Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk and Others (308/91; 326/91) [1993] ZASCA 57 (14 Mei 1993)


LL Saak Nos 308/1991 en 326/1991

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

BEVRAY INVESTMENTS (EDMS) BPK Appellant

en

BOLAND BANK BPK Eerste Respondent

PIETER P VOGES Tweede Respondent

VOJAY NOMINEES (EDMS) BPK Derde Respondent

TASKOR BELEGGINGS (EDMS) BPK Vierde Respondent

In die teenappèl van:

BOLAND BANK BEPERK Appellant in die teenappèl

en

TASKOR BELEGGINGS

(EDMS) BEPERK Respondent in die teenappèl

CORAM: BOTHA, E M GROSSKOPF, EKSTEEN ARR

NICHOLAS et VAN COLLER Wnd ARR

VERHOORDATUM: 4 MAART 1993

LEWERINGSDATUM: 14 MEI 1993

UITSPRAAK BOTHA AR:-

2 In Junie 1989 het Boland Bank Beperk (hier-na genoem "die Bank") 'n aksie in die Afdeling Kaap die Goeie Hoop ingestel teen vier verweerders: P P W Voges ("Voges"),

Bevray Investments (Edms) Bpk ("Bevray") Vojay Nominees (Edms) Bpk ("Vojay") en Taskor Beleggings (Edms) Bpk ("Taskor"). Die Bank se eis teen Voges was vir die terugbetaling van geld wat hy aan die Bank verskuldig was uit hoofde van die gebruikmaking van oortrek-kingsfasiliteite op sy lopende rekening by die Bank. Ten tye van die verhoor van die aksie in die hof a quo was dit. gemene saak tussen al die partye dat die kapitale bedrag van Voges se skuld teenoor die Bank Rl 650 000,00 beloop het.

Die Bank se eise teen die ander drie ver-weerders was gebaseer op aparte borgaktes wat elk van hulle aangegaan het ter versekering van Voges se

3 skuld op sy oortrokke, rekening. Die borgaktes van Vojay en Taskor was onbeperk ten aansien van bedrag; Bevray s'n was beperk tot 'n bedrag van R500 000,00. As sekuriteit vir die nakoming van sy verpligting het Bevray ook 'n verband laat registreer oor sy plaas Grootfontein, in die distrik Clanwilliam.

Bevray en Taskor se verweer teen die Bank se eise teen hulle was dat hulle sekerheidstellings ongeldig en nietig was, op gronde wat weldra sal blyk, en aansluitend daarby het elk van hulle 'n teeneis teen die Bank ingestel vir 'n verklarende bevel te dien effekte.

Na die afloop van die verhoor het die verhoorregter (FOXCROFT R) in sy uitspraak bevele uitgereik, waarvan die effek kortliks weergegee kan word soos volg:

1. Vonnis word verleen teen Voges en Vojay, gesamentlik en afsonderlik.

4

vir die betaling van die bedrag van Rl 650 000,00, met rente en koste;

  1. Vonnis word veríeen teen Bevray, gesamentlik en afsonderlik met Voges en Vojay, vir die betaling van die bedrag van R500 000,00, met rente en koste, en dit word verklaar dat die plaas Grootfontein uitwinbaar is;

  2. Bevray se teeneis word afgewys; en

  3. Taskor se teeneis slaag, met koste, en dit word verklaar dat Taskor se borgakte nietig is.

Daarna het Bevray by die verhoorregter aansoek gedoen om verlof om na hierdie Hof te appel-leer teen die bevele waarna verwys word in paragrawe 2 en 3 hierbo. Die aansoek is toegestaan en die koste daarvan is gelas koste in die appèl te wees. Terselfdertyd het die Bank aansoek gedoen om verlof

5

om na hierdie Hof te appelleer teen die bevele waarna verwys word in paragraaf 4 hierbo. Dié aansoek is ook toegestaan, en die verhoorregter het beveel dat die koste daarvan koste in die teenappèl sou wees. Soos die verhoorregter (en die advokate wat voor ons opgetree het), sal ek na Bevray se appèl verwys as die appèl, en na die Bank se appèl as die teenappèl. (In die appèl is Bevray die appellant en die Bank die eerste respondent; in die teenappèl is die Bank die appellant en Taskor die respondent.)

Soos blyk uit die voorgaande oorsig, is die vonnis wat die verhoorhof teen Voges en Vojay toege-staan het (paragraaf 1 hierbo) nie in die gedrang nie. Dit kan verder buite beskouing gelaat word.

Wat in geskil is, is die geldigheid of ongeldigheid van die verweer wat Bevray en Taskor teen die Bank se eise geopper het. Soos ek reeds aangedui het, is die verweer dat die betrokke seker-

6 heidstellings ongeldig en nietig is - in die geval van Taskor, sy borgakte, en in die geval van Bevray, sy borgakte en verbandakte. In albei gevalle berus die verweer op die bepalings van artikel 226 van die Maatskappywet 61 van 1973 ("die Wet"), maar die geskilpunte wat daaruit voortspruit is tog nie pre-sies dieselfde nie, soos reeds blyk uit die feit dat die verhoorhof die verweer in die geval van Bevray afgewys het en in die geval van Taskor gehandhaaf het. Dit sal weldra nodig wees om die bepalings van artikel 226 van die Wet aan te haal en te ontleed. Vir eers is dit genoeg om net die kern van die bepal-ings te noem wat in hierdie saak op die voorgrond staan: geen maatskappy mag sekuriteit aan 'n ander persoon voorsien in verband met 'n verpligting van 'n direkteur of bestuurder van die maatskappy of sy houermaatskappy nie, maar die verbod is nie van toepassing op die voorsiening van sekuriteit deur 'n

7 maatskappy in verband met 'n verpligting van sy eie direkteur of bestuurder met die toestemming van al die lede van die maatskappy nie. Bevray en Taskor voer aan dat hulle sekuriteite getref word deur die verbodsbepaling van artikel 226; die Bank se saak is dat die sekuriteite val onder die uitsonderings-bepaling van die artikel. Dit is met die oog op hierdie bepalings en kontensies dat die feite van die saak nou in oënskou geneem moet word.

Die feite wat aanleiding gee tot die geskilpunte is grotendeels gemene saak en kan kort-liks saamgevat word. Ter aanvang moet ek egter eers meld dat Voges tot op 13 April 1988 sy bankrekening en oortrekkingsfasiliteite gehad het by Distriksbank Beperk ("Distriksbank"). Op daardie datum het die Bank ingevolge artikel 30 van die destydse Bankwet 23 van 1965 al die bates en laste van Distriksbank oorgeneem en daarmee is al die regte en verpligtings

8

van Distriksbank aan die Bank oorgedra. Daarna het Voges sy rekening by die Bank gehad en het die Bank steeds oortrekkingsfasiliteite aan hom verleen. Bevray en Taskor se sekerheidstellings is reeds voor die oorname aan Distriksbank verleen, maar met die oorname het die Bank die begunstigde daarvan geword en dus kan die Bank dit nou afdwing, as dit afdwingbaar is. Die oorname het geen uitwerking op die geskilpunte tussen die partye nie. Gevolglik, om onnodige omslagtigheid te vermy, verwys ek voortaan slegs na "die Bank", as omvattend ook 'n verwysing na Distriksbank, ten opsigte van gebeure wat plaasgevind het voor die oorname op 13 April 1988.

Taskor se borgakte is aangegaan en aan die Bank verstrek op 23 Augustus 1982, en Bevray s'n op 4 Januarie 1988. Bevray se verband oor sy plaas ten gunste van die Bank is geregistreer op 15 Januarie 1988.

9 Voges ('n aandelemakelaar van beroep) het gedurende 1975 al die aandele in Taskor aangekoop en dit toe in gelyke dele oorgedra aan sy drie minder-jarige kinders. In Augustus 1982 was die kinders, die enigste aandeelhouers in Taskor, nog al drie minderjarig. (Tussen Augustus 1982 en Januarie 1988 het een van die kinders te sterwe gekom en is sy aandele oorgedra aan die ander twee kinders, wat die enigste aandeelhouers gebly het.)

Bevray was te alle tersaaklike tye 'n volfiliaal van Taskor.

Voges was te alle tersaaklike tye 'n direkteur en die bestuurder van beide Taskor en Bevray. In besonderhede wat verstrek was vir die doeleindes van die verhoor het Taskor en Bevray beweer dat Voges die alleen-direkteur en bestuurder van die twee maatskappye was. (Blykens een van die bewysstukke wat voor die verhoorhof geplaas is, kon

10

Voges se gewese vrou moontlik in 'n stadium ook 'n direkteur van Taskor gewees het. Dit is egter van geen belang by die beslegting van die geskilpunte nie.)

Taskor en Bevray se borgskappe en Bevray se verband is deur Voges aan die Bank beskikbaar gemaak omdat hy verhoogde oortrokke fasiliteite wou gehad het en die Bank nie bereid was om dit toe te staan sonder bykomende sekuriteit nie. In Augustus 1982 is die fasiliteit van R200 000,00 tot R375 000,00 ver-hoog. Die borgakte van Taskor, waarin Taskor hom as borg en mede-hoofskuldenaar teenoor die Bank verbind het vir Voges se verpligtings teenoor die Bank, is namens Taskor aangegaan en onderteken deur Voges as direkteur van Taskor. Gepaard met die borgakte het Voges 'n sertifikaat onderteken en aan die Bank verskaf, waarin gesertifiseer word dat 'n besluit op 'n vergadering van die direkteure van Taskor op 23

11

Augustus 1982 geneem is wat Taskor magtig om die borgakte aan te gaan en wat Voges magtig om dit namens Taskor te onderteken.

In Januarie 1988 is Voges se oortrek-kingsfasiliteit, wat intussen gegroei het tot R2 000 000,00 verder verhoog tot R2 400 000,00. Bevray se borgakte was van dieselfde strekking as dié van Taskor (maar beperk tot 'n bedrag van R500 000,00). Voges het dit namens Bevray onder-teken, as direkteur van Bevray, en so ook die volmag wat nodig was vir die verlening van die verband. Voges het ook 'n sertifikaat onderteken en aan die Bank verskaf met die strekking dat dle betrokke handelinge gemagtig was op 'n vergadering van die direkteure van Bevray op 4 Januarie 1988.

Voges het getuig dat hy ten tye van al die transaksies met die Bank heeltemal onbewus was van die bepalings van artikel 226 van die Wet. Dié

12 getuienis is nie betwis nie. (Die beampte van die Bank met wie Voges die transaksies op beide geleent-hede beklink het, Jordaan, het insgelyks getuig dat ook hy nie van die bepalings bewus was nie.)

Aan die hand van die voorgaande feite behandel ek vervolgens eers die appêl van Bevray. Die hoofbetoog van mnr Scholtz, namens Bevray, was dat die borgstelling en verband van Bevray ten gunste van die Bank getref word deur die verbodsbepaling van artikel 226 van die Wet en dat dit nie tuisgebring kan word onder die uitsonderingsbepalings nie, As alternatiewe argumente het hy aangevoer dat die borgskap en verband 'n onregstreekse verskaffing van sekuriteit deur Taskor self uitgemaak het; dat die transaksies buite die omvang van Voges se bevoegdheid as direkteur van Bevray geval het om Bevray te ver-bind; en dat dit nie bevind kan word dat Taskor as aandeelhouer in Bevray toegestem het tot die voor-

13

siening van die sekuriteit deur middel van die op-

trede van Voges nie, omdat laasgenoemde onbewus was

van die noodsaaklikheid van Taskor se toestemming.

Ek behandel eers die hoofbetoog namens

Bevray. Dit verg 'n noukeurige beskouing van artikel

226 van die Wet. Die bepalings daarvan, vir sover

dit ter sake mag wees (en met weglating van 'n

onbelangrike wysiging wat in 1992 aangebring is,

waarna ek later sal verwys), lui soos volg:

"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of onregstreeks 'n lening maak aan -

(a) 'n direkteur of bestuurder van -
(i) die maatskappy; of

(ii) sy houermaatskappy; of (iii) 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houermaat-skappy is; of

(b) 'n ander maatskappy of ander
regspersoon beheer deur een of
meer direkteure of bestuurders van
die maatskappy of van sy houer-
maatskappy of van 'n maatskappy
wat 'n filiaal van sy houermaat-
skappy is;

of sekuriteit aan 'n ander persoon in verband met 'n verpligting van so 'n direkteur.

14

bestuurder, maatskappy of ander regspersoon voorsien nie.

(1A)

(1B) Die bepalings van subartikel (1) en van paragraaf (b) van subartikel (1A) word nie uitgelê nie as sou dit 'n maatskappy verbied om 'n lening toe te staan aan, of sekuriteit te voorsien aan iemand in verband met 'n verpligting van, sy houermaatskappy of filiaal of 'n filiaal van sodanige houermaat-skappy;

(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie -

(a) ten opsigte van -

(i) die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan sy eie direkteur of bestuurder; (ii) die voorsiening van sekuri-teit deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting van sy eie direkteur of bestuurder; (iii) die toestaan van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n ander maatskappy of 'n ander regspersoon wat deur een of meer direkteure of bestuur-ders van eersgenoemde maat-skappy beheer word; of (iv) die voorsiening van sekuri-teit deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting

15

van 'n ander maatskappy of 'n

ander regspersoon wat deur

een of meer direkteure of

bestuurders van eersgenoemde

maatskappy beheer word;

met die toestemming van al die

lede van die maatskappy of inge-

volge 'n spesiale besluit betref-

fende 'n bepaalde transaksie; of

(b) behoudens die bepalings van sub-
artikel (3), ten opsigte van
enigiets gedoen om 'n direkteur of
bestuurder van fondse te voorsien
om uitgawe te dek deur hom aange-
gaan of aangegaan te word vir die
doeleindes van ciie betrokke maat-
skappy of met die doel om hom in
staat te stel om sy pligte as
direkteur of bestuurder van daar-
die maatskappy behooriik uit te
voer; of

(c) ten opsigte van enigiets bona
fide gedoen in die gewone loop van
die besigheid van 'n maatskappy
wat inderdaad en gereeld 'n besig-
heid dryf wat die maak van lenings
of die voorsiening van sekuriteit
behels; of

(d) op die voorsiening van geld of die
maak van lenings deur 'n maatskap-
py vir die doeleindes in artikel
38(2)(b) en (c) bedoel; of

(e) op die maak van ' n lening en die
voorsiening van sekuriteit met die
goedkeuring van die maatskappy op
'n algemene vergadering om behuis-

16

ing te voorsien vir sy direkteur

of bestuurder; of (f) ten opsigte van -

(i) die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n direk-teur of bestuurder van sy filiaal; of (ii) die voorsiening van sekuri-teit deur 'n maatskappy aan iemand anders in verband met 'n verpligting van 'n direk-teur of bestuurder van sy filiaal:

mits daardie direkteur of bestuur-

der nie ook ' n direkteur of be-

stuurder van daardie maatskappy

self is nie,

(3) .....

(4) 'n Direkteur of beampte van 'n
maatskappy wat die maak van ' n lening of die
voorsiening van sekuriteit in stryd met die
bepalings van hierdie artikel magtig of toe-
laat of 'n party daarby is -

(a) is aanspreeklik om die maatskappy
en enige ander persoon wat geen
werklike kennis van die oortreding
gehad het nie skadeloos te stel
teen verlies wat regstreeks ont-
staan uit die ongeldigheid van die
lening of sekuriteit; en

(b) is aan 'n misdryf skuldig.

(5) Vir die doeleindes van subartikel

17

(4) beteken 'direkteur of beampte van 'n

maatskappy' ook, waar die maatskappy 'n

filiaal is, 'n direkteur of beampte van sy
houermaatskappy."

Bevray het sekuriteit voorsien aan die Bank

in verband met die verpligting van Voges teenoor die

Bank. Voges was 'n direkteur (en die bestuurder) van

die maatskappy Bevray, asook van sy houermaatskappy

Taskor. Die voorsiening van die sekuriteit word dus

getref deur die verbod in subartikel (l)(a)(i) en

(ii). Gevolglik is die sekuriteit ongeldig, tensy

die toepaslikheid van die verbod uitgeskakel word

deur 'n bepaling van subartikel (2). Die bepaling

wat ter sake is, is dié van subartikel (2)(a)(ii).

Vir huidige doeleindes (dit wil sê by die oorweging

van die hoofbetoog) moet daar aanvaar word dat Taskor

deur middel van sy direkteur Voges toegestem het tot

die voorsiening van die sekuriteit deur Bevray.

Taskor was die enigste aandeelhouer in Bevray;

18

gevolglik was daar dan "die toestemming van al die lede van die maatskappy" soos bepaal in die slotgedeelte van subartikel (2)(a). Beskou 'n mens nou Voges steeds as direkteur van Taskor (en terselfdertyd ook as Taskor se bestuurder), dan pas die woorde van subartikel (2)(a)(ii), "sy eie direkteur of bestuurder", nie op hom in daardie hoedanigheid nie, want die woorde verwys na Bevray se eie direkteur of bestuurder. Maar, afgesien van die hoedanigheid waarin Voges toegestem het tot die sekuriteit, was hy inderwaarheid tog terselfdertyd ook direkteur en bestuurder van Bevray, en in daardie hoedanigheid pas die woorde van subartikel (2)(a)(ii) wel op hom.

Mnr Scholtz se betoog het op die volgende neergekom. Voges se twee hoedanighede, met verwysing na Bevray en Taskor, val afsonderlik binne die bestek van die twee selfstandige bepalings van die verbod in

19 subartikel (l)(a)(i) en (ii). Die uitsonderings-bepaling van subartikel (2)(a)(ii) het slegs betrek-king op Voges se een hoedanigheid, naamlik dié genoem in subartikel (l)(a)(i). Die ander, in subartikel (l)(a)(ii), word nie uitgesonder nie, soos blyk uit die gebruik van die woord "eie" in subartikel (2)(a)(ii). Voges, as die bevoordeelde met betrek-king tot die sekuriteit wat voorsien is, kan homself nie ontdoen van sy hoedanigheid wat genoem word in subartikel (l)(a)(ii) nie. Daar is geen uitsondering wat dáárop van toepassing is nie, en gevolglik geld die verbod.

Mnr Blignaut, namens die Bank, se antwoord op hierdie betoog het op die volgende neergekom. Die inleidende woorde van subartikel (2)(a) is duidelik en van deurslaggewende belang: die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie ten opsigte van, onder andere, die geval genoem in subartikel (2)

20

(a)(ii). Voges was direkteur en bestuurder van die maatskappy wat genoem word in subartikel (2)(a)(ii), Bevray. Daaruit volg vanself en onvermydelik dat die verbod van subartikel (l)(a)(i) en (ii) nie van toepassing is nie. Die feit dat Voges ook direkteur en bestuurder van Taskor was, is 'n toevalligheid wat nie ter sake is nie. Die gebruik van die word "eie" in subartikel (2)(a)(ii) doen nie afbreuk aan die posisie dat die verbod van subartikel (l)(a)(i) en (ii) nie kan geld nie.

Mnr Blignaut se uitleg is in ooreenstemming met die gewone, letterlike en grammatikale betekenis van die woorde wat die Wetgewer in artikel 226 ge-bruik het. Maar daar bestaan by my geen twyfel nie dat sy uitleg lynreg in stryd is met die bedoeling van die Wetgewer. Die redes vir my sienswyse volg.

Ter aanvang is dit nodig om te bepaal wat die oogmerk is wat die Wetgewer bedoel het om te

21

bereik met artikel 226. In Neugarten and Others v

Standard Bank of South Africa Ltd 1989 (1) SA 797 (A)

het NICHOLAS Wnd AR op 802A-C met goedkeuring die

volgende beskrywing van die oogmerk van die artikel

aangehaal:

"The clear purpose of s 226 of the Act is to prevent directors or managers of a company acting in their own interests and against the interests of shareholders by burdening the company with obligations which are not for its benefit but are for the benefit of another company and/or for the benefit of its direc-tors and/or managers",

en bygevoeg:

"Subsection (2), by providing that ss (1) shall not apply where the transactions speci-fied are concluded with the consent of all the members of the company or in terms of a spe-cial resolution relating to a specific trans-action, makes it clear that the prohibition in ss (1) is solely for the benefit of the mem-bers of the company."

In dieselfde saak, op 813A/B, het KUMLEBEN AR opge-

merk dat

"... it is plain that s 226(1) and (2) was íntroduced solely for the protection and

22

benefit of members of the company . ..." In daardie geval het die hof te doen gehad met die voorsiening van sekuriteit deur 'n maatskappy vir die skuld van 'n ander maatskappy wat beheer is deur een of meer van die direkteure van eersgenoemde maat-skappy (d w s die een wat die sekuriteit voorsien het) . Dit was dus 'n geval wat geressorteer het onder subartikels (l)(b) en (2)(a)(iv) van artikel 226. (Sien die uitspraak van die hof a quo in daar-die saak: Standard Bank of SA Ltd v Neuqarten and Others 1988 (1) SA 652 (W) op 654 C/D (para (j)) en 658C-F) . Dit is in daardie verband dat daar gesê is dat die oogmerk van die wetgewing is om die aandeel-houers van die maatskappy te beskerm, en dat die verbodsbepalings slegs ten voordeel van die lede van die maatskappy ingestel is. Die hof het egter nie daar te doen gehad met die verbodsbepalings in sub-artikel (l)(a)(ii) en (iii) nie, wat betrekking het

23

op 'n direkteur of bestuurder van die maatskappy se houermaatskappy of 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houermaatskappy is. In hierdie gevalle, waar maatskappye teenoor mekaar in groepsverband staan, kring die implikasies van die verbodsbepalings en hulle wisselwerking met die uitsonderingsbepalings wyer uit as wat in die Neuqarten-saak die geval was, soos ek nou sal probeer aantoon.

Om die bespreking te vergemaklik, sal ek slegs verwys na 'n direkteur, in die veronderstelling dat 'n bestuurder daarby ingesluit is, en slegs na die maak van 'n lening aan 'n direkteur, in die veronderstelling dat daarby ingeslult is die verskaf-fing van sekuriteit in verband met die verpligting van 'n direkteur. Verder gaan ek eerstens gebruik maak van die volgende voorbeeld:

24

Maatskappy I houermaatskappy ; direkteure A en B

Maatskappy II Maatskappy III

filiaal van I ; filiaal van I ;

direkteur C direkteur D

In my voorbeeld is dit maatskappy II wat 'n

lening maak. Ek neem eers die geval van 'n lening

deur maatskappy II aan C. Dit word verbied in sub-

artikel (l)(a)(i). Die rede vir die verbod is duide-

lik. Vanweë sy amp as direkteur is c in 'n

magsposisie wat hom in staat stel om die fondse van

maatskappy II aan te wend vir sy eie persoonlike

voordeel en ten nadeel van die aandeelhouers van

maatskappy II. Dit wil die Wetgewer verhoed, ter

beskerming en ten voordeel van die aandeelhouers, in

ooreenstemming met wat in die Neuqarten-saak supra

gesê is. Weens die verwantskap tussen maatskappy II

en maatskappy I het laasgenoemde se aandeelhouers na

my mening egter ook 'n werklike belang by die verbod

25

op die wanaanwending van die fondse van maatskappy II deur C, al is hulle belang 'n onregstreekse een deur middel van maatskappy I se aandeelhouding in maat-skappy II. Volgens die uitsonderingsbepaling van subartikel (2)(a)(i) en (ii) geld die verbod nie, en is die lening dus geldig, as al die lede van maat-skappy II toestem daartoe. As maatskappy II 'n volfiliaal van maatskappy I is, is laasgenoemde se toestemming op sigself voldoende; andersins kom die minderheidsaandeelhouers se toestemming ook in dié prentjie. Die gedagte wat al die uitsonderings in subartikel (2)(a) ten grondslag lê, is klaarblyklik dit: as die aandeelhouers toestem, verval die nodig-heid om hulle belange te beskerm; die oogmerk van die Wetgewer is bevredig en die verbod hoef nie toegepas te word nie. Sover dit die aandeelhouers van maatskappy II aangaan, is dié gedagte toepaslik; maar nie sover dit die aandeelhouers van maatskappy I

26

aangaan nie. Die Metgewer het dit in hierdie geval nie nodig geag om hulle belange afsonderlik te be-skerm nie. Die verklaring daarvoor kan alleen wees dat dit gereken is dat hulle belange voldoende be-skerm sal word deur die tussenkoms van A en B, wat as direkteure van maatskappy I waarskynlik sal verhoed dat maatskappy I en sy aandeelhouers benadeel word.

Vervolgens neem ek die geval van 'n lening deur maatskappy II aan A of B. Dit word verbied deur subartikel (l)(a)(ii). Die rede vir die verbod is weereens duidelik, maar dit lê op 'n effense ander grondslag as in die eerste geval. A en B is in 'n magsposisie om die fondse van maatskappy II aan te wend vir hulle persoonlike voordeel, nie omdat hulle direkteure van maatskappy II is nie, maar vanweë hulle amp as direkteure van maatskappy I. Die Wetgewer was klaarblyklik bedag op die realiteite van die verwantskap tussen 'n houermaatskappy en sy

27 filiaal en wou verhoed dat die direkteure van eersge-noemde hulle magsposisie ten opsigte van laasgenoemde uitbuit vir hulle eie persoonlike voordeel. Die Wetgewer se verbod strek in die eerste plek weer ter beskerming van die aandeelhouers van maatskappy II. Maar in hierdie geval, omdat A en B se magsposisie voortvloei uit hulle verbintenis met maatskappy I, is dit duidelik dat die belange van die aandeelhouers van maatskappy I baie sterker op die voorgrond tree. Hulle belange kom pertinent in die gedrang omdat A en B se bevoordeling van hulleself bots met hulle plig om die belange van maatskappy I en sy aandeelhouers te beskerm. Dit is juis hierdie euwel wat die Wet-gewer wil beveg. In hierdie geval meen ek dat dit 'n belangrike deel van die Wetgewer se oogmerk is om die belange van die aandeelhouers van maatskappy I te beskerm. Hier strek die oogmerk dus wyer as wat in die stellings in die Neuqarten-saak supra weerspieël

28 word. In hierdie geval is daar bowendien geen uit-sonderingsbepaling in subartikel (2)(a) wat van toepassing kan wees nie. Subartikel (2)(a)(i) en (ii) geld nie, omdat A of B nie maatskappy II se "eie" direkteure is nie. Die rede vir die afwesig-heid van ' n uitsondering wat gegrond is op die toestemming van die aandeelhouers van maatskappy II is duidelik: sodanige toestemming skakel nie die nodigheid uit om die belange van die aandeelhouers van maatskappy I te beskerm nie. Daarom is die verbod absoluut. (Dit kon wel sin gehad het om 'n uitsondering te gegrond het op die toestemming van die aandeelhouers van maatskappy I. Ek kan aan redes dink waarom so 'n bepaling nie ingevoeg is nie, maar vir huidige doeleindes is dit onnodig om daarop in te gaan. Self s al sou ' n mens veronderstel dat die weglating van so 'n bepaling 'n anomalie is, affekteer dit nie die gedagtegang wat hieronder volg

29

nie.)

Die derde geval in my voorbeeld is 'n lening van maatskappy II aan D, wat verbied word in subartikel (l)(a)(iii). Die feit dat die Wetgewer hierdie verbod by die ander gevoeg het, is 'n duide-like aanduiding dat hy daarop ingesteld was om die moontlikheid van wanbesteding van maatskappyfondse in 'n groepsverband ook in 'n sywaartse rigting volledig te bekamp. Origens is wat ek hierbo gesê het ten opsigte van 'n lening aan A of B mutatis mutandis van toepassing op 'n lening aan D.

In die voorbeeld wat tot dusver bespreek is, is die direkteure van die drie maatskappye ver-skillende mense. Wat hierdie gevalle betref, is die beeld wat uit die bespreking blyk aangaande die skema van die Wetgewer se verbiedings en uitsonderings weliswaar nie in alle opsigte die beeld van 'n volledig uitgewerkte of volkome afgeronde skema nie.

30

maar vir huidige doeleindes is daar een aspek van die bepalings wat met sekerheid vorendag kom: die Wet-gewer het beoog, ter wille van die beskermlng van die aandeelhouers van maatskappy I, dat die toestemming van die aandeelhouers van maatskappy II nie voldoende is om 'n lening van maatskappy II aan A of B of D te veroorloof nie.

Hierdie beskouing dien as agtergrond vir die oorweging van gevalle waar die drie maatskappye in my voorbeeld gemeenskaplike direkteure het. Dit is natuurlik iets wat baie dikwels voorkom, en is trouens eerder die reël as die uitsondering. Dit is ook die geval in die onderhawige saak in soverre Voges tegelyk direkteur was van Taskor en Bevray -maatskappy I en maatskappy II. Dit is teen die agtergrond van wat hierbo geblyk het ten aansien van die oogmerk van die Wetgewer, dat mnr Blignaut se betoog namens die Bank in oënskou geneem moet word.

31

Om dit te doen, pas ek my voorbeeld aan, sodat die

prentjie soos volg lyk:

Maatskappy I houermaatskappy : direkteure A en B

Maatskappy II . Maatskappy III

filiaal van I : filiaal van I :

direkteure A en C direkteure A en D

Die posisie is nou dat maatskappy II steeds

verbied word, volgens subartikel (l)(a)(ii) en (iii),

om 'n lening te maak aan B en D, en dat die toestem-

ming van die aandeelhouers van maatskappy II tot so

'n lening nie die toepaslikheid van die verbod uit-

skakel nie; subartikel (2)(a)(i) en (ii) kan steeds

nie in werking tree nie. Wat dan van 'n lening deur

maatskappy II aan A? Die argument namens die Bank is

dat subartikel (2)(a)(l) en (ii) die uitwerking het

dat maatskappy II wel met die toestemming van sy

aandeelhouers 'n lening mag maak aan A. Maar dit is

klaarblyklik absurd. Geen bestaansrede vir so 'n

32 resultaat is denkbaar nie. Die ratio van die verbod op 'n lening deur maatskappy II aan B of D, sonder uitsondering, is steeds ten volle van toepassing ook op 'n lening deur maatskappy II aan A. Inderdaad is die rede vir die verbod nog sterker aanwesig in A se geval, vanweë sy direkte magsposisie teenoor maat-skappy II as direkteur van daardie maatskappy, om tot eie voordeel die fondse van die maatskappy te ge-bruik. Die Wetgewer se oogmerk om die belange van die aandeelhouers van maatskappy I te beskerm teen die wanaanwending van maatskappy II se fondse deur B of D, vereis met groter krag dat daar 'n verbod moet wees in die geval van 'n lening aan A. Die toestem-ming van die lede van maatskappy II tot 'n lening aan A kan nog minder die beskerming van die aandeelhouers van maatskappy I onnodig maak as in die geval van 'n lening deur maatskappy II aan B of D.

As die argument namens die Bank oor die

33

betekenis van subartikel (2)(a)(i) en (ii) reg is,

sou dit beteken dat die Wetgewer die verbod wat hy

met die een hand in subartikel (l)(a)(ii) en (iii)

tot stand gebring het, eensklaps met die ander hand

weer tot groot hoogte ongedaan gemaak het in sub-

artikel (2)(a)(i) en (ii). Die euwel wat die Wet-

gewer in subartikel (l)(a)(ii) en (iii) bestry het

met betrekking tot direkteure van houer- en filiaal-

maatskappye, sou hy dan weer deur middel van sub-

artikel (2)(a)(i) en (il) grootliks laat herleef het.

Dit sou 'n sinlose en onsinnige resultaat wees. Na

my oordeel is dit ondenkbaar dat dit die bedoeling

van die Wetgewer kon gewees het.

Die voorgaande oorwegings lei tot die gevolgtrekking dat die Wetgewer in subartikel (2) (a) (i) en (ii) die woord "eie" nie net in 'n kleurlose en oorbodige sin gebruik het, soos in die betoog namens die Bank voorgestel word nie, maar dat

34

hy inteendeel daardeur te kenne wou gee dat hy in dié

subartikel uitsluitlik gemoeid was met 'n direkteur

van die maatskappy in daardie hoedanigheid alleen, en

nie met 'n direkteur van die maatskappy wat terself-

dertyd ook direkteur is van die maatskappy se houer-

maatskappy of van 'n ander maatskappy wat 'n filiaal

van sy houermaatskappy is nie. So 'n opvatting van

die betekenis van "eie" in die subartikel vloei

geredelik voort uit die oorwegings wat hierbo be-

spreek is, want daardeur maak die wisselwerking

tussen die verbodsbepalings in subartikel (l)(a)(i),

(ii) en (iii) en die uitsonderingsbepalings van

subartikel (2)(a)(i) en (ii) volkome sin en word die

oogmerk van die Wetgewer ten volle verwesenlik.

Hierdie gelaaide betekenis van "eie" kan egter nie

gehaal word uit 'n blote vertolking van die woorde

wat die Wetgewer in subartikel (2)(a)(i) en (ii)

gebruik het nie. Dit vereis dat 'n bykomende gedagte

35

tot die gewone en letterlike betekenis van die woorde veronderstel moet word.

'n Hof is geregtig om van die gewone en letterlike betekenis van die woorde in 'n wet af te wyk as dit noodsaaklik is om uiting te gee aan die klaarblyklike bedoeling van die Wetgewer. 'n Onlang-se voorbeeld van die toepassing van hierdie beginsel het voorgekom in S v Tieties 1990 (2) SA 461 (A). In daardie geval het hierdie hof beslis dat die woorde "before sentence is passed" in artikel 123(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 gelees moet word as "be-fore conviction", op grond van 'n bevinding dat dié woordwysigende uitleg noodsaaklik was om die ware bedoeling van die Wetgewer weer te gee. In sy uit-spraak het SNALBERGER AR, na 'n oorsig van 'n groot aantal vorige gewysdes en 'n passasie in Steyn Die Uitleg van Wette, die posisie soos volg gestel (op 464D - F):

36

"It is clear from these principles, and the cases that have applied them, that provided it can be indisputably established that the Legislature intended something different from the ordinary meaning conveyed by the words used in a statutory enactment, a departure from such meaning is justified, even if it involves an alteration or sub-stitution of the words used. The key reguirement is that the Legislature's contrary intention must be clearly esta-blished with regard to such circumstances as the Court may properly take into ac-count."

In daardie geval was een van die omstandighede wat

die hof in oënskou geneem het om die werklike bedoel-

ing van die Wetgewer na te gaan, en wat uiteindelik

'n wesenlike rol gespeel het by die slotsom waartoe

die hof geraak het, die voorgeskiedenis van die statutêre bepalings wat daar ter sprake was.

Die voorgeskiedenis van artikel 226 van die Wet is merkwaardig insiggewend. Die Wetgewer het in 1952 vir die eerste keer die probleem van maatskappy-lenings aan direkteure aangespreek. Deur artikel 49

37

van Wet 46 van 1952 is artikel 70 oct in die Maat-

skappyewet 46 van 1926 ingevoeg. Die bepalings

daarvan, vir sover dit ter sake mag wees, het soos

volg gelui:

"70oct.(l) Dit is nie wettig vir 'n maatskap-py om 'n lening, van geld, aandele of obliga-sies, aan 'n persoon toe te staan wat sy direkteur of 'n direkteur van sy kontrolerende maatskappy is nie, of om 'n waarborg aan te gaan of om sekerheid te stel in verband met so 'n lening wat deur enige ander persoon aan so 'n persooh toegestaan is nie: Met dien ver-stande dat hierdie artikel nie van toepassing is nie òf -

(a) op enigiets wat deur 'n private maat-skappy, wat nie 'n filiaal-maatskappy is nie, met toestemming van die lede wat minstens driekwart van die uitgegewe aandelekapitaal hou, gedoen is; òf

(b) behoudens sub-artikel (2), op enigiets wat gedoen is om aan so 'n persoon fondse te verskaf om uitgawes te dek wat deur hom aangegaan is of aangegaan staan te word vir die doeleindes van die maatskappy of om hom in staat te stel om sy pligte as 'n beampte van die maat-skappy behoorlik te vervul; òf

(c) in die geval van 'n maatskappy wie se gewone besigheid die uitleen van geld insluit, of die gee van waarborge in verband met lenings wat deur ander

38

persone toegestaan is, op enigiets wat deur die maatskappy in die gewone loop van daardie besigheid gedoen word.

(4) Vir die geval dat versuim word om
die bepalings van sub-artikel (1) na te kom,
is elke beampte van die maatskappy wat die
versuim magtig of willens en wetens toelaat of
deel daaraan het, skuldig aan 'n misdryf en by
skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van
hoogstens vyfhonderd pond of met gevangenis-
straf vir 'n tydperk van hoogstens twee jaar
of met beide sodanige boete en gevangenis-
straf."

Die verbod was dus aanvanklik beperk tot

lenings aan 'n maatskappy se direkteur of 'n direk-

teur van sy houermaatskappy. Wat van belang is, is

hoe die uitsonderingsbepaling ten opsigte van sub-

artikel (l)(a) ingeklee is. Die sleutelwoorde, vir

huidige doeleindes, is:

"... dat hierdie artikel nie van toepassing is nie ... op enigiets wat deur 'n ... maatskappy, wat nie 'n filiaal-maatskappy is nie, met toestemming van die lede . . . gedoen is."

39

Die uitsluiting van 'n filiaal uit die trefwydte van die uitsondering, toegepas op my tweede voorbeeld hierbo, is duidelik daarop gerig dat maatskappy II onder geen omstandighede 'n lening mag maak aan A of B of C nie. Die belange van die aandeelhouers van maatskappy II en van maatskappy I word volledig en effektief beskerm, sonder uitsonderings. Met sy oorsprong in artikel 70 oct, bevestig die herkoms van artikel 226 van die (huidige) Wet ten volle die opmerkings wat ek hierbo gemaak het oor die oogmerk en die bedoeling van die Wetgewer met betrekking tot 'n lening van maatskappy II aan A.

Toe artikel 70 oct vervang is deur artikel 226, het die wesenlike bepalings van eersgenoemde behoue gebly. In sy oorspronklike vorm, voor wysig-ings aangebring is in 1976 en 1977, het die tersaak-like bepalings van artikel 226 soos volg gelui:

"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of

40

onregstreeks 'n lening ... maak aan 'n direk-teur ... van -

  1. die maatskappy; of

  2. sy beherende maatskappy; of

  1. 'n ander maatskappy beheer deur sy beherende maatskappy;of

  2. 'n maatskappy beheer deur een of meer sodanige direkteure ...

of 'n waarborg gee of sekuriteit in verband met so 'n lening voorsien nie ....

(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie -

(a) op 'n private maatskappy (wat nie

'n beheerde maatskappy is nie) wat met toestemming van lede wat minstens drie-kwart van sy uit-gereikte aandelekapitaal hou, handel; of

(b) ....

(c) ...."

Twee aspekte is hier van belang. Die eerste is dat die Wetgewer dit nodig geag het om die omvang van sy verbodsbepalings uit te brei in subartikel (l)(c) en (d), tot die verdere kategoriee van direkteure wat daar genoem word. Paragraaf (c) verbied nou vir die

41

eerste keer 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n direkteur van 'n filiaal van sy houermaatskappy (in my voorbeeld, maatskappy II aan D). Die tweede is dat die skema van die Wetgewer se uitsonderings in subartikel (2)(a) onveranderd gebly het. Die toe-stemming van die aandeelhouers van maatskappy II is nog steeds nie 'n uitsonderingsgrond ten opsigte van die verbod op 'n lening aan A of B of C nie (en ook nie op die bygevoegde geval van 'n lening aan D nie). Na sowat 21 jaar het die logiese skema van artikel 70 oct ongeskonde gebly. 'n Mens kan met veiligheid aanvaar dat die Wetgewer geen rede gehad het om dit te verander nie.

Drie jaar later het die probleem ontstaan, toe artikel 226 vervang is kragtens artikel 19 van Wet 111 van 1976. Subartikel (l)(a) is toe ingeklee in sy huidige vorm, maar subartikel (2)(a) het nie toe reeds die huidige paragrawe (iii) en (iv) bevat

42 nie. Ter wille van die historiese perspektief en vir gemak van verwysing haal ek die twee subartikels hier

aan:

"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of onregstreeks 'n lening maak aan -

(a) 'n direkteur of bestuurder van -
(i) die maatskappy; of

(ii) sy houermaatskappy; of (iii) 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houermaat-skappy is; of

(b) 'n ander maatskappy of ander
regspersoon beheer deur een of
meer direkteure of bestuurders van
die maatskappy of van sy houer-
maatskappy of van 'n maatskappy
wat 'n filiaal van sy houermaat-
skappy is;

of sekuriteit aan 'n ander persoon in

verband,met 'n verpligting van so 'n

direkteur, bestuurder, maatskappy of
ander regspersoon voorsien nie.

(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie -

(a) ten opsigte van -

(i) die maak van ' n lening deur 'n maatskappy aan sy eie

43

direkteur of bestuurder; of (ii) die voorsiening van sekuri-teit deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting van sy eie direkteur of bestuurder,

met die toestemming van al die lede van die maatskappy of ingevolge 'n spesiale besluit betreffend 'n bepaalde transaksie; of

...."

Die bepalings in subartikel (1) (b) was iets heelte-

mal nuuts. Vir die eerste keer het die Wetgewer nou 'n verbod op lenings aan 'n ander maatskappy en 'n ander regspersoon (soos 'n beslote korporasie) inge-voer. Dit gaan hier om beheer deur 'n direkteur of direkteure, en nie oor lenings tussen maatskappye in 'n groepsverband nie. Laasgenoemde is reeds gereël in artikel 37, en dat subartikel (l)(b) nie daarmee gemoeid was nie, het die Wetgewer gou buite twyfel gestel deur middel van artikel 21(1)(b) van Wet 64 van 1977, waardeur subartikel (1B) in artikel 226

44

ingevoeg is. (Dit is vroeër reeds aangehaal.)

Terselfdertyd het die ou skema van artikel

70 oct weggeval in die nuwe subartikel (2)(a). Ek is

oortuig daarvan dat die verklaring vir hierdie ver-

andering uitsluitlik geleë is in die nuwe verbod van

subartikel (l)(b). Die Wetgewer was klaarblyklik van

mening dat die ou bedeling van artikel 70 oct, en

artikel 226(2)(a) in sy oorspronklike vorm, nie

ingepas het by die nuwe verbod van subartikel (l)(b)

nie. Hy was bedag daarop dat die uitsonderings-

bepaling soos dit voorheen bestaan het, nie van

toepassing moes wees op sy nuwe verbod nie. Dat dit

so is,word gestaaf deur die feit dat hy net 'n jaar

later weer aandag aan hierdie aangeleentheid gegee

het. Deur artikel 21(1)(c) van Wet 64 van 1977 is

paragrawe (iii) en (iv) tot subartikel (2)(a) byge-

voeg:

"(iii) die toestaan van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n ander maatskappy

45

of 'n ander regspersoon wat deur een of meer direkteure of bestuur-ders van eersgenoemde maatskappy beheer word; of (iv) die voorsiening van sekuriteit deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting van 'n ander maat-skappy of 'n ander regspersoon wat deur een of meer direkteure of bestuurders van eersgenoemde maatskappy beheer word; . ..."

Dit is opvallend dat die bewoording van hierdie

bepalings nie dieselfde veld dek as dié van sub-

artikel (l)(b) nie: direkteure van die uitlener-

maatskappy se houermaatskappy of mede-filiaal is nie

by die uitsondering inbegrepe nie; in sulke gevalle

is die verbod nog absoluut. Die uitwerking van die

subartikel in hierdie opsig, soos hy eers in 1976 tot

stand gekom het, is dus nie ongedaan gemaak nie, maar

slegs afgewater.

Aangesien daar so 'n voor die hand liggende

verklaring is vir die verandering wat subartikel

(2)(a) in die voorheen bestaande bepalings teweeg-

46 gebring het, met verwysing na die invoering van subartikel (l)(b), is daar geen bestaansreg vir die gedagte dat die Wetgewer bedoel het om die werking van die verbodsbepalings in subartikel (l)(a)(i), (ii) en (iii) in te kort op die drastiese en groten-deels selfverydelende wyse wat ek vroeër geskets het nie. Dit sou in stryd wees met die voorgeskiedenis van die bepalings en met die aanduidings wat daar is dat die Wetgewer die bepalings wou uitbrei eerder as inkort (vgl ook artikel 226(5), wat in 1976 vir die eerste keer sy verskyning gemaak het). Bowendien maak die voorgeskiedenis dit meteens ook duidelik dat die Wetgewer die woord "eie" in subartikel (2)(a)(i) en (ii) in 'n besondere betekenisvolle sin wou ge-bruik het. Volgens artikel 70 oct (l)(a) en artikel 226(2)(a) soos dit oorspronklik was, is lenings deur 'n maatskappy wat 'n filiaal is, uitgesluit van die uitsonderingsbepaling, en daardeur is al die katego-

47

rieë in 'n groepsverband wat nou in subartikel (l)(a)(i), (ii) en (iii) verskyn, vanself uitgesluit. Toe die verwysing na 'n filiaal met die oog op sub-artikel (l)(b) uit die uitsonderingsbepaling wegge-laat is, was dit nodig om op ' n ander wyse die situasie te beredder. 'n Mens kan verstaan dat die wetsopsteller die woord "eie" gebruik het om by wyse van dié beklemtoning van die hoedanigheid in sub-artikel (l)(a)(i) aan te dui dat die hoedanighede in subartikel (l)(a)(ii) en (iii) nie deur die bepaling getref word nie. Die poging tot bereddering was egter nie suksesvol nie, omdat die woord "eie" op sigself ontoereikend is om die geval uit te sluit waar meerdere hoedanighede terselfdertyd aan 'n direkteur vaskleef, en veral omdat die inleidende woord van subartikel (2), "is nie van toepassing nie", wat net so uit artikel 70 oct (1) en artikel 226(2) in sy oorspronklike vorm oorgeneem is, die

48

bedoelde trefkrag van "eie" verydel.

Dit is nou nodig om te verwys na die ander uitsonderingsbepalings, wat vervat is in paragrawe (b) tot (f) van subartikel(2). Mnr Blignaut het aangevoer dat hierdie bepalings dit onmoontlik maak om in paragraaf (a)(i) en (ii) te veronderstel dat dit nie van toepassing is op 'n "eie" direkteur wat tegelykertyd ook die hoedanighede het wat genoem word in subartikel (l)(a)(ii) en (iii) nie. Eers, wat betref paragrawe (b) tot (c), was die argument dat, as die genoemde veronderstelling in paragraaf (a)(i) en (ii) geld, dit ook in paragrawe (b) tot (e) sou moes geld, maar dat dit nie die bedoeling van die Wetgewer kon gewees het nie. Byvoorbeeld, in para-graaf (e) word uitgesonder 'n lening deur 'n maat-skappy "om behuising te voorsien vir sy direkteur". Mnr Blignaut se argument het hierop neergekom, met verwysing na my tweede voorbeeld hierbo: as maat-

49

skappy II nie 'n lening mag maak aan A nie, kragtens paragraaf (a)(i), omdat A nie kwalifiseer as "sy eie direkteur" nie, weens sy direkteurskap van maatskappy I, dan moet "sy direkteur" in paragraaf (e) op die-selfde wyse vertolk word en dan kan maatskappy II ook nie 'n lening maak aan A vir behuising nie. Ek stem nie saam nie. Paragraaf (e) staan geheel en al onafhanklik van paragraaf (a)(i) en (ii). Laasge-noemde uitsonderings het alleenlik betrekking op lenings wat gemaak word met die toestemming van al die lede, en dit is slegs in daardie samehang dat die meerdere hoedanighede wat aan ' n direkteur kan vas-kleef ter sake is. Paragraaf (e) het niks te make met toestemming van al die lede nie, maar het te doen met lenings van 'n besondere aard, waarby die meer-dere hoedanighede van 'n direkteur geensins ter sprake kom nie. Hierdie beskouing word weereens gestaaf deur die voorgeskiedenis van die bepalings.

50

In artikel 70 oct (1) het paragrawe (b) en (c) klaar-blyklik los gestaan van paragraaf (a); die verwysing na 'n filiaal-maatskappy in (a) het geen rol gespeel by (b) en (c) nie. Paragrawe (b) en (c) het deur-gaans behoue gebly (met geringe veranderings wat nie ter sake is nie) tot artikel 226 sy huidige beslag gekry het in 1976, toe die verdere paragrawe bygekom het. Die verandering wat op dieselfde tyd aan para-graaf (a)(i) en (ii) aangebring is, in die plek van die vorige verwysing na 'n filiaal, was sekerlik nie bedoel om die onafhanklike toepassing van die ander paragrawe te raak nie. Gevolglik word 'n lening ten opsigte van behuising ingevolge paragraaf (e) toege-laat ook al sou die betrokke direkteur tegelyk 'n direkteur van die maatskappy se houermaatskappy of mede-filial wees. (Terloops kan daar gewys word op die opsigtelike afwesigheid van die word "eie" in paragraaf (e), in teenstelling met paragraaf (a)(i)

51 en (ii); die bepalings het op dieselfde tyd die lig gesien, en dit onderskraag die sienswyse dat "eie" in paragraaf (a)(i) en (ii) bedoel was om 'n gelaaide betekenis te hê.) Dieselfde oorwegings is ook van toepassing op die ander paragrawe. Hulle doen dus nie afbreuk aan my opvatting van die Wetgewer se bedoeling met betrekking tot subartikel (2)(a)(i) en (ii) nie.

Paragraaf (f), toe dit in 1976 in subarti-kel (2) ingevoeg is, het nie die voorbehoudsbepaling ("mits ...") bevat nie; dié is deur die 1977-wysigings bygevoeg. Aanvanklik het die paragraaf sonder kwalifikasie 'n lening veroorloof deur 'n maatskappy aan 'n direkteur van sy filiaal. Die rede vir die bepaling is dit: subartikel (1) wil nie lenings in 'n afgaande lyn verbied nie, maar as gevolg van die woordomskrywing van "filiaal" in artikel l(3)(a)(ii) van die Wet het subartikel

52

(l)(a)(iii) wel die uitwerking van so 'n verbod ('n filiaal van 'n filiaal word geag 'n filiaal van die houermaatskappy te wees). Die oogmerk van paragraaf (f) was om daardie uitwerking te neutraliseer. In sy aanvanklike vorm het paragraaf (f) egter ook 'n lening aan 'n direkteur veroorloof wat tegelyk direk-teur van albei die filiale in die afgaande lyn is. Die Wetgewer wou nie ' n lening aan so ' n direkteur veroorloof nie, en het daarom spoedig die voorbe-houdsbepaling ingevoeg waarvolgens die bepaling slegs geld as die direkteure van die onderste filiaal nie ook 'n direkteur is van die uitlener-filiaal self nie. Op grond van hierdie uitdruklike bepaling het mnr Bliqnaut aangevoer dat die afwesigheid van 'n soortgelyke voorbehoud in subartikel (2)(a)(i) en (ii) daarop dui dat die Wetgewer nie bedoel het om in daardie verband tussen direkteure met meerdere hoe-danighede te onderskei nie. Ek stem nie daarmee saam

53 nie. Ek kan eenvoudig nie aanvaar nie dat die manier waarop die relatief onbelangrike aanpassing ten opsigte van die afgaande lyn in paragraaf (f) teweeg-gebring is, die afleiding regverdig dat die Wetgewer bewustelik daarmee genoeë geneem het dat die veel belangriker verbodsbepalings in die opwaartse lyn, soos vervat in subartikel (l)(a)(ii) (in ooreen-stemming met die regsposisie soos dit vir bykans 20 jaar aanvaar en toegepas is), en in die sywaartse rigting, soos vervat in subartikel (l)(a)(iii) (in ooreenstemming met die uitbreiding van 1973), beskou sou word asof subartikel (2)(a)(i) en (ii) die tref-wydte daarvan sou ingekort het op ' n wyse wat die verspotte gevolge sou meebring wat ek vroeër aangedui het. So 'n drastiese en irrasionele ommeswaai in die fundamentele beleid en oogmerk van die Wetgewer kan nie gehaal word uit paragraaf (f) nie. Die afleiding is inteendeel geregverdig dat die Wetgewer gemeen het

54

(verkeerdelik) dat die bewoording van subartikel (2)(a)(i) en (ii) duidelik genoeg is om uiting te gee aan sy bedoeling en dat dit onnodig was om daaraan te torring.

Mnr Blignaut het voorts daarop gewys dat artikel 226 'n beperking plaas op maatskappye se handelingsvryheid en dat 'n strafsanksie gekoppel is aan die nie-nakoming van die bepalings daarvan, en op grond daarvan het hy aangevoer dat die artikel op 'n beperkende wyse uitgelê moet word. Na my mening kan die aanduidings ten gunste van 'n beperkende uitleg in die algemeen, egter nie as 'n grondslag gebruik word om 'n resultaat te bereik wat die Wetgewer se klaarblyklike bedoeling verydel en inderdaad op 'n absurditeit neerkom nie. My bevinding aangaande die betekenis van die betrokke bepalings berus alreeds op die grondslag dat daar geen werklike twyfel oor die bedoeling van die Wetgewer bestaan nie; daar bly dus

55

nie ruimte oor vir 'n beperkende vertolking om 'n ander resultaat te bereik nie. Ek stem gevolglik nie saam nie met die sienswyse van D H Botha, Groups in South African Company Law (ongepubliseerde doktorale proefskrif 1981) oor wat hy noem "the better view" van die uitwerking van subartikel 2(a)(i) en (ii) (wat ooreenstem met dié wat mnr Blignaut voorgestaan het).

Om die voorgaande redes is my gevolg-trekking dat die woorde "sy eie direkteur of be-stuurder" in artikel 226(2)(a)(i) en (ii) uitgelê moet word in die sin dat dit uitsluitend is van ' n direkteur of bestuurder wat ook 'n direkteur of bestuurder is van die maatskappy se houermaatskappy of 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houer-maatskappy is.

Om hierdie resultaat te bereik, is dit nie nodig om 'n drastiese begripsverandering in sub-

56

artikel (2)(a)(i) en (ii) aan te bring deur 'n klomp

woorde daarin te veronderstel nie. Wat wel nodig is,

is om nou weer, na aanleiding van die voorafgaande

ontleding van al die bepalings van subartikels (1) en

(2), die inleidende woorde van subartikel (2) van

naderby te beskou. Dit lui:

"Die bepalings van subartikel (1) is nie
van toepassing nie - "

Ek het vroeër gesê dat die uitleg wat mnr Blignaut in

sy betoog namens Bevray voorgestaan het, en wat

hoofsaaklik op hierdie woorde toegespits was, in

ooreenstemming is met die gewone, letterlike en

grammatikale betekenis van die woorde wat die Wet-

gewer gebruik het. Daaruit volg dit egter nie dat

die inleidende woorde slegs vatbaar is vir 'n volle-

dige letterlike toepassing op al die afsonderlike

bepalings wat daarop volg nie. Inderdaad is dit nie

moontlik om die woorde op hierdie wyse toe te pas

57 nie, vanweë die feit dat sowel subartikel (1) as subartikel (2) uit verskeie onderafdelings bestaan. In subartikel (2) is die verdere onderafdelings van paragraaf (a) van belang, met terugverwysing na die onderafdelings van subartikel (1). Die bepalings van subartikel (l)(a) kan nooit van toepassing wees op die gevalle waarna verwys word in subartikel (2)(a)(iii) en (iv) nie, en die bepalings van sub-artikel (l)(b) kan nooit van toepassing wees op die gevalle genoem in subartikel (2)(a)(i) en (ii) nie. Die Wetgewer kon nie bedoel het om sinloos die be-palings van subartikel (l)(a) uit te sluit van toe-passing ten opsigte van subartikel (2)(a)(iii) en (iv), waarop dit in ieder geval nooit van toepassing kon gewees het nie, en dieselfde geld ten aansien van subartikel (l)(b) met betrekking tot subartikel (2)(a)(i) en (ii). Die bedoeling was klaarblyklik om slegs sodanige van die bepalings van subartikel (1)

58 uit te sluit van toepassing op die afsonderlike gevalle genoem in subartikel (2)(a) as wat andersins in daardie gevalle van toepassing sou gewees het, was dit nie vir die uitsluiting nie. Dus: die verbod van subartikel (l)(a) word uitgesluit van toepassing in die gevalle genoem in subartikel (2)(a)(i) en (ii), en die verbod van subartikel (l)(b) is nie van toepassing ten opsigte van subartikel (2)(a)(iii) en (iv) nie. Die Wetgewer se bedoeling sou hy duide-liker kon gemaak het deur in die inleiding van sub-artikel (2) te sê: "Die bepalings van subartikel (1)

is onderskeidelik nie van toepassing nie ", maar

selfs sonder die woord "onderskeidelik" is die begrip daarvan by noodwendige implikasie in die woorde opgesluit. Dit is derhalwe duidelik dat die inlei-dende woorde nie bedoel was om volledig letterlik toegepas te word ten opsigte van die korrelasie tussen paragrawe (a) en (b) van subartikel (1) onder-

59 skeidelik en paragrawe (a)(i) en (ii), enersyds, en (a)(iii) en (iv), andersyds, van subartikel (2) nie. Kyk 'n mens vervolgens dan na die verdere onder-afdelings van subartikel (l)(a), in paragrawe (i), (ii) en (iii) daarvan, in vergelyking met subartikels (2)(a)(i) en (ii), dan is die posisie egter nie so duidelik nie, omdat dit wel moontlik is om die geheel van subartikel (l)(a) in al sy onderdele letterlik van toepassing uit te sluit ten opsigte van sub-artikel (2)(a)(i) en (ii), alhoewel laasgenoemde net op één van die onderdele betrekking het. Aan die ander kant is dit ewe moontlik om die nie-letterlike, korrelatiewe begrip van onderskeidelikheid wat alreeds in die inleidende woorde opgesluit is, ook hier aan te wend, wat behels dat die uitsondering van subartikel (2)(a)(i) en (ii) net op die ooreen-stemmende verbodsbepaling van subartikel (l)(a) betrekking het wat andersins van toepassing sou

60

gewees het, d w s paragraaf (i) van subartikel (l)(a), en nie ook op paragrawe (ii) en (iii) daarvan nie. Deur bloot na die bewoording van die Wetgewer te kyk, is dit nie duidelik watter van die twee moontlike maniere van toepassing hy beoog het nie. Gevolglik is daar 'n dubbelsinnigheid geleë in hier-die bepalings ten opsigte van hulle wedersydse wis-selwerking. Dit synde die geval, moet daar na die bedoeling van die Wetgewer gesoek word buite die woorde alleen. Aan die hand van al die oorwegings wat ek reeds hierbo bespreek het, volg dit dan dat die inleidende woorde van subartikel (2) met betrek-king tot hulle toepassing so uitgelê moet word dat dit die resultaat teweegbring wat ek in die vorige paragraaf gestel het.

Toegepas op die feite van die onderhawige saak, beteken dit dat die sekuriteit wat Bevray aan die Bank verskaf het vir Voges se skuld, ongeldig is.

61 Bevray se borgakte en verbandakte ten gunste van die Bank is dus onafdwingbaar. Dit beteken verder dat Bevray se appèl op hierdie grond moet slaag. Gevolglik is dit onnodig om aandag te skenk aan die alternatiewe argumente wat mnr Scholtz namens Bevray geopper het.

Vervolgens behandel ek die Bank se teen-appèl. Die hof a quo se afwysing van die Bank se eis teen Taskor, en die handhawing van laasgenoemde se teeneis om 'n verklarende bevel, het voortgespruit uit 'n bevinding dat Taskor se borgstelling aan die Bank ongeldig was, vanweë die verbodsbepaling in artikel 226(1)(a)(i). Die Bank se saak was dat Voges, toe hy as direkteur van Taskor die borgstel-ling gemagtig en aangegaan het, terselfdertyd toe-stemming verleen het tot die transaksie in sy hoedanigheid as vader en natuurlike voog van sy minderjarige kinders, die aandeelhouers van Taskor,

62

en dat die uitsonderingsbepaling van subartikel 2(a)(ii) gevolglik van toepassing was. Die hof a quo het dit verwerp. Mnr Bliqnaut het betoog dat die hof gefouteer het.

Die woorde "met die toestemming van al die lede van die maatskappy" in subartikel (2)(a) het betrekking op 'n feitelike toedrag van sake. Die woorde is onlangs gewysig: artikel 6 van Wet 82 van 1992 het die woord "voorafverkreë" ingevoeg voor die woord "toestemming", en daarbenewens is 'n voorbe-houdsbepaling bygevoeg met betrekking tot die bekrag-tiging van transaksies wat voor die inwerkingtreding van die wysiging aangegaan is. Die wysiging raak nie die geskilpunt in die teenappêl (of die appèl) nie, en kan buite rekening gelaat word.

Die feite val binne 'n baie noue bestek. Voges, soos ek vroeër gesê het, het getuig dat hy nie bewus was van die bepalings van artikel 226 nie, en

63 daardie getuienis is nie betwis nie. Jordaan, wat namens die Bank opgetree het tydens die onderhandel-ings in verband met Taskor se borgstelling, was ook nie daarvan bewus nie. Tydens die onderhandelings was daar geen melding gemaak van die aandeelhouers van Taskor of van Voges se kinders nie, en die doku-mente wat Voges as direkteur van Taskor onderteken het, het ook geen verwysing na die aandeelhouers of die kinders bevat nie. Voges het bowendien uitdruk-lik getuig dat hy inderdaad nie namens sy kinders tot die transaksie toegestem het nie.

Mnr Blignaut het gepoog om die trefkrag van die voorgaande getuienis die hoof te bied deur staat te maak op 'n paar passasies in die getuienis wat Voges onder kruisondervraging afgelê het. 'n Reeks stellings is aan hom gemaak, waarop hy instemmend geantwoord het. Kortliks het dit hierop neergekom: hy was bewus van sy verantwoordelikheid teenoor sy

64 kinders ten opsigte van hierdie transaksie; hy was bewus van sy fidusiêre plig teenoor die maatskappy Taskor en sy aandeelhouers om verantwoordelik op te tree; as voog van sy kinders was hy verantwoordelik om na hulle belange om te sien; hy het geweet dat hulle belange as aandeelhouers van Taskor op indirek-te wyse geraak kon word deur die borgakte van Taskor, maar hy was in daardie stadium van oordeel dat daar in werklikheid geen risiko van benadeling vir hulle bestaan het nie, vanweë die waarde van sekere aandele wat Taskor gehou het. Na my mening kan hierdie getuienis van Voges nie die Bank se saak bevorder nie, om die eenvoudige rede dat dit nie daaruit blyk, of volg, dat Voges namens sy kinders toegestem het nie. Die blote feit dat hy bewus was van hulle belange en dit op die hart gedra het, doen geen afbreuk aan die feit dat hy onbewus was daarvan dat hulle toestemming 'n vereiste was vir die geldigheid

65 van die transaksie en dat hy dus geen bedoeling gehad het om namens hulle toe te stem nie. Dit blyk trouens uit die manier waarop hierdie kruisonder-vraging ten einde geloop het: na die reeks bevestig-ende antwoorde wat van Voges verkry is, is die pertinente stelling aan hom gemaak dat hy inderdaad namens die kinders toegestem het tot die borgstel-1ing; dit het hy onomwonde ontken, deur te sê dat daar by hom "geen kwessie" was dat hy namens hulle toegestem het nie.

Mnr Blignaut het voorts aangevoer dat, ten spyte van Voges se getuienis, dit tog uit die objek-tiewe feite afgelei moet word dat hy namens die kinders toegestem het, omdat 'n persoon wat in twee hoedanighede optree, en in die een hoedanigheid toestemming gee tot die transaksie wat hy aangaan, nie kan sê dat hy nie in die ander hoedanigheid ook toegestem het nie; uit die feit dat Voges namens

66

Taskor toegestem het, in sy hoedanigheid as direk-teur, sou dit dan noodwendig vanself volg dat hy ook namens sy kinders toegestem het, in sy hoedanigheid as hulle vader en natuurlike voog. Ek stem nie saam nie, weereens om 'n eenvoudige rede: Voges het as 'n feit nie in twee hoedanighede opgetree nie. Uit die feit dat die twee hoedanighede in hom gesetel het, volg dit nie dat hy in die twee hoedanighede opgetree het nie. Mnr Bliqnaut se argument kan moontlik geldig wees in ander omstandighede, soos byvoorbeeld as ' n mens sou veronderstel dat Voges self die enigste aandeelhouer van Taskor was: dan sou daar ruimte gewees het vir 'n betoog dat hy nie sou kon sê dat hy nie ook as aandeelhouer toegestem het nie. Maar in so ' n geval sou die toestemming op homself betrekking gehad het. In die huidige saak gaan dit om die toestemming van die kinders. Van hulle toe-stemming kan daar slegs sprake wees as Voges as hulle

67 verteenwoordiger namens hulle toegestem het. Maar Voges kon nie as hulle verteenwoordiger opgetree het as hy nie bewus was van die feit van verteenwoordig-ing en dus geen bedoeling gehad het om aldus op te tree nie.

Mnr Bliqnaut het ons verwys na twee beslis-sings. Die eerste is In re: Wilmer's Trusts; Wing-field v Moore [1910] 2 Ch 111 op 119. Soos ek daardie saak verstaan, het dit daar gegaan om 'n persoon wat namens ander persone tot 'n transaksie toegestem het, en die vraag was of dit daaruit gevolg het dat hy ook in sy persoonlike hoedanigheid toege-stem het. Dit is byna 'n omgekeerde soort geval as waarmee ons te doen het. Die tweede geval is Barn-hoorn NO v Duvenaqe and Others 1964 (2) SA 486 (A) op 493H-494D. Daar is dit as 'n feit bevind dat 'n vader en natuurlike voog in 'n "dual capacity" opge-tree het, en dit is duidelik uit die beredenering

68 (bo-aan bladsy 494) dat hy as 'n feit geweet het dat sy aanvaarding van die betrokke transaksie nodig was om sy kinders te bevoordeel. Die vraag na toestem-ming is, soos ek reeds gesê het, 'n feitelike vraag. Die beslissings in die twee gewysdes het berus op die grondslag van hulle eie feite. Ek kan niks daarin vind wat afbreuk doen aan die beskouings wat ek hierbo uitgespreek het met betrekking tot die feite van die huidige saak nie.

My gevolgtrekking is derhalwe dat Voges nie namens sy kinders, die aandeelhouers van Taskor, tot die borgstelling van Taskor toegestem het nie. Dit is gevolglik onnodig om aandag te skenk aan 'n alter-natiewe argument van mnr Scholtz dat sodanige toe-stemming in elk geval nie geldig sou gewees het nie, weens die botsing van belange wat daar tussen Voges en sy kinders sou gewees het.

Dit volg dus dat die Bank se teenappèl moet

69 misluk.

Uiteindelik sou ek 'n bevel maak dat die appél van Bevray gehandhaaf word, met koste; dat paragrawe 2 en 3 van die bevel van die hof a quo tersyde gestel word en vervang word deur 'n bevel wat die Bank se eise teen Bevray afwys en 'n bevel dat Bevray se teeneis om 'n verklaring dat sy borgakte en verbandakte nietig is, toegestaan word, met koste; dat die Bank se teenappèl van die hand gewys word, met koste; en dat die koste deurgaans die koste van twee advokate insluit.

A S BOTHA AR NICHOLAS Wnd AR STEM SAAM


E M GROSSKOPF, AR

Ek het die voorreg gehad om my kollega Botha se

uitspraak te lees. Ek stem saam dat die Bank se teenappèl

van die hand gewys moet word met koste om die redes wat my

kollega noem. Tot my spyt kan ek egter nie saamstem dat

Bevray se appèl gehandhaaf moet word nie. In besonder verskil

ek van hom oor die vertolking van art 226 van die

Maatskappywet. Gerieflikheidshalwe herhaal ek die relevante

bepalings. Hulle lui soos volg:

"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of onregstreeks 'n lening maak aan -

(a) 'n direkteur of bestuurder van -
(i) die maatskappy; of

(ii) sy houermaatskappy; of
(iii) 'n ander maatskappy wat 'n

filiaal van sy houermaatskappy is; of

(b) 'n ander maatskappy of ander regspersoon
beheer deur een of meer direkteure of
bestuurders van die maatskappy of van sy
houermaatskappy of van 'n maatskappy wat

'n filiaal van sy houermaatskappy is; . of sekuriteit aan 'n ander persoon in verband met 'n verpligting van so 'n direkteur, bestuurder, maatskappy of ander regspersoon voorsien nie.

(1A)

(1B) Die bepalings van subartikel (1) en van paragraaf (b) van subartikel (1A) word nie uitgelê

3

nie as sou dit 'n maatskappy verbied om 'n lening toe te staan aan, of sekuriteit te voorsien aan iemand in verband met 'n verpligting van, sy houermaatskappy of filiaal of 'n filiaal van sodanige houermaatskappy;

(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie -

(a) ten opsigte van -

(i) die maak van 'n lening deur 'n

maatskappy aan sy eie direkteur of bestuurder; (ii) die voorsiening van sekuriteit deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting van sy eie direkteur of bestuurder; (iii) die toestaan van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n ander maatskappy of 'n ander regspersoon wat deur een of meer direkteure of bestuurders van eersgenoemde maatskappy beheeer word; of (iv) die voorsiening vah sekuriteit deur 'n maatskappy in verband met 'n

verpligting van 'n ander maatskappy

of 'n ander regspersoon wat deur een

of meer direkteure of bestuurders van eersgenoemde maatskappy beheer

met die toestemming van al die lede van die maatskappy of ingevolge 'n spesiale

besluit betreffende 'n bepaalde transaksie; of

(b) behoudens die bepalings van subartikel

(3), ten opsigte van enigiets gedoen om 'n direkteur of bestuurder van fondse te voorsien om uitgawe te dek deur hom aangegaan of aangeggan té word vir die

4

doeleindes van die betrokke maatskappy of met die doel om hom in staat te stel om sy pligte as direkteur of bestuurder van daardie maatskappy behoorlik uit te voer; of

(c) ten opsigte van enigiets bona fide gedoen
in die gewone loop van die besigheid van
'n maatskappy wat inderdaad en gereeld 'n
besigheid dryf wat die maak van lenings
of die voorsiening van sekuriteit behels;

of

(d) op die voorsiening van geld of die maak
van lenings deur 'n maatskappy vir die
doeleindes in artikel 38(2)(b) en (c)
bedoel; of

(e) op die maak van 'n lening en die
voorsiening van sekuriteit met die
goedkeuring van die maatskappy op 'n
algemene vergadering om behuising te
voorsien vir sy direkteur of bestuurder;

of

(f) ten opsigte van -

(i) die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n direkteur of bestuurder van sy filiaal; of (ii) die voorsiening van sekuriteit deur 'n maatskappy aan iemand anders in verband met 'n verpligting van 'n direkteur of bestuurder van sy filiaal: mits daardie direkteur of bestuurder nie ook 'n direkteur of bestuurder van daardie maatskappy self is nie

(3)

(4) 'n Direkteur of beampte van 'n maatskappy

5

wat die maak van 'n lening of die voorsiening van sekuriteit in stryd met die bepalings van hierdie artikel magtig of toelaat of 'n party daarby is -

(a) is aanspreeklik om die maatskappy en
enige ander persoon wat geen werklike
kennis van die oortreding gehad het nie
skadeloos te stel teen verlies wat
regstreeks ontstaan uit die ongeldigheid
van die lening of sekuriteit; en

(b) is aan 'n misdryf skuldig.

(5) vir die doeleindes van subartikel (4) beteken 'direkteur of beampte van 'n maatskappy' ook, waar die maatskappy 'n filiaal is, 'n direkteur of beampte van sy houermaatskappy."

Om die bespreking van die artikel te vergemaklik

sal ek, soos my kollega, slegs verwys na 'n direkteur, in die

veronderstelling dat 'n bestuurder daarby ingesluit is, en

slegs na die maak van 'n lening aan 'n direkteur, in die

veronderstelling dat daarby ingesluit is die verskaffing van

sekuriteit in verband met die verpligting van 'n direkteur.

Die probleem in die onderhawige geval kan dan eenvoudig

gestel word. Sub-art (l)(a)(ii) verbied 'n maatskappy

onvoorwaardelik om 'n lening aan 'n direkteur van sy

houermaatskappy te maak. Sub-art (2)(a)(i), daarenteen,

6

magtig 'n maatskappy, onder bepaalde omstandighede, om 'n lening aan sy eie direkteur te maak. Wat is die posisie dan waar 'n persoon terselfdertyd 'n direkteur van die maatskappy self (die filiaal) en van sy houermaatskappy is? Word hy, as direkteur van die houermaatskappy, getref deur die absolute verbod in sub-art (l)(a)(ii)? Of kry hy, as direkteur van die filiaal, die voorwaardelike voordeel wat aan die maatskappy se eie direkteure verleen word deur sub-art (2)(a)(i)?

Die gewone, letterlike en grammatikale betekenis van die woorde wat die Wetgewer in art 226 gebruik het, bied 'n duidelike antwoord op hierdie vraag. Kragtens sub-art (2) is die verbodsbepalings in sub-art (1) "nie van toepassing nie" ten opsigte van, o a, "die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan sy eie direkteur" onder bepaalde omstandighede. Dit beteken eenvoudig dat waar 'n maatskappy 'n gemagtigde lening aan sy eie direkteur maak, sodanige transaksie nie geraak word deur enige van die verbodsbepalings in sub-art (1) nie. So 'n lening word

7

gevolglik nie verbied bloot omdat die persoon wat die lening ontvang, toevallig ook 'n direkteur van die houermaatskappy (sub-art (l)(a)(ii)) of 'n direkteur van 'n ander filiaal van die houermaatskappy (sub-art (l)(a)(iii)) is nie. Om hierdie resultaat te vermy op die manier wat my kollega beoog, sou dit nodig wees om woorde met die volgende effek van toepassing te maak op elk van die paragrawe van sub-art (2)(a); "mits daardie direkteur of bestuurder nie ook 'n direkteur of bestuurder van daardie maatskappy se houermaatskappy, of van 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houermaatskappy is nie". Dit sou dus aansienlike wysiging van die artikel verg.

Aan die begin van my kollega se uitspraak gee hy toe dat die uitleg wat die Bank aan die artikel gee, "in ooreenstemming [is] met die gewone, letterlike en grammatikale betekenis van die woorde wat die Wetgewer in artikel 226 gebruik het", en dit is die basis waarop hy die uitleg van die artikel benader. Soos ek reeds aangedui het,

8

stem ek hiermee saam. Later gee hy egter te kenne dat daar 'n dubbelsinnigheid in die bewoording is. Ek vind, met eerbied, sy beredenering hieromtrent onoortuigend. Dubbelsinnigheid het te doen met die betekenis van taal. Niks wat hy sê dui m i aan dat die woorde van die Wet iets anders kan beteken as wat ek hierbo aangedui het nie. Van dubbelsinnigheid kan daar dus m i geen sprake wees nie. Wat my kollega wel sê is dat elke geval wat deur sub-art (2) uitgesonder word, nie in die afwesigheid van so 'n uitsondering deur elke verbodsbepaling in sub-art (1) verbied sou gewees het nie, en dat dit dus nie nodig was om elke verbodsbepaling uit te sluit van toepassing op elke uitsonderingsgeval nie. Dit mag so wees, maar wat daarvan? As sub-art (2) nie bestaan het nie, sou elke geval wat tans in die sub-artikel voorkom, deur een of ander van die bepalings van sub-art (1) verbied gewees het. Die Wetgewer wou die gevalle in sub-art (2) wettig, en het dus bepaal dat die verbodsbepalings (d.w.s. al die verbodsbepalings) nie op

9

sub-art (2) van toepassing sou wees nie. Met ander woorde, die gevalle in sub-art (2) is wettig nieteenstaande al of enige van die verbodsbepalings in sub-art (1). Geen van die verbodsbepalings is van toepassing op enige van die transaksies wat in sub-art (2) uiteengesit word nie. Niks kan duideliker wees nie. En wat maak dit saak dat elke verbodsbepaling nie op elke uitsonderingsgeval betrekking sou gehad het as sub-art (2) nie bestaan het nie? Hierdie oorweging doen niks af aan die duidelike betekenis van die woorde of aan die praktiese uitvoerbaarheid van die artikel nie. Die Wetgewer het sy beoogde resultaat op 'n eenvoudige en effektiewe manier bereik. Die omstandigheid dat die uitsonderingsbepaling in die wydste terme is dui trouens die Wetgewer se erns aan om die uitsonderingsgevalle teen enige moontlike aanval te beskerm. Om 'n begrip in die artikel in te lees, soos my kollega voorstel, dat die verbodsbepalings "onderskeidelik" nie van toepassing is nie, is nie in ooreenstemming met die woorde van die artikel nie, is nie

10

nodig vir die behoorlike vertolking van die artikel nie, en sou net verwarring en onsekerheid skep wat tans nie bestaan nie.

Terloops, die bewoording van die wysiging wat nodig sou wees om effek te gee aan my kollega se vertolking, het ek aangepas uit die woorde van art 226(2)(f). Daar maak die wetgewer uitdruklik voorsiening vir die moontlikheid dat dieselfde persoon direkteur of bestuurder van verskillende maatskappye kan wees. Die wetgewer was dan ook klaarblyklik nie onbewus van hierdie moontlikheid nie - trouens, waar die wetgewer in art 226 voorskrifte vir direkteure van maatskappygroepe neerlê sou dit vergesog wees om te veronderstel dat die wetgewer nie besef het dat dieselfde persoon verskillende direkteurskappe in die groep kan beklee nie. Nogtans word so 'n situasie nie in art 226(2)(a) behandel nie, terwyl dit wel in art 226(2)(f) aandag geniet. Dit is 'n verdere aanduiding dat die letterlike betekenis van sub-art (2)(a) inderdaad die wil van die wetgewer uitdruk.

11

Natuurlik aanvaar ek dat die gewone, letterlike en

grammatikale betekenis van die woorde wat die Wetgewer

gebruik het, nie altyd sy werklike bedoeling weerspieël nie.

In 'n gepaste geval kan die hof bevind dat daar 'n duidelike

bedoeling uit die wetsbepaling blyk wat afwyk van die

letterlike betekenis van die woorde. Die beginsels wat in

hierdie verband toegepas word is soos volg opgesom in Summit

Industrial Corporation v Claimants Aqainst the Fund

Comprisinq the Proceeds of the Sale of thë MV Jade

Transporter 1987 (2) SA 583 (A) op bl 596 G tot 597 B:

"The general rule is that the words of a statute must be given their ordinary, grammatical meaning unless to do so -

'... would lead to absurdity so glaring that it could never have been contemplated by the Legislature, or where it would lead to a result contrary to the intention of the Legislature, as shown by the context or by such other considerations as the Court is justified in taking into account. ...' (per Innes CJ in Venter v R 1907 TS 910 at 915). In that event the Court may depart from the ordinary effect of the words to the extent necessary to remove the absurdity and give effect to the true intention of the Legislature. (See also Ebrahim v Minister of the Interior 1977(1) SA 665 (A) at 678 and the authorities there cited.)

12

The principle in Venter's case supra has generally been used in order to cut down the wide meaning of the words employed by the Legislature, but in exceptional cases it may also be permissible for a Court to expand the literal meaning of the words (see Barkett v SA National Trust & Assurance Co Ltd 1951(2) SA 353 (A) at 363A-F).

As has been remarked in various judgments, it is dangerous to speculate on the intention of the Legislature (see eg the reference in Savaqe v Commisioner for Inland Revenue 1951(4) SA 400 (A) at 409A) and the Court should be cautious about thus departing from the literal meaning of the words of a statute (see remarks of Solomon JA in Dadoo Ltd and Others v Krugersdorp Municipal Council 1920 AD 530 at 554-5). It should only do so where the contrary legislative intent is clear and indubitable (see Du Plessis v Joubert 1968(1) SA 585 (A) at 594-5). Moreover, it is not the function of the Court to supplement a statutory provision in order to provide for a casus omissus (see Walker v Carlton Hotels (SA) Ltd 1946 AD 321 at 330; Barkett's case supra at 363F-G)."

Sien ook S v Tieties 1990 (2) SA 461 (A) op bl 463C tot 464F.

Dit is by die toepassing van die beginsels wat in bogemelde sake uiteengesit word dat ek en my kollega van mening verskil. Dit is dus van pas dat ek 'n oomblik stilstaan by die beginsels self. Die reël dat die wetgewer se

13

bedoeling in eerste instansie in die letterlike betekenis van sy woorde gesoek word is so geyk, en die redes daarvoor so klaarblyklik, dat dit skaars beklemtoning verg. Die wetgewer bepaal wat veroorloof word en wat verbied word. Die onderdaan kan alleen die wetgewer se wil vasstel uit die woorde wat gebruik word. In 'n geval soos die onderhawige, as 'n direkteur of 'n maatskappy-sekretaris of 'n ouditeur wil weet of 'n bepaalde lening 'n oortreding van art 226 is, behoort hy die antwoord te kan vind in die woorde van die wet, en, indien hulle duidelik is, behoort dit nie vir hom nodig te wees om te bespiegel of die wetgewer nie miskien iets anders bedoel het nie, of om rond te krap in die wetgewende geskiedenis van die bepaling nie. Daar word gevolglik dikwels beklemtoon dat dit net in uitsonderlike gevalle is waar afgewyk mag word van die letterlike betekenis van die woorde van wetsbepalings - "Slegs 'n duidelike en onbetwyfelbare bepaalde bedoeling van die Wetgewer, en nie 'n bloot veronderstelde bedoeling nie, kan 'n afwyking van die gewone

14

betekenis van woorde regverdig..." (per Botha AR in Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A) op bl 595 A). Sien ook S v Tieties (supra) op bl 464 A: "... a Court ... may only do so where this is necessary to give effect to what can with certainty be said to be the true intention of the Legislature" en op bl 464 E "provided it can be indisputably established that the Legislature intended something different from the ordinary meaning conveyed by the words used ...".

Die vraag is dan of daar in die ohderhawige geval 'n "duidelike en onbetwyfelbare bepaalde bedoeling" uit die wetgewing blyk wat 'n afwyking van die letterlike betekenis sou regverdig. My kollega soek so 'n bedoeling eerstens in art 226 se oogmerk. Die breë oogmerk of oogmerke van die bepaling is natuurlik duidelik. Maatskappye word bestuur deur direkteure en bestuurders. Hierdie direkteure en bestuurders kan hul bevoegdhede misbruik vir hul eie voordeel. Daarbenewens kan die direkteure of bestuurders van houermaatskappye hulself onbehoorlik bêvoordeel deur hul

15

beheer oor filiaalmaatskappye. Die wetgewer wou die moontlikheid van sulke wanpraktyke beperk. Die wetgewer het egter nie hierdie oogmerk probeer verwesenlik deur 'n algemene of absolute verbod te plaas op alle transaksies tussen 'n bestuurder of direkteur en 'n betrokke maatskappy waardeur die bestuurder of direkteur bevoordeel kan word nie. Klaarblyklik sou so 'n verbod onprakties wees. Daar moet noodwendig baie omstandighede wees waarin dit nie onbehoorlik is vir 'n direkteur of bestuurder om geldelike voordele te ontvang van die maatskappy wat hy bestuur of wat deur sy maatskappy beheer word nie. Die wetgewer het homself dus beperk tot 'n verbod op sekere bepaalde transaksies wat as prima facie onaanvaarbaar beskou is, nl die maak van sekere lenings en die voorsiening van sekere sekuriteite. Selfs hier is die verbod egter nie absoluut nie - sekere transaksies wat binne die trefwydte van die verbod val, was nogtans vir die wetgewer aanvaarbaar. Om vir sulke transaksies voorsiening te maak, bevat sub-art (2) 'n langerige lys uitsonderings op die

16

verbodsbepalings in sub-art (1). Die wetgewer se spesifieke oogmerk met art 226 was dus om sekere bepaalde vorms van geldelike bystand te verbied onderhewig aan bepaalde uitsonderings. Met die een hand verbied hy; met die ander hand veroorloof hy. Daar was dus nie 'n eenvoudige of ongekwalifiseerde oogmerk wat as toetssteen by die uitleg van die artikel gebruik kan word nie.

Hierdie aspek word goed ge-illustreer deur die twispunt in die onderhawige geval. Waar 'n persoon terselfdertyd 'n direkteur van die houermaatskappy en van die filiaal is, is daar teoreties twee moontlikhede wat albei in ooreenstemming met die wetgewer se dubbele oogmerk kan wees. Die wetgewer mag die bedoeling gehad het dat die verbodsbepaling oorheersend moet wees en dat enige lening deur die filiaal aan so 'n persoon verbode moet wees. Aan die ander kant mag die wetgewer net so wel beskou het dat die uitsondering oorheersend moet wees, en dat dit altyd vir 'n maatskappy behoort vry te staan om (met instemming van al sy

17

lede of ingevolge 'n spesiale besluit) 'n lening aan sy eie direkteur te maak, al is hy ook 'n direkteur van die houermaatskappy. Wat vasgestel moet word is die trefwydte van die verbod met sy uitsondering. Die wetgewer se oogmerke het betrekking op albei elemente. Die trefwydte van die bepalings moet deur 'n proses van wetsuitleg vasgestel word, en kan nie a priori uit die wetgewer se oogmerk om 'n verbod op te lê (wat net 'n deel van sy volle oogmerk vorm) bepaal word nie. Des te minder kan die oogmerk om 'n verbod op te lê regverdiging bied vir 'n hof om af te wyk van die letterlike betekenis van die woorde wat aandui dat die wetgewer hier inderdaad die klem laat val het op die ander aspek van sy oogmerk, naamlik die skepping van 'n uitsondering.

Of die resultaat wat bereik word deur 'n letterlike uitleg aan die woorde te gee, sinloos en onsinnig is, soos deur my kollega beweer, is vir my moeilik om te beoordeel. Dit hang af van wat die wetgewer se beleidstandpunt was. Die letterlike betekenis lyk dan ook nie vir my uit pas met die

18

algemene patroon van art 226 t o v filiaalmaatskappye nie. Blykbare anomalieë kom veral voor waar 'n mens met 'n volfiliaal te doen het, soos in die onderhawige geval. Die houermaatskappy is ex hypothesi die enigste voordelige lid van die volfiliaal. 'n Persoon wat deur die houermaatskappy gemagtig word om sy lidmaatskapsregte in die filiaal uit te oefen (kom ons noem hom X) kan dus sonder meer ingevolge sub-art (2) toestem dat die filiaal 'n lening aan sy eie (dws die filiaal se) direkteur maak. Die volfiliaal se bates, en indirek die houermaatskappy se bates, word dus in gevaar gestel vir die voordeel van 'n direkteur van die filiaal sonder dat die lede van die houermaatskappy enige inspraak gehad het. Is dit 'n sinvolle resultaat? Sinvol of nie, dit is wat die wet bepaal. Wanneer die direkteur van die volfiliaal ook 'n direkteur van die houermaatskappy of van 'n ander filiaal van die houermaatskappy is, het X, volgens my kollega, nie meer die bevoegdheid om toe te stem tot die lening deur die volfiliaal nie. Volgens my beskouing behou hy

19

hierdie bevoegdheid. Is die een resultaat werklik meer of minder sinvol as die ander? Ek sou verkies om te sê dat die woorde van die wet duidelik is, en dat die wetgewer met behulp van sy amptenare en raadgewers (en veral die Vaste Advieskomitee oor Maatskappyereg ingestel kragtens art 18 van die Maatskappywet) meer bevoeg is ás ek om te besluit wat in die praktyk dienstig is op 'n tegniese gebied soos hierdie.

Natuurlik, waar 'n filiaal nie 'n volfiliaal is nie, is die posisie basies anders. Dan sou die minderheidsaandeelhouers in die filiaal geregtig wees om, ingevolge sub-art (2)(a), hul toestemming tot 'n lening te weier, en sou hulle 'n spesiale besluit betreffende so 'n transaksie kon teenstaan. Die probleme wat in hierdie saak met die volfiliaal ontstaan kan dus moontlik toegeskryf word daaraan dat die wetgewer nie aandag gegee het aan die verskil tussen die volfiliaal se posisie en dié van ander filiale nie, of nie omgegee het dat daar minder beskerming teen wanpraktyke by volfiliale bestaan nie (miskien omdat daar nie

20

minderheidsaandeelhouers in die filiaal is wat benadeel kan word nie). Dit is egter alles bespiegeling. Wat die redes vir die bepaling ook al mag wees, is ons nie geregtig om die wetgewer se verordeninge te wysig bloot omdat ons beskou dat 'n beter resultaat daardeur bereik word nie.

Weens my beskouing oor die duidelike betekenis van die woorde meen ek dat daar geen regverdiging is om hulp te soek by die wetgewende geskiedenis van art 226 nie. Volledigheidshalwe verwys ek nogtans daarna. Myns insiens maak dit geen verskil nie. Die verloop van die wetgewing is volledig uiteengesit in my kollega se uitspraak en ek hoef dit nie hierin te herhaal nie. Ek noem net die hooftrekke wat van belang is vir huidige doeleindes.

Art 70 oct van die Wet, wat in 1952 ingevoeg is, was beperk tot lenings aan (en waarborge ten gunste van) 'n maatskappy se direkteur of 'n direkteur van sy houermaatskappy. Ten opsigte van sulke persone was die verbod egter drastieser as wat tans die geval is. Daar was geen

21

algemene bepaling dat aandeelhouers kon toestem tot 'n lening nie. Sodanige toestemming kon alleen geldiglik gegee word deur die voorgeskrewe meerderheid van aandeelhouers van 'n private maatskappy wat nie 'n filiaal- maatskappy was nie. Dus kon 'n openbare maatskappy nie 'n lening aan sy direkteur maak selfs met toestemming van al sy lede nie. 'n Private maatskappy kon 'n lening aan sy eie direkteur maak met die toestemming van die voorgeskrewe meerderheid tensy hy 'n filiaal was, in welke geval die toestemming van sy aandeelhouers hom glad nie kon magtig om 'n lening aan sy eie direkteur of 'n direkteur van sy houermaatskappy te maak nie. As hierdie bepaling tans gegeld het, sou ons geen probleem gehad het nie. Bevray, 'n filiaalmaatskappy, sou onder geen omstandighede 'n lening aan Voges, sy eie direkteur, kon gemaak het nie. Die feit dat Voges ook 'n direkteur van die houermaatskappy was sou nie eers ter sprake hoef te gekom het nie.

Hierdie toestand het wesentlik onveranderd gebly

22

tot in 1976. In 1973 is die verbod uitgebrei maar die uitsondering is onveranderd gelaat. In 1976 is die verbod verder uitgebrei, en vir die eerste keer verskyn daar die algemene magtiging waarmee ons tans te doen het om, met toestemming van aandeelhouers of ingevolge 'n spesiale besluit, 'n lening aan te gaan en sekuriteit te verleen. Dit is duidelik, soos dit gestel word deur De Wet & Yeats, Kontraktereg en Handelsreg, 4e uitg. bl. 649, (hoewel nie met verwysing na ons besondere probleem nie) dat hierdie uitsondering "'n nogal aansienlike verslapping van die reël beteken". Dat hierdie uitsondering ingevoer is, is maklik verstaanbaar. Dit gee uitvoering aan die oogmerke van die wetgewer, soos bespreek in Neugarten and Others v Standard Bank of South Africa Ltd 1989 (1) SA 797 (A) op bl 802A-C en 813A-B, naamlik dat die verbod primêr opgelê is ten gunste van aandeelhouers, en dat aandeelhouers derhalwe gemagtig moet wees om daarvan afstand te doen. Deur hierdie bepaling het die wetgewer die bevoegdheid van maatskappye om lenings

23

aan direkteure te gee, aansienlik uitgebrei, en die enigste vraag is hoe ver hierdie uitbreiding strek. Ek wil aan die hand doen dat die antwoord op hierdie vraag in die bewoording van die artikel te vinde is.

My kollega spreek die mening uit dat die nuwe uitbreiding van 'n maatskappy se bevoegdhede iets te doen het met die nuwe beperkings wat in sub-art (l)(b) ingevoer is. Ek vind dit moeilik om hierdie argument te verstaan. Sub-art (l)(b) verbied 'n lening aan 'n regspersoon wat beheer word deur 'n geaffekteerde direkteur of bestuurder. Die rede hiervoor is duidelik. As 'n lening nie direk aan 'n bepaalde persoon gemaak mag word nie, mag dit ook nie gemaak word aan 'n regspersoon wat deur hom beheer word nie. Ek kan geen logiese verband sien tussen hierdie spesifieke verbod en 'n algemene magtiging aan 'n maatskappy om met toestemming van sy lede of ingevolge 'n spesiale besluit 'n lening aan sy eie direkteur te maak nie. En die feit dat albei wysigings in dieselfde wet voorkom, is betekenisloos. Wet 111 van 1976 het

24

die Maatskappywet in baie en uiteenlopende opsigte gewysig. Klaarblyklik het die wetgewer bedoel om terselfdertyd alle voorgestelde verbeterings in die Wet aan te bring.

As ek dus moet opsom kom dit vir my voor dat die geskiedenis van die wetgewing dieselfde patroon vorm as wat tans uit die wetgewing blyk. Van die begin af het die wetgewer sekere beperkinge opgelê en sekere uitsonderinge daargestel. Sekere transaksies is verbied en andere is veroorloof. Beide die verbodsbepalings en die uitsonderinge het verander van tyd tot tyd. Dit is nie asof die beperkinge net al hoe strenger geword het nie. Ook die uitsonderings is aangepas, en soms selfs aansienlik uitgebrei, soos in 1976 gebeur het met die uitsondering wat tans ter sprake is. Aan die uitsondering sowel as die verbod moet effek gegee word. Daar is niks in die geskiedenis van die bepaling wat ons sou regverdig om 'n verbod toe te pas waar die feite duidelik binne die bestek van 'n uitsondering val nie.

Dit bring my dan by die ander uitsonderings-

25

bepalings, nl dié vervat in paragrawe (b) tot (f) van sub-art (2). Klaarblyklik is hulle van toepassing op 'n direkteur van 'n filiaalmaatskappy al is hy ook terselfdertyd 'n direkteur van die houermaatskappy of van 'n ander filiaal van die houermaatskappy. In die samehang is daar nie, wat taal betref, 'n verskil in betekenis tussen "sy eie direkteur" in sub-art (2)(a) en "sy direkteur" in die ander paragrawe nie. Trouens, dit kom vir my, met eerbied, effens vergesog voor om te vermoed dat die wetgewer deur die woordjie "eie" in te voeg, 'n ingrypende kwalifikasie in die bepaling wou aanbring. Waar daar dus geen wesentlike verskil in taalgebruik is nie, is dit, volgens ortodokse uitlegbeginsels, 'n regverdigbare afleiding dat geen wesentlike betekenisverskil beoog is nie. Natuurlik, as 'n mens die ortodokse uitlegbeginsels, wat gegrond is op die wetgewer se woorde, negeer en gewig heg alleen aan 'n a priori bedoeling wat op vermeende doelmatigheidsgronde aan die wetgewer toegedig word, verloor hierdie argument sy

26

gewig.

Weens die voormelde redes meen ek dat die appellant se eerste argument nie gegrond is nie. Dit maak dit nodig om kortliks na sy ander argumente te verwys.

Die appellant het betoog dat die voorsiening van sekuriteit deur Bevray neergekom het op die onregstreekse voorsiening van sekuriteit deur Taskor, en derhalwe verbied word deur sub-art 226(1) deurdat die toestemming van Taskor se aandeelhouers nie verkry is nie. Namens die respondent is eerstens betoog dat die woorde "regstreeks of onregstreeks" in sub-art (1) net betrekking het op 'n lening, en nie ook slaan op die verskaffing van sekuriteit nie. Ek sal veronderstel, sonder om te beslis, dat die respondent hier verkeerd is en dat die artikel wel 'n verbod plaas op die onregstreekse voorsiening van sekuriteit. Die vraag is dan of die feite hier aantoon dat Taskor onregstreeks sekuriteit vir die lening voorsien het. Die antwoord moet m i nee wees. Taskor en Bevray is afsonderlike regspersone. Die borgkontrak

27

is deur Bevray aangegaan. Dit was Bevray se plaas wat met verband beswaar was. Volgens die getuienis was hierdie nie gesimuleerde transaksies nie. Dit was wat die partye bedoel en beoog het.

Die enigste basis waarop aangevoer word dat dit Taskor was wat onregstreeks sekuriteit voorsien het, was dat Bevray Taskor se volfiliaal was. Myns insiens doen dit egter nie af aan die maatskappye se aparte regspersoonlikhede nie. Dat Taskor benadeel kan word deur sekuriteit wat deur Bevray verleen word, staan vas, maar dit beteken nog nie dat sodanige sekuriteit onregstreeks deur Taskor verleen word nie. Sien, oor die algemeen, The State v Pouroulis and Others 2 Juta's Commercial Law Digest 123 op 133 tot 147.

Dan word daar betoog dat Voges nie gemagtig was om namens Taskor op te tree nie. Die feite was dat Voges die enigste direkteur van Taskor was. As sodanig was hy geregtig om Taskor te verteenwoordig by ledevergaderings van Bevray, waarvan Taskor 'n lid was (sien art 188 van die

28

Maatskappywet). Trouens, as die enigste lid van Bevray, word Taskor (verteenwoordig deur sy gemagtigde direkteur, Voges) geag deur sy blote teenwoordigheid 'n vergadering uit te maak (art 184 van die Wet). En in die onderhawige geval het Voges voordat die borgakte en die verbandakte aangegaan is, 'n dokument aan die Bank gelewer waarin hy gesertifiseer het dat die voorgestelde transaksies eenparig deur 'n ledevergadering van Bevray goedgekeur is. Waar hy op sy eie so 'n ledevergadering uitmaak, beteken dit, minstens prima facie, dat Taskor as enigste lid van Bevray, tot die betrokke transaksies toegestem het. Ek behandel later 'n verdere argument dat hierdie prima facie posisie in die onderhawige geval weerlê is.

Afgesien van wat Voges se formele posisie was, word daar betoog dat hy nie in die onderhawige geval geldiglik kon optree nie, deurdat hy vir sy eie voordeel en nie vir dié van Bevray nie, gehandel het. Dit is m i nie nodig om in te gaan op die regsvraag wanneer 'n maatskappy aanspreeklikheid

29

teenoor 'n derde kan vryspring op grond daarvan dat optrede deur sy direkteur, hoewel binne sy formele magtiging, nie tot voordeel van die maatskappy gestrek het nie, want die feite van die onderhawige geval steun nie so 'n betoog nie. Die getuienis was dat Voges Bevray se plaas hoofsaaklik op sy eie koste ontwikkel het, en volgens ooreenkoms geregtig was om, solank hy kon, vir sy eie rekening op die plaas te boer. Ten tyde van die onderhawige transaksies was hy besig om 'n dam op die plaas te laat bou. Die verhoging van sy oortrekkingsfasiliteite was nodig om vir die dam te betaal. Die borgakte en verbandakte was dus bedoel om finansiering te verskaf vir 'n permanente verbetering op Bevray se eiendom. Dit kan skaars beskryf word as iets wat bloot vir die voordeel van Voges aangegaan is.

Ten slotte is daar betoog dat, ten spyte van die sertifikaat dat Bevray se aandeelhouers die transaksies goedgekeur het (waarna ek so pas verwys het), Voges nie in feite as direkteur van Taskor (wat op sy beurt alleen-

30

aandeelhouer van Bevray was) tot die gewraakte transaksies toegestem het nie. Hierdie argument berus weereens op die feit dat Voges nie bewus was van die bepalings van art 226 nie. Die argument verwar m i opset en motief. Voges is 'n man met 'n B Comm graad. Hy was op sy dag maatskappy-sekretaris van 'n bekende bank, en het jare lank as aandelemakelaar gepraktiseer. Hy kon skaars betwis (en het inderdaad nie betwis nie) dat hy besef het dat die Bank die toestemming van lede van Bevray wou gehad het tot die transaksies, en dat hy sodanige toestemming verleen het. Al wat hy sê is dat hy nie geweet het hoekom sodanige toestemming nodig was nie. Na my mening maak dit nie saak nie. Hy het willens en wetens 'n toestemming verleen wat binne sy bevoegdheid geval het ten einde 'n geldige borgakte en verbandakte daar te stel. Myns insiens het hy hierin geslaag.

Weens die voorgaande meen ek dat nie een van Bevray se argumente aanvaar kan word nie en dat die appêl, soos die teenappél, van die hand gewys moet word.

31

Die volgende bevel word dus verleen

(a) Die appèl van Bevray Investments (Edms) Bpk
word afgewys met koste.

  1. Die teenappèl van Boland Bank Beperk word afgewys met koste.

  2. In albei gevalle word die koste van twee advokate ingesluit in die kostebevele.

E M GROSSKOPF, AR

EKSTEEN, AR

VAN COLLER, WnD AR Stem saam


▲ To the top