General Accident Insurance Company SA Ltd v Lesudi (357/1993) [1995] ZASCA 41 (30 March 1995)


Saak No 375/93

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:

GENERAL ACCIDENT INSURANCE

COMPANY S A LIMITED Appellant

en

MOTHIPANE LIZZIE LESUDI Respondent

CORAM: E M GROSSKOPF, STEYN, NIENABER, ARR DATUM VAN VERHOOR: 23 Februarie 1995 DATUM GELEWER: 30 Maart 1995

UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR

2

Ek het die uitspraak van my kollega Steyn in

konsepvorm gelees. Ek stem saam met hom dat die

verhoorhof die saak verkeerd benader het. Die juiste

benadering word bespreek in my kollega se uitspraak en

word soos volg geformuleer in Arthur v Bezuidenhout and

Mieny 1962 (2) SA 566 (A) op bl 574B:

"There is, in my opinion, only one enguiry, namely: has the plaintiff, having regard to all the evidence in the case, discharged the onus of proving, on a balance of probabilities, the negligence he has averred against the defendant?"

Ongelukkig kan ek egter nie met my kollega saamstem dat, indien die korrekte benadering gevolg word, die verhoorhof se uitspraak nogtans gehandhaaf moet word nie.

Die toets in aksies weens beweerde nalatigheid is

soos volg uitgedruk in Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428

(A) op bl 430 E-F:

"For the purposes of liability culpa arises if -(a) a diligens paterfamilias in the position of the defendant -

(i) would foresee the reasonable possibility of his conduct injuring another in his

3

person or property and causing him patrimonial loss; and

(ii) would take reasonable steps to guard against such occurrence; and (b) the defendant failed to take such steps."

In die onderhawige geval sou 'n diligens paterfamilias in Hlahla se posisie klaarblyklik besef het dat daar 'n moontlikheid van skade aan ander persone sou wees as hy na die verkeerde kant van die pad sou beweeg en sou hy redelike stappe gedoen het om hierdie gebeurlikheid te vermy. Die vraag is dus of daar bewys is dat daar redelike stappe was wat hy kon gedoen om die ongeluk te vermy en wat hy versuim het om te doen.

Die onbetwiste feite is dat 'n band gebars het en dat die versekerde voertuig as gevolg daarvan na die verkeerde kant van die pad beweeg het. Dit is gemene saak dat Hlahla nie te vinnig gery het nie en ook nie verwyt kan word vir die bars van die band nie. Enige culpa aan sy kant moet dus gesoek word in sy optrede daarna.

4 Daar was geen aanvaarbare deskundige getuienis oor

hoe 'n motorvoertuig reageer wanneer 'n agterband bars

en hoe 'n bestuurder onder sulke omstandighede behoort

op te tree nie. Ons was dus aangewese bloot op

regterlike kennisneming. Daar word allerweë aanvaar dat

Hlahla nie verwyt kan word omdat hy nie sy hand- of

voetrem gebruik het nie. Wat moontlik vir hom oorgebly

het was om te probeer om die rigting van die voertuig

drasties na links te verander. Dit het hy nie gedoen

nie. Sy verduideliking was dat hy bang was dat hy

daardeur 'n ernstiger ongeluk sou veroorsaak. Wat my

betref, weet ek nie of 'n bestuurder die rigting waarin

hierdie swaarbelaaide voertuig besig was om te beweeg

nadat die band gebars het, op 'n veilige manier na

links terug kon verander nie. Ek kan dus nie sê dat

Hlahla verkeerd opgetree het deur net "bietjie-bietjie"

na links te probeer stuur nie. Terloops, sy getuienis

dat hy die voertuig "gesmeek" het om nie na die kant

toe te gaan nie, is vir my heeltemal aanvaarbare

5

beeldspraak, veral as in ag geneem word dat dit die

tolk se woordkeuse is, nie Hlahla s'n nie. En die blote opmerking van Malatja in die verbygaan dat Hlahla niks gedoen het nie is m i nie onversoenbaar met Hlahla se getuienis nie. Hierdie aspek van Hlahla se getuienis is ook nie inherent onwaarskynlik nie. Daar is dus m i geen rede om Hlahla se getuienis in hierdie opsig te verwerp nie.

Aan die einde van die saak is die volgende kernvraag vir my nog steeds onbeantwoord: Watter redelike stap kon Hlahla gedoen het om die ongeluk te probeer vermy?

Dit volg dus dat die eiseres m i nie bewys het dat die ongeluk aan Hlahla se nalatigheid te wyte was nie.

Die volgende bevel word uitgereik:

  1. Die appèl slaag met koste.

  2. Die bevel van die verhoorhof word tersyde gestel en vervang met die volgende:

6 Absolusie van die instansie word gelas met

koste.

E M GROSSKOPF, AR

NIENABER, AR Stem saam

▲ To the top