S v Ranta (580/1993) [1995] ZASCA 87 (4 September 1995)


CG SAAKNOMMER: 580/93

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak van:

BOOI JOSEPH RANTA Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: NESTADT, VAN DEN HEEVER ARR et SCOTT

WnAR

AANGEHOOR: 29 AUGUSTUS 1995

REDES INGEHANDIG OP: 4 SEPTEMBER 1995

UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR

2

Agt persone is in die Johannesburg Streekhof aangekla van oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971. Die aanklag spruit uit die aktiwiteite van 'n sindikaat wat op groot skaal oor 'n tydperk van ongeveer twee jaar metakaloon vervaardig en mandrax-tablette gepers en versprei het. Ene Obenneier, 'n uitlander wat vir hom baie ander name ook toege-eien het, het 'n leidende rol in hierdie bedrywighede geneem, terwyl die plaaslike hoof figuur sekere Havenga was. Die vervaardigingsprosesse het op verskillende persele plaasgevind omdat dit van tyd tot tyd verskuif of tussen verskillende persele verdeel is.

Na aanleiding van inligting ontvang, het die polisie in Februarie 1987 op een van dié fabrieke afgekom. Arrestasies het gevolg. Die voortspruitende verhoor wat oor 18 maande gestrek het, het uitgeloop op skuldigbevinding van ses van die agt persone wat aangekla is. Appellant, destyds beskuldigde nr 2, is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf. Al die veroordeeldes buiten nr 4 het hulle beroep op die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof. Hoewel beslis is dat die

3

landdros fouteer het deur 'n bekentenis van appellant as toelaatbaar te aanvaar, is appellant se skuldigbevinding nietemin bekragtig, soos ook dié van sy mede-beskuldigdes. Die vonnis aan hom opgelê is egter verminder met twee jaar. Verlof om hulle op hierdie Hof te beroep is aan al sewe geweier, maar deur hierdie Hof aan appellant toegestaan. Na aanhoor daarvan, is die appèl teen beide skuldigbevinding en vonnis afgewys met belofte van redes later. Hulle volg nou.

Dit is onnodig om oor besonderhede van die aktiwiteite van die sindikaat uit te wei. Dit word nie betwis nie dat 'n gesofistikeerde proses aan die gang gesit is en vir ongeveer twee jaar gedy het met behulp onder meer van ingevoerde tablet-persmasjiene; dat moeite gedoen is om onwettige aktiwiteite te verbloem of vermom en spore dood te vee; en dat enorme bedrae geld betrokke was. (Toe die polisie byvoorbeeld toeslaan op beskuldigde nr 5 in sy luukse woning, het hulle Rl 921 580 aan kontant in gebruikte note gevind in 'n versteekte keldervertrek wat nr 5 pas toegemessel het.)

4

Dit is betoog dat daar geen direkte getuienis was wat appellant

fisies verbind het met die verbode dwelmstof nadat sy bekentenis

weggeval het nie. Die hof a quo het met verwysing slegs na

omstandigheidsgetuienis tot die volgende slotsom geraak:

"In die afwesigheid van enige getuienis tot die teendeel is die getuienis teen hierdie appellant myns insiens sodanig dat die enigste redelike afleiding wat daarvan gemaak kan word is dat hy handel gedryf het in metakaloon in die sin dat hy willens en wetens betrokke was in die besigheid van Obermeier en die sesde [beskuldigde], te wete die vervaardiging van mandrax."

Mnr Bam se betoog voor ons het daarop neergekom dat, hoe agterdogwekkend omstandighede ookal mag gewees het, agterdog onvoldoende is vir 'n skuldigbevinding. Dit was onnodig vir appellant om te getuig sodat hy geregtig was op ontslag.

Die toepaslike beginsels is nie in geskil nie. Waar die vervolging slegs op omstandigheidsgetuienis steun, vul 'n aangeklaagde se versuim om te getuig nie 'n leemte in die Staat se saak nie; maar

5

"the extent to which his failure to give evidence may strengthen the inferences against him usually depends upon various considerations. These include the cogency or otherwise of the State case, after it is closed, the ease with which the accused could meet it if innocent, or the possibility that the reason for his failure to testify may be explicable upon some hypothesis unrelated to his guilt ..." (S v MTHETWA 1972 (3) SA 766 (A) 769 B-C.)

Díe aanklag beweer dat die oortreding van die statutêre sub-artikel begaan is as gevolg van handeldryf in 'n verbode afhanklikheidsvormende medisyne, te wete metakaloon. Die statuut het die woordeboek herskryf om ondermeer onder daardie werkwoord in te sluit enige handelinge in verband met die vervaardiging, lewering, oorlaai, versending, verkoop en/of uitvoer van die genoemde stof. En die klagstaat beweer onder meer 'n gesamentlike opset "tussen die beskuldigdes onderling en/of tesame met ... Obermeier ... en/of tesame met ander persone onbekend aan die Staat, om in metakaloon handel te dryf'.

Appellant het by die aanvang van die verhoor onskuldig gepleit en geen pleitverduideliking aangebied nie. Die uitsprake van beide die

6

streeklanddros en die hof a quo moes 'n baie wye veld dek vanweë die ander aangeklaagdes wat ook hulle aandag geverg het. Nie een van die twee het noodwendig gewys op al die tersaaklike getuienis ten opsigte van appellant se betrokkenheid by die sindikaat se aktiwiteite nie. Wat voïg gee nie voor om al daardie getuienis weer te gee nie. Dit is in die eerste plek onnodig en in die tweede onmoontlik vanweë die gebrekkigheid van die oorkonde wat die appellant se prokureur aan hierdie Hof voorgelê het.

Die polisie-optrede teen die sindikaat het begin by erf 345, New Brightonstraat in 'n nywerheidsgebied in Johannesburg. Op daardie erf is verskillende fabrieke, teen mekaar vas gebou. By een van hierdie was sommige van die vensters toegeplak, ander swart geverf. Na aanleiding van inligting ontvang, is konstabels Riley en Haak soontoe in die vroeë oggend ure van 10 Februarie 1987. Riley het 'n ruit gebreek, met 'n flits binne gelig, die indruk gekry dat mense besig is om goed daar te verwyder, die deur oopgeskop en na aanleiding van wat hy gesien het vir

7

kaptein Roux gaan ontbied. Dit was een van die mandrax fabrieke waaroor getuig is in hierdie lang verhoor. Daar was twee tablet-persmasjiene daarbinne, mandrax pille is gevind, mandrax poeier en klontjies op die masjiene en die vloer, en verskeie houers met verskillende chemikaliee daarin het rondgestaan.

Om 4h00 die oggend is foto's geneem van die perseel. Daar was tekens dat persone nie slegs daar gewerk het nie, maar ook daar gewoon het. Daar was byvoorbeeld matrasse, en 'n lee koeldrankblik, waarop 'n vingerafdruk van appellant gevind is wat redelik vars voorgekom het. Volgens die getuienis van beskuldigde nr 6 het Obermeier hom dié dag geskakel en vertel dat die deur van die fabrieksperseel by erf 345 beskadig is. Nr 6 is opdrag gegee om om te sien na die herstel daarvan. Hy het derhalwe vir appellant daardie opdrag gegee. Toe hy appellant later skakel om te bevestig dat dit gedoen is, het hy vemeem dat appellant gearresteer is in verband met dwelms by die fabriek.

Die arrestasie het só gekom. Luitenant Taylor het na sonop by die

8

perseel waar Roux toegang gekry het deur die deur te beskadig, aangedoen. Hy is toe weg om weer later terug te keer met die doel om die tablet-persmasjiene te verwyder. Dáár gekom het hy inïigting ontvang wat hom van plan laat verander het. Hy het vanaf die aangrensende kantoor gesien dat persone die deur van die mandrax fabriek waarin die masjiene was, herstel. Toe daag appellant daar op met 'n wit Cortina bakkie en staan voor daardie deur. Taylor het na buite beweeg en, natuurlik sonder om homself as polisieman te identiGseer, vir appellant gevra wat kom maak hy, kan Taylor hom help? - waarop appellant valslik gesê het dat hy by Doormaster in Pretoria werksaam is en net kom kyk of die mense die werk goed gedoen het. Hy is daar weg. Dit was ongeveer 13h30.

Ongeveer 'n halfuur later het 'n witman, beskuldigde nr 1, met 'n wit Toyota bakkie daar opgedaag, uitgeklim en na iets of iemand gesoek. Taylor het weer uitgekom van die aangrensende perseel en nr 1 gevra of hy hom kan help. Nr 1 het gesê dat hy vir 'n swartman wag wat hom

9

moet help om masjiene op te laai wat hy na Pretoria moet neem. Taylor het homself toe voorgestel as 'n polisiebeampte wat die vervaardiging van dwelms op die perseel ondersoek, en het nr 1 as 'n verdagte arresteer.

Van Taylor se kollegas het opgedaag, so ook sekere Masinga wat die volgende skakel in die gebeure was. Hy was die dag, 10 Februarie, op soek na werk en was in die omgewing van 'n Kentucky Fry saak in Bramley toe 'n BMW by hom stilhou. 'n Witman het bestuur. Appellant was saam met hom in die BMW. Masinga is gestuur om 'n boodskap aan nr 1 by die fabrieksperseel te gee, dat hy die BMW se insittendes in die Kentucky-saak sou kry. Masinga het die boodskap oorgedra waar die polisie daar op die toneel was. Taylor het besluit om nr 1 se voomeme uit te voer: die masjiene is op sy bakkie gelaai; en nr 1 in geselskap van Masinga en 'n swart speurder is in die bakkie met die masjiene agterop na die omgewing van die Kentucky perseel. Taylor en sy kollega Riley het die bakkie op 'n afstand gevolg. Nr 1 het skuins voor 'n motorhawe in Wynberg die Toyota tot stilstand gebring. Taylor het

10

'n end weg parkeer. Appellant daag toe te voet daar op en stap stadig in die rigting van die bakkie, maar beweeg weer terug. Na 'n ruk kom hy weer in die rigting van die bakkie maar stap verby. Toe hy tussen die petrolpompe deurgaan, het die swart speurder wat op die Toyota was, afgeklim en appellant gearresteer.

Daama is op 'n ander perseel in dieselfde area, erf 349, 'n kontrak gevind waarvolgens appellant in 1985 reeds aangestel word as bestuurder van 'n "kunsmisfabriek" te Johannesburg met opdrag tot geheimhouding van die samestelling van die produk en teen 'n maandelikse vergoeding. Die kontrak is gesluit met Obermeier. Dié perseel is deur beskuldigdes 3 en 6 onder 'n vals naam in November 1986 gehuur. Die vensterruite is onmiddellik wit geverf. Die leunwa daarin was omskep tot 'n mobiele laboratorium in opdrag van nr 6 en Obermeier. Metakaloon poeier is ook daar gevind. Daar was wel 'n bietjie kunsmis in die leunwa uitgestal, maar dit was duidelik slegs as 'n bluf. Daar is geen getuienis nie in soveel van die swak-saamgeflansde oorkonde as wat aan ons voorgelê is,

11

wal toon dat Obermeier - of appellant - ooit kunsmis vervaardig het nie. Die buurman, mnr Machetto, het met hierdie kontraksluiting namens die eienaar van die perseel opgetree. Hy self het 'n ingeneurswerk langsaan bedryf. Hy het getuig dat die persone wat daar gewerk het, dit altyd gedoen het met die deure toe. "There were two servants which were working there, I do not know what it was in connection with, most probably they were workers." Hy het appellant uitgeken as een van die twee.

Daar was heelwat getuienis van voertuie wat deur lede van die sindikaat gebruik is wat vals kompartemente daarin gehad het. Wat appellant betref was die tersaaklike getuienis dat 'n kombi wat verskyn het op foto, bewysstuk E 37, deur kaptein Roux aangetref is op 13 Februarie by Machetto se ingeneurswerke. Dit het vals kompartemente ingehad. Getuies het gesien dat appellant dié kombi soms bestuur. Inderdaad het hy dit vantevore na Machetto geneem vir herstelwerk aan die ratkas en R900 aan kontant ten opsigte daarvan betaal. Dit was so

12

om en by November 1986. Voorheen het Machetto dit ook gediens en

ander herstelwerk daaraan gedoen. Machetto het by tye ook vir

beskuldigde 3 of besknldigde 6 hierdie kombi sien bestuur, nie slegs

appellant nie.

Sekere mnr Boshoff wat in dieselfde huis as nr 6 gewoon het, het

vertel dat hy in die tydperk tussen Junie tot Oktober 1987 vir appellant

meer as een maal in die Carlton Hotel ontmoet het op versoek van nr 6,

Havenga, wat die afspraak telefonies met appellant gereël het. Boshoff

het appellant nie voor die tyd geken nie, maar het geweet dat hy uit is

op borg as medebeskuldigde van nr 6. Nr 6 het hom aangesê om

appellant as "Ouboet" aan te spreek. Appellant sou daardeur verseker

wees dat Boshoff 'n vertroueling van nr 6 is. By die eerste van hierdie

ontmoetings

"[het] mnr Ranta ... my meegedeel dat siende die feit dat ek baie na aan mnr Havenga is dat ons 'n baie goeie verstandhouding het. Dat ek kennis moet opdoen om Mandrax-tablette te vervaardig ... Mnr Havenga moet my die kennis gee."

13

Mnr Bam, wat by die verhoor soos ook voor ons namens appellant opgetree het, het dit aan Boshoff gestel dat die opdrag wat Boshoff van nr 6 gekry het, was om met appellant te praat oor 'n prokureur, "ek dink dit gaan oor of hy 'n prokureur sal kry of hulle dieselfde prokureur moet gebruik, maar iets oor 'n prokureur? Nie waar nie?" Volgens Boshoff was dit slegs een gedeelte van nr 6 se opdrag aan hom. Appellant was volgens Boshoff nie alleen tydens hierdie eerste ontmoeting nie. Appellant het Boshoff vertel dat die swartman wat hom vergesel het, in Lesotho 'n familielid het wat 'n farmaseutiese maatskappy daar het, waar die vervaardiging van mandrax sou kon hervat word.

In sy kruis-verhoor van Boshoff, het advokaat Bam (a) gesê dat appellant dit erken dat daar een ontmoeting tussen appellant en Boshoff by die Carlton plaasgevind het, sodat Boshoff 'n boodskap aan appellant kon gee in verband met die prokureur, omdat beskuldigde 6 nie met hom direk kon kontak maak nie. Daar was geen gesprek oor mandrax nie;

14

(b) gesê dat appellant nie Boshoff se weergawe oor die naam "Ouboet" betwis nie. "Hy sê hy het besef dat dit 'n ... naam [is] waarmee hy en beskuldigde 6 mekaar aangespreek het nou en dan, en dat hy besef het dat u van beskuldigde 6 af kom."

Dan is daar nog die getuienis van beskuldigde nr 6 wat homself probeer verontskuldig het, en vir appellant ook, deur voor te gee dat die bedryf waarin hulle betrokke was 'n heel onskuldige was. Nr 6 het getuig dat hy appellant in ongeveer Julie 1986 ontmoet het. Hy weet daarvan dat appellant deur Obenneier in diens geneem is "aangaande die kunsmisaangeleentheid" wat tot sy kennis nooit gerealiseer het nie. Appellant is instede daarvan in diens geneem as 'n nutsman by die twee fabrieke op erwe 345 en 349. Hy het appellant op geleenthede daar gesien. Toe hy appellant bel om te hoor of die deur herstel is en hoor dat appellant gearresteer is in verband met dwelms, was sy eerste reaksie dat hy dadelik by sy regsverteenwoordiger wou uitkom.

Dat nr 6 se getuiems dat hy en Obermeier besig was om geheime

15

maar onskuldige produkte te vervaardig wat nog gepatenteer sou word, verwerp is, is verstaanbaar. Dit was onvermydelik. Vir huidige doeleindes is dit relevant dat by ondermeer getuig het dat dit Obermeier was wat opdrag gegee het dat erf 345 gehuur word waar 6 en 3 kamma eksperimente kon doen, en dat nr 1 en appellant daar sou ondermeer herverpakking van materiale doen.

Om nog etlike klein faktore uit die omstandigheidsgetuienis te noem: Op die 14de Februarie 1987 het appellant nr 4 se huis in Soshanguwe uitgewys waar nr 4 gearresteer is. Daar is beslag gelê op dokumentasie betreffende die aankoop van chemikaliee. Op 22 Februarie was nr 3 reeds gearresteer. Appellant is saam met beskuldigdes 1 en 3 soontoe geneem. Appellant het 'n spieêl losgeskroef. Daar agter was 'n versteekte kluis.

Om saam te vat. Advokaat Bam het (onvermydelik) toegegee dat appellant bewus was dat metakaloon vervaardig en mandrax pille gepers word deur sy medebeskuldigdes met wie hy bewys is op intieme voet te

16

verkeer. Hy is fisies verbind met twee van die persele wat mandrax fabrieke was: dcur Machetto met erf 345; deur die kontrak en nr 6 se getuienis met beide dié en erf 349. Hy probeer om hom teenoor die buitewêreld van enige verbintenis met die fabriek op erf 345 te distansieer deur sy aanspraak om 'n werknemer van Doormaster te wees, en van erf 349 deur sy vermyding van beskuldigde nr 1 ondanks hulle afspraak toe vreemdes by was, onmiddellik voor sy arrestasie. Boshoff wat goed bevriend is met die plaaslike leier van die sindikaat, nr 6, wou hy selfs na arrestasie toe hy op borg uit was oorreed om die lonende besigheid na Lesotho te verskuif. Hy het dit nie goed gevind om hierdie getuienis van Boshoff te weerspreek nie.

'n Skuldigbevinding was onder hierdie omstandighede onvermydelik.

Wat betref die opgelegde vonnis soos deur die hof a quo verminder, is dit beslis nie onvanpas nie. Volgens onbetwisde getuienis aan die verhoorhof voorgelê was die onderhawige saak nie alleen die

17

grootste bekende klandestiene metakaloon vervaardigingsindikaat in Suid-Afrika nie, maar volgens die rekords van die Verenigde Volke Organisasie, die grootste in die wêreld. Die potensiële opbrengs van die sindikaat bereken met verwysing na die totale hoeveelheid chemikalieë aangekoop, was oor die 22 miljoen tablette. Die groothandelsprys van die produk sou ongeveer R57 miljoen oplewer met 'n straatprys van ongeveer R230 miljoen. En die verderflike gevolge van die sluikhandel in dwelms is in daardie getuienis ook uitgespel. Misbruik van die dwelm vernietig nie net verslaafdes nie, maar ook gesinne en die samelewing omdat dit tot alle denkbare vorms van misdaad lei. Dat appellant gedeel het in die sindikaat se aktiwiteite staan vas. Hy het verkies om nie te getuig hoe groot of klein sy aandeel daaraan was nie.

18

Ons is nie oorreed dat die hof a quo fouteer het wat betref of

skuldigbevinding of vonnis nie. Vir hierdie redes is die appèl van die

L VAN DEN HEEVER AR

STEM SAAM: NESTADT AR) SCOTT WnAR)

▲ To the top