S v Nkosi (103/1991) [1993] ZASCA 50 (31 March 1993)


Saak No 103/91

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

OUPA PETRUS DUBE NKOSI APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: HEFER, MILNE, et VAN DEN HEEVER, ARR AANGEHOOR: 26 Mei 1992 GELEWER: 31 Maart 1993

UITSPRAAK

HEFER, AR

Die appellant is in die Rondgaande Hof op Lydenburg deur Curlewis R en assessore skuldig bevind aan

2

die moord op ene Josiah Motha (aanklag 10, waarop hy on-skuldig gepleit het) en 'n reeks ander misdade (waaraan hy skuldig gepleit het). Op aanklag 10 is hy ter dood veroordeel en op die ander aanklagte tot wisselende termyne gevangenisstraf wat gesamentlik 122 jaar en 6 maande beloop. Ooreenkomstig Art 316 (A) van die Straf-proseswet 51 van 1977 appelleer hy nou teen sy skuldígbevinding en vonnis op aanklag 10 en, met verlof van hierdie Hof, ook teen die vonnisse op die ander aanklagte.

Wat aanklag 10 betref, was dit gemene saak by die verhoor dat Motha gesterf het weens 'n koeëlwond in die bors en dat dit appellant was wat hom geskiet het. Appellant en mev Motha - die enigste staatsgetuie - was dit egter nie eens oor presies hoe die skietery plaas-gevind het en wat dit voorafgegaan het nie. Volgens mev Motha was sy en die oorledene om ongeveer 4 uur die oggend van 12 Julie 1989 nog in die bed toe die appellant

3

hulle slaapkamer binnegekom het met 'n vuurwapen in die hand. Hy het die wapen op hulle gerig en die oorledene beveel om op te staan. Daarna het die appellant die slaapkamer verlaat en in die kombuis gaan staan maar weer teruggekom en die oorledene onverhoeds geskiet terwyl hy op die bed gesit het, besig om sy broek aan te trek. Appellant het erken dat hy die slaapkamer in is met 'n vuurwapen. Volgens hom het hy geld van die oorledene geëis waarop laasgenoemde opgestaan het van die bed en na 'n hangkas gegaan het om, soos die appellant verwag het, geld daaruit te haal. By die kas het hy egter 'n byl tevoorskyn gebring en na die appellant gekap. Sonder die bedoeling om hom raak te skiet en bloot om hom skrik te maak, het hy toe ' n skoot in die rigting van die oorledene geskiet wat hom toevallig getref het omdat hy beweeg het. Die verhoorhof het appellant se weergawe verwerp en mev Motha s'n aanvaar.

4

Die appèl teen die skuldigbevinding op aanklag 10 wentel om die verwerping van appellant se getuienis. Dit is oorbekend dat geloofwaardigheidsbevindings hoofsaaklik weens die voordeel van die verhoorhof om die getuies te sien en te hoor getuig - nie ligtelik op appêl versteur word nie. 'n Appél bly nogtans 'n herverhoor waarop die appellant geregtig is en, soos aangedui in o a Rex v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) op 699 en Protea Assurance Co Ltd v Casey 1970 (2) SA 643 (A) op 648 E, moet die voordeel wat die verhoorhof geniet om kwessies van geloofwaardigheid te beoordeel nie oorbeklemtoon word sodat die vooruitsigte op 'n suksesvolle appêl op die feite bloot denkbeeldig word nie. Gedagtig aan hierdie elementêre beginsels, is die verhoorhof se redes vir sy geloofwaardigheidsbevindings vanselfsprekend van beslissende belang. Aan die hand dáárvan is dit die taak van die hof van appèl om te oordeel of die getuienis behoorlik oorweeg is en of die

5

verhoorhof tot die korrekte gevolgtrekking gekom het

betreffende die aanvaarbare en verwerplike gedeeltes

daarvan. Daarom kan dit met reg van verhoorregters

verwag word om toe tê sien dat die redes behoorlik

geformuleer en in die uitspraak vermeld word.

Ek noem dit in die lig van die uitspraak in die

huidige geval. Soos reeds aangedui, was daar 'n

wesenlike geskil oor die gebeure wat die skietery

voorafgegaan het en is mev Motha se weergawe aanvaar.

Geen werklike redes is egter aangevoer waarom sy as 'n

geloofwaardige getuie beskou is nie. Die verhoorregter

het volstaan met die volgende kriptiese opmerking:

"No, there is no doubt that the wirtness gave excellent evidence, she was a good witness, we have no doubt whatsoever she is telling the truth. We heard Mr Vermeulen suggest that because it was early in the morning she did not perhaps quite see what was happening, it all happened very quickly. Well, of course, we have taken that into account.

6

Geen erkenning word verleen aan die feit dat sy die enigste staatsgetuie was nie en nêrens word haar weergawe getoets aan die waarskynlikhede of andersins ontleed om die beweerde uitstekende gehalte daarvan te illustreer nie. Boonop is dit totaal onmoontlik, met kursoriese behandeling soos hierdie, om te oordeel of mev Motha se getuienis behoorlik oorweeg is. Billikheidshalwe moet bygevoeg word dat sy alles behalwe deeglik gekruisvra is. Soos later sal blyk, is daar uitstaande agterdogwekkende aspekte van haar getuienis. Daaroor is sy nie gekruisvra nie - die kruisondervraging beslaan 'n skamele 21 reëls van die oorkonde en behels niks meer nie as vier eenvoudige vrae en enkele stellings oor appellant se weergawe; dit strek geen advokaat enigsins tot eer nie. Maar wat ook al die aard van die kruisondervraging was, dit was steeds die hof se taak om haar getuienis deeglik te oorweeg. Die uitspraak bevat geen aanduiding dat dit inderdaad gedoen is nie.

7

Ter verduideliking van die verhoorregter se

opmerkings oor appellant se weergawe is dit nodig om te

meld dat hy getuig het dat hy vantevore 'n uitval met die

oorledene gehad het omdat, soos hy dit in sy getuienis

gestel het,

" . . .. hy en twee ander het my beskuldig oor 'n aangeleentheid by die werk wat vals was en as gevolg van daardie aantygings het ek my werk verloor."

Gevra waarom hy die betrokke nag na die oorledene is,

het hy geantwoord:

"Ja kyk, weens sy optrede het ek my werk verloor. Ek het na hom gegaan en vir hom gesê hy moet my 'n loon gee.

Wou u die oorledene doodskiet?— Nee, ek het gedink as ek die wapen te voorskyn bring, sal hy bang wees en dan sal hy gee wat ek wil hê."

Dit is ook nodig om te let op die volgende passasie in

die oorkonde waar die appelant deur die staatsadvokaat

gekruisvra is en die verhoorregter tussenby getree het:

" U het nie vir die oorledene gewerk nie, is dit reg?— Nee

8

So hy het nie vir jou geld geskuld nie?— Nee.

Jy het na die huis toe gegaan en die vuurwapen saamgevat om hom te dwing om vir jou geld te gee?— Maar ek het reg daartoe gehad, want hy is die oorsaak dat ek my werk verloor het.

HOF: Ag, u weet, die aanklaer stel dit aan u, hy het nie vir jou geld geskuld nie?— Nee.

Nou as jy nou vir hom wou yra dat hy jou 'n bietjie help omdat jy jou werk verloor het, hoekom gaan jy nie op 'n behoorlike en redelike tyd na die man nie?— Destyds was ek 'n gesoekte persoon gewees, ek het nie gewerk nie, ek was werkloos."

Die appellant se getuienis is soos volg

verdoem:

"I have never heard such a lot of nonsense in my life, neither have the two assessors. I do not know whether the accused thinks that we are children that we can be imposed upon by this sort of rubbish. Whether or not at any stage, previously, he had some falling out with the deceased, I do not know. The widow says she knows nothing about this, it is the first time that she had seen this man, but of course she would not specifically know, necessarily, that they had some falling out, although I think it highly likely she would have known. But his

9

story that he would go at 04h00 in the morning like a thief in the night to try and get some money back is nonsense. His story further that he did not mean to shoot the deceased, because the deceased walked in the same direction as the bullet is equally ridiculous."

Die vrae wat die verhoorregter tydens appellant

se kruisondervraging gevra het, openbaar dat hy onder die

indruk was (en dat hierdie indruk by hom en ook by die

assessore gebly het, blyk uit die opmerkings in die

uitspraak) dat appellant te kenne gegee het dat hy hom

as' t ware hoed in die hand tot die oorledene gewend het

vir geldelike bystand. Dit was nooit sy saak nie: die

staatsadvokaat het sy bewering korrek opgesom in die

aangehaalde gedeelte van die kruisondervraging, nl dat hy

geld van die oorledene wou afdwing met die vuurwapen.

Waar dit was wat hy beoog het en waar hy boonop reeds

voortvlugtend was, is dit nie net verstaanbaar nie maar

inderdaad hoogs waarskynlik dat hy sy plan nie helder

oordag of vir die oorledene op 'n meer geleë tydstip sou

10

uitvoer nie. Sy getuienis in hierdie verband is alles behalwe onsinnig en daar bestaan geen rede om dit te verwerp nie, veral waar dit boonop in ooreenstemming is met die waarskynlikhede. Dit is reeds gemeld dat die appellant skuldig gepleit het aan 'n reeks ander oortredings. Hy was 'n bedrywige inbreker, rower en dief. Sy bewering dat hy weer daarop uit was om te buit val dus geensins vreemd op nie te meer daar hy geglo het dat Motha een van die was wat hom sy werk gekos het.

Die verhoorhof se wanopvatting van appellant se weergawe lê aan die wortel van die verwerping daarvan maar dui ook daarop dat mev Motha se getuienis nie be-"hoorlik oorweeg kon gewees het nie. Op sigself genome, kom haar bewering dat appellant haar man beveel het om op te staan en toe na die kombuis beweeg het maar teruggekom en hom koelbloedig geskiet het juis terwyl hy besig was om die bevel te gehoorsaam, verdag voor. Sulke optrede sou sinneloos en redeloos wees en 'n raaisel maak van die

11

doel van appellant se besoek. En, indien die hof besef het dat appellant se saak was dat hy beoog het om die oorledene te beroof en dat daardie bewering as 'n redelike moontlikheid aanvaar moes word, moes dit ook besef het dat mev Motha se verhaal nie net verdag nie, maar inderdaad so onwaarskynlik was dat dit nie aanvaar kon word nie. Ek sê dit omdat dit eenvoudig te veel gevra is om te glo dat appellant, vuurwapen in die hand en met roof as oogmerk, die huis sou binnegaan en dan sy hulpelose slagoffer terstond sou skiet sonder om (soos mev Motha in kruisondervraging nadruklik beweer het) van sy aardse besittings op te eis. Kortom: word dit eenmaal as redelike moontlikheid aanvaar (soos dit moet) dat appellant die huis besoek het om die oorledene te beroof, moet mev Motha se ontkenning dat hy geld van die oorledene geëis het en haar verhaal oor die skietery verwerp word.

12

Wat dan oorbly is appellant se eie verduideliking van die oorledene se dood.

Die verhoorhof het sy bewering dat hy die oorledene per ongeluk getref het omdat laasgenoemde beweeg het sonder aangifte van redes as onsinnig verwerp. In hierdie hof het die staatsadvokaat slegs aangevoer dat dit fisies onmoontlik is vir 'n persoon om voor 'n koeël in te beweeg. Ek moet sê dat ek hierdie betoog eienaardig vind in die lig van die aanvaarding by die verhoor deur dieselfde staatsadvokaat van appellant se pleit van skuldig aan strafbare manslag op aanklag 31 (waarin hy ook aangekla was van moord) op grond daarvan dat hy na die bene van die oorledene in daardie aanklag . geskiet het maar laasgenoemde in die kop getref het omdat hy vooroor gebuk het. Hoe dit ook al sy, die getuienis oor presies wat gebeur het, is so karig dat appellant se bewering nie as 'n onmoontlikheid verwerp kan word nie. In hoofondervraging het hy slegs getuig:

13

"Hy het toe na my gekap met hierdie byl en hy was te naby aan my gewees. Om hom skrik te maak het ek toe geskiet, maar toevallig is hy getref."

Die enigste vraag in kruisondervraging oor die skoot was:

"Jy weet as 'n mens iemand anders met 'n vuurwapen skiet kan hy doodgaan?

Die antwoord was:

"Ek het eintlik nie na die man gemik nie. Ek het gedink as ek 'n skoot afvuur sal hy bang word, maar ek skiet toe in 'n rigting en hy beweeg ook in daardie rigting, toe is hy getref."

Indien die staatsadvokaat die fisiese moontlikheid van

die bewering betwyfel het, moes hy appellant behoorlik

gekruisvra het. Op die beskikbare getuienis bestaan

daar geen rede vir die verwerping van sy verduideliking

nie.

In die lig van die voorafgaande en die redelike

moontlikheid dat die oorledene toevallig getref is, kon

die appellant nie skuldig bevind word aan moord nie. Sy

advokaat in hierdie hof het egter tereg toegegee dat hy

14

op sy eie weergawe skuldig is aan strafbare manslag omdat hy die dood van die oorledene redelikerwys moes voorsien het toe hy die skoot geskiet het. Die skuldigbevinding op aanklag 10 sal dienooreenkomstig verander word. Die vonnis sal later aandag geniet.

Soos aanvanklik aangedui, is die appêl ook gerig teen die vonnisse wat die appellant opgelê is op die aanklagte waarop hy skuldig gepleit het. Dit sluit misdade in soos verkragting, menseroof, poging tot moord, strafbare manslag, aanranding met die opset om ernstig te beseer, huisbraak met die opset om te steel en diefstal, huisbraak met die opset om te roof en roof, motordief-stal, ontsnapping uit wettige bewaring en die onwettige besit van wapens en ammunisie. Uitgesonderd sommige aanklagte van verkragting wat gepaard gegaan het met menseroof, het die verhoorregter nie beveel dat die vonnisse of gedeeltes daarvan gelyktydig uitgedien word nie - vandaar die uitsonderlike lang totale termyn van

15

122 jaar en 6 maande gevangenisstraf. In die

uitspraak oor vonnis het hy opgemerk (nadat hy bevind

het dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis op

aanklag 10 was):

" in so far as the other counts are

concerned I have taken into account what Mr Vermeulen had said and I do not propose to juggle with the sentences and make some of them run concurrently with the others, because I wish to make perfectly clear that if, for some unfortunate reason, this man escapes the death penalty, then my intention is, and I wish this to be brought to the attention of the prison authorities, that he remain in jail for the rest of his life. He is a wicked person."

Appellant se advokaat het twee besware teen die vonnisse

geopper. Eerstens het hy aangevoer dat die verhoor-

regter nie oor voldoende inligting beskik het om hom in

staat te stel om 'n gepaste vonnis ten opsigte van elke

aanklag behoorlik te oorweeg nie. Sy tweede beswaar

was teen die verhoorregter se weiering om te gelas dat

sekere van die vonnisse gesamentlik uitgedien word wat.

16

volgens hom, 'n skokkende lang totale termyn tot gevolg gehad het.

Wat die eerste beswaar betref, blyk dit uit die oorkonde dat die appellant wel getuienis ter strafver-sagting afgelê het na skuldigbevinding maar dit was toegespits op die doodvonnis wat op aanklag 10 opgelê kon word. Die betoë was ook daarop toegespits en min is gesê oor die vonnisse op die ander aanklagte. Op daardie stadium was appellant se advokaat terdeë bewus van die afwesigheid van getuienis met die oog op gepaste vonnisse; in sy betoog het hy byvoorbeeld opgemerk dat, hoewel daar nie getuienis was nie, hy die hof kon meedeel dat die klaagsters wat verkrag is nie fisies beseer was nie. Origens het hy egter versuim om enige versagtende feite voor te lê of om die hof se aandag te vestig op die afwesigheid van inligting aan die hand waarvan gepaste vonnisse opgelê kon word. Eers in 'n aansoek om verlof om te appelleer wat hy na vonnis tot die verhoorregter

17

gerig het, het hy daarvan gewag gemaak toe hy betoog het dat "there is not a shred of evidence before this court about the facts of any of those charges".

Beide advokate wat by die verhoor opgetree het, het - waarskynlik weens die pleit van skuldig - nie veel aandag gegee aan die ander aanklagte nie. In 'n skriftelike verklaring onder art 112(2) van die Strafproseswet wat appellant se advokaat voorberei het, is, met enkele uitsonderings, niks meer as die formele bewerings ten opsigte van elke aanklag in die klagstaat erken nie. Die advokate was ongetwyfeld bewus dat, soos die staatsadvokaat in sy skriftelike betoogpunte in hierdie hof toegegee het, "die hof a guo oor die minimum van besonderhede oor elk van die misdade beskik het" en dat, selfs al sou die verhoorregter vir doeleindes van vonnis na die opsomming van wesenlike feite onder art 144(3)(a) van die Strafproseswet verwys het, dit hom nie juis sou baat nie omdat "die besonderhede daarin vervat

18

uiters gering is". (Ek spreek geen mening uit oor die toelaatbaarheid van so 'n verwysing nie.) En, soos reeds aangedui, was hulle betoë in die verhoorhof ook nie van enige werklike nut nie. Skynbaar het hulle besef dat 'n lang termyn gevangenisstraf die appellant in elk geval voor die deur gestaan het en was hulle tevrede om die duur daarvan aan die verhoorregter oor te laat. Dit alles het daartoe gelei dat hierdie hof by die verhoor van die appél self moes vra wat ons te doen staan aange-sien ons oor dieselfde karige besonderhede as die verhoorregter beskik het. Met die oog op die spoedige afhandeling van die appêl en om 'n terugverwysing na die verhoorhof te vermy, het die advokate toe onderneem om ons van 'n stel ooreengekome feite met betrekking tot elke aanklag te voorsien. Die ooreengekome feite is egter maande later eers ontvang en intussen moes uitspraak agterweë gehou word terwyl die appellant sy lot

19

in die skadu van 'n doodvonnis moes afwag. Geregtigheid

word sekerlik nie op hierdie manier gedien nie.

Ongelukkig moet ek byvoeg dat ek dit onbegryp-

lik vind dat die verhoorregter bereid was om die

appellant te vonnis - en dit nogal tot so 'n ontsaglike

lang termyn - sonder behoorlike ondersoek na alle faktore

wat die straf kon beïnvloed, insluitende die omstandig-

hede waaronder elke oortreding gepleeg is. Die

opmerkings in S v Soci 1986 (2) SA 14 (A) op 17 I - 18 A

is eenyoudig geïgnoreer, skynbaar omdat die betrokke

regter sy eie siening oor strafoplegging het waarby die

omstandighede waaronder 'n oortreding gepleeg is geen rol

speel nie. In sy uitspraak in die aansoek om verlof. om

te appelleer het hy hom naamlik soos volg uitgelaat:

"Now in this particular case, of course, I did not know what went on. The only indication I had was what was said in the section 112 proceeding and also in the charge-sheet and I think it is in seven and eight of the summing up (of) the facts, which, of course, are very small, very limited and do not say a great deal,

20

but that does not worry me in the slightest. Not in the slightest. Attempted murder is the attempt to take deliberately the life of somebody else. Murder has always, certainly by me and all other judges that I have ever known, reasonable judges that is, considered to be the most terrible crime that you can commit, because life is the most important thing that one has. So that attempted murder to me is a very, very serious of f ence. The fact that I am not told exactly how or where the man shot or why it was only attempted murder and was not something else is to me completely irrelevant for the present purposes. Nine years seems to me a moderate sentence for attempted murder."

Die voor-die-hand-liggend korrekte benadering

verskyn in die uitspraak van Friedman R in S v Banda and

Others 1991 (2) SA 352 (BGD) op 356 B, naamlik:

"Merely to find that a crime is by itself serious without regard to the setting and its factual context, and thereby concluding that the crime committed by the offender is therefore also serious, is not appropriate, and may result in a serious misdirection. The Court does not and cannot rely on a catalogue of crimes. To do so would result in a purely mechanistic approach, whereby the Court, in its judicial discretion, would fail to pay due

21

regard to the facts and circumstances of the particular crime."

(Vgl ook S v P 1989 (1) SA 760 (K) op 762 A - D.) Die

verhoorregter se eksentrieke benadering het meegebring

dat hy byvoorbeeld, benewens die twee aanklagte van

poging tot moord wat hy uitdruklik behandel het in die

aangehaalde gedeelte van sy uitspraak, dieselfde vonnis

van 5 jaar gevangenisstraf opgelê het op elke aanklag van

huisbraak met die opset om te steel en diefstal (en 7

jaar op elke aanklag van huisbraak met die opset om te

roof en roof) hoewel die waarde en aard van die goedere

wat gesteel of geroof is in sommige gevalle opmerklik

verskil. Ewe insiggewend is die 2 jaar gevangenisstraf

op aanklag 38 wat die appellant opgelê is weens

aanranding met die opset om ernstig te beseer sonder

enige kennis van die werklike aard en erns van die

aanranding en die beserings wat die klaagster opgedoen

het of die rede vir die aanval.

22

Dit baat egter nie veel om die vonnis op elke aanklag afsonderlik te bespreek nie aangesien dit eintlik gaan om die kumulatiewe effek. Die verhoorregter het doelbewus 'n totale effektiewe termyn opgelê wat die appellant se verwagte lewensduur oorskry omdat hy wou verseker dat hy nooit losgelaat sou word indien hy die doodvonnis op aanklag 10 sou vryspring nie. Die enigste rede wat hy hiervoor aanvoer is dat die appellant 'n "wicked person" is maar dit moet aanvaar word dat die aandrang op sy gevangehouding vir die res van sy lewe gespruit het uit die verhoorregter se beoordeling van sy persoonlikheid aan die hand van die misdade wat hy gepleeg het. Daarom is dit nodig om die oortredings waaraan hy skuldig gepleit het, nader te betrag. Maar eers is daar sy vorige veroordelings.

Gedurende 1973 is hy op tienderjarige leeftyd skuldig bevind aan die diefstal van visgereedskap uit 'n motorhuis en daarna aan huisbraak met die opset om te

23

steel en die diefstal van 'n klein bedraggie geld. In beide gevalle is lyfstraf met 'n ligte rottang opgelê. Daarna het hy vir ongeveer 11 jaar nie met die gereg gebots nie maar gedurende 1984 is hy skuldig bevind weens die besit van dagga en beboet. Gedurende 1988 het hy vir die eerste maal 'n misdaad gepleeg waarby geweld betrokke was en is hy skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die vonnis was 'n boete van R100 of 90 dae gevangenisstraf. Volgens appellant het hierdie veroordeling betrekking gehad op sy vorige uitval met Motha. Hy het laasgenoemde en 'n ander persoon met 'n kierie te lyf gegaan omdat hulle vals gerugte oor hom versprei het. Hy kon die boete nie betaal nie en toe hy uit die gevangenis kom, het hy gevind dat hy sy werk verloor het. Later gedurende 1988 is hy skuldig bevind op ses aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Hy is 'n opgeskorte vonnis opgelê - waarom weet ek nie - op voorwaarde o a dat hy sommige van die

24

klaers in maandelikse paaiemente vergoed. Die voorwaarde is blykbaar nie nagekom nie. Kort daarna het appellant met die huidige reeks misdade begin. Hy het oral in die omgewing by huise ingebreek en gesteel. Op 'n stadium is hy gearresteer maar hy het ontsnap en daarna het dit eens so erg gegaan veral nadat hy - tydens een van die inbrake - vuurwapens in die hande gekry het. Waar hy ingebreek het en die huisbewoners nie tuis was nie, het hy eenvoudig gesteel wat hy wou maar die wat tuis was, is telkens met 'n vuurwapen gedreig en beroof en waar hulle weerstand gebied het, het hy nie gehuiwer om te skiet nie. Dit is reeds bekend wat in Motha se huis gebeur het. Nog 'n persoon wat hom teen appellant se roofpoging verset het, is doodgeskiet (aanklag 31 waarna vroeër verwys is) en twee ander is getref maar gelukkig sonder dodelike gevolge. (Dit het aanleiding gegee tot aanklagte 15 en 17 waarop hy skuldig gepleit het aan poging tot moord.) Daarby het dit egter nie

25

gebly nie want appellant het blykbaar ook 'n besondere voorliefde vir vroue. Op aanklag 1 het hy skuldig gepleit aan verkragting. Hy het die ongelukkige vrou langs die pad teëgekom en met 'n mes gedreig om met hom omgang te hê. Later, nadat hy die vuurwapens in die hande gekry het, was dít waarmee hy sy vroulike slagoffers tot oorgawe gedwing het. Aanklagte 11, 12 en 13 dui aan hoe hy te werk gegaan het. Nadat hy mev Motha se man gedood het, het hy haar uit die huis ontvoer deur haar met die vuurwapen te dreig en later het hy haar twee maal met derglike dreigemente tot geslagtelike omgang gedwing. Dieselfde lot het 'n 16-jarige dogter later te beurt geval by 'n ander huis waar hy ingebreek en die eienaar beroof het.

Voorafgaande is 'n breë oorsig van appellant se misdade. Sy skrikbewind het ongeveer 'n jaar geduur en is eers beëindig toe hy gearresteer is. By die verhoor het hy skuldig gepleit op 5 aanklagte van huisbraak met

26

die opset om te steel en diefstal, 4 van huisbraak met die opset om te roof en roof, 1 van huisbraak met die opset om 'n misdryf aan die aanklaer onbekend te pleeg, 1 van huisbraak met die opset om te roof, 2 van motordiefstal, 1 van gepoogde motordiefstal, 1 van strafbare manslag, 2 van poging tot moord, 1 van aanranding met die opset om ernstig te beseer, 2 van menseroof, 5 van verkragting, 1 van ontsnapping uit wettige bewaring en 1 van die onwettige besit van wapens en ammunisie. Billikheidshalwe moet gesê word dat hierdie lys, hoe formidabel dit ook al is, miskien ernstiger voorkom as wat dit werklik is omdat verskeie aanklagte uit een deurlopende stel feite gespruit het. Aanklagte 11, 12 en 13, en ook 28, 29 en 30 waarna reeds verwys is, is sprekende voorbeelde. Ander is aanklagte 8 en 43 (motordiefstal); op die betrokke geleenthede het die appellant eers huisbraak en diefstal in die huis gepleeg (aanklagte 7 en 42) en toe die eienaars se motors

27

ook gesteel. En die wapens en ammunisie wat hy onwettig besit het, het hy tydens 'n inbraak gesteel (aanklag 33).

Appellant se advokaat het aangevoer dat gevangenisstraf van meer as 25 jaar slegs by wyse van hoë uitsondering opgelê word en dat dit nie geregverdig is in die huidige geval nie. Ofskoon in S v Morris en 'n Ander 1989 (2) SA 643 (A) op 645 F - G opgemerk is dat gevangenisstraf van meer as 25 jaar slegs in "enkele, buitengewone" gevalle te regverdig is en dergelike dicta in etlike ander gewysdes verskyn (bv in S v Tuhadeleni and Others 1969 (1) SA 153 op 155 H, S v Whitehead 1970 (4) SA 424 (A) op 438 H en S v Skenjana 1985 (3) SA 51 op 55 H), is daar niks wat so 'n vonnis in 'n gepaste geval verhoed nie (vgl S v Sibiya 1973 (2) SA 51 (A) op 57 G -H en die asnog ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof in S v Muller (gelewer op 27 November 1992 in Saak No 338/91) ). Die onderhawige is by uitstek so 'n geval.

28

Die omvang, aard en erns van appellant se wandade spreek vir sigself. Wat veral opval is sy brutaliteit en sy gevoelloosheid teenoor sommige van sy slagoffers. Respek vir hulle lewens en liggame het hy sekerlik nie getoon nie en vir hulle goedere natuurlik nog minder. Die byna dierlike wyse waarop hy die luste van sy vlees bevredig het, moet ook nie misgekyk word nie. Dit, en sy impulsiewe gewelddadigheid waarmee hy volhard het selfs na sy aanvanklike arrestasie en ontsnapping terwyl hy 'n voortvlugtende van die gereg was, dui sterk daarop dat sy straf nie alleen as boetedoening moet dien nie, maar dat sy vonnis, ter beskerming van die gemeenskap, hoofsaaklik gerig moet wees op die voorkoming van dergelike optrede in die toekoms. Sou daar enige werklike vooruitsigte op hervorming gewees het, mag die resultaat anders gewees het, maar daar is geen aanduidings dat die appellant vatbaar is daarvoor nie. Dit is waar dat hy hom, na sy

29

eerste teregwysing gedurende 1973, vir ongeveer 15 jaar weerhou het van ernstige misdaad. Dit is ook waar dat die vlaag misdade wat tans ter sprake is, gepleeg is nadat hy vrygelaat is uit die gevangenis en gevind het dat hy sy werk kwyt was. Hy het egter nie probeer te kenne gee dat al sy oortredings uit nood gebore was nie en, gesien die aard daarvan, sou so 'n aanspraak in elk geval onsinnig wees. Hy het eenvoudig doelbewus besluit op 'n loopbaan as beroepsmisdadiger en daarmee volgehou totdat hy aangekeer is. Hy het 'n geharde rampokker geword wat gewoond is om sy wil gewelddadig te laat geld. Daar is geen rede om enigsins te vermoed dat hy in die toekoms 'n ander weg sal inslaan nie. Daarom kan effektiewe beskerming slegs aan die gemeenskap verleen word deur te probeer verseker dat hy nie weer vrygelaat word nie.

Die verhoorregter het ongetwyfeld dieselfde doel voor oë gehad met sy weiering om toe te laat dat die

30

vonnisse op die afsonderlike aanklagte gelyktydig

uitgedien word. Ek verkies egter 'n eenvoudige vonnis

van lewenslange gevangenisstraf wat meer realisties is

omdat dit nie een is wat die appellant nooit sal kan

uitdien nie en boonop sal meebring dat daar - weens die

bepalings van art 64 van Wet 8 van 1959, soos gewysig -

verantwoordelike beheer oor sy aanhouding behoort te

wees. Soos aangedui in S v Younq 1977 (1) SA 602 (A) op

610 G kan daar, anders as wat die geval met verhoorhowe

is, nie probleme ontstaan wanneer hierdie Hof 'n

gesamentlike vonnis oplê vir meerdere oortredings wat

tesame geneem word vir doeleindes van vonnis nie. Dit

is wat ek van voorneme is om te doen.

Die volgende bevel word gemaak:

1. Die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis op aanklag 10 word gehandhaaf en die betrokke skuldigbevinding en vonnis vernietig. Die skuldigbevinding word vervang met een van strafbare manslag.

31

2. Die appél teen die vonnisse op die ander
aanklagte word gehandhaaf tot die mate dat die
vonnisse vernietig word en vervang word met die
vonnis in paragraaf 3 hiervan.

3. Aanklag 10 en al die ander aanklagte waarop die
appellant veroordeel is, word tesame geneem vir
doeleindes van vonnis en die appellant
veroordeel tot lewenslange gevangenisstraf.

J J F HEFER

MILNE JA)

VAN DEN HEEVER JA) STEM SAAM

▲ To the top