S v Hlongwa (69/91; 70/91) [1993] ZASCA 81 (28 May 1993)


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

TEMBINKOSI MESHACK HLONGWA

THABU JOSEPH MOKOENA Appellante

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: E.M. GROSSKOPF, EKSTEEN ARR et VAN COLLER, Wn AR

Verhoor: 3 Mei 1993

Gelewer: 28 Mei 1993

UITSPRAAK

EKSTEEN, AR :

Die twee appellante het saam met sewe ander in 'n streekhof gehou te Bethal teregge-staan op 'n aanklag van strafbare manslag as gevolg van die dood van ene Zacharia Madonsela te Bethal op 28 Februarie 1988. Die streek-hof het al nege beskuldigdes skuldig bevind áan aanranding met die opset om ernstig te beseer, maar in 'n appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is die skuldigbevinding van vier van die beskuldigdes in geheel ter syde gestel, dié van twee van hulle na gewone aan-randing vernader, en die vonnis van nog een

..../2

2

verminder. Die appelle van die huidige twee appellante is afgewys en die vonnisse van vier en 2½ jaar gevangenisstraf onderskeidelik het gevolglik bly staan. 'n Aansoek deur tweede appellant en twee van sy mede-beskuldigdes vir verlof om na hierdie Hof te appelleer teen hulle skuldigbevindinge en vonnisse is op 30 Augustus 1990 deur die verhoorhof van die hand gewys. 'n Soortgelyke aansoek deur eerste appellant is op 30 Oktober 1990 bok van die hand gewys. Verlof is egter deur hierdie Hof aan eerste appellant toegestaan om beide teen sy skuldig-bevinding en vonnis te appelleer, en aan tweede appellant slegs teen sy skuldigbevinding.

..../ 3

3

Die appèl is neergesit vir verhoor op 3 Mei 1993 en kennis van die datum van die ver-hoor is behoorlik ingevolge Reël 7(1) van die Reëls van hierdie Hof aan appellante se Bethal-se prokureurs gegee. Hoofde van betoog namens albei appellante gedateer 13 Desember 1992 is op 17 Desember 1992 by hierdie Hof ingedien. Hierdie hoofde is deur adv Pienaar opgestel, en dit blyk uit die oorkonde dat hy by die verhoor namens een van die appellante opgetree het.

Toe die appèl op 3 Mei geroep is was daar egter geen verskyning namens die appellante nie. Geen verduideliking vir die versuim is aangebied nie, maar by latere navraag is vas-

..../4

4

gestel dat appellante se prokureurs nagelaat het

om adv Pienaar te brevetteer of te verwittig van

die datum van ter rolle plasing. In 'n brief

gedateer 18 Mei 1993 voer appellante se Bethalse

prokureurs, op navraag deur die Griffier van

hierdie Hof, aan dat hulle nie opdrag aan die ad-

vokaat gegee het nie omdat hulle onder die indruk

verkeer het dat hulle korrespondente dit sou doen.

Reël 7(3) van hierdie Hof se reëls be-

paal dat:

"(3) Indien die .... appellant versuim om persoonlik te verskyn of sy advokaat namens hom te laat verskyn op die datum waarvan aldus kennis gegee is, word ... die appèl afgewys weens nie-voortsetting, tensy die hof anders gelas."

...../5

5

Mev van Basten, wat namens die Staat voor ons verskyn het, het gevolglik gevra dat die appël sondermeer afgewys word. Dat dit die gepaste bevel sou wees in die afwesigheid van omstandig-hede wat 'n minder drastiese bevel sou regverdig, blyk uit die beslissings soos S v Isaacs 1968 (2) SA 184 (A) op 186 D-E en S v Moshesh and Others 1973 (3) SA 962 (A) op 963 G. In albei hierdie sake was die meriete van die appèl geensins in oënskou geneem nie - moontlik omdat in albei gevalle die appellante voortvlugtiges was. In R v Lambi and Others 1921 AD 85 en in R v Mokwena 1954 (1) SA 256 (A) is daar na die me-riete gekyk voordat die appelle afgewys is.

. . . . / 6

6

In Gumede v Protea Assurance Co Ltd 1979 (2) SA

851 (A) sê Trollip AR op 853 B-D:

" ... a further factor relevant to the exer-cise of this Court's discretion under Rule 7(2) (die huidige Reël 7(3)) is,I think, the prospects of the appeal succeeding. After all, that is usually an important factór in determining whether or not any non-compliance with the Rules in prose-cuting an appeal ought to be condoned by this Court. If, therefore, condonation is likely to be refused ultimately because the prospects of the appeal succeeding are meagre or remote, it would obviously be preferable for this Court to dismiss the appeal for non-prosecution rather than to strike it off, since the adoption of the latter course would serve no practical purpose."

In daardie saak het die hof ook, na 'n baie vlug-

tige verwysing na die meriete, die appèl afgewys.

In die onderhawïge geval is dit

..../ 7

7

duidelik op die stukke dat albei appellante deur-gaans van voorneme was om die afwysing van hulle appèl na die Transvaalse hof in hoër beroep te bring. Hulle is deur hierdie Hof verlof daar-toe verleen. Die nie-verskyning van hulle ad-vokaat by die aanhoor van die appèl kan nie voor hulle deur gelê word nie. Dit skyn, op die inligting voor ons, te wyte te wees aan die late van hul Bethalse prokureur.

Wat die meriete van die appèl betref moes die lede van hierdie Hof wat daarmee belas was, uiteraard die oorkonde nagaan en oorweeg. Ek is nie van voorneme om die meriete enigsins in hierdie uitspraak te bespreek nie anders as

. . . . / 8

8

om te meld dat dit ons aanvanklike mening is dat daar redelike vooruitsigte bestaan dat al-bei appelle, indien nie in die geheel nie, dan ten minste gedeeltelik kan slaag. In die lig hiervan meen ek dat daar voldoende redes bestaan om nie sondermeer die appelle af te wys nie, maar hulle eerder van die rol te skrap. Dit sal dan die deur ooplaat vir die appellante om aan-soek.te doen vir die herinstelling van hulle appelle.

Albei appelle word bygevolg van die rol geskrap.

J.P.G. EKSTEEN, AR

E.M. GROSSKOPF AR )

stem saam VAN COLLER, Wn AR )

▲ To the top