Venter NO en 'n Ander v Carels (634/1994) [1996] ZASCA 52 (23 Mei 1996)


bw Saaknommer 634/94

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen

C J VENTER N.O.

EN R.D. DU PLESSIS N.O. Appellante

en

R CARELS Respondent

CORAM: BOTHA, SMALBERGER, NIENABER,

OLIVIER ARR et ZULMAN WndAR

Verhoordatum: 16 Mei 1996 Leweringsdatum: 23 Mei 1996

UITSPRAAK

BOTHA AR:

2

Die appellante is die mede-kurators in die insolvente boedels van die Wilge Delta vennootskap en sy eertydse vennote, PGB Koen en MJ Koen. Voor die sekwestrasie van die boedels van die vennootskap en die vennote het die vennootskap 'n Volkswagen motorvoertuig aangekoop van Volkskas Bank ingevolge 'n afbetalingsverkoopooreenkoms, in terme waarvan die eiendomsreg van die voertuig ten gunste van die verkoper voorbehou is totdat die laaste paaiement van die koopprys afbetaal is. Ten tye van die sekwestrasie was daar nog 'n aansienlike bedrag van die koopprys verskuldig. Intussen het die vennootskap die voertuig herverkoop, en na nog 'n paar herverkope het die voertuig uiteindelik beland by die respondent, wat ten tye van die sekwetrasies in die besit daarvan was.

Die appellante het in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling 'n aansoek teen die respondent ingestel vir die lewering van die voertuig

3

aan die appellante. Die grondslag van die aansoek was dat, ingevolge

die bepalings van artikel 84(1) van die Insolvensiewet 24 van 1936, 'n

stilswyende hipoteek oor die voertuig gevestig is ten gunste van

Voikskas Bank ter versekering van die uitstaande balans van die

koopprys, met die gepaardgaande gevolg dat die eiendomsreg van die

voertuig op die appellante oorgegaan het. Die hof a quo het

aanvanklik 'n bevel nisi ten gunste van die appellante uitgereik met die

volgende bepalings:

"1 That a Rule Nisi do issue calling upon the Respondent to appear and to show cause, if any, to this Court on the 30th day of August 1994 why a final order should not be made:-

  1. Directing Respondent to surrender Volkswagen Combi 1991 mode 2.5i, engine number AAY 002527 AND CHASSIS NUMBER 20 ZMV 002920 to the Applicants.

  2. Authorizing and directing the Deputy Sheriff to take the said vehicle into his possession wherever it may be found,

4

and to retum it to the Applicant.

c) Ordering the Respondent to pay the costs of this application.

2 Pending the retum day, paragraphs l(a) and l(b) above are to be put into immediate effect."

Op die keerdatum van die bevel nisi het die respondent die bekragtiging daarvan bestry, op die enkele grond dat, volgens die beslissing in UDC Bank Ltd v Seacat Leasing and Finance Co (Pty) Ltd and Another 1979(4) SA 682 (T), die bepalings van artikel 84(1) van die Insolvensiewet nie van toepassing is waar die insolvent nie ten tye van die sekwestrasie in die besit van die betrokke roerende saak is nie. Die beslissing van die Transvaalse hof in die genoemde saak is egter nie in ander Afdelings gevolg nie. In Hubert Davies Water Engineering (Pty) Ltd v The Body Corporate of "The Village" and Others 1981(3) SA 97(D) is daarvan afgewyk en is die teenoorgestelde

5

standpunt gehuldig, en in Morgan en 'n Ander v Wessels NO 1990(3) SA 57 (0) is die standpunt in die Hubert-Davies-saak verkies bó dié in die UDC Bank-saak.

Die hof a_quo (NUGENT R) het die beredenering in die Hubert Davies en Morgan sake as oortuigend beskou, maar hom nietemin gebonde geag om die beslissing in die UDC Bank-saak toe te pas. Op daardie grondslag is die bevel nisi opgehef met koste, maar verlof is verleen om na hierdie hof in hoër beroep te kom.

Intussen is die botsende standpunte in die bogenoemde sake alreeds gesaghebbend opgelos deur die beslissing van hierdie hof in Venter NO v Avfin (Pty Ltd 1996 (1) SA 826 (A). SCOTT WndAR, wat die uitspraak van die hof gelewer het, het op 834C-835G die verskillende standpunte ontleed en tot die gevolgtrekking geraak dat die beslissings in die Hubert Davies en Morgan sake korrek was en dat

6

die beredenering in die UDC Bank-saak verwerp moet word. In hierdie omstandighede is dit onnodig om op enige verdere besonderhede in te gaan. Dit is genoeg om te sê dat die beslissing van die hof a quo nie staande gehou kan word nie.

In die betoog voor ons het die respondent se advokaat gepoog om ander verwere teen die appellante se vordering te opper, naamlik dat die verkoping deur Volkskas Bank aan die vennootskap nie 'n bona fide verkoping was nie en dat die appellante deur estoppel belet word om hulle eiendomsreg teen die respondent te bewys. Die poging is uit die staanspoor tot mislukking gedoem. In die beantwoordende verklaring wat die respondent teen die appellante se aansoek ingedien het, word daar geen woord gerep van sulke verwere nie. Daar bestaan eenvoudig geen feitlike grondslag waarop die veronderstelde verwere in oorweging geneem kan word nie.

7

Die bevel van die hof is soos volg:

  1. Die appel word gehandhaaf met koste.

  2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang deur die volgende bevel:

"Paragrawe l(a), (b) en (c) van die bevel nisi word bekragtig."

A S BOTHA" APPëLREGTER

STEM SAAM

Smalberger AR

Nienaber AR

Olivier AR

Zulman WndAR

▲ To the top