S v Shabalala en 'n Ander (207/93; 214/94) [1995] ZASCA 16 (17 Maart 1995)


NIE RAPPORTEERBAAR

SAAKNOMMER: 207/93

214/94

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)

In die saak tussen:

OLGA NAMUSA SHABALALA EERSTE APPELLANT

en

LESIBI BEN MOOBI TWEEDE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: HEFER, EKSTEEN, ARR et OLIVIER, Wnd AR

VERHOORDATUM: 15 FEBRUARIE 1995

LEWERINGSDATUM: 17 MAART 1995

UITSPRAAK

OLIVIER, Wnd AR:

Die eerste appellant, 'n sewe-en-twintigjarige vrou en die tweede

appellant, 'n drie-en-dertigjarige man, het in die Transvaalse Provinsiale

Afdeling van die Hooggeregshof te Pretoria voor 'n regter en twee assessore

2

op drie aanklagte van moord en een aanklag van roof met verswarende

omstandighede tereggestaan. Beide appellante is aan al die aanklagte skuldig bevind. Die doodstraf is aan elkeen vir elke moordklag opgelê. Vir die roofklag is elkeen tot twintig jaar gevangenisstraf gevonnis.

Eerste appellant kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevindings en teen die opgelegde doodvonnisse. Tweede appellant kom in hoër beroep slegs teen die opgelegde doodvonnisse. DIE AGTERGROND VAN DIE AANKLAGTE

Die Eksteen-egpaar was woonagtig op 'n hoewe in die Wonderboomgebied, in die distrik van Pretoria. Mnr Eksteen was 70 jaar oud en mev Eksteen 72 jaar. Hulle het vyf werknemers in hul diens gehad, onder andere die twee appellante en die derde oorledene in die saak, mnr Andries Mothebu. Op Saterdag 22 Desember 1990 is die Eksteen-egpaar die laaste keer lewend gesien deur hul een seun, Bertie Eksteen. Op Sondag 23 Desember is die lyke van mnr en mev Eksteen en mnr Andries Mothebu aangetref: dié van mev Eksteen in die toegesluite hoofslaapkamer van die

3

Eksteen-woning; dié van mnr Eksteen in 'n buitevertrek en dié van mnr

Mothebu in die werknemerskwartiere onder 'n bed. Al die liggame het veelvuldige steek- en skaafwonde vertoon. Daarbenewens is uit die Eksteen-woning 'n aansienlike hoeveelheid juweliersware (5 ringe, 2 hangers, 1 armband, 5 pare oorbelle, 2 stringe pêrels, 4 horlosies, 4 borsspelde, 2 stringe krale, 2 handsakke) asook 'n onbekende bedrag kontant, 'n hoeveelheid klerasie en 5 handwapens ('n FN 9mm Browning pistool, 'n .45 Webley rewolwer, twee .22 Beretta pistole en een 6.35 Browning pistool) vermis.

Beide appellante het in die loop van die verhoor die bevindinge van 'n regsgeneeskundige lykskouing ten aansien van die oorsaak van die dood van die oorledenes erken, 1e wete in die geval van mnr Eksteen steekwonde aan die hals met bloeding; in die geval van mev Eksteen 'n steekwond in die bors met bloeding en in die geval van mnr Mothebu veelvuldige steekwonde met bloeding.

Uit die gemelde verslag van die lykskouing blyk dat mnr Eksteen ongeveer 16 verskillende skaaf-, sny- en steekwonde opgedoen het tydens die

4 aanval op hom. In die geval van mev Eksteen was daar twee naasliggende

steekwonde aan die voorkant van haar bors ongeveer in die midlyn; 'n

oppervlakkige klein steekwond op haar bors asook emstige verspreide

kneuswonde oor sowel haar liggaam as haar regtervoorarm, haar

linkervoorarm en haar linkerheupgebied. Die wonde getuig van 'n

buitengewone groot mate van geweld. Mnr Mothebu het ongeveer 14

verskillende steekwonde, almal geleë in die omgewing van die nekbasis of aan

die regtervoorkant van die bors, opgedoen.

EERSTE APPELLANT SE WEERGAWE:

Eerste appellant se weergawe kom, kortliks gestel, op die volgende neer:-

Sy is afkomstig van Natal en was 'n huisbediende. Sy het tweede appellant in 1990 by Parkstasie, Johannesburg ontmoet. Hulle het 'n verhouding aangeknoop. Na etlike omswerwinge is hulle deur mnr Eksteen in diens geneem as tuinwerkers. Op daardie stadium was die ander werknemers van mnr Eksteen ene Patrick, Andries en 'n huiswerker, Anna.

5 Sy en tweede appellant het in November 1990 aldus begin werk.

Op 'n stadium het tweede appellant Johannesburg besoek en teruggekeer met 'n mes, bewysstuk 4. 'n Rukkie later, voor Kersfees, het Anna, die huiswerker, haar werk verloor weens 'n rusie met mev Eksteen en het sy, eerste appellant, Anna se werk in die huis oorgeneem.

Een aand het sy, tweede appellant, ene Thomas ('n buurman se werknemer) en Andries buitekant gesit en gesels, besig om te drink. Tweede appellant het egter nie gedrink nie. Thomas en Andries is daar weg om elders te gaan drink. Later het Thomas opgedaag met die versoek dat tweede appellant hom moet kom help om Andries, wat smoordronk was, na sy kamer te neem. Hulle het Andries op sy bed geplaas en Thomas is daar weg. Die volgende oggend het tweede appellant haar opdrag gegee om hom te vergesel na die kamer van Andries. Daar aangekom, het sy gesien dat tweede appellant, terwyl sy nog geslaap het, vir Andries vasgebind het en lappe in sy mond gestop het. Tweede appellant het vir Andries, wat nog by sy bewussyn was, gesê dat die werknemers van mnr Eksteen te min geld

6

verdien en het gevra of Andries daarmee tevrede is. Hy het Andries ook

daarvan beskuldig dat hy 'n beriggewer is. Hy het hom met die mes op die linkerslaap "geslaan" en hom daarna met die genoemde mes gesteek, ook op die linkerslaap. Hierna het tweede appellant die mes, bewysstuk 4, aan eerste appellant gegee en haar beveel om Andries op sy maag te steek, wat sy gedoen het. Sy getuig dat sy dit gedoen het omdat tweede appellant gedreig het om haar ook met die mes te steek as sy nie sy bevele uitvoer nie. Daarna het tweede appellant die lig afgeskakel en Andries verder met die mes gesteek. Hy het daarna Andries se lyk onder die bed in die kamer ingeskuif en hulle twee is terug na hul eie kamer. Thomas het later opgedaag en na Andries gesoek, maar tweede appellant het hom vertel dat Andries na Pretoria is.

Die volgende dag was eerste appellant in die Eksteen-woning werksaam. Op 'n stadium het tweede appellant vir mnr Eksteen vir spykers kom vra en dié twee het na die buitekamer gegaan. Eerste appellant het daarna iemand, wat vir haar soos 'n vrouepersoon geklink het, hoor skree.

7 Tweede appellant het later die woning ingekom en vir suiker en melk gevra.

Sy het mev Eksteen uit die sitkamer gaan roep en hulle het na die kombuis

gegaan waar tweede appellant gewag het. Daar aangekom, het tweede

appellant die kombuisdeur gesluit en hulle (haar en mev Eksteen) na die

slaapkamer gedwing. Op mev Eksteen se vraag waar Mnr Eksteen is, het

tweede appellant aan haar die bebloede oortrektrui wat hy aangehad het,

gewys en ook gesê dat sy liewers oor Andries as oor mnr Eksteen moes vra.

Mev Eksteen was geskok. In die kombuis het tweede appellant bewysstuk 5,

synde 'n mes met 'n houthef en 'n lem van ongeveer 20 sentimeter gesien.

Tweede appellant het dit geneem en mev Eksteen gevra waar die geld is. Hy

het die slaapkamerdeur agter hulle toegesluit. Sy het geantwoord dat sy nie

weet nie en dat die sleutel by mnr Eksteen is. Sy het later na 'n muurkas

gewys en eerste appellant het sleutels (vermoedelik van 'n kas of kluis waarin

die geld sou wees) bo-op die kas gesoek, weer op tweede appellant se bevel.

Sy het niks gevind nie, maar 'n sleutel is later deur tweede appellant self

gevind. Hy was steeds met die mes bewapen. Mev Eksteen kon na 'n

8

gesukkel die brandkluis nie met die sleutel oopkry nie nadat tweede appellant

haar beveel het om dit oop te sluit. Hy het self die sleutel geneem en die brandkas oopgesluit. Hy het vuurwapens en geld daaruit gehaal, asook die dolk, bewysstuk 1 en 'n banksak vol muntstukke. Daar was ook 'n kissie met ringe op 'n tafeltjie gewees, wat hy ook geneem het en in 'n sak geplaas het by al die goed wat uit die kluis geneem is. Tweede appellant het toe vir haar (die eerste appellant) uit die kamer geneem en gesê dat hy teruggaan na die kamer, daar is iets wat hy agtergelaat het. Sy kon nie op daardie stadium vlug nie, want tweede appellant het reeds vroeër ook die kombuisdeur toegesluit.

Sy het getuig dat sy 'n rukkie gewag het en toe teruggegaan het na die slaapkamer aangesien sy haar onderrok daar vergeet het. Die rede waarom sy haar onderrok in die Eksteens se slaapkamer uitgetrek het, was dat sy weens vrees begin menstrueer het en die onderrok uitgetrek en in 'n wasbak in die slaapkamer geplaas het. Sy het getuig dat toe sy die Eksteens se slaapkamer binnegekom het, het sy gesien dat tweede appellant besig was

9 om sy broek op te trek en voor by sy maag toe te maak. Mev Eksteen het op

daardie stadium op die bed gelê met haar bene opgetrek en daar was 'n

deurskynende stuk materiaal soos 'n gordyn oor haar getrek. Eerste appellant

het haar onderrok geneem. Mev Eksteen het vir eerste appellant gevra om

vir haar water te gee, wat sy gedoen het. Tweede appellant het weer die

slaapkamerdeur toegesluit. Hy het daarna die dolk, Bewysstuk 1, aan eerste

appellant oorhandig en haar beveel om mev Eksteen daarmee te steek. Sy

het geweier. Tweede appellant het die dolk geneem en vir haar, eerste

appellant, op die linkervoorarm daarmee gesteek. Hy het haar ook geskop

bokant die linkeroog.

Hierna het hy 'n handdoek geneem en haar beveel om dit oor mev Eksteen se gesig te plaas, wat sy gedoen het. Daarna het hy mev Eksteen tweemaal met die mes gesteek.

Hulle twee is toe na Johannesburg. Daar het tweede appellant tablette, medisyne en 'n verband by 'n apteek gekoop om die wonde wat hy in die struweling met mnr Eksteen opgedoen het, te verpleeg. Hulle het by 'n hotel

10

ingeteken. Hy het aan haar van die gesteelde goed, asook R1500, 'n ring en

'n vuurwapen gegee. Terwyl hy na 'n eetplek is om te gaan kos koop, het eerste appellant (met mev Eksteen se nagrok onder haar dagklere aan) probeer ontvlug. Tweede appellant tref haar egter by die huurmotorstaanplek aan; 'n alterkasie vind plaas en uiteindelik is sy met 'n huurmotor na Durban. Ongeveer twee weke later het tweede appellant by haar woning in Natal opgedaag. Hy het aan haar fotos van hulself wat in koerante verskyn het, getoon. Hulle het daarna na Butterworth gegaan waar sy later weer ontvlug het en na Durban teruggaan het. Sy het daar die vuurwapen aan 'n persoon in die omgewing van die poskantoor verkoop en die ring aan 'n persoon naby die Nedbank-gebou. Sy het die nagrok van mev Eksteen en die horlosie aan ander persone gegee, by wie dit deur die polisie gevind is. Sy is later deur die polisie in Durban gearresteer. TWEEDE APPELLANT SE WEERGAWE

Hy het nadat hy lank tuinwerk in Pretoria en Benoni gedoen het, eerste appellant in Johannesburg ontmoet en 'n verhouding het tussen hulle ontstaan.

11

Uiteindelik het hulle diens as tuiniers by die Eksteens gedurende die eerste week in November 1990 aanvaar.

Op 'n later stadium het hy en eerste appellant besluit om die Eksteens om die lewe te bring. Die voorstel het van eerste appellant gekom, en wel omdat die Eksteens blankes was en blankes haar mense, swart mense, doodgemaak het. Hy het geweier en sy het toe van sy klere verbrand. Daarna het sy aan hom gesê dat daar geld in die Eksteen-woning was. Hy het uiteindelik met haar saamgestem om die Eksteens te vermoor - onder andere omdat hy in Johannesburg 'n lid van 'n bende was. Hy was toe reeds 'n kreupele en het besef dat hy nie self die daad kon verrig nie. Hy het dus besluit om na Johannesburg te gaan om 'n vriend te kry om dit te kom doen. Hy het egter slegs 'n mes bekom, nl. Bewysstuk 4. Eerste appellant het toe voorgestel dat Andries dronk gemaak word en by die rivier gelaat word sodat die Eksteens daarna vermoor kon word. Die plan het nie geluk nie en daar is tussen die twee van hulle besluit om mnr Eksteen na hul kamer te lok en om hom daar te vermoor. Voor die plan in aksie gestel kon word, daag

12 Thomas daar op. Die twee appellante besluit toe om Andries te probeer dronk

maak. Teen sesuur die Saterdagmiddag het Andries saam met Thomas na

laasgenoemde se woning gegaan om daar verder te drink.

Tweede appellant het hierna 'n kraan in hul kamer gebreek met die doel om mnr Eksteen daarheen te lok en hom daar om die lewe te bring. Eerste appellant het mnr Eksteen in die huis gaan roep. Dit was ongeveer 9 uur die aand. Hy het wel gekom, maar was gewapen met 'n handwapen. Die plan om mnr Eksteen daar en dan om die lewe te bring, is laat vaar. Mnr Eksteen het die kraan herstel en na sy huis teruggekeer.

Eerste appellant het daarna voorgestel dat as Andries terugkeer, hy vasgemaak moet word. Toe Andries later die aand smoordronk terugkeer, het hulle hom, terwyl hy in 'n diepe dronkslaap verkeer, stewig vasgebind met tou wat eerste appellant van die wasgoedlyn geneem het en lappe in sy mond gedruk. Andries het wakker geword en bevestig dat daar geld in die Eksteen-woning is. Hy het om sy lewe gepleit en gesê dat hy een van hulle is. Hy het begin skree. Tweede appellant het hom met die hef van die mes teen die

13

slaap geslaan. Toe hy weer begin skree, het eerste appellante die mes,

bewysstuk 4 geneem en hom in sy maag daarmee gesteek.

Tweede appellant het lug uit die maagwond hoor ontsnap en het aan eerste appellant gevra waarom sy so iets gedoen het, waarop sy geantwoord het "die ding wil nie verstaan nie." Sy het steeds die mes in haar hand gehad. Tweede appellant het toe besef dat Andries Mothebu 'n langsame dood gaan sterf weens die maagwond. Hy het die mes by eerste appellant geneem en Andries in die borskas gesteek. Hy het hom ook in die keel gesteek. Hy kon lug uit Andries se keel hoor ontsnap en terwyl laasgenoemde nog geskop het, het hulle hom onder 'n bed ingedruk. Daar was baie bloed in die kamer en eerste appellant het dit opgevee. Hulle het na hul eie kamer gegaan.

Tweede appellant het getuig dat hy daartoe oorgegaan het om Andries Mothebu om die lewe te bring omdat hy 'n obsessie gehad het met die baie geld in die Eksteen-woning waarvan eerste appellant hom vertel het.

Op die Sondagoggend, 23 September 1990, het eerste appellant die bloedbevlekte lappe verbrand. Toe Thomas later vir Andries kom soek het,

14 het tweede appellant hom vertel dat Andries Sinoville toe is om geld by sy

suster te gaan leen. Dieselfde storie is ook aan mnr Eksteen vertel toe dié

navraag oor Andries se afwesigheid gedoen het. Tweede appellant het in

Andries se plek mnr Eksteen se skape uit die kraal gejaag en sy koei gemelk

en is daarna na sy kamer terug. Toe hy aan eerste appellant vertel dat mnr

Eksteen gedreig het om Andries hardhandig te behandel by laasgenoemde se

terugkeer, het sy hardop gelag en gesê hoe sal hy dit doen, hy gaan binnekort

vir Andries volg.

Hy (tweede appellant) het daarna voorgestel dat die hele moordplan

laat vaar word, maar eerste appellant het na die dood van Andries Mothebu

verwys en gesê dat hulle die Eksteens in die huis moes gaan aanval; hy moes

mnr Eksteen aanval en sy vir mev Eksteen. Sy het ook gesê dat dit 'n

kwessie van lewe en dood was en die mes, Bewysstuk 4, in haar besit

geneem en dit skerp gemaak en muti gekou om haar krag te gee. Van die

muti is in die hol hef van die mes geplaas. Dit is deur die verhoorregter self

tydens die verhoor in die hef van die mes gevind.

15

Eerste appellant het daarna na die woning van die Eksteens

teruggekeer sodat die moordplan uitgevoer kon word. Hy het haar 'n paar minute later gevolg. Hy was met die mes, Bewysstuk 4, bewapen. Toe hy mev Eksteen sien, het sy moed hom weer begewe en hy het haar vir suiker gevra. Sy het hom gewaarsku om nie hard te praat, sodat mnr Eksteen hom

nie daar in die huis hoor nie want sy het hom jammer gekry en het vir hom suiker en teesakkies gebring.

Hy het na sy kamer teruggekeer en weer oorweeg om te vlug. Eerste appellant het om ongeveer 12h30 na hul kamer teruggekeer en met hom geraas omdat hy nie met die moordplan voortgegaan het nie. Hy het weer by haar gepleit om die plan te laat vaar, maar tevergeefs. Sy het weer 'n plan voorgestel om mnr Eksteen in hul kamer te kry, maar hy het dit verwerp. Sy het daarop voorgestel dat hy 'n plank neem en na mnr Eksteen moes gaan en sê dat hy 'n sitbankie wou maak en hom dan vir die nodige gereedskap vra. Hy het tot dié plan ingestem en met die plank by die stoorkamer gaan staan, wetende dat mnr Eksteen hom daar sou sien. Mnr Eksteen het dan ook later

16 na buite gekom en hom gevra wat by benodig. Die gereedskap was in 'n

buitekamer toegesluit; toe mnr Eksteen buk om die staaldeur oop te sluit, het

tweede appellant die mes, bewysstuk 4, geneem en hom daarmee in die rug

gesteek. Beide van hulle het geval, waarna tweede appellant mnr Eksteen

aanhoudend verdere messteke toegedien het. Dit was met soveel krag

gedoen dat die lem van die mes met 90 grade gebuig het. Hy het die mes

neergegooi. Mnr Eksteen het begin skree. Tweede appellant het probeer om

sy mond toe te druk en het 'n pik opgeneem, maar kon mnr Eksteen nie

raakslaan nie. Hy het die erg verwonde mnr Eksteen in die pakkamer gelaat "

en die deur gesluit.

Hy het hom daarop by eerste appellant en mev Eksteen in die huis

aangesluit waar hulle in die kombuis gestaan het. Hy het die kombuisdeur

agter hom gesluit. Mev Eksteen het hom gevra waar mnr Eksteen is, want

daar was nou bloed aan die voorkant van sy klere. Eerste appellant het vir

mev Eksteen met die arm om haar nek gegryp en dit het gelyk of sy 'n mes

of 'n skêr teen mev Eksteen se nek gedruk het. (Vermoedelik was dit die

17 genoemde mes met die lang lem, bewysstuk 5). Hyself het mev Eksteen 'n

klap toegedien ten einde die sleutels van die kluis by haar te kry. Mev

Eksteen het geskree, waarop hy mev Eksteen op die vloer vasgedruk het en

eerste appellant 'n groot braaivleisvurk (bewysstuk 15) geneem het en dit met

geweld agter in mev Eksteen se mond en keel gedruk het. Mev Eksteen het

gepleit dat haar lewe gespaar moet word en het belowe om die geld aan hulle

te oorhandig. Hulle het haar na haar slaapkamer geneem en haar op die bed

geplaas. Eerste appellant het hom beveel om oor mev Eksteen wag te hou

en sy het die kaste begin deursoek. Sy het vuurwapens in een van die

hangkaste gevind en dit op die vloer geplaas. Hulle het daarna mev Eksteen

gevra waar die sleutels van die kluis is, waarop laasgenoemde gesê het dat

dit by die "oubaas" is. Eerste appellant het gedreig om haar weer in die mond

met die braaivleisvurk te steek en het haar ook geklap. Mev Eksteen het toe

dadelik gesê dat die sleutels van die kluis bo-op een van die hangkaste is.

Daar het eerste appellant twee sleutels gevind en mev Eksteen beveel om die

kluis oop te sluit. Vanweë haar skriktoestand kon mev Eksteen nie daarin

18

slaag nie. Tweede appellant het dle sleutels geneem en die kluis oopgesluit.

Daar het hulle nog vuurwapens en R10 000 in note gevind. Hulle het die geld en al die vuurwapens asook rokke van mev Eksteen in 'n drasak geprop. Terwyl tweede appellant in die badkamer was om die bloed van hom af te was, het eerste appellant mev Eksteen wat op die bed gesit het, bewaak. Hy het gesien dat eerste appellant besig was om mev Eksteen te slaan - volgens haar bewering aan hom omdat mev Eksteen probeer het om te ontvlug. Eerste appellant het 'n bajonet, bewysstuk 1, by haar gehad. Sy vra hom waar sy mes, bewysstuk 4 is, en hy het aan haar verduidelik wat daarvan geword het. Hy het voorgestel dat hulle mev Eksteen vasbind, maar eerste appellant het aangevoer dat sy bang is dat die Eksteens se seun daar sou opdaag. Dit was ongeveer 14h00. Sy het voorgestel dat hulle mev Eksteen ook moes vermoor. Hy het geweier, waarop eerste appellant gesê het dat sy self die daad sal pleeg. Hierop het hy mev Eksteen met 'n handdoek, wat hy in beide hande vasgehou het, agteroor op die bed getrek. Eerste appellant het die bajonet, bewysstuk 1, geneem en mev Eksteen daarmee in die

19

borskas gesteek. Hulle het mev Eksteen in die kamer gelaat, met die bajonet

steeds in mev Eksteen se borskas. In die kombuis het hy sy bloedbevlekte klere uitgetrek en skoon klere, wat eerste appellant spesiaal vir hom gehou het, aangetrek. Eerste appellant het die telefoondraad uitgepluk en hulle het die plaas verlaat.

Hulle het na Johannesburg gegaan en in 'n hotel ingeboek. Hulle het die buit verdeel en op 24 Desember is hul uitmekaar, met die voorneme dat hy in Johannesburg sou bly en teen Nuwejaarsdag by haar by haar woning in Natal sou aansluit. Hy het haar huisadres in Natal gehad.

Hy het daarna 'n berig oor die Eksteen-moorde in 'n koerant gesien en afgereis na Durban waar hy eerste appellant ontmoet het. Daar het sy aan hom gesê dat haar foto reeds op die televisie vertoon was. Hulle het besluit om na die Transkei te vlug. Daar het hulle vir vier dae in 'n hotel gewoon en daarna na Durban teruggegaan. Tweede appellant het besluit dat sy en eerste appellant se weë moes skei, en hy het vertrek, eers na die Transvaal en later na Kaapstad. Na ongeveer 'n jaar het hy na Johannesburg

20

teruggekeer, waar hy op 15 April 1992 gearresteer is.

Die verhoorhof het tweede appellant tereg aan die drie moorde en die roof met verswarende omstandighede skuldig bevind. Die redes hlervoor is die volgende:

  1. Tweede appellant het op al vier die aanklagte skuldig gepleit. Sy pleitverduideliking ingevolge artikel 112(2) van die Strafproseswet erken dan ook al die klagtes hom ten laste gelê.

  2. Tweede appellant het op 1 April 1992 'n bekentenis voor landdros Poterill te Pretoria afgelê. Hierdie bekentenis stem in alle wesenlike opsigte ooreen met sy viva voce getuienis wat hierbo opgesom is.

  3. Op 14 April 1992 het tweede appellant uitwysings aan Luitenant Bouwer gedoen nadat al die regtens voorgeskrewe vereistes nagekom is. Dit is genotuleer. Dit staaf in alle wesenlike opsigte sy getuienis in die hof. Luitenant Bouwer se getuienis word gestaaf deur 'n reeks fotos wat adjudant-offisíer Beukman tydens die gemelde uitwysings geneem het.

21

4. Tweede appellant se weergawe word gestaaf deur die getuienis van en

fotos geneem deur adjudant-offisier Thomas. Hy het die moordtoneel besoek op 25 Desember 1990 en 'n aantal fotos geneem. Sy getuienis

en die fotos, insluitende die posisies waarin die lyke gevind ts en die wonde daaraan, staaf tweede appellant se weergawe in alle wesenlike opsigte - onder andere die bajonet wat nog in die borskas van mev Eksteen was en die braaivurk met bloed daaraan. Hy het ook 'n aantal bloed- en haarmonsters geneem, en vinger- en palmafdrukke. Hy het ook 'n .22 Berettapistool in 'n wasbak gevind. Hy het ook 'n gebuigde mes, bewysstuk 4, in die motorhuis naby mnr Eksteen se lyk aangetref, en bewysstuk 5, 'n mes met 'n lem van 20 sentimeter, gevind. Hy het ook gevind dat die telefoon uitgeruk was. Sekere kledingstukke van die appellante is op die toneel gevind en weggestuur vir bloedtoetse. 'n Paar skoene van eerste appellant in die huis gevind.

5. Mnr B M Eksteen, die seun van die oorlede mnr en mev Eksteen, het
tweede appellant se weergawe oor die appellante se indiensneming

22

gestaaf; asook die getuienis ten aansien van die wonde aan die

Eksteen-egpaar, die vermiste handwapens, die kontant en sekere kledingstukke, o.a die pienk nagrok van mev Eksteen en 'n Nivada-horlosie.

  1. (Mev Leonie Jooste, die dogter van die Eksteen-egpaar, het bevestig dat die gesteelde juweliersware aan haar moeder behoort het; dat dit in 'n kluis in die slaapkamer geberg was asook dat minder waardevolle juwele in 'n kissie gehou was. Ook sy het die reedsgenoemde horlosie en nagrok van haar moeder uitgeken.

  2. Beide appellante het erken dat die braaivleisvurk, bewysstuk 15, in die studeerkamer van die huis aangetref is soos wat op een van die fotos van die misdaadtoneel aangedui is.

Terwyl daar dus geen redelike twyfel kan bestaan oor die skuldige aandadigheid van tweede appellant aan die drie moorde en die roof nie, ontstaan die vraag of dieselfde van eerste appellant gesê kan word. Het sy Andries Mothebu met 'n mes gesteek omdat sy deur tweede appellant gedreig

23

was? Was sy heeltemal onbewus van die moord op mnr Eksteen, soos sy

beweer? Het sy, soos sy beweer, niks met die roof van die goedere te doen

gehad nie? Was sy deur tweede appellant met 'n mes gesteek en geskop om

haar te dwing om mev Eksteen aan te rand en met 'n handdoek vas te druk?

Is sy, kortweg, valslik deur tweede appellant geinkrimineer?

Daar bestaan gewigtige getuienis wat teen die eerste appellant se

verontskuldigende weergawe tel, o a die volgende:-

1. Eerste appellant het op 19 November 1991 in Durban, kort na haar

arrestasie, 'n bekentenis voor kaptein Engelbrecht afgelê, bewysstuk Q.

In die aanhef daarvan verklaar sy dat sy die verklaring vrywillig aflê

omdat sy die waarheid wil praat. Sy verklaar dat sy nie aangerand of

gedreig is nie. Sy sê dat sy reeds haar weergawe mondelings aan die

polisie gegee het. Die notule van haar verklaring lees dan soos volg:

(Ek weergee die verklaring verbatim met die tik- en taalfoute daarin

ongekorrigeerd.)

"Firstly I would like to tell you about Andries, it is a black male that was killed by black male Nathi and Ben. It was on a Saterday in December,

24

it happened during the night. Andries was stabbed by them with a knife, although I was not present. I heard him screaming, he was calling Ben's name.

On Saturday of the same month, I was in the kitchen of my madam where I was working in Pretoria. My boyfriend, Ben then came into the kitchen and ask me to call our Baas. Ben asked me to ask him to come and give Ben some nails which were in the garage.

At that stage our Baas was in the dining room drinking tea. I called him and informed him that Ben was asking for some nails. They both then went into the garage, at that stage I heard the Baas screaming "Help, help asseblief". At that time I saw Ben coming out, he locked the garage. Ben was wearing a white "skipper" and his skipper was full of blood. At that time there were clothing hanging on the line, he took one of his jackets and put it on. After that he said to me I must ask the Madam to give hime some sugar. At that stage black male Nathi was already in the house from the back. Before the Madam could come to Ben, Nathi grabbed her. After Nathi had grabbed the madam Ben also entered the kitchen. Ben ask me to ask the Madam for money or to threaten her that we would kill her. The Madam was crying, Ben then took out her false teeth. Later he showed us the key for the save where the firearms and money were kept. I do not know how much money we got but I received R1 500.00. Six firearm were taken, I was given a Baby Browning which I had sold at the Post Office to Joshua Xulu. We also took some rings and old money as well as neckleces, a writch watch and bangles.

The rifles we left in the save, we only took the pistols.

After we were finished the Madam ask to drink some water. As we were in the toilet we allowed her to drink water in the bathroom. After

25

that I was asked to stab the Madam. I stabbed her twice, I was also injured on my left arm and on my forehead. I was out by the window when I took the plaster from the pantry.

I stabbed the Madam in the chest. We left the Madam on the bed, she was still alive and was crying.

I then changed my clothes in her bedroom, because mine was full of blood. We then took a taxi and we went to a place that I did not know, it was only myself and Ben, Nathi had left on his own. We slept in the hotel and Ben booked in for three weeks. After two days we left the hotel and we come down to Durban. Ben stayed with me for a few weeks and returned to Pretoria.

After the statement was read over to the deponent she ask to add the

following:

We also took a radio from the scene, I will go and point it out to the

police. I sold it to a person at Dalton Men's Hostel."

2. Op 25 November 1991 het sy voor luitenant Gerber 'n

uitwysingsverklaring afgelê en daarna sekere uitwysings gedoen. Dit

is genotuleer en het gedien as bewvsstuk U. Daarin verklaar sy dat sy

vrywillig die uitwysings wil doen en dat sy nie aangerand of gedreig is

nie. Luitenant Gerber se notule van die uitwysings lees soos volg:

"13:01: Beskuldigde versoek my om te ry na Pretoria-Noord aangesien sy nie baie vertroud is met Pretoria nie. Ry

met die Apiesrivier snelweg deur die poort na Pretoria-

26

Noord.

13:14 Beskuldigde deel my nou mee dat ek moet ry tot by die ou Warmbad-pad en versoek my om regs te draai, terug in die rigting van Pretoria, sy beduie verder dat ek moet afdraai in Sagelaan en beduie verder dat ek na regs moet gaan in Chervillaan.

13:20 Beskuldigde versoek my om stil te hou, reg voor no. 8, Chervillaan waar 'n woonhuis op 'n kleinhoewe is en deel my mee dat dit díe plek is waar sy gaan punte uitwys.

13:25 Beskuldigde neem my na gebou agter woonhuis en wys 'n sementblad aan my uit as die plek waar 'n rondawel was waarin sy en 'n ene Ben gewoon het. Sy wys verder 'n vertrek net ten noord uit in 'n gebou waar 'n swartman Patrick en Andries gebly het. Sy deel verder mee dat dit die kamer is waar Ben en Natie Thlakwane vir Andries doodgemaak het op 'n Saterdag in Desember 1990. "Ek het gehoor Andries eenmaal skreeu". "Ek het wakker geword want ek was reeds aan die slaap." "Ek weet nie of Andries dood is nie".

13:37 Beskuldigde wys 'n plek uit aan die westekant van die woonhuis wat 'n groot skuur of motorhuis is en deel mee dat Ben net op die Sondag na die Saterdag toe sy vir Andries hoor skreeu, het met die eienaar van die plek gesien praat het. Sy het gehoor dat Ben vir die ouman spykers vra. Die eienaar van die plek het toe die deur kom oop sluit. Dit is al wat ek weet.

13:51 Beskuldigde neem my na die agterdeur van die hoofwoonhuis en wys my dat sy in die opwasplek was op die betrokke Sondag. Ben het by die agterdeur ingekom en sy het gesien dat Natie by die voordeur inkom. Die eienares van die huis het in die sitkamer op 'n stoel gesit. Beskuldigde wys die plek uit. Ben en Natie het die vrou

27

gegryp en in die gang afgesleep terwyl sy op die grond gelê het, tot in die hoofslaapkamer waar die dubbelbed gestaan het. Ben en Natie het 'n sleutel geëis vir 'n brandkluis wat in die hoek van 'n vertrek gestaan het. Sy wys die plek uit. Die vrou het eers met drie sleutels probeer. Sy het toe na die hangkas gegaan en 'n ander sleutel uitgehaal. Beskuldigde wys hangkas en aantrekhokkie uit. Die sleutel het toe die kluis oopgesluit. Dit witvrou het toe vir ons die geld bo in in die kluis gewys. Ons het die geld uitgehaal dit was note ten bedrae R9 500.00. Daar was ses vuurwapens. Beskuldigde wys met die hand dat dit handwapens is. Verduidelik dat een groot was, twee bietjie kleiner. Beskuldigde sê nou dat daar sewe vuurwapens was, een was 'n Baby Browning, die kleur was silwer. "Ek sê maar net dit is klein, ek weet nie wat die naam is nie". Die ander vuurwapens was ook kleinerig. Ben het vir my die Baby Browning gegee. Daar was 'n banksakkie vol randstukke. Ben het dit gevat en in 'n sak gesit. Beskuldigde sê dat sy 'n ring van 9 karaat en R1 500.00 by Ben gekry het. Sy së verder dat Ben 'n handdoek oor die vrou se kop getrek het en dat Natie die vrou se voete vasgegryp het. Natie het my toe met sy skoen in die oog geskop en my in die arm met 'n mes gesteek. Hy het toe gesê dat ek die vrou met die mes moet steek. Ek het haar toe in die bors gesteek met 'n silwerkleurige mes wat ek van Natie af gekry het. Natie het die hele tyd díe mes by hom gehad. Ek het haar twee keer op dieselfde plek gesteek. Daarna het ons gevlug na Johannesburg. Dit is al wat ek weet."

3. Op 30 Januarie 1992 het eerste appellant in die landdroshof verskyn

28

waar die drie moordklagtes aan haar gestel is. Sy het skuldig gepleit

voor landdros Venter en 'n pleitverduideliking, Bewysstuk B, aangebied. Daarin verklaar sy dat sy die verduideliking vrywillig aflê. Die rekord van die tersaaklike deel van die verrigtinge lees soos volg:

"V. Was u op 23 Desember 1990 tot 25 Desember 1990 te Plot 8, Chervillaan in die distrik Wonderboom?

A. Ja.

V. Wat het u daar gedoen?

A. Ek het met die tuinjong my kêrel. Die werkers op die plot het gedurende Kersfees vakansie huistoe gegaan. Ek, Andries en Ben het daar agter gebly. Ons het daar bier gedrink. Ben het met sy vriend gepraat om die ou man dood te kom maak. Hulle het vir Andries doodgemaak. Ben en Nati Molakwana het Andries doodgemaak. Ek het huis ingegaan waar ek my werk gedoen het. Ek het niks aan die persone gedoen nie. Nati het my arm gesteek en my gedwing om die blanke vrou te steek. Ek het haar 32 keer gesteek met 'n mes. Ek het niks aan die ouman of Andries gedoen nie. Ek het vrou op bors gesteek.

V. Is sy oorlede as gevolg van beserings wat sy opgedoen het?

A. Ja ek het nie opset gehad nie en nie gedink sy sal sterf nie.

Hof nie tervrede dat beskuldigde bedoel het om skuldig te pleit nie en

pleit van onskuldig genotuleer in terme van artikel 121(2) (b)Wet 51/77.

Erkennings bly staan."

'n Pleit van onskuldig is tereg genotuleer.

4. Kaptein Gerber, die ondersoekbeampte in die saak, het nadat hy sekere

inligting ontvang het, na Durban afgereis en eerste appellant daar

29

gekonfronteer. Hy het haar volgens die regtersreëls gewaarsku en die

volgende vrae aan haar gestel waarop sy soos volg geantwoord het:

"Vraag: Weet jy iets van die moorde?

Antw: Ja, dit was ek, Ben en Nati.

Vraaq: Waar is Ben en Nati?

Antw: lewers in Johannesburg.

Vraaa: Sal jy die plek kan uitwys?

Antw: Ja."

Hy het hierdie vrae en antwoorde genotuleer en eerste appellant het dit onderteken.

Hierna het sy hom geneem na 'n vrou, Fortune, wat mev Eksteen se nagrok aangehad het en wat dit van eerste appellant gekry het. Ook is die gesteelde horlosie weens haar uitwysing gevind. Sy het ook aan die ondersoekbeampte gaan wys waar sy die gesteelde ring en die gesteelde pistool sou verkoop het.

Eerste appellant het aangevoer dat die genoemde bekentenis, bewysstukke Q, die uitwysingsverklaring bewysstuk U, die pleitverduideliking bewysstuk B en die erkennings en uitwysings aan die ondersoekbeampte (almal genoem onder paragrawe 1-4 hierbo) nie waar en korrek is en nie vry

30

en ongedwonge deur haar afgelê is nie.

Om hierdie rede is 'n verhoor - binne - 'n verhoor gehou.

Haar getuienis was dat met haar arrestasie in Durban op 19 November 1991 sy na 'n polisiestasie geneem is waar kaptein Gerber gedreig het om haar aan te rand en te slaan. Hy het haar op haar bors geskop. Sy is nie daar deur enigiemand anders aangerand nie, hoewel ene Chirwa en Billy teenwoordig was, asook 'n ander blanke persoon. Sy het ook getuig dat 'n leerarmband aan haar arm gebreek het en dat die ander lede van die polisiemag wat teenwoordig was, kaptein Gerber gesmeek het om die aanranding te staak.

Sy is daarop na 'n ander kamer geneem en het op 'n stoel plaasgeneem. 'n Onbekende polisiebeampte het 'n wit 'tou' uit 'n sak geneem. Haar arms en bene is aan die stoel vasgebind. 'n Nat, groen balaklawa is oor haar gesig getrek en 'n motorbinneband is daaroor geplaas. Sy kon nie asemhaal nie en is met elektrisiteit geskok. Toe sy steeds weier om te praat, is sy weer geskok. As gevolg van die skokke het sy geurineer.

31

Sy is deur die polisie weggeneem en by haar huis het sy 'n ander romp

en 'n tipe bloes aangetrek omrede haar rok nat was - sy het trouens in die polisievoertuig op 'n koerantpapier gesit.

Sy het later, op 'n Maandag, 'n verklaring voor kaptein Engelbrecht afgelê (bewysstuk Q). Sy verklaar nie dat sy dit weens vrees gedoen het nie, maar wel dat sy dit gedoen het op advies van die polisiebeamptes en omdat sy nie kennis en ervaring van wat aangaan, gehad het nie. Sy het ook nie aan kaptein Engelbrecht van die vroeëre aanranding en elektriese skokke vertel nie, en wel uit vrees vir die polisie.

Later, op 25 November 1991, het sy in die hof verskyn en is daarna na 'n polisiestasie geneem. Sy het daarna uitwysings gedoen. (BewysstukU).

Sy sê dat 'n polisiebeampte voor haar verskyning in die hof aan haar gesê het om niks oor die aanrandings op haar te vermeld nie, "...want dan moet ek weet dat ek beslis teëspoed gaan optel indien ek dit openbaar." Om dieselfde rede vertel sy nie aan die persoon wat haar vir die uitwysings neem, van die aanrandings vertel nie.

32

Onder kruisverhoor het sy toegegee dat sy van meet af aan ingelig was

van die klagtes teen haar. Sy gee toe dat sy op 'n stadium gesê het dat die dade gepleeg was deur haarself, Ben en Nati. Sy sê dit is nadat sy geskok en aangerand is. Sy sê voorts dat sy die aand gearresteer is en die volgende oggend eers aangerand is deur sers Gerber. Hy het haar net een keer op die bors geskop, sy kan nie sê of dit 'n harde of ligte skop was nie, maar sy het wel pyn verduur. Maar kaptein Gerber het nie vir haar 'n storie gegee om te vertel nie - m a w nie iets voorgesê nie; hy het haar net gedreig om die waameid te praat. Later vertel sy dat twee leerarmbande wat sy aangehad het, gebreek is weens 'n rondrukkery by die hekkie van die polisiekantoor nog voor sy aangerand is, maar sy kan nie sê deur wie sy rondgeruk is of hoe dit geskied het nie.

Sy ontken onder kruisverhoor dat die inkriminerende stellings die waarheid was en sê dat dit afgelê het ten einde verdere aanranding af te weer. Sy het aan die polisie erken dat dit sy was wat mev Eksteen gedood het, nadat sy eers gesê het sy weet nie wie dit gedoen het nie.

33

Kaptein Engelbrecht het verduidelik hoe hy die verklaring, Bewysstuk

Q, van eerste appellant afgeneem het. Hy bevestig dat sy nooit aan hom gemeld het van enige aanranding op haar nie. Hy het ook geen resente wonde of merke aan haar gesien nie.

Kaptein Gerber het getuig dat hy die ondersoekbeampte in die saak was. Hoewel die moorde hier ter sprake gepleeg was op 23 Desember 1990, het hy eers byna 'n jaar later spoor van die aangeklaagdes gekry. Hy is op 18 November 1991 saam met sersant Chirwa en konstabel Shokane na Natal om eerste appellant te vind. Met behulp van die polisie in Durban het hulle haar in Kwa Mashu opgespoor. Onmiddellik toe hulle haar gevind het, het hy haar gearresteer, haar volgens regtersreëls gewaarsku en hy aan haar, sonder om haar te dreig of aan te rand, die vrae, wat reeds hierbo vermeld is, gestel. Sy het spontaan geantwoord.

Kaptein Gerber het die vrae en antwoorde genotuleer in sy sakboekie en dit is daar en dan deur eerste appellant onderteken.

Sy is daarna na die kantore van die roof- en moordeenheid in Durban

34

geneem en ondervra. Later is sy na haar huis geneem, waar sy 'n nagrok

(wat as dié van mev Eksteen geídentifiseer is) wat haar suster, Tandi, aangehad het, uitgewys het. Later is 'n goudkleurige horlosie (ook dié van mev Eksteen) ook aan hom deur haar uitgewys. Dit was aan die arm van 'n swart vrou, Fortune. Sy het verdere kledingstukke aan hom oorhandig en het haar verklee (om ongeveer 07:15) waama sy hulle na die poskantoor en ander plekke geneem het om aan te dui waar sy sekere goedere van die oorledenes verkoop het.

Hy ontken enige aanranding op eerste appellant of enige dreigemente. Sy is later na Pretoria teruggeneem en het op 25 November in die Pretoria-Noord landdroshof verskyn toe die saak bloot uitgestel is tot 30 Januarie 1992. Sy het die uitwysings gedoen op dieselfde dag.

Die kwessie van die verkleding van eerste appellant nadat sy die bekentenis aan kaptein Engelbrecht gemaak het, is in kruisverhoor met kaptein Gerber gedek. Hy sê dat nadat sy die bekentenis afgelê het, sy na haar huis in Kwa Mashu geneem is en dat sy daar verklee het "...seker maar

35 net om netjies te lyk. Ek dra nie kennis hoekom sy wou verklee nie." Toe hy

haar vroeër die oggend gearresteer het en na die polisiekantore geneem het,

het sy nie eers verklee nie. Aan hom is ook gestel dat eerste appellant in die

polisiekantore met vuiste geslaan is, wat hy ontken het. Ook is gestel dat

sersant Chirwa en konstabel Shokane haar teen sy aanvalle verdedig het en

gesê het dat sy 'n vrou is. Hy het dit ontken. Hy het ook getuig dat tydens

die onderhoud eerste appellant weer erken het dat sy mev Eksteen

doodgemaak het.

Ook is gestel dat die rede vir die latere verkleding was dat eerste appellant haarself weens die aanranding benat het. Hy het dit ontken en gesê dat hy onder die indruk was dat sy verklee het omdat sy netjies wou lyk.

Majoor Bekker van die kriminele rekordsentrum in Pretoria was tydens die arrestasie van eerste appellant en haar ondervraging aanwesig, hoewel nie deurentyd nie. Hy het sekere fotos geneem, o a van eerste appellant. Hy het getuig dat sy geen onlangse beserings gehad het nie. Hy was bewus daarvan dat eerste appellant na die ondervraging en voor sy die uitwysings gaan doen

36 het, gaan verklee het. Soos wat hy dit verstaan het, was die rok wat sy

aangehad het 'n bewysstuk of kon dit by die saak betrokke gewees het en

daarom het sy dit gaan verwissel. Hy ontken dat sy moes verklee omdat sy

in die rok ge-urineer het. Hy sou so iets gesien of geruik het.

Speurder-sersant Chirwa van Pretoria, wat kaptein Gerber na Durban vergesel het, het kaptein Gerber se weergawe bevestig en ontken dat eerste appellant aangerand of gedreig was. Hy het slegs as tolk opgetree. Hy ontken dat hy eerste appellant teen die beweerde aanvalle van kaptein Gerber moes verdedig. Hy ontken dat sy haar rok benat het. Sy het haar wel later by haar huis gaan verklee, maar hy kon nie presies die rede onthou nie. Hy was van mening dat dit was omdat die rok wat sy aangehad het, 'n bewysstuk was. Hy sou geruik of gesien het as sy haar benat het.

Billy Shokane is 'n speurder-konstabel wat in Pretoria gestasioneer was. Hy het kaptein Gerber na Durban in November 1991 vergesel en was deurentyd teenwoordig. Hy het kaptein Gerber se getuienis bevestig. Hy het ontken dat eerste appellante aangerand of gedreig is, of dat hy en speurder-

37

sersant Chirwa haar teen kaptein Gerber moes verdedig. Hy bevestig dat

eerste appellant later by haar huis gaan verklee het. Hy meen dat hulle 'n vermoede gehad het dat die rok wat sy aangehad het, dalk 'n bewysstuk kon wees. Hy ontken dat sy haar bemors het - as dit so was sou hy nie langs haar in dieselfde voertuig na Kwa Mashu gery het nie en sou kaptein Gerber ook nie in dieselfde motor gery het nie.

Kaptein van der Merwe van die voertuigdiefstaleenheid in Pretoria was die persoon aan wie eerste appellant die uitwysings op 25 November 1991 gedoen het. Aan hom het sy verklaar dat sy nie deur enige persoon aangerand, gedreig of beïnvloed was om die uitwysings te doen nie. Sy het al die uitwysings vrywillig aan hom gedoen en sy notas later onderteken as korrek.

In 'n uitspraak na die verhoor - binne - 'n - verhoor het die hof bevind dat bewysstukke 0 (die verklaring aan kaptein Engelbrecht) en Bewysstuk U (die notule van die uitwysings aan kaptein van der Merwe) toelaatbaar is omdat dit aan alle regsvereistes voldoen en vry en vrywillig afgelê is.

38

In die gemelde uitspraak het die verhoorhof die getuienis van die

getuies namens die staat aanvaar en eerste appellant as 'n patetiese figuur beskryf. Daar is bevind dat sy haar relaas gewysig en aangepas het en klaarblyklik onwaarhede vertel het. Die hof het die indruk gevorm dat sy 'n leuenagtige getuie is. Uit die aard van die saak is ook die pleitverduideliking in die landdroshof toegelaat. Die eerste vraag wat beantwoord moet word is of hierdie bevinding van die verhoorhof korrek was.

In die eerste appellant se advokaat se betoogshoofde voor hierdie hof is betoog dat die verhoorhof in die volgende opsigte fouteer het:-(i) Deur nie ag te slaan op die wesenlike weersprekings van die

staatsgetuies oor die redes waarom eerste appellant gaan verklee het

na haar ondervraging en die aflegging van die verklaring voor kaptein

Engelbrecht nie; (ii) Deur nie ag te slaan op die weerspreking aangaande die rol wat

Shokane by die ondervraging gespeel het nie.

Betreffende (i) moet dit vooropgestel word dat eerste appellant self

39

getuig het dat sy die vorige nag in dieselfde rok wat sy aangehad het toe sy vir die ondervraging verwyder is, geslaap het. Kaptein Gerber se verduideliking dat sy verklee het"... seker om maar netjies te lyk" is dus glad nie onwaarskynlik nie. Al die ander polisiebeamptes het getuig dat hulte vermoed dat eerste appellant verklee het omdat die rok wat sy aangehad het, moontlik 'n bewysstuk kon wees. Feit is dat eerste appellant inderdaad nadat sy na die huis waar sy gearresteer is, geneem was, 'n horlosie en 'n aantal kledingstukke as bewysstukke oorhandig het. Dit is nie duidelik of die betrokke rok deel van dié bewysstukke was nie. Die verduideliking van sersant Chirwa, konstabel Shokane en majoor Bekker dat hulle meen dat die rok deel van die bewysstukke was, is nóg weersprekend van kaptein Gerber se getuienis, nóg vergesog.

Betreffende (ii) is dit gemeensaak dat konstabel Shokane deurgaans tydens die ondervraging van eerste appellant teenwoordig was. Die punt is namens die verdediging gemaak dat kaptein Gerber getuig het dat konstabel Shokane in dié tyd aesels het, terwyl konstabel Chirwa nie kan onthou of hy

40 gepraat het nie. Konstabel Shokane getuig dat hy nie met eerste appellant of

met kaptein Gerber gedurende die ondervraging gepraat het nie.

Ek meen nie dat hier wesenlike weersprekings voorhande is nie. Chirwa kan nie van 'n gepratery onthou nie. Shokane is ook nooit gevra of hy nie gedurende die ondervraging met Chirwa gesels het nie, en sowel Gerber se getuienis as dié van Shokane kan dus heeltemal waar wees. Die beweerde weersprekings is ook in elk geval nie deur die verdediging gedurende kruisverhoor aan die betrokke getuies gestel nie.

Daar is myns insiens 'n verdere rede waarom die eerste appellant se getuienis oor die beweerde aanranding by die polisiekantore in Durban verwerp moet word. Dit is dat sy reeds vroeër die oggend om 03h09 erken het dat die moorde deur haar, Ben en Nati gepleeg is, volgens die getuienis van kaptein Gerber. Sy het kaptein Gerber se aantekening in dié verband daar en dan onderteken. Die waarskynlikhede is oorweldigend dat sy die bekentenis aan kaptein Engelbrecht 'n paar uur later insgelyks vrywillig sou afgelê het, te meer waar sy in daardie bekentenis verwys na die verklaring wat

41

sy vroeër die oggend aan kaptein Gerber afgelê het.

Ek meen dus dat die verhoorhof tereg die bekentenis, uitwysing, erkenning aan kaptein Gerber en die pleitverduideliking toegelaat het.

Die advokaat vir eerste appellant het in hierdie hof tereg toegegee dat die viva voce getuienis van tweede appelant verdoemend teenoor eerste appellant is. Hy het in sy betoogshoofde (maar nie in argument voor hierdie hof nie) aangevoer dat die verhoorhof nie die versigtigheidsreël met betrekking tot die getuienis van mede-beskuldigdes na behore toegepas het nie. Geen redes vir die blote stelling is voorgelë nie en ek meen nie dat daar enige gronde vir dié stelling bestaan nie.

In die lig van al hierdie oënskynlik verdoemende getuienis teen haar, het eerste appellant by die verhoor haar toevlug tot die enigste ander moontlike verweer geneem, nl dat sy deur tweede appellant gedwing is om aan die betrokke handelinge deel te neem. Haar weergawe in dié verband het ek reeds volledig hierbo weergegee.

Ek meen dat die gemelde weergawe van eerste appellant tereg verwerp

42

is, om die redes wat volg:

  1. In haar bekentenis is daar geen sprake van dwang of dreigemente deur tweede appellant om aan die moorde deel te neem nie. Ene Nati sou ook 'n deelnemer gewees het.

  2. Ook maak sy geen sodanige bewerings aan kaptein Gerber nie.

  3. Uit die aantekeninge wat deur kaptein van der Merwe geneem is gedurende haar uitwysings aan hom, blyk dat ene Nati ook op die toneel was en dat hy, Nati, (en nie tweede appellant nie) haar gedwing het om mev Eksteen met die mes te steek.

  4. Dit blvk egter uit haar eie aetuienis dat daar nie so 'n persoon soos Nati bestaan nie en dat aeen derde persoon saam met haar en tweede appellant aan die moorde deelgeneem het nie. Volgens haar het tweede appellant reeds in Natal voorgestel dat as sy ooit gearresteer word, sy moet sê dat hy (tweede appellant) ten tye van die pleging van die moord op mnr Eksteen saam met ene Nati was. Maar dié verklaring is verregaande: waarom sou tweede appellant nie alleen 'n

43

fiktiewe derde persoon op die toneel plaas nie, maar ook homself?

  1. Dit blyk dat tweede appellant 'n kreupele is wat nie vinnig kon loop of hardloop nie en nie groot van postuur is nie. Tog probeer sy nie om van hom weg te vlug nie - wat immers moontlik was toe hy alleen met mev Eksteen in die slaapkamer sou gewees het. Haar getuienis dat sy nie kon vlug nie omdat die agterdeur gesluit was, oortuig nie, want sy het geensins gepoog om uit te vind of daar nie ander buite- deure of uitgange uit die huis was nie.

  2. In elk geval het sy die oggend ruim geleentheid gehad om aan mnr en mev Eksteen te rapporteer dat Andries vermoor is en dat hul eie lewens in gevaar is - maar sy doen dit geensins.

  3. Selfs na die gruweldade en hoewel sy nie meer saam met tweede appellant gewoon het nie, nader sy nie die polisie oor die gebeure nie. Ek meen dus dat die verhoorhof tereg eerste appellant se weergawe

verwerp het en dié van tweede appellant aanvaar het.

Uit die getuienis blyk dan die volgende prentjie: Die twee appellante

44

het te hore gekom van 'n groot bedrag kontant in die Eksteenwoning. Veral

onder aanvoering van eerste appellant, beplan hulle om dié geld in die hande te kry. Die Eksteens moes uit die weg geruim word. Ook Andries Mothebu moes stilgemaak word. Op 'n sluwe wyse word die gruweldade beplan en word die planne aangepas. Albei neem deel aan die moord op Andries Mothebu. Eerste appellant bedink 'n plan sodat tweede appellant mnr Eksteen kan vermoor. Albei neem deel aan die moord op mev Eksteen en aan die diefstal van die genoemde artikels. Eerste appellant se weergawe dat sy onder dwang van tweede appellant gehandel het, is 'n versinsel.

Hulle is tereg beide aan die ten laste gelegde drie moorde en die roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Beide appellante kom ook teen die opgelegde doodvonnisse in hoër beroep. Daar is aangevoer dat soos die reg tans staan, hierdie Hof in die lig van die versagtende en verswarende faktore wat van toepassing is, self moet besluit of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is (S v Nkambule 1993 (1)SASV 136 (A) op 141 J-142A; S vNkwanvana and Others 1990(4) SA735

45 (A) op 745E). Tereg is ook aangevoer dat die blote feit dat die

strafverswarende faktore swaarder as die strafversagtende faktore weeg, nie

noodwendig meebring dat die doodvonnis die enigste gepaste een is nie (S

v Ntuli 1991(1) SASV 137(A) op 142 g) en dat die doodvonnis slegs in

uitsonderlike ernstige gevalle opgelê word (S v Senonohi 1990(4) SA 727 (A)

op 734 H). Ook is verwys na die bekende vermaning om straf met genade te

temper (S vV 1972(3) SA 611 (A) op 614 D-G).

Die persoonlike omstandighede van die appellante is die volgende:

Eerste appellant was 27 jaar oud toe die misdade gepleeg is en het

opleiding tot standerd 1 gehad. Sy het toe siek geword en het geen verdere

opleiding ontvang nie. Sy het as huisbediende en ook op 'n plek waar

sonneblomme gekweek word, gewerk. Sy is nie getroud nie, het twee kinders

gehad, maar een is oorlede en die ander is sewe jaar oud. Haar vader woon

in Natal en sien om na die kind. In 1990 het sy tweede appellant in

Johannesburg by Parkstasie ontmoet, ongeveer twee maande voor die

plaasvind van die tans tersake voorvalle. Hulle het daarna rondgeswerf in die

46

omgewing van Johannesburg en Pretoria, totdat hulle toevallig by die

Eksteens werk gekry het.

Tweede appellant was tydens die verhoor drie-en-dertig jaar oud en is heeltemal ongeletterd. Hy het in die omgewing van Warmbad grootgeword in die sorg van sy grootouers. Hy het eers hande-arbeid in die Warmbad-omgewing verrig, maar is later na Johannesburg waar hy in die buurt van Parkstasie rondgeswerf het. Hy is later na Marabastad naby Pretoria waar hy 'n straatkind geword het. Later word hy 'n koerantverkoper en toe 'n tuinier. Hy gaan daarna terug na Johannesburg en verval in 'n bestaan van daggarokery, drankmisbruik en gomsnuiwery. So ontmoet hy vir eerste appellant in 1990.

Die strafverswarende faktore in hierdie saak is voor die handliggend en is besonder ernstig. Hulle is deur die verhoorhof soos volg saamgevat: (i) Die erns en veelvoud van die misdade: drie moorde en roof met

verswarende omstandighede wat oor die verloop van 'n redelike lang

tyd gepleeg is. Daar was ruim tyd vir besinning, maar dit is nie benut

47

nie; inteendeel is met nuwe moordplanne vorendag gekom.

(ii) Die misdade was vooraf beplan en beredeneer; dit is fyn uitgewerk en slu beplan. Elkeen van die appellante het afwisselend die leiersrol in die sameswering en in die uitvoering daarvan geneem.

(iii) Daar is volhardend met die grusame dade voortgegaan. Selfs nadat Andries Mothebu om die lewe gebring is en die appellante gaan slaap het, het hulle nie tot besinning gekom nie maar steeds beplan hoe om mnr en mev Eksteen na hul dood te lok.

(iv) Al drie die persone wat om die lewe gebring is, was hulpelose en betreklik weerlose mense. Andries Mothebu was smoordronk en is oorval en vasgebind en in daardie toestand doodgemaak. Mnr Eksteen is van agter aangeval terwyl hy gebuk het om 'n waenhuisdeur oop te sluit en mev Eksteen is met 'n handdoek van agter gewurg en toe doodgemaak.

(v) Daar was absoluut geen rede om Andries Mothebu om die lewe te bring nie, selfs nadat hy, terwyl hy vasgebind was, te kenne gegee het

48 dat hy nie met die appellante se planne wou inval nie.

(vi) Dit blyk dat die appellante behoorlik en op menswaardige en vriendelike wyse deur die Eksteens behandel is.

(vii) Die wreedheid waarmee die moorde gepleeg is, is skokkend. Aan die liggaam van mnr Eksteen was daar sewe steekwonde en twee skaafwonde en die fotos van sy lyk wat as bewysstuk ingehandig is, toon dat hy 'n gruwelike en pynlike dood gesterf het. In die geval van mev Eksteen was daar twee steekwonde wat die borskas gepenetreer het. Daar was 'n verdere steekwond op die regterbors en verspreide kneuswonde oor die liggaam. Soos blyk uit die getuienis, is sy vir 'n aansienlike tyd as gevangene aangehou nadat sy reeds bewus gemaak was deur die appellante dat groot onheil haar eggenoot getref het. Besonder wreedaardig is dat sy deur eerste appellant met 'n braaivleisvurk in die mond gesteek is om haar te dwing om te openbaar waar die Eksteens se geld te vinde is. Aan die liggaam van Andries Mothebu was daar veertien steekwonde.

49 Hy was, soos uit die foto-bewysstukke blyk op wrede en pynlike wyse

vasgebind, met sy arms en bene agter sy rug bymekaar getrek en vasgemaak.

In teenstelling met die bogemelde verswarende omstandighede kon die verhoorhof geen werklike versagtende omstandighede vind nie, na my mening tereg. Dat die appellante as eerste oortreders behandel is en dat tweede appellant nadat hy betrap is, oop kaarte gespeel het en skuldig gepleit het en, by monde van sy advokaat, berou betoon, kan geensins teen die gruweldade opweeg nie. En selfs al hou mens die strafideaal van rehabilitasie voor oë, is hierdie geval sekerlik een waar die gemeenskap die swaarste wetlik-toelaatbare tol eis.

Die verhoorhof het, na my mening, in die lig van die tans nog geldende reg, die enigste gepaste vonnisse opgelê.

In die lig van die onbeantwoorde vraag of die oplegging van die doodvonnis deur die hof a quo en die bekragtiging daarvan deur hierdie Hof grondwetlik in orde is en in die lig van die hangende geding wat tans voor die Grondwetlike Hof dien, is dit aangewese om, in navolging van wat beslis is in

50 S v Makwanyane en 'n Ander 1994(3) SA 868(A) te 873 D-G, die bekragtiging

van die doodsvonnisse uit te stel totdat die Grondwetlike Hof daaroor beslis

het.

Die volgende bevel word dus gemaak:

  1. Die eerste appellant se appèl teen haar skuldigbevindings op klagtes 1, 2 en 3 word van die hand gewys.

  2. Die afhandeling van beide appellante se appelle teen die doodvonnisse hul opgelê op klagtes 1, 2 en 3 word uitgestel tot 'n datum wat deur die Griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal sal word.

P J J OLIVIER

WAARNEMENDE APPèLREGTER

HEFER, AR )

) STEM SAAM EKSTEEN,AR )

▲ To the top