S v Khumalo (186/1992) [1993] ZASCA 73 (27 May 1993)


Saak No 186/1992 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

THEMBA RICHARD KHUMALO Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: VAN HEERDEN, EKSTEEN et GOLDSTONE, ARR

Verhoor: 17 Mei 1993 Gelewer: 27 Mei 1993

UITSPRAAK EKSTEEN, AR :

Die appellant is deur Thirion R in die Matalse Provinsiale Afdeling die doodvonnis op-gelê na sy skuldigbevinding aan die moord op wyle mev Aletta Maria Francina Kruger ("die oorledene") gedurende Junie 1991. Hy kom nou in hoër beroep slegs teen gemelde vonnis kragtens die bepalinge van art 316 (A)(l) van die Strafproseswet no 51 van 1977 ("die Wet").

Uit die oorkonde blyk dit dat die ap-pellant en sy"broer"Bizokwakhe Mtungwa op 'n strooptog uit was met die opset om by 'n plaas-huis in te breek en geld te stéel. By die

2

eerste twee plase waar hulle aangedoen het om die omstandighede te bespied, het hulle besluit dat dit vir hulle te gevaarlik sou wees om daar te probeer inbreek. Op die derde dag van hul tog kom hulle by die plaas van die oorledene aan. Sy was 'n ou vrou in haar tagtigerjare, en het alleen op die plaas gewoon. Bizokwakhe het na die plaashuis gegaan op die voorwendael dat hy werk soek. Daar het hy opgemerk dat die oorledene pottebakkery doen en haar hande-werk verkoop. Hy en die appellant het die afleiding gemaak dat sy derhalwe geld in haar huis sou hê.

Hulle het hulle hierop in die bosse

.... /3

3

in die omgewing skuil gehou en teen skemer weer die opstal genader. Hulle het later gesien hoe die huishulp na haar kamer gaan, en afgelei dat die oorledene alleen in haar huis sou wees. Hulle het eers na die motor-huis gegaan waar hulle die oorledene se motor gekry het. Hulle het die motor uitgestoot tot in die grootpad sodat hulle na hul roof-tog daarmee kon wegry. Tot hul terleurstel-ling moes hulle egter ontdek dat die motor se battery verwyder was en hulle dus nie daarmee sou kon ry nie.

Hierna is hulle terug na die plaas-huis waar hulle die telefoondrade buite die

..../4

4 huis afgesny het. Met behulp van 'n hamer

wat hulle in die motorhuis gekry het, het

hulle die diefwering van 'n venster aan die

kant van die huis afgebreek en is appellant

deur die venster na binne. Hy het die kombuis-

deur vir sy makker oopgesluit en hulle is

saam die huis in. Bizokwakhe was met

'n lang mes gewapen en appellant sê in sy be-

kentenis dat hy 'n speelgoed pistool gehad

het. Saam is hulle in die oorledene se slaap-

kamer waar sy reeds in die bed was. Sy het

ingestem om hulle te gaan wys waar die geld

was. Appellant het haar aan die een arm ge-

neem en Bizokwakhe aan die ander. Toe oor-

.... / 5

5

ledene by die voetenent van haar bed kom, het sy skielik gebuk, 'n .38 Webley rewolwer onder die matras uitgepluk, en Bizokwakhe in sy regterbors geskiet. Bizokwakhe het die oor-ledene tweekeer in die bors gesteek met die mes wat hy by hom gehad het, en sy is ook met 'n stomp voorwerp op haar kop geslaan. Dit blyk nie uit die appellánt se bekentenis wie haar op haar kop geslaan het nie, maar by die lykskouing is gevind dat sy twee laserasiewonde soos deur 'n stomp voorwerp veroorsaak, aan die linkerkant van die kop gehad het en 'n derde wond bo-op haar kop. Laasgenoemde wond was met soveel geweld toegedien dat dit frakture

.... / 6

6 van die skedel na die regter en na die linkerkant

van die kop veroorsaak het. Hierdie frakture was

van so 'n ernstige aard dat dele van die breinweef-

sel daardeur uitgedruk was namate die drukking in

die brein toegeneem het.

Nadat die oorledene so ernstig aangerand is, het appellant oorledene se rewolwer opgetel en die twee booswigte is by die kombuisdeur die huis uit. Bizokwakhe het in die agterplaas naby die kombuisdeur aan sy wond beswyk en sy lyk is die volgende oggend daar gekry.

Ongeveer vyf minute oor een die nag het die huishulp, Lilian Shelembe, die oor-ledene na haar hoor roep. Oorledene het vir haar gevra om na die sitkamerdeur te kom,

..../7

7

wat oorledene dan vir haar sou oopmaak. Lilian is na hierdie deur en het gehoor hoe-dat die oorledene met groot moeite na die deur kom en dit oopsluit. Voordat oorledene egter die deur kon oopmaak het Lilian 'n skoot gehoor afgaan, en toe sy by die deur inloer sien ay oorledene op die vloer lê. Sy is in haar kop geskiet maar het nog ge-lewe. Lilian het probeer om die polisie te bel maar gevind dat-die telefoon buite werking was. Sy het gevolglik die oor-ledene met 'n kombers toegemaak en by haar gewaak totdat dit lig geword het. Daarna het sy die bure van die aanval verwittig en

.... / 8

8 oorledene is na die hospitaal geneem. Sy is eers 12 dae later op 28 Junie oorlede, as gevolg van 'n trombus of bloedklont wat in die longslag-aar gaan vassit het, en wat regstreeks deur die skietwond in die kop veroorsaak is.

Appellant erken dat hy die oorledene geskiet het. Hy meld geen rede vir hierdie optrede in sy bekentenis nie, en hy het ook nie by die verhoor getuig nie. Appellant het hom uit die voete gemaak en is eers op 27 Julie in hegtenis geneem. Appellant was 23 jaar oud ten tyde van die pleging van die misdaad en Bizokwakhe 19 jaar.

Die verhoorhof het by vonnisoplegging

.../9

9 die volgende versagtende faktore in aanmerking geneem nl dat appellant 23 jaar oud was, dat hy op skool slegs tot by std V gevorder het, en dat hy armoedig groot geword het. Dit is ook aan die verhoorhof betoog dat appellant nie die leidende aandeel by die rooftog gespeel het nie, daar dit Bizokwakhe was wat met 'n mes gewapen is, en dat dit bes-moontlik hy was wat die telefoondrade afgesny het. Die hof het egter daarop gewys dat daar geen werklike getuienis voor die hof was om dié betoog te staaf nie. Daarteen kan daarop gewys word dat dit die appellant was wat eerste deur die venster in die huis

... /10

10

gegaan het, en die kombuisdeur oopgesluit het. Dit dien ook verder daarop gelet te word dat die appellant vier jaar ouer as Bizokwakhe was.

Dit is ook voor die verhoorhof en voor ons aangevoer dat die appellant en Bizok-wakhe nie in die huis ingegaan het met die op-set om te moor nie maar slegs met die opset om te roof. Die verhoorhof het tereg dáarop gewys dat appellant geweet het dat oorledene alleen in die huis was en dat hy die moont-likheid moes voorsien het dat sy in die loop van hulle misdadige en gewelddadige optrede gedood kon word. Bizokwakhe was ook, tot appellant se wete, met 'n mes gewapen waarmee

... / 11

11

die oorledene geintimideer kon word ingeval sy sou poog om haarself teen hulle te verweer. Die oorledene het inderdaad probeer om haarself te verweer en is daarop in die bors gesteek en op 'n gruwelike wyse oor die kop geslaan.

Dit is ook voor ons aangevoer dat die appellant se optrede om, nadat hy aanvank-lik die huis verlaat het, weer terug te keer en die oorledene in die kop te skiet impul-sief was en gemotiveer was deur 'n drang om die noodlottige wond wat oorledene sy broer toegedien het, te wreek. Hierdie betoog kan nie opgaan nie. Dit was juis die geweld-dadige optrede van appellant en sy broer teen-

..../ 12

4

oor die bejaarde en weerlose oorledene wat haar genoop het om 'n poging aan te wend om haarself te verweer. Haar optrede was volkome regmatig. Hulle s'n was boos en misdadig. Onder sulke omstandighede kan appellant se gedrag om terug te keer en die reeds swaar gewonde oorledene sonder enige aanleiding van haar kant te skiet, in geen opsig gebillik word nie. Dit kan gevolglik nie as 'n versagtende faktor gesien word nie (S v Mandela 1992 (1) SASV 661 (A)). Die verswarende faktore is voor die hand liggend. Die oorledene is vermoor in die loop van 'n rooftog wat met voorbedagte rade beplan en uitgevoer is. Hul slagoffer was 'n

.../ 13

13

weerlose bejaarde vrou wat alleen in haar afge-sonderde plaashuis gewoon het. Toe sy gepoog het om haarself te verweer is sy in haar bors gesteek en met groot geweld oor die kop geslaan. Daarna het appellant, nadat hy eers die huis verlaat het, teruggekeer en die reeds beseerde oorledene geskiet. Aanvalle soos die onder-hawige waar bejaardes in hul huise vermoor word in die loop van 'n beplande rooftog, is reeds meermale deur hierdie Hof as besonder ernstig en verderflik vir die gemeenskap bestempel. (S v Khundulu and Another 1991 (1) SASV 470 (A); S v Makie 1991 (2) SASV 139 (A); S v Sesing 1991 (2) SASV 361 (A)). In S v Shabalala 1991

.... / 14

14 (2) SASV 478 (A) op 483 c-e is daarop gewys

dat almal in die gemeenskap, ook die wat op

afgeleë plase woon, veilig moet kan voel in

hul huise, en dat wanneer dit by vonnisopleg-

ging kom by moorde soos die onderhawige, moet

die geregverdigde gevoel van verontwaardiging

by die gemeenskap wel deeglik in aanmerking

geneem word. Die opgelegde vonnis moet dien

as 'n afskrikking vir ander wat moontlik in

die versoeking kan kom om weerloses te beroof

en te vermoor. Dit moet ook, in gepaste ge-

valle, die gemeenskap se aandrang op vergelding

vir misdade wat enige redelike mens as afgryslik of

weersinwekkend beskou, weerspieël. In sulke

/ 15

15 gevalle sal oorwegings van moontlike rehabilitasie wesenlik oorskadu word deur dié van afskrikking en vergelding.

Na my mening is die onderhawige so 'n geval; naamlik een waar daar 'n gebiedende aandrang is op die doodvonnis as die enigste gepaste vonnis.

Bygevolg word die appèl afgewys.

J.P.G. EKSTEEN, AR

VAN HEERDEN AR

STEM SAAM GOLDSTONE AR

▲ To the top