Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Rautenbach (368/1995) [1996] ZASCA 11 (13 March 1996)


bw Saaknommer 368/95

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen

MINISTER VAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT

EN

JACOBUS ALBERTUS RAUTENBACH

Coram: BOTHA, NESTADT, VIVIER, HOWIE ARR et PLEWMAN WnAR

Verhoordatum: 15 Februarie 1996 Leweringsdatum: 13 Maart 1996

UITSPRAAK

BOTHA AR:

2

In 'n aksie wat in dle Witwatersrandse Plaaslike Afdeling verhoor is, het die respondent ("die eiser") skadevergoeding ten bedrae van nagenoeg R2 miljoen van die appellant ("die verweerder") geëis, ten gevolge van beserings wat die eiser opgedoen het toe hy in die rug geskiet is deur sersant A M Lerm ("Lerm"), 'n polisiebeampte wat in diens van die verweerder was. Volgens die pleitstukke en die notule van 'n voorverhoor-konferensie het die verweerder erken dat Lerm die eiser geskiet het in die loop en binne die bestek van sy diensverrigting, maar aangevoer dat die eiser gepoog het om te ontvlug nadat Lerm hom regmatig in hegtenis geneem het op grond van 'n lasbrief wat vir sy arrestasie uitgereik was, dat Lerm hom geskiet het om te verhinder dat hy ontvlug, en dat die skietery gevolglik regmatig was.

3

Met die aanvang van die verhoor het die verhoorregter (GOLDSTEIN R) op versoek van die partye gelas dat die geskilpunte betreffende die verweerder se aanspreeklikheid om skadevergoeding te betaal eerste bereg sou word, afsonderlik van die geskilpunte aangaande die quantum van die skade. Die verweerder het aanvaar dat hy beswaar was met die bewyslas ten opsigte van die regmatigheid van Lerm se optrede en het dus eerste getuienis aangebied, onder meer dié van Lerm, en daama is getuienis namens die eiser gelei, onder meer dié van die eiser self. Na afloop van die getuienis en die betoë het die verhoorregter 'n uitspraak gelewer en 'n bevel gemaak wat verklaar dat Lerm onregmatig opgetree het toe hy die eiser geskiet het en gelas dat die verweerder die eiser se koste moet betaal. Die uitspraak is gerapporteer: sien Rautenbach v Minister van

4

Veiligheid en Sekuriteit 1995 (2) SASV 245 (W). Die verweerder appelleer met verlof van die verhoorregter.

Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die litigasie het plaasgevind op 23 September 1993 op 'n kleinhoewe by Randfontein. Lerm was destyds gestasioneer by die speurtak op Krugersdorp. Hy het getuig dat sy pligte onder meer behels het die opsporing van verdagtes ten opsigte van wie lasbriewe vir arrestasie uitgereik was en na wie die polisie gesoek het. Daar was 'n groot bord in sy kantoor waarop foto's vertoon is van sulke verdagtes. Op die betrokke dag, sê hy, het hy besluit om van 'n paar van die verdagtes verdere inligting te verkry vanaf die kriminele rekord-sentrum in Pretoria, met behulp van sekere verwysingsnommers wat agterop die foto's verskyn het. Een van die foto's waarmee hy gemoeid was, was dié van die eiser. Hy het

5

per telefoon navraag gedoen by die rekord-sentrum in Pretoria, en met betrekking tot die eiser se verwysingsnommer is hy meegedeel dat daar steeds na die eiser gesoek word en dat drie lasbriewe vir sy inhegtenisneming uitgereik was op drie verskillende plekke, nl. Rosslyn, Dunnottar en Bramley, onder meer op aanklagte van diefstal en bedrog. Hy is ook meegedeel dat die eiser se adres in die sentrum se rekords aangegee is as Plot 19, Randfontein-suid. Later in die dag, sê Lerm, is hy deur 'n beriggewer verwittig dat die eiser te vinde was by die genoemde adres. Daarop het hy soontoe gegaan, klaarblyklik met die opset om die eiser te gaan arresteer.

Lerm se getuienis oor wat op die kleinhoewe gebeur het nadat hy daar aangekom het, is in talle opsigte deur die eiser betwis in sy getuienis. Met betrekking tot die botsende weergawes

6

het die verhoorregter in sy uitspraak (op 248 d) gesê dat hy "bereid" was om Lerm se weergawe te "aanvaar". In die samehang van die verhoorregter se voorafgaande verwysings na die ligging van die bewyslas en die punte van ooreenstemming tussen die twee weergawes, en in die lig van sy uiteindelike bevinding dat Lerm se optrede onregmatig was, blyk dit dat die verhoorregter bloot geriefshalwe sy uitspraak op die grondslag van Lerm se weergawe gebaseer het, sonder om in te gaan op die meriete van die twee getuies en hulle onderskeie weergawes. In hierdie hof het die verweerder se advokaat aangevoer dat Lerm se getuienis in ieder geval aanvaar behoort te word en dat die eiser se getuienis in die mate waarin dit met dié van Lerm gebots het, as ongeloofwaardig, verwerp behoort te word; en voorts het hy betoog dat die verhoorregter gefouteer het in sy bevinding dat, op die grondslag

7

van Lerm se eie weergawe, hy onregmatig opgetree het toe hy die eiser geskiet het. Daarteenoor was die betoog van die eiser se advokaat in die eerste plek daarop toegespits om aan te toon dat die verhoorregter tereg bevind het dat Lerm se optrede onregmatig was, selfs op die basis van sy eie weergawe; en dan het hy verder aangevoer dat, in ieder geval, as dit nodig sou wees om tussen die twee weergawes te kies, dié van Lerm as ongeloofwaardig verwerp behoort te word. In die voorgaande omstandighede is dit gerade om die saak eerstens te oorweeg met dieselfde uitgangspunt as dié van die verhoorregter, d.w.s. op die grondslag van 'n veronderstelling dat Lerm se getuienis aanvaarbaar is.

'n Kort opsomming van Lerm se getuienis verskyn in die gerapporteerde uitspraak van die hof a quo op 247e - 248a. Met die oog op wat later hieronder volg, is dit net nodig om op enkele

8

aspekte van sy getuienis te wys. Toe hy op die perseel gekom het,

het hy na 'n woonstel daar gegaan en gemerk dat iemand binne

beweeg. Die voordeur was gesluit en op sy bevel dat dit

oopgemaak moet word, was daar geen reaksie nie. Hy het díe

deur met 'n graaf oopgebreek, binnegegaan en deur die siíkamer

na die slaapkamer beweeg. Daar het hy die eiser aangetref waar

hy hom in 'n hangkas versteek het. Wat toe gebeur het, het Lerm

op vrae van die verhoorregter soos volg beskryf:

"Ekskuus tog? - Hy het toe uit die kas uitgeklim. Ek het toe steeds met my aanstellingsertiGkaat in my hand gestaan en dit aan hom getoon. Ek het hom meegedeel dat ek sersant Lerm is van Krugersdorp tak. Ek het hom gevra wat soek hy in die kas, waarop ek geen antwoord gekry het nie. Ek het hom meegedeel ek is hier om hom te arresteer op 'n lasbrief. Eiser het my gevra wat die klagte was, ek het hom meegedeel dat dit 'n klagte van diefstal was. Die eiser het my gevra waar is die lasbrief Ek het hom meegedeel dat ek nie nou 'n lasbrief by my gehad het nie. Ek het hom meegedeel daar was verskeie plekke wat na hom soek en ek sou vir hom 'n lasbrief gee sodra hy saam met my by

9

Krugersdorp was, by die polisiestasie.

Sal hom 'n lasbrief gee? — Sodra ons by Krugersdorp polisie

aankom.

Ja? — Die eiser het toe vir my gesê dat hy nie saam met my sal gaan voor ek hom nie 'n lasbrief kan wys nie. Hy nie saam met u sal gaan ...? - Voor ek hom nie 'n lasbrief kon toon nie. Ek het toe vir hom gesê dat ek nie 'n lasbrief dadelik het by my nie. Ek het toe aan hom gevat en hom gesê dat 'Ek arresteer jou nou vir diefstal . ' Hy wou geen samewerking gee nie".

Die eiser het toe beledigende aanmerkings gemaak teenoor die

konstabel wat Lerm vergesél het, waarop die konstabel die vertrek

verlaat het. Daama het die eiser bedaar en Lerm was onder die

indruk dat hy verstaan het dat hy in hegtenis was. Hulle is toe na

die sitkamer, waar daar 'n verdere gesprek plaasgevind het. Lerm

het toe die eiser aan sy broek vasgevat, maar die eiser het losgeruk

en na buite gehardloop. Lerm is agterna. Die eiser het steeds

gehardloop, Lerm het hom agtervolg en twee skote uit sy R5-

10

geweer op hom gevuur, die tweede waarvan hom getref het.

Onder kruisverhoor het Lerm verder getuig soos volg:

" En as ek so kyk na u getuienis van gister dan wil ek net weet dat dit korrek is, dat in die kamer het u vir hom gesê u arresteer hom as gevolg van 'n lasbrief?

- Dit is korrek edele.

En dit was die gronde waarop u hom gearresteer het?

- Dit is korrek edele.

U het hom net een maal daardie dag gearresteer? - In

die kamer, dit is korrek.

U het hom nie weer gearresteer nie? — Ek het nie

edele.

U het toe u die arres gebaseer [het] op die lasbrief nie

enige besonderhede van die diefstal gehad nie?

Nee ek het nie u edele.

U kon dus niks daarvan meedeel nie? — Nee, ek het

nie.

Dit was dus nie 'n arres vir diefstal nie, maar 'n arres

op grond van 'n lasbrief wat gebaseer was op

diefstal? - Dit is korrek edele.

Het u weer in die sitkamer, voorkamer verwys na die lasbrief? - Ek het.

Die verdagte se moeder sal ook sê, of die eiser se moeder, dat sy daar gehoor het dat hy aandring op ' n bewys van die lasbrief? -- Dit is korrek edele.

11

So julle, u en hy het gestap van die slaapkamer na die

sitkamer? - Dit is korrek edele.

En hoe het u - was hy toe onder arres? - Dit is korrek

edele.

En het hy saam met u gestap sonder probleme? — Hy

het edele.

En u het hom nie toe vasgehou nie? — Nee edele."

'n Latere gedeelte van sy getuienis onder kruisverhoor lui soos

volg:

" Want ek gaan aan u stel dat die eiser sal sê dat omdat u nie inligting gehad het oor presies die rede

wat u daar kom maak het nie omdat u nie

besonderhede gehad het nie, het hy gesê tot tyd en wyl u vir hom kan besonderhede gee gaan hy nie saam met u nie. — Dit was in die kamer gesê. Ja goed, maar ek is bly dat u erken ten minste hy het

dit gesê — Voor hy gearresteer Voor hy

gearresteer was.

Voor - o, het u gedink toe u nou gepraat het? .... Of wil u dit terugtrek? - Hy het vir my gesê [hy] gaan nie saam as ek hom nie kan wys die lasbrief nie. Voor sy arrestasie sê hy dit? - Dit is korrek."

12

In herverhoor het Lerm op vrae van die verweerder se

advokaat soos volg geantwoord:

" Op die stadium toe u met u vinger in eiser se broek se lussie gestaan het, en toe hy losruk en hy begin weg te hardloop, wat kan u sê het op daardie stadium deur u gedagtes gegaan. Was die persoon besig om te ontsnap uit, na 'n wettige arres, of was u nog besig met die arrestasie; wat was u gedagtes op daardie stadium? — Hy was besig om te ontsnap van my af. Hy het, hy was gearresteer in die kamer. By die deur het hy my weggestamp en weggehardloop van my af.

En wat wou u doen toe u agter hom begin aanhardloop? - Ek wou verhoed dat hy ontsnap."

Om op die voorgaande getuienis die geskilpunt te besleg of

Lerm regmatig opgetree het toe hy die eiser geskiet en verwond

het, is dit nodig om ten eerste aandag te gee aan die vraag of

Lerm se inhegtenisneming van die eiser regmatig was. Die

antwoord op hierdie vraag hang af van die toepassing van die

bepalings van art 39 van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die

13

Wet") op die feite van hierdie geval. Art 39 lui soos volg:

"39(1) Inhegtenisneming word met of sonder lasbrief uitgevoer en, tensy die persoon wat in hegtenis geneem staan te word hom aan bewaring onderwerp, deur sy liggaam werklik aan te raak of, indien die omstandighede dit vereis, deur sy liggaam met geweld in bedwang te bring.

  1. Die persoon wat 'n inhegtenisneming uitvoer, moet, ten tyde van die uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik nadat die inhegtenisneming uitgevoer is, die gearresteerde persoon meedeel wat die rede vir die inhegtenisneming is of, in die geval van 'n inhegtenisneming wat uit hoofde van 'n lasbrief geskied, op versoek van die gearresteerde persoon 'n afskrif van die lasbrief aan hom oorhandig.

  2. Die uitwerking van inhegtenisneming is dat die gearresteerde persoon in wettige bewaring is en dat hy in bewaring aangehou word totdat hy wettiglik uit bewaring ontslaan of vrygelaat word."

Die verhoorregter het in die loop van sy bespreking van

hierdie bepalings gesê (op 249f):

" Hier het die eiser se versoek om 'n lasbrief en Lerm se uitgesproke onvermoë om dit te oorhandig plaasgevind voordat die arrestasie 'n aanvang geneem het,"

14

en daama sy slotsom soos volg gestel (op 250a/b):

" My gevolgtrekking is derhalwe dat waar die versoek van 'n lasbrief en die weiering om dit te voorsien die arrestasie voorafgaan, die arrestasïe wat daarna volg onregmatig is."

In sy betoog voor hierdie hof het die verweerder se advokaat

aanvanklik probeer om hierdie bevinding van die hof a quo te

omseil deur aan te voer dat Lerm se inhegtenisneming van die

eiser gesien kon word as 'n inhegtenisneming ingevolge die

bepalings van art 40(1) (b) van die Wet, waarvolgens 'n

vredesbeampte gemagtig word om iemand sonder lasbrief in

hegtenis te neem "wat hy redelikerwys verdink dat hy 'n in Bylae

I bedoelde misdryf gepleeg het." Die betoog was dat Lerm, met sy

kennis van die bestaan van 'n lasbrief ten opsigte van beweerde

diefstal, noodwendig 'n redelike verdenking moes gehad het dat die

eiser diefstal gepleeg het. Gevolglik, so is aangevoer, was Lerm se

15

onvermoë om 'n afskrif van die lasbrief te oorhandig regtens irrelevant.

Díe betoog moet verwerp word. Dit is lynreg in stryd met die verweerder se verweer soos dit in die hof a quo geformuleer was. Die bewering in die verweerskrif was dat Lerm die eiser regmatig gearresteer het, en dit is in die voorverhoor-notule aangevul deur die volgende vraag van die eiser en die verweerder se antwoord daarop:

"V: Op grond waarvan sou Sersant Lerm die eiser gearresteer het of gepoog het om hom te arresteer?

A: Op grond van 'n wettige lasbrief wat vir sy arrestasie uitgereik was."

Die verhoorregter het tereg bevind (op 248 e/f) dat die verweerder

hierdeur sy saak beperk het tot arrestasie op grond van 'n wettige

lasbrief. Van hierdie standpunt-inname het Lerm in sy getuienis

nooit probeer afwyk nie; nêrens in sy langdurige ondervraging is

16

daar enige suggestie te vind van 'n bedoeling destyds aan sy kant om die bevoegdheid ingevolge art 40 (1) (b) uit te oefen nie. Inteendeel blyk dit duidelik uit die uittreksels uit sy getuienis onder kmisondervraging wat ek hierbo aangehaal het dat Lerm hom onomwonde vereenselwig het met die standpunt dat die inhegtenisneming gebaseer was op die lasbrief, en dat hy hom gedistansieer het van enige moontlike gedagte dat dit gegrond was op 'n verdenking dat die eiser diefstal gepleeg het. Gevolglik is idit nie verbasend nie dat die redelikheid van so 'n veronderstelde verdenking nooit eers aangeraak is in Lerm se getuienis nie. Daar is dus geen ruimte vir die aanvanklike betoog van die verweerder se advokaat nie.

Die regmatigheid of andersins van die inhegtenisneming moet gevolglik beoordeel word op die grondslag dat die huidige

17

saak val binne die bestek van die volgende woorde in art 39(2):

"in die geval van 'n inhegtenisneming wat uit hoofde van 'n lasbrief geskied."

Die vraag is dan, met die oog op Lerm se getuienis oor die

eiser se volgehone aandrang om die lasbrief te sien en Lerm se

onvermoë om aan hom 'n afskrif daarvan te oorhandig voordat

hulle by die Krugersdorpse polisiestasie sou aankom, of daar

voldoen is aan die bepalings van art 39(2) wat soos volg lui:

"Die persoon wat 'n inhegtenisneming uitvoer, moet, ten tyde van die uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik

nadat die inhegtenisneming uitgevoer is, , op

versoek van die gearresteerde persoon 'n afskrif van die lasbrief aan hom oorhandig."

Die verweerder se advokaat het betoog dat die vraag

bevestigend beantwoord behoort te word. Wat die feite betref, het

hy aangevoer dat dit uit die getuienis afgelei kon word dat die rit

van die kleinhoewe na die polisiestasie nie langer as omtrent 15

18

minute sou geduur het nie en dat Lerm daar sonder noemenswaardige vertraging deur middel van 'n komper 'n afdruk van die lasbrief sou kon verkry het om aan die eiser te gee. Of die beweerde afleidings geregverdig is, val te betwyfel, maar dit is onnodig om daarop in te gaan. Ek sal veronderstel (soos die eiser se advokaat in sy betoog ook gedoen het) dat die feite soos gestel korrek is.

Op daardie feite was die betoog namens die verweerder verder dat die oorhandiging van 'n afskrif van die lasbrief by die polisiestasie "onmiddellik" na inhegtenisneming sou plaasgevind het, op grond van die uitleg wat in die verlede in die regspraak geheg is aan soortgelyke statutêre voorskrifte as dié van art 39(2). In hierdie verband is daar sterk gesteun op die uitspraak van hierdie hof in Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere:

19. Damons NO en Andere v Staatspresident en Andere; Jooste v

Staatspresident en Andere 1988(4) SA 224 (A) op 264J-266B en

267G-269D, en die bespreking daar deur RABIE HR van art 39(2)

en sy voorgangers, en van die vroeëre beslissings in R v September

1959(4) SA 256(C) en R v West and Wild 1953(2) SA 675 (SR).

Die bespreking was gemoeid met die vereiste dat die rede vir die inhegtenisneming meegedeel moet word, ten tyde van die inhegtenisneming of "onmiddellik" daarna, maar aangesien die woord "onmiddellik" in art 39(2), volgens die sinsbou van die bepalings, betrekking het op sowel die mededeling van die rede vir die inhegtenisneming as die oorhandiging van 'n afskrif van die lasbrief (na gelang van of dit 'n inhegtenisneming "met of sonder lasbrief" is, soos in art 39(1) gemeld), is dit nodig om aandag te skenk aan wat in die Ngqumba-saak gesê is in die samehang van

20

die mededeling van die rede vir die inhegtenisneming, alvorens die

geval van 'n inhegtenisneming op grond van 'n lasbrief in oënskou

geneem kan word.

Op 267G-J het RABIE HR die volgende gesê:

"Wat betref die tyd wanneer 'n gearresteerde persoon van die rede vir sy arrestasie verwittig moet word, is dit duidelik dat art 39(2) van die Strafproseswet van 1977, waarop die appellante steun, nie vereis dat dit noodwendig gelyktydig met die arrestasie moet geskied nie. Die subartikel bepaal naamlik dat die mededeling 'ten tyde van die uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik nadat die inhegtenisneming uitgevoer is', moet geskied. Dit was ook die posisie met die voorgangers van art 39(2), hoewel daarop gewys moet word dat waar art 39(2) die woord 'onmiddellik' gebruik, sy voorgangers (behalwë art 33(2) van Wet 31 van 1917, wat ook die woord 'onmiddellik' gebruik het) die woord 'onverwyld' gebruik het, en dat waar die woord Immediately' in die Engelse teks van art 39(2) as die ekwivalent van 'onmiddellik' gebruikword, al die vroeëre bepalings die woord 'forthwith' gebruik het. Dit is egter te betwyfel of die Wetgewer met hierdie veranderde woordgebruik in art 39(2) 'n verandering in betekenis wou teweeggebring het. Daar

21

is al meermale beslis dat die woord 'forthwith' nie 'onmiddellik', in sy letterlike betekenis, beteken nie, maar 'so gou prakties moontlik'. "

Daama volg 'n verwysing na die twee vroeëre sake wat ek reeds

genoem het, R v September supra en R v West and Wild supra.

Wat laasgenoemde betref, het die Hoofregter daarop gewys (op

268 A-B) dat dit daar gegaan het oor die betekenis van die woord

"forthwith" in 'n bepaling wat vereis het dat

"the person arrested shall be informed forthwith by the person arresting of the cause of the arrest",

en dat BEADLE R beslis het dat

"in the context in which the word is used in this subsection it means nothing more than 'as soon as reasonably possible in the circumstances' ".

In R v September supra het die hof te doen gehad met art 26 van

Wet 56 van 1955, die voorganger van die huidige art 39(2) vir

sover laasgenoemde betrekking het op die mededeling van die rede

22

vir die inhegtenisneming. Art 26 van die 1955-Wet, die Afrikaanse teks waarvan aangehaal word in die Ngqumba-saak op 265 C/D, was wesentlik gelykluidend met die bepaling wat in R v West and Wild supra ter sprake was, en met verwysing onder meer na laasgenoemde saak het die hof bevind dat "forthwith" beteken "as soon as is reasonably possible." (Terloops kan daarop gewys word dat BLOCH R opgemerk het op 258E dat "forthwith" nie "immediately" beteken nie.)

In die Ngqumba-saak het die hof nie regstreeks te doen gehad met 'n inhegtenisneming ingevolge art 39 van die 1977-Wet nie, maar wel met 'n aantal arrestasies wat uitgevoer was ingevolge die bepalings van reg 3(1) van die noodregulasies wat destyds van krag was ingevolge die Wet op Openbare Veiligheid 3 van 1953. Die regulasie word aangehaal in die Ngqumba-saak op 248H.

23

Kortliks het dit 'n lid van die polisiemag gemagtig om onder sekere

omstandighede, verbandhoudend met die noodtoestand, iemand

sonder lasbrief te arresteer en by wyse van 'n skriftelike bevel in

bewaring in 'n gevangenis aan te hou. Alhoewel die regulasie dit

nie uitdruklik vereis het nie, is dit nietemin beslis (op 265 H) dat

dit nodig was dat aan die gearresteerde die rede vir sy arrestasie

meegedeel word. Wat die tydstip van die mededeling betref, het

RABIE HR (op 268J-269C) die volgende gesê:

"Ek meen dat dit juis sou wees om te bevind dat, indien 'n gearresteerde nie by sy arrestasie van die rede vir sy arrestasie verwittig word nie, hy so gou doenlik daarna daarvan verwittig moet word. Hiermee bedoel ek nie dat die mededeling noodwendig moet geskied sodra dit fisies moontlik word om dit te doen nie. Die vraag wat doenlik is, sal van die omstandighede van elke besondere geval afhang. Dit is bv. denkbaar dat dit fisies moontlik sou wees om aan iemand die rede vir sy arrestasie te gee, maar dat dit weens veiligheidsoorwegings onraadsaam, of selfs gevaarlik, sou wees om dit te doen waar daar ander mense teenwoordig of binne hoorafstand is. Die laaste oomblik waarop so 'n

24

mededeling gedoen word, meen ek verder, is wanneer die laaste handeling waarvoor daar in reg 3(1) voorsiening gemaak word, geskied, dws die ondertekening van die bevel wat gelas dat die gearresteerde in 'n gevangenis aangehou moet word."

Na 'n uiteensetting van die feite met betrekking tot die arrestasies

van die ses appellante in daardie saak (op 269E-270I), waaruit dit

onder meer blyk dat in twee gevalle die rede vir die arrestasie eers

meegedeel is nadat die gearresteerde na die polisiekantore geneem

is, het RABIE HR op 270J-271A tot die slotsom gekom dat die

tydsverloop tussen die arrestasie en die mededeling in geen geval

"so groot, of wesenlik," was dat dit die geldigheid van die

gearresteerde se aanhouding na die arrestasie kon affekteer nie.

(Op die onderskeid, in die konteks van die geldigheid van die

polisie se optrede, tussen die arrestasie self en die daaropvolgende

aanhouding, kom ek weldra terug.)

25

Vir die doeleindes van die huidige saak, en met die oog op wat hieronder volg, is dit onnodig om op die feite in die Ngqumba-saak in te gaan. Insgelyks is dit onnodig om die vraag te oorweeg of, in die lig van die feit dat reg 3(1) nie uitdruklik die "onmiddellike" mededeling van die rede vir die arrestasie vereis het nie, en in die lig van die vermelding van veiligheidsoorwegings en die ondertekening van 'n aanhoudingsbevel volgens reg 3(1) in die hierbo aangehaalde uittreksel uit die uitspraak van RABIE HR, die hof tot dieselfde slotsom sou geraak het as die arrestasies uitgevoer was, nie ingevolge reg 3(1) nie, maar wel ingevolge art 39van die Wet.

Wat wel van belang is vir die doeleindes van die huidige saak, is die stelling van die Hoofregter in die aanhaling hierbo, in verband met die bevinding dat reg 3(1) vereis het dat die rede "so

26

gou doenlik" na die arrestasie meegedeel moes word, wat soos volg

lui:

"Die vraag wat doenlik is, sal van die omstandighede van elke besondere geval afhang."

Daar kan geen twyfel wees nie dat, met betrekking tot 'n

inhegtenisneming ingevolge art 39, die vraag of die mededeling van

die rede daarvoor "onmiddellik" daama geskied het binne die

bestek van art 39(2), ook sal afhang van die omstandighede van

elke besondere saak. In hierdie verband sal dit van nut wees om

weer te verwys na R v West and Wild supra en R v September

supra. In eersgenoemde saak het die gearresteerdes, wat sonder

toestemming die kamer van 'n ander persoon betree het,

onmiddellik op die vlug geslaan toe die polisie op die toneel

gekom het, en hulle met geweld verset toe die polisie hulle

agtemasit en gevang het (die een gearresteerde het selfs een van

27

die polisiemanne 'n vuishou op die neus toegedien terwyl hy in die

vangwa gelaai is). Met verwysing na die toets van "as soon as

reasonably possible in the circumstances," het BEADLE R gesê

(op 678A):

"I specifically refrain from expressing any opinion as to how soon this should be. Each case must be judged in the light of its own circumstances. In the circumstances of this case, in view of the violent conduct of the accused, I think informing the accused of the cause of the arrest when they were brought to the police station was a sufficient compliance with the statute".

In September se geval het die bewoner van 'n kamer die

gearresteerde binne in sy kamer betrap; hy het hom vasgegryp en

gesê dat hy hom arresteer, waarop die gearresteerde losgeruk en

ontvlug het. In die loop van sy uitspraak het BLOCH R gesê (op

258H-259):

"On my reading of the evidence in the present case the sequence of events was such that there was not the lapse of

28

a reasonable time in which to inform the accused. It is no more than common sense that the person who himself produces a situation which makes it practically impossible to inform him of the cause of arrest, i e by immediately running away from the control of the arrester, cannot complain that he has not been supplied with the required information . . ."

Die houding en die optrede van die gearresteerde persoon

is klaarblyklik 'n baie belangrike bestanddeel van die

omstandighede wat sal bepaal of die persoon wat die

inhegtenisneming uitgevoer het, versuim het om "onmiddellik"

nadat hy dit gedoen het, die rede vir die inhegtenisneming aan die

gearresteerde persoon mee te deel. In die meeste gevalle, dink ek,

sal dit van deurslaggewende belang wees. In die twee gevalle

hierbo genoem het die houding en die optrede van die

gearresteerdes dit werklik, prakties gesproke, onmoontlik gemaak

vir die arresteerders om die rede vir die inhegtenisnemings mee te.

deel voordat hulle dit wel gedoen het, of kon gedoen het. By wyse

29

van kontras kan 'n mens die volgende hipotetiese geval postuleer, na aanleiding van 'n voorbeeld wat aan die advokaat van die verweerder gestel is in die loop van sy betoog. 'n Polisiebeampte daag by 'n man se huis op, vat hom aan sy arm vas, en sê: "Ek arresteer jou." Die man vra beleefd: "Waarvoor?" Die polisiebeampte antwoord: "Ek weet nie. My bevelvoerende ofGsier het my net beveel om jou te kom arresteer. Ek kan jou nie nou die rede gee nie. Ons sal by die polisiestasie hoor wat die rede is. Kom saam." In sulke omstandighede kan daar geen twyfel wees nie dat die mededeling by die polisiestasie nie 'n voldoening sou wees aan die vereiste van art 39(2) wat opgesluit lê in die woord "onmiddellik" nie.

Die redes waarom dit so is, lê voor die hand. Art 39(2) weerspieël welbekende, gewigtige oorwegings van regsbeleid. Die

30

inhegtenisneming van 'n persoon beroof hom van sy vryheid. Dit is daarom noodsaaklik dat hy so gou as wat prakties moontlik is, verwittig moet word wat die rede is vir die drastiese inbreukmaking op een van sy fundamentele regte. Om hierdie oogmerk te verwesenlik moet 'n streng toepassing van die statutêre vereistes aangewend word, eerder as 'n toeskietlike een. 'n Verdere oogmerk van die statutêre voorskrifte is om die ordelikheid en vreedsaamheid van inhegtenisnemings te bevorder. Dit is minder waarskynlik dat iemand sal probeer vlug, of hom verset teen 'n arrestasie, as hy gesê word wat die rede daarvoor is, as wanneer hy dit nie meegedeel word nie. Dit is 'n oorweging wat veral van belang is by 'n inhegtenisneming deur 'n privaat persoon, maar dit speel ook 'n rol by 'n inhegtenisneming deur 'n polisiebeampte. Om in die hipotetiese geval onder bespreking te bevind dat die

31

mededeling by die polisiestasie voldoende nakoming van die vereistes sou wees, sou eenvoudig die oogmerke van die statutêre bepalings verydeï. Die arresteerder se onvermoë om die rede dadelik in antwoord op die gearresteerde se navraag te verstrek, omdat hy dit nie weet nie, is klaarblyklik nie ter sake nie; dit kan nie gebruik word as een van die omstandighede wat bepalend is van die vraag of die rede "so gou as wat redelikerwys moontlik is" meegedeel is volgens die toets wat in die sake aangewend is waarna ek hierbo verwys het nie.

Die sienswyse wat ek uitgespreek het met betrekking tot die hipotetiese geval onder bespreking is na my mening nie in stryd met enigiets wat in die uitspraak in die Ngqumba-saak supra gesê is nie. Die analogie tussen die feite van die hipotetiese geval en dié van die huidige saak is natuurlik duidelik. Vervang 'n mens in

32

die hipotetiese geval die mededeling van die rede vir die inhegtenisneming met die oorhandiging van 'n afskrif van die lasbrief ingevolge waarvan die inhegtenisneming uitgevoer word, dan kom 'n mens naby die feite van die huidige geval. Dit volg derhalwe dat die beroep van die verweerder se advokaat op die Ngqumba-saak ter ondersteuning van sy betoog ongegrond is.

Die weg is nou gebaan om die geval van 'n inhegtenisneming ingevolge 'n lasbrief van naderby te beskou. Die twee alternatiewe vereistes wat tans in art 39(2) saamgevat is, nl. die mededeling van die rede vir die inhegtenisneming of die oorhandiging van 'n afskrif van die lasbrief, was in die voorgangers van die Wet in afsonderlike artikels behandel. Dié wat in Wet 31 van 1917 en Wet 56 van 1955 betrekking gehad het op die mededeling van die rede vir die inhegtenisneming word aangehaal

33

in die Ngqumba-saak supra op 265A-D. Die geval van 'n lasbrief

is in die 1917-Wet behandel in art 36(4), en in die 1955-Wet in art

29(2). Laasgenoemde subartikel het soos volg gelui:

"'n Vredesbeampte of ander persoon wat iemand uit hoofde van 'n lasbrief ingevolge hierdie Wet in hegtenis neem, moet, indien die in hegténis geneemde persoon dit vereis, die lasbrief aan hom toon, die inhoud daarvan aan hom meedeel en hom toelaat om dit te lees."

Art 36(4) van die 1917-Wet was van dieselfde strekking, behalwe

dat die woorde "op verzoek van de gearresteerde persoon" gebruik

was in plaas van die woorde "indien die in hegtenis geneemde

persoon dit vereis." In albei gevalle het die Engelse teks gelui

"upon demand of the person arrested". Dieselfde uitdrukking kom

in die Engelse teks van art 39(2) van die 1977-Wet voor, terwyl

daar in die Afrikaanse teks weer teruggekeer is na die uitdrukking

van 1917-Wet. Hierdie veranderings in woordgebruik skyn nie van

34

enige belang te wees nie. Daarbenewens is die verpligting in die herroepe bepalings dat die lasbrief getoon moet word, die inhoud daarvan meegedeel moet word en die gearresteerde persoon toegelaat moet word om dit te lees, in art 39(2) vervang met die enkele verpligting om 'n afskrif van die lasbrief aan die gearresteerde persoon te oorhandig. Ook hierdie verandering, dink ek, is van geen betekenis vir die beslissing van die huidige saak nie.

Wat wel van belang is, is dat die Wetgewer in art 39(2) uitdruklik en opvallend die vereiste van spoedeisende optrede deur die arresteerder, wat voorheen reeds vasgelê was ten opsigte van die mededeling van die rede vir die inhegtenisneming, nou uitgebrei het tot die geval van 'n inhegtenisneming met 'n lasbrief. Die dringendheid van optrede wat vereis word deur die woorde

35

"ten tyde van die uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik nadat die inhegtenisneming uitgevoer is",

is van toepassing op sowel die mededeling van die rede as die

oorhandiging van díe afskrif van die lasbrief. Die twee gevalle

verskil van mekaar in soverre dat die rede sonder meer meegedeel

moet word, terwyl die verpligting om 'n afskrif van die lasbrief te

oorhandig eers in werking tree op versoek van die gearresteerde.

Die tussenkoms van die versoek van die gearresteerde doen egter

nie afbreuk aan die vereiste van spoedige optrede nie, maar

onderskraag dit eerder. Dit veronderstel dat die arresteerder 'n

afskrif van die lasbrief byderhand moet hê wanneer hy iemand

arresteer, sodat hy in staat is om dit op versoek van die

gearresteerde aan hom te oorhandig, ten tyde van die arrestasie of

onmiddellik daama.

Daar is na my oordeel geen nut in 'n oorweging van

36

moontlike verskillende skakerings van betekenis van die woorde wat die Wetgewer op verskillende íye gebruik het om die tydstip van optrede ná die arrestasie aan te dui nie: "onverwyld", "onmiddellik", "forthwith" en "immediately". Almal spreek daarvan dat die Wetgewer geen vertraging wou duld nie, en dit hang saam met die oogmerke wat hy wou bereik het, soos vroeër bespreek in verband met die hipotetiese geval wat ek gestel het. In die geval van 'n inhegtenisneming met 'n lasbrief, omdat 'n afskrif van die lasbrief op versoek van die gearresteerde oorhandig moet word, is dit nouliks denkbaar dat die houding of die optrede van die gearresteerde enige vertraging in die nakoming van die verpligting sal kan veroorloof, anders as in die soort omstandighede wat in R v West and Wild supra en R v September supra ter sprake was; en gevolglik is die toets wat in daardie sake gebruik is, "so gou as

37

redelik moontlik in die omstandighede", minder betekenisvol by 'n arrestasie kragtens lasbrief.

Wat vereis word, is dat daar dadelik aan die gearresteerde se versoek voldoen moet word. Dit beteken darem nie "oombliklik" nie. Gestel byvoorbeeld die lasbrief is in die polisiebeampte se baadjie, wat hy in die kamer langsaan dié waar die arrestasie uitgevoer word, gelaat het (of moontlik selfs in die polisievoertuig wat buitekant die deur geparkeer staan). Die paar oomblikke wat nodig sou wees om aan die gearresteerde se versoek te voldoen, sou nie meebring dat daar nie aan die vereiste van "onmiddellik" voldoen is nie. Maar enige tydsverloop wat verder gaan as sulke onbenullige vertragingkies, en wat te wyte is aan die arresteerder se onvermoë om aan die gearresteerde se versoek te voldoen, sou tot gevolg hê dat die statutêre voorskrif nie nagekom is nie.

38

Sekerlik sal dit nie voldoende wees om die afskrif van die lasbrief te oorhandig eers nadat die gearresteerde na die polisiestasie geneem is nie.

Gevolglik word die betoog namens die verweerder, dat daar aan die vereistes van art 39(2) voldoen sou gewees het as Lerm 'n afskrif van die lasbrief aan die eiser sou oorhandig het by die Krugersdorp-polisiestasie, verwerp.

Vervolgens moet nagegaan word wat die uitwerking van die nie-nakoming van art 39(2) is op die regmatigheid van die eiser se inhegtenisneming. Met betrekking tot die mededeling van die rede vir die inhegtenisneming is daar in verskeie sake wat beslis is toe die voorgangers van art 39(2) nog van krag was, gesê dat die mededeling nie 'n bestanddeel van die inhegtenisneming self was nie, aangesien dit ná die inhegtenisneming kon geskied; nie-

39

nakoming van die vereiste maak dus nie die inhegtenisneming onregmatig nie, maar wel die aanhouding wat daarop volg. (Sien bv R v Ndara 1955(4) SA 182(A) op 184A-C; R v September supra op 258C-G; en S v Dladlha 1975(1) SA 762 (T) op 764C-D.) Hierdie benadering is daarna toegepas ook op art 39(2) (sien die Ngqumba-saak supra op 268 C-F en 269 C-D, en vgl Minister of Law and Order v Kader 1991(1) SA 41(A) op 46 B-C). In die praktyk het die benadering hierop neergekom: as die rede nie meegedeel word nie, is die inhegtenisneming nogtans regmatig, en ook die aanhouding wat daarmee gepaard gaan, totdat 'n redelike tyd vir die mededeling verloop het; by voortgesette versuim om die rede mee te deel word die aanhouding dan onregmatig; word die rede daarna wel meegedeel, word die regmatigheid van die aanhouding herstel (sien bv die Ngqumba-saak supra op 269 C-D

40

en 271 A-B).

In geeneen van die bogemelde sake waarin die benadering

onder bespreking toegepas is, het die hof te doen gehad met 'n

feitlike situasie waar dit reeds voor of ten tye van die

inhegtenisneming duidelik geword het dat daar nie aan die

vereistes van art 39(2) of sy voorgangers voldoen gaan word nie.

So 'n geval het voorgekom in Rex v Mantu 1927 EDL 38. In

daardie saak was die beskuldigdes aangekla van die oortreding van

'n statutêre bepaling wat soos volg gelui het:

"Whoever assaults any person with intent to commit an
offence, or to resist or prevent the lawful apprehension or
detention of himself, or of any other person for any offence,
or to rescue any person from lawful custody shall be
punished with imprisonment "

Twee konstabels het 'n lasbrief gehad vir die inhegtenisneming van

die eerste beskuldigde. Terwyl hulle besig was om hom te

41

arresteer, het die ander beskuldigdes nader gekom, en tesame het

hulle die konstabels aangeval om te verhoed dat die eerste

beskuldigde in bewaring geneem word. Die getuienis van een van

die konstabels oor wat gebeur het, word in die uitspraak soos volg

aangehaal:

"We told Mantu (the Grst-named accused) we had come to arrest him. He said 'Why?' We said: 'We don't know, you will hear at the charge-office.' He said: 'Let me go home to get my papers'. We said: 'We will handcuff you'."

Die hof het die eerste beskuldigde se navraag na die rede vir sy

arrestasie beskou as die ekwivalent van 'n "demand" om die lasbrief

ingevolge waarvan die arrestasie uitgevoer sou word, te sien, met

verwysing na die bepalings van art 36(4) van Wet 31 van 1917 (wat

ek vroeër aangedui het as die voorganger van art 29(2) van Wet 56

1955, hierbo aangehaal). Die hof het soos volg beslis (op 39 en

40):

42

" It is clear, therefore, that in spite of his inquiry as to the cause of his arrest the Grst-named accused, whom it was sought to arrest, was not informed of the purport or even the existence of the warrant by virtue of which the arrest was to be effected, and it follows from the terms of sec 36(4) of Act 31 of 1917, that the procedure adopted by the arresting

constables was wholly irregular

Consequently the apprehension or detention, which the
accused sought to resist or prevent, was not lawful within the
meaning of the sub-section, under which they were convicted,
nor was the custody, from which it was intended that the
first-named accused should be rescued "

Die beslissing dat die inhegtenisneming ("apprehension")

onregmatig was, was na my mening korrek.

Waar dit voor of ten tye van die inhegtenisneming reeds blyk

dat die arresteerder nie aan die vereistes van art 39(2) kan voldoen

nie, of gaan voldoen nie, dan bestaan daar geen rede vir die

onderskeid wat in die benadering van die howe in die bogemelde

sake gemaak is tussen die regmatigheid van die inhegtenisneming

en die onregmatigheid van die daaropvolgende aanhouding nie.

43

Dit geld vir die mededeling van die rede en die oorhandiging van 'n afskrif van die lasbrief. As in Mantu se geval daar geen lasbrief was nie en die polisie bloot op inligting die eerste beskuldigde wou gearresteer het, sou die aangehaalde getuienis steeds tot die slotsom gelei het dat die inhegtenisneming self onregmatig was.

Alhoewel die nakoming van die vereistes van art 39(2) nie noodwendig ten tye van die inhegtenisneming hoef te geskied nie, en daar dus in dié konteks gesê kan word dat die vereistes nie 'n bestanddeel van die inhegtenisneming is nie, stel die Wetgewer dit tog in die vooruitsig dat daar wel aan die vereistes voldoen kan word "ten tyde van die uitvoering van die inhegtenisneming". Hierdie woorde, en die gedagte daarin vervat, het nie in die. voorgangers van art 39(2) voorgekom nie. As die feite aantoon dat die arresteerder "ten tyde van die uitvoering van die

44

inhegtenisneming" te kenne gee dat hy nie by magte of nie van voomeme is om die statutêre voorskrifte na te kom nie, dan ontbreek daar enige feitlike grondslag vir 'n bevinding dat die inhegtenisneming nogtans regmatig is. Eweneens sal die inhegtenisneming onregmatig wees as die arresteerder nog voor die inhegtenisneming laat blyk dat hy nie die vereistes gaan nakom nie. Die bepalings van art 39(3), wat ek vroeër aangehaal het, doen nie afbreuk aan die voorgaande beskouing nie. Die "inhegtenisneming" waama in art 39(3) verwys word, die uitwerking waarvan is dat die gearresteerde persoon in wettige bewaring is, veronderstel klaarblyklik 'n regmatige inhegtenisneming. Die (regmatige) inhegtenisneming kan nie verstaan word om slegs te verwys na die Gsiese proses van die inhegtenisneming wat in subartikel (1) behandel word nie, want dan sou dit beteken dat die

45

nie-nakoming van die vereistes van subartikel (2) geen uitwerking kan hê op die regmatigheid van die aanhouding daarna nie; daardeur sou die vereistes van subartikel (2) wesenlik van alle krag beroof word, en dit is ondenkbaar dat die Wetgewer so iets kon beoog het. Art 39(3) veronderstel dus 'n inhegtenisneming wat ook aan die vereistes van subartikel (2) voldoen. Dit laat ruimte om die geval van 'n gearresteerde wat deur verset of ontvlugting die stiptelike nakoming van die vereistes van subartikel (2) prakties onmoontlik maak, nog steeds te behandel soos wat in R v West and Wild supra en R v September supra gedoen is, maar terselfdertyd verhinder dit nie die bevinding dat 'n inhegtenisneming onregmatig is wanneer dit voor of ten tye van die uitvoering daarvan duidelik is dat daar nie aan die vereistes van subartikel (2) voldoen gaan word nie.

46

In die huidige saak het Lerm, voordat hy aan die eiser gevat het en hom gesê het dat hy hom arresteer, dit duidelik gestel dat hy nie aan die eiser se versoek om die lasbrief te sien, kan voldoen voordat hulle by die polisiestasie kom nie. Soos vroeër bevind is, sou die oorhandiging van 'n afskrif van die lasbrief by die polisiestasie nie aan die vereistes van art 39(2) voldoen het nie. Om die redes hierbo uiteengesit, was Lerm se inhegtenisneming van die eiser dus onregmatig.

Uit die uittreksels uit die verhoorregter se uitspraak wat ek vroeër aangehaal het, blyk dit dat sy beskouing van die feite was dat Lerm sy onvermoë om dadelik 'n afskrif van die lasbrief te oorhandig, uitgespreek het voordat die arrestasie 'n aanvang geneem het. My siening van die feite is anders. Ek dink dat die proses van die inhegtenisneming reeds begin het toe Lerm homself

47

aan die eiser voorgestel het en aangekondig het dat hy daar is om die eiser te arresteer. Maar dié verskillende beskouings is van geen belang nie. Dit maak nie saak of Lerm se onvermoë om aan die vereistes van art 39(2) te voldoen aan die lig gestel is voor, of ten tye van, die uitvoering van die inhegtenisneming nie. Die resultaat bly dieselfde.

My gevolgtrekking is derhalwe dat die hof a quo tereg bevind het dat Lerm se inhegtenisneming van die eiser onregmatig was.

Daaruit volg dit vanself dat Lerm se aanhouding van die eiser ook onregmatig was. Die eiser was dus geregtig om op die vlug te slaan, en Lerm was nie geregtig om sy ontvlugting te stuit nie. Lerm se optrede, toe hy die eiser geskiet en verwond het, was gevolglik onregmatig.

Aangesien hierdie bevindings berus op Lerm se eie weergawe

48

van die gebeure, is dit onnodig om die eiser se weergawe in oorweging te neem. Dit is verder ook onnodig om enige van die ander aspekte van die saak wat in die betoog voor ons geopper is, te behandel. In die besonder is dit onnodig om die vraag te oorweeg of Lerm se aanwending van geweld nie in ieder geval die perke van redelikheid oorskry het nie. Die feit dat niks daaroor gesê word nie, moet egter nie uitgelê word as 'n stilswyende-goedkeuring deur hierdie hof van die wyse waarop Lerm die eiser geskiet het nie.

Die bevel van die hof a quo was korrek.

Die appèl word van die hand gewys, met koste.

A S BOTHA AR

Stem saam Nestadt AR Vivier AR Howie AR Plewman WnAR

▲ To the top