S v Mveke (206/1993) [1993] ZASCA 83 (28 May 1993)


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-APRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

BALOLEKILE SIMON MVEKE Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: HOEXTER, EKSTEEN ARR et HARMS WN AR

Verhoor: 27 Mei 1993

Gelewer: 28 Mei 1993

UITSPRAAK

EKSTEEN, AR :

Die appellant is deur 'n landdroshof skuldig bevind aan die roekelose bestuur van 'n motorvoertuig en tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis. Sy appèl na die Transvaalse Pro-vinsiale Afdeling teen beide sy skuldigbevinding en vonnis is afgewys, en so ook sy aansoek by daardie hof om 'n verdere appèl na hierdie Hof te bring. Na 'n petisie aan hierdie Hof is ap-pellant verlof verleen om slegs teen sy vonnis te appelleer, en dit is op hierdie grondslag dat die appèl voor ons kom.

By aanhoor van die appèl het mnr de

..../ 2

2

Jager aansoek gedoen om uitstel ten einde hom in staat te stel om "n aansoek te doen om verdere getuienis rakende vonnis voor die Hof te plaas. Mnr Jacobs, namens die Staat, het geen beswaar hierteen geopper nie, en ons is van mening dat appellant toegelaat moet word om sy voorgenome aansoek te bring.

'n Verdere aansoek by die hof a quo om appellant se borg te verleng hangende die uitslag van sy petisie aan hierdie Hof is ook afgewys op grond daarvan dat die hof nie be-voeg was om op daardie stadium, na afwysing van sy appel, borg te verleen nie. Sonder om my enigsins uit te laat oor die juistheid

..../3

3

van hierdie siening, dien dit daarop gelet te word dat na die toestaan deur hierdie Hof van verlof om te appelleer die omstandighede ver-ander het. Daar is nou 'n appèl hangende, en gevolglik is die hof a quo onteenseglik geregtig om ingevolge art 321(1) van die Strafproseswet no 51 van 1977 borg toe te staan. Dit staan appellant dus vry om weereens daardie hof om borg te nader.

Bygevolg word die aanhoor van hierdie appèl uitgestel ten einde die appellant toe te laat om aansoek te doen vir die aanhoor van ver-dere getuienis rakende vonnis. Dit word voorts gelas dat appellant sy aansoek tesame met enige

..../4

4

stawende verklarings op of yoor 31 Augustus 1993 by die griffier van hierdie Hof moet liasseer, en hulle op die Staat beteken.

J P G EKSTEEN, AR

HOEXTER, AR )

stem saam HARMS, WN AR )

▲ To the top