Sentrachem Ltd v Prinsloo (105/1995) [1996] ZASCA 133 (22 November 1996)


SaakNo 105/95

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

SENTRACHEM LIMITED APPELLANT

en

FRANS JOHAN PRINSLOO RESPONDENT

CORAM: E M GROSSKOPF, EKSTEEN, NIENABER, OLIVIER et ZULMAN ARR

DATUM VERHOOR: 2+3 SEPTEMBER 1996

DATUM GELEWER: 22 NOVEMBER 1996

UITSPRAAK EKSTEEN, AR:

Hierdie geding gaan oor aalwurms, dopluise en gif in mnr Prinsloo se sitrusboorde in Levubu. Die sitrus-aalwurm (oftewel

2

Tylenchulus semipenetrans) is 'n mikroskopiese organisme wat die wortels van sitrusbome binnedring en vemietig. Dit veroorsaak in die eerste plek verstopping in die wortels wat die opname van kalium verhoed en tweedens werk die openinge in die wortels wat deur die wurms veroorsaak word, wortelvrot in die hand. Die gevolg hiervan is dat die boom geleidelik agteruitgaan tot so 'n mate dat dit 'n winsgewende oes onmoontlik maak.

Die sitrus rooidopluis (Aonidiella aurantii) is nog 'n plaag wat die lewe van 'n sitrusboer versuur. Dit is 'n klein insek wat hom op die sitrusblare, stingels en vrug self vestig en dit parasiteer. As hulle toegelaat word om te gedy kan hulle veroorsaak dat van die blare en takke terugsterf; dat die blare en selfs die vrugte van die boom afval; en in ieder geval dat die vrugte so beskadig

3

word dat hulle onaanvaarbaar is vir die uitvoermark. Die wyfie dopluis lê eiers en wanneer hulle uitbroei skuil die kleintjies vir 'n rukkie onder haar dop voordat hulle uitkruip om hulle weg deur die wêreld te vind. Hierdie "kruipertjies" kruip 'n betreklike kort afstand van hul ma af en vestig hulself dan op 'n vrug of op 'n blaar. Daar gaan hulle deur verskillende stadia van ontwikkeling totdat hulle volwassenheid bereik en die hele kringloop weer van voor begin.

Rooidopluise kan bestry word deur die bome gereeld met 'n verskeidenheid van gifstowwe te bespuit. Dit is egter tydrowend en duur en nie altyd effektief nie omdat dopluise immuun raak teen sommige gifstowwe. Sitrusboere verkies dus om oor te gaan na 'n biologiese bestryding van die plaag. Daar bestaan 'n paar predatore wat op die dopluis teer, maar die effektiefste biologiese beheer is

4

deur middel van 'n wespetjie met die naam Aphytis Africanus. Dit is 'n inheemse insek wat die dopluis parasiteer deur sy eiers in die dopluis te lê, en wanneer hulle uitbroei, vreet die kleintjies die dopluis op. Wanneer aphytes eenmaal in 'n boord gevestig is beheer dit die dopluis plaag heel effektief, maar as dit blyk dat die dopluis te vinnig begin aanteel vir die aantal aphytes, dan gryp die boer in met die spuit van 'n aphytis-vriendelike middel - dws 'n middel wat, hoewel dit dopluis nie so effektief bestry soos ander middels nie, nogtans nie die aphytes sal doodmaak of verdryf nie. Hierdie vorm van beheer is dan nie meer suiwer biologies nie en staan bekend as "geïntegreerde biologiese beheer".

Vir 'n boer om oor te skakel van suiwer chemiese beheer na 'n biologiese of 'n geïntegreerde biologiese beheer, neem uiteraard

5

íyd en is betreklik duur. Die boer moet ophou spuit sodat die predatore en die aphytes hulle in die boprd kan vestig. Die oes word gevolglik aan die toenemende dopluis plaag blootgestel totdat die aphytes in genoegsame getalle in die boord kan kom, met 'n gevolglike vermindering en beskadiging van die oes. Die respondent het in 1984 tot geïntegreerde biologiese beheer oorgegaan en aphytis was van toe af behoorlik in sy boorde gevestig. Hulle het die dopluis effektief beheer.

Die gif in hierdie geding ter sprake is AC 92-100. Gedurende 1989 het Mnre Mark Rea en Hennie le Roux 'n gesprek met respondent se seun ("Prinsloo jnr") gehad waarin hulle hom vertel het van appellant se voorneme om hierdie gifstof vir die bestryding van aalwurms op die mark te bring. Rea was voorheen

6

as nematoloog (dws aalwurmdeskundige) by die Sitrusbeurs in diens

gewees, maar in 1989 was hy 'n tegniese adviseur by die appellant.

Le Roux was destyds ook 'n nematoloog. Hy was in diens van die

Sitrusbeurs as senior navorsingspatoloog. Dié twee het vir Prinsloo

jnr vertel dat hierdie middel, wat toe "Counter" geheet het,

doeltreffend by mielies en ander graangewasse aangewend is, dat die

appellant heelwat werk aan die middel gedoen het, en van voomeme

was om dit ook vir gebruik in die sitrusbedryf te laat registreer en

vry te stel. Rea het aangebied om as 'n guns 'n paar sakke Counter

aan Prinsloo jnr te gee sodat hy dit kon "beproef'. Respondent het

30 boorde op sy plaas en hierdie proef toediening is in die lente

(September-Oktober 1989) in slegs een van hierdie boorde gedoen,

met oënskynlike goeie gevolge. Vroeg in 1990 is Counter

7

geregistreer vir gebruik in die sitmsbedryf onder die naam AC 92-100. Om hierdie middel aan boere bekend te stel het appellant vroeg in Augustus 1990 'n loodsing-seminaar aangebied op 'n oord bekend as "Die Eiland". Prinsloo jnr is soontoe genooi en het dit bygewoon. Rea en le Roux was albei sprekers by hierdie geleentheid, asook appellant se produksiebestuurder, mnr H G van der Westhuizen. Die middel was op hierdie stadium geregistreer met 'n etiket wat die toediening van 40 gram per vierkante meter jaarliks in die lente, nadat die lemoen-oes afgehaal is, voorskryf. By die seminaar, egter, het le Roux daarop gewys dat die populasie-pieke onder aalwurms saamval met die drie wortelstuwings van die sitrusbome, nl in die lente, in die somer, en in die herfs. Hy was dus 'n voorstander van 'n sogenaamde "split-toediening", maw 20

8

gram in September, en 20 gram in Desember, of, nog beter 20 gram in September, 10 gram in Desember en 20 gram in die herfs. Rea het dit beaam. Beide hy en van der Westhuizen het verduidelik dat die middel nie goed oplos in water nie en dus moeilik opneembaar is deur die boom, met die gevolg dat daar geen residu in die vrugte gelaat word nie. Rea het vir Prinsloo jnr vertel dat hulle proewe met AC 92-100 op 'n groot sitrusplaas gedoen het. Daar sou hulle toedienings in September, Desember en in die herfs gedoen het en geen residu in die vrugte gekry nie. Die aalwurmtellings sou tot zero gedaal het.

Kort na hierdie loodsingseminaar op "Die Eiland" het Rea saam met ander verteenwoordigers van die appellant die respondent op sy plaas besoek om hom oor te haal om 'n besending

9

van die AC 92-100 te koop. Rea het weer uitgewei oor die doeltreffendheid van die middel en die split-toediening ten tyde van elk van die drie wortelstuwings sterk aanbeveel as die enigste effektiewe manier om die opeenvolgende generasies van aalwurms uit te wis. Hy het dit aan respondent duidelik gestel dat die toe-bestaande etiket slegs een toediening in die lente voorgeskryf het, maar dat dit in die proses was om verander te word en dat 'n tweede etiket binne afsienbare tyd geregistreer sou word om die drieledige split-toediening voor te skryf. Respondent is uitdruklik aangesê om nie die voorskrifte op die bestaande etiket te volg nie maar om die split-toediening toe te pas in die lente, die somer en die herfs. Dit is gemene saak dat Rea en die ander verteenwoordigers van die appellant daarvan bewus was dat die respondent geïntegreerde

10

biologiese beheer deur middel van aphytis in sy boorde toegepas het, en dat daar geen waarskuwing aan hom gerig was om enigsins versigtig te wees met die toediening van die gif wat dit betref nie. Dit is duidelik uit al die getuienis dat nóg die respondent nóg Rea, le Roux, van der Westhuizen, of enige ander verteenwoordiger van die appellant vir 'n enkele oomblik gedink het dat die gebruik van AC 92-100 die aphytes enigsins nadelig kon raak. So 'n oorweging het nooit eers by hulle opgekom nie.

Op sterkte van hierdie samesprekings het respondent 'n bestelling van die AC 92-100 by appellant geplaas en dit op al sy boorde, behalwe drie, gebruik. Die eerste toediening het in September 1990 onder die wakende oog van Rea self geskied. 'n Tweede toediening het in November-Desember gevolg en 'n derde in

11

Februarie-Maart.

Teen die middel van Februarie en vroeg in Maart het die voorkoms van dopluise in die boorde kommerwekkende afmetings begin aanneem en dit het duidelik geword dat daar nie meer aphytes was om hulle te bestry nie. Robert Muthuthuli, respondent se voorman op die plaas, was van mening dat die AC 92-100 die aphytes doodgemaak of verdryf het. Prinsloo jnr het skepties gestaan teenoor hierdie vermoede. Respondent het vir Rea geskakel en hom gevra of die gif dalk die aphytes kon doodgemaak of verdryf het. Rea het hom onomwonde verseker dat dit nie moontlik was nie. In die lig hiervan het die respondent gemeen dat die aphytes dalk tog later na die boorde sou kom. Om enigsins die aanwas van die dopluise te stuit, het hy besluit om in te gryp met 'n bespuiting van

12

'n aphytis-vriendelike middel met die naam "Applaud". Hy het reeds

vantevore hierdie middel gebruik. Hierdie middel maak nie die

volwasse dopluis dood nie maar tas slegs die onvolwasse stadia aan.

Dit het ook nie 'n baie lang nawerking nie en verjaag nie aphytes nie.

Dit het spoedig geblyk dat die aphytes nie terugkeer nie en die

dopluis plaag het in felheid voortgewoed. Na raadpleging met 'n

deskundige, Dr Kamburov, het respondent ten einde raad 'n meer

verwoestende gif, Lannate, gemeng met Bladbuff, gespuit. Dit het

sowel die dopluis as enige ander insekte in die boord doodgemaak.

Groot skade aan die oes was egter toe alreeds veroorsaak. Teen

hierdie tyd het respondent alle hoop laat vaar dat die aphytes ooit sou

terugkeer. Hy het uiteindelik ook tot die gevolgtrekking gekom dat

dit die AC 92-100 was wat die aphytes gedood of verdryf het. Hy

13

getuig dat na elke toediening van hierdie gif daar 'n skerp onaangename genr in die boorde was en hy het tot die slotsom geraak dat dit hierdie dampe was wat die aphytes verjaag het. Hy was hierin gesterk deur die oorweging dat die toediening van AC 92-100 die enigste afwyking was gedurende daardie oes-seisoen vergeleke met die gebruike van vorige jare en verder dat die drie boorde waar hy nie AC 92-100 toegedien het nie, 'n normale oes gelewer het. Desondanks het Rea en die ander verteenwoordigers van appellant in hul siening volhard dat hul gif nie aphytes kon affekteer nie. Dit was eers teen die einde van 1992 dat van der Westhuizen, as gevolg van respondent se ondervinding en soortgelyke ondervindings van ander boere in die omtrek, asook van verdere toetse en navorsing wat Appellant laat doen het, tot die ontnugtering gekom het dat AC 92-

14

100 wel 'n nadelige effek op aphytes het veral wanneer dit gedurende Januarie, Februarie en Maart, wanneer die aphytes in groot getalle in die boorde teenwoordig is en die dopluis dreig om aan te was, aangewend word, Hierdie bevindinge het aanleiding gegee tot 'n derde etiket wat in November 1992 deur appellant uitgereik is en wat die uitdruklike waarskuwing bevat het dat die somertoediening nie na 15 Desember, en die herfstoediening nie voor 1 April moet geskied nie.

Die respondent het die skade aan sy oes as gevolg van die verjaging van die aphytes na die toediening van AC 92-100 op R541 268.37 bereken en op 24 Augustus 1993 dagvaarding teen die appellant uitgereik vir die verhaal van hierdie bedrag. In sy besonderhede van eis het hy aangevoer dat:

15

(a) Appellant se verteenwoordigers, handelend in die uitvoering

van hulle pligte en binne die bestek van hulle diensooreenkoms

"wederregíelik en nalatiglik aan die eiser voorgestel het dat die gebruik van die middel AC 92-100 'n doeltreffende bestryding

van aalwurm sal wees sonder dat sodanige gebruik enige

ander plae sou bevorder en/of sonder dat dit 'n negatiewe invloed sou hê op bestryding van plae (meer in besonder dopluise) en derhalwe op die eiser se sitrus-oes;"

(b) die gemelde verteenwoordigers bewus was van die feit dat die
respondent die dopluise by wyse van biologiese beheer bestry;

(c) "As gevolg van die voormelde wederregtelike en nalatige

wanvoorstellings welke wanvoorstellings wesenlik was tot

die sluiting van 'n ooreenkoms vir die aankoop van die middel

AC 92-100 het die eiser 'n mondelingse ooreenkoms

gesluit "

vir die aankoop van 'n sekere hoeveelheid van die middel;

(d) as gevolg van die toediening van hierdie middel die respondent
se biologiese beheer vernietig of versteur is; en

16

(c) "As gevolg van verweerder se kontrakbreuk soos hiervoor

uiteengesit, het die eiser skade gely in 'n bedrag van

R541 268.37 "

In die alternatief het hy aangevoer dat:

  1. appellant die verspreider was van AC 92-100 wat hy voorgegee het ter voorkoming van aalwurm gebruik kon word sonder enige nadelige effek op die biologiese beheer van dopluise in die sitrusboorde;

  2. "Te alle redelike tye het daar 'n regsplig op .verweerder

gerus om te verseker dat die produk AC 92-100 effektief deur sitrusboere gebruik kon word sonder dat dit die biologiese beheer van dopluise in die sitrusboorde sou vernietig en/of versteur," en

(h) appellant hierdie regsplig nalatig verbreek het deur

onvoldoende toetse op die middel te doen ten einde te verseker

dat dit nie die biologiese beheer sou versteur nie, of anders om

17

die boere te waarsku teen sodanige moontlike versteuring.

Die besonderhede van vordering word dan afgesluit met die smeekbede vir betaling van R541 268.37, rente a tempore morae, en koste van die geding.

Die appellant het hierop gepleit. Hy het erken dat gedurende Augustus 1990 die produk AC 92-100 deur sy verteenwoordigers aan sitrusboere voorgehou is as geskik vir die gebruik teen aalwurms en dat gemelde verteenwoordigers te alle wesenlike tye bewus daarvan was dat respondent "geïntegreerde biologiese en chemiese plaagbeheer" op sy sitrusplaas toepas. Ook is erken dat appellant op verskeie geleenthede tussen November 1990 en Februarie 1991 hoeveelhede van die AC 92-100 aan respondent verkoop het maar appellant het hom teen die eis om skadevergoeding

18

verweer op grond daarvan

  1. dat, indien bevind sou word dat die voorstellings soos deur respondent beweer deur sy verteenwoordigers gemaak was, dit strydig was met die verkoopsvoorwaardes wat op die keersy van sy fakture verskyn en dat respondent hom dus nie daarop kon beroep nie, en

  2. dat respondent nie die middel in ooreenstemming met die geregistreerde etiket toegedien het nie.

Die uiteensetting van die gronde waarop respondent se eis gebaseer was, was geensins duidelik of bevredigend nie. Respondent se regsverteenwoordigers het dit besef en dit gerade geag om dit te vervang met 'n duideïiker en meer regsverant-woordbare uiteensetting. Gevolglik het hulle op 4 Julie 1994 die toe-bestaande

19

besonderhede van vordering in sy geheel deurgehaal en met nuwe besonderhede vervang. Die oorspronklike dagvaarding het egter bly staan.

Die nuwe besonderhede van vordering het uit 'n hoofeis gegrond op beweerde kontrakbreuk en drie alternatiewe eise bestaan. Die eerste van hierdie altematiewe eise is gegrond op 'n nalatige en valse voorstelling, wat respondent daartoe sou beweeg het om die kontrak aan te gaan. Die tweede berus op "nalatige wanbewerings" wat uitgeloop het op die verbreking van 'n regsplig om toe te sien dat die middel onskadelik sou wees vir die biologiese beheerstelsel wat destyds toegepas was. Die derde altematiewe eis was gegrond op nalatigheid aan die kant van appellant se verteenwoordigers deurdat hulle as verteenwoordigend van 'n deskundige handelaar in produkte

20

van daardie aard, aan die respondent voorgehou het dat AC 92-100

geen newe-effek sou hê op die biologiese plaagbeheerstelsel wat

respondent toegepas het nie.

In antwoord hierop het appellant 'n spesiale pleit van

verjaring geliasseer. Hierin word beweer dat:

"die skuldoorsake waarop Eiser in sy besonderhede van

vordering steun, het almal nie later as Februarie 1994

verjaar "

Daar word ook in die spesiale pleit beweer:

"Eiser het nie in sy besonderhede van vordering soos dit voor bovermelde wysiging gelees het op enige van die skuldoorsake gesteun waarop hy tans in sy besonderhede van vordering soos dit na bovermelde wysiging lees, steun nie."

In sy betoogshoofde voor ons het mnr Delport, wat

namens appellant verskyn het, van hierdie omvattende bewering

afgestap en toegegee dat respondent se eerste en derde alternatiewe

21

eise (op nalatige wanvoorstelling en op nalatigheid onderskeidelik gebaseer) wel in die oorspronklike besonderhede van vordering kenbaar was en dus nie verjaar het nie. In 'n alternatiewe betoog voer hy aan dat indien hierdie Hof tot die gevolgtrekking sou kom dat respondent se aanvanklike hoofeis op kontrakbreuk en nie op nalatige wanvoorstelling gegrond was nie, dan sou die hoofeis nie verjaar het nie maar wel die eerste altematiewe eis.

Die geleerde Regter a quo het hierdie spesiale pleit van die appellant verwerp en in dié verband oa staatgemaak op die beslissing van Colman R in Mazibuko v Singer 1979(3) SA 258(W).

Probleme ontstaan dikwels waar 'n eiser aksie instel en bepaalde bewerings in die besonderhede van vordering maak op grond waarvan gestel word dat die verweerder iets aan die eiser

22

skuld. Die eiser wysig later die besonderhede van vordering, soms

om die bewerings waarop gesteun word en soms om die omvang van

die skuld te verander. Die beswaar word dan opgewerp dat die

"skuld" ná die wysiging 'n ander "skuld" is as die waarop

oorspronklik staatgemaak is, en dat die nuwe skuld verjaar het. Dit

het ook in die onderhawige geval gebeur.

Artikel 15(1) van die Verjaringswet 68 van 1969 bepaal dat

verjaring gestuit word

"deur die betekening aan die skuldenaar van 'n prosesstuk waarin die skuldeiser betaling van die skuld vorder."

Dit dien daarop gelet te word dat daar nie van 'n skuldoorsaak of 'n

grond van aksie gepraat word nie, maar slegs van die vordering van

'n skuld.

In die meerderheidsuitspraak in Evins v Shield Insurance Co

23

Ltd 1980(2) SA 814(A) op 836 C-E sê Corbett AR:

"Where the plaintiff seeks by way of amendment to augment his claim for damages, he will be precluded from doing so by prescríption if the new claim is based upon a new cause of action and the relevant prescription period has run, but not if ít was part and parcel of the original cause of action and merely represents a fresh quantiGcation of the original claim or the addition of a further item of damages."

In Mazibuko v Singer (supra) op 265 D-E wys Colman R

daarop dat dit misleidend kan wees om in dié verband van 'n

skuldoorsaak ("cause of action") te praat, maar eerder van 'n

vorderingsreg ("right of action"). Die verskil tussen hierdie twee

begrippe word verder deur Trollip AR in 'n minderheidsuitspraak in

Evins se saak 825 F-H toegelig. Hy wys daarop dat "skuldoorsaak"

gewoonlik op die wesenlike feite slaan, wat in pleitstukke uiteengesit

word, om die vorderingsreg uit te maak waarop die skuld verhaal kan

24

word. Die geleerde Regter vervolg dan

"I am not sure that it necessarily follows that, because one
factual basis differs from another in some respect or respects,
separate or different rights of action arise; on the contrary,
both cases may nevertheless beget only one right of action or
debt, eg one for plaintiff s entire patrimonial loss. The cases
of Green v Coetzer 1958(2) SA 697(W) and Schnellen
v Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd 1969(1) SA
517(W) are apposite illustrations of that."

Hierdie opmerking is m.i. geensins strydig met die beginsels in die

meerderheidsuitspraak neergelê nie. Die vorderingsreg en die skuld

is dus slegs teenpole van 'n verbintenis, en waar die skuld verval,

verval die vorderingsreg ook (Erasmus v Grunow en 'n Ander

1978(4) SA 233(0) op 245 E en Evins se saak (supra) op 842 E-F).

Vir die doeleindes van die stuiting van verjaring is dit

dus nie nodig dat die dagvaarding, waardeur die skuldeiser poog om

betaling van sy skuld af te dwing, 'n skuldoorsaak hoef te openbaar

25

nie. (Trans-African Insurance Co Ltd v Maluleka 1956(2) SA 273(A), van Vuuren v Boshoff 1964(1) SA 395(T), Rooskrans v Minister van Polisie 1973(1) SA 273(T). Al is'n dagvaarding vir eksepsie vatbaar omdat dit geen skuldoorsaak openbaar nie, kan dit nogtans dien om verjaring van die skuld wat ge-eis word te stuit. Die enigste voorbehoud is dat die dagvaarding nie so gebrekkig moet wees dat dit 'n nulliteit is in die sin dat dit nie vatbaar is vir wysiging om die gebreke aan te suiwer nie. Die eintlike toets is om te bepaal of die eiser nog steeds dieselfde, of wesenlik dieselfde skuld probeer afdwing. Die skuld of vorderingsreg moet minstens uit die oorspronklike dagvaarding kenbaar wees, sodat 'n daaropvolgende wysiging eintlik sou neerkom op die opklaring van 'n gebrekkige of onvolkome pleitstuk waarin die vorderingsreg,

26

waarop daar deurgaans gesteun is, uiteengesit word. (Churchill v

Standard General Insurance Co Líd 1977(1) SA 506(A) op 517 B-C,

Maluleka se saak (supra) op 279C, Moekoena v S A Eagle Insurance

Co Ltd 1982(1) SA 780(0) en Frol Holdings (Pty) Ltd v Sword

Contractors CC 1996(3) SA 1016(0)). So 'n wysiging sal uiteraard

nie 'n ander vorderingsreg naas die oorspronklike kan inbring nie, of

'n vorderingsreg wat in die oorspronklike dagvaarding prematuur of

voorbarig was, te red nie, of om 'n nuwe party tot die geding te voeg

nie. (cf Churchill se saak (supra). Imprefed (Pty) Ltd v National

Transport Commission 1990(3) SA 324(T), Neon and Cold Cathode

Illuminations(Pty)Ltd v Ephron 1978(1) SA 463(A) en Park Finance

Corporation (Pty) Ltd v van Niekerk 1956(1) SA 669(T)).

In die onderhawige saak het die respondent deurgaans

27

dieselfde skuld van die appellant gevorder, nl die skade wat hy gely het as gevolg van die gebruik van AC 92-100 in sy sitrusboorde. Hy het geen nuwe partye probeer voeg nie en sy eis was deurgaans opeisbaar. Die uiteensetting van die skuldoorsake waarin hy hierdie skuld regtens geklee het was moontlik gebrekkig of onduidelik en dit was hierdie tekortkominge wat die wysiging gepoog het om op te klaar. Die skuld soos dit tans in die gewysigde pleitstukke uiteengesit word en self die skuldoorsake waarop nou gesteun word, was mi uit die oorspronklike besonderhede van eis kenbaar. Die appellant was dan ook deurgaans ten volle bewus gewees van respondent se bewerings en van al die wesenlike feite waarop die respondent sy beweerde skuld gevorder het. Daardie skuld het nie verander nie en is slegs deur die gewysigde pleitstukke duideliker

28

ingeklee en uiteengesit. Die geleerde regter a quo was dus reg om die spesiale pleit af te wys.

In die loop van die verhoor het die partye, met die instemming van die Hof, ooreengekom dat die geskil oor die quantum en die meriete geskei sou word. Die verhoor het dus slegs op die meriete voortgegaan. Dit is voorts ooreengekom dat die appellant se bewering dat respondent nagelaat het om sy skade te verminder ook by die meriete ingesluit word.

Die feite, soos ek hulle hierbo uiteengesit het, was

wesenlik gemene saak. Desondanks het die verhoor 13 hofdae

geduur en die appellant het 'n reeks besware teen aspekte van

respondent se getuienis ge-opper. Ek sal later hiema terugkeer.

Breedvoerige kruisverhoor is op alle fasette van die getuienis gevoer

29

en sake wat miskien nie direk deur die pleitstukke gedek is nie, is deurtastend bespreek. So wyd is die ondersoek van respondent se eis gevoer, dat dit met reg gesê kan word dat hierdie Hof op appél nie te noukeurig na tekortkominge in die pleitstukke hoef te kyk nie. Die appellant het by die verhoor aan hierdie uitbreiding van die geskilpunte meegedoen en is dus nie benadeel nie (Shill v Milner 1937 AD 101 op 105, Sentrachem Bpk v Wenhold 1995(4) SA 312(A) op 319 D-J). In elk geval wil dit vir my voorkom dat in die omstandighede van hierdie saak soos dit ook hierinlater sal blyk, dit nie veel saak maak of appellant se aanspreeklikheid in die sfeer van kontrak of delik geplaas word nie (cf Kroonstad Westelike Boere Kooperatiewe Vereenisins v Botha and Another 1964(3) SA 561(A), en Baver South Africa fPtvJ Ltd v Frost 1991(4) SA 599(A)).

30

Een van die punte waarop die appellant die respondent aangeval het, was dat beide hy en Prinsloo jnr hulle voorgedoen het as deskundiges terwyl hulle dit nie was nie. Albei hierdie getuies het deskundige kennisgewings ingevolge hofreël 36(9)(b) verstrek. Respondent was 'n elektriese ingenieur maar sedert 1978 was hy alleeneienaar van die plaas Redbank te Levubu. Daar het hy met ge-integreerde plaagbeheer ge-eksperimenteer en dit effektief in sy boorde toegepas en gemoniteer. Prinsloo jnr het 'n BSc graad in landbou-ekonomie verwerf voordat hy saam met die respondent op Redbank gaan boer het. In hul getuienis het albei beklemtoon dat hulle slegs deskundiges is op die gebied van die sitrusboerdery en die plaagbestryding op die plaas Redbank in Levubu. Dat so 'n beperkte veld nogtans deskundigheid kan verg, blyk uit die getuienis van

31

Endemann, 'n entomoloog wat deur die appellant geroep is. Hy gee toe dat elke boord sy eie mikroklimaat het en op sy eie besondere manier behandel moet word om plae soos rooidopluis te beheer. Gesien die gesofstikeerde boerdery-metodes van respondent en die Prinsloos se wetenskaplike benadering tot die boerdery, meen ek dat die geleerde Regter a quo geregtig was om hulle as deskundiges te beskou en is appellant nie daardeur benadeel nie.

Sowel by die verhoor a quo as in hierdie Hof het die appellant aangevoer dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat die respondent nie probeer voorgee het dat die blootgelegde verkennersverslae al die verslae was wat in die betrokke seisoen opgeneem is nie. Dit is 'n bloot feitelike geskil wat ek nie van voorneme is om breedvoerig te behandel nie. Volgens respondent

32

se getuienis het 'n span verkenners weekliks deur die boorde gegaan om die voorkoms van plae, o.a. rooidopluis, op die bome te moniteer. Elkeen het 'n vorm gehad waarop hy sy waamemings moes aanteken. Al hierdie verslae is dan aan die respondent en daama aan Prinsloo jnr gegee. Hieruit kon gesien word of daar enige tekens van plae was en, indien wel, wat die omvang daarvan was. Volgens respondent was die verslae nie almal bewaar nie en dié wat hy wel blootgelê het, was maar dié wat hy nog op die plaas kon vind. Nogtans was hy van mening dat hulle 'n redelike getroue beeld gee van die aanwas van die dopluisplaag gedurende die betrokke tydperk. Die geleerde verhoorregter het die getuienis van die respondent en Prinsloo jnr in dié verband aanvaar. Ek vind geen aanduiding op die getuienis dat respondent ooit probeer voorgee het dat hy al die

33

verslae voor die Hof geplaas het nie. Ek volstaan dus by my

oorwoë mening dat die Hof a quo nie in hierdie opsig fouteer het nie.

Die respondent het in hoofsaak by die verhoor gesteun

op die beslissing van hierdie Hof in Kroonstad Westelike Boere-

Kooperatiewe Vereeniging Bpk v Botha (supra). In daardie saak het

die respondent skadevergoeding van die appellant ge-eis weens skade

wat hy gely het aan sy sorghum oes nadat hy dit met 'n gifstof, wat

hy van appellant gekoop het, gespuit het. Die gifstof was bedoel om

luise in die sorghum dood te maak. Dit is beweer dat daar 'n

stilswyende bepaling was dat die gifstof geskik sou wees vir die doel

waarvoor dit gekoop was en dat dit geen verborge gebrek sou hê wat

nadelig sou wees vir die oes nie. Die toediening van die gif het

egter aansienlike skade aan die oes veroorsaak. Die respondent het

34

gesteun op die feit dat die appellant 'n handelaar in gifstowwe was;

dat hy voorgegee het om kennis te dra van die gifstowwe wat hy

verkoop en dat die gif aan respondent verkoop is met die wete dat

respondent dit sou gebmik om luise in sy sorghum te bestry.

Holmes AR het die posisie van 'n handelaar in so 'n geval oorweeg

en op 571G-572A ons reg soos volg verwoord:

" liability for consequential damage caused by latent defect

attaches to a merchant seller, who was unaware of the defect where he publicly professes to have attributes of skill and expert knowledge in relation to the kind of goods sold. (It is not intended here to draw any distinction between the words 'merchant' and 'dealer').

Once it is established that he does fall within that category,

the law irrebuttably attaches to him the liability in question, save only where he has expressly or by implication contracted out of it."

In die onderhawige geval is dit gemene saak dat die appellant 'n handelaar is in gifstowwe wat voorgee om oor

35

deskundige kennis en vaardigheid ten opsigte van die produkte wat hy verkoop, te beskik. Dit is ook gemene saak dat appellant se verteenwoordigers wel deeglik daarvan bewus was dat respondent die AC 92-100 aangekoop het om in sy sitrusboorde te gebruik en dat hulle ook daarvan bewus was dat hy geïntegreerde biologiese beheer van die dopluis plaag toegepas het. Dit word ook nie betwis dat appellant se verteenwoordigers nooit vir respondent gewaarsku het dat die gebruik van AC 92-100 die aphytes sou verdryf nie. Daar was ook geen geskil oor die feit dat respondent die AC 92-100 gebruik het en dat daar na die toediening daarvan geen aphytes meer in sy boorde was nie.

Die appellant het aangevoer dat respondent nie bewys het dat daar enige aphytes in die boorde teenwoordig was voor die

36

toediening van die AC 92-100 nie. Daar is aangevoer dat hul besmoontlik deur die bespuiting met ander gifstowwe verdryf kon gewees het. Beide respondent en Prinsloo jnr het hierdie aantygings betwis en getuig dat hul bespuitingsprogram gedurende die relevante tydperk geensins verskil het van dié wat hulle in vorige jare toegepas het nie. Hulle het getuig dat die dopluisplaag effektief beheer was deur die aphytes, totdat dit vroeg in 1991 handuit geruk het. Hulle het toe vir die eerste keer van die afwesigheid van aphytes bewus geword. Hierdie getuienis is deur die Hof a quo aanvaar en dit weerlê klaarblyklik die besware van die appellant. Daar bestaan dus geen rede om van die geleerde verhoorregter in hierdie verband te verskil nie.

Appellant se wesenlike verweer kom daarop neer dat

37

respondent by die toediening van die AC 92-100 hom nie gehou het by appellant se "gebruiklike verkoopsvoorwaardes" wat op die keersy van sy verkoopsfakture en afleweringsnotas verskyn nie en veral dat respondent hom nie gehou het by die voorskrifte vir toediening wat op die etiket verskyn nie. In die alternatief is aangevoer dat respondent hom nie eens gehou het by die aanbevelings van appellant se verteenwoordigers oor die "split-toediening" van die middel nie.

Die beweerde verkoopsvoorwaardes waarop appellant gesteun het, verskyn agter op die afleweringsnotas wat as bewysstukke voor die verhoorhof gedien het. Die respondent het getuig dat hy op geen stadium voor die plasing van sy bestellings hierdie sogenaamde "voorwaardes" gesien het nie. Die voorwaardes is dan ook in sulke fyn skrif gedruk dat by die verhoor nóg die

38

respondent nóg die voorsittende Regter dit kon lees. Geen poging is aangewend om gehoor te gee aan die geleerde Regter se voorstel dat 'n vergrootglas verkry moes word om die dokument te kon lees nie. Die respondent se getuienis is dan ook dat hierdie "voorwaardes" nooit pertinent onder sy aandag gebring was voor of na die plasing van sy bestellings nie en dat hy na aflewering nie na die aOeweringsnotas gekyk het nie. Respondent het dus nooit daartoe ingestem nie en die aankoop van die gif is nooit daaraan onderhewig gestel nie. Om in hierdie omstandighede die "voorwaardes" as bindende terme van 'n kontrak tussen die appellant en die respondent te beskou, kom my voor as 'n uiters kunsmatige redenasie.

Wat die etiket betref is dit gemene saak dat appellant se verteenwoordigers in die bekendstelling van AC 92-100 op "Die

39

Eiland" die "split-toediening" aanbeveel het i.p.v. die enkel-toediening wat op die toe-bestaande etiket voorgeskryf was. Rea het ook uitdruklik vir respondent op Redbank gesê om die etiket te ignoreer daar 'n gewysigde etiket geregistreer word en binne die afsienbare toekoms gepubliseer sou word. Appellant kan dus kwalik steun op die voorskrifte van die etiket. Dit is ook nie met enige oortuiging voor ons betoog nie.

Mnr Delport het egter betoog dat respondent selfs nie die mondelingse aanwysings van Rea en die ander verteenwoordigers van die appellant nagekom het nie. Rea het 'n drieledige split-toediening voorgeskryf, nl in September, Desember en in die herfs om saam te val met die drie wortelstuwings van die sitrus bome. Respondent het wel in September sy eerste toediening gemaak. Die tweede het

40

in Desember begin en na die begin van Januarie oorgeloop, en die derde het reeds in Februarie begin. Respondent het aangevoer dat op Redbank en in Levubu die herfs wortelstuwing so vroeg as Februarie begin.

Dit dien daarop gelet te word, dat soos reeds hierbo genoem, daar op daardie stadium geen vermoede by enigeen bestaan het dat AC 92-100 aphytis enigsins kon benadeel nie. Selfs mnr Warren Brooks, wat in beheer was van appellant se navorsing en produkteontwikkeling, en wat vir appellant by die verhoor getuig het, het toegegee dat weens hulle onkunde op daardie stadium Rea en al appellante se ander beamptes, heeltemal genoeë sou geneem het met die toediening van AC 92-100 te enige tyd van September tot en met April. Die begrip "herfs" is uiteraard 'n redelik vae aanduiding van

41

tyd. Hierdie denke word weerspieël in 'n pamflet deur appellant voorberei, maar wat nooit versprei is nie, waarvolgens die lente-toediening te enige tyd tussen September en November kon geskied, die somer-toediening tussen November en Januarie en die herfs-toediening te enige tyd tussen Februarie en April. 'n Afdruk van hierdie pamflet het per toeval in respondent se hande gekom. Brooks sê dat hy hierdie pamflet eers in Mei of Junie 1992 gesien het, nadat proewe vasgestel het dat AC 92-100 wel 'n nadelige uitwerking op aphytis gehad het. Dit was een van die redes waarom hy opdrag gegee het dat hierdie pamflet nie versprei moet word nie. As dit dan die denke van al appellant se verteenwoordigers was teen die einde van 1990 en die eerste helfde van 1991, sou dit nooit - en het dit ook nooit - by Rea opgekom om

42

enige sweem van 'n waarskuwing teenoor respondent uit te spreek oor die aanwending van die middel te enige tyd tussen 15 Desember en 1 April nie. Appellant se navorsers het eers in 1992, as gevolg van toetse wat toe gedoen was, tot die ontnugtering gekom dat AC 92-100 wel aphytis verdryf en dat die toediening tussen gemelde datums groot skade aan die oes kon meebring. Na my mening kan die appellant gevolglik nie staat maak op 'n beweerde versuim om Rea se mondelingse voorskrifte, sover hulle as voorskrifte beskou kan word, na te kom nie. Brooks gee dan ook toe dat respondent die middel volkome binne die raamwerk van appellant se toe-bestaande literatuur toegedien het.

Die feit dat AC 92-100, wat vir die bestryding van aalwurms in sitrusboorde ontwerp is, die newe-effek gehad het om

43

die geïntegreerde biologiese bekamping van ander plae te vernietig, en daar geen waarskuwing in hierdie verband gerig was nie, skyn vir my 'n verborge gebrek by die middel te wees. Dit is voldoende om die appellant se aanspreeklikheid binne die raamwerk van die beginsel in Kroonstad Westelike Boere Kooperatiewe Vereeniging Bpk v Botha (supra) te plaas en die feit dat appellant nie bewus was van die verborge gebrek kan hom nie van sy aanspreeklikheid vrywaar nie. Appellant se onkunde oor die nadelige uitwerking van die middel op aphytis was, op die getuienis, in elk geval te wyte aan sy nalate om voldoende toetse te doen voordat dit aan sitrusboere vrygestel was. Die getuienis dui daarop dat die middel in Suid-Amerika met welslae op piesangbome toegepas was en in Suid-Afrika op mielies, maar dit was nooit voldoende op sitrusboorde getoets

44

voordat dit vrygestel was nie.

Nog een van appellant se besware teen respondent se vordering is dat hy versuim het om effektiewe stappe te doen om die omvang van sy skade te beperk nadat hy daarvan bewus geword het dat die dopluis-infestasie toeneem en dat die aphytis skynbaar afwesig was. Twee van appellant se getuies - Brooks en de Beer -het getuig dat hulle op 20 Maart 1991 Redbank besoek het en deur die boorde geloop het. In sekere boorde het hulle 'n matige dopluisbesmetting waargeneem en in ander 'n meer emstige besmetting. Hulle getuig dat Brooks daarna vir Prinsloo jnr aangeraai het om die bome met Lannate en olie te bespuit ten einde die dopluise dood te maak. Dit is gemene saak dat respondent nie op daardie stadium met Lannate laat spuit het nie, maar dat hy dit

45

eers sowat 'n maand later gedoen het. Prinsloo jnr het die besoek van Brooks en de Beer, saam met ene Smit, onthou, maar hy ontken dat Brooks vir hom die raad gegee het om met Lannate te spuit. Aanvanklik het hy gesê dat hy hom nie so 'n gesprek kan herinner nie, maar later het hy dit betwis en verskeie redes vir sy ontkenning aangevoer, o.a. dat geen so 'n gesprek in Smit se dagboek verskyn nie. Smit het 'n dagboek gehou wat by die Hof a quo ingehandig is, waarin daar 'n verwysing na hul besoek aan Redbank verskyn. Die verhoorregter het Prinsloo jnr se geíuienis in dié verband aanvaar en dié van Brooks en de Beer verwerp.

Respondent, soos hierbo genoem, het op daardie stadium uog geglo dat die aphytes na die boorde sou terugkom en die dopluise beheer. Hy is hierin gesterk deur die versekering van

46

appellant se verteenwoordigers dat AC 92-100 nie die aphytes kon verdryf nie. Daarom het respondent besluit om sy bome met Applaud te bespuit. Hy het hierdie middel vantevore gebmik en geweet dat dit aphytis-vriendelik was. Dit sou wel nie die dopluise doodmaak nie, maar slegs die aanteel aan bande lê deur te verhoed dat die kruipertjies volwassenheid bereik. Eers toe hy besef het daí die aphytes nie gaan terugkeer nie het hy die dopluise met 'n bespuiting van Lannate en Bladbuff bestry. Hierdie gifstowwe het, soos reeds gemeld, alle ander insekte ook doodgemaak en 'n einde gemaak aan alle biologiese beheer.

Om in sy beswaar te slaag moes die appellant bewys het dat repondent nalatig was in die sin dat hy versuim het om redelike stappe te doen om sy skade te beperk (Hazis v Transvaal and

47

Delagoa Bay Investment Co Ltd 1939 AD 372 op 388-9, Whitfield v Philips and Another 1957(3) SA 318(A) op 338 en Jayber (Pty) Ltd v Miller and Others 1980(4) SA 280(W) op 285 G-H). Appellant moet dus bewys dat respondent onredelik opgetree het om nie reeds in Maart 1991 die verwoestende gif Lannate te gebruik nie, of, anders gestel, dat hy onredelik was om te verwag dat die aphytes nog sou terugkeer. Die verhoorregter het bevind dat respondent nie onredelik opgetree het onder die heersende omstandighede nie. Ek sien geen rede om hierin van hom te verskil nie.

Die Hof a quo het gevolglik vir respondent gelyk gegee op die meriete van die saak en die appellant beveel om respondent se koste te betaal op die skaal soos tussen prokureur en eie kliënt. Teen hierdie kostebevel kom appellant ook in hoër beroep.

48

Die gewone kostebevel wat 'n hof teen 'n onsuksesvolle

litigant maak, is 'n bevel dat koste getakseer word soos tussen party

en party. In so 'n geval sal 'n takseermeester hom laat lei deur 'n

tarief van fooie wat in die hofreêls opgeneem is. Die suksesvolle

litigant sal dan nie al sy koste van sy íeenparty kan verhaal nie. Hy

sal aanspreeklik teenoor sy prokureur bly vir die kostes wat hy nie

van die teenparty kon verhaal nie. In sekere gevalle kan 'n Hof

egter beveel dat die koste soos tussen prokureur en kliënt betaal moet

word. So 'n bevel kan gemaak word waar die Hof sy misnoeë te

kenne wil gee met die gedrag van die onsuksesvolle party. Maar in

Nel v Waterberg Landbouwers Ko-operatiewe Vereeniging 1946 AD

597 op 607 sê Tindall AR.

"The true explanation of awards of attomey and client costs not expressly authorised by Statute seems to be that, by reason

49

of special considerations arising either from the circumstances which give rise to the action or from the conduct of the losing party, the court in a particular case considers it just, by means of such an order, to ensure more effecíually than it can do by means of a judgment for party and party costs that the successful party will not be out of pocket in respect of the expense caused to him by the litigation. Theoretically, a party and party bill taxed in accordance with the tariff will be reasonably sufficient for that purpose. But in fact a party may have incurred expense which is reasonably necessary but is not

chargeable in the party and party bill Therefore in a

particular case the Court will try to ensure, as far as it can, that the successful party is recouped. I say 'as far as it can' because there may be a considerable difference between the amount of the attomey and client bill which a successful party is bound to pay to his own attomey and the amount of an attorney and client bill which has been taxed against the losing

party

Where the attomey and client costs are to be paid by the opposite party, the taxation should be stricter than in a taxation between attomey and client where the costs are to be paid by

the client to his attomey Thus the award of attomey and

client costs against the losing party really demands what may be termed an intermediate basis of taxation."

'n Bevel dat die onsuksesvolle party sy teenparty se koste

50

op die skaal soos tussen prokureur en sy eie kliënt moet betaal, moet dus gesien word as 'n poging deur die Hof om 'n stap verder te gaan as 'n gewone bevel van koste tussen prokureur en kliënt, om toe te sien dat die suksesvolle party van alle redelike koste van die litigasie gevrywaar word. (cf Delfante and Another v Delta Electrical ïndustries Ltd and Another 1992(2) SA 221(C) op 233B In re Alluvial Creek Ltd 1929 CPD 532 op 535). Taksasie sal dan op 'n meer toegeeflike of liberale skaal geskied, maar dit sal nog nie buitensporige of onredelike kostes sanksioneer nie (Cambridge Plan AG v Cambridee Diet (Pty) Ltd and Others 1990(2) SA 574(T) op 589 D-G, Malcolm Lyons & Munroe v Abro and Another 1991(3) SA 464(W) op 469 D-E). Dit is uiteraard 'n uitsonderlike bevel wat nie sonder grondige redes gemaak sal word nie. Ek wil nie nou

51

spekuleer oor wat daardie redes moet wees nie. Elke saak sal van sy eie omstandighede afhang en waar 'n kostebevel 'n diskresionêre bevel is en die verhoorregter 'n regterlike diskresie uitgeoefen het, sal 'n Hof van appél nie geredelik met die uiíoefening van daardie diskresie inmeng nie.

Een van die aspekte wat die geleerde Regter a quo beweeg het om so 'n bevel te maak was die houding wat appellant se verteenwoordigers ingeneem het gedurende Julie 1991 toe respondent by hulle gekla het dat die AC 92-100 sy aphytes verjaag het. Respondent het tydens hierdie gesprek die moontlikheid van 'n regsgeding te berde gebring want op 19 Julie 1991 het Rea vir Prinsloo jnr gebel en, volgens laasgenoemde se getuienis, het Rea vír hom gesê dat hy hoop dat hulle oor die flnansies beskik om met

52

appellant in 'n hofgeding betrokke te raak. Hy het verder gedreig

dat indien respondent sou voortgaan met sy bewering dat die AC 92-

100 die aphytes verjaag het en so die goeie naam van appellant se

produk skend, appellant 'n teeneis teen respondent sou instel en R2

miljoen skadevergoeding sou eis. Respondent het hierop in 'n brief

van 21 Julie 1991 sy misnoeë met Rea se "intimideerende houding"

uitgespreek. Ongelukkig is Rea voor die aanvang van die verhoor

oorlede en dus was sy weergawe van die gesprek nie voor die Hof

nie. Daar is egter 'n interne memorandum wat deur Rea opgestel is

voor die Hof geplaas waaruit dit wil voorkom dat Rea in opdrag van

meer senior amptenare opgetree het in sy gesprek met Prinsloo jnr.

Dit is nie deur appellant in getuienis weerspreek nie en geen verdere

opheldering van die gebeure is voor die Hof geplaas nie. Hierdie

53

dreigement dat dit respondent suur sou bekom indien hy dit sou waag

om met so 'n sterk maatskappy soos die appellant in 'n hofgeding

betrokke te raak en hom so te probeer afskrik om enige skade waarop

hy geregtig mag wees te probeer verhaal, bly dus staan as tekenend

van appellant se benadering tot die hele saak. Dit is hoe die

verhoorregter dit gesien het. Hy meld dan ook dat:

"Die hele saak van die verweerder was 'n suspisieuse ondersoek van elkeen van die eiser se dokumente met die oog daarop om een of ander onheiligheid oop te krap en aan die kaak te stel."

Hy wys daarop dat in die appellant se eerste verweerskrif hy erken

het dat respondent biologiese beheer in sy boorde toegepas het, maar

dat hy dit in sy gewysigde verweerskrif sonder meer ontken het. By

die verhoor het dit gemene saak geblyk te wees het. Appellant se

verskoning was dat respondent eintlik nie suiwer biologiese beheer

54

toegepas het nie, maar wel geïntegreerde biologiese beheer. Dit is bloot spitsvondige semantiek met die opset om maar net nog 'n struikelblok in respondent se pad te probeer lê. Dit bly boonop insiggewend dat by die voorverhoorkonferensie appellant by navraag pertinent ontken het dat respondent "ge-integreerde plaagbeheer met die dopluis onder biologiese beheer toepas".

Nog 'n aspek wat die verhoorregter beïnvloed het was die gedrag van mnr Endemann, 'n entomoloog wat deur appellant as getuie geroep is. Tydens sy kruisverhoor van respondent het mnr Delport verwys na 'n artikel deur ene Tiaan Schutte wat in die "Citms Journal" van 31 Mei 1994 verskyn het. Daarin het die skrywer beweer dat daar drie wortelstuwings elke seisoen by sitrusbome voorkom - een in September, een in Desember-Januarie

55

en een in Maart-April. Respondent wou dit nie sonder meer so aanvaar nie, en het die mening uitgespreek dat die derde wortelstuwing in sy boorde so vroeg as Februarie kan plaasvind. Hierop het mnr Delport aangedui dat hy desnoods vir mnr Schutte sou roep om sy mening deur getuienis te bevestig. Hy het nie vir Schutte geroep nie, maar vir Endemann gevra om daaroor te getuig. Endemann het na Schutte se artikel verwys en die mening daarin uitgespreek onderskryf. Teen die einde van sy getuienis het respondent se advokate toevallig ontdek dat Endemann 'n brief van Tiaan Schutte in sy besit gehad het waarin Schutte met verwysing na sy artikel, aandui dat as gevolg van verdere navorsing hy sy aanvanklike mening verander het en nou tot die gevolgtrekking gekom het dat daar vier of selfs vyf wortelstuiwings tot en met April

56

kan voorkom, afhangende van klimaatsomstandighede. Endemann het toegegee dat dit 'n onlangse brief van Schutte was wat aan appellant se prokureur gerig was klaarblyklik met die oog op die verhoor en dat hy dit gelees het 'n dag of wat voordat hy kom getuig het. Desondanks het Endemann dwarsdeur sy getuienis volgehou dat daar slegs drie wortelsíuwings plaasvind en verwys na Schutte se artikel ter stawing daarvan. Op geen stadium het hy na Schutte se brief verwys totdat hy deur respondent se advokaat daarmee gekonfronteer was nie. As Schutte se gewysigde mening juis is en die laaste wortelstuwing in April plaasvind, dan wil dit voorkom dat respondent reg was met sy bewering dat daar op Redbank 'n wortelstuwing so vroeg soos Februarie kon plaasvind. Toe Endemann daarop gewys is, het hy dit probeer afmaak deur

57

voortdurende die advokaat se vrae te ontwyk met irrelevante en soms sinnelose antwoorde. Die verhoorregter het in sy uitspraak Endemann hiervoor verkwalik en sy houding as "eienaardig" bestempel.

Soos ek reeds daarop gewys het, het die saak 'n verbasende 13 hofdae geduur ten spyte daarvan dat soveel van die feite waarop respondent vir sy saak gesteun het uiteindelik by die verhoor gemene saak was. Gednrende hierdie lang uitgerekte verhoor is alle denkbare besware teen respondent se saak ge-opper, hoe onbeduidend sommige van hulle ook al was.

Voordat die verhoor begin het, het appellant uit sy eie toetse geweet dat AC 92-100 aphytis verjaag en dat die toediening daarvan gedurende die tydperk vanaf die middel van Desember tot

58

die einde Maart katastrofale gevolge kon hê. Appellant het ook geweet dat respondent, soos meeste ander boere in die omtrek, ge-integreerde biologiese beheer van dopluise toegepas het en dat hierdie beheer vemietig is deur die aanwending van Lannate. Desondanks het appellant voortgegaan met verwere soos die nie-nakoming van die voorskrif op die etiket en van die gewaande voorskrifte van Rea, terwyl appellant geweet het dat al sy eie deskundiges onder die indruk was dat AC 92-100 heeltemal onskadelik vir aphytis was. Geen poging is deur die appellant aangewend om die saak met respondent op te los nie. Inteendeel het appellant respondent gedreig om hom te ruïneer as hy dit sou waag om hof toe te gaan.

By die oorweging van al hierdie omstandighede het die geleerde verhoorregter tot die gevolgtrekking gekom dat dit "verkeerd

59

en onbillik" sou wees om respondent te belas met enige prokureur en kliënt koste. Hy het 'n regterlike diskresie uitgeoefen in sy bevel dat appellant die koste soos tussen prokureur en eie kliënt moes betaal en ek kan geen rede vind om met hierdie uitoefening van sy diskresie in te meng nie.

By die voorbereiding van die oorkonde vir doeleindes van hierdie appèl het appellant sekere dokumente wat voor die verhoorhof was, nie by die oorkonde ingesluit nie. Ander was weer getranskribeer op so 'n wyse dat iets van die oorspronklike dokument voor die verhoorhof verlore gegaan het. Respondent het hierteen beswaar gemaak en appellant het onderneem om die saak reg te stel. By nakoming van hierdie onderneming is 'n verdere twee volumes by die oorkonde gevoeg. By die aanvang van hierdie appèl het

60

appellant kondonasie gevra vir sy versuim en vir die toelating van hierdie twee volumes. Kondonasie is toegestaan, maar op versoek van mnr Pretorius, namens die respondent, het die koste van hierdie aansoek oorgestaan tot aan die einde van die betoog op die appèl.

In sy betoogshoofde het mnr Pretorius gevra dat indien die appèl van die hand gewys word, die appellant gelas moet word om die koste van die appèl ook op die skaal soos tussen prokureur en eie klient te betaal. Hy het egter in sy betoog voor ons hierdie houding laat vaar, maar hy het gevra dat appellant beveel moet word om die koste van sy aansoek om kondonasie op daardie skaal te betaal. Hy het daarop gewys dat weens appellant se versuim respondent se advokate genoop was om self die oorkonde deur te gaan om te bepaal watter dokumente ingevoeg moes word en watter

61

transkripsies onvoldoende was. Die feit dat hierdie dokumentasie twee aanvullende volumes beslaan het is 'n aanduiding van die omvang van hierdie taak.

Na my mening is daar geen genoegsame redes om in hierdie geval 'n uitsonderlike kostebevel te maak nie, maar dat appellant wel beveel moet word om die koste van die advokate om die oorkonde in die reine te bring, te betaal.

Bygevolg word die appèl met koste van die hand gewys, sodanige koste om die koste van twee advokate in te sluit.

Appellant word ook beveel om die koste van sy aansoek om kondonasie te betaal, welke koste die koste van respondent se

62

advokate om die oorkonde na te gaan, insluit.

J P G EKSTEEN APPèLREGTER

E M GROSSKOPF, AR )

NIENABER, AR )

OLIVIER, AR ) Stem saam

ZULMAN,AR )

▲ To the top