Mkhwanazi v Van der Walt (68/1993) [1995] ZASCA 4 (3 March 1995)


Saaknommer 68/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHN ZONDI MKHWANAZI Appellant

en
MICHIEL ANDRIES VAN DER WALT Respondent
CORAM : EM GROSSKOPF, VIVIER

et HOWIE ARR DATUM AANGEHOOR : 27 FEBRUARIE 1995 DATUM VAN UITSPRAAK : 3 MAART 1995

UITSPRAAK

HOWIE A R/

2

HOWIE AR:

Gedurende die aand van 23 Desember 1987 en op die nasionale pad tussen Queenstown en Jamestown het 'n minibus bestuur deur appellant met drie van die respondent se perde gebots. Respondent is 'n vee- en melkboer. Sy plaas Ebenhaeser is aangrensend tot die pad oorkant die botsingstoneel. In die botsing is appellant beseer en die minibus beskadig.

In die Oos-Kaapse Provinsiale Afdeling het appellant respondent vir betaling van skadevergoeding gedagvaar op grond daarvan dat die botsing die uitsluitlike gevolg van die respondent se nalatigheid was. Die gronde van beweerde nalatigheid het respondent van die versuim beskuldig onder andere om genoegsame voorsorgmaatreels te tref ten einde die perde ingekamp te hou; om behoorlike voorsorgmaatreels te tref dat die perde nie in die nag op die pad loop nie; en om die hekke van die kamp waarin die perde was toe te hou. Al appellant se aantygings is deur respondent ontken.

3

In die Hof benede is respondent se beweerde nalatigheid as 'n aparte geskilpunt besleg. Die Hof (Erasmus R) net tot die slotsom gekom dat sodanige nalatigheid nie bewys is nie. Absolusie van die instansie is dus beveel. Teen daardie bevel kom appellant met die Verhoorregter se verlof in hoer beroep.

Die getuienis wat respondent tydens die verhoor afgelê het, maak dit duidelik dat hy terdeë daarvan bewus was dat indien sy perde in die nag op die nasionale pad - 'n geweldige besige pad - sou dwaal hulle 'n lewensgevaar vir motorists kon wees. Voorts het sy advokaat in hierdie Hof tereg toegegee dat die redelike persoon in respondent se posisie stappe sou gedoen het om te verhoed dat die perde in die nag op die pad sou kom.

Dit is gemene saak dat respondent wel sekere stappe gedoen het. Die perde het in 'n kamp (die "ou strooiskamp") gewei tussen welke kamp en die nasionale pad daar drie swaaihekke was waardeur hulle eers moes gaan om

4

daardie pad te bereik. Die hek verste van die pad (hek "A") kon mens met 'n ketting aan 'n hak in die hekpaal vasmaak. By die hek nader aan die pad (hek "B") was daar twee afsonderlike kettings wat elk onafhanklik aan hake aan die hekpaal vasgeketting kon word. By die ingang tot die plaas (hek "C") was daar ook 'n swaaihek maar dit was gewoonweg oopgelaat soos op die betrokke nag die geval was. Respondent het sy twee werknemers opdrag gegee om hekke A en B heeltyd toe te hou.

Die enigste vraag is of die redelike persoon verdere voorsorgmaatreels sou getref het.

Die getuienis bewys die volgende. Van hek "C" loop daar 'n betreklike lang laning, met borne aan weerskante, wat na die opstal lei. Waar daardie pad die tuin en die opstalgronde binnegaan is daar 'n motorhek. Om die ou strooiskamp te bereik moet mens vlak voor die motorhek na regs draai. 'n Kort afstand daarvandaan is hek "B". In die area tussen hekke "B" en "A" is onder andere die

5

melkstal. Nie ver daarvan nie is nek "A".

23 Desember 1987 was 'n Sondag. Om ongeveer 7:00

namiddag, soos elke aand die geval was, was respondent die laaste persoon om die melkstal to verlaat. Hy net opgelet dat hek "A" vasgeketting was. Op pad huis toe net hy deur hek "B" gegaan en dit met albei kettings toegemaak. Om ongeveer 11:30 daardie aand net die polisie horn van die ongelukverwittig. Hy het ondersoek ingestel en gevind dat hekke "A" en "B" albei oopgestaan het. Na alle waarskynlikheid is die hekke oopgelaat deur 'n persoon of persons wat daardie aand by respondent se werknemers besoek afgelê het. Die teenwoordigheid van besoekers oor 'n naweek was niks ongewoons nie. Die wat van 'n sekere nabygeleë plaas gekom het en nie 'n kortpad deur die lande gekies het nie, sou deur die ou strooiskamp en hekke "A" en "B" moes gegaan het. Dit het respondent alles geweet. By geleenthede in die verlede het hy gevind dat besoekers hekke oopgelos het.

6

In antwoordop 'n vraag van sy advokaat het respondent gese dat hy nooit gevind het dat twee hekke na -mekaar oopgelaat is nie. Ongelukkig is dit 'n feit van die lewe dat alhoewel die meeste mense die meeste van die tyd met redelike sorg optree, nalatigheid van 'n gewone graad 'n doodgewone verskynsel is. Die ooplaat van 'n plaashek val in daardie kategorie van nalatigheid. Boonop is hekke "A" en "B" betreklik naby mekaar en iemand wat sorgloos genoeg is om die een oop te laat kan ewe sorgloos by die ander optree. Op die feite dus was die nalatige ooplaat van veral hek "B" 'n redelike moontlikheid.

Dit synde die geval is dit belangrik om rekening met die verdere feit te hou - wat die Verhoorregter tereg beklemtoon het - dat solank as wat hek "C" oopgestaan het, die laning vir huidige doeleindes feitlik 'n verlenging van die openbare pad was.

In die omstandighede sou die redelike persoon na my oordeel beslis verdere voorsorgmaatreels oorweeg het as net

7

die voorsiening van hekke "A" en "B" van kettings.

Die Verhoorhof het drie moontlikhede in hierdie verband oorweeg. Een was die toemaak van hek "C" maar onder andere weens sekere redes wat respondent in sy getuienis daarteen geopper het, kan hierdie opsie buite rekening gelaat word.

Die ander twee moontlikhede verg aandag. Een was die gebruik van 'n hangslot by hek "B", veral by tye wanneer die teenwoordigheid van voormelde besoekers redelik te wagte was. Die ander was die oprig van 'n motorhek by die plaasingang.

Respondent het beswaar teen altwee gehad. Ondanks die feite - wat hy geredelik erken het - dat 'n hangslot slegs "'n paar rand" sou gekos het en dat hy soggens die eerste persoon was, en saans die laaste, om hek "B" te gebruik, het hy onder andere verklaar dat hy liewer sy boerdery sou opgee as om "elke dag agter slot en grendel (te) werk".

Wat 'n motorhek by hek "C" aanbetref, het hy getuig

8

dat hy dit wel oorweeg het maar dat weens sekere vereistes van die plaaslike owerhede 'n motorhek by 'n ingang vanaf die nasionale pad "duisende rande" sou kos.

Met betrekking tot hierdie twee moontlike voorsorgmaatreëls kan die Verhoorhof se benadering soos volg opgesom word. Selfs duisende rande se onkoste ten opsigte van 'n motorhek sou aangewese gewees het indien dit die enigste oplossing was, gesien die groot gevaar waarteen gewaak moes word. Respondent was egter geregtig om mindere maatreëls te tref indien hul sou deug. Die enigste mindere maatreel wat ter sprake gekom het was om hek "B" te sluit. Dit was egter onderliggend tot respondent se getuienis dat dit nie die algemene praktyk onder boere was om in vergelykbare omstandighede hekke te sluit nie en was respondent tot 'n beperkte mate geregtig om horn op die gewoontes, gebruike en opvattings van die gemeenskap te beroep. Derhalwe was die gebruik van 'n hangslot by hek "B" nie 'n stap wat die redelike persoon sou gedoen het

9

nie.

Respondent se advokaat net nie op die benadering van die Verhoorhof teenoor die hangslot-moontlikheid gesteun nie. Daar is trouens geen getuienis op rekord van 'n algemene praktyk onder boere om in vergelykbare omstandighede hekke nie te sluit nie. Voorts, al is bevind dat 'n hangslot nie sou deug nie, net die Verhoorhof om een of ander rede nie na die kwessie van die oprig van 'n motorhek teruggekeer nie.

Na my mening is dit duidelik dat die gebruik van 'n hangslot by nek "B" 'n uiters maklike, goedkoop en doeltreffende maatreel sou gewees het om heeltemal te keer dat hek "B" oopgelaat word en dat die perde daardeur uitdwaal. Respondent, wat die eerste persoon op die toneel soggens is en die laaste in die aand, sou heel maklik na die toesluit van die hek kon omsien. Sy getuienis dat sleutels maklik verloor kan word en dat hy nie agter slot en grendel wil werk nie is onoortuigend - om die minste

10

daarvan te sê - en gaan net nie op nie.

In die alternatief kon 'n motorhek opgerig gewees net. Respondent erken dat hy dit al oorweeg het. Die klaarblyklike implikasie is dat hy dit oorweeg het weens die tipe gevaar wat in hierdie geval verwesenlik is. Daar bestaan geen rede waarom so 'n hek by die plaasingang hoef te wees nie. Respondent het nooit beweer dat die motorhek wat hy naby die opstal laat bou het onderhewig aan die owerhede se regulasies en vereistes was of dat dit uitermate veel gekos het nie. Dit kon langs die swaaihek by hek "B" opgerig gewees het of op enige gepaste plek tussen hekke "B" en "C".

By opweging van die onderskeie belange van respondent en motoriste op die nasionale pad was voormelde twee voorsorgmaatreëls so maklik en so gering om te tref dat enige redelike mens die een of die ander sou toegepas het.

Respondent se versuim om die een of die ander toe te pas beteken dat hy met betrekking tot die beweerde skade

11

kousaal nalatig was. Die appèl moet derhalwe slaag.

Wat koste in die Hof benede aanbetref, het die verhoor

op die huidige aspek drie dae of ten minste 'n gedeelte van elk van drie dae in beslag geneeir. Wat die uitslag van die geding ook al gaan wees, het respondent se opposisie op die onderhawige onafhanklike geskilpunt die oploop van voormelde koste veroorsaak en as die onsuksesvolle party behoort hy daardie koste te dra.

Die volgende bevel word gemaak:

  1. Die appèl slaag met koste.

  2. Die bevel van absolusie van die instansie word ter syde gestel en met die volgende vervang:

"(a) Dit word verklaar dat verweerder met betrekking tot die botsing waarna in paragraaf 6 van die besonderhede van vordering verwys word, kousaal nalatig was.

12

(b) Die koste van en ten opsigte van die verhoor aangaande die nalatigheidsgeskilpunt moet deur verweerder betaal word."

C T HOWIE

APPèLREGTER

E M GROSSKOPF AR ] STEM SAAM

VIVIER AR ]

▲ To the top