S v Van Eck en 'n Ander (456/1994) [1995] ZASCA 121 (28 September 1995)


Saaknommer 456/94 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:

ANDREVANECK 1ste Appellant

BAREND RICHARD RINQUEST 2de Appellant

en
DIE STAAT Respondent

CORAM : E.M. GROSSKOPF, F.H.

GROSSKOPF ARR et VAN COLLER WN AR DATUM AANGEHOOR : 12 SEPTEMBER 1995 DATUM VAN UITSPRAAK : 28 SEPTEMBER 1995

UITSPRAAK

VAN COLLER WN AR/

3

19h00 het persone gewapen met kapmesse die huis by die agterdeur binnegekom. Twee van die persone het gegaan na die kamer waar dle oorledene op 'n bed gelê het. Hulle het hom gegryp en na buite begin sleep. Craig Grouman het dit tevergeefs probeer verhoed. Hy kon wel na hulle uit is die agterdeur toedruk. Volgens die getuienis het die oorledene buite losgeruk en 'n entjie gehardloop. Hy het in die straat nie ver van die betrokke huis nie geval. Hy is deur 'n hele aantal mense met kapmesse gekap en hy het daar aan sy beserings beswyk. Dit was die Staat se saak dat al vyf die beskuldigdes betrokke was by die aanranding op die oorledene en dat dit die twee appellante was wat hom in die slaapkamer vasgegryp en die huis uitgesleep het. Daar was ook getuienis dat beskuldigdes 1, 2 en 5 in die huis was toe die oorledene uitgesleep is. Dit was ook die Staat se saak dat die twee appellante buite die huis in die aanranding op die oorledene betrokke was. Dit blyk uit die getuienis dat een van die staatsgetuies, Shane Windvogel,

5

Die staatsgetuies wat die appellante met die aanval op die oorledene verbind, is eerstens Craig Grouman. Hy het getuig dat hy in die slaapkamer saam met die oorledene was, dat dit die twee appellante was wat die kamer binnegekom het en die oorledene die huis uitgetrek het. Die gebeure het teen ongeveer 19h00 plaasgevind. Hy ken die twee appellante goed en het hul gesigte gesien, wat nie soos dié van beskuldigde 2 wat ook die huis ingekom het, bedek was met 'n balaklawa nie. Hy het beskuldigde 2 herken aan sy oë en aan bloed op sy kop. Hy het vroeër die dag verneem dat beskuldigde 2 'n hoofbesering opgedoen het.

Rose Windvogel het getuig dat sy die betrokke aand saam met die getuie Virginia Grouman in die voorste slaapkamer van die huis was. Volgens haar getuienis het een persoon, synde beskuldigde 2, die kamer binnegekom. Hy het 'n balaklawa opgehad, maar sy gesig was oop. Sy het hom herken aan sy oë en aan die bloed op sy gesig. Sy het hom vroeër die dag ná 'n bakleiery gesien met 'n "scar" in

8

afgelê het by die fabriek waar hy werk, verlof kon kry nie.

Appellant 2 het getuig dat hy die betrokke aand by sy huis was. Sy ouma en tante was tuis toe hy ongeveer 17h30 daar aangekom het. Hy het gedurende die aand televisie gekyk en het nie die huis verlaat nie.

Die landdros het bevind dat dit nie bo 'n redelike twyfel bewys is dat beskuldigdes 1, 2 en 5 op die toneel was nie. Wat die saak teen die twee appellante'betref, het die landdros die getuienis van Craig Grouman en Rose Windvogel aanvaar en tot 'n mindere mate ook gesteun op die getuienis van Yvonne Grouman.

Die landdros sê in sy uitspraak dat hy geen twyfel aangaande Craig Grouman se eerlikheid het nie en dat sy uitkenning van die twee appellante betroubaar was. Hy meld egter dat wat die uitkenning van beskuldigde 2 betref Craig Grouman wel eerlik was, maar dat dit duidelik uit sy getuienis blyk dat hy hier 'n aanname gemaak het. Wat Rose Windvogel se getuienis betref sê die landdros dat daar geen

9

samespanning was tussen haar en Craig Grouman nie en dat haar eerlikheid nie bevraagteken was nie. Volgens die landdros is dit in die afwesigheid van enige samespanning tussen Craig Grouman en Rose Windvogel hoogs onwaarskynlik dat beide toevallig twee ander persone verkeerdelik in die kombuis as appellante 1 en 2 sou identifiseer. Die landdros sê egter dat Rose ten opsigte van beskuldigde 1 nie werklik 'n goeie geleentheid gehad het om 'n betroubare uitkenning te maak nie en meen hy dat die risiko te groot sou wees om te bevind dat hy op die toneel was. Die landdros het voorts bevind dat Craig Grouman en Rose se uitkenning van die twee appellante gestaaf word deur Yvonne Grouman. Hy sê egter dat haar getuienis net aanvaar kan word waar dit deur ander betroubare getuienis gestaaf word of daarby inpas. Dit kom voor dat hierdie siening van Yvonne Grouman se getuienis onder andere gegrond is op die feit dat haar getuienis nie heeltemal inpas by die getuienis aangaande die beserings wat die oorledene

11

beskuldigde 3 en 4 die oorledene sou wou dood nie, is dit heeltemal moontlik dat beskuldigde 3 en 4 wel 'n rede het hoekom hulle so opgetree het, maar dat hulle nou daardie rede valslik wil ontken of wil verswyg. Daar moet juis onthou word dat beskuldigde 2 se broer 'n anderhalfuur vantevore doodgeskiet is. Gemoedere het dalk hoog geloop."

Die landdros bevind ten slotte dat die appellante skuldig

is aan moord omdat hulle en sodanige ander persone wat

teenwoordig was met 'n gemeenskaplike oogmerk om te dood

die oorledene aangeval het.

Mnr. Marais, wat namens die appellante opgetree het,

het die verhoorhof se bevinding hoofsaaklik aangeveg op

grond daarvan dat die alibi-getuienis van die appellante

nie behoorlik oorweeg en ontleed is nie. Hy het aangevoer

dat daar niks onwaarskynlik in hul getuienis is nie, dat

daar geen wesenlike weersprekings was en dat die verhoorhof

geen melding maak van enige beoordeling van hul getuienis

nie. Hy het veral gesteun op die saak van S v Mhlongo 1991

2 SASV 207 (A) op 210d-g. Elke saak moet natuurlik in die

lig van sy eie besondere feite beoordeel word. In daardie

▲ To the top