1
Saak nr 553/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
GERHARDUS PETRUS BRONKHORST Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent
CORAM: VIVIER, EKSTEEN et F H GROSSKOPF
ARR.
VERHOOR: 11 Maart 1993.
GELEWER: 11 Maart 1993.
TRANSKRIPSIE VAN REDES MONDELING GELEWER IN DIE OPE HOF OP 11 MAART 1993 DEUR VIVIER AR WAARMEE EKSTEEN AR EN F H GROSSKOPF AR SAAMGESTEM HET.
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant, 'n 38-jarige man, is in die Streekhof op Heidelberg skuldig bevind aan verkragting van 'n driejarige dogtertjie (aanklag 1) en van 'n oortreding van art 50(1) (a) van die Wet op Kindersorg 74 van 1983 deurdat hy 'n vierjarige seuntjie wat in sy bewaring was, mishandel het (aanklag 2). Beide aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellant is tot vyf jaar gevangenisstraf, waarvan drie jaar op sekere voorwaardes vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis. Hy het teen sy skuldigbevinding geappelleer na die Transvaalse Provinsiale Afdeling wat die skuldigbevinding op aanklag 1 tersyde gestel en vervang het met een van skuldig aan onsedelike aanranding. Die appèl teen die skuldigbevinding op aanklag 2 is afgewys. Die vonnis is tersyde gestel. Die Hof a quo het weereens die twee aanklagte saamgeneem vir doeleindes van vonnis en 'n vonnis van
3
drie jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort is, opgelê. Met die verlof van die Hof a quo appelleer die appellant na hierdie Hof beide teen sy skuldigbevinding en vonnis.
Dit was nie in geskil in hierdie Hof nie dat beide die dogtertjie Coreen en haar broertjie Renier aangerand was en dat Coreen verder ook seksueel aangerand was. Die distriksgeneesheer op Heidelberg, dr Snyman, het die kinders kort voor sesuur op Dinsdagmiddag 6 Desember 1988 ondersoek en sy onbetwiste bevindings was die volgende. Coreen het veelvuldige erge kneusings en skaafplekke op beide boudjies en linkerheup gehad. Daar was h skeur in die vagina sowel as in die perineum. Penetrasie moes plaasgevind het om sulke beserings te kon veroorsaak het. Renier het ook veelvuldige kneusings wat soos slaanmerke gelyk het, op die linkerboud gehad waarvan drie ongeveer 7 cm elk lank was. Verder het hy
4
veelvuldige kneusings en vel-letsels op die voorkop, regterwang, ken, linkeroogbank, agter die linkeroor en op die linkerskouer gehad. Hy het h swelsel op sy agterkop gehad en sy penis en skrotum was opgeswel.
Die kinders se moeder, mev Corina Bronkhorst, is op 5 November 1988, 'n maand voor die gebeure, met die appellant getroud en hulle is twee maande later, op 17 Februarie 1989, weer geskei. Hy was nie die vader van die kinders nie. Beide die appellant en mev Bronkhorst het bedags gewerk en die kinders is dan by 'n kleuterskool gelaat.
Mev Bronkhorst het getuig dat die appellant 'n opvlieënde geaardheid het, gou sy humeur verloor en dan woedend word. Om ongeveer vieruur op Sondagmiddag 4 Desember 1988 het sy die kinders saam in die bad gesit en hulle daar gelos omdat die appellant nie wou toelaat dat sy die kinders bad nie. Hy het daarop aangedring dat die kinders hulself moes was en
5
hulle mag nie uit die bad geklim het voordat dit nie
gebeur het nie. Die kinders het later begin huil en
die appellant het met die kinders gaan praat. Renier,
wat baie bang vir hom was, het harder begin huil. Die
appellant het daarop die kinders met h lat geslaan
totdat hulle vol blou kolle was. Die volgende oggend
is die kinders by die kleuterskool afgelaai en die
appellant het hulle die middag gaan haal. Toe sy die
middag na kwart oor ses by die huis kom het die
appellant klaar die kinders gebad en hulle nagklere
aangetrek wat ongewoon was. Sy het gesien dat
Renier se agterkop stukkend was en dat hy 'n blou-oog
gehad het. Die appellant het gesê dat Renier in die
bad geval het. Om seweuur die aand is sy kerk toe
en toe sy teen negeuur terugkom het die kinders reeds
geslaap. Dinsdagoggend 6 Desember 1988 het die
appellant geweier dat sy die kinders aantrek en het hy
weer self die kinders aangetrek. Sy het hulle
6
kleuterskool toe geneem en voor agtuur daar geiaat. Later die dag is sy deur die polisie na die kleuterskool geneem waar sy die kinders gesien het. Die merke aan die klnders was toe erger as wat dit die Sondag was.
Mev Uys van die kleuterskool het mev Bronkhorst se getuienis bevestig dat die kinders voor agtuur die oggend van 6 Desember 1988 na die skool gebring is. Coreen was daarna die heeltyd onder haar toesig. Renier was die heeltyd in die sorg van 'n ander onderwyséres. In die loop van die dag het hulle agtergekom dat die kinders aangerand was en die polisie en die dokter is ontbied.
Die appellant het in sy getuienis ontken dat hy vir Coreen onsedelik of andersins aangerand of dat
hy vir Renier mishandel het. Hy het getuig dat hy by
geleentheid gesien het dat Renier seksueel met Coreen lol. Maandagaand 5 Desember 1988 het hy die kinders
7
laat bad en toe gesien dat Renier die agterkant van 'n
skeermes in Coreen se privaatdele indruk. Die
volgende oggend moes hy in die hof op Nigel verskyn en
was haastig. Mev Bronkhorst was egter laat en hy het
buite hulle huis in sy motor vir haar sit en wag. Toe
sy na half nege uit die huis kom het sy aan hom gesê
dat sy die kinders geslaan het omdat hulle ongehoorsaam
was. Sy het voorheen op Saterdag 3 Desember en weer
op Sondag 4 Desember 1988 vir Renier geslaan. Hyself
het nooit die kinders geslaan nie behalwe dat hy die
Sondagaand vir Renier twee houtjies met sy plathand op
sy boudjies geslaan het toe hy nie wou klaar bad nie.
Op daardie stadium was daar geen merke aan Renier
gewees nie. Die volgende aand toe hy die kinders bad
en aantrek het hulle geen merke gehad nie.
Dinsdagoggend 6 Desember 1988 het hy die kinders
aangetrek en toe het hulle ook nog niks makeer nie.
As daar merke op hulle was sou hy dit gesien het.
8
Die Verhoorhof het die getuienis van die
appellant verwerp. Sy weergawe van hoe Coreen aan die
beserings aan haar geslagsdele gekom het, is deur dr
Snyman as totaal onwaarskynlik bestempel. Daar is
heelwat ander aspekte van sy getuienis wat ek hoogs
onwaarskynlik vind, soos dat hy nie op enige stadium
vantevore die beserings aan die kinders gesien het
nie. Inderdaad het sy weergawe daarop neergekom
dat die kinders voorheen niks makeer het nie en dat
hulle die Dinsdag by die skool beseer is en/of dat
hulle die Dinsdagoggend deur mev Bronkhorst aangerand
is. Dat die kinders by die skool aangerand is, is
nie alleen onversoenbaar met die getuienis van mev Uys, wie se getuienis deur die Verhoorhof aanvaar is nie, maar dit is ook uiters onwaarskynlik en feitlik ondenkbaar. Wat die tweede moontlikheid betref, was daar die uitdruklike ontkenning van mev Bronkhorst dat sy ooit die kinders aangerand het en die leuenagtige
9
relaas van die appellant oor wat die oggend by die huis gebeur het, wat na my mening hierdie moontlikheid uitskakel. Die appellant het nie mev Bronkhorst se getuienis betwis dat hy nie normaalweg die kinders bad en aantrek nie. Die feit dat hy die Maandagaand die kinders gebad en aangetrek het en die volgende oggend daarop aangedring het om hulle aan te trek, kom my as baie verdag voor. Na my mening is sy getuienis tereg deur die Verhoorhof verwerp.
Die getuienis van mev Bronkhorst is deur die Verhoorhof aanvaar. In hierdie Hof is haar getuienis skerp deur die appellant se advokaat gekritiseer en daar is betoog dat die Verhoorhof verkeerdelik haar getuienis aanvaar het. Daar is gesteun op die feit dat sy by die verhoor ingevolge art 204 van Wet 51 van 1977 gewaarsku is as sou dit beteken dat sy erken het dat sy self die kinders aangerand het. Ek kan glad nie die af leiding maak waarvoor betoog is nie. Mev
10
Bronkhorst het getuig dat sy vanweë die houding van haar vorige man voortdurend bevrees was dat die kinders van haar weggeneem sou word. Dit verklaar waarom sy nie dadelik die aanranding van die Sondagaand openbaar het nie en waarom sy die Dinsdag nog bereid was om die indruk by mev Uys te skep dat haar huwelik met die appellant gelukkig was. Ek vind dit onnodig om enige van die ander punte van kritiek afsonderlik te behandel. Baie daarvan is onbenullig, ander is te verstane en meeste is, na my mening, ongegrond. In die geheel gesien is ek nie daarvan oortuig dat die Verhoorhof verkeerdelik haar getuienis aanvaar het nie. Na my mening het die Verhoorhof tereg bevind dat die appellant die persoon is wat die kinders beseer het. Wat die eerste aanklag betref, het die Hof a quo die skuldigbevinding verander na een van onsedelike aanranding vanweë die moontlikheid dat penetrasie deur 'n ander voorwerp as die appellant se geslagsorgaan
11
geskied het. Daar is geen grond waarop hierdie Hof met die skuldigbevinding kan inmeng nie.
Mat die appèl teen die vonnis betref, is ek
nie oortuig dat die Hof a quo homself in enige opsig
wanvoorgelig het nie, of dat die vonnis so swaar is dat
inmenging geregverdig is nie. Die aanrandings was
van 'n ernstige aard en, na my mening, is die vonnis aan
die ligte kant.
Die appèl word afgewys.
W. VIVIER AR.
EKSTEEN AR)
F H GROSSKOPF AR) Stem saam.