S v Eyssen (580/1994) [1995] ZASCA 140 (23 November 1995)


Saaknr 580/94

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

CHARLES EYSSEN APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: E.M. GROSSKOPF, STEYN et SCHUTZ ARR.

VERHOOR: 9 November 1995

GELEWER : 23 November 1995

U I T S P R A A K

STEYN, AR

2

INLEIDING:

Op 18 November 1993 is appellant in weerwil van sy pleit van onskuldig en verweer van 'n alibi, in die Goodwoodse Streekhof skuldig bevind aan moord en op 8 Desember 1993 gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf. Hy het teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer na die Kaapse Provinsiale Afdeling. Op 4 Augustus 1994 is sy appèl van die hand gewys, maar is verlof om na hierdie Hof te appelleer teen sy skuldigbevinding aan hom verleen.

In die verhoor was daar ses beskuldigdes, waarvan appellant nommer vier was. Daar was ook 6 aanklagte wat almal verband gehou het met gebeure in Elsiesrivier op Vrydagaand, 15 Januarie 1993. Die aanklagte was die volgende: een van moord, vier van poging tot moord en een van opsetlike saakbeskadiging. Aan die einde van die staatsaak is appellant op al die aanklagte,

3

behalwe dié van moord, en al die ander beskuldigdes op al die aanklagte onskuldig bevind en ontslaan weens gebrek aan indentifiserende getuienis.

Die Staat het beweer dat appellant en sy rnede-beskuldigdes Tommy MacHelm (die oorledene) vermoor het deur hom te skiet en andersins te beseer. Daar was geen direkte getuienis ten aansien van die moord-aanklag nie. Die onbetwiste mediese getuienis is egter soos volg. Die oorledene is drie keer in die bors van vooraf geskiet met 'n vuurwapen. Een van die koeëls het deur sy hart en longe gegaan en in die vel aan sy rugkant vasgesit. Daar was tatoeëer-merke rondom die ingangswonde wat daarop dui dat die oorledene van naby geskiet was. Daar was ook frakture van die skedel en skedelbasis, breinbloeding en veelvuldige ander beserings, waaronder verskeie steek- en snywonde. Die skietwond deur die hart was feitelik onmiddelïik fataal, maar oorledene kon ook aan sy hoofbeserings beswyk het. Weens die

4

swelling van die brein en bloeding deur die skiet-wonde veroorsaak, is dit duidelik dat die oorledene tydens al hierdie verwondings nog geleef het. Dit moet onder die omstandighede aanvaar word dat hy reeds sterwend was aan die hoofbeserings toe hy doodgeskiet is. Weens die groot getal beserings (30, insluitende twee uitgangs-wonde, is tydens die lykskouing aangemerk) is dit duidelik dat die oorledene ernstig aangerand was en weens sy hoofbeserings reeds bewusteloos moes gewees het toe hy doodgeskiet is.

Weens appellant se verweer van 'n alibi en die feit dat sy skuldigbevinding, soos reeds aangedui, gegrond was op omstandigheidsgetuienis, is die gebeure wat gelei het tot oorledene se dood van besondere belang. Omdat weinig daarvan egter deur appellant betwis was, is 'n breedvoerige uiteensetting daarvan on-nodig. DIE ONBETWISTE FEITE:

Gedurende die aand het moeilikheid ontstaan tussen

5

sekere gewese lede van die 26 en 28 tronkbendes in Elsiesrivier en hul onderskeie vriende en ondersteuners. Die moeilikheid tussen hulle was lank reeds aan die broei. Een van die betrokkenes was Mervin Abrahams ("Abrahams"). Hy was die klaer op een van die poging tot moord aanklagte en op die aanklag van saak-beskadiging, wat verband gehou het met die uitbrand van sy Ford Cortina motorkar. Abrahams was daardie aand nie 'n lid van een van die twee strydende groepe nie maar wel minstens 'n aanhanger van een van hulle. 'n Derde groep, die sg "Americans" het Abrahams se groep bygestaan. Die oorledene was 'n lid van Abrahams se groep; so ook Charles Martin (bygenaamd "Charlie Boy") en Abraham Carelse (bygenaamd "Oubaas"). Ernest Solomon en Henry Parker (bygenaamd "Boere"), onderskeidelik beskuldigdes 1 en 6 by die verhoor, was lede van die ander groep.

By Abrahams se huis in Belhar was daar 'n afskeidspartytjie vir sy swaer. Die geselligheid het om 19.00

6

daardie aand begin. Charles Martin het later daar opgedaag en by Abrahams kom kla dat daar "moeilikheid by sy plek is" en dat Abrahams met "Boere" Parker daaroor moet praat. Abrahams het Parker gebel en toe in sy motor gegaan na Martin se woning in Veertiendelaan Eersterivier. Hy is vergesel deur die oorledene en Carelse. By aankoms het hy polisievoertuie daar gewaar en toe gesien dat "van my vrinde is geskiet deur vrinde van hulle". Drie persone is gewond tydens 'n skietaanval om 22.00 op die Martin woning. Die drie gewondes is kort daarna in die nabye omgewing gevind deur sers P M Rademeyer van die S A Polisie, Elsiesrivier. Abrahams en sy twee voormelde metgeselle is daarna na "Boere" Parker se woning in Agtiendestraat Elsiesrivier (Parker het twee wonings. Die ander een, waarin sy ma blykbaar woon, is geleë in Avondalelaan, Elsiesrivier. Van die twee wonings is die een in Agtiendestraat naaste aan Veertiendelaan en in werklikheid baie naby daaraan). Parker was nie tuis nie. 'n "Hele klomp"

7

ander mense was egter daar en 'n bakleiery met leë bottels het tussen Abrahams-hulle en dié groep uitgebreek. Daarna is Abrahams en sy twee genote na Parker se huis in Avondalelaan. Die hekke daarvan was gesluit. Hulle is toe terug na Belhar waar hulle sonder welslae na Emest Solomons gesoek het.

Daarna is hulle weer na "Boere" Parker se woning in Agtiendestraat. Abrahams het voor die huis aan die oorkant van die straat parkeer en na Parker gegaan wat toe tuis was. Die oorledene en Carelse het in sy Cortina agtergebly. By Parker het 'n hewige twis ontstaan in die loop waarvan Abrahams deur iemand van die Parker groep geskiet en gewond is, een keer in elke bo-been. Hy het gevlug tot agter sy motor waar hy Carelse en oorledene gevra het om terug te skiet. Hulle het dit egter nie gedoen nie. Abrahams en Carelse het toe op vlug geslaan en die oorledene by die motor agtergelaat. Abrahams het in Agtiendestraat opgevlug tot by die naby-geleë aansluiting met

8

Elfdelaan. ( Dit is die eerste dwarsstraat van die Parker woning af in die rigting van Avondalelaan, wat die laaste dwarsstraat aan

Pringlelaan is, waarin Agtiendestraat met 'n skuinshoek doodloop). Op die straathoek het Abrahams omgedraai en gesien dat 'n aantal persone na sy motor hardloop wat steeds reg oorkant die Parker woning gestaan het. Van hulle het skote in die motor ingevuur en net daarna het dit aan die brand geslaan. Hy het toe verder gevlug na 'n vriend se huis. Vandaar is hy hospitaal toe geneem.

Weens die skietery vroeër die aand by die Martin woning was sers A MacKay, ook van die S A Polisie Elsiesrivier, op motorpatrollie in die omgewing. Hy was alleen in die voertuig. Om ongeveer 23.25 het hy in Elfdelaan gery in die rigting van Agtiendestraat. Hy het by die kruising van die twee weë stilgehou en aan sy regterkant 'n voertuig sien brand in Agtiendestraat, ongeveer 30 treë van hom af, reg oorkant "Boere" Parker se woning. Daar was niemand in die omgewing nie. Dit was trouens

9

doodstil daar. MacKay het uitgeklim, hulp ontbied en rondgekyk.

Hy het toe die lyk van die oorledene ontdek. Oorledene het op sy rug gelê en sy onderlyf was kaal. Daar was drie wonde op sy bors.

MacKay het ander beserings ook gewaar. Oorledene het gelê op die sypaadjie voor die tweede huis van die straathoek af. Die lyk was nog warm en slap. Daar was ook niemand naby die lyk nie. Om ongeveer 23.30 was sers Rademeyer en sy Elsiesrivier kollega, konst Mostert, besig om ondersoek in te stel by die bewaarskool in Negentiendestraat, Elsiesrivier, waar 'n inbraak-alarm afgegaan het. Die bewaarskool is naby die T-aansluiting waar Negentiendestraat doodloop in Eppinglaan, skuinsoorkant die Agtiendestraat aansluiting, en ongeveer 100 meter van laasgenoemde af.

Terwyl hulle met die ondersoek besig was hoor hulle drie skote vanuit die rigting van Agtiendestraat. Rademeyer en Mostert was daar met 'n polisievoertuig. Mostert het bestuur en

10

Rademeyer was in beheer van die radio en het "die skryfwerk" gedoen. Hulle is toe terug na hul voertuig en het in die rigting van die skote gery. Toe hulle by Agtiendestraat inry merk hulle ongeveer 20 meter van hulle af vier manspersone wat agter mekaar in gelid stap vanuit Agtiendestraat om die hoek na Avondalelaan. 'n Kafee is op daardie hoek geleë. Die area was goed belig deur straatligte, die ligte van die kafee en die polisievoertuig se hoofligte. Rademeyer het 'n brandende motor opgemerk verder af in Agtiendestraat. Dit was klaarblyklik Abrahams se Ford Cortina. Mostert het dit nie gesien nie. Die voormelde groep het vanuit die rigting van die brandende motor geloop. Mostert het gesien dat die persoon wat heel agter geloop het 'n silwerkleurige voorwerp in sy regterhand het. Mostert het hom daama bly dophou. Toe Mostert vir die groep skree dit is die polisie en hulle moet stilstaan het dié persoon onmiddellik die voorwerp voor by sy broek ingedruk. Die ander het na die polisie aangekom maar hierdie persoon het 'n entjie

11

aangeloop voor die winkel verby. Hy het oor 'n gat gestap en die voorwerp daar laat val. Rademeyer het hierdie persoon gewaar hoe hy die silwerkleurige voorwerp laat val het. Hy was toe in die middel van die gelid, tweede of derde van agter. Mostert het die groep beveel om op die ryvlak van Avondalelaan te gaan lê. Almal behalwe dié persoon het dit gedoen. Nadat hy die voorwerp laat val het, het dié persoon eers rondbeweeg voordat hy op verdere bevel van Mostert ook gaan lê het, 'n entjie weg van die ander af. Mostert het na die gat gegaan waarin die silwerkleurige voorwerp laat val was. Dit was 'n ongebruikte rioolgat wat reeds deels met sand gevul was. Daarin het Mostert 'n silwerkleurige .38 Taurus rewolwer gekry. Dit was bloedbesmeerd. Die bloed was nog vars. Dit was helderrooi maar reeds droog. Mostert het beslag daarop gelê. Dit was later ballisties en forensies ontleed. Daar was drie afgevuurde doppies in die drom en twee onafgevuurde patrone. Die koeëlpunt wat in die oorledene se lyk gevind is, was

12

afgevuur uit hierdie rewolwer. Die bloed aan die vuurwapen was van die O-groep, dieselfde as dié van oorledene. Dit is egter die mees algemene van menslike bloedgroepe. Die brandende motorkar was 100-200 meter van die aansluiting van Agtiendestraat en Avondalelaan. DIE BETWISTE FEITE:

Rademeyer en Mostert het albei getuig dat appellant die persoon was wat die silwerkleurige voorwerp laat val het, soos reeds beskryf. Hulle was albei seker van hul uitkenning. Hy was duidelik sigbaar in die helderbeligte area waarin hulle hom gewaar het op 'n kort afstand. Rademeyer het hom reeds geken en het geweet dat sy voornaam Charles was. Mostert het hom deurgaans stiptelik dopgehou.

Appellant daarenteen het ontken dat dit hy was wat die voorwerp laat val het. Hy het egter erken dat hy deel van die groep was en het nie ontken dat die rewolwer deur iemand anders

13

in die groep in die rioolgat gegooi of laat val is nie. Soos reeds gemeld, was appellant se verweer op die moordklag 'n alibi. Hy het getuig dat hy op daardie dag 'n motorvoertuig vir "Boere" Parker herstel het by dié se huis in Avondalelaan. Hy het toe gewag dat Parker hom vir sy werk kom betaal. Parker het egter nie opgedaag nie. Hy is toe na 'n kroeg genoem "Rio" waar hy "pool geskiet" het en bier gedrink het. Om ongeveer 21.00 is hy daar weg en het teruggegaan na Parker se huis in Avondalelaan. Hy het weer vir Parker gewag, wat "laat, baie laat" daar aangekom het. Hy is egter nie betaal nie en Parker het hom aangesê om nog te wag en het toe weggery. Appellant het gewag maar het later na die huis van Parker se broer gegaan. Dit is ook in Avondalelaan, twee of drie huise van Parker s'n, aan die kafee se kant. "Na 'n lang tyd" het "Boere" Parker daar verby gery en terselfdertyd het appellant skote gehoor, die klank waarvan duidelik was en gekom het van "bo in Agtiendestraat". Daar was

14

ook 'n geraas wat "moontlik daar van Agtiendestraat se kant af' gekom het. Hy het nog 'n wyle by die Parker broer se plek vertoef. Hy het gesien beskuldigdes 1, 2 en 3 in Avondalelaan loop na die hoek by die kafee om te kyk wat aangaan. Hy het hulle "baie goed" geken. Hulle het "van al die rigtings af gekom". Iemand het geskree dat 'n kar brand in die pad. Hy het toe ook na die hoek gegaan en by hulle gaan staan. Hy kon "niks duidelik sien daar in die pad nie". Hy het net "'n bondel rook en vlamme" gesien, by die "onderste jaard". Hy en die ander beskuldigdes het egter nie soontoe beweeg nie en het op die straathoek bly staan. In hulle omgewing was toe nie ander mense nie. Net toe hulle om-draai om terug te gaan in Avondalelaan af en "in 'n bondel" gestap het, het die polisievoertuig daar aangekom. Toe die polisie skree dat hulle moet vasstaan, het hy nog aangeloop en later "'n ent vorentoe" van die ander gaan lê. Hy het nie gesien dat iemand van hulle 'n voorwerp laat val nie en het ook nie gesien dat 'n rewolwer

15

later gevind was nie. Die polisie het ook nie op die toneel gesê dat hulle 'n rewolwer gevind het nie. Hulle het hom nie daar gesê waarvoor hy gearresteer is nie. Tydens kruis-ondervraging het hy egter erken dat die polisie wel op die toneel gesê het dat hulle 'n rewolwer daar gevind het en dat hy aangehou word as 'n verdagte op 'n moordklag.

Sy getuienis verskil egter merkbaar van sy pleitverduideliking gegee by die aanvang van die verrigtinge. Aanvanklik het hy in persoon verskyn. John Williams, beskuldigde 3, wat toe ook onverteenwoordigd was, het 'n pleitverduideliking gegee wat deur appellant bevestig is, soos volg:

"Mnr Williams? ... My Edelagbare ek was op pad daardie aand vanaf die Rio Hotel en ek het af in Epping Avenue geloop om 'n draai Dertiende Laan af na Boere Parker se jaard toe. Daar gekom, het ons 'n paar biere gedrink.

Na wie verwys u as u verwys na Boere Parker? ... Beskuldigde 6. Daar gekom, het ons 'n paar biere gedrink en dit is toe dat ons die rewolwerskote gehoor het, toe het

16

ons afgegaan na die winkel toe, ek en beskuldigde 4. Toe daar gekom, toe ek op die hoek kom, toe sê hulle daar brand 'n motor, toe het ons teruggedraai en met die terugdraai van ons, toe sien ons dis nou net dat die polisiemanne daar aankom en vir ons beveel om plat te lê op die grond en dit is al wat ek kan nou sê.

Mnr Williams laat ek net gou vasstel of ek u reg verstaan het. U sê julle was by beskuldigde 6 se huis, is dit die huis nommer 13 Avondaleweg waarna die prokureur verwys het? ... Dit is korrek.

En julle was by die huis toe julle die rewolwerskote gehoor het? ... Dit is korrek mevrou.

En het net u en beskuldigde 4 waarheen gegaan, na die kafee toe of wat het u gesê, na die winkel toe? Waarnatoe was julle op pad? ... Ons was op pad om ondersoek in te stel na die rewolwerskote wat afgevuur is.

Dit was u en beskuldigde 4 wat gegaan het? ... Ja.

Toe julle op die hoek kom, sien julle daar brand 'n motor.... Daar brand 'n motor.

En dis toe wat die polisie ook daar kom. ... Dit is net toe dat die polisie opdaag.

Mnr Eyssen is u bereid om kortliks vir die Hof te sê waarom u onskuldidg pleit of wil u ook stilbly op die stadium? ... Dis soos beskuldigde 3 gesê het.

So u bevestig wat hy gesê het? ... Ja.

Was u ook saam daar en u het gaan kyk? ... Ja."

17

Appellant het nooit die verskil tussen sy pleitverduideliking en getuienis verduidelik nie. DIE VERHOORHOF SE BEVINDING:

Die Streeklanddros het die getuienis van Rademeyer en Mostert aanvaar in weerwil van sekere onderlinge verskille in hul weergawes. Die getuienis van appellant is verwerp as onwaar o a weens self-weersprekings daarin te vinde en die verskil tussen sy getuienis en pleitverduideliking. Die weergawes van die ander bovermelde staatsgetuies was, soos reeds gemeld, onbetwis, en is klaarblyklik aanvaar.

Daar is na my mening geen rede om met daardie bevindings in te meng nie. Die verskil tussen die weergawes van Rademeyer en Mostert oor waar in die gelid appellant geloop het is klaarblyklik daaraan te wyte dat hulle nie albei in dieselfde rigting gekyk het toe hulle Agtiendestraat binnegegaan het nie. Rademeyer het straat-af gekyk en die brandende voertuig gesien.

18

Mostert moes as bestuurder die pad voor hom dophou en het appellant toe in die groep raakgesien en bly dophou. Nadat die bevel gegee is dat die groep moet bly staan het appellant aanhou beweeg terwyl die ander die bevel gehoorsaam het. Sodoende het hy sy posisie in die gelid verander. Rademeyer het hom eers gewaar toe hy die voorwerp laat val. Hy was toe nie meer die agterste in die gelid nie. DIE EFFEK VAN DIE BEWESE FEITE:

Die oorledene moes doodgeskiet gewees het waar sy lyk gevind is. Daar is geen getuienis of aanduiding dat hy elders geskiet is en toe soontoe geneem is nie. As hy in die motor geskiet was sou hy daarin verbrand het want dit het aan die brand geslaan nadat skote daarin afgevuur is. Nadat hy geskiet was sou hy klaarblyklik nie meer kon loop nie. Rademeyer en Mostert was derhalwe om en by 300 meter van die moordtoneel toe hulle die drie skote gehoor het. Daardie skote was ongetwyfeld dié wat op

19

die oorledene afgevuur is. Baie kort daama is appellant betrap met

die moordwapen in sy hand binne 200 m van waar die oorledene

geskiet is. Die feite dat hy toe openlik daarmee in sy hand geloop,

dit wou versteek toe hy die polisie gewaar en daama valslik

daaromtrent getuig het, is vatbaar vir net een redelike afleiding, nl

dat dit hy was wat die oorledene doodgeskiet het. Die mediese

getuienis dat die oorledene, wat reeds emstig beseer was, op kort

afstand driekeer in 'n baie kwesbare liggaamsdeel geskiet is, is

eweneens vatbaar vir slegs een redelike afleiding, te wete, dat

appellant die direkte bedoeling gehad het om die oorledene dood te

skiet.

Die volgende passasie in die uitspraak van Davis WAR

in R v de Villiers 1944 AA 493 op 508-509 is besonder toepaslik

op die feite hier ter sprake:

"As stated by Best, Evidence (5th ed., sec 298);-

'Not to speak of greater numbers; even two articles of

circumstantial evidence - though each taken by itself weighs

20

but as a feather - join them together, you will find them pressing on the delinquent with the weight of a millstone ... It is of the utmost importance to bear in mind that, where a number of independant circumstances point to the same conclusion the probability of the justness of that conclusion is not the sum of the simple probabilities of those circumstances, but is the compound result of them.' See also Evans' Pothier on Obligation (2.242), and Wills, Circumstantial Evidence (7th ed., p 46). The Court must not take each circumstance separately and give the accused the benefit of any reasonable doubt as to the inference to be drawn from each one so taken. It must carefully weigh the cumulative effect of all of them together, and it is only after it has done so that the accused is entitled to the benefit of any reasonable doubt which it may have as to whether the inference of guilt is the only inference which can reasonably be drawn. To put the matter in another way; the Crown must satisfy the Court, not that each separate fact is inconsistent with the innocence of the accused, but that the evidence as a whole is beyond reasonable doubt inconsistent with such innocence."

Die Staat het na my mening daarin geslaag om appellant se skuld bo redelike twyfel te bewys.

21 Die appèl word derhalwe van die hand gewys.

M T STEYN, AR

E.M. GROSSKOPF, AR )

stem saam SCHUTZ, AR)

▲ To the top