S v Foley (269/1994) [1995] ZASCA 73 (31 May 1995)


SAAKNOMMER: 269/94

/jvdm

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

V V R FOLEY APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: SMALBERGER, STEYN et NIENABER, ARR VERHOOR: 16 MEI 1995 GELEWER: 31 MEI 1995

U I T S P R A A K

STEYN AR/

2

STEYN AR: INLEIDING

Visser Vorster Rautenbach Foley ("appellant") is op 15 Mei 1991 in die Springs Rondgang van die Transvaalse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord op sy vrou, Yvonne Suzanne Foley ("die oorledene") - klag 1, en aan verkragting van sy twee stiefdogters, Tina Marie Schorr ("Tina") - klag 2, en Jacqueline Schorr ("Jacqueline") - klag 3. Hy is op dieselfde dag vir die moord gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf en vir die verkragtings tot 8 jaar op elke klag. Laasgenoemde twee vonnisse is samelopend. Appellant is derhalwe 'n effektiewe termyn van 20 jaar tronkstraf opgelê. Sy aansoek om verlof om teen die skuldigbevindings en vonnisse te appelleer is deur die verhoorregter (Van Dyk R) van die hand gewys maar daarna deur hierdie Hof toegestaan.

Appellant en oorledene is met mekaar getroud gedurende 1979. Hy was haar derde man en sy was sy derde vrou. Appellant

3

het vier kinders uit sy eerste huwelik, drie seuns en 'n dogter. Hulle is nie by hierdie saak betrokke nie. Oorledene het toe vyf kinders gehad, 'n seun, Allan, uit haar eerste huwelik en twee seuns, Adrian en Kevin, en die twee dogters, Tina en Jacqueline, uit haar tweede huwelik, dié met mnr Carel Schorr. Haar kinders is almal tot meerdere of mindere mate by hierdie saak betrokke. Adrian is die oudste van die Schorr kinders. Hy en Allan het nie tydens die verhoor getuig nie. Kevin, Jacqueline en Tina was egter staatsgetuies. Hulle het in dié volgorde getuig. Tydens die verhoor was hulle onderskeidelik 20, 19 en 16 jaar oud. Tina was reeds getroud (sy het op 13 Maart 1991 met ene Edwards in die huwelik getree). Al drie van hulle is dom, maar die twee dogters is besonder dom. Geen deskundige getuienis oor hul verstandelike vermoëns is tydens die verhoor gelewer nie. Die geleerde verhoorregter was egter klaarblyklik van mening dat hulle verstandelik baie swak daaraan toe was. So het hy bv die destydse advokaat vir die verdediging vermaan

4

tydens die kruis-ondervraging van Jacqueline:

"COURT: Mr Louw, you will have to put it far more simply to the witness. It must be apparent to you too, and if it is not, then it is quite apparent to the court that she suffers from a severe mental retardation, she cannot follow the ordinary language used in a court of law. You will have to put it very simply to her."

Dit blyk ook uit die volgende passasie in Tina se kruis-ondervraging.

"MNR LOUW: Edele, ek het aansienlik om aan haar te stel,

maar ek dink nie dit gaan enige doel dien nie ... (tussenbei)

HOF: Ja, wel u het 'n moeilike taak, maar u moet dit doen na

die beste van u vermoë.

MNR LOUW: U moet maar geduld met my gebruik.

HOF: Natuurlik, ek het nog nie enige ongeduld teenoor u

getoon nie.

MNR LOUW: Soos dit u behaag.

HOF: Ek is meer bekommerd dat ons samehangende antwoorde

kry op enige vrae wat gestel word aan die getuie. Sy is

klaarblyklik van so 'n lae intelligensiepeil dat sy dit uiters

moeilik vind om normale vrae te kan verstaan en te kan

antwoord."

In sy uitspraak op die meriete het die geleerde regter

5

voorts die volgende menings uitgespreek oor die Schorr kinders se verstandelike vermoëns:

"Die staat se saak draai, sover dit klagte 1 betref, om die getuienis van Kevin Schorr en sy suster Jacqueline. Ek het die ongelukkige situasie voor my, en ek sê dit met die nodige deernis, dat ek na die getuienis van drie persone moes luister wat vanweë omstandighede buite hulle beheer en waarvoor hulle seker nie gevra het nie, verstandelik baie swak bedeeld is. Van die drie is Kevin die intelligentste, dit het tydens die verhoor uitgekom dat hulle al drie in spesiale skole hulle opleiding gehad het. Soos die getuies voor my verskyn het was my indruk dat hulle verstandelike kapasiteit afgeneem het. Tina se intelligensiepeil is klaarblyklik baie laag. Ek sal later meer daaroor sê. ...

Jacqueline se verstandelike peil, en ek is geen deskundige nie, maar ek sou met redelike veiligheid kon sê gebaseer op normale ervaring, dat sy die verstandspeil van 'n normale kind van omtrent 10 na 12 jaar gehad het. My indruk van Jacqueline, in die besonder was, dat ek na groot moeite, toe ek besef het sy nie eintlik weet wat dit is om 'n eed te neem nie, aan haar verduidelik het dat sy gewaarsku word om die waarheid te praat en probeer het om haar vertroue te wen, en ek mag sê my indruk was dat ek in die besonder haar vertroue gewen het. Sy het later selfs geglimlag teenoor my en my reg in die oë gekyk wanneer sy haar getuienis gegee het. ...

6

Ek het met Tina se getuienis meer probleme gehad. Tina is dommer as wat Jacqueline is en het feitlik gedurig vir my gevra, nadat ek aan haar verduidelik het, dat as sy nie verstaan wat een van die advokate vir haar vra nie, sy vir my moet sê om dit vir haar te herhaal. Ek het op 'n stadium gedink of dit nie 'n metode is om tyd te wen aan haar kant nie, maar dit onmiddellik uit my gedagtes geweer omdat sy nie daardie verstandskapasiteit het om enigsins iets voor te gee wat nie eg is nie. Ek het moeite gedoen om haar vertroue te wen en het in 'n mate daarin geslaag deur haar oor haar werk uit te vra, waaroor sy entoesiasties was, wat 'n beskeie soort van werk is wat iets te doen het met die vou en hantering van papiere wat vir verpakkingsdoeleindes gebruik word. Ek sou haar verstandspeil plaas op dié van 'n normale kind van sewe tot agt jaar."

Die Schorr kinders is Engelssprekend en appellant Afrikaanssprekend.

Appellant en die oorledene se huwelik was soos die eertydse weer op die oostelike Hoëveld — soms mooi en rustig maar meer dikwels stormagtig. Hulle is in 1981 geskei weens haar verhouding met 'n ander man. Toe daardie verhouding versuur, is sy terug na appellant en in 1983 is hulle weer getroud. Hulle het toe 'n

7

huis in Kempton Park gekoop wat op haar naam geregistreer is. Ten tyde van haar dood was dit steeds op haar naam. Rusies tussen hulle het egter spoedig hervat, meesal oor haar kinders, maar ook weens sy drinkgewoontes. Albei van hulle was kort van draad en op 'n geleentheid het sy hom met 'n groentemessie aangeval. Op 'n ander geleentheid het sy 'n bottel whisky op sy kop stukkend geslaan. Hy het pas daarvan gedrink. Gedurende Augustus 1988 het appellant weens die aanhoudende rusies, op sy beurt hul huis verlaat en die huis in Brentwoodpark, Benoni, gekoop. Gedurende Desember 1988 het sy na hom teruggekeer en by hom in die Brentwoodpark huis ingetrek. Kort daama het die vier Schorr kinders teen appellant se wil ook weer by hulle aangesluit. Allan en sy vrou het in die Kempton Park huis aangebly. Daar was egter weer eens moeilikheid met die kinders.

Die huislike toestand het weens daardie moeilikhede spoedig weer só versleg dat appellant oorledene beveel het om met haar kinders terug te gaan Kempton Park toe. In sy hoof getuienis het

8

appellant die verloop van hierdie insident so beskryf:

"Ja, nou het dit toe gelukkig gegaan toe u in Brentwoodpark by u nuwe huis met u vrou en die drie kinders weer by u, het dit goed gegaan? — Nee, in die begin toe oorïedene alleen daar gebly het, was daar nie probleme nie, maar toe die kinders daar ingetrek het, het die probleme maar van voor af kop uitgesteek.

Nou wat het toe daar gebeur, ongeveer drie weke voor hierdie insident wat daar plaasgevind het, die skietery wat daar plaasgevind het? — Ek het vir haar op daardie stadium gesê man ek is nou moeg vir hierdie storie, sy moet haar goed pak, die kinders vat en teruggaan na die ou huis toe, ek wil haar nie daar hê nie. Ek verkies eerder om alleen te wees dat ek rus en vrede het.

Kan u net kortliks vir sy edele skets wat het aanleiding gegee tot hierdie besluit van u, wat u so pas van gepraat het? -- Dit was aanhoudende gegil en geskreeuery. Onder andere was sy vreeslik om 'n ding aan te haal 'I will kill you you bastard, I will see you dead' en ek was heeltemal keelvol daarvoor ...

Het sy toe gegaan — Ja, al gillende en skreeuende het Adrian en 'n ander manspersoon met 'n bakkie hulle ongeveer 10 minute, vyf minute daama daar opgelaai en hulle is toe daar weg.

Het sy toe weer teruggekom daarna? - Sy en Adrian het die volgende oggend teruggekom.

9

En wat was haar houding? -- Sy het aan my gesê sy is moeg om op en af te trek. Sy wil terugkom, maar sy is nie so seker nie. Ek het aan haar gesê sy moet maar maak soos sy goed dink.

Het sy en die kinders toe inderdaad maar weer teruggetrek? --Dieselfde aand."

Volgens appellant se tydsberekeníng was hierdie voorval ongeveer die middel van Maart 1989. DIE GETUIENIS: DIE MOORDAANKLAG:

Dit is nie betwis nie dat die oorledene op die laat namiddag van Vrydag 7 April 1989 deur 'n skoot afgevuur uit 'n vuurwapen behorende aan appellant doodgeskiet is in Jacqueline se slaapkamer in die familie se woning te Brentwoodpark, Benoni, tydens 'n rusie tussen appellant en die oorledene. Wat betwis word is waarom en hoe dit gebeur het.

Dit is voorts gemene saak:-(i) dat die ingangswond van die koeël wat oorledene gedood het op

10

haar regterwang was, dat die baan daarvan horisontaal van voor na agter was en effe na links, en dat die koeël tot in oorledene se serebellum (klein harsings) penetreer het, waar dit tot stilstand gekom het; (ii) dat geen kruitmerke of ontstekingsresidu by of om die ingangs-

wond gevind was nie; en (iii) dat spore van ontstekingsresidu egter gevind is op oorledene se

regterhand sowel as op appellant se linkerhand. DIE VROEëRE GEBEURE OP VRYDAG 7 APRIL 1989

In sy hoofgetuienis het appellant, o a in antwoord op vrae deur die verhoorregter, 'n relaas gegee van die vroeëre gebeure op daardie Vrydag wat nie weerspreek is nie. Daar is na my mening geen rede om daardie relaas te verwerp nie. Dit is kortliks die volgende.

Hy en die oorledene het daardie oggend "normale besigheid in die stad gaan doen". Voor hul vertrek het hy sy pistool (kaliber 7,65mm) oudergewoonte onder sy baadjie agter in sy lyfband

11

ingedruk. In die stad het hy geld by die bank getrek en aan haar gegee vir inkopies. Op pad huis toe het hy 'n bottel whisky gekoop. Hulle was om ongeveer 10:00 weer tuis. Hy is na hul slaapkamer waar hy sy baadjie uitgetrek en op die bed neergesit het. Hy het die pistool bo-op die baadjie gesit en dit daar gelaat. Dit was nie gelaai nie, 'n magasyn was egter daarin maar die veiligheidsknip was aan. Oorledene en die twee dogters het vertrek om inkopies te gaan doen en hy het in die tuin gaan werk. Die middag het heel rustig verloop. Die oorledene en haar dogters het teruggekom maar om 16:00 weer vertrek om Kevin by die stasie te gaan haal. Omdat hy eers om 17:30 van die werk af daar aankom, was appellant ontevrede dat hulle só onnodig vroeg weg is. In die loop van die hele middag het hy ongeveer vyf doppe whisky gedrink maar was nietemin in sy eie estimasie "heeltemal nugter". DIE AANLOOP TOT DIE SKIET VOORVAL

Wat later dié middag gebeur het as aanloop tot die

12

oorledene se dood, is in geskil. Appellant se relaas daaromtrent en dié van die staatsgetuies bots in wesentlike opsigte. Ek handel eers met die weergawe van appellant en daama met dié van die Staat. APPELLANT SE WEERGAWE

Oorledene en die drie kinders het om ongeveer 17:40 teruggekom. Appellant was humeurig en vra haar of sy nou klaar rondgejakker het, en het haar daarvan beskuldig dat sy nooit meer tuis is nie en hul woning slegs as 'n eet- en slaapplek gebruik. Sy het haar daaroor vererg en oudergewoonte begin gil en skreeu.

In antwoord o a op vrae deur die verhoorregter was appellant se verdere relaas soos volg:

"Wat bedoel u daarby, 'n gegil en 'n geskreeu soos gewoonlik? -- Edelagbare, sodra sy haar humeur verloor het, het sy hard uitgeskreeu, sy het nie normaalweg gepraat nie.

Ja? -- Ek het opgestaan en op pad deur toe het ek vir haar gesê man, ek dink jy beter verdeksels trap.

Ek hoor nie? — Ek het vir haar gesê terwyl sy op pad was deur toe, ek dink sy moet trap, haar goed vat en trap. Ek het

13

uitgeloop en ek het agter die huis waar daar 'n houtheining was, of 'n 'horserail' soos wat hulle dit noem, daar gaan staan. Sy het aanhoudend geskreeu en gevloek en gegil.

Ja? -- Ek het vir 'n tydperk daar gestaan. Op 'n stadium het ek gehoor Jackie sê 'mommy please, mommy don't do it'. Haar geskreeu op daardie stadium was, om dit te beskryf as histeries is baie nader aan korrek.

Hoekom sou sy nou histeries wees, wat veroorsaak dit nou?--Sy kon vreeslik opgewonde raak.

Nou goed, u het haar nou weggejaag. U het vir haar gesê sy moet haar goed vat en sy moet trap en nou gaan u self na buite toe.--— Dit is korrek.

U sê sy is nou nog steeds besig om te skreeu en te raas en sy was naby aan histeries sê u sou 'n beter beskrywing wees. Ja? -- Nadat Jacqueline, ek gehoor het dat sy sê 'mommy please, mommy don't do it', het haar ou storie van 'I will see you dead you bastard, I will kill you' weer deurgekom. Ek het omgedraai en ek het in die huis ingeloop. ...

HOF: Ek is nie heeltemal seker nie, ek verstaan nie mooi nie, ek skryf maar u woorde neer, haar ou storie 'I will see you dead, I will kill you' het weer deurgekom sê u? — Dit is korrek.

Ja? - Ek het in die gang afgestap, ek kon hoor dat sy in Jacqueline se kamer was."

14

Tydens kruisverhoor het appellant met dié relaas voortgegaan, en het die verhoorregter toe soos volg tussenbeide getree:

"Nou, kan u vir ons sê hoekom sê sy, hoekom sou die oorledene so iets, Jacqueline so iets gesê het? — Dit is wat ek nie weet nie. Ek het teruggeloop om te gaan kyk daarvoor en om eerlik te wees, ek was eintlik ongelukkig dat die kind moes gesoebat het op daardie punt.

HOF: Hoekom was u daaroor ongelukkig? U het dan die oorledene weggejaag en gesê sy moet haar goed vat en trap, want volgens Jacqueline is dit presies wat sy gedoen het op daardie stadium. Sy het haar handsak gevat om te trap, want u het haar mos aangesê ... (tussenbei) - Dit is korrek ... (tussenbei)

Hoekom voel u dan daaroor ongelukkig, dan moet u mos nou bly wees. — Die kinders was nog altyd na aan my.

Ag kom nou. — Wel dit is 'n feit.

U het my nog nooit daardie indruk gegee gedurende die hele paar uur wat u al getuienis gee nie. — Indrukke wat ek gee en gevoelens wat ek het is twee verskillende dinge.

U het net sorge en moeilikheid en probleme, volgens u getuienis, met die kinders gehad, geen liefde of toegeneëntheid nie. — Dit is korrek, en ek was tog jammer vir hulle, miskien op

15

dieselfde prinsiep as wat jy vir 'n brandsiek hond sal jammer wees.

Ja, dit is die tipiese vergelyking wat 'n mens van u kan verwag ... (tussenbei) — Ongelukkig ... (tussenbei)

Dit is die simpatie wat u het om daardie onskuldige, minderbevoorregte kinders, in verband te probeer bring met 'n brandsiek hond. -- Dit is nie letterlik bedoel nie, slegs Gguurlik.

U gee my die indruk van 'n hartelose mens, en dit is nou weer 'n voorbeeld, wat u toevallig, net spontaan uit u mond uitgeglip het. U hele verweer is daarop ingerig gewees, onder andere, om te probeer aantoon wat se swak karakter daardie kinders het, iets wat hulle waarskynlik nie kan verhelp nie omdat hulle nie 'n besondere verstandsontwikkeling gehad het nie. -- Edele hulle het hulle probleme gehad en as gevolg, soos u tereg aanhaal, as gevolg van verstandelike vermoëns. Ek het my uiterste gedoen om te help sover as wat ek kon. Meer as dit kon ek nie doen nie. ..."

Daarna het appellant soos volg voortgegaan, steeds in antwoord op vrae deur die verhoorregter:

"U het haar weggejaag. Nou gil sy en sy dreig daar in die slaapkamer, daar by die dogter, maar dit sou u nie ontstel nie, want dit is 'n ding wat sy, om u eie woorde tc gebruik,

16

oudergewoonte doen. — Ja, dit is standaard prosedure ... (tussenbei)

Dit was nie vir u 'n verrassing nie. Nou wat gaan soek u daar in die kamer? — Op die tempo wat sy toe geskreeu het was ek heeltemal keelvol vir daardie geskreeu.

Was u keelvol vir die geskreeu? -— Ja.

Ja, u wou 'n einde daaraan bring. -— As ek haar bek moes toeklap, sou ek hom toegeklap het.

Goed, en is dit een van die redes waarom u soontoe gegaan het? — Dit is, ek het daar ingeloop om vir haar stil te maak en te sê kyk 'shut up'.

En was dit u plan gewees, soos u sê om haar bek te gaan toeklap sodat sy kan stilhou om te skreeu? — Indien die voorval nie sou gebeur het nie, en sy sou geskreeu het en geweier het om stil te bly, sou ek dit heel waarskynlik gedoen het."

Verder tydens kruisverhoor het appellant soos volg hieroor getuig in antwoord op vrae deur die verhoorregter:

"Ja goed. Nou is u weer gedrink en nou gaan u om haar bek te gaan toeklap, soos u sê. Is dit nie makliker om haar nou maar

17

dan te skiet nie? — Nee.

Dan is hy mos vir ewig toe? -— Ek neem nie my toevlug tot 'n vuurwapen nie, daarvoor is ek opgelei ... (tussenbei)

Wel dit is wat die twee kinders sê. — Ek weet dit is wat hulle sê.

Ja, en u gemoedstoestand was, op u eie getuienis, net heeltemal reg daarvoor. - Nee.

Wel, u gaan om haar te gaan aanrand. — Ek het gegaan om vir haar te gaan stilmaak en as sy nie sou stilgebly het nie, dan sou daar heel waarskynlik my gemoedstoestand gewees het, soos u dan gesê het, ek sou haar 'n oorveeg gegee het."

Op sy eie weergawe was appellant keelvol vir en woedend op sy vrou toe hy daardie laat namiddag na Jacqueline se kamer gegaan het. DIE STAAT SE WEERGAWE

Kevin was dit eens met appellant dat 'n hewige rusie tussen die egpaar oorledene se dood onmiddellik voorafgegaan het. Sy weergawe van die verloop daarvan verskil egter, soos reeds gemeld,

18

wesentlik van dié van appellanl. Hy het getuig dat hy by tuiskoms na sy kamer is. Kort daama het sy ouers oor sy stiefbroer Allan begin stry. (Appellant het beweer dat die oorledene baie erg oor Allan was en dat hy haar "blue-eyed boy" was maar dat hy "'n bietjie van 'n probleem mens" was wat vroeêr vir ongeveer agt maande weggeloop het nadat appellant hom kortgevat het). Die oorledene het hul aandete begin voorberei maar appellant het die kos uitgegooi op die kombuisvloer. Daama het hy sy vuurwapen gaan haal en die oorledene in die huis daarmee rondgejaag. Op 'n stadium het hy aan haar geskree "Do you want to see a man being killed!" en gelyktydig die pistool onder sy ken ingedruk. Hy het dit verskeie kere herhaal. Daama het hy die pistool na haar gegooi en sy het dit na hom teruggegooi.

Kevin het daarna die volgende gesê:

"They were running up and down in the passage? -- After he, when he went to put his pistol away ... (intervenes)

So he went to put it away? — He went to put it away and then

19

he told my mother to go and take her stuff and go. He then went out of the room and he went back into the main bedroom, into the deceased's bedroom. He then came out, he came out again with the revolver on the side of his, I am not sure which side, he then took it and put it into the back of his pants.

Are you sure? — Yes, I am positive.

Because this is the first we hear from you that the accused fetched the firearm from his, from the main bedroom, the one next to you, your bedroom. -- Correct ja."

Appellant het die oorledene toe na Jacqueline se kamer gevolg. DIE SKIET VOORVAL

Wat in Jacqueline se kamer gebeur het is eweneens in geskil. Ek handel weer eerste met appellant se weergawe daarvan en dan met dié van die Staat. APPELLANT SE WEERGAWE

Toe appellant by die deur van Jacqueline se kamer kom was hy gekonfronteer deur die oorledene wat sy vuurwapen op hom

20

gerig het. Die verdere verloop van gebeure het hy soos volg tydens hoofverhoor beskryf.

"Ek het nie tyd gehad om te dink nie, ek het direk aangehou loop en die vuurwapen gegryp, die hand met die vuurwapen.

HOF: Kom ons gaan aan en probeer die getuienis klaarmaak. --Ek het die hand gedraai, ek het geruk in 'n poging om die vuurwapen uit te kry. Sy het teruggeworstel, daar was 'n slag, sy was ongeveer twee treë van my af, vir my direk gestaan en kyk en toe vooroor geval in 'n hande knieë posisie.

Hoe ver was sy van u af sê u? -- Plus-minus twee treë, dit was die breedte van die enkelbed.

MNR LOUW: Ja? -- Ek het gesien dat daar bloed uitloop uit 'n kol van haar. Die vuurwapen was in my hand. Ek het die vuurwapen op die grond neergegooi en geprobeer kyk waar sy bloei om die bloed te probeer stop, ek kon die wond nie kry nie ... (tussenbei)

HOF: Bedoel u op die vloer of het daardie kamer 'n grondvloer, want u sê u het dit op die grond gegooi? - Op die grond, op die vloer, wat ek bedoel is plat op die mat... (tussenbei)

Op die mat? -- Dit is korrek.

Ja? -- Ek kon nie kry waar die bloed uitkom nie, dit heí vir my gelyk of dit van haar skouer af kom. Sy het vooroor geval en

21

op haar sy gedraai. Vir my was ooglopend dat ek nie kon help nie. Ek het omgedraai, Jacqueline het ongeveer 'n halwe treë agter my gestaan. In die proses het ek gesien dat Kevin van sy kamer se kant aankom, wat ongeveer twee meter van daardie spesifleke deur is."

Tydens kruisondervraging het hy verder soos volg daaroor getuig:

"Ek wil net by u weet op hierdie stadium, wie het nou eintlik, wie het die sneller getrek van daardie pistool van die skoot wat die oorledene gedood het? — Dit kon enigeen van ons twee gewees het. In die worsteling toe die slag afgaan, was ons ongeveer by mekaar. Die vuurwapen was in my hand, ek kan nie sê dat ek nie die sneller getrek het of dat die beskuldigde, oorledene hom nie getrek het nie.

Maar was u nugter gewees, as u nie eers so iets belangrik kan onthou nie? — Ek was nugter, my vinger was nie op die sneller gewees nie.

Nou waar was u vinger dan gewees, u wysvinger? -- Soos ek die vuurwapen gehad het, het hy teen die snellerdeel afgelê, die vuurwapen was nog oorgehaal gewees.

HOF: Wie het dit oorgehaal? - Dit is outomaties, as daar 'n

22

skoot afgaan, dan haal hy hom outomaties oor. ...

So dit was gelaai, oorgehaal, maar die veiligheidsknip was op gewees? -- Dit kon nie op gewees het nie, dan sou hy nie gevuur het nie.

Asseblief, moet tog nie probeer, probeer u snaaks wees? — Nee, ek probeer nie, u sê die veiligheidsknip was op, ek sê daar het 'n skoot afgegaan ...

En toe sy geskiet is, en nou kan u maar slim wees, want dit weet enige bobbejaan wat nie eers slim hoef te wees nie, dan moes die veiligheidsknip af gewees het? — Dit is korrek. ...

MNR ROBERTS: ... Nou in watter hand het sy hom gehad? -Sy het hom in haar regterhand gehad.

Goed, en sy rig hom reg voor haar in die rigting van u maag omtrent, is dit korrek? — Dit is omtrent op die vlak van my maag of my bors.

Goed, nou waar het u die vuurwapen, waar het u die, haar gegryp om die vuurwapen in die hande te kry? — Ek het, toe ek gegryp het, oor gegryp op die manier vas, en ek het gedraai, weggeruk. Sy het teruggespartel, die slag het afgegaan en ek het die vuurwapen in my linkerhand gehad. Die haan was teruggetrek.

23

U wys nou u het u hand gehad, bo-oor die vuurwapen ... (tussenbei) -- Bo-oor die vuurwapen en met haar hand saam.

En u beur weg van haar af, u het weggedruk van haar af na haar regterkant toe? — Ek het van my af weggedruk na haar linkerkant toe en ek het die vuurwapen, haar hand teruggebring om die vuurwapen uit te kry en in die proses het die slag afgegaan. ...

... Toe die skoot afgegaan het, toe, na die slag was my hand oop op die vuurwapen, so en dit is eerste wat ek gekyk het, die vuurwapen het na haar linkerkant toe oorgewys.

Maar is ek nou reg as ek sê dat as u vinger nie op die sneller was nie, moes haar vinger op die sneller gewees het? — Dit is die korrekte afleiding ja.

Nou goed, so met ander woorde, sy het nou eintlik haarself geskiet volgens u? — Dit kan wees. ...

Het die vuurwapen op enige stadium op die oorledene, in haar rigting gewys? -- Dit kon gewees het.

Hoe is dit mnr Foley dat u so min van die voorval af weet, lyk my u was so dronk u weet glad nie wat daar gebeur het die dag nie. -- Ek was dood nugter en in 'n breuk van 'n sekonde ... (tussenbei)

HOF: Hoekom sê u dit kon so gewees het. Dit moes noodwendig so gewees het. ... (tussenbei) — Dit moes

24

noodwendig na kaar kant toe gedraai het ... (tussenbei)

Hoekom skram u daarvoor weg? — Ek skram nie weg nie, maar ek kan nie definitief sweer nie, dit was 'n worsteling ... (tussenbei)

Maar u hoef nie te sweer nie, u het Waar gesweer ...

Gedurende die stoeiery het u haar hand so gedraai met geweld dat die vuurwapen se loop na haar gesig gewys het en die skoot afgegaan het. - Dit is korrek. ...

HOF: Die belangrikste is hoekom het u hom so gewring dat die loop na haar gesig gewys het? — U edele, sy het vasgeklou en sy het teruggeveg. Ek het, sy het hom nie net vir my gegee nie.

MNR ROBERTS: Die, wat het met die vuurwapen gebeur direk na díe skoot afgegaan het? — Direk na die skoot afgegaan het was die vuurwapen in my hand gewees....

U het die vuurwapen versigtig neergesit op die grond, op die mat? -- Ja, ek het hom neergesit, die polisie het hom nog gekry in dieselfde oorgehaalde toestand waar hy op die vloer gelê het.

Hoekom het u die vuurwapen nie saamgevat nie?

HOF: Het u hom neergesit of hom neergegooi daar op die mat? — Ek het hom net neergegooi toe ek sien sy staan ... (tussenbei)

Neergegooi? Ja, nou is dit vir my opvallend, dat beide Kevin en Jacqueline dieselfde getuienis gee. Hulle sê na die skoot het u die vuurwapen neergegooi. Jacqueline sê op die gesig van die

25

oorledene, Kevin sê dat u dit op haar gegooi het. Hoe kon hulle dit moontlik geweet het ... (tussenbei) — Ek sal nie weet nie ... (tussenbei)

As hulle dit nie gesien het nie? — Ek sal nie weet nie.

Ek neem aan u het nie vir hulle gesê u het dit gedoen nie? —

Nee.

Het u 'n antwoord op daardie vraag of nie? — Geen antwoord op daardie vraag nie."

DIE STAAT SE WEERGAWE

Kevin beskryf in hoofverhoor soos volg wat gebeur het toe die oorledene en appellant na Jacqueline se kamer is.

"Then my mother went into my sister's room and he followed her. I then saw him taking his hand towards his revolver and taking it out and then my mother started screaming out 'he is going to shoot me' and when I saw him taking it out, I started moving towards him, and about a metre or two before I reached him I heard the gun shot going off and by the time I got to him I already saw my mother falling down. And after he had shot her, he had left the room, he took the gun and he threw it into her face and then he left the room.

26

COURT: What did he do with the gun? - He took the revolver, he threw it into her face ... (intervenes)

Into her face? — Yes, onto her face yes and then he moved out of the room. I then went into the bedroom, where my sister was already in the room at the time ... (intervenes)

MR ROBERTS: Is it the same room in which she was shot or another room? -- Yes in the same room.

Same room, yes? -- Right, I then went to see if I can help her and I saw her full of blood, I then immediately thought of going, I went across the road to call an ambulance and the police and I cannot remember what happened further. ...

Now Mr Schorr, where were you when the shot was being 6red at your mother, were you inside the room, in the passage or in the lounge or where were you? -- In the passage. ...

COURT: Yes, and his mother fell down, that is what he said. How far were you away from the accused at that time? I was about two metres away from him. ...

What did you see? I did not know where my mother was standing at the moment.

Couldn't you see her? -- No I could not.

Yes? — And I saw him, I saw the accused lifting up his arm with the revolver in his hand and pointing straight in his direction and then I heard a shot going off.

27

Will you try and indicate to me how did he lift his arm and what did he do with the firearm in his hand? — Well he took his hand like this.

The witness indicates that he took out something from behind his back, yes, is that where the revolver was at the time? Yes."

Tydens kruisverhoor het sy getuienis o a verder soos volg verloop:

'MR LOUW: The accused will also say that when the Grearm went off he had it in his hand and then he had thrown it down after the shot, he had thrown it down and when he turned about he said Jackie was in the passage just behind him. - No that is wrong, because like I said where the accused was standing, I already, I was two metres away from him, I then could just barely see Jackie. He then threw the gun, after he had shot, he had thrown the gun at the deceased and then afterwards he moved out the way and Jackie moved towards my mother when, so I can move in as well. Like I say when the deceased, when the accused was standing in the passage of the doorway and the passage and the room you know, in the middle of the room, in the doorway, let us put it that way, he had already taken out the gun to shoot her. I then came close to him and I heard the shot

28

going off. By the time I got there I saw my mother falling. He then took the gun and he threw it at her, I turned around ... (intervenes)

COURT: Yes, but the point is, where was Jackie at the time? -In the room.

In the room? -- In the room.

Not in the passage? -- No."

Jacqueline het die verloop van dié voorval só beskryf:

"... were you at your house on this, on Friday 7 April 1989 when this incident took place? -- Yes, I was.

Now can you tell us please what you saw that day, not what other people told you, but what you saw with your own eyes? --That night I saw my stepfather pointing a, first he had an argument with my mom, then afterwards she went to the room and then afterwards he went, he came in with the gun as well by the door entrance, then he pointed the gun to my mom and ... (intervenes)

COURT: Were you in the room with your mom at the time? -Yes.

And who came into the room? -- My stepfather.

29

Your stepfather. Now, did he go right into the room or how far did he go before he pointed the firearm to your mom? -- He was at the door entrance.

At the door entrance. Whose firearm was it, do you know -- It was my stepfather's. ...

And then what happened? -- Then from the door entrance he pointed the gun to her, she was standing by the window by the door and the window and after a while he said if you don't keep quiet or so, he will shoot her and she was trying to look, shouted out for help.

I could not quite hear you, she was doing what? — She was shouting out for help.

Shouting out for help. What did she shout, can you recall? --Somebody help.

Somebody help. And then what happened? - Then after a while he pulled the trigger and when she fell he threw the gun onto her face and he ran ... (intervenes)

Did you hear the sound of the gun going off? -- Yes.

You say he pulled the trigger? -- Yes.

Did you see it, did you see him pulling the trigger? -- Yes.

And then did you hear the bang? -- Yes.

Of the firearm going off? -- Yes.

30

What happened to your mother when the, when you heard the noise of the gun going off? — She fell down and when she fell down, I tried to help her.

I beg your pardon? — When she fell down I tried to help her, but ... (intervenes)

Yes, but before that you said something about the accused, that is your stepfather, doing something with the fïrearm, after he had pulled the trigger, after the shot went off, what did he do with the firearm? — Threw it onto her face ...

MR ROBERTS: Can you tell us more or less how far was your father, the accused, from the deceased when the shot went off? I am not sure ... (intervenes)

Can you point out to us perhaps in court? -- I would say from here to about that bench the other, the second bench.

I would say about three metres.

COURT: You point to the bench on the other side of the gentleman who was putting the questions to you? -- Yes.

MR ROBERTS: This bench? -- Yes.

COURT: It is about four/five paces.

MR ROBERTS: And can you tell us why this whole thing happened? — He was saying some things about my oldest brother ... (intervenes)

31

COURT: Just please look towards me Jacqueline so that I can hear you. — Yes, he was saying some things about my oldest brother, like he was not around there, ïike he was there in Kempton Park.

Was the quarrel about your oldest brother? — Yes.

And you say the accused was saying something about him? Yes.

Can you recall what he was saying about him? -- He said something about my mom sleeping around with him and ... (intervenes)

With him? -- Yes.

That is now, him being your brother? -- Yes.

MR ROBERTS: Did the accused say this inside your bedroom? — Yes, it was.

COURT: Well, was he inside your bedroom or only, did he only go as far as the entrance, the threshold? -- He went as far as the door entrance."

Die volgende passasies kom o m voor in haar kruisverhoor:

"MR LOUW: Jacqueline, I put it to you that your mother was standing at the right-hand end of your bed. — She was not

32

standing over there by the foot end, she was standing by the window.

So you say she was standing by the window? — Yes.

Are you sure of that? -- Yes. ...

MR LOUW: Who was first in your bedroom, yourself or your mother? -- My mother.

ïs it then correct that you entered your bedroom after your mother had gone in? — Yes.

Now, is it then also correct that your mother was very upset when she was in your bedroom? - Yes, she was and and a bit furious.

She was furious? - Not all that furious, but like she lost her temper.

COURT: What was she doing in your room? -- She was getting her handbag.

Her handbag? - Yes. ...

Did you get the impression that she was about to leave with her handbag, leave the house or not? - I do not know.

MR LOUW: Now the accused will say that your mother shouted that she would kill him, that she would rather see the bastard dead, is that correct? — It is not, can you just repeat the question please? ...

33

COURT: What counsel is putting to you is this. When your stepfather is going to give evidence, you see, we fïrst listen to all the evidence, and then he would come and testify and tell the court what happened that day. He will say that your mother, before she was shot, shouted that she would rather see him dead, meaning your stepfather, she would, and expressed the wish that she wanted to kill the bastard, meaning him. Did you hear that? -- No.

Did she ever that day threaten to kill him? -- No.

Did she ever threaten to shoot him? -- No. ...

The accused will say when he entered the room your mother was standing with the firearm in her hand, pointing it at him. Now I know you have denied it. I want to take it further. Accused will say further that he jumped towards your mother and he wrenched the firearm with his ïeft hand and his right hand from your mother. Can you comment on that, can you say whether it is true or not? — Can you repeat that question please.

COURT: It is the following. Accused will say when he entered the room, your mother was pointing the firearm at him. You have already said it did not happen. He will say further that he jumped at her in an effort to try and get the Grearm out of her hands. He grabbed hold, he got hold of her hand with the firearm in it, trying to get it out of her hands. Have you seen that? - No.

Did it happen? - No.

34

MR LOUW: And he will tell the court in that process the shot went off. -- Can you please repeat?

COURT: He will say to the court that it was then, while they were struggling with one another, that the shot went off, that you heard the bang, the loud noise. - They were not, he was not trying to get the gun from her, because she was not holding a gun.

MR LOUW: Jacqueline, you also told the court that you saw the accused pulling the trigger, is that correct? — Yes.

In which hand did he have the fire-arm? — The left.

In his left hand. And with which finger did he pull the írigger? - With that one.

COURT: Pointing Gnger? - Yes.

Is that it? Yes, she indicates the pointing finger.

MR LOUW: And is it correct that at that time as I recollect your evidence, your mother was approximately four to five paces away from the accused? — Yes."

DIE SLOT-EPISODE

Die verloop van gebeure na die skietvoorval is weereens in geskil. Ek handel afsonderlik met die botsende weergawes in

35

dieselfde volgorde soos hierbo. APPELLANT SE WEERGAWE

Hy het, toe hy hulle met die omdraai agter hom in die gang opmerk, vir Kevin en Jacqueline aangesê "om oor die straat te hardloop en die buurman te vra om die polisie en die ambulans te skakel", wat hulle toe gedoen het. Hy het in die huis agtergebly, maar nie in Jacqueline se kamer nie.

Terwyl hy in die eetkamer was het mnr Davies, die buurman oorkant die straat, ingekom en vir hom gevra "you stupid man what did you do?". Op hierdie stadium het die verhoorregter tussenbeide getree en daarop volg dié passasie:

"Hoekom sou hy dit vir u gesê het as niemand hom vertel het wat daar gebeur het nie? -- Heelwaarskynlik het die kinders hom gesê.

Dit is nie aan die kinders gestel dat hulle, nie aan een van die kinders, dat hulle aan mnr Davies 'n rapport gemaak het nie. --Ek het so gehoor.

So ons kan dit dan maar uitsluit? — Ja, indien ek reg onthou, dit

36

mag onder korreksie wees, het Davies ook gesê dat die kinders aan hom gesê het 'their mother has been shot'.

Hy sê Kevin het vir hom gesê 'my mother had been shot'. Dit is sy getuienis. — Dus het hy kennis gedra.

Maar hoekom ... (tussenbei) -- van 'n skietery.

Hoekom sal hy nou vir u beskuldig, want dit is nooit aan Kevin gestel dat hy vir mnr Davies gesê het dat u sy ma geskiet het nie. Verstaan u? — Ek hoor wat u sê.

Nou maar goed, dan moet ons nou maar uitreêl en aanvaar Kevin het dit nie vir hom gesê nie. — Ek kan niks daaraan sê nie u edele, ek het in die 'box' gesit, nie die verdediging waargeneem nie.

Nee, nee, nee, maar u het gedurig met u advokaat gekonsulteer en as daar iets was wat nie korrek was of wat ookal nie, het u die geleentheid gehad en u het ook daar van daardie geleentheid gebruik gemaak, want ek het een of twee keer verdaag dat u aan hom volledige instruksies kan gee. — Ek het aan die advokaat 'n volledige storie gegee in sy kamers in 'n vyf ure debat, volledig van 'n kant af ... (tussenbei)

Ek wil nie hoor wat u vir hom gesê het nie, maar ek sê net vir u dat, of wil u nou sê dat u vir die advokaat gesê het dat Kevin vir mnr Davies gesê het dat u sy ma geskiet het? ... (tussenbei) - Dit beweer ek nie ... (tussenbei)

37

Nou maar goed, dit het u nie vir hom gesê nie en daarom het hy heeltemal korrek dit ook nie aan Kevin gestel nie en ook nie mnr Davies nie ... (tussenbei) -- Ek aanvaar dit so u edele.

Nou sê u Davies kom daar, wat net weet dat u vrou geskiet is, daar is verskeie moontlikhede wat daar, mense wat kon geskiet het, sy kon haarself geskiet het, maar u sê die eerste wat hy vir u sê is 'stupid what have you done'. — Dit is wat hy aan my gesê het.

Is dit nie bietjie vreemd nie? — Dit kan vreemd wees."

Appellant het Davies geken as 'n baie aangename persoon. Op Davies se vraag het hy toe geantwoord "the wife has been shot" en op Davies se vraag, waar? gesê "in the bedroom". Davies is toe na Jacqueline se kamer. Appellant wou hom volg. Die rede waarom hy dit wou doen kom voor in die volgende passasie van sy kruis-ondervraging:

"Wat wou u binne-in die kamer gaan maak het? — Vir een, mm Davies het in die vertrek ingeloop, ek het agterna geloop, seker maar meer mens om te sien of ek foutief was, of sy nog geleef het. Hy het my verhoed.

38

Hy het, ekskuus? -- Hy het my toe verhoed om in te gaan.

Verhoed om in te gaan. U sê u wou sien of u foutief is sê u? — Of ek, as ek sê foutief, my afleiding was dat sy dood was op daardie stadium en ek het agterna geloop, meer as, amper gewens dat dit nie so is nie.

HOF: Hoe sê u nou, u het amper gewens? -- Dat dit nie so moet wees nie.

Dat sy dood is nie? -- Ja.

Maar darem nie heeltemal gewens dat sy nie moet dood wees nie, net amper so gewens. Ja?"

Davies het hom dreigend verhoed om die kamer binne te gaan en hom kortaf aangesê om in die sitkamer te gaan sit. Hy het dit gedoen en na 'n sportprogram op die TV gekyk. Daar het hy bly sit totdat die polisie en die para-mediese span opgedaag het.

Speurder-sersant Day is deur die verdediging as getuie geroep. Hy was aanvanklik die ondersoek-beampte in die saak. Hy het om ongeveer 18:35 daardie aand by die Foley-huis aangekom. Appellant het toe steeds in die sitkamer na TV gekyk.

Sers Day het geen kos op die kombuis vloer sien lê nie.

39

DIE STAATSE WEERGAWE

Mnr Davies se weergawe is soos volg: Om ongeveer 17:40 daardie Vrydagmiddag het Kevin na hom gekom en gevra dat hy die ambulans en polisie moet ontbied omdat sy moeder geskiet is. Davies het sy vrou aangesê om dit te doen en het na die Foley-huis gehardloop. Toe hy die erf inkom het appellant van buite af om die hoek van die huis gekom, sy hande omhoog gehou in die "hands up" houding, en aan hom gesê "I have shot her, the gun is in there". Davies self het niks gesê nie. Jacqueline het van binne af na die voordeur gekom. Sy was uiters ontsteld en het hom na haar kamer geneem. Op pad soontoe het hy kos op die kombuisvloer opgemerk. In die kamer het hy die oorledene in 'n plas bloed kry lê in 'n hoek oorkant die deur. Twee tot drie voet van haar af het die vuurwapen, bew. 1, op die vloer gelê. Appellant het hom gevolg en het die kamer probeer inbeur. Davies het hom gekeer omdat hy appellant van die vuurwapen af wou weghou, en het hom aangesê om in die sitkamer te

40

gaan sit. Appellant het hom gevra of hy die TV kan aanskakel omdat hy nooit sy sport mis nie. Een van Davies se buurmanne het toe opgedaag. Hy het appellant in die buurman se sorg gelaat en huis toe gegaan na Jacqueline, wat toe daar was en steeds uiters ontsteld was.

Jacqueline het getuig dat nadat die oorledene neergeskiet is sy haar sonder welslae probeer help het. Appellant het nie vir Kevin gevra om hulp te ontbied nie. Volgens Kevin het hy uit sy eie by die bure hulp gaan ontbied. Dit was nie aan hom gestel dat hy dit in opdrag of versoek van appellant gedoen het nie. DIE VERKRAGTINGS-AANKLAGTE

Die Staat het appellant ten laste gelê dat hy (i) "by verskeie geleenthede oor die periode 1983 tot 1989" vir

Tina verkrag het (aanklag 2), en (ii) "by verskeie geleenthede oor die periode 1987 tot 1989" vir Jacqueline verkrag het (aanklag 3).

Hierdie aspek van die saak is gekenmerk deur

41

weersinwekkende aantygings en teen-aantygings wat deurgaans ontken is deur dié teen wie hulle gemaak is.

Tina en Jacqueline het beweer dat appellant herhaaldelik onsedelike dade met hulle gepleeg het en hulle met hom laat pleeg het, íeen hul wil en sin, nl wederkerige betasting van hul geslagsdele, en dat hy daarbenewens met elkeen van hulle herhaaldelik gemeenskap gehad het teen hul wil en sin, en hulle aldus verkrag het. Hulle het albei daaroor gekla, eerstens by Kevin en daarna by die oorledene sonder enige welslae. Volgens Tina het appellant met hierdie wangedrag teen haar begin toe sy slegs 11-12 jaar oud was, en dat hy ongeveer elke maand daama met haar gemeenskap gehad het. Hy het haar en Jacqueline gereeld aangesê om stokkies te draai as hy bv met verlof was, sodat hy tuis met hulle gemeenskap kon hou (te alle relevante tye het oorledene gewerk en was sy gevolglik nie tydens skool-ure by die huis nie). Tina het erken dat sy ook met haar seuns-vriend gemeenskap gehad het. Op 'n stadium het sy swanger geraak

42

en is die vrug afgedryf. Sy kon nie sê wie vir haar swangerskap verantwoordelik was nie.

Jacqueline het op haar beurt wesentlik dieselfde bewerings as Tina teen appellant gemaak. In haar geval het appellant se onwelvoeglike gedrag met haar begin toe sy 12 jaar oud was. Sy het ook haar lot bekla, eers by Kevin, toe sy 13 was, en daarna by Tina, Adrian en die oorledene. Laasgenoemde het hulle aangesê om nie alleen met appellant tuis te bly nie, en om saam met haar te gaan wanneer sy bv gaan inkopies doen. Jacqueline het beweer dat appellant gereeld met haar in die slaapkamer gemeenskap gehad het behalwe een aand toe oorledene in die hospitaal was vir 'n blaas operasie. Daardie aand het dit in die sitkamer plaasgevind. Jacqueline was toe 12 jaar oud.

Kevin het sy susters se getuienis oor voormelde klagtes gestaaf. Hy het getuig dat hy die oorledene daarvan vertel het en dat sy 'n klag daaroor by die polisie teen appellant ingedien het. Hy weet

43

nie of daar ooit teen appellant opgetree is nie. (Blykbaar is niks daaromtrent gedoen nie). Hy het voorts getuig dat hy een middag gesien het dat appellant met Jacqueline doenig was in die sitkamer. Appellant het op 'n bank langs haar gesit en sy het haar gesig op sy skoot gehad. 'n Paar dae later het sy hom vertel wat sy met appellant moes doen. Dit was fellatio. Jacqueline het egter getuig dat sy hierdie voorval nie kan onthou nie.

Tina en Jacqueline is nooit medies ondersoek as gevolg van hul klagtes van verkragting nie. 'n Rekening is weliswaar ingedien dat Jacqueline op 'n stadium vir vaginitis behandel is. Maar dit is al. Sy kon so 'n behandeling egter nie onthou nie.

Appellant het op sy beurt beweer dat die twee susters met hul broers Kevin en Adrian gemeenskap gehad het — Jacqueline met Adrian en Tina met Kevin. Voorts het hy beweer dat hy deur die skoolhoof van, en 'n onderwyseres aan die Muriel Brand Spesiale Skool, waar Jacqueline skool gegaan het, meegedeel is dat sy en 'n

44

seuntjie, 'n mede-skolier, in die skoolgronde tydens 'n speeltyd betrap is terwyl hulle nakend met mekaar gemeenskap gehou het. Jacqueline was toe volgens appellant 13-14 jaar oud en die seuntjie ook. Die verhoorregter het soos volg hierop reageer:

"En u sê hulle het vir u gesê dit het gedurende speeltyd gebeur? -- Dit is korrek.

Dit is nou wanneer al die kinders balle skop en rondstamp en spring en speel daar op die speelgronde? - Dit is korrek.

En Jacqueline en die maatjie gaan nou helder oordag hulle klere uittrek en soos u nou bygevoeg het self, gaan hulle nou seksuee! verkeer. - Dit is soos dit aan ons gestel was.

Ja, en hulle wou hê u moet dit glo? -- Hulle wou.

En wil u hê ek moet dit ook glo? — Wel ek het dit nie geglo nie.

Nou maar goed, dan sal u my ook nie kwalik neem as ek dit nie glo nie. Goed, dan is dit die end van daardie storie. So daar het nou niks van gekom nie, dit beteken niks nie."

Later het die verhoorregter weer vir appellant oor hierdie

45

voorval ondervra, en wel op die volgende wyse:

"Wat my hinder is dat u grootste deel van die saak daarop gerig was om aan te toon hoe swak karakters die kinders is en tog sê u dat u hulle selfs liefgehad het, jammer gekry het. — Dit is korrek.

Watter doel het u daarmee gehad behalwe om my te probeer beïnvloed dat ek nie emstig hulle getuienis moet oorweeg nie, want kinders met swak karakters, boeties en sussies wat met mekaar gemeenskap hou, dogtertjie wat helder oordag met 'n dokter se seuntjie speeltyd terwyl daar honderde kinders rondom hulle speel, hulle nakend uittrek en gemeenskap hou, dat ek dit nie moet oorweeg nie. Was dit die hele doel gewees? — Ek het nie die hof probeer beïnvloed nie edele, ek het gemeld wat ons van weet wat aan ons gerapporteer was deur, ek sê dit reguit, deur opgeleide mense wat met hulle direk deur 'n dag gewerk het.

Ja, maar sien, my probleem is ek het nie een van daardie mense voor my nie, wat kan kom sê dat dit wel gebeur het nie. Dit mag wees dat u dit maar opgemaak het en ... (tussenbei) -- Maar dit is ook ... (intervenes)

... vir u advokaat vertel het, deel van die proses om die hof te beïndruk oor watter swak karakter getuies hy voor hom het. --Dit is ook nagaanbaar.

Stem u nie saam dat dit uiters onwaarskynlik is dat kinders

46

gedurende speeltyd op skoolgronde hulle sal kaal uittrek en gemeenskap met mekaar hou nie? -- Logies stem ek met die hof saam daar. Ek meld slegs wat deur 'n spesifieke onderwyser en die hoof van daardie skool aan ons gesê is.

Ek moet vir u sê dit is so onwaarskynlik dat tensy dat daardie onderwyser voor my kom getuig en my kan oortuig dat ek dit glo, dat ek dit bloot op u hoorsê getuienis dit nie kan aanvaar nie. - Ek kan dit insien ja edele."

DIE VERHOORHOF SE BEVINDINGE

Die appellant is skuldig bevind soos hierbo uiteengesit omdat die verhoorhof sy getuienis verwerp het en dié van die drie betrokke Schorr kinders en Davies aanvaar het. Dit blyk duidelik uit die slot paragrawe van die uitspraak op die meriete. Daar het die geleerde verhoorregter die volgende gesê:

"Ek het reeds verwys na die kwessie van die veroorsaking van die oorledene se dood, hoe dat die beskuldigde dit verduidelik het.

Ek het reeds my indrukke gegee van die kwaliteit van die getuies voor my en sover dit nodig is kan ek net afsluit deur te sê dat ek die beskuldigde se relaas op klagte 1 verwerp as vals.

47

Ek aanvaar sonder enige huiwering die getuienis van Kevin en Jacqueline, sover hulle aan my vertel het wat hulle met hulle eie oë en ore waargeneem het. Dit synde so is dit duidelik dat die beskuldigde in sy woedebui, len einde, soos hy self gesê het 'haar bek stil te maak' na die kamer gegaan het en dit effektief gedoen het deur die vuurwapen uit te trek soos Kevin verduidelik het en soos Jacqueline bevestig het, en haar te skiet. ...

Wat klagtes 2 en 3 betref, het ek met besondere aandag geluister na advokaat Louw se betoog en het ek oorweeg of die dogters se getuienis sodanige kwaliteit het dat ek dit sonder redelike twyfel kan aanvaar en of ek nie moet oorweeg of hulle dalk as gevolg van misleiding deur die beskuldigde, toegestem het dat hy met hulle gemeenskap hou nie. Dan bly die vraag of hy nie moet skuldig bevind word aan oortreding van artikel 14 van die Ontugwet nie, naamlik dat hy gemeenskap gehad het met 'n meisie onder die ouderdom van 16 jaar. Ek kon op hulle getuienis nie positief bevind dat toe hy die eerste keer met hulle gemeenskap gehad het, toe enige een van hulle onder 12 was nie, dan sou die regsbeginsel van juridiese afwesigheid van toestemming wel gegeld het, maar na versigtige oorweging het ek tot die slotsom gekom dat daar geen rede hoegenaamd vir my bestaan om nie die twee klaagsters se getuienis te aanvaar nie. Ten spyte van 'n versigtige oorweging of hulle nie dalk 'n fout kan maak nie en of hulle nie dalk 'n bymotief sou hê nie, het ck tot die slotsom gekom dat hulle getuienis oor daardie

48

aspekte niks anders as die waarheid en die volle waarheid is nie. 'n Bykomende rede waarom ek dit sê, afgesien van die getuienis wat ek reeds behandel het, is om daarop te let dat die patroon wat beskuldigde gevolg het met Jacqueline en Tina, dieselfde deurlopende eienskap gehad het, naamlik aan die begin onsedelike afstootlike dade wat later oorgegaan het na gemeenskap. Hy het op 'n skandalige wyse hulle gebrekkige verstand en sy gesagsposisie mísbruik en het hulle oor 'n lang periode naamlik wat Tina betref vanaf die jare ongeveer 1983 tot 1989 en met Jacqueline ongeveer die jaar 1987 tot kort voor haar oorlede moeder se dood, teen hulle wil met hulle vleeslike gemeenskap gehad."

Van Davies het hy vroeër in die uitspraak die volgende gesê:

"Mnr Davies het kom getuienis gee. Hy het my beïndruk as 'n rustige, beskaafde persoon, en in iedergeval is dit nooit gesuggereer aan hom dat hy enige belang sou hê by hierdie saak nie. Hy het die oorledene en die beskuldigde nie eers goed geken nie. Hy het bloot maar geweet van hulle ..."

Die geleerde verhoorregter het hom daarenteen sterk veroordelend uitgelaat oor appellant, soos blyk uit die volgende passasies in die uitspraak:

49

"Die feit is, beskuldigde erken dat hy die oorledene beskuldig het daarvan dat sy rondloop en leeglê en die huis net gebruik as 'n plek om te slaap en te eet. Hy het gesê dat sy 'n kort humeur gehad het en spontaan, sonder dat hy daama gevra was, asof dit 'n brawe ding is om te sê, bygevoeg dat ook hy 'n baie kort humeur het. Uit die getuienis wat ek later sal opsom is dit duidelik dat hy dit miskien te sag gestel het. Dat hy nie net 'n kort humeur het nie, maar dat hy 'n aggressiewe, bombastiese soort van persoon is wat selfs op 'n stadium onbeleefd en onbeskof teenoor die bank opgetree het, in sy houding en in sy antwoorde, het duidelik na vore gekom. ...

Op 'n vraag later, van die hof, wat hy nou in die kamer wou gaan doen toe hy hoor sy sê 'I would rather see you dead, I will kill you', ensovoorts, toe sê hy, en ek wil sy woorde aanhaal om te demonstreer die soort van persoon wat ek voor my het. 'Ek het na die kamer gegaan, want ek was keelvol vir haar geskreeuery, ek sou haar bek toegeklap het as sy nie opgehou het daarmee en as die voorval toe nie plaasgevind het nie.' 'n Mens sou verwag het dat na die tragiese dood van die oorledene, daar 'n mate van deernis of jammerte aan die kant van die beskuldigde was. Hy het nie die minste jammerte of deemis of spyt betoon met die ongelukkige voorval nie. In die besonder sou 'n mens dit verwag het as dit 'n ongeluk was en die voorval gebeur het soos wat hy dií beskryf het. Dit is nie onvanpas dat ek op hierdie stadium sê dat die beskuldigde my beïndruk het as een van die mees hartelose mense wat ek nog

50

ooit teëgekom het. Hy het op 'n stadium, in 'n poging om my te beïndruk wat sy houding en beskouing omtrent hierdie weerlose dogters was, wat verstandelik swak bedeeld was, hulle vergelyk met 'brandsiek hondjies'. Hy het vir hulle gevoel soos wat 'n mens vir brandsiek hondjies voeL Ek kan alleen maar sê dat ek in my fondamente geskud was dat 'n mens teenoor kinders wat deernis nodig het en jammerte nodig het, so 'n houding kan inneem."

Dit is oorbekende reg dat 'n hof van appêl nie ligtelik sal inmeng nie met die geloofwaardigheidsbevindings van 'n verhoorregter wat as sulks die voordeel gehad het om die getuies direk aan te hoor, hul houding en gedrag in die getuiebank waar te neem en die sg "atmosfeer van die verhoor" self ervaar het.

R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) op 705-706.

Dit is egter ewe bekende reg dat so 'n bevinding nie onaantasbaar is nie. Die optrede van 'n verhoorregter kan, byvoorbeeld, van so 'n aard wees dat daar met reg afgewyk kan word van sy geloofwaardigheidsbevindings. Die submissie namens

51

appellant is dat dit inderdaad die geval hier is. In die betoogshoofde

namens appellant maak mej Rita Jordaan, wat die appél namens

appellant beredeneer het, o m die volgende submissies:

(i) dat geen waarde aan die verhoorregter "se indrukke ten aansien

van geloofwaardigheid geheg kan word nie aangesien die rol

wat [hy] in die verhoor gespeel het daarop neerkom dat hy hom

met ... die Staat se saak vereenselwig het" en dat hierdie Hof

gevolglik "die saak opnuut kan beoordeel";

(ii) dat die verhoorregter se optrede die indruk geskep het dat hy tot

die strydperk neergedaal het, dat hy partydig was en dat hy in

die loop van die verhoor reeds geskilpunte vooruit beslis heí wat

eers aan die einde van die verhoor beslis behoort te gewees het;

(iii) dat die verhoorregter "nie sy funksie as regspreker na behore

uitgeoefen het nie en so emstig afgewyk het van ordelike

regspraak dat die verhoor en uitspraak ongeldig is en dat

[hierdie Hof| die saak dus opnuut kan beoordeel".

52

Die grondigheid al dan nie van hierdie betoë moet nou ondersoek word. DIE EFFEK VAN DIE VERHOORREGTER SE OPTREDE

Ek maak ter aanvang die opmerking dat dit duidelik is dat dit nie appellant se saak is dat hier 'n Moodie-tipe onreëlmatigheid begaan is wat per se 'n regskending is en die algehele ongeldigheid van die verrigtinge tot gevolg het nie. cf The State v Moodie 1961(4) SA 752 (A).

Die vraag hier ter sprake is na my mening slegs of die verhoorregter se optrede sulks was dat hierdie Hof appellant se skuld of onskuld opnuut op die aangebode getuienis moet beoordeel sonder inagneming van die verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings. Hierdie Hof het die bevoegdheid om dit in 'n gepaste geval te doen S v Rall 1982(1) SA 828 (A).

Die volgende opmerkings in Rall se saak op 831-832 moet as riglyne dien by díe besluit of die onderhawige so 'n gepaste

53

geval is:

"First, some general observations.

According to the well-known dictum of CURLEWIS JA in R v Hepworth 1928 AD 265 at 277, which the learned Judge a quo obviously had in mind in his remarks quoted above:

'A criminal trial is not a game ... and a Judge's position ... is not merely that of an umpire to see that the rules of the game are observed by both sides. A Judge is an administrator of justice, he is not merely a figure-head, he has not only to direct and control the proceedings according to recognised rules of procedure but to see that justice is done.'

Inter alia a Judge is therefore entitled and often obliged in the interests of justice to put such additional questions to witnesses, including the accused, as seem to him desirable in order to elicit or elucidate the truth more fully in respect of relevant aspects of the case. (Wigmore on Evidence 3rd ed vol 3 para 784 at 151-2.) And for that purpose, according to the learned author (ibid at 159), he may put the questions in a leading form -

'simply because the reason for the prohibition of leading questions has no application to the relation between judge and witness.'...

While it is difficult and undesirable to attempt to define

54

precisely the limits within which such judicial questioning should be confined, it is possible, I think, to indicate some broad, well-known limitations, relevant here, that should generally be observed (see eg S v Sigwahla 1967 (4) SA 566 (A) at 568F-H).

  1. According to the abovequoted dictum of CURLEWIS JA the Judge must ensure that 'justice is done'. It is equally important, 1 think, that he should also ensure that justice is seen to be done. After all, that is a fundamental principle of our law and public policy. He should therefore so conduct the trial that his open-mindedness, his impartiality and his faimess are manifest to all those who are concerned in the trial and its outcome, especially the accused (see, for example, S v Wood 1964 (3) SA 103 (O) at 105G; Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira 1971 (2) SA 586 (A) at 589G; Soloman and Another NNO v De Waal 1972 (1) SA 575 (A) at 580H). The Judge should consequently refrain from questioning any witnesses or the accused in a way that, because of its frequency, length, timing, form, tone, contents or otherwise, conveys or is likely to convey the opposite impression (cf Greenfield Manufacturers (Temba) (Pty) Ltd v Royton Electrical Engineering (Pty)Ltd 1976 (2) SA 565 (A) at 570E-F; Jones v National Coal Board (1957) 2 All ER 155 (CA) at 159F).

  2. A Judge should also refrain from indulging in questioning

55

witnesses or the accused in such a way or to such an extent that it may preclude him Êrom detachedly or objectively appreciating and adjudicating upon the issues being fought out before him by the litigants. As Lord GREEN MR observed in Yuill v Yuill (1945) 1 All ER 183 (CA) at 189B, if he does indulge in such question-ing -

'he, so to speak, descends into the arena and is liable to have his vision clouded by the dust of the conflict. Unconsciously he deprives himself of the advantage of calm and dispassionate observation.'

(See, too, the Jones case supra at 159C-E.) Or, as expressed by WESSELS JA in Hamman v Moolman 1968 (4) SA 340 (A) at 344E, the Judge may thereby deny himself -

'the full advantage usually enjoyed by the trial Judge who, as the person holding the scale between the contending parties, is able to determine objectively and dispassionately, 6om his position of relative detachment, the way the balance tilts.'

The quality of his views on the issues in the case, including those relating to the demeanour or credibility of the witnesses or the accused or the relevant probabilities, may in consequence be seriously impaired (see, eg, R v Roopsingh 1956 (4) SA 509 (A) at 514-5). ...

56

(3) A Judge should also refrain from questioning a witness or the accused in a way that may intimidate or disconcert him or unduly influence the quality or nature of his replies and thus affect his demeanour or impair his credibility. As Lord GREENE MR further observed in Yuill's case supra at 189B-C:

'It is further to be remarked, as everyone who has had experience of these matters knows, that the demeanour of a witness is apt to be very different when he is being questioned by the Judge to what it is when he is being questioned by counsel, particularly when the Judge's examination is, as it was in the present casc, prolonged and covers practically the whole of the crucial matters which are in issue.' "

Hierdie grondbeginsels is herbevestig deur hierdie Hof, o m in S v Tyebela 1989 (2) SA 22 (A) in die volgende terme op 29G-30B:

"It is a fundamental principle of our law and, indeed, of any civilised society that an accused person is entitled to a fair trial. S v Alexander and Others (1) 1965 (2) SA 796 (A) at 809C-D; S v Mushimba en Andere 1977 (2) SA 829 (A) at 842B and

844H. This necessarily presupposes that the judicial ofGcer who

57

triês him is fair and unbiased and conducts the trial in accordance with those rules and principles or the procedure which the law requires. S v Meyer 1972(3) SA 480 (A) at 481F and S v Rall 1982 (1) SA 828 (A). In the latter case Trollip AJA said at 833B:

'Of course, if the offending questioning of witnesses or the accused by the Judge sustains the inference that in fact he was not open-minded, impartial, or fair during the trial, this Court will intervene and grant appropriate relief (cf for example S v Meyer 1972 (3) SA 480 (A)).'

In Meyer's case Kotzé AJA said at 464D:

'Wanneer 'n regterlike beampte optree soos hierbo aangedui gaan hy, na my mening, redelike perke te buite. Hy skep dan nie die indruk dat die doel van sy ondervraging is om duidelikheid te vind nie. Veel eerder word die indruk gewek dat die geskil vooraf beoordeel word and dat reg en geregtigheid nie geskied nie (Solomon and Another NNO v De Waal 1972 (1) SA 575 (A) op 580). In die onderhawige geval het die optrede van die landdros, volgens my mening, in sy geheel gesien, en veral sy gedrag teenoor die appellant terwyl hy getuig het, sulke afmetings aangeneem dat dit nie gesê kan word dat hy 'vleklose onpartydigheid' gehandhaaf het nie (Rondalia Versekeringskoperasie van SA Bpk v Lira 1971 (2) SA 586 (A) op 589). Bygevolg moet bevind

58

word dat hy nie sy funksie as regspreker na behore uitgeoefen het nie.' "

Die omvang van die verhoorregter se deelname in die ondervraging van appellant blyk uit die ondersoek gedoen deur mej Jordaan. Tydens hoof-ondervraging was dit 56,00% van alle vrae en gedurende kmisverhoor 44,00%. Die betroubaarheid van haar ondersoek is nie deur mnr Roberts, wat weer namens die Staat opgetree het, bevraagteken nie. Haar statistiek word gevolglik aanvaar.

Die aard van die verhoorregter se ondervraging en deelname aan die verrigtinge terwyl appellant getuig het, blyk uit die redelík omvangryke aanhalings uit appellant se getuienis, supra. Daaruit is dit duidelik dat die geleerde verhoorregter die perke van geoorloofde regterlike ondervraging en kommentaar oorskry het. Baie van sy vrae was kruisverhorend van aard, sommiges selfs snydend en sy kommentaar op appellant se weergawe, gedrag en karakter was

59

dikwels neerhalend en vyandig. Mens kan jouself maklik indink in die effek wat dit op appellant moes gehad het.

Uií die oorkonde van die verrigtinge is dit heel duidelik dat die verhoorregter reeds by die aanvang van die verhoor ergerlik was met almal, blykbaar weens 'n mate van ongesteldheid. Wat appellant betref, kom die volgende byvoorbeeld, voor aan die begin van die verhoor:

"MNR LOUW: ... Ek merk die beskuldigde sit reeds, mag hy maar sit?

HOF: Ja, ek sien hy het maar eie reg gebruik, maar laat hom maar sit."

Die Staat was egter dikwels ook die teiken van die verhoorregter se gramskap. Byvoorbeeld, toe die aanklaer die pistool, bew 1, aan Kevin wou toon, was dit nie beskikbaar nie. Toe reageer die verhoorregter só daarop:

"COURT: Well, where is it, let met have a look at it íhen. MR ROBERTS: Ek sal dit gou laat kom, edele.

60

COURT: Well, why is it not in court, isn't is going to be handed up as an exhibit?

MR ROBERTS: It is, my lord, I ... (intervenes)

COURT: Very well then, it is part of the state case, let me have a look at it, it must be ready in court when you commence with your case."

Daarop blyk dit dat die ondersoekbeampte nie teenwoordig was nie, en die aanklaer het verduidelik dat dit waarskynlik weens ongesteldheid was. Toe volg dié wisseling van woorde:

"COURT: Well, I am not well either, but I am here and am trying to, the case in which to carry on with ... (intervenes)

MR ROBERTS: We will try our very best. ... (intervenes)

COURT: There is no excuse, unless he has been taken to hospital, he ought to be here in court."

Dit blyk ook uit die aanhalings uit appellant se getuienis, supra, dat die verhoorregter vroeg reeds 'n renons in appellant gekry het wat dwarsdeur die verhoor geduur het, soos die aanhalings uit die

61

hof se uitspraak o a aantoon.

Dit gebeur soms dat dit die lot van 'n verhoorregter is om in weerwil van ongesteldheid 'n veeleisende verhoor waar te neem. Ongesteldheid kan maklik 'n regter meer vatbaar maak vir irritasies. Maar dit word nietemin van hom venvag om die las van ongesteldheid te dra tot die beste van sy vermoë, die ergenis van irritasies te verduur, en ongeduld in toom te hou. Die rede daarvoor is, soos hierdie Hof dit gestel het in Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira 1971 (2) SA 586 (A) op 589 G, omdat dit 'n grondliggende beginsel van die regtersamp is, en altyd was, dat 'n verhoorregter deurgaans as regspreker 'n onbevange oordeel moet bewaar en vleklose onpartydigheid moet handhaaf. "Nie alleen" - voeg VAN BLERK AR daarby - "moet hy immer daarteen waak dat sy gewete wat wagstaan oor sy oordeel nie wyk vir vooroordeel of partydigheid nie, maar hy moet ook die vertroue in die regspraak staande hou deur indrukke van waarskynlíke vooroordeel of partydigheid te vermy". Hierdie

62

opmerkings geld ook vir 'n ongestelde regter.

Die geleerde verhoorregter het daardie beginsels en norme ongelukkig nie gehandhaaf nie, soos reeds opgemerk. Dit kan na my oordeel egter nie gesê word dat hy werklik partydig vir die Staat was nie. Hy het weliswaar ook baie simpatiek en beskermend opgetree teenoor die Schorr kinders veral teenoor Tina en Jacqueline, maar dit was klaarblyklik omrede hul jeug en baie swak verstandelike vermoëns. Daarmee kan derhalwe nie fout gevind word nie. Maar afgesien van die onthutsende effek wat sy optrede op die appellant moes gehad het, het dit ook tot gevolg gehad dat (met 'n aanpassing van die betrokke opmerking in Rall, supra,) "the quality of his views on the issues in the case, including those relating to the demeanour or credibility of the witnesses or the accused or the relevant probabilities, were in consequence seriously impaired".

Die verhoorregter se optrede was gevolglik 'n onreëlmatigheid en die appellant is daardeur benadeel. Die regterlike

63

ongesteldheid kan weliswaar sy optrede verduidelik maar dit kan nie die effek daarvan tot niet maak of verminder nie.

Dit is na my mening onder die voormelde omstandighede 'n gepaste geval vir die aanwending van die oplossing wat soos volg in Rall supra uiteengesit is op 834 E-G:

"I think therefore that the offending questioning did constitute an irregularity in the proceedings which prejudiced the appellant. This Court is consequently entitled to intervene and grant relief. The best way to remedy the prejudice and ensure that justice will also be seen by the appellant to have been done is for us to disregard the adverse flnding by the Court a quo concerning appellant's credibility and to determine afresh his guilt or innocence according to the recorded evidence. That accords too with the request made to us by counsel for the appellant."

Dit is ook wat ons namens appellant versoek is om te doen, soos hierbo reeds na verwys.

Ek gaan derhalwe daamatoe oor om die skuld of onskuld van appellant op al die aanklagte te heroorweeg ooreenkomstig die

64

opgetekende getuienis en sonder inagneming van die geleerde regter

se geloofwaardigheidsbevindings.

DIE HEROORWEGING VAN APPELLANT SE SKULD OF ONSKULD

VOORWOORD

Omdat die meriete nou heroorweeg moet word sonder die voordeel van die verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings, is hierdie Hof noodgedwonge beperk tot die inhoud van die getuienis en die waarskynlikhede wat daaruit voortspruit. Albei moet derhalwe versigtig oorweeg word soos ook deur hierdie Hof gedoen was in Rall, supra. (Hierdie benadering in Rall kom voor in die deel van die uitspraak waarin die meriete oorweeg is. Dit is die deel wat nie in die rapport van die uitspraak opgeneem is nie, soos aangetoon op 834G van 1982 (1) SA.)

Daarbenewens moet in dié proses steeds voor oë gehou word dat die bron van die sterkste getuienis teen appellant die getuienis is van verstandelik swakbedeelde jong mense, t w die drie

65

Schorr kinders, dat die betroubaarheid van hul weergawe daardeur veminder kan wees en dat hulle moontlik 'n wrok teen appellant kan koester omdat hy na hul mening verantwoordelik was vir die dood van hul moeder.

Ten aansien van die verkragtings-aanklagte is daar die verdere oorweging dat die gevare waarteen gewaak moet word by aanklagte van daardie aard in hierdie geval versterk word deur die faktore hierbo gemeld.

Die getuienis van Kevin, Tina en Jacqueline sal derhaïwe baie versigtig benader en oorweeg moel word en sal betroubare onafhanklike stawing van hul weergawes nodig wees vir die aanvaarding daarvan.

Dit is o m weens die aard en omvang van die proses van heroorweging dat die betrokke getuienis so redelik omvangryk vroeër in hierdie uitspraak aangehaai word. Juis daarom is dit nie nodig om in die proses van heroorweging weer in detail die inhoud van die

66

getuienis te herhaal nie.

Ek handel weer eerste met die moord aanklag en daarna met die aanklagte van verkragting. DIE MOORD AANKLAG

Jacqueline gee 'n duidelike beskrywing van die skietvoorval. Volgens haar het appellant in die deur van haar kamer bly staan en van daar af op die oorledene gemik met die pistool en haar geskiet waar sy 3-4 treë van hom af gestaan het in die hoek van die kamer by die venster.

Stawing vir haar weergawe is uit verskillende oorde te vinde; nie aileen in Kevin se getuienis nie maar ook in dié van Davies en in die mediese en ballistiese getuienis wat nie weerspreek is nie, asook in die polisie- en ander getuienis oor die ligging van die lyk. Die ligging van die ingangswond op oorledene se regterwang en die feitelik horisontale baan van die koeël van voor na agter, tesame met die afwesigheid van ontstekingsreste om die ingangswond, dui

67

daarop dat die oorledene reg van vooraf op 'n afstand geskiet is. Dit is presies wat Jacqueline sê. Die aanwesigheid van ontstekingsreste op die oorledene se regterhand is vereenselwigbaar daarmee dat sy dié hand afwerend voor haar uitgesteek het toe sy sien dat sy geskiet gaan word. Dit is ook in ooreenstemming met die ballistiese getuienis dat sulke reste tot op 'n afstand van 3 meter kan voorkom.

Haar getuienis dat appellant die pistool by die oorledene neergegooi het, is ook gestaaf nie alleen deur Kevin nie, maar ook deur appellant self wat erken het dat hy die pistool na die skoot aldus neergegooi het. Sy is ook gestaaf deur Davies wat na die voorval die pistool naby die lyk van die oorledene kry lê het.

Kevin is op sy beurt deur Jacqueline gestaaf dat appellant nie die kamer binne gegaan het nie, maar van die drumpel af geskiet het. Hy is in sy bewering dat appellant in die loop van die voorafgaande rusie met oorledene kos op die kombuisvloer uitgegooi het, gestaaf deur Davies wat kos daar sien lê het. Sers Day se

68

getuienis dat hy geen kos daar gewaar het nie, dra geen noemenswaardige gewig nie weens die feit dat hy so lank na die voorval eers daar aangekom het. Die kos sou toe waarskynlik reeds verwyder gewees het. Jacqueline se getuienis dat sy nie daarvan bewus was nie dat appellant enige kos uitgegooi het, is heelwaarskynlik te wyte aan haar betrokkenheid by die voorval en die hewige ontsteltenis wat dit by haar laat ontstaan het.

Davies se getuienis oor appeïlant se uitlating buitekant die huis staaf nie net vir Kevin en Jacqueline dat appellant oorledene geskiet het nie, maar wêerspreek ook appellant se weergawe dat sy per ongeluk tydens 'n worsteling geskiet is terwyl sy nog die pistool vasgehou het en dat sy moontlik haarself in die proses kon doodgeskiet het.

Davies is 'n onafhanklike buitestaander wat geen rede had om appellant te benadeel nie en wat klaarblyklik op 'n oortuigende wyse getuig het. Daar bestaan geen rede om sy weergawe te betwyfel

69

nie. Sy getuienis is inderdaad van deurslaggewende belang.

Appellant se getuienis oor hoe dit gekom het dat die oorledene doodgeskiet was, is daarenteen algeheel onaanvaarbaar. Dit was, trouens, klaarblyklik vals. Op sy weergawe kon die oorledene nie geskiet gewees heí op die wyse deur hom beweer nie. Sy getuienis dat hulle ten tyde van die doodskoot nog steéds handgemeen was maar nietemin twee meter (of minstens 'n bedwydte) van mekaar af was, is ooglopend onmoontlik Sy bewering dat hy voor die skoot afgegaan het haar hand met die pistool na haar linkerkant toe weggedruk het, is weerspreek deur die ligging van die ingangswond op haar regterwang. Daarbenewens is hy direk weerspreek deur Davies oor sy uitlating aan hom. Sy valse ontkenning daarvan is ook betekenisvol. Klaarblyklik het hy die feitlik beslissende belang van Davies se weergawe besef en het hy gepoog om dit met valse getuienis te ontsenu.

Appellant se self-erkende gemoedstoestand van

70

geweldadige woede teenoor die oorledene (met die potensiële bek-toeslaan inhoud daarvan) pas in met sy optrede soos deur Jacqueline en Kevin getuig. Hy was op daardie tydstip duidelik só keelvol vir haar dat hy haar terstond platgeskiet het toe hy in die deur van die kamer gekom het. Sy sit en kyk na sport op die beeldradio na dié voorval is ook veel meer vereenselwigbaar met 'n geskokte besef van wat hy gedoen het as met dié van 'n ontstelde eggenoot wie se vrou so pas per ongeluk doodgeskiet is.

Na my mening is die inhoud van die ter sake getuienis, en die waarskynlikhede wat daarmee gepaard gaan, so oortuigend teen appellant dat hy daarop bo redelike twyfel skuldig aan moord op die oorledene bewys is. Mej Jordaan het ook in die loop van haar betoog tereg, na my mening, toegegee dat sy dit moeilik vind om te betoog teen die skuldigbevinding op die moord aanklag.

Die volgende moet egter nou oorweeg word, le wete:

71

KEVIN SE VERKLARING VAN TERUGTREKKING

Op 11 Julie 1994 het Kevin 'n handgeskrewe beëdigde verklaring gemaak waarin hy te kenne gee dat hy 'n fout in sy getuienis gemaak het en dit nou wil regstel. Die verklaring as sodanig voldoen nie aan die vereistes vir toelaatbaarheid nie, maar ek sal nietemin daarmee handel omdat dit waarskynlik van belang vir die appellant sal wees om te weet wat hierdie Hof se beslissing daaromtrent is. In die regstelling wat hy daarin maak gee hy weer wat nou volgens hom werklik gebeur het en sê hy die volgende ten aansien van die skietvoorval nadat hy 'n argument tussen appellant en oorledene gehoor het, o a oor sy oudste broer, Allan:

"I tried to ignore the argument until I saw and heard a fire-arm going around and my mother shouting 'He is going to shoot me'. I ignored that too and then I saw them in my sister's room, well going into my sister's room. The next minute I heard a gun shot coming out of the room. I got up from my bed and saw Mr V V R Foley standing in front of my sister's room, and when I got there I saw my mother lying on the floor surrounded by blood, around her head and that was what made me think

72

and believe strongly mr V V R Foley shot and killed my mother (mrs Y S Foley) and wanted to get revenge of my stepfather."

Daarna voeg hy o a die volgende by:

"I now realize what terrible mistake I have made and now I would like to apologise to mr V V R Foley for doing what I have done. I would like mr Foley's name and record to be cleared."

Hierdie verklaring is gerig aan "To whom it may concern". Dit is die volgende dag, 12 Julie 1994, deur appellant na die Griffier van hierdie Hof aangestuur onder dekking van 'n handgeskrewe brief.

As die inhoud van hierdie verklaring vergelyk word met dié van sy getuienis is die enigste wesentlike verskil tussen die twee die bewering in sy getuienis dat hy gesien het dat appellant die pistool uithaal, op oorledene rig en skiet.

In sy verduideliking vir die terugtrekking, soos hierbo

73

aangehaal, gee hy te kenne dat sy getuienis deur weerwraak motiveer is. Elders in die verklaring sê hy egter dat dit aan sy "faultiness and stupidness" te wyte is.

In sy dekkingsbrief sê appellant dat Tina en Jacqueline net so maklik valshede kon verkondig het en suggereer hy derhalwe dat hy verkeerdelik aan die moord skuldig bevind is.

Mej Jordaan was bewus van Kevin se verklaring maar het geensins daarop staatgemaak in die loop van haar betoog nie.

By die oorweging van 'n verklaring soos die onderhawige moet mens ook aandagtig wees aan die volgende opmerkings deur CENTLIVRES HR in R v Van Heerden and Another 1956 (1) SA 366 (A) op 372G-373A:

"To accept at their face value affidavits made by material witnesses who allege therein that they knowingly gave false evidence at the trial would leave the door wide open to corruption and fraud. It is not in the interests of the proper administration of justice that further evidence should be allowed on appeaí or that there should be a re-trial for íhe purpose of

74

hearing that further evidence, when the only further evidence is that contained in affldavits made after trial and conviction by persons who have recanted the evidence they gave at the trial. To allow such further evidence would encourage unscrupulous persons to exert by means of threats, bribery or otherwise undue pressure on witnesses to recant their evidence. In a matter such as this the Court must be extremely careful not to do anything which may lead to serious abuses in the administration of justice."

sien ook: S v Zondi 1968 (2) SA 653 (A) op 655F.

Die inhoud van die verklaring wyk na my mening nie genoegsaam af van Kevin se getuienis dat dit enige verskil kan maak aan die bevinding op die moordaanklag nie.

Appellant se skuldigbevinding aan moord moet gevolglik staande bly. DIE AANKLAGTE VAN VERKRAGHNG

Met hierdie aanklagte is dit anders gesteld.

Nòg Tina, nóg Jacqueline het van enige besondere, identiGseerbare geleentheid getuig waarop appellant hulle sou verkrag

75

het of ander onsedelike dade met hulle sou gepleeg het. Dit is natuurlik met uitsondering van die een geleentheid in die sitkamer, waarvan Jacqueline getuig het. Dit is egter klaarblyklik nie dieselfde geleentheid as dié waarvan Kevin getuig het nie. Al stawing wat daar vir Tina en Jacqueline se getuienis is, is te vinde in dié van Kevin. En sy getuienis is in hierdie opsig ewe veralgemeen en ongestaaf. En, soos hierbo aangedui, verg sy getuienis juis ook onafhanklike stawing. Daar is gevolglik geen onafhanklike stawing vir die getuienis van die drie Schorr kinders op hierdie twee aanklagte nie. Ek kan net byvoeg dat indien daar by die polisie klagtes aanhangig gemaak was van verkragting deur appellant van sy twee minderjarige stiefdogters, dit haas ondenkbaar is dat die polisie niks daaromtrent sou gedoen het nie. Ek is derhalwe van mening dat die getuienis aangaande die beweerde verkragtings en ander onsedelike dade só vaag en algemeen van aard is dat dit nie bo redelike twyfel bewys is dat appellant die twee klaagsters verkrag het of enige ander onsedelike

76

dade met hulle gepleeg het nie.

Die skuldigbevindings op die twee verkragtings-aanklagte kan gevolglik nie staande bly nie en moet tersyde gestel word. DIE VONNIS VIR DIE MOORD

In haar betoog ten aansien van vonnis soos vervat in haar betoogshoofde submitteer mej Jordaan dat die persoonlike omstandighede van appellant by bepaling van vonnis nie genoegsaam deur die verhoorhof in ag geneem is nie en dat die vonnis derhalwe te swaar is. Sy het nie in haar mondelingse betoog verder hierop uitgebrei nie.

Na my oordeel is haar betoog nie goed gegrond nie. Dat die verhoorregter appellant se persoonlike omstandighede en dié waaronder die moord gepleeg is, wel deeglik in ag geneem het, blyk uit die volgende passasies in sy uitspraak op vonnis:

"Nou is dit so dat ek nie die ems van die misdaad in isolasie moet sien nie. Dit was uiteindelik die resultaat van twee dinge, eerstens die gedurige rusies wat daar was tussen die beskuldigde

77

en oorledene. Die oorledene is nie hier om haar te kan verdedig nie, maar dit is nou eenmaal so dat 'n rusie vinnig doodloop, of eintlik nooit eers kan ontstaan as dit net van een kant af kom nie, en beskuldigde se getuienis dat oorledene kort van humeur was, net soos hy, en wanneer sy kwaad was in woedebuie uitgebars het en geskree het en geraas het en gedreig het, moet aanvaar word en ek aanvaar dit as die waarheid. Ek aanvaar ook dat sy kort humeur net mooi aangeblaas was deur die drank wat hy ingeneem het, want ek kan maar net kyk na die een insident voorheen toe sy hom met die bottel oor die kop geslaan het. Daar het 'n argument ontstaan en weereens het hy gesit en drink. Ek wil nie die indruk skep dat ek so puriteins is dat ek enige drankgebruik afkeur nie, maar ek sou wel verwag dat dit met groot omsigtigheid gebruik word in 'n huwelik as jou huweliksmaat uitgesproke daarteen is en daardie konsiderasie het beskuldigde nie getoon aan die oorledene nie. ...

Wat die hele aangeleentheid vir my bemoeilik is die beskuldigde se persoonlike omstandighede. Hy het sy middeljare bereik en dit is altyd moeilik om 'n persoon wat al ver oor die helfte van sy normale lewensverwagting is, lank tronkstraf te moet oplê. Hy het 'n vaste betrekking en mnr Louw is korrek in sy betoog dat ek ook in gedagte moet hou dat beskuldigde vir 'n lang tyd die kinders versorg het. In welke mate is onseker, maar hy het onderdak ten minste verskaf, vir kinders wat him dikwels sorge en ergemis moes veroorsaak het.

Ek sal probeer om my vonnisse te temper met genade."

78

Appellant was nie 'n eerste oortreder nie. Die verhoorregter het die volgende gesê oor sy vorige veroordelings:

"Dit is so dat sy vorige veroordelings oud is, maar behalwe my eie opsomming van hom as persoon is dit aanduidend daarvan dat hy voorheen skuldig bevind is op twee klagtes van aanranding op 'n vrou, waarskynlik een van sy vorige eggenotes, en dat hy 'n persoon is met 'n besondere seksuele aptyt blyk daaruit dat hy voorheen ook aan veelwywery skuldig bevind is."

Die vonnis is nie onvanpas nie en moet na my oordeel staande bly.

Die volgende bevele word derhalwe gemaak:

  1. Die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis op die moordaanklag word van die hand gewys.

  2. (a) Die appèl teen appellant se skuldigbevindings op die twee

aankíagte van verkragting slaag.

79

(b) Die skuldigbevindings en vonnisse op daardie twee aanklagte word ter syde gestel.

M T STEYN AR

SMALBERGER, AR )

) stem saam NIENABER, AR )

▲ To the top