S v Oor and Another (258/1992) [1993] ZASCA 60 (14 May 1993)


Saak no 258/92 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen

BAREND OOR Eerste Appellant

SAMUEL PAPIER Tweede Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

CORAM: VIVIER, F H GROSSKOPF ARR et

KRIEGLER Wnd AR.

VERHOOR: 7 Mei 1993

GELEWER: 14 Mei 1993

UITSPRAAK

VIVIER AR.

2

VIVIER AR.

Die twee appellante ("beskuldigdes 1 en 2" onderskeidelik) is saam met vyf ander ("beskuldigdes 3 tot 7" onderskeidelik) deur EDELING R en assessore in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling aan moord skuldig bevind. Beskuldigdes 1 en 2 is die doodvonnis en die ander beskuldigdes verskillende tydperke van gevangenisstraf opgelê. Beskuldigdes 1 en 2 appelleer na hierdie Hof slegs teen hul vonnisse.

Die tersaaklike feite wat nie langer in geskil is nie, is die volgende. In die vroeë oggendure van Maandag 28 Oktober 1991 het die sewe beskuldigdes die oorledene in sy slaap oorval in sel 5 in D-afdeling van die Goedemoed-gevangenis naby Rouxville, waar hulle almal langtermyn-gevangenes was. Terwyl beskuldigde 1 die oorledene se kop vasgehou en sy mond toegedruk het, het beskuldigdes 2 en 7 die oorledene gewurg met h lyfband van materiaal wat hulle

3

om sy nek gedraai en na weerskante toe styf getrek het.

Beskuldigdes 3, 4, 5 en 6 het die oorledene se arms en

bene vasgedruk. Toe die oorledene stil word het die

beskuldigdes na hul slaapplekke teruggekeer. Na h ruk

het die oorledene h roggelgeluid gemaak en op bevel van

beskuldigde 1 het al die beskuldigdes weer na die

oorledene gegaan. Beskuldigde 1 het hom verskeie

kere met beide skoene op sy maag getrap en geskop

terwyl beskuldigdes 2- en 7 hom met die lyfband verwurg

het. Voordat die lig in die sel daardie oggend om

vyfuur aangeskakel en die bewaarders gekom het, het

beskuldigdes 1 en 2 al die gevangenes in die sel

bymekaargeroep en hulle beveel om niks van die moord

aan die owerhede te meld nie. Hulle het gesê dat

hulle self aanspreeklikheid sou aanvaar. Volgens die

mediese getuienis het die oorledene as gevolg van h

suurstofgebrek gesterf. Aan sy nek was duidelike

tekens dat hy met een of ander ligatuur verwurg is.

4

Hierdie Hof moet nou oordeel of, met inagneming van die strafverswarende en -versagtende omstandighede, die doodstraf die enigste gepaste vonnis is. By die beslissing van hierdie vraag moet die hoofdoelstellings van straftoemeting naamlik voorkoming, afskrikking, vergelding en hervorming oorweeg word.

Beskuldigde 1 was 38 jaar oud ten tyde van die moord. Hy het std 3 op skool geslaag en was ongetroud. Hy het nie minder nie as vier-en-twintig vorige veroordelings waarvan ses vir geweldsmisdade en tien vir huisbraak is. Op 12 Februarie 1991 is hy ingevolge die bepalings van art 286 van Wet 51 van 1977 tot h gewoontemisdadiger verklaar. Beskuldigde 2 was 45 jaar oud toe die moord gepleeg is, ongeletterd en ongetroud met een buite-egtelike minderjarige kind. Hy het twintig vorige veroordelings waarvan een vir roof is en nege vir aanranding met die opset om ernstig

5

te beseer. Volgens sy lys van vorige veroordelings blyk dit dat hy gedurende 1981 en weer gedurende 1991 gewaarsku is dat hy gevaar loop om as gewoontemisdadiger verklaar te word.

Namens beskuldigdes 1 en 2 is voor ons betoog dat die misdryf deur die sogenaamde gevangenis- of bendekultuur veroorsaak of gemotiveer is. Soos al dikwels in uitsprake van hierdie Hof beklemtoon, is die blote bestaan van so 'n subkultuur h neutrale feit. Dit is slegs wanneer die subkultuur sodanig op die motiewe of gedrag van h beskuldigde inwerk dat sy morele blaamwaardigheid daardeur verminder word, dat dit as h strafversagtende faktor beskou kan word. Sien S v Malgas en Andere 1991(1) SASV 284(A) op 293h - 294b en S v May, h ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof gelewer op 22 November 1991 in saak nr 232/91. Die feite waarop in die huidige saak gesteun word, is die volgende. Beskuldigdes 1 tot 6 is op 22 Augustus

6

1991 vanaf h ander gevangenis na sel 5 in die Goedemoed-gevangenis oorgeplaas. Die oorledene was ongeveer 'n maand en beskuldigde 7 tien dae in sel 5 voor die moord. Beskuldigdes 1, 2, 6 en 7 was selferkende lede van die 28-bende. Volgens die staatsgetuies April en de Wee, wat saam met die beskuldigdes in sel 5 was en wie se getuienis oor die gebeure die betrokke aand deur die Verhoorhof aanvaar is, was al die beskuldigdes lede van die 28-bende en was die oorledene h lid van die Big Five-bende. Laasgenoemde bende is daarvoor bekend dat sy lede inligting verskaf aan die owerhede. Beskuldigde 1 was h inspekteur en beskuldigdes 2 en 7 luitenante in die 28-bende. Beskuldigde 1 het volgens die ander getuies die hoogste rang van almal in sel 5 beklee. Beskuldigdes 3, 4, 5 en 6 was as wyfies beskou en moes die ander seksueel bevredig terwyl hulle op beskerming binne tronkverband geregtig was. Volgens

7

beskuldigdes 1 en 2 was daar onmin tussen hulle en die oorledene vanaf die oomblik toe laasgenoemde in sel 5 aangeland het. Die oorledene wou 'n wyfie gehad het en hulle het geweier om hom een te gee. Verder het hy allerlei leuens aan senior lede van die 28-bende in die res van die gevangenis vertel oor wat in sel 5 gebeur het. Dit het beskuldigdes 1 en 2 in h slegte lig ges.tel by die res van die bende. So het hy vertel dat hulle toelaat dat lede van die 26-bende seksueel verkeer met die 28-bende se wyfies en dat beskuldigdes 1 en 2 die wyfies in die sel aangestig het om met h eetstaking te begin. Sy kwaadpratery het daartoe gelei dat die 28-bende beskuldigdes 1 en 2 opdrag gegee het om een of twee lede van die 26-bende in sel 5 dood te maak. Hulle het geweet dat indien hulle die opdrag verontagsaam hulle met die dood gestraf kon word. Beskuldigdes 1 en 2 het verder getuig dat hulle die vorige Donderdag h opdrag van die

8

28-bende ontvang het om beskuldigde 7 dood te maak omdat hy inligting aan die owerhede sou verskaf het. Hulle het nie hierdie opdrag uitgevoer nie. Beskuldigde 1 het dieselfde nag waarin die oorledene doodgemaak is, met hom gaan praat oor die stories wat hy na buite aandra. Die oorledene se reaksie was dat hy sou toesien dat beskuldigdes 1 en 2 uit die sel geneem word. Beskuldigdes 1 en 2 was kwaad vir die oorledene en het besluit om hom aan te rand, Beide het uitdruklik ontken dat hierdie besluit in opdrag van of onder druk van die 28-bende geneem is en beskuldigde 1 het verder gesê dat die aanval op die oorledene nie gedoen is om die guns van die bende te wen nie. Hulle weergawe van die aanval, wat deur die Verhoorhof as vals verwerp is, was dat hulle nie verantwoordelik was vir die dood van die oorledene nie: beskuldigde 1 het niks aan die

9

oorledene gedoen nie en beskuldigde 2 het slegs op sy maag gespring en sy nek teen die grond platgetrap.

Beskuldigdes 1 en 2 se saak by die verhoor was gevolglik nie dat hulle in opdrag of onder invloed van, of in vrees vir die 28-bende gehandel het nie. Alhoewel hulle gebelg was oor die oorledene se kwaadstokery was hulle aksie teen hom 'n persoonlike een wat nie direk in verband gestaan het met enige bendebedrywighede nie. Hulle het hulle in elk geval min gesteur aan dreigemente van die 28-bende, soos blyk uit die feit dat hulle die opdragte om beskuldigde 7 en lede van die 26-bende dood te maak, ignoreer het. Ek is gevolglik van mening dat die bende- of gevangenis-subkultuur in die omstandighede van die huidige saak nie as h versagtende faktor beskou kan word nie. Daar is, inderdaad, geen strafversagtende faktore te vind in die huidige saak nie.

Die strafverswarende faktore is voor die hand

10

liggend. Die aanval op die oorledene was vooraf beplan en op h koelbloedige en meedoenlose wyse uitgevoer op 'n weerlose slagoffer in sy slaap. Beskuldigdes 1 en 2 het die direkte opset gehad om te dood. Hulle het vyf ander by die moord betrek om hulle te help. Die wyse waarop hulle die oorledene die tweede keer aangerand het om seker te maak dat hy sterf, openbaar 'n totale gehardheid en onverskilligheid teenoor menslike lewe.

By die oorweging van die oogmerke van vonnis is dit duidelik, meen ek, dat beskuldigdes 1 en 2 se kanse op hervorming so skraal is dat dit buite rekening gelaat kan word. Hulle is h gevaar vir die samelewing buite sowel as binne die gevangenis en 'n langtermyn-gevangenisstraf sal nie 'n voldoende voorko= mende vonnis wees nie. S v Malgas en Andere, supra, op 296d, S v Mandela, 1992(1) SASV(A) 661 op 666d-f, S v May, supra, op bl 17 van die getikte

11

afskrif. In al die omstandighede is ek van mening dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis vir beide beskuldigdes 1 en 2 is.

Die appèl word afgewys.

W. VIVIER AR.

F H GROSSKOPF AR)

KRIEGLER Wnd AR) Stem saam.

▲ To the top