S v Pale en 'n Ander (613/1993) [1995] ZASCA 6 (7 Maart 1995)


Saak nr 613/93 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JACOBUS PALE EERSTE APPELLANT

EDWARD CLARIVETTE TWEEDE APPELLANT

-en-

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: VIVIER, VAN DEN HEEVER et HOWIE ARR. VERHOOR: 21 FEBRUARIE 1995. GELEWER: 7 MAART 1995.

UITSPRAAK

VIVIER AR/

2

VIVIER AR:

Die twee appellante ("beskuldigdes 1 en 2") is saam met 'n

ander ("beskuldigde 3") in die Kaapstadse landdroshof skuldig bevind aan 'n oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971 deurdat hulle in verbode afhanklikheidsvormende medisyne, te wete 31813 mandrax-tablette bevattende metakaloon, handel gedryf het. Die Wet is sedertdien herroep deur Wet 140 van 1992 wat op 30 April 1993 in werking getree het. Beskuldigde 1 is gevormis tot 'n boete van R10 000,00 of vier jaar gevangenisstraf en 'n verdere agt jaar gevangenisstraf waarvan vier jaar gevangenisstraf vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan 'n oortreding van art 2(a) van die Wet, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Beskuldigde 2 is tot agt jaar gevangenisstraf

3

gevonnis. Beskuldigde 3 is gevonnis tot 'n boete van R25 000,00

of vyf jaar gevangenisstraf plus 10 jaar gevangenisstraf waarvan 5

jaar op dieselfde voorwaardes opgeskort is as in die geval van

beskuldigde 1. Op appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling is

beskuldigde 3 se skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel. Die

appèlle van beskuldigdes 1 en 2 is afgewys maar hulle is verlof

verleen om teen hul skuldigbevindings en vonnisse na hierdie Hof

te appelleer. Verlof om teen die skuldigbevindings te appelleer is

toegestaan op die enkele grond dat die Kaapstadse landdroshof nie

territoriale jurisdiksie gehad het om die saak te verhoor nie.

Die tersaaklike feite is die volgende. Op 18 Mei 1989 is 'n wit Mercedes Benz-motor met registrasienommer FCB 374 T ("die FCB-Mercedes") naby Malmesbury op die pad na Kaapstad

4

deur die polisie voorgekeer. Die plek waar die FCB-Mercedes voorgekeer is, val buite die grense van die Kaapstadse landdrosdistrik. Die FCB-Mercedes was op pad na Kaapstad, dit is deur beskuldigde 2 bestuur en beskuldigde 1 het voor langs die bestuurder gesit. Hulle is versoek om die polisie na die naaste polisiestasie te vergesel sodat die voertuig behoorlik deursoek kon word. Hulle het dadelik ingewillig en gesê dat die polisie maar kon soek maar dat hulle niks sou vind nie. By die Table View-polisiestasie het 'n deursoeking niks opgelewer nie maar by die polisiestasie in Kaapstad is die betrokke mandrax-tablette in 32 plastieksakkies wat in verborge panele in die bakwerk agter beide voorwiele versteek was, gevind. Beskuldigdes 1 en 2 is daarna gearresteer. In die klagstaat, saamgelees met die nadere

5

besonderhede daartoe, is slegs beweer dat die misdryf in die

tydperk 1 Februarie 1989 tot 15 Junie 1989 en te of naby Kaapstad

in die Kaapstadse landdrosdistrik gepleeg is en dat die mandrax-

tablette per motors vervoer is. Die beskuldigdes het dit so

aanvaar. By die aanvang van die verhoor in die landdroshof het

die beskuldigdes, wat almal regsverteenwoordiging gehad het, nie

gepleit dat die hof nie regsbevoegdheid het nie. Die punt dat die

hof nie territoriale jurisdiksie het nie, is eers in die loop van

argument aan die einde van die verhoor deur die verdediging

geopper, en deur die landdros, met 'n beroep op art 110(1) van die

Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet"), verwerp.

Ingevolge art 90(1) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 is 'n landdroshof alleen bevoeg om, onderhewig aan die

6

uitbreidings in subartikels (2) tot (9), iemand wat beskuldig word

van 'n misdryf binne sy distrik gepleeg, te verhoor. Art 110

van die Wet bepaal as volg:

"110 (1) Waar 'n beskuldigde nie pleit dat die hof nie regsbevoegdheid het nie, en dit in enige stadium -

  1. nadat die beskuldigde 'n pleit van skuldig of van onskuldig gepleit het; of

  2. waar die beskuldigde 'n ander pleit gepleit het en die hof so 'n pleit teen die beskuldigde afgewys het,

blyk dat die betrokke hof nie regsbevoegdheid het nie, word die hof by die toepassing van hierdie Wet geag

regsbevoegdheid ten opsigte van die betrokke misdryf te hê.

(2) Waar 'n beskuldigde pleit dat die betrokke hof nie regsbevoegdheid het nie en die pleit gehandhaaf word, moet die hof die saak verdaag na die hof wat regsbevoegdheid het."

7

Art 110 is hoofsaaklik bedoel om voorsiening te maak vir die geval waar 'n bepaalde hof wel jurisdiksie het om die misdaad waarvan die beskuldigde aangekla word, te bereg, maar die verkeerde hof is vanweë een of ander jurisdiksionele feit soos bv dat die misdaad buite die hof se regsgebied gepleeg is. Die artikel skep nie substantiewe jurisdiksie nie en kan nie aan 'n landdros 'n groter jurisdiksie verleen as wat hy regtens het nie. Dit verleen bv nie regsbevoegdheid aan 'n landdros om 'n saak te verhoor wat hy ingevolge art 89 van die Wet op Landdroshowe nie mag verhoor nie, al betwis 'n beskuldigde nie die regsbevoegdheid van die hof nie (S v Khumalo 1966(4) SA 161 (N) op 164 H - 165 A, wat handel met art 154 van Wet 56 van 1955, die voorganger van die huidige art 110; en S v M, S v S en Andere 1979(2) SA 959

8

(T) op 961 H). So ook kan art 110 nie jurisdiksie verleen aan 'n

hof om 'n misdaad wat in 'n ander land gepleeg is, te bereg nie

(S v Maseki 1981(4) SA 374 (T)). Art 110 verleen wel

territoriale jurisdiksie aan 'n hof wat dit nie gehad het nie, suiwer

op grond van die beskuldigde se stilswyende aanvaarding daarvan,

deurdat hy die verhoor laat voortgaan sonder om die punt te opper

wanneer hy pleit (Hiemstra, Strafproses, 5de uitgawe op bl 288).

Namens beskuldigdes 1 en 2 is, met 'n beroep op S v

Cornelissen 1990(2) SASV 472 (K), betoog dat, vanweë die

bewoording van die klagstaat en die feite van die saak, dit nie van

die beskuldigdes verwag kon word om beswaar te gemaak het teen

die jurisdiksie van die verhoorhof nie, sodat die staat nie op art 110

kan steun nie. Vir doeleindes van die betoog sal ek veronderstel,

9

sonder om te beslis, dat 'n beskuldigde die werking van art 110 kan vermy op grond daarvan dat hy mislei is of nie geweet het wat hom ten laste gelê word nie. In die Cornelissen-saak is die beskuldigde op Colesberg deur die polisie voorgekeer en gearresteer terwyl hy besig was om 'n groot hoeveelheid dagga te vervoer. Daarna is hy deur die polisie oorreed om as polisie-lokvink die dagga na Kuilsrivier te neem ten einde ander oortreders te help betrap. Hy word in die streekhof in Kaapstad daarvan aangekla en skuldig bevind dat hy in Kuilsrivier met dagga handel gedryf het. Op appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling is beslis dat hy as lokvink in Kuilsrivier nie die vereiste mens rea vir die misdryf gehad het nie. Die hof het die staat se versoek verwerp om die skuldigbevinding te bekragtig op grond daarvan dat die appellant op

10

Colesberg in onwettige besit betrap is, en die verhoorhof ingevolge art 110 en appellant se versuim om beswaar teen die hof se jurisdiksie aan te teken, die skuldigbevinding op dáárdie besit kon gegrond het. Hoewel Hoberman WR sê dat die verhoorhof nie jurisdiksie na aanleiding van die gebeure op Colesberg gehad het nie, blyk die ratio vir sy beslissing uit die volgende passasie in die uitspraak (op 475 f-g) :

"The appellant, who was unrepresented, did not plead that the court had no jurisdiction. But this is hardly surprising as he was charged with having committed an offence at Kuils River. Furthermore, it could hardly be argued that the appellant, unrepresented as he was, ought to have appreciated that despite what was said in the charge sheet the State in fact intended to charge him in respect of an offence committed at Colesberg."

In soverre in hierdie passasie te kenne gegee word dat 'n

11

beskuldigde se versuim om te pleit dat die hof nie territoriale

jurisdiksie het nie, hom nie verwyt kan word nie bloot omdat die

klagstaat die plek van die misdaad verkeerdelik aangee as synde

binne die hof se jurisdiksie geleë, kan ek nie daarmee saamstem

nie. Al wat na my mening in die aangehaalde passasie te kenne

gegee word, is dat die onverdedigde beskuldigde in die

omstandighede van daardie saak moontlik onder die indruk kon

verkeer het dat die gebeure op Colesberg afgehandel was en dat hy

nie van die misdaad wat in Colesberg gepleeg is, aangekla sou

word nie en hom derhalwe nie daarteen hoef te verweer het nie.

Hierdie indruk is deur die klagstaat versterk, wat hom nie soseer

mislei het oor die plek van die misdaad as oor die misdaad self nie.

Die feite in die huidige saak is totaal verskillend van dié in

12

die Comelissen-saak. Alhoewel die klagstaat en die nadere besonderhede daartoe nie juis 'n toonbeeld van duidelikheid is nie, het die verdediging nie beswaar daarteen aangeteken nie. Die rede is voor die hand liggend. Hulle is nie daardeur benadeel nie. Alhoewel die onbetwiste getuienis, waama ek later meer volledig sal verwys, aandui dat beskuldigdes 1 en 2 in die algemeen bedrywig was by 'n dwelmsindikaat, het hulle goed geweet dat hulle op 18 Mei 1989 die 31813 mandrax-tablette wat in die klagstaat genoem word, in die FCB-Mercedes vervoer het toe hulle by Malmesbury voorgekeer en later gearresteer is. Hul onderhoudsverklarings wat dieselfde dag aan adjudant-offsier Rossouw gemaak is, bevat uitvoerige verduidelikings vir hulle reis van die betrokke dag totdat hulle voorgekeer is. Die reis vanaf

13

Malmesbury tot by die Kaapstadse polisiekantoor het die polisie in staat gestel om bewyse te verkry vir die misdaad wat deurlopend gepleeg is vandat hulle reis uit die noorde begin het. Geen afsonderlike handeling of optrede wat 'n bestanddeel van 'n afsonderlike oortreding uitmaak, het gedurende die loop van hierdie laaste skof plaasgevind nie.

Ek is gevolglik van mening dat die landdroshof wel jurisdiksie uit hoofde van art 110 van die Wet gehad het en dat die appèl teen die skuldigbevinding nie kan slaag nie. Dit is gevolglik nie nodig om te handel met die Hof a quo se bevinding dat beskuldigdes 1 en 2 binne die regsgebied van die Kaapstadse landdroshof handel gedryf het in die betrokke mandrax-tablette deurdat beskuldigde 2 vrywillig die FCB-Mercedes tot in Kaapstad

14

bestuur en beskuldigde 1 dit vergesel het nie.

Dit laat die appèl teen die vonnisse. Die reis wat op 18

Mei 1989 geëindig het, het reeds op 14 Mei 1989 begin toe

beskuldigdes 1 en 2 in 'n ander wit Mercedes Benz-motor met

registrasienommer CY 136907 ("die CY-Mercedes") deur die

polisie in Du Toitskloofpas buite Paarl opgemerk en tot in Beaufort-

Wes agtervolg is. By Britstown het die CY-Mercedes onklaar

geraak en beskuldigdes 1 en 2 het hul reis in die rigting van

Johannesburg voortgesit in die FCB-Mercedes wat hulle op

Britstown kom haal het. Die FCB-Mercedes is die volgende twee

dae deur die polisie by 'n huis in Johannesburg opgemerk en

beskuldigdes 1 en 2 is gesien waar hulle besig was om by die

voertuig se voorwiele te werskaf. Die volgende dag, 17 Mei 1989,

15

het die polisie berig ontvang dat die FCB-Mercedes op pad terug

is na Kaapstad en beskuldigdes 1 en 2 is die dag daarna voorgekeer.

Die CY-Mercedes het op Britstown bly staan tot 14 Junie 1989

toe dít deur die polisie ingesleep is tot by die Kaapstadse

polisiestasie. Die CY-Mercedes het soortgelyke versteekte

kompartemente agter die voorwiele gehad as dié wat in die bakwerk

van die FCB-Mercedes gevind is, en reste van die verbode stof

metakaloon is daarin gevind. Die FCB-Mercedes is reeds op 11

Mei 1989 deur die polisie by 'n motorhawe, Orient Motors, in

Elsiesrivier, Kaapstad, opgemerk. Op 15 Mei 1989 is die

polisie weer na Orient Motors waar hulle 'n derde wit Mercedes

Benz-motor ("die Orient-Mercedes"), gevind het. Daar is

getuienis dat hierdie voertuig deur beskuldigdes 1 en 2 na Orient

16

Motors gebring is vir herstelwerk. Dié voertuig was sonder nommerplate, lisensieskyfie en enjin en in die paneelkissie is die registrasiedokumente van die CY-Mercedes gevind waarvolgens laasgenoemde voertuig in die naam van beskuldigde 2 se broer geregistreer was. Soortgelyke versteekte kompartemente met reste van metakaloon daarin, is in die Orient-Mercedes gevind. Na my mening is die onvermydelike afleiding uit al die getuienis dat beskuldigdes 1 en 2 betrokke was by 'n dwelmsindikaat wat op groot skaal handel gedryf het met mandrax.

Beskuldigde 1 is twee-en-veertig jaar en beskuldigde 2 een-en-dertig jaar oud. Beide het verskeie vorige veroordelings. Beskuldigde 2 het twee vorige veroordelings ten opsigte van die besit van dagga. Volgens adjudant-offisier Lazarus, wat

17

spesialiseer in die ondersoek van dwelmsindikate en wat

beskuldigdes 1 en 2 goed ken, het nie een 'n vaste werk nie en

word hulle deur die sindikaat onderhou. Lazarus het ook getuig

oor die toenemende instroming van mandrax in Suid-Afrika, die

uitwerking van die dwelmmiddel op diegene wat dit gebruik en die

verderflike gevolge wat dit vir die gemeenskap het. Die euwel en

veragtelikheid van die georganiseerde, grootskaalse handelaar in

dwelms is by herhaling deur ons howe beklemtoon (sien bv S v

Gibson 1974(4) SA 478 (A) op 481 H en S v Howe 1989(2)

SA 473 (W) op 478 E-H). In die huidige saak was 'n groot

hoeveelheid mandrax-tablette met 'n straatwaarde van meer as

R600 000,00 betrokke.

Daar is nie betoog dat die verhoorhof 'n wanvoorligting of

18

onreëlmatigheid begaan het by vonnisoplegging nie, en ek beskou nie die vonnisse as buitensporig swaar in die omstandighede van die saak nie. Die appèlle teen die vonnisse kan gevolglik nie slaag nie.

Die appèlle word afgewys.

W VIVIER AR.

VAN DEN HEEVER AR)

Stem saam. HOWIE AR)

▲ To the top