Alpha Bank Bpk en Andere v Registrateur van Banke en Andere (130/95; 389/94) [1995] ZASCA 84 (28 Augustus 1995)


RAPPORTEERBAAR SAAKNOMMER: 389/94

130/95

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

IN DIE SAAK TUSSEN:

ALPHA BANK BEPERK EERSTE PETISIONARIS
METAMIN INVESTMENT CORPORATION BPK TWEEDE PETISIONARIS

BERLITAS INVESTMENTS NO. 2 BPK DERDE PETISIONARIS

CHASE REALTY (EDMS) BPK VIERDE PETISIONARIS

CHASE CONSULTING (EDMS) BPK VYFDE PETISIONARIS

ALPHA BANK HOLDINGS BPK SESDE PETISIONARIS

HENDRIK PETRUS HOUGH SEWENDE PETISIONARIS

en

DIE REGISTRATEUR VAN BANKE EERSTE RESPONDENT

DIE SUID-AFRIKAANSE RESERWEBANK TWEEDE RESPONDENT
T A P DU PLESSIS N.O. DERDE RESPONDENT

CORAM: HEFER,STEYN,EKSTEEN,VAN DEN HEEVER

et OLIVIER ARR

VERHOORDATUM: 22 MEI 1995 LEWERINGSDATUM: 28 AUGUSTUS 1995

UITSPRAAK

OLIVIER AR/

2

OLIVIER AR:

Voor ons dien 'n petisie ingevolge die bepalings van art 21(2)

van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959, vir verlof om te appelleer teen 'n aantal bevele wat op 30 Ivlaart 1994 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof deur Nugent R verleen is. Die petisie is ooreenkomstlg art 21(3)(c)(ii) van gemelde wet na hierdie hof verwys vir oorweging.

Kragtens art 21(2) van die genoemde wet moes die petisie afgelewer word binne 21 dae nadat die aansoek vir verlof om te appelleer deur die hof a guo geweier is. Inderdaad is dit te laat ingedien en daar dlen tans 'n aansoek voor ons waarin om kondonasle vir die versuim gevra word. Uít die aansoek blyk dat die sewende petisionaris, Hough, die dryfkrag agter die petlsionarisse se bemoeienis in die onderhawige litigasie, self die 21-dae tydperk bereken het en dit verkeerd gedoen het. Daar is geen verduideliking waarom dit aan Hough oorgelaat is om die petisie voor te berei en in te handig nie. Of hy enige moeite gedoen het om vas te stel hoe die tydperk bereken

3

moet word, word ook nie vermeld nie.

Daar is egter nog ernstiger gebreke in die petisie. Eerstens is die uitspraak van die hof a quo ten aanslen van die onderhawige aansoeke asook die uitspraak waarin verlof om te appelleer geweier is, nie aangeheg nie. Daarbenewens het Hough, wat ons meegedeel het dat hy self die opsteller van die petisie vir verlof om te appelleer is, geen ag geslaan op Appèlhofreëls 3(5) en (6) nie. Gemelde reëls vereis dat die petisie 'n saaklike en billike uiteensetting moet bevat van al die inligting wat nodig is om hierdie hof in staat te stel om te besluit of die verlof toegestaan moet word; dit mag ook nie ingaan op aangeleenthede wat nie ter sake is nie. In die onderhawige geval beslaan die petisie, sonder die aanhangsels daartoe, 193 bladsye. Dit is breedsprakig, kwetsend van aard teenoor die respondente en behandel talle aangeleenthede wat opsigtelik nie ter sake is nie, terwyl dit oor kemaspekte swyg of vaag is. Dle taalgebruik is hinderlik swak en daar is talle tikfoute.

Hierdie hof het in die verlede al dikwels gewaarsku dat die reëls met betrekking tot petisies en aansoeke om kondonasie noukeurig nagekom moet

4

word. Versuim om aan die reëls te voldoen en om 'n volledige en aanvaarbare verduideliking vir sodanige versuim te verskaf, mag meebring dat die aansoek om kondonasie geweier word, sonder oorweging van die meriete van die petisie, soos wat gedoen is in Blumenthal and Another v Thomson NO and Another 1994(2) SA 118 (A). Slegs omdat daar oorwegings van openbare belang, soos die likwidasie van 'n bankinstelling en 'n groot bedrag belastingbetalersgeld in hierdie aangeleentheid ter sprake is, word die ernstige gebreke in die aansoek om kondonasie vir eers daar gelaat en die meriete van die petisie desondanks oorweeg.

Die eerste tot sesde petisionarisse is maatskappye wat deur 'n komplekse sisteem van oor-en-weer aandeelhouding heet verweef te wees. Die sewende petisionaris, Hough, is 'n individu wat heet die voorsitter van die direksie en die hoof uitvoerende beampte van eerste tot sesde petisionarisse te wees, en hulle ook in die petisie te verteenwoordig. Hy is blykbaar van mening dat hy ook in sy persoonlike hoedanigheid kan optree, vanweë die kostebevele teen hom gemaak deur Nugent R, soos hieronder sal blyk.

5

Die eerste en tweede respondente se hoedanigheid blyk uit hul ampsbenaming in die aanhef vermeld. Die derde respondent is die voorlopige likwidateur van Alpha Bank Beperk ("Alpha Bank").

Die geskiedenis van die aangeleentheid is die volgende: (i) Alpha Bank is vir die eerste keer voorlopig geregistreer as 'n bankinstelling vanaf 1 Desember 1988 ooreenkomstig die voorskrifte van die toe-geldende Bankwet, 23 van 1965 ("die ou Bankwet"). (ii) Op 21 September 1990 plaas die Minister van Finansies, steunende op sy magte uit hoofde van art 40(1) van die ou Bankwet, Alpha Bank onder kuratele en word Ernst en Young Geoktrooieerde Rekenmeesters S.A. ("die kurator") as kurator aangestel met die huidige Eerste Respondent ("die Registrateur") as toesighouer.

(iii) Die kurator het onmiddellik die bestuur van Alpha Bank oorgeneem en alle werknemers ontslaan. Dit is gemene saak dat hy nie Alpha Bank se bedrywighede as bankinstelling voortgesit het nie en geen vergadering van aandeelhouers belê het nie. Hy het egter op die wyse hieronder uiteengesit,

6

voortgegaan om Alpha Bank se sake te beredder en aan die eise van skuldeisers en deposante te probeer voldoen.

(iv) Daar was ses direkteure op Alpha Bank se direksie op die datum toe die kurator aangestel is. Vier van hulle, Rahn, Myburgh, de Wet en Van der Walt het na die in-kuratele-stelling van Alpha Bank bedank. Nog een, Joubert, is in Julie 1992 gesekwestreer en het dus onbevoeg geraak om 'n maatskappydirekteurte wees. Die posisie in Mei 1993 was dus dat daar slegs een van Alpha Bank se direkteure oorgebly het, naamlik prof E v d M Smit ("Smit"). Dieselfde posisie het gegeld ten opsigte van Alpha Bank Holdings Bpk ("Alpha Bank Holdings"), die alleenaandeelhouer in, en, ingevolge die ou Bankwet, die bankbeheermaatskappy van Alpha Bank. (v) Alpha Bank se statute bepaal dat daar 'n minimum van vyf direkteure op 'n direksievergadering teenwoordig moet wees ten einde 'n kworum daar te stel en om sake te kan verrig.

(vi) In die petisie beweer Hough dat Smit in Mei 1993 regsadvies ingewin het dat die in-kuratele-stelling van Alpha Bank ultra vires en dus nietig ab initio

7

was, dat alle handelinge van die kurator derhalwe nietig was en dat Smit, uit

hoofde van sy sorgsaamheids- en vertrouenspligte as direkteur van Alpha

Bank, sou moes optree. Die optredes wat uit hierdie regsadvies voortgespruit

het, is die bron van die litigasle wat hier ter sprake is.

(vii) Op 27 Mei 1993 stel Smit eensydig vyf nuwe direkteu re van Alpha Bank

aan, te wete Hough, Viljoen, Beyers, Du Pisanie en De Klerk. Smit bedank

onmiddellik as direkteur.

(viii) Op 28 Mei 1993 vergader die nuwe direksie van Alpha Bank. Hulle stel

Hough aan as voorsitter en hoof uitvoerende beampte. 'n Reeks besluite, o a

met betrekking tot die aanvegting van die kuratele, word geneem.

(ix) Daarna, so beweer Hough in die petisie, het Alpha Bank gereël vir

befondsing deur al sy onuitgereikte aandele, synde 156 686 gewone aandele

van R1,00 elk, uit te reik aan Metamin Investment Corporation Bpk

("Metamin") en sy fillale, derde, vierde en vyfde petisionarisse (gesamentlik

hierna genoem "die vier maatskappye").

(x) Hierna vind briefwisseling tussen Hough en die Registrateur plaas.

8

Hough beweer dat die kuratele ongeldig is; die Registrateur betwis dit en beweer op sy beurt dat Smit se handelinge om 'n nuwe direksie aan te stel, ongeldig is. Die Minister van Finansies se houding was dat hy functus officio was. Volgens die petisie was die nuwe direksie van Alpha Bank in September 1993 besig met voorbereidings om 'n aksie vir tersydestelling van die kuratele aanhangig te maak.

(xi) Op 10 September 1993 word Alpha Bank egter in voorlopige likwidasie geplaas op aansoek van die Registrateur onder aansoeknommer 18534/93 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof. Die keerdatum was 27 September 1993. Die derde respondent is as voorlopige likwidateur aangestel.

(xii) Op 13 September 1993 stel die vier maatskappye aksie in vir die tersydestelling van die kuratele in die reedsgenoemde hof onder saaknommer 18963/93. Alpha Bank kon, vanweë die voorlopige likwidasie, nie as party optree of gevoeg word nie, maar die Minister van Finansies, die Registrateur, die kurator en die voorlopige likwidateur is as verweerders aangespreek.

9

Hulle teken verskynlng aan om die aksie te verdedig.

(xiii) Op 17 September 1993 verkry die Reserwebank 'n voorlopige

likwidaslebevel, ook in die Transvaalse Provlnsiale Afdeling, teen Berlitas

Investments Number Fifty (Edms) Bpk ("Berlitas 50"), 'n verwante maatskappy

van Alpha Bank, met keerdatum 27 September 1993 (onder aansoeknommer

19305/93).

(xiv) Op die keerdatum 27 September 1993 bring die vier maatskappye 'n

aansoek om tot die Berlitas 50 likwidasie-aansoek tussenbeide te tree (onder

aansoeknommer 19305/93).

(xv) Alpha Bank (in voorlopige likwidasie) - verteenwoordig deur sy nuwe

direksie uit hoofde van hul "residuele bevoegdhede" - bring ook 'n nuwe

aansoek (onder nommer 20034/93) om toe te tree tot die Berlitas 50

likwidasie-aansoek.

(xvi) Onder aansoeknommer 21011/93 bring Hough in naam van die vier

maatskappye en van die nuwe direksie van Alpha Bank 'n aansoek om tot die

Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree.

10

(xvii) Die keerdatum vir die Alpha Bank en Berlitas 50 likwidasie-aansoeke

is van tyd tot íyd verleng.

(xviii) Inmiddels is die volgende interlokutore aansoeke ook geloods:

  1. Hough, handelende in die naam van Alpha Bank (in voorlopige likwidasie) bring op 6 Januarie 1994 'n aansoek om die keerdatum in die Alpha Bank-likwidasie te vervroeg.

  2. Metamin bring 'n aansoek kragtens art 360 van die Maatskappyewet, 61 van 1973, ("die Maatskappyewet") om al Alpha Bank (in voorlopige likwidasie) se boeke en papiere in te sien (onder aansoeknommer 3519/94).

(xix) Al die aansoeke hierbo genoem, het op 30 Maart 1994 voor Nugent R gedien. Tydens die verhoor poog ook Alpha Bank Holdings Bpk ("Alpha Bank Holdings") om toe te tree tot en ter bestryding van die Alpha Bank likwidasie-aansoek (onder aansoeknommer 6487/94).

Weens die veelvuldigheid van die verskillende aansoeke wat voor Nugent R gedien het, is dit dienlik om in hierdie uitspraak elkeen afsonderlik

11

te behandel. Ek skets, in elke geval, wie die betrokke applíkante en respondente was, die aangevraagde regshulp en die gronde daarvoor, Nugent R se uitspraak en die redes daarvoor, die petisionarisse se submissies voor ons, my analise daarvan en die gevolgtrekking. 1. Die Alpha Bank likwidasie-aansoek (aansoeknommer 18534/93).

In hierdie aansoek, gerig op die likwidasie van Alpha Bank, is die Registrateur die applikant en Alpha Bank die respondent. Die gronde waarop die Registrateur staatmaak, is dat Alpha Bank sy aandelekapitaal in geheel verloor het, dat dit nie in staat is om sy skulde te betaal nie en dat dit reg en billik is dat die maatskappy gelikwideer word. Hy beroep hom dus op arts 344(e), (f) en (h) van die Maatskappyewet.

Nugent R het bevind dat die Registrateur daarin geslaag het om die aangevoerde gronde te bewys. Die eerste vraag is of hierdie bevinding met sukses op appèl aangeveg sal kan word.

Ek meen dat Nugent R tereg tot bovermelde gevolgtrekking gekom het. Uit die feite in die uitspraak vermeld en wat nooit in die petisie of in argument

12

voor hierdie hof aangeval is nie, blyk dit dat die besturende direkteur van Alpha Bank in 1990 ene C J van der Walt en die uitvoerende voorsitter ene dr R J O Joubert was. Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 300 000 gewone aandele van R1,00 elk gehad. Die finansiële jaareinde van die bank was 30 Junie. Na die jaareinde van 30 Junie 1990 is finansiële state vir die vorige 16 maande voorberei (d w s vandat Alpha Bank begin het om sake te doen as bank). Die state het aangedui dat die bank beswaarlik solvent was. Die ouditeure het 'n oudit uitgevoer, waarna hulle te kenne gegee het dat hulle nie kans sien om 'n ongekwalifiseerde verslag te gee nie. Hierdie voorbehoud van die ouditeure is deur hulle per brief aan die besturende direkteur van Alpha Bank op 27 Augustus 1990 oorgedra. Uit die brief blyk dat hulle van oordeel was dat die bank aan hoë-risiko transaksies deelgeneem het en dat sekere van die lenings onverhaalbaar skyn te wees. Hulle het te kenne gegee dat hulle slegs bereid sou wees om 'n ongekwalifiseerde mening, vir ouditdoeleindes, ten aansien van die voorskotte te gee indien addisionele voorsiening ten bedrae van R9.2 miljoen gemaak

13

sou word.

Die gevolg van so 'n voorslening sou wees dat dle balansstaat sou aantoon dat dle bank se laste sy bates oorskry - wat uit die aard van dle saak onaanvaarbaar was. Die ouditeure het aanbeveel dat Alpha Bank op die mediumtermyn finansiële hulp van die Reserwebank moes aanvra, terwyl dit op die langtermyn bykomende kapitaal moes soek.

'n Afskrif van die brief van die ouditeure is ook aan die Registrateur gestuur. Die gevolg hiervan was dat 'n vergadering op 27 Augustus 1990 belê is. Dit is bygewoon deur die Registrateur, amptenare van die Reserwebank, die ouditeure en, namens Alpha Bank, dr Joubert, mnr van der Walt, nog 'n direkteur en twee amptenare.

Nugent R het bevind dat dit duidelik is uit die beëdigde verklarings voor hom en uit die notule van die vergaderings dat die penarie waarin die bank hom bevind het, bespreek is. Die gevolgtrekking van die vergadering, wat aanvaar is deur die direkteure van die bank, was dat daar slegs twee opsies vir Alpha Bank oop was: bekom addisionele kapitaal of aanvaar kuratele soos

14

bedoel deur die ou Bankwet. Hierdie kuratele is vergelykbaar met geregtelike bestuur van 'n maatskappy soos beoog in die Maatskappyewet, maar die Minister van Finansies en die Registrateur oefen daardie bevoegdhede uit wat in die geval van geregtelike bestuur onderskeidelik deur die hof en die Meester van die Hooggeregshof uitgeoefen word. Art 40(5) van die ou Bankwet bepaal dat die bestuur van die bank onder kuratele in die kurator vestig, onderworpe aan toesig van die Registrateur, en dat 'n ander persoon by wie die bestuur van die sake van die instelling berus, daarvan ontdoen word.

Na die vergadering van 27 Augustus 1990 was Alpha Bank nie in staat om die addisionele kapitaal te bekom nie en die Registrateur is dienooreenkomstig verwittig. Volgens die beedigde verklarings het Van der Walt op 13 September 1990 'n verdere vergadering met die Registrateur belê, waartydens die moontlikheid bespreek is van 'n toeloop op die bank, sou deposante van die benarde toedrag van sake bewus word. Volgens Van der Walt se beëdigde verklaring, blykens die uitspraak van Nugent R, het hy toe

15

al die direkteure van die bank, behalwe een wat oorsee was, getelefoneer en

hul toestemming verkry tot die in-kuratele-stelling van die bank. Volgens hom

het hul almal ingestem en het hy toe 'n dokument geteken waarin hy namens

Alpha Bank tot die in-kuratele-stelling toegestem het.

Die formaliteite wat nagekom moet word by die in-kuratele-stelling van

'n bank is destyds bepaal deur art 40(1) van die ou Bankwet. Die tersaaklike

gedeelte van die artikel lees soos volg:

"Wanneer 'n bankinstelling in finansiële moeilikhede verkeer, kan die Minister, as hy dit in die openbare belang wenslik ag, na raadpleging met die instelling en met die skriftelike toestemming van daardie instelling, 'n kurator oor die instelling aanstel ..."

Op 21 September 1990 het die Minister van Finansies Alpha Bank

onder kuratele gestel. Die kurator, met die goedkeuring van die Registrateur,

het hierna 'n stelsel geloods wat sou verseker dat Alpha Bank al die geld wat

hy aan sy deposante, as skuldeisers, verskuldig was, kon terugbetaal. Dit het

daarop neergekom dat geld van die Reserwebank bekom is en aangewend is

om genoemde eise te betaal. Dit is gedoen deur al die beleggings en

16

vorderingsregte op terugbetaling van voorskotte wat Alpha Bank gedoen het, oor te dra aan Berlitas 50 in ruil vir 'n reeks wissels getrek deur Berlitas 50 ten bedrae van R175 miljoen. Daardie wissels is deur Alpha Bank geaksepteer en verdiskonteer aan die Reserwebank, wat die waarde daarvan aan Alpha Bank laat toekom het. Alpha Bank kon dus en het sy deposante terugbetaal. Intussen kon die kurator probeer om die genoemde beleggings te gelde te maak en die voorskotte terug te vorder. Uit die opbrengs kon Berlitas 50 dan die R175 miljoen skuld aan die Reserwebank delg. Intussen sou beide Berlitas 50 en Alpha Bank natuurlik, uit hoofde van onderskeidelik die trek en akseptasie van die wissels, skuldenare van die Reserwebank wees. Toe die Alpha Bank likwidasie-aansoek gerig is, was slegs R25 miljoen verhaal en het daar R150 miljoen aan die Reserwebank verskuldig gebly.

Agtien maande na die aanstelling van die kurator het die ouditeure, aldus die uitspraak van Nugent R, klaarblyklik gebaseer op die getuienis voor hom, weer die stand van sake in Alpha Bank vasgestel. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat die waardasie van die bates van Alpha Bank wat op

17

30 Junie 1990 gedoen is, die werklike waarde met R66 miljoen oorskry het. 'n Balansstaat wat dle kurator op 31 Mei 1993 voorberei het, toon dat Alpha Bank se laste sy bates met R100 miljoen oorskry. Dit sluit nie die aanspreeklikheid van die bank teenoor die Reserwebank, uit hoofde van die wissels. in nie. Dat Alpha Bank dus hopeloos insolvent is, selfs sonder dat die wissel-aanspreeklikheid teenoor die Reserwebank in ag geneem word, is duidelik.

Die petisionarisse wat die likwidasie-aansoek wou opponeer, het nie hierdie gegewens betwis nie. Hulle het slegs aangevoer dat die kurator se aanstelling, en derhalwe al sy gevolglike handelinge, ongeldig is en gewag gemaak van ongerymdhede wat sou plaasgevind het sedert die in-kuratele-stelling van Alpha Bank.

Op hierdie argument kom ek aanstons terug. Vir die huidige vraag, nl of die insolvensie van Alpha Bank bewys is en of dit bewys is dat dit reg en billik is dat die bank gelikwideer word, is die kern van die saak dat selfs al dink mens die vordering van die Reserwebank weg (wat Hough blykbaar wil doen)

16

bly die feit staan dat Alpha Bank, volgens die uitspraak van Nugent R, se laste sy bates met R100 miljoen oorskry. Ek kan nie sien welke relevansie Hough se aanvegting van die Reserwebank-vordering het nie, want dit sal aan die de facto insolvensie van die bank geen afbreuk doen nie. As die doel van Hough en die nuwe direksie van Alpha Bank slegs is om ongerymdhede wat ns bewering gedurende die tydperk van kuratele sou plaasgevind het, of om die boeke van die bank te ondersoek en vas te stel hoe die groot verliese opgeloop het (soos hy tydens argument aangevoer het) dan kan daardie doe sekerlik beter deur die likwidateur bereik word (vgl Registrar of Insurance Johannesburg Insurance Co Ltd (2) 1962(4) SA 548 (W) veral op 553E - F),

Afgesien van alle ander faktore, is dit ook nooit betwis dat Alpha Bank se substratum as bank verval het nie. Dit sal nooit weer as bank kar handeldryf nie. Dit alleen is 'n goeie rede vir die verlening van 'n finale likwidasiebevel (sien Henochsberg on the Comoanies Act, 5de uitgawe, vol 1 bl 704 en gesag daar aangehaal).

Op die keper beskou, is die aanval van Hough en die andet

19

petisionarisse op die verskuldigheid aan die Reserwebank dus irrelevant omdat, selfs indien hul aanval sou slaag, Alpha Bank steeds insolvent en sonder substratum sou wees.

Die tweede bevlnding wat Nugent R gemaak het, is dat die Registrateur locus standi gehad het om die aansoek om die likwidasie van Alpha Bank aanhangig te maak. Hierdie bevinding was genoodsaak deur die argumente van Hough en die vier maatskappye in hul aansoek (aansoek 21011/93) om tot die Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree. Hoewel daardie aansoek deur Nugent R van die hand gewys is, het hy, myns insiens tereg, die argumente wat daarin geopper is, terdeë in ag geneem en in sy uitspraak in die likwidasie-aansoek behandel.

Die argument dat die Registrateur nie locus standi gehad het om die likwidasie-aansoek te bring nie, berus op die argument dat die Registrateur nie as skuldeiser opgetree het nie. Hy kon slegs as Registrateur optree, so is aangevoer, as Alpha Bank, toe die aansoek aanhangig gemaak is, regmatig as bankinstelling geregistreer was. Hierdie betoog is gegrond op art 68(1 )(a)

20

van die Bankwet, 94 van 1990 ("die nuwe Bankwet") wat soos volg lees:

"Besondere bepalings met betrekking tot likwidasle of gereatelike

bestuur van bank.

(1) Ondanks andersluidende bepalings van die Maatskappyewet -

(a) is die Registrateur bevoeg om by 'n bevoegde hof aansoek te doen om die likwidasie van enige bank of om 'n bevel waarby 'n bank onder geregtelike bestuur geplaas word ingevolge genoemde Wet, en is die Registrateur bevoeg om so 'n aansoek wat deur iemand anders gedoen word, te bestry;..."

Die uitdrukking "bank" wat in art 68(1 )(a) gebesig word, moet gelees word in die lig van die woordomskrywingsartikel van gemelde wet, art 1. "Bank" word in daardie artikel omskryf as " 'n publieke maatskappy wat ingevolge hierdie Wet voorlopig of finaal as 'n bank geregistreer is."

Dit is derhalwe nodig om die tersaaklike feitebewerings in oënskou te neem.

In die vestigende beëdigde verklaring in die likwidasie-aansoek het die Registrateur (aldus die petisie) aangevoer dat Alpha Bank se voorlopige registrasie vanaf Desember 1988 jaarliks hernu is totdat die bank kragtens die

21

nuwe Bankwet voorlopig geregistreer is vir die twaalf-maande periode eindigende 31 Desember 1993. In die opponerende verklaring namens Alpha Bank (aldus Hough in dle petisie) het hy gemelde stellings van die Registrateur nie betwis nie.

Nugent R het dus tereg bevind dat Alpha Bank, toe die likwidasie-aansoek aanhangig gemaak en aan die hof gerig is, voorlopig geregistreer was in die sin dat die naam daarvan op die Registrateur se register verskyn het.

Hough en die vier maatskappye het egter aangevoer dat Alpha Bank se naam verkeerdelik op die betrokke reglster verskyn. Volgens die petisie is (en word) aangevoer dat die voorloplge registrasie van Alpha Bank op 1 Desember 1989 outomaties verval het, omdat die twaalf-maande termyn van die eerste voorlopige registrasie, wat op 1 Desember 1988 plaasgevind het, met verstryking van 30 November 1989 verval het. Geen hernuwingsaansoek is voor of op 30 November 1989 gedoen nie. Blykbaar, volgens die petisie, het een van die direkteure van Alpha Bank, Van der Walt, eers op 5

22

Desember 1989 'n brief aan die Registrateur geskryf as gevolg waarvan die Registrateur die voorlopige registrasie hernu het op 19 Februarie 1990, en wel met terugwerkende krag vanaf 1 Desember 1989 en tot 30 November 1990. Voorts, volgens die petisie, het die Registrateur daarna van tyd tot tyd wel die voorloplge registrasie hernu, maar daardie handelinge is almal nietig weens die nietigheid van die hernuwing van 19 Februarie 1990.

Die aansoekstukke is nie voor ons nie, maar die onderhawige feite-bewerings is in die betoogshoofde van die Registrateur wat voor Nugent R gelé is, behandel. Daarvolgens blyk dat dit nie betwis word dat die aansoek om hernuwing van die voorlopige registrasie eers gedoen is vyf dae nadat die eerste termyn op 30 November 1989 verstryk het nie. Ook word nie betwis nie dat Alpha Bank toe aansoek gedoen het vir hernuwing van die registrasie vir die tydperk 1 Desember 1989 tot 30 November 1990 en dat die registrasie eers deur die Registrateur hernu is op 19 Februarie 1990. Alpha Bank is in daardie tweede termyn van voorlopige registrasie onder kuratele geplaas en wel op 21 September 1990. Die kurator het op 30 Oktober 1990 weer

23

aansoek gedoen vir hernuwing vir 'n verdere tydperk van een jaar. Daarna het die Registrateur, as deel van 'n reëling met die kurator, die voorlopige registrasie hernu vir 'n verdere tydperk van twaalf maande tot 1 Desember 1992 en daarna, ingevolge dieselfde reëling, tot 1 Desember 1993. Voor daardie datum is die likwidasie-aansoek geloods.

Hough se beswaar is dus bloot dat die eerste hernuwing plaasgevind het Ingevolge 'n versoek wat gerig is nadat die voorlopige registrasie reeds op 30 November 1989 verval het. Volgens hom kan 'n voorlopige registrasie wat verval het, nie "hernuwe" word nie. Dit is gemene saak dat daar geen nuwe aansoek vir herregistrasie was nie.

Ek behandel vervolgens die regsaspek van die kwessie tans onder bespreking. Dit sentreer hoofsaaklik rondom die onderskeie bepalings van die ou en nuwe Bankwette met betrekking tot die vraag of daar slegs 'n hernuwing van 'n voorlopige registrasie kan wees as gevolg van 'n aansoek wat gedoen is voor die verstryking van die registrasie-termyn, dan wel of so 'n aansoek geldig gedoen en toegestaan kan word ná verstryking van die registrasie-

24

termyn.

Die nuwe Bankwet maak in arts 16,17 en 18 voorsiening vir die voorlopige registrasie van 'n bankinstelling, en in arts 19 en 20 vir finale registrasie. Arts 18(1) en (2) is tans ter sprake. Dit hou in dat die voorlopige registrasie van 'n bank vir 'n tydperk van twaalf maande geld; dat die Registrateur na goeddunke so 'n voorlopige registrasie voor die verstryking daarvan van tyd tot tyd vir 'n tydperk van hoogstens twaalf maande kan hernu, maar dat geen bank vir 'n totale tydperk van langer as vyf jaar voorlopig geregistreer mag bly nie.

Soos gemeld, is Alpha Bank die eerste keer voorlopig as 'n bank

geregistreer op 1 Desember 1988 en wel ooreenkomstig die voorskrifte van

die ou Bankwet. Art 4(8) van daardie wet lees soos volg:

"(8) Die voorlopige registrasie van 'n applikant is vir 'n tydperk van twaalf maande en is onderworpe aan die voorwaardes en beperkings, wat nie met hierdie Wet onbestaanbaar is nie, wat die Registrateur nodig ag, maar so 'n registrasie kan na goeddunke van die Registrateur van tyd tot tyd onderworpe aan dieselfde of enige ander of verdere voorwaardes en beperkings hernieu word vir tydperke van hoogstens twaalf maande op 'n

25

keer: Met dien verstande dat geen bankinstelling vir 'n totale tydperk van langer as vyf jaar voorlopig geregistreer mag bly

nie."

Dit sal opgemerk word dat daar subtlele maar belangrike verskille tussen die twee bepalings is. Een daarvan is dat die ou Bankwet, anders as die nuwe, nie vereis het dat die hernuwing van die voorlopige registrasie voor die verstryking daarvan hoef plaas te vind nie.

Die geldigheid van die hernuwing van Alpha Bank se voorlopige registrasie in Desember 1989 word nie deur die nuwe Bankwet beheers nie. Laasgemelde wet het eers op 1 Februarie 1991 in werking getree. Die bepalings van die ou Bankwet is dus die saakmakende norme. Daarvolgens is dit, soos reeds aangestip, geen vereiste dat die hemuwing moet plaasvind voor verstryking van die vorige registrasie-termyn nie.

Die gevolg hiervan is dat die bevinding van Nugent R dat die registrasie van Alpha Bank geldig was en dat die Registrateur locus standi gehad het, korrek is.

26

Nugent R het in sy uitspraak ook nog na ander aanverwante besware van Hough met betrekking tot die locus standi van die Registrateur verwys. Hy het bevind dat daardie besware nie opgaan nie. Daardie bevinding is nie in die petisie aangeval nie en dit is dus nie nodig om daarmee te handel nie.

In die gewone loop van sake sou die bevinding dat die applikant in 'n likwidasie-aansoek die nodige locus standi gehad het en dat die gronde vir die aansoek, soos bedoel in arts 344(e), (f) en (h) van die Maatskappyewet, bewys is, die einde van die kwessie wees. In die onderhawige geval het Hough en die vier maatskappye egter met 'n verdere offensief gekom wat, indien dit sou slaag, 'n finale bevel van likwidasie sou kon afweer. Dit sou inderdaad die bestaan van die likwidasie-gronde genoem in arts 344(e), (f) en (h) van die Maatskappyewet ontsenu. Die einddoel van gemelde offensief was om aan te toon dat Alpha Bank en Berlitas 50 geen gelde aan die Reserwebank verskuldig is nie en derhalwe nie insolvent is nie. Dit is dus nodig om nou aandag te gee aan hierdie aanval, ook omdat dit die spil is waarom al die ander aansoeke van die petisionarisse eintlik wentel.

27

Die basis van die aanval is dat die in-kuratele-stelling van Alpha Bank deur die Minister van Finansies in September 1990 ongeldig was. Die resultaat, so is betoog, van die ongeldigheid van die in-kuratele-stelling sou wees dat alle handelinge van die kurator nietig is; erqo ook die transaksie met die Reserwebank. Word die likwidasie opgehef, so gaan die argument voort, kan die kuratele aangeval word; indien suksesvol, kry die nuwe direksie die twee maatskappye terug met al hul bates of die opbrengs daarvan, terwyl die vordering van die Reserwebank onafdwingbaar is.

Die basis waarop die in-kuratele-stelling aangeval is, is dat die Minister van Finansies nie aan die vormvereistes van art 40(1) van die ou Bankwet voldoen het nie deurdat

(i) hy nie vooraf met Alpha Bank geraadpleeg het, en

(ii) hy nie die bank se skriftelike toestemming gehad het tot die in-kuratelestelling nie.

Ek het hierbo redelik volledig verwys na Nugent R se uiteensetting van die aanloop tot die in-kuratele-stelling van Alpha Bank. Daaruit blyk

28

onteenseglik dat die Minister van Finansles nie sy wil op dle bank afgedwing

het en die kurator teen die direksie van die bank se wil en sin aangestel het nie. Die bank was in 'n ernstige verknorsing. Dit was die direkteure van die bank wat by die Registrateur om huip gaan aanklop het. Uit Nugent R se uiteensetting blyk dit dat die Registrateur vooraf volledlg met Alpha Bank se direksie geraadpleeg het. Die nodige skriftelike toestemming is deur die besturende direkteur, Van der Walt, geteken nadat hy met al die ander direkteure, behalwe die een wat in die buiteland was, geskakel het. Nugent R was van oordeel dat aan al die voorvereistes van art 40(1) van die ou Bankwet voldoen is.

Hierdie feitelike bevindinge van Nugent R is nooit in die petisie waarin verlof om te appelleer aangevra word, aangeval nie. Uit die petisie blyk die beswaar egter te wees dat die raadpleging deur die Registrateur en nie deur die Minister plaasgevind het nie, en dat die skriftelike toestemming deur die Registrateur en nié deur die Minister nie verkry is, in ieder geval nie na 'n geldige direksie-besluit van Alpha Bank nie.

29

Na my oordeel is daar geen meriete in dié besware nie.

Volgens art 40(1) van die ou Bankwet is dit wel die Minister van Finansies wat 'n bank onder kuratele stel, maar daar is niks in die artikel wat aandui dat die Ivlinister persoonlik met die instelling moet raadpleeg of dat hy persoonlik die skriftelike toestemming moet gaan verkry nie. As dit die wetgewer se bedoeling was om die Minister persoonlik in daardie handelinge te betrek, sou die betrokke artikel heel anders gelees het.

Gesien die bepalings van die ou Bankwet en die onderskeie posisies van Minister en Registrateur daarin uiteengesit, kon die Registrateur die adminlstratiewe funksies voorafgaande aan die werklike besluitneming deur die Minister afhandel. In Metropolitan Borouqh and Town Clerk of Lewisham v Roberts [1949] 2 KB 608 (CA) het ene O'Gara, 'n algemene inspekteur in die kantoor van die tvlinister van Gesondheid in Brittanje voorgegee om sekere bevoegdhede namens die Minister aan die betrokke stadsklerk oor te dra. Die verweerder het die geldigheid van O'Gara se handeling aangeval op die basis dat die betrokke regulasies vereis dat die Minister self moet optree. Jenkins

30

J verklaar op 629 ten aansien van hierdie argument:

"I think this contention is based on a misconception of the relationship between a minister and the officials in his department. A minister must perforce, from the necessity of the case, act through his departmental officials, and where as in the Defence Regulations now under consideration functions are expressed to be committed to a minister, those functions must, as a matter of necessary implication, be exercisable by the minister either personally or through his departmental officials; and acts done in exercise of those functions are equally acts of the minister whether they are done by him personally, or through his departmental officials, as in practice, except in matters of the very first importance, they almost invariably would be done. No question of agency or delegation as between the minister and Mr. O'Gara seems to me to arise at all. I think this view is borne out by the observations of the present Master of the Rolls in Carltona Ld. v. Commissioners of Works and Others 1943 (2) All ER 560. The delegation effected by the letter of November 12, 1946, must therefore, in my view, be regarded as a delegation by the minister, acting through one of his departmental officials, in the person of Mr. O'Gara and not as a purported delegation by Mr. O'Gara of functions delegated to him by the minister. I am accordingly of opinion that this ground of objection also fails."

Na my mening is die korrekte uitleg van art 40(1) van die ou Bankwet

dat die Minister van Finansies self die besluit moet neem om die bank onder

kuratele te stel, maar die oorlegpleging en verkryging van die toestemming

kan geldig deur die Registrateur uitgevoer word (sien ook Lewis v R 1910 TPD

31

413). In die onderhawige geval was daar geen ontoelaatbare delegasie deur die Minister van die uitoefening van sy eie diskresie nie en die huidige is nog 'n veel sterker geval as Metropolitan Borough and Town Clerk v Lewisham Roberts, supra.

Ook is daar geen meriete in die punt dat daar nie 'n skriftelike resolusie was van Alpha Bank se direksie dat Van der Walt die relevante toestemming mog teken nie. Blykens die uitspraak van Nugent R het Van der Walt al die dlrekteure, behalwe een wat in die buiteland was, se mondelinge toestemming daartoe gehad. Hierdie bevinding is ook nie aangeval nie. Die direksie van 'n maatskappy kan deur eenparige toestemming afstand doen van die formele vereistes wat resolusies betref (Gohlke and Schneider and Another v Westies Minerale (Edms) Bpk and Another 1970(2) SA 685 (A) op 693E - 694F). Insoverre een direkteur nie vooraf sy toestemming gegee het nie omdat hy oorsee was, is dit duidelik dat hy na sy terugkeer in die direksie-besluit berus het (sien Robinson v Randfontein Est. G.M. Co Ltd 1921 AD 168 te 217 -218; Dickson v Acrow Engineers (Pty) Ltd 1954(2) SA 63 (W) te 65 B; 69 D - E).

32

Vir twee-en-'n-half jaar na die in-kuratele-stelling het geen lid van die direksie daarteen beswaar gemaak nie. Die waarskynlikhede is oorweldigend dat die direksiebesluit geratifiseer en tans onaanvegbaar is.

Hierdie gevolgtrekking is, op die keper beskou, fataal vir die opponering van die Alpha Bank likwidasie-aansoek en al die aansoeke tot tussenbeidetreding daartoe, asook die gepaardgaande interlokutore aansoeke en wel om die volgende rede: Die poging om die genoemde aansoek te opponeer, en die ander genoemde aansoeke is almal gerig op 'n aanval teen die geldigheid van die in-kuratele-stelling van Alpha Bank. Soos reeds genoem, was die aanval in elke geval weens die irrelevansie daarvan gedoem, want dit sou aan die sukses al dan nie van die likwidasie-aansoek geen verskil gemaak het nie. Maar selfs al sou ten gunste van die petisionarisse aanvaar word dat hul aanval relevant was, misluk dit op die basis dat bevind moet word dat die Minister se besluit wel geldig was. Die opponering van die Alpha Bank likwidasie-aansoek moes dus in elk geval om hierdie rede misluk het.

Die bevinding dat aan geeneen van die petisionarisse verlof verleen kan

33

word om die Alpha Bank likwidasie aan te veg nie omdat daar geen redelike vooruitsigte op sukses in 'n appél bestaan nie, weens die slotsom hierbo bereik, beteken nie dat die ander redes deur Nugent R aangevoer, aanvegbaar is nie. Dit is bloot nie nodig om op daardie redes in te gaan nie.

Ek meen gevolglik dat Nugent R tereg die voorlopige likwidasie-bevel bekragtig het en dat daar geen vooruitsigte op sukses bestaan om teen sy beslissing te appelleer nie.

Vervolgens behandel ek die aansoeke wat met die Alpha Bank likwidasie-aansoek verband hou.

2. Die aansoek om tot die Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree (aansoek nommer 21011/93)

Hierdie aansoek is gebring deur die vier maatskappye en Hough. Die doel van die aansoek was om die likwidasie-aansoek teen te staan. Die hoofgrond vir hierdie aanval was dat die kuratele nietig was om twee redes nl (i) dat toe die kuratele opgelê is, Alpha Bank nie geldig as bank geregistreer was nie en dat die Minister van Finansies nie uit hoofde van art 40 van die ou

34

Bankwet jeens Alpha Bank kon opgetree het nie en (ii) dat geen konsultasie met die Minister plaasgevind het nie en geen skriftelike toestemming deur hom verkry is nie, soos deur gemelde art 40 vereis.

Wat (i) betref, het Nugent R beslis dat die ou Bankwet geensins registrasie van 'n bank as voorvereiste vir die in-kuratele-stelling stel nie.

Die vraag is of hierdie bevinding korrek is.

Art 40 (1) van die ou Bankwet behels dat die Minister van Finansies "'n bankinstelling" wat infinansiële moeilikhede verkeer, onder kuratele kan plaas. Die woordomskrywingsartikel, art 1, omskryf 'n "bankinstelling" as "'n handelsbank of 'n diskontohuis of 'n algemene bank of 'n huurkoopbank of 'n aksepbank of 'n spaarbank". As 'n mens in dieselfde artikel die definisies van die verskillende soorte banke nagaan, blyk dit dat in geeneen enige verwysing na registrasie voorkom nie. Die argument dat registrasie 'n voorvereiste is vir in-kuratele-stelling, sou behels dat die element van registrasie ingelees moet word in die definisie van "bankinstelling". Daar is geen gronde aangevoer vir so 'n drastiese woordwysigende uitleg nie. Ek is van oordeel dat daar geen

35

substansie in die onderhawige argunnent van die applikante om toetrede is nie. Nugent R se bevinding is dus korrek.

Wat (ii) betref, het ek reeds hierbo, in die loop van die bespreking van die hoofaansoek, dle onderhawige aangeleentheid behandel en tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen meriete in steek nie.

Die resultaat van bogemelde bevindinge is dat die aansoek om toetrede futiel sou wees. Die aanvalle wat daarin in die vooruitslg gestel is, blyk abortief te wees. Nugent R sou dus geregtig gewees het om die aansoek om toetrede weens die irrelevansie daarvan van die hand te wys. Sou dié aansoek voor hierdie hof moes dien, sal dit om daardie rede die onderspit delf. Daar is dus geen redelike vooruitsigte op appél nie.

Inderdaad het Nugent R die aansoek uiteindelik om 'n ander rede, nl die gebrek aan locus standi van die vier maatskappye, van die hand gewys. Weens die gevolgtrekking wat ek hierbo bereik het, is dit onnodig om tans met die aspek van die applikante se locus standi te handel. 3. Die aansoek van die sesde petisionaris, Alpha Bank Holdinqs Bpk

36

('Alpha Bank Holdinqs') om tot die Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree (aansoek 6487/94)

Op die laaste stadium van die verhoor van die onderskeie aansoeke voor Nugent R, was daar 'n aansoek van Alpha Bank Holdings om tot die Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree. Alpha Bank Holdings se aansoek was daarop gerig om dieselfde regsgrond aan te voer as wat die ander vier maatskappye en Hough in hul aansoek om toetrede wou aanvoer, nl die ongeldigheid van die kuratele. Nugent R het die aansoek van die hand gewys omdat die applikant, wat dit op die basis van dringendheid gerig het, geen dringendheid bewys het nie.

Ek meen dat hierdie aansoek net sowel van die hand gewys kon gewees het omdat die doel daarvan, nl om die geldigheid van die kuratele aan te veg, nooit bereikbaar was nie. Die redes daarvoor het ek hierbo uiteengesit.

Die gevolg is dat Nugent R, weliswaar om ander redes, die aansoek tereg van dle hand gewys het. Daar is geen vooruitsigte vir sukses op appèl

37

nie.

4. Die aansoek van Metamin teen die voorlODige likwidateur van Alpha

Bank fin likwidasie) in terme van art 360 van die Maatskappyewet (aansoek

3519/94).

Hierdie aansoek is gebring deur Metamin, uit hoofde van sy beweerde lidmaatskap van Alpha Bank as houer van die aandele aan hom toegeken deur die nuwe dlreksie na Mei 1993.

Nugent R het hierdie aansoek van die hand gewys weens sy bevinding (soos in die Alpha Bank likwidasie-aansoek en die genoemde toetredingsaansoek) dat Hough en díe vier maatskappye nie enige locus standi gehad het nie. Tot dusver in hierdie uitspraak was 'n bevinding oor die locus standi-kwessie nie nodig nie, omdat ek tot die gevolgtrekking gekom het dat die kuratele geldig was en toetrede derhalwe futiel sou wees. Daardie oorweging speel nie in die onderhawige aansoek 'n deurslaggewende rol nie omdat die geldigheid van die kuratele nie in die aansoek ter sprake kom nie. Die gevolg is dat ek wel die applikant, Metamin, se locus standi onder die loep

38

moet neem. Gemelde locus standi moet bepaal word in die lig van dle gevolgtrekking hierbo bereik dat die in-kuratele-stelling geldig was. Die vraag is of, gegewe 'n geldlge in-kuratele-stelling in September 1990, die nuwe direksie van Alpha Bank in Mei 1993 die onuitgereikte aandele aan die vier maatskappye, insluitende Melamin kon uítreik. Ek sal argumentsonthalwe aanvaar dat 'n nuwe direksle geldig aangestel kon word.

Die vertrekpunt by 'n ondersoek na dié vraag is die bepalings van die ou Bankwet. Die in-kuratele-stelling het plaasgevind in 1990, gedurende die geldingsduur van dle ou Bankwet. Die nuwe Bankwet het eers op 1 Februarie 1991 in werking getree en die toekenning van aandele deur die nuwe direksie van Alpha Bank geskied eers in 1993. Die gevolge van die in-kuratele-stelling in 1990 moet klaarblyklik bepaal word deur die ou Bankwet, wat toentertyd gegeld het. Gevolglik geld die bepalings van arts 12(2)(b) en (c) van die Interpretasiewet 33 van 1957, met die gevolg dat die herroeping van die ou Bankwet nie die vroeëre werking daarvan, of die regte daarvolgens verkry, raak nie.

39

Volledigheidshalwe haal ek art 40 (1) van dle ou Bankwet soos gewysig

deur art 21 van die Wet op Finansiële Instellings, 94 van 1977, aan:

"Wanneer 'n bankinstelling in finansiële moeilikhede verkeer, kan die Minister, as hy dit in die openbare belang wenslik ag, na raadpleging met die instelling en met die skriftelike toestemming van daardie instelling 'n kurator oor die instelling aanstel, en daarna is die bepalings van paragrawe (b) tot en met (g) en (i) tot en met (I) van artikel 433 en artikels 434 (2), 436, 437 en 440 van die Maatskappywet, 1973 (Wet No. 61 van 1973), mutatis mutandis. vir sover daardie bepalings nie onbestaanbaar is met die bepallngs van hierdie artikel nie, ten opsigte van die instelling en die kurator van toepasslng: ..."

Art 40(5) van die ou Bankwet (soos gewysig) bepaal uitdruklik dat die bestuur van die bank onder kuratele in die kurator vestig onderhewig aan toesig deur die Registrateur, en dat enige persoon of instansie wat beheer van die bestuur van die bank gehad het, daardie bevoegdhede verloor.

'n Mens vind dieselfde uitgangspunt in art 433 van die Maatskappyewet wat, soos aangetoon, deur art 40(1) van die ou Bankwet geinkorporeer is.

Die tersaaklike gedeelte van art 433 lees soos volg:

"433. Pliqte van finale geregtelike bestuurder 'n Geregtelike bestuurder moet ...

40

(a) van die voorlopige geregtelike bestuurder oorneem

en die bestuur van die maatskappy op hom neem;

(b) sodanige bestuur voer, onderworpe aan die bevele

van die Hof, op die wyse wat hy as die mees ekonomiese en mees bevorderlike vir die belange van die lede en skuldeisers van die maatskappy beskou;

(f) die rekenkundige rekords hou en sodanige

finansiële jaarstate, tussentydse verslae en voorlopige finansiële jaarstate opstel wat die maatskappy of sy direkteure verplig sou gewees het om te hou of op te stel as hy nie onder geregtelike bestuur geplaas was nie;

(g) die algemene jaarvergadering en ander

vergaderings van lede van die maatskappy belê waarvoor hierdie Wet voorsiening maak, en in daardie verband al die vereistes nakom wat direkteure van die maatskappy ingevolge hierdie Wet verplig sou gewees het om na te kom as die maatskappy nie onder geregtelike bestuur geplaas was nie;"

Dit volg dat sowel art 40(1) as art 40(5) van die ou Bankwet die gevolg

het dat die kurator die bestuur van die bank onder kuratele oorneem en dat

41

die direksie alle bestuursbevoegdhede verloor.

Die vier maatskappye en Hough het egter aangevoer dat, ondanks die in-kuratele-stelling van Alpha Bank, en ondanks die wetsbepalings so pas bespreek, die nuwe direksie steeds residuele bevoegdhede behou het. Daardie bevoegdhede het ingesluit die uitreik van onultgereikte aandele. Hulle het, so is aangevoer, dientengevolge lede van Alpha Bank geword. Die argument is dat die kurator weliswaar, ingevolge arts 40(1) en (5) van die ou Bankwet asook arts 433(a), (b), (f) en (g) van die nuwe Maatskappyewet, die bestuur van die maatskappy oorgeneem het, maar dat die direksie die beheer van die maatskappy behou. Die beheer sluit in die uitreik van aandele.

Nóg art 40 van die ou Bankwet, nog die tersaaklike bepalings van die nuwe Maatskappyewet onderskei tussen "bestuur" en "beheer". Die vraag of die direksie residuele "beheerbevoegdhede" na die in-kuratele-stelling gehad het, kan bes beantwoord word deur te begin met die vraag: het die direksie vóór die in-kuratele-stelling "beheer" oor die maatskappy gehad? Hierdie vraag moet ontkennend beantwoord word. Nie die direksie nie, maar die

42

aandeelhouers "beheer" 'n maatskappy. Die direksie "bestuur" die maatskappy namens, ten behoewe en altyd onderhewig aan die voorskrifte van die aandeelhouers.

Dit is dus die aandeelhouers wat die "beheer" oor die maatskappy het. Wat die in-kuratele-stelling dus vermag het, was om die direksle, die bestuur te ontneem en aan die kurator oor te dra. Daar kon dus geen residuele bestuurs- of beheerbevoegdhede in die hande van die direksie gesetel het nie.

Ek meen dus dat Nugent R, wat tot dieselfde resultaat gekom het, korrek is. Die gevolg is dat daar geen redelike vooruitsigte bestaan dat sy bevinding, dat IVIetamin in die onderhawige aansoek nie locus standi gehad het nie, omvergewerp sal word.

Dit bring my by die drie aansoeke wat met die Berlitas 50 likwidasie-aansoek verband hou. 5. Die Berlitas 50 likwidasie-aansoek (aansoeknommer 19305/93%

In hierdie aansoek was die applikant die Reserwebank en die aansoek is gerig op die likwidasie van Berlitas 50. Die grondslag van die aansoek is

43

die bedrag verskuldig aan die Reserwebank uit hoofde van die wlssels waarna ek reeds verwys het en waarvan Berlitas 50 dle maker was.

In hierdie aansoek is daar geen probleme met die locus standl van die Reserwebank as applikant nie. Wat die meriete van die aansoek betref, het Nugent R bevind dat Berlitas 50 hopeloos insolvent is. Volgens 'n balansstaat wat op 31 Julie 1993 deur die kurator voorberei is, oorskry die maatskappy se laste sy bates met R115 miljoen. Op hierdie basls moes die aansoek, alle ander dinge gelyksynde, geslaag het, soos wat inderdaad uiteindelik gebeur het. Daar was egter twee tussenkomende aansoeke waarin gepoog is om die likwidasie-aansoek af te weer, en wat ek vervolgens behandel onder nommers 6 en 7 hleronder.

6. Die aansoek van Alpha Bank fin likwidasie) om toe te tree tot die Berlitas 50 likwidasle-aansoek (aansoeknommer 20034/931.

In hierdie aansoek was Hough die werklike applikant, maar hy het steeds voorgegee 'n direkteur en hoof uitvoerende beampte van Alpha Bank, wat toe reeds onder voorlopige likwidasie was, te wees. Hy het dus die

44

aansoek gerig in die naam van Alpha Bank (in voorlopige likwidasie). Die doel van die aansoek was om die bekragtiging van die voorlopige likwidasle-bevel teen Berlitas 50 af te weer. Die grondslag van die opposisie was dieselfde as wat reeds voorheen hierin behandel is nl: die kuratele was nietig; die kurator kon dus nle geldig die wisseltransaksle aangegaan het nie; Berlitas 50 is daarom nie op die wissels teenoor die Reserwebank aanspreeklik nie; Berlitas 50 is nie insolvent as die Reserwebank se vordering wegval nie.

Nugent R het bevind dat nóg Hough nóg Alpha Bank (in voorlopige likwidasie) enige locus standi gehad het om as applikant te ageer. Hy het ook verklaar dat hy nie bereid is om te bevind dat die kuratele ongeldig is en dat die wisseltransaksie gevolglik ongeldig en onafdwingbaar was nie. Hy het die aansoek van die hand gewys en Hough beveel om die koste te betaal.

Ek meen dat hierdie bevindinge onaanvegbaar is in die lig van die bevinding hierbo bereik, nl dat die nuwe direksie van Alpha Bank nie geldig aandele aan die vier maatskappye kon uitreik of nuwe direkteure aanstel nie. Myns insiens het Alpha Bank (in likwidasie) soos verteenwoordig deur Hough

45

dus geen locus standi gehad om die aansoek te bring nie omdat Hough nie 'n aandeelhouer of direkteur van Alpha Bank kon wees of geword het nie.

Daar is geen redelike voorultsigte dat hierdie hof tot 'n ander gevolgtrekking sal kom nie.

7. Die vier maatskappye se aansoek om tussenbeide te tree in die Berlitas 50 likwidasie-aansoek, welke aansoek gebrinq is onder aansoeknommer 19305/93 fdie nommer van die Berlitas 50 likwidasie-aansoek).

Volgens die stukke vervat in die petisie, is die applikante die vier maatskappye. Hulle het die bekragtiglng van die voorlopige likwidasie-bevel teengestaan op dieselfde gronde as wat Hough in die aansoek so pas hierbo bespreek (aansoeknommer 20034/93), aangevoer het.

Nugent R het tereg dié opposisie, om dieselfde redes as waarop aansoeknommer 20034/93 van die hand gewys is, ondeugdelik bevind en die voorlopige likwidasie-bevel bekragtig.

Om die redes reeds genoem meen ek dat die bevinding korrek is.

46

Nugent R het ook 'n aantal kostebevele gemaak in die onderskele aansoeke. Dié bevele is gemaak ooreenkomstig die algemeen-geldende beginsels en ek kan geen fout daarmee vind nie.

Die resultaat is dat ek van oordeel is dat daar geen meriete is in enige van die aansoeke vir verlof om te appelleer ten aanslen van enige van dle bevele wat Nugent R in die aansoeke hierin behandel, gemaak het nie. Dit is onnodig om op verdere onoorkomelike gebreke in die petisie in te gaan. Op die meriete moet die aansoek om kondonasie faal.

By die aanvang van die verhoor van die aansoek om kondonasie en die petisie het Hough, wat in persoon verskyn het, 'n aansoek gerig, gerugsteun deur 'n beëdigde verklaring en aanhangsels. Daarin vra hy om in die petisie en kondonasie-aansoek die vier maatskappye en Alpha Bank Holdings te vervang. Hy het aangevoer dat hy al die aandele in die betrokke maatskappye oorgeneem het en voortaan hul plek wil neem en wel as aandeelhouer. Dié aansoek is deur die respondente teengestaan, na my mening met reg. Eerstens, die feit dat Hough moontlik die houer van al die

47

aandele in genoemde maatskappye is, gee hom geen locus standl in die onderhawige aansoeke nie. Die basís waarop die betrokke maatskappye wou toetree, is dat hulle aandeelhouers in Alpha Bank en Berlitas 50 is. Dit is die enigste denkbare basis waarop hulle om toetrede kon vra. 'n Aandeelhouer, selfs die enigste aandeelhouer, (selfs op die veronderstelling dat Hough regtens so 'n aandeelhouer is) van daardie maatskappye hou nie aandele in Alpha Bank of Berlitas 50 nie, en het dus soos reeds uitgewys geen locus standi nie. In elk geval sou ek ook nie so 'n aansoek toegestaan het nie al was dit om bogenoemde rede nie gebrekkig nie. In die hof a quo is kostebevele gemaak wat al daardie maatskappye raak en waarop die huidige respondent 'n verhaalsreg het. Ook het daardie maatskappye tot op die laaste in die petisie en die aansoek om kondonasie volhard en opgetree. Om hulle nou van die toneel te laat verdwyn en deur Hough, wat sedert die loods van die petisie gesekwestreer is, te vervang, sou uiters onbillik teenoor die respondente wees.

48

Die volgende bevele word gemaak:

  1. H P Hough se aansoek om tweede tot en met sesde petisionarisse te vervang word van die hand gewys met koste, wat die koste van twee advokate in die geval van eerste en tweede respondente insluit.

  2. Eerste tot en met sewende petisionarisse se aansoek om kondonasie vir die laat liassering van 'n petisie waarin verlof aangevra word om te appelleer teen al die bevele verleen deur Nugent R op 30 Maart 1994 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling inaansoeke 21011/93, 6487/94, 18534/93, 3519/94, 19305/93, en 20034/93, word van die hand gewys.

  3. Eerste tot en met sewende petisionarisse word gesamentlik en afsonderlik gelas om die koste van die respondente teweeggebring deur die aansoek om kondonasie asook die petisie te betaal. Gemelde koste sluit die eerste en tweede respondent se koste voortspruitende uit dle gebruik van twee advokate in.

P J J OLIVIER APPèLREGTER

HEFER, AR )

STEYN, AR )

)STEM SAAM EKSTEEN,AR ) VAN DEN HEEVER,AR )

▲ To the top