesteun op die erkennings wat ten opsigte van aanklag 2 gemaak is (paragrawe

4.2.3 en 4.2.4 van die pleitverduideliking). R v

Roopsingh supra, waarna die landdros verwys, is gesag daarvoor dat dit in beginsel geoorloof is om met vonnisoplegging by 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag die feit dat die beskuldigde onder die in-

37 vloed van drank bestuur het (wat beskou is as 'n vorm van roekeloosheid) as 'n strafverswarende faktor in aanmerking te neem. In daardie geval is verder ook die feit dat die beskuldigde onder die invloed bestuur het, in ag geneem tesame met die ander feit-like aspekte van die wyse waarop hy bestuur het, om tot die bevinding te geraak dat sy optrede growwe nalatigheid uitgemaak het (sien op 519A-C). In daardie geval was daar egter net een aanklag, dié van strafbare manslag, en was daar geen pleitverduidelik-ing nie, terwyl ons hier twee afsonderlike aanklagte het en 'n pleitverduideliking wat afsonderlik ten opsigte van die aanklag van strafbare manslag slegs (gewone) nalatigheid erken het. As die verhoorhof twee aparte vonnisse opgelê het, dan kon die be-nadering wat in die hierbo-aangehaalde uittreksel uit die landdros se uitspraak weerspieël word, wel pro-bleme geskep het, en dan sou die betoog namens die

38

appellant bes moontlik êrens kon gekom het. Maar nou het die verhoorhof juis nie twee vonnisse opgelê nie, maar net een, en dit op grondslag van die landdros se uitdruklike stelling dat hy "die twee misdade as een handeling beskou". Hierdie benadering van die landdros beroof die betoog namens die appel-lant van alle moontlike trefkrag wat dit andersins kon gehad het. In die lig van so 'n benadering is die uitlatings in die aanhaling hierbo volkome sinvol en aanneemlik, as synde 'n samevatting van die geheelbeeld van die appellant se strafwaardige gedrag. As sodanig het dit ook geen benadeling vir die appellant ingehou nie. Hy het in paragraaf 4.2.4 van sy pleitverduideliking erken dat hy weens sy drankinname nie in staat was om met die nodige sorg te bestuur nie, en in paragraaf 3.2.4 dat hy inder-daad nie met die nodige sorg bestuur het nie. Die gedagte wat in die betoog namens die appellant

39 geopper is, dat die een erkenning nie noodwendig met die ander verband hou nie, is 'n teoretiese spits-vondigheid wat, in die konteks van die vraag of die verhoorhof sy diskresie ten opsigte van vonnisopleg-ging redelik en behoorlik uitgeoefen het, van geen betekenis is nie. Die resultaat is dus dat die verhoorhof met betrekking tot die bevinding van roekeloosheid geen mistasting begaan het nie.

Die ander mistastings van die verhoorhof wat aangevoer is, hou verband met verskeie aspekte van die kommentaar wat die landdros in sy uitspraak gelewer het op die getuienis van mnr van Zyl en wat daartoe gelei het, volgens die betoog, dat die iand-dros die deskundige getuienis in wesenlike opsigte verkeerd beoordeel het en as gevolg daarvan tot wesenlik verkeerde bevindings geraak het ten opsigte van die getuienis van die appellant en die ander gegewens wat voor die hof geplaas was. Met hierdie

40 betoog stem ek saam, soos sal blyk uit wat volg.

In sy uitspraak lei die landdros sy bespreking van rnnr van Zyl se getuienis in met die opmerking dat dit uit 'n bestudering van sy verslag blyk dat daarin "sekere aspekte wat teenstrydig is met ander getuienis" voorkom, waarvan hy "enkele voorbeelde" gaan aanhaal. Hy gaan dan voort om drie sulke voorbeelde te noem. Uit sy uitspraak as 'n geheel is dit duidelik dat die landdros op grond van die beweerde teenstrydighede, en op grond daarvan alleen, erg krities ingestel was teenoor mnr van Zyl se getuienis. Hy sê op een plek, met verwysing na sy tweede voorbeeld van 'n teenstrydigheid, dat hy "ernstige probleme het" met een gedeelte van die verslag, en op 'n ander plek, met verwysing na een van die getuie se gevolgtrekkings, dat hy "ernstige bedenkinge" daaroor het. Dit is dus nodig om te ondersoek of die teenstrydighede wat die landdros

41 aanhaal wel gronde is vir sy kritiek.

Die landdros se voorbeelde is die volgende:

  1. Volgens die verslag het die appellant aan mnr van Zyl vertel dat hy op die dag van die ongeluk net voor middagete twee drankies by die huis gedrink het, terwyl hy in sy getuienis gesê het dat hy die be-trokke twee drankies by die sportklub gedrink het.

  2. Volgens die verslag het die appellant aan mnr van Zyl vertel dat hy ' n probleem het as hy bestuursvergaderings bywoon: hy vind dit moeilik om sy woord te doen, "hy raak aan die stotber en hy bloos bloedrooi". Daarteenoor het mnr Barnard onder kruis-ondervraging van die aanklaer getuig dat hy dikwels saam met die appellant op bestuurs-

42

vergaderings was, dat die appellant se optrede daar uitstekend is, hy is "'n ware leier". (c) Volgens die verslag het die appellant mnr van Zyl meegedeel dat sy vordering by die werk nie heeltemal na wens is nie, dat sy akademiese kwalifikasies hom nie 'n senior posisie besorg nie, en dat hy soms bedruk voel oor sy vordering by die werk. Daar-teenoor het mnr Barnard getuig dat hy dink die appellanL weet dat hy 'n gewaardeerde persoon is by die werk, dat hy in 'n spesialisafdeling aangestel is, en dat hy nie einblik in aanmerking kan kom vir 'n bestuurderspos nie.

Miskien moek ek dadelik sê dat ek dit moeilik vind om te begryp hoekom die punte in (a), (b) en (c) hierbo vir die landdros ernstige probleme

43

en bedenkings veroorsaak het. Vermoedelik het die landdros gemeen dat die deskundige menings wat mnr van Zyl uitgespreek het, gebaseer was op verkeerde inligting wat aan hom oorgedra was en dus onbetrou-baar was. Maar na my mening kan die gegewens nie so 'n afleiding regverdig nie. Om mee te begin, moet daarop gewys word dat nie een van die teenstrydighede opgeneem is met, of gestel is aan, óf mnr van Zyl óf die appellant nie, en hulle dus geen geleentheid gegun is om daarmee te handel nie. Afgesien daarvan, is die teenstrydighede in ieder geval van so 'n aard dat dit nie aangewend kan word om die betroubaarheid van die deskundige getuienis in die gedrang te bring nie. Wat (a) hierbo betref, is dit kennelik niks meer as 'n beuselagtigheid wat van geen werklike belang kan wees nie. Wat (b) en (c) hierbo betref, berus die probleme wat die landdros daarmee gehad het na my oordeel op die miskonning van ' n eenvoudige,

44

welbekende kenmerk van die menslike psige: die beeld wat 'n persoon van homself het, verskil dikwels hemelsbreed van die beeld wat ander mense van hom het. Waar iemand, soos die appellant, hoogs intel-ligent en bekwaam is, en by die werk en deur sy vriende hoog aangeslaan word, maar hy self ervaar sterk gevoelens van minderwaardigheid en ontoe-reikendheid, lê dit tog voor die hand dat sy per-sepsie van homself verskil van die persepsie wat die mense rondom hom van hom het. 'n Hof het nie siel-kundige getuienis nodig om dit te besef nie. (Die getuie Barnard het dit ook ingesien: toe aan hom gestel is wat die appellant aan Van Zyl vertel het oor sy optrede by bestuursvergaderings, was sy kommentaar: "ek dink dit is 'n geval van hoe hy self voel teenoor omstandighede".) En as Barnard se "teenstrydige" getuienis aan Van Zyl gestel sou gewees het, is Jaar by my geen twyfel nie dat sy

45 reaksie sou gewees het: "Natuurlik, dit bewys juis dat my mening oor die appellant se persoonlikheids-gebreke in die kol is". Daar is inderwaarheid geen botsing (soos die landdros dit beskryf het) tussen die appellant se mededelings aan Van Zyl en Barnard se getuienis nie; die een se gevoelens het net nie ooreengestem met die ander se waarnemings nie.

Gevolglik is ek oortuig daarvan dat die verhoorhof geen gegronde rede gehad het om die betroubaarheid van mnr van Zyl se getuienis in twyfel te trek nie. Ek stem dus ook nie saam met die teen-oorgestelde sienswyse wat blyk uit die uitspraak van die hof a quo nie. Die hof a quo het self s twee verdere punt van kritiek teen mnr van Zyl se getuie-nis opgediep, wat na my mening, met eerbied gesê, ewe ongegrond is. Die eerste is dat mnr van Zyl slegs op 'n leidende vraag of gevangenisstraf die appellant sou "vernietig" bevegtigend geantwoord het, dat hy

46

nie uit sy eie daardie mening uitgespreek het nie, en dat dit te betwyfel is of enige sielkundige so 'n mening sou kon gee. Hierdie opmerkings weerspieël 'n verontagsaming van die hele trant van mnr van Zyl se getuienis op hierdie punt, soos dit duidelik saam-gevat word in die slotparagraaf van sy getuienis, wat ek vroeër aangehaal het, toe hy op 'n neutrale vraag geantwoord het dat gevangenisstraf die appellant gaan verpletter. Die tweede punt is dat mnr van Zyl op 'n vraag van die aanklaer of die appellant onttrekking-simptome ervaar het toe hy opgehou drink het, geant-woord het dat die appellant dit nie aan hom gemeld het nie, maar dat die appellant dit waarskynlik nie sou gehad het nie omdat hy tydens sy hospitalisasie as gevolg van sy beserings baie sterk verdowings-middels gebruik het wat sou gehelp het daarvoor. Die hof a quo se kommentaar hierop is dat dit "eienaar-dig'" is dat mnr van Zyl nie die aangeleentheid met

47 die appellant bespreek het nie, en dat dit die vraag laat ontstaan of hy "'n indringende onderhoud" met die appellant gevoer het. Die skimpe is ongeregver-dig. Die getuienis is dat mnr van Zyl vyf of ses onderhoude met die appellant gevoer het. Die hof a quo het skynbaar skepties gestaan teenoor mnr van Zyl se bevinding dat die appellant 'n alkoholis is (om watter rede, weet 'n mens nie), en het blykbaar mnr van Zyl verkwalik dat hy nie self ook twyfel oor die aangeleentheid gehad het nie. Ek kan geen rede insien waarom die waarde van mnr van Zyl se des-kundige mening in hierdie opsig, of in enige ander opsig, gekleineer hoef te word nie. My beoordeling van sy verslag en sy getuienis is dat hy deeglike werk gedoen het en dat die menings wat hy uitgespreek het, ewewigtig en aanvaarbaar is.

Vervolgens moet nagegaan word watter uit-werking die verhoorhof se foutiewe betwyfeling van

48

die waarde van die deskundige getuienis gehad het op sy beoordeling van die feite. Die landdros het oënskynlik wel aanvaar dat die appellant 'n alkoholis is, maar dit blyk uit sy uitspraak dat hy die impli-kasies van daardie feit, soos dit deur mnr van Zyl verduidelik is, nie na behore in ag geneem het nie. Dit is 'n deurlopende tema in die uitspraak dat die appellant erg verkwalik word oor sy hantering van sy drankprobleem in die verlede. Hy word herhaaldelik gekritiseer in twee opsigte; dat hy sy probleem van ander mense weggesteek het, en dat hy geen hulp daarvoor gesoek het nie. Al die voorbeelde word opgenoem: die appellant het skelm gedrink, en nie sy vrou vertel van sy probleem nie, of sy vriende of sy werkgewer nie, en, veral, ook nie die hof ten tyde van sy twee vorige veroordelings nie; hy het sy vrou en sy vriende se vermaning om behandeling te ontvang nie gestand gedoen nie, en so meer. Die feite is

49

reg, maar die verhoorhof se morele veroordeling van

die appellant op grond daarvan is onvanpas, soos

treffend blyk uit die landdros se gevolgtrekking dat

"dit duidelik [is] vir die hof dat u nie gehelp wou

wees nie". Dit is 'n algehele negering van die effek

van die deskundige getuienis met betrekking tot die

gevolge van die appellant se persoonlikheidsprobleme

en alkoholisme, en 'n wesenlike misbasting. As

gevolg daarvan het die landdros die omstandighede van

die saak wat voor hom was, in wesenlike opsigbe

verkeerd beoordeel. Dit het onder meer daartoe gelei

dat die landdros ten onregte skepties was oor die

appellant se vasbeslotenheid om met behandeling sy

probleem te bemeester. Hy sê:

"Nou dak u in ernstige moeilikheid is, is u vasberade om voort te gaan met die behan-deling .... Dan vra die hof homself die vraag af hoekom u nou skielik skaam is

Dit is duidelik uit die appellant se getuienis dat hy

50 voorheen nie uit vrye keuse moedswillig of onverskil-lig gestaan het teenoor sy probleem nie, en dat dit die trauma van die onlangse ontsettende gevolge van sy optrede was wat hom tot besinning geruk het. Hierdie getuienis is bevestig deur mnr van Zyl se deskundige getuienis, en die verhoorhof behoort dit nie te verwerp het nie. Daardeur het die verhoorhof nie na behore besef dat die omstandighede van die huidige saak wesenlik verskil het van dié wat gegeld het ten tyde van die appellant se vorige veroor-delings nie. By die bepaling van 'n gepaste straf vir iemand wie se oortreding voortgespruit het uit alkoholisme, is dit van belang of hy bereid is om behandeling te ondergaan, en of daar 'n goeie voor-uitsig is dat hy daarmee sal volhard en daarby baat sal vind (vgl S v Fraser 1987 (2) SA 859 (A) op 864D). Die getuienis hieroor in die huidige saak is besonder sterk. Die verhoorhof het dit nie behoorlik

51

ingesien nie.

'n Verdere opsig waarin die verhoorhof

misgetas het, is in die beoordeling van die uitwerk-

ing wat 'n vonnis van gevangenisstraf op die appel-

lant sal hê. Die landdros sê:

"Indien u wel behandeling moet ondergaan kan daardie behandeling net so goed in die gevangenis-opset gegee word."

Hierdie uitlating volg op 'n voorafgaande verwysing

na mnr van Zyl se bevinding dat die appellant onder-

liggende persoonlikheidsprobleme het wat aanleiding

gee tot sy drinkery: oor hierdie gevolgtrekking

spreek die landdros sy "ernstige bedenkinge" uit,

omrede die mededelings wat die appellant aan hom

gemaak het "nie strook met die res van die getuienis

nie". Ek het reeds daarop gewys dat die verhoorhof

in hierdie opsig gefouteer het. Dit is duidelik dat

die verhoorhof die getuienis dat die appellant

persoonlikheldsprobleme het wat behandeling nodig

52

het, en dat daardie behandeling nie doeltreffend in die gevangenis gelewer kan word nie, verwerp het, en sodoende by noodwendige implikasie ook die getuienis dat gevangenisstraf verwoestende gevolge vir die appellant sal hê. Die verwerping van al hierdie getuienis was ongegrond. Dit is 'n mistasting wat wesenlik was met betrekking tot die bepaling van 'n gepaste vonnis.

As gevolg van die verhoorhof se mistastings kan mnr Theron se voorstel dat sy vonnis herstel behoort te word, nie sonder meer aanvaar word nie. Ek sê "sonder meer" omdat hierdie Hof nou opnuut oor 'n gepaste vonnis moet besin, maar nie noodwendig hoef te besluit dat die verhoorhof se vonnis nie in elk geval bog 'n gepaste vonnis in al die omstandig-hede van die geval (korrek beoordeel) is nie. Teen-oor die omstandighede wat op die persoon van die appellant bebrekking het, wat tot dusver hierbo

53

bespreek is, moet daar opgeweeg word die belange van die gemeenskap by straftoemeting in 'n geval soos die huidige. Hierdie aspek van die saak het die landdros in sy uitspraak deeglik behandel, en ook beklemtoon; daarin het hy volkome gelyk. Hy wys onder meer daarop dat die soort oortredings waaraan die appel-lant hom skuldig gemaak het, 'n landwye probleem is wat ernstige afmetings aanneem; dat die howe al herhaalde male gewaarsku het dat daar drasties teen soortgelyke oortreders opgetree sal word; en dat, indien ons die dood van ons paaie wil afhou, daar "met 'n ferm hand" opgetree sal moet word, veral in gevalle van dronkbestuur en roekelose bestuur. Ek stem met die landdros saam. Dit is hierdie oor-wegings, en die opweging daarvan teenoor die persoon-like omstandighede van die appellant, wat meegebring het dat die verhoorhof se taak met vonnisoplegging 'n uiters moeilike een was.

54 Vroeër in hierdie uitspraak het ek die slotgedeelte van die landdros se uitspraak aangehaal, waarin hy die vonnisopsies opnoem wat hy oorweeg het. Dit blyk daaruit dat hy van oordeel was dat die huidige 'n geval is waar die appellant se persoonlike omstandighede moet terugstaan vir die belange van die gemeenskap. Vanweë die foute wat ingetree het in die landdros se beoordeling van die appellant se persoon-like omstandighede, soos hierbo bespreek, sou dit nodig gewees het om te oorweeg of die landdros se sienswyse nog staande gehou behoort te word - as die vonnisopsies dieselfde was. Maar hulle is nie meer dieselfde nie; daar het 'n belangrike een bygekom. Deur Proklamasie R86 gepubliseer in die Staatskoerant (No 14204) van 1 Augustus 1992 is artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 van toepassing gemaak in die jurisdiksiegebied van die landdroshof van Malmesbury, As gevolg daarvan kan die appellant

55

nou tot korrektiewe toesig gevonnis word.

Uit onlangse beslissings van hierdie Hof

blyk dit dat 'n vonnis van korrektiewe toesig nou vir

die appellant oorweeg kan word, ten spyte van die

feit dat daardie moontlikheid nie bestaan het ten

tyde van die appellant se verhoor in die verhoorhof

nie - sien S v R 1993 (1) SASV 209 (A) (ook gerap-

porteer in 1993 (1) SA 476 (A)) en S v Ndaba 1993 (1)

SASV 637 (A). In die uitsprake van KRIEGLER Wn AR in

albei hierdie sake word die aard van hierdie nuwe

vorm van straf breedvoerig en indringend bespreek.

In S v R supra op 221h-222a word daar gesê:

"Die Wetgewer het dus duidelik onderskei tussen twee soorte misdadigers, naamlik dié wat deur gevangesetting van die gemeenskap afgesonder moet word en dié wat strafwaar-dig is maar nie uit die gemeenskap verwyder hoef te word nie. Wat meer is, die Wet-gewer het ondubbelsinnig deur die klemver-skuiwing, wat uit die Wysigingswet as geheel spreek, aangedui dat straf, hervorm-end maar desnoods hoogs bestraffend, nie noodwendig of selfs primêr deur opsluiting in 'n gevangenis haalbaar is nie. Waar die

56

wetgewende gesag so duidelik sy wens uit-gespreek het en waar die uitvoerende gesag (blykens die wetsinwerkingstellende prokla-masies) paraat is om die nodige administra-tiewe rugsteuning te verskaf, is dit die plig van regsprekers om die middele wat so vrylik tot hul beskikking gestel is daad-werklik op te neem. In die besonder moet daar ingesien word dat daar nou gevoelige straf toegemeet kan word sonder gevange-setting, met al die bekende nadele aan laasgenoemde verbonde vir beide die prison-ier en die breë gemeenskap. 'n Vonnis van korrektiewe toesig kan tewens so saamgestel word dat dit vir die veroordeelde meer beswaar as korttermyn gevangenisstraf ingevolge art 276A(l)(b) van die Strafpro-seswet mag 'n hof immers korrektiewe toesig vir ' n tydperk van soveel as drie jaar oplê."

In S v Ndaba supra op 641g-h word bygevoeg:

"Die belangrikste is dat hierdie nuwe en eiesoortige vonnisopsie wesenlike bestraf-fing sonder gevangesetting kan bewerkstel-lig. Daarby aansluitend is dit so veelsoortig en plooibaar dat 'n waarlik verpersoonlikte program van meet af bepaal en, indien nodig, agterna aangepas kan word. Gevolglik is korrektiewe toesig besonder geskik in gevalle soos die onder-hawige waar misdadige optrede ontstaan uit 'n waarskynlik omkeerbare of beheerbare persoonlikheidsgebrek wat terapie buite gevangenisverband verg."

57

Die treffende toepaslikheid van die aan-gehaalde uitlatings op die omstandighede van die onderhawige saak spreek vanself: daar kan geen twyfel wees nie dat korrektiewe toesig as 'n vonnis vir die appellant oorweeg moet word. Met die oog daarop moet die saak na die verhoorhof terugverwys word, sodat die landdros opnuut oor vonnisoplegging kan besin. Die riglyne vir sy verdere hantering van die saak sal hy vind in die uitsprake in S v R en S v Ndaba supra. In hierdie verband wil ek net dit byvoeg. Alhoewel die seksuele oortredings wat in die genoemde twee sake aan die orde was, iets totaal verskillend is van die appellant se oortredings, het die probleem van vonnisoplegging in daardie soort gevalle baie in gemeen met die probleem in die huidige geval: hoe om 'n ewewigtige rekonsiliasie te probeer bereik tussen die belange van die individuele

58 oortreder wat (afgesien van sy oortredings) goeie mense-materiaal uitmaak en wat geskaad kan word deur gevangesetting, en die belange van die gemeenskap wat ter wille van beskerming en vergelding vereis dat oortreders na behore gestraf word. Ten spyte van die verskille in die aard van die oortredings, sal die verhoorhof dus in baie van wat gesê is in die uit-sprake in die genoemde twee sake leiding kan vind wanneer vonnisoplegging hier heroorweeg word.

In S v R supra is die saak na die verhoor-hof terugverwys spesifiek vir die oplegging van 'n vonnis van korrektiewe toesig; in S v Ndaba supra is die doel van die terugverwysing nie op hierdie wyse beperk nie, maar is die saak terugverwys vir her-bepaling van die vonnis ooreenkomstig die riglyne wat in die uitspraak uiteengesit is. Laasgenoemde prose-dure sal in die huidige geval gevolg word, omdat daar reeds drie jaar verstryk het sedert die appellant

59

oorspronklik gevonnis is. Op die beskikbare gegewens in die oorkonde beoordeel, dink ek dat korrektiewe toesig die aangewese vonnis is, maar nou dat die saak na die verhoorhof terugverwys staan te word, is die diskresie aangaande vonnis weereens uitsluitlik die verhoorhof s'n, en hy sal dit eers kan uitoefen nadat hy in die loop van sy ondersoek (sien S v Ndaba supra op 641i-642c) deeglik ingegaan het op die "vars inligting" wat beskikbaar gemaak sal word. Aan die hand daarvan, en van wat in hierdie uitspraak uiteen-gesit is, sal hy bepaal of korrektiewe toesig 'n gepaste vonnis is, en indien wel, wat die bepalings daarvan sal wees.

Ten slotte moet ek verwys na die feit, genoem aan die begin van hierdie uitspraak, dat 'n gedeelte van 'n vorige opgeskorte vonnis van die appellant moontlik in werking gestel sal kan word. Indien die verhoorhof sou besluit om 'n vonnis van

60

korrektiewe toesig op te lê, sou die inwerking-stelling van die opgeskorte vonnis van gevangenis-straf die hele doel en die effektiwiteit van die bevel wat hierdie Hof nou uitreik, en van die vonnis wat die verhoorhof kan oplê, verydel (vgl S v R supra op 225g-h). Soos in daardie geval, "word die vertroue uitgespreek dat gesonde oordeel dienaan-gaande sal heers", en dat die opgeskorte vonnis dus nie in werking gestel sal word nie.

Die bevel van die Hof is soos volg:

  1. Die appèl slaag.

  2. Die vonnisse wat die hof a quo die appellant opgelê het, word tersyde gestel.

  3. Die bevel van die hof a quo dat die vonnis wat die verhoorhof die appel-lant opgelê het, tersyde gestel word, bly staan.

61 4. Die saak word na die verhoorhof terugverwys om ter voldoening aan die bepalings van artikel 276A(l)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 'n verslag van 'n proefbeampte of korrektiewe beampte in ontvangs te neem en relevante getuienis indien enige aan te hoor, en om daarna opnuut vonnis op te lê aan die hand van wat in hierdie uitspraak uiteengesit is.

A S BOTHA AR

NESTADT AR

STEM SAAM NICHOLAS Wn AR

▲ To the top