Wambach v Maizecor Industries (Edms) Bpk (505/1991) [1993] ZASCA 28 (11 Maart 1993)


LL Saak No 505/1991

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING

Insake die appél van:

CLAUDE C WAMBACH Appellant

teen

MAIZECOR INDUSTRIES (EDMS) BPK Respondent

CORAM: VAN HEERDEN, SMALBERGER, EKSTEEN,

F H GROSSKOPF ARR en VAN COLLER Wnd AR

VERHOORDATUM: 1 MAART 1993

REDES INGEHANDIG: 11 MAART 1993

REDES VIR UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:

2 Gedurende September 1987 het die appellant sy bakkie op die ou Warmbad-Pretoriapad bestuur. Naby 'n skool het die appellant sy bakkie na regs laat draai. Dit is toe getref deur 'n voorhaker wat 'n sleepwa met 'n tenk daarop ("die kombinasie") getrek het. Die bestuurder van die voorhaker was ene Matsepe. As gevolg van die botsing het die voorhaker en die kombinasie omgeslaan en is hulle vrywel ernstig beskadig.

Later het die respondent die appellant in die Transvaalse Provinsiale Afdeling vir betaling van skadevergoeding aangespreek. Die respondent het onder andere beweer dat dit die eienaar van die voorhaker en die kombinasie was, en dat die botsing veroorsaak was deur die nalatigheid van die appel-lant. Laasgenoemde het die tweede bewering ontken en bewys van die eerste geverg. Wat betref die verloop van sake totdat die verhoor begin het, hoef ek nog

3 slegs te meld dat tydens die voorverhoorsamesprekings

genotuleer is dat "die verweerder [die appellant] ... sal ... die eiser [die respondent] se locus standi erken so gou bewys daarvan gelewer is".

Nadat die respondent drie ooggetuies van die botsing, insluitende Matsepe, opgeroep het, is 'n dokument by ooreenkoms tussen die partye ingehandig. Daarin het die partye op sekere "feite" ooreengekom. Ene Retief, wat gesê het dat hy vlootbestuurder van die "Maizecor groep" was, het toe ten behoewe van die respondent getuig. 'n Aansoek om absolusie van die instansie is gerig nadat Retief sy getuienis voltooi en die respondent sy saak gesluit het. Die appellant het toe aangevoer dat nie bewys is dat die respondent die eienaar van die voorhaker en die kombinasie was nie. Hierdie betoog is deur die verhoorhof verwerp. Gevolglik is die aansoek afgewys. Die appellant het vervolgens self getuig en ook ander getuienis aan-

4 gaande die plaasvind van die botsing gelei. Aan die einde van die verhoor het die verhoorhof bevind dat die botsing te wyte was aan die uitsluitlike nalatig-heid van die appellant. Vanweë hierdie bevinding, asook sy vorige bevinding dat die respondent genoeg-saam bewys het dat dit die eienaar van die voorhaker en die kombinasie was, is vonnis ten bedrae van R76 567,20 met rente en koste ten gunste van die respondent toegestaan. Met die verlof van hierdie hof kom die appellant in hoër beroep teen daardie bevel.

Die eerste vraag wat voor ons beredeneer is, was of die respondent wel sy beweerde eiendomsreg bewys het. Indien nie, was dit vanselfsprekend on-nodig om die nalatigheidsbevindinge te oorweeg.

Bogenoemde dokument lui soos volg:

"Die partye kom oor die volgende feite ooreen:

1) Die perd [die voorhaker] en sleepwa, wat die onderwerp van hierdie geding

5 vorm is:

a) geregistreer in die naam van
Maizecor Bemarkingsmaatskappy
(Edms) Bpk

b) aangekoop in die naam van Maizecor
Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk
d m v 'n huurooreenkoms waarvol-
gens lg maatskappy die krediet-
opnemer was

c) rekenkundig as 'n bate verreken is
vir belastingdoeleindes in die
naam van Silgro Voere (Edms) Bpk
a g v die feit dat die gemelde
voertuie deur laasgenoemde maat-
skappy aangewend is.

2) Die Eiser is die houermaatskappy van
die Maizecor groep. Beide Silgro
Voere (Edms) Bpk en Maizecor Bemark-
ingsmaatskappy (Edms) Bpk is vol-
filiale van die Eiser; dus die Eiser
hou 100% aandeelhouding in die twee
maatskappye.

3) Die Eiser is 'n filiaal van 'n ander
maatskappy d w s 'n ander maatskappy
het ook aandeelhouding in Eiser, maar
nie uitsluitlik nie.

4) Die Versekeraar van die betrokke
voertuie het aan die Eiser die verlies
voortspruitend uit die tersaaklike
botsing, minus 'n bybetaling van
R5 000,00, betaal ...

6

5) Elke maatskappy hierbo vermeld dien 'n aparte belastingopgawe in."

Die huurooreenkoms waarna in para l(b)
verwys word, is nie voor die verhoorhof geplaas nie.
'n Mens weet dus nie of dit 'n meganisme bevat het
waarvolgens die "huurder" eienaar van die verhuurde
sake kon word nie. Ten gunste van die respondent
veronderstel ek egter dat op een of ander stadium

voor die botsing een van die maatskappye in die Maizecor-groep wel eienaar van die verhuurde goed geword het.

Retief se getuienis is nie van veel waarde nie. Hy was nie lid van die direksie van die res-pondent of enige van sy filiale nie en was slegs in beheer van die vloot voertuie wat deur die groep gebruik is. Van die finansiële betrekkinge tussen lede van die groep het hy geen kennis gehad nie. Sy eerstehandse informasie kan soos volg opgesom word:

7

  1. Die respondent se direksíe, by monde van mnr Johann Roode wat die houer van 90% van die respondent se aandele is, het hom opdrag gegee om die voorhaker en die kombinasie "aan te koop". Dit moes hy doen namens Maizecor Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk ("Bemarkings").

  2. Die kontrak (of moontlik kon-trakte) waarvolgens die bates "aangekoop" is, is aangegaan tussen Bemarkings en 'n ongeïdentifiseerde bank.

  3. Bemarkings het die verskuldigde bedrae betaal.

  4. Alle voertuie wat deur die groep gebruik is, is deur die jare deur Bemarkings aange-koop.

  5. Die respondent het ongeveer 13 filiale, insluitende Bemarkings, gehad en sy direksie het besluit welke filiaal 'n bepaalde voertuig sou

8 gebruik.

(f) Roode en die bestuurders van Bemarkings en Silgro Voere (Edms) Bpk ("Silgro") was die direkteure van die respondent.

Retief het ook gesê dat Bemarkings nie ' n eie direksie gehad het nie, en dat daar slegs ' n

"Maizecor direksie" was. Sy getuienis hieroor is

alles behalwe duidelik, maar 'n mens kan aflei dat

die direksie van die respondent effektief as direksie

van elke filiaal opgetree het.

Die verhoorhof se motivering vir die afwys van die aansoek om absolusie van die instansie is, met eerbied, moeilik begrypbaar. Dit is dus onnodig om daarby stil te staan.

Wat vasstaan, is dat die tersaaklike kon-trak aangegaan is tussen die verhuurder en Bemark-ings; dat laasgenoemde die betaalbare bedrae vereffen het, en dat dit geskied het in opdrag van

9 persone wat as direkteure van die respondent en Bemarkings fungeer het. Benewens die bank was Bemarkings dus prima facie die enigste kontraksparty. En indien iemand vanweë die kontrak eienaar van die verhuurde goed geword het, was dit Bemarkings. Dit is natuurlik moontlik dat Bemarkings as verteen-woordiger van 'n ongeopenbaarde prinsipaal - die respondent - opgetree het. Geen getuienis ter ver-gestalting van hierdie moontlikheid is egter gelei nie. Inteendeel spreek die feit dat Bemarkings die verskuldigde bedrae betaal het teen sodanige hipo-tese.

'n Ander moontlikheid is dat Bemarkings na die aangaan van die kontrak sy regte daarvolgens aan die respondent oorgedra het. Weer eens is daar egter geen getuiênis wat daarop dui dat dit wel gebeur het nie.

Die respondent se advokaat het nietemin

10 betoog dat eiendomsreg van die voorhaker en kombina-sie in die respondent gesetel het omdat, so is aan-gevoer, sy direksie die volle beskikkingsreg daaroor gehad het, en veral omdat die direksie kon besluit oor die aanwending en vervreemding daarvan. Die feit dat die direksie van 'n kontrolerende maatskappy effektiewelik oor die lotgevalle van 'n bate van 'n filiaal besluite kan neem, bring egter nie mee dat dit daarom 'n bate van die kontrolerende maatskappy is nie. Spesifiek wat vervreemding betref, bly die betrokke saak 'n bate van die filiaal totdat gevolg gegee word aan 'n vervreemdingsbesluit. Dan ook kon die direkteure van die respondent nie as sulks Bemarkings regtens bind nie. Hulle kon dit slegs doen indien, en dan omdat, hulle tegelykertyd ook direkteure van Bemarkings was.

Maar welke bevoegdhede die direksie van die respondent ook al ten opsigte van bates van Bemark-

11

ings kon uitoefen, is daar geen getuienis van uit-oefening daarvan nie. Op sy beste vir die respondent was die posisie van sy direksie analoog tot dié van

'n agent wat deur sy prinsipaal gemagtig is om laas-genoemde se bate te vervreem. Totdat vervreemding geskied, bly die saak die eiendom van die prinsi-paal.

Die respondent se advokaat het tereg aan-vaar dat die respondent en Bemarkings afsonderlike entiteite is, elk met sy eie regte en verpligtinge. Hy het hom egter beroep op 'n aantal - meestal Engelse - gewysdes waarin, so is aangevoer, daar 'n ontsluiering van korporatiewe identiteite plaasgevind het ten einde gevolg te gee aan kommersiële realiteite. Nie een van dié gewysdes is in die onderhawige geval van nut nie. Enige poging tot ontsluiering lei tot totale duisternis. 'n Mens weet nie wat die bestaansreg van Bemarkings is nie. ,Ook

12 nie waarom nou juis Bemarkings, en nie, sê, die respondent, die een kontraksparty was nie. Ook nie of die voorhaker en kombinasie in die finansiële state van die respondent en Bemarkings as bates van die een of die ander aangetoon word nie. En ten slotte ook nie waarom die respondent die voertuie blykbaar in eie naam verseker het nie.

In die verbygaan kan ek meld dat in Adams and Others v Cape Industries PLC and Another (1990) Ch 433 op 532 en 543, die Court of Appeal klaarblyk-lik nie akkoord gegaan het nie met uitlatings in vroeëre beslissings aangaande ontsluiering waarop die respondent se advokaat peil probeer trek het.

Die respondent het gevolglik nie bewys nie dat dit die eienaar van die voorhaker en kombinasie was, of trouens op enige stadium een of ander reg daarop verkry het.

Om bogenoemde redes is die appél by die

13

verhoor daarvan met koste gehandhaaf en is die bevel

van die verhoorhof met die volgende vervang:

"Absolusie van die instansie met koste word verleen."

Ten slotte word geboekstaaf dat tydens die

beredenering van die appél die respondent se aansoek

om kondonasie van sy versuim om tydig ingevolge

Appélhofreël 5(3)(c) 'n volmag te liasseer, toege-

staan is, en dat die respondent gelas is om die koste

meegebring deur die aansoek te betaal.

H J O VAN HEERDEN AR

SMALBERGER AR

EKSTEEN AR AR

STEM SAAM F H GROSSKOPF AR

VAN COLLER Wnd AR

▲ To the top