S v Matthews en Andere (255/95; 288/94; 315/94) [1997] ZASCA 101 (21 November 1997)


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

evdw/ Saaknommers: 315/94

288/94 255/95

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

In die appèl tussen:

PJ MATTHEWS 1 ste Appellant (Beskuldigde 1)

ML VAN DER SCHYFF 2 de Appellant (Beskuldigde 2)

FJ BADENHORST 21 de Appellant (Beskuldigde 3)

ME VISSER 4 de Appellant (Beskuldigde 4)

KH MEIRING 5 de Appellant (Beskuldigde 5)

GJ DIEDERICKS (5 de Appellant (Beskuldigde 7)

AF VISSER 7 de Appellant (Beskuldigde 8)

en

DIE STAAT Respondent

Hof: Smalberger, Harms en Olivier ARR

Verhoordatum: 6 November 1997

Uitspraak gelewer: 21 November 1997

UITSPRAAK

2

OLIVIER AR

Nege beskuldiges het in 1994 in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling van die destydse Hooggeregshof tereggestaan op vier aanklagte van moord (aanklagte 1 tot 4), ses aanklagte van poging tot moord (aanklagte 5 tot 10), twee aanklagte van opsetlike saakbeskadiging (aanklagte 12 en 13), 'n aanklag van roof met verswarende omstandighede (aanklag 11), 'n aanklag van aanranding met die opset om emstig te beseer (aanklag 14) en aanklagte van onwettige besit van vuurwapens en ammunisie (aanklagte 15 en 16). Al die aanklagte het voortgespruit uit 'n voorval wat gedurende die nag van 12 Desember 1993 plaasgevind het. By die aanvang van die verhoor is die verrigtinge teen beskuldigdes 6 en 9 geskei van dié teen die oorblywende beskuldigdes. Die sewe oorblywende besknldigdes het onskuldig gepleit op al die aanklagte. Na afloop van die verhoor is almal aan meerdere van die aanklagte (of 'n

3

bevoegde uitspraak daarop) skuldig bevind en ten opsigte daarvan gevonnis, soos hieronder uiteengesit. Die appèlle van dié sewe beskuldigdes teen hul skuldigbevindings en vonnisse (met enkele uitsonderings) dien tans voor hierdie Hof. Geriefshalwe word in hierdie uitspraak na die appellante verwys deur gebruik te maak van die nommers aan hul toegewys as beskuldigdes in die hof a quo.

Die volgende feite en gebeurtenisse staan vas:

  1. Die nege beskuldigdes was in Desember 1993 almal lede van die Afrikaner Weerstandsbeweging ("die AWB"), volgens die getuienis 'n paramilitêre organisasie.

  2. Gedurende die namiddag van Sondag 12 Desember 1993 is die beskuldigdes deur nr 9 opgeroep om die aand om 21h00 by 'n sekere padkafee vir aksie bymekaar te kom. Nr 9 was 'n kommandant van die AWB. Die beskuldigdes het mekaar soos ooreengekom, ontmoet.

4

Hulle was almal, met die uitsondering van nr 8, in die "amptelike" AWB kamoefleeruniforms geklee.

  1. Vanaf die bymekaarkomplek is die nege beskuldigdes na die woning van nr 3. Daar is die nommerplate van die twee motorvoertuie wat in die optrede gebruik sou word, 'n Níssan Sentra en 'n Mercedes Benz, met kleefband toegeplak.

  2. Vandaar is die groep na die woning van nr 8, waar deur almal, behalwe nr 7, sterk drank gebruik is. Dit is egter gemene saak dat die beskuldigdes nie in 'n beduidende mate onder die invloed van alkohol was nie.

  3. Daama is die groep na die woning van nr 6. Daar is hulle deur nr 9 meegedeel dat die optrede die vorm van 'n padblokkade sou aanneem. Dit sou plaasvind, so het later geblyk, by 'n T-aansluiting van die Ventersdorp-Tarltonpad en die Radorapad. Slegs voertuie

5

met swart insittendes sou voorgekeer word. Die rede in getuienis aangevoer vir dié optrede was om dié voertuie vir onwettige wapens te deursoek, dit af te neem en later aan die SA Polisie te oorhandig vir geldelike beloning. Of dit die werklike rede vir die optrede was, is ernstig te betwyfel, gesien in die lig van wat wel plaasgevind het.

  1. By die woning van nr 6 was 'n paar baadjies met glimstroke, soos dié wat padverkeerspolisie tydens padblokkades in die nag gebruik, asook 'n blou lig wat bo-op 'n motorvoertuig gemonteer kan word, uitgedeel. Alles sou in die optrede gebruik word.

  2. Die nege beskuldigdes was swaar bewapen, en wel soos volg: Nr 1 - 'n groot kaliber handwapen, nl 'n .357 Magnum rewolwer. Nr 2 - 'n sogenaamde pyp - d w s 'n handgemaakte, ongelisensieerde haelgeweer.

Nr 3 - 'n haelgeweer met vyf haelgeweerpatrone.

6

Nr 4 - 'n pyp, insgelyks ongelisensieer. Nr 5 - 'n groot kaliber handwapen, nl 'n 9 mm pistool. Nr 6 - 'n haelgeweer. Nr 7 - 'n knuppel. Nr 8 - 'n groot kaliber handwapen. Nr 9 - 'n groot kaliber handwapen.

Toe die skietery waama later verwys sal word, plaasgevind het, was al die draers van die vuurwapens in besit van ammunisie daarvoor.

  1. Vanaf die woning van nr 9 het die groep in die gemelde twee voertuie na die padblokkade-bestemming vertrek. In die Nissan Sentra was nrs 1, 2, 3, 5 en 8; in die Mercedes Benz nrs 4, 6, 7 en 9.

  2. Op pad na die beoogde bestemming, het die groep twee swart mans, wat heeltemal onskuldig langs die pad geloop het, teengekom. Die

7

voertuie het stilgehou en nrs 1, 2, 3 en 8 het uit die Nissan Sentra gespring, die mans gejaag en een aangerand. Twee skote is met 'n vuurwapen afgevuur. Nr 8 het in sy pleitverduideliking erken dat hy die skote geskiet het, maar sê dat hulle in die grond afgevuur is slegs om die voetgangers skrik te maak. Van die ander lede van die groep se weergawe lui egter dat hy by sy terugkoms gesê het dat hy een van die mans in die kop geskiet het. Ten spyte van hierdie grusame mededeling het die optrede nogtans voortgegaan. 10. Toe die groep by die reeds genoemde T-aansluiting aangekom het, is die motors geparkeer en die blou lig is op die Nissan Sentra aangebring en onder beheer van nr 8 geplaas. Aan nrs 1, 2 en 7 is die glimbaadjies uitgereik. Nrs 6 en 9 sou met die Mercedes Benz langs die pad, op 'n afstand van die Nissan Sentra, gaan stilhou en met die hoofligte 'n teken gee as 'n verbygaande motor tot stilstand

8

gedwing moes word. Nrs 3, 4 en 5 het in die omgewing van die Nissan Sentra agtergebly met die oog op die beplande deursoeking.

  1. Die eerste voertuig wat ooreenkomstig die groep se plan tot stilstand gebring is, was 'n bakkie, bestuur deur 'n swart man, Mnr Abel Sebohodi. Dit is, o.a. deur nr 7, deursoek. Geen vuurwapens is gevind nie. Nogtans is Sebohodi geskop en twee keer goedsmoeds oor die kop geslaan en aangesê om aan te ry.

  2. 'n Tyd hiema is twee voertuie, 'n Honda en 'n Cressida, na vooraf waarskuwingstekens vanaf die Mercedes Benz, tot stilstand gedwing. Hulle het agter mekaar aan die kant van die pad stilgehou. Die Mercedes Benz het by die aftrekpunt opgedaag en die insittendes van beide voertuie, almal swartmense, is aangesê om uit die motors te klim en moes hulle op 'n lae walletjie langs die pad gaan sit. Daar is hulle aangerand, ondervra en is op hulle gevloek.

9

13. Blykbaar het een van die beskuldigdes gesien dat 'n voorwerp by 'n venster van een van die voertuie wat tot stilstand gedwing is, naby die aftrekpunt uitgegooi is. Nrs 5 en 8 is aangesê om een van die insittendes íe neem, terug te ry in die rigting van waar die voertuie gekom het en die voorwerp te soek. Dit is gedoen. Op pad is dié persoon aangerand. Al wat by die plek langs die pad gevind is, was sakkies bevattende ys. Nrs 5 en 8 en die persoon het na die toneel teruggekeer en laasgenoemde het sy plek op die grondwalletjie by sy reisgenote ingeneem.

  1. Kort hiema het 'n hele aantal skote geklap, wat klaarblyklik deur lede van die groep beskuldigdes op die slagoffers afgevuur is.

  2. Die gevolge van hierdie aanslag is skokkend. Daar was tien insittendes van die Honda en die Cressida. Net drie van hulle het fisiek ongeskonde daarvan af gekom.

10

  1. Mnr Simon Nkompone was die bestuurder van die Cressida. Hy ís van naby, tussen 'n half en een-en-'n half meter met 'n haelgeweer in die linkerskoner en deur die long geskiet. Hy het veelvnldige wonde opgedoen. Terwyl hy in 'n bedenklike toestand op die grond gelê het, is sy regteroorskulp deur nr 9 afgesny. Hy sterf op 17 Desember as gevolg van die skietwonde. Sy dood vorm die onderwerp van aanklag 1.

  2. Die oorledene in aanklag 2, is Mnr Teboho Makhuza. Ook hy is met 'n haelgeweer op 'n kort afstand geskiet. Daar was 'n groot wond in sy bors en sy ribbekas is so-te-sê weggeskiet.

15.3 Die oorledene in aanklag 3, is 'n jong kind, Patrick Gasemane. Ook
hy is met 'n haelgeweer vanaf 'n kort afstand geskiet. Die helfte van
sy kop is weggeblaas. Hy het ook verskeie haelgeweerwonde aan sy
arms opgedoen. Vyf haelgeweerkorrels en 'n

11 haelgeweerpatroonpmisie is uit sy liggaam verwyder, wat

aandnidend is van 'n skoot wat van baie naby afgevnnr is. Daar was

ook tekens van kruitmerke aan sy lyk. Hy is op slag dood.

  1. Mnr Theo More is die oorledene in aanklag 4. Hy is van agter na voor in die regterskouer geskiet en van links na regs in die kop. Een koeëlpunt is in sy liggaam gevind.

  2. Die klaer ten aansien van aanklag 5 is Mnr Petrus Mothupi. Hy is met 'n haelgeweer op 'n kort afstand in die bors en regterarm geskiet. Die beserings was uiters emstig van aard; hy was agt weke in die hospitaal, moes twee opsrasies ondergaan, en was tydens die verhoor nog nie genees nie en kan nie meer werk nie.

  3. Die klaer ten aansien van aanklag 6 is Mnr William Segotsane. Hy het twee emstige skietwonde in die regterbobeen opgedoen, waarvan hy tydens die verhoor nog nie herstel het nie.

12

  1. Mnr Gabriel Daniel Shabangu is die klaer ten aansien van aankiag 7, weer eens een van poging tot moord. Hy is nie deur die fussilade getref nie.

  2. Me Selebaleng Martha Bereng is die klaagster ten aansien van klag 8. Ook sy is nie getref nie.

  3. Ten aansien van aanklag 9, is die klaer Mnr Sipho Jackson Nkompone. Ook hy is nie verwond nie.

15.10 Die laaste aanklag van poging tot moord is klag 10, waarby Mnr
Abram Mothupi die klaer is. Sy beserings bestaan ook uit ernstige,
uitgebreide vuurwapenwonde in die gesig.

16. Voordat die skietery plaasgevind het en nadat verskeie slagoffers aangerand is en almal aangesê is om op die walletjie langs die pad te gaan sit, is die volgende goedere uit die motors geneem: 'n kassethouer bevattende verskeie musiekkassette; gereedskap;

13

skoene; 'n horlosie; R100 van Shabangu en 'n leerbaadjie van More. Hierdie gebeure vorm die onderwerp van aanklag 11.

  1. Nadat die skietery plaasgevind het, is die Honda-motorvoertuig aan die brand gesteek. Dit het heeltemal nitgebrand. Die eienaar was die gesegde More se vader. Dié opsetlike saakbeskadiging vorm die onderwerp van aanklag 12.

  2. Terselfdertyd is gepoog om die Cressída, die eiendom van Simon Nkompone, aan die brand te steek en is dit gedeeltelik beskadig. Die gebenre vorm die onderwerp van aanklag 13.

  3. Die bestuurder van die bakkie wat heel eerste op die toneel tot stilstand gedwing is, Abel Sebohodi, is gevisenteer en hoewel geen wapens by hom gevind is nie, is hy goedsmoeds aangerand en denr lede van die groep geskop, geslaan en emstige beserings toegedien. Dié gebeure vorm die kem van aanklag 14.

14

  1. Dit ís gemene saak dat daar op die toneel deur die groep, benewens ander vuurwapens, twee tuisgemaakte ongelisensieerde haelgewere (sogenaamde pype) gebruik is. Die besit van hierdie wapens en ammunisie daarvoor vorm die onderwerp van aanklagte 15 en 16.

  2. Net na die skietery het die insittendes van die Nissan Sentra van die toneel weggejaag. Nr 9 het geskree: "Kry ons by die stadsaal." Die Mercedes Benz het egter nie gou daar opgedaag nie. Die Nissan Sentra met sy insittendes is toe eers na nr 3 se woning en, na nog 'n verdere soektog na die Mercedes Benz, het al die beskuldigdes, behalwe nr 7, wat ontsteld was oor die gebeure en na sy eie huis teruggekeer het, mekaar by nr 3 se huis ontmoet. Daar het nr 9 vir nrs 2 en 3 skerp aangespreek omdat hulle van die toneel weggejaag het. Hy het ook vír nr 5 daarvan beskuldig dat laasgenoemde nie geskiet het nie. Dit het nr 5 ontken, alhoewel sy latere weergawe

15

was dat hy inderdaad nooit geskiet het nie. Die groep is daarna

uitmekaar,

Dit is nodig om te beklemtoon dat, op die beskuldigdes se eie weergawe, geen wapens of ammunisie by die betrokke slagoffers gevind is nie en dat daar geen aanval van hul kant op die beskuldigdes was nie. Die slagoffers was weerloos en is in koelen bloede gedood en verwond.

Daar is nie bewys dat die dood of verwonding van enige bepaalde slagoffer deur 'n bepaalde beskuldigde veroorsaak is nie. Dit is weliswaar so dat, volgens verskeie beskuldigdes, nr 6 direk op die slagoffers geskiet het, maar dit kan nie gesê word wie van hulle deur hom getref is nie. Dit is gemene saak dat beskuldigdes 1 tot 4 skote op die toneel afgevuur het, ofskoon hulle ontken dat die skote op die slagoffers gerig was.

Dit volg dus dat 'n skuldigbevinding aan moord of poging tot moord slegs op die basis van gemeenskaplike doel kan berus.

16

Die hof a quo het myns insiens tereg bevind dat die getuienis van die vier staatsgetuies aangaande 'n konferensie tussen 'n aantal van die beskuldigdes net voor die fatale skietery, aanvaar moet word. Hulle het almal getuig dat onmiddellik voor die skietery 'n konferensie tussen 'n groep van die beskuldigdes aan die padkant van die Honda en Cressida plaasgevind het. Verskeie skattings is deur hulle gemaak van die aantal persone wat daaraan deelgeneem het, maar hulle stel dit in die omgewing van ses of sewe. Alhoewel hierdie konferensie deur die beskuldigdes ontken word, is dit gemeensaak dat nrs 1, 2, 3, 4, 6 en 9 almal in die onmiddellike omgewing van die Honda en die Cressida, waar die konferensie volgens die staatsgetuienis sou plaasgevind het, was.

Die hof a quo het myns insiens verder tereg bevind dat daar geen rede vir die staatsgetuies was om oor hierdie aspek van die saak saam te sweer nie. Hul getuienis is as geloofwaardig en betroubaar aanvaar en dié

17

van die beskuldigdes op verskeie aspekte o a ook ten aansien van die beweerde konferensie, as vals verwerp. Noukeurige nagaan van die oorkonde en 'n oorweging van die betoë voor hierdie hof het my tot die gevolgtrekking genoop dat die hof a quo heeltemal korrek was in sy siening. Hierdie afleiding is voorts geregverdig in die lig van die onoortuigende verduideliking wat beskuldigdes 1, 2, 3 en 4 aangevoer het as rede waarom hulle hoegenaamd geskiet het. In die lig van die gebeure wat na die konferensie plaasgevind het, is die enigste redelike afleiding dat daar op die konferensie besluít is om die slagoffers te skiet. Ek behandel vervolgens die beskuldigdes se weergawes.

Nr 1 se verduideliking was dat hy skielik terwyl hy die bak van die Honda gevisenteer het, 'n skoot gehoor het. Hy het vonke uit vuurwapens gesien spat. Nadat daar op hom geskree is om te skiet, het hy sy wapen uitgepluk en op skouerhoogte reguit voor hom geskiet. As rede vir hierdie

18

optrede het hy aangevoer dat hy bang was dat die geweervuur op hom gedraai sou word.

Die beskuldigde het goed geweet dat geen wapens by die slagoffers gevind is nie. Die geweervuur wat hy gehoor of gesien het moes dus van sy eie makkers gekom het. Hy het geen rede gehad om te dink dat sy makkers op hom sou vuur nie. As hy dan skiet, skiet hy nie in die lug of in die grond vas nie, maar juis in die rigting van die slagoffers. Sy getuienis is tereg as onbevredigend en onaanvaarbaar verwerp. Dit moet bo redelike twyfel bevind word dat nr 1 geskiet het, nie omdat hy bang was om self geskiet te word nie, maar om deel te neem aan die slagting waarop tydens die konferensie besluit is. Ek meen dan ook dat die hof a quo korrek was in sy beslissing dat nr 1 ses skote op die slagoffers geskiet het met die bedoeling om deel te neem aan 'n afgesproke aanval op die weerlose mense daar langs die pad. Die gevolgtrekking dat nr 1 skuldig

19

bevind moet word op klagtes 1 tot en met 10 en voorts dat hy met dolus directus gehandel het, moet derhalwe gehandhaaf word.

Wat nr 2 betref, blyk dit uit die getuienis dat alhoewel hy beweer het dat hy geen skietery verwag het nie, hy ongeveer sewe meter by die voorkant van die Honda verbygeloop het toe die skietery begin het en dat hy toe twee skote met die sogenaamde pyp in die grond geskiet het. Hy het gesê dat hy niemand kon getref het nie, dat sy skote op niemand gerig was nie en dat hy ook geen persoon wou skiet nie.

Die hof a quo het staatgemaak op 'n verklaring wat nr 2 gemaak het, waaruit dit duidelik blyk dat hy aan die skietery deelgeneem het met die bedoeling om op die slagoffers te skiet. Die verhoorhof het tereg bevind dat daardie verklaring neerkom op 'n bekentenis aan moord. Sy getuienis in die hof, daarenteen, was van 'n verontskuldigende aard. Dit strook nie met sy verklaring nie en is tereg deur die hof a quo as vals verwerp. Sy

20

verduideliking dat hy begin skiet het sodat sy makkers hom nie sou kwalik neem nie is natuurlik geen verontskuldiging vír moord nie.

Wat egter fataal vir sy verweer is, is sy eie getuienis dat toe die skote begin klap het, hy geglo het dat hy nie ammunisie in sy besit het nie. Hy het toe uitgeroep dat hy nie ammunisie het nie. ïemand het toe vir hom gesê dat daar ammunisie in sy broek se linker-ondersak is. Hy het daardie ammunisie gebruik om mee te skiet. Feit is dat as hy nie wou skiet nie, hy teenoor sy makkers 'n volkome verskoning gehad het. Sy verduidelikmg val dus heeltemal plat. Daarbenewens kan geen gewig aan sy getuienis dat hy nie geweet het hoe die ammunisie in sy eie broeksak gekom het, geheg word nie. Ek meen dus dat die hof a quo tereg ook hierdie appellant skuldig bevind het aan aanklagte 1 tot en met 10 en wel op die basis dat hy met dolus directus gehandel het.

Nr 3 was in die onmiddellike omgewing van die konferensie. Sy

21

weergawe is dat hy onverwags gehoor het dat daar geskiet word. Sy reaksie daarop was om toe-oë vyf rondtes met 'n haelgeweer in die rigting van die veld te skiet. Hy was nie eens bekommerd daaroor of een van sy makkers (nr 4) wat voïgens sy getuienis in die omgewing was waarheen hy sou gemik het, getref kon word nie. Sy verduideliking waarom hy geskiet het, is om die minste daaroor te sê, ongeloofwaardig. Hy sê dat hy gesien het nr 6 begin skiet en klaarblyklik laag skiet, d.w.s. op die sittende mense. Hy het toe aanvaar dat nr 6 in die rigting van die mense skiet omdat hulle op die beskuldigdes begin skiet het. Dit moet onthou word dat die slagoffers op daardíe stadium reeds gevisenteer was en dat geen wapens by hulle gevind is nie. Wat egter van sy weergawe totaal onaanvaarbaar is, is dat hoewel hy sê dat hy die haelgeweer vir selfverdediging saamgeneem het en hoewel hy geglo het dat daar 'n aanval op hom en sy makkers is, hy nie op die beweerde aanvallers skiet nie, maar sy oë toeknyp en die veld

22

in skiet. Na my mening het die hof a quo tereg bevind dat nr 3 skuldig is aan aanklagte 1 tot met 10 en dat hy met dolus directus gehandel het.

Nr 4 was ook in die onmiddellike omgewing waar die konferensie plaasgevind het. Toe die skietery begin het, het hy tussen die Honda en die Cressida, direk voor die Cressida, gestaan. Sy weergawe is dat hy gesien het dat nr 6 begin skiet. Hy het egter nie gesien waarheen nr 6 geskiet het nie. Hy het om die voorkant van die Honda gehardloop, daar gaan staan en een skoot met sy pyp geskiet. Ten aansien van die redes waarom hy geskiet het, het hy eers verklaar dat dit nit skok was en later het hy geneig om te sê dat hy gedink het dat die skote afkomstig was van die mense wat op die walletjie gesit het en dat hy uit selfverdediging geskiet het. Ook in sy geval is hierdie verduideliking onaanvaarbaar. Op sy eie getuienis het hy nie in die rigting van enige van die slagoffers geskiet nie, soos van hom verwag kon gewees het as hy in selfverdediging opgetree het. Later het hy

23

al die doppies op die toneel gaan optel, wat weer aanduidend is van sy vereenselwiging met die gebeure wat daar plaasgevind het. Die hof a quo het korrek bevind het dat nr 4 skuldig was aan aanklagtes 1 tot en met 10 en wel op die basis dat hy gehandel het met dolus directus.

Die verhoorhof het egter ook bevind dat selfs indien 'n mens die konferensie voor die skietery sou wegdink en derhalwe nie kan bevind dat beskuldigdes 1 tot en met 4 met dolus directus gehandel het nie, dit duidelik is dat hulle nogtans aan aanklagte 1 tot 10 skuldig is en wel op die basis van dolus eventualis. Die hof het myns insiens tereg bevind dat die appellante swaar bewapen was en beplan het om swart mense voor te keer, uit hul voertuie te haal, persoonlik te ondersoek, aan te rand, hulle motors te deursoek en wapens van hul af te neem. Die beskuldigdes het geweet dat hierdie optrede onwettig is. Die feit dat hulle nie alleen handwapens nie, maar ook vier haelgewere saamgeneem het, dui aan dat hulle groot

24

vuurkrag tot hul beskikking wou hê. Die rede hiervoor kan alleen maar wees dat hulle óf mense koelbloedig wou doodskiet óf indien daar weerstand sou ontstaan in die uitvoering van die padblokkade, hulle die vuurwapens sou gebruik. Die gesindheid van die groep blyk dan ook uit die feit dat hulle reeds op pad na die toneel mense voorgekeer het, een agtervolg en aangerand het en dat toe nr 8 spog dat hy een van hul geskiet het, niemand daarteen beswaar gemaak het nie. Die feit dat die beskuldigdes geweet het dat hulle die pad onwettig blokkeer, blyk duidelik uit die feit dat hulle sommige van die lede van die groep op wag geplaas het om hulle te waarsku indien polisie of verkeerspolisie sou aankom. Toe die skietery begin het, het nrs 1 tot en met 4 daaraan deelgeneem. Of enigeen van hulle een van die slagoffers raakgeskiet en gedood het, is regtens irrelevant. Elkeen was 'n party tot 'n gemeenskaplike ondememing met 'n gemeenskaplike bedoeling om misdadig op te tree ten aansien van

25

die padblokkade en die uitvoering daarvan en elkeen het die moontlikheid voorsien dat geweld kon ontstaan, dat een of meer lede van die groep op derde partye sou skiet en dat van sodanige mense doodgeskiet kon word. Nogtans het elkeen hom vereenselwig met hierdie moontlikheid en roekeloos daarmee volhard en aan die skietery deelgeneem. Dat hulle dus skuldig is aan aanklagtes 1 tot en met 10 op die basis van dolus eventualis, staan ook vas.

Die bevinding ten aansien van dolus eventualis, is egter direk relevant wat die ander appellante, nl beskuldigdes 5, 7 en 8 betref. Die hof a quo het bevind dat daar geen direkte getuienis is dat hierdie drie beskuldigdes op die slagofYers gevuur het nie, maar dat dit moontlik is dat nrs 5 of 8, of beide, wel geskiet het. Nr 5 het immers self na die tyd erken dat hy geskiet het. Maar selfs op die aanname dat hulle nie skote afgevuur het nie, het die hof a quo bevind dat nr 5 op die basis van gemeenskaplike

26

doel en dolus eventualis skuldig bevind moet word. Sy verduideliking dat hy nie geskiet het nie, dat hy nie geweervuur verwag het nie en dat hy onmiddellik agter die Nissan Sentra se stuurwiel ingespring het en wou wegjaag, is tereg deur die hof a quo as belaglik verwerp. Net soos in die geval van nrs 1 tot en met 4 het hy ook later die aand geen beswaar teen die skietery gemaak nie en trouens gevra dat van die gereedskap wat op die toneel gesteel is aan hom gegee moet word.

Ek behandel vervolgens die saak van nr 8. Die probleem met die verweer in hierdie saak is dat daar inderdaad getuienis is dat nr 8 wel skote geskiet het. Petrus Mothupi het getuig dat nr 8 die persoon is wat hom geskiet het. Hy het hom geïdentifiseer aan die kortbroek wat hy gedra het. Nr 8 is die enigste van die beskuldigdes wat 'n kortbroek gedra het. Nogtans het die hof in die guns van nr 8 beslis dat hy nie Mothupi se getuienis kan aanvaar nie, aangesien hy reeds 'n fout gemaak het in sy

27

getuienis ten aansien van 'n ander aspek van identifikasie. Die aangeleentheid moet derhalwe beoordeel word op die basis dat nr 8 nie 'n skoot afgevuur het nie. Nr 8 het nie self getuig nie, maar 'n pleitverduideliking aangebied. Hierin voer hy aan dat hy onverwags geweervuur gehoor het, dat hy geweldig geskrik het, in die Nissan Sentra gespring het (waar hy nr 5 reeds agter die stuurwiel van die voertuig aangetref het) en daarmee wou wegjaag. Hierdie verduideliking word weerspreek deur die getuienis van die getuie Shabangu wat deur die verhoorhof, myns insiens tereg, aanvaar is. Hy het nr 8 geïdentifiseer as die een persoon wat nie kamoefleerdrag aangehad het nie. Hy het getuig dat nr 8 na die skietery na die persone wat op die grond gelê het, geloop het. Op hierdie stadium, so getuig Shabangu, het nr 8 'n handgeweer by hom gehad. Shabangu het sy oë toegemaak en gehoor dat voetstappe nader kom en weer weggaan. Volgens hom het nr 8 toe na die kattebak van die

28

Honda geloop. Klaarblyklik is dit die stadium waarop die kattebak van die Honda aan die brand gesteek is met die gevolg dat die motor totaal uitgebrand het. Die feit dat hierdie beskuldigde, reeds voor die groep by die toneel van die padblokkade aangekom het, daarmee gespog het dat hy 'n persoon deur die kop geskiet het en dat hy later, by die stadsaal, gevra het om in die buit te deel, is nie te rym met die optrede van iemand wat nie aan 'n skietery wou deelneem nie of wat niks met die onwettige optrede te doen wou hê nie.

Die hof a quo het derhalwe tereg beslis dat nrs 5 en 8 skuldig bevind moet word aan aanklagte 1 tot en met 10 en wel op die basis dat hulle met dolus eventualis gehandel het.

Nr 7 is ten aansien van aanklagte 1 tot en met 4, nie aan moord nie, maar aan strafbare mansslag skuldig bevind. Daar is geen meriete in sy appèl nie. Al sou dit in sy geval aanvaar kan word dat hy inderdaad nie

29

voorsien het dat geweld gebruik sou word nie (en dit ten spyte van die swaar bewapende groep en die gebeure vroeër die aand toe hy ook een van die agtervolgers van die voetganger in die veld was) is dit duidelik dat hy, ten minste as redelike man, die moontlikheid van geweld en die dood van iemand op die toneel moes voorsien het. Op daardie basis kan die skuldigbevinding aan strafbare manslag nie aangetas word nie.

Dit bring my dan by aanklag 11, dié van roof met verswarende omstandighede. In hierdie aanklag is dit al die beskuldigdes ten laste gelê dat hulle die insittendes van die motors, d.w.s. die Honda en Cressida, aangerand het en met geweld die reeds genoemde items gesteel het. Die verhoorhof het bevind dat al die beskuldigdes, op die basis soos reeds hierbo bespreek, met die gemeenskaplike bedoeling om die betrokkenes aan te rand, opgetree het. Die verhoorhof het egter tereg bevind dat die geweld nie vir die doeleindes van roof toegepas is nie. Daar is voorts ook

30

tereg bevind dat nr 1 die kassethouer en die gereedskap gesteel het; dat nr 2 die leerbaadjie gesteel het; dat nr 5 die gereedskap gekry het en nr 8 die kassette, as hul deel van die buit.

Die verhoorhof het egter ook bevind dat wat die ander beskuldigdes betref, daar nie bo redelike twyfel gesê kan word dat daar 'n gesamentlike doel was om gemelde items te steel nie. Bygevolg is ten aansien van aanklag 11 tereg bevind dat:

  1. alle beskuldigdes skuldig bevind word aan die aanrandings in daardie aanklag beweer en

  2. nrs 1, 2, 5 en 8 skuldig bevind word aan diefstal.

Al die beskuldigdes is onskuldig bevind aan aanklagte 12 en 13.

In aanklag 14 is al die beskuldigdes die aanranding met opset om emstig te beseer op Abel Sebohodi ten laste gelê. Die hof a quo het tereg al die beskuldigdes aan hierdie aanklag skuldig bevind op die basis van

31

gemeenskaplike oogmerk.

Die hof a quo het bevind dat nrs 2 en 4 op aanklagte 15 en 16 skuldig is. Geen appèl is teen hierdie skuldigbevindings aangeteken nie.

Wat betref klagte 1, 2, 3 en 4, d.w.s. die aanklagte van moord, is beskuldigdes 1, 2, 3, 4, 5 en 8 tot die dood veroordeel.

In S v Makwanyane and Another 1995(3) SA 391 (CC) het die Konstitusionele Hof bevind dat die doodstraf ongrondwetlik is en nie uitgevoer mag word nie. In die lig van daardie uitspraak en volgens die heersende insigte is die korrekte optrede om die doodvonnisse in hierdie gevalle tersyde te stel en na die verhoorhof vir die oplegging van 'n gepaste vonnis in elke geval terug te verwys.

Wat betref klagtes 1 tot en met 4 is, soos reeds gesê, is nr 7 skuldig bevind aan strafbare mansslag. Hy is tot 7 jaar gevonnis op elkeen van die aanklagte. Gesien die omstandighede is elkeen van dié vonnisse nie

32

buitensporig nie en, soos ten opsigte van alle ander vonnisse wat deur die

hof a quo opgelê is, is daar nie betoog dat enige wanvoorligting begaan is

nie. Daar is ook nie betoog dat hierdie vonnis verminder moet word nie.

Wat die oorblywende aanklagte betref waarop elke beskuldigde

skuldig bevind is, is dit nie nodig om op die besonderhede van al die

vonnisse in te gaan nie. Samevattend is die beskuldigdes soos volg

gevonnis:

Nr 1 : 88 jaar gevangenisstraf in totaal met 'n effektiewe vonnis, na aanleiding van die verhoorhof se samelopingsbevel, van 18 jaar gevangenisstraf.

Nr 2 : 90 jaar gevangenisstraf in totaal met 'n effektiewe vonnis van 18 jaar gevangenisstraf.

Nr 3 : 86 jaar gevangenisstraf in totaal met 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf.

Nr 4 : 88 jaar gevangenisstraf in totaal met 'n effektiewe vonnis van 18 jaar gevangenisstraf.

33

Nr 5 : 88 jaar gevangenisstraf in totaal met 'n effektiewe vonnis van 18 jaar gevangenisstraf.

Nr 7 : 16 jaar gevangenisstraf wat, tesame met die 7 jaar opgelê ten opsigte van elk van aanklagte 1 tot 4, 44 jaar in totaal beloop, maar met 'n effektiewe vonnis van 10 jaar gevangenisstraf.

Nr 8 : 88 jaar gevangenisstraf in totaal met 'n effektiewe vonnis van 18 jaar gevangenisstraf.

Die hof a quo het die kumulatiewe effek van die opgelegde vonnisse in aanmerking geneem by die bepaling van 'n effektiewe vonnis. Dit is nie betoog dat die hof in dié opsig fouteer het nie en dit is dus nie nodig om meer daaroor te sê nie.

Slegs die vonnisse van 9 en 7 jaar vir elk van die beskuldigdes op aanklagte 11 en 14 onderskeidelik verdien verdere oorweging, aangesien daar nie betoog is dat enige van die ander vonnisse afsonderlik onvanpas is nie.

Ek meen dat die beskuldigdes gelyk gegee moet word waar dit

34

namens hulïe aangevoer is dat die vonnisse ten aansien van aanklag 11

onder die omstandighede onredelik lank is. Dit moet voor oë gehon word

dat die aanrandings waarop hierdie vonnisse gebaseer is, dié is wat die

skietery voorafgegaan het. 'n Mens moet derhalwe by die oplegging van

hierdie vonnisse die skietery wegdink. So gesien, was die aanrandings,

hoewel vemederend, brutaal, rassisties van aard en verwerplik, nie van 'n

besonder emstige aard wat die flsieke gevolge daarvan betref nie. Dit blyk

reeds uit die feit dat die hof a quo die beskuldigdes, in hierdie geval slegs

aan gewone aanranding skuldig bevind het en nie aan aanranding met die

opset om emstig te beseer nie. Nogtans vereis die buitengewone

omstandighede en die feit dat 'n hele aantal mense aan geweld onderwerp

is, 'n swaar vonnis. Gedagtig aan ander vormisse wat in vergelykbare

gevalle opgelê is, sou ek oordeel dat 'n termyn van ses jaar gepas sou wees

en behoort die gemelde vonnisse tersyde gestel en vervang te word met 'n

35

vonnis van ses jaar gevangenisstraf ten opsigte van elkeen van die beskuldigdes.

Die beskuldigdes moet ook gelyk gegee word met betrekking tot die vonnisse op aanklag 14 (die aanranding op Abel Seboholi). Dit het die vorm aangeneem van knuppelhoue wat hom toegedien is teen die voor- en agterkop wat oop, bloeiende wonde veroorsaak het. Weer eens, met herhaling van die sterkste afkeur teen hierdie soort optrede, was die aanrandmg nie so emstig dat Abel nie met sy voertuig verder kon ry nie. Gedagtig aan vonnisse in vergelykbare sake, meen ek dat die opgelegde sewe jaar gevangenisstraf 'n onredelike lang termyn is wat inmenging regverdig en dat dit verminder moet word tot vier jaar gevangenisstraf.

Die vermindering van die vonnisse op aanklagte 11 en 14 beïnvloed nie die hof a quo se bevel ten opsigte van die sameloop van die vonnisse nie en verander gevolglik nie die effektiewe vonnisse opgelê nie.

36

Die volgende bevele word derhalwe gemaak :

  1. Die appèlle van al die beskuldigdes teen alle skuldigbevindings in die hof a quo word afgewys.

  2. Die doodsvonnisse deur die hof a quo opgelê aan beskuldigdes 1, 2,

3, 4, 5 en 8 ten aansien van aanklagte 1, 2, 3 en 4 word ter syde
gestel en hierdie aangeleentheid word na gemelde hof terugverwys
vir vonnisoplegging opnuut ten aansien van gemelde aanklagte.

3. Die termyn van nege jaar gevangenisstraf aan beskuldigdes 1, 2, 3,

4, 5, 7 en 8 opgelê ten opsigte van aanranding (aanklag 11) word tot
ses jaar verminder en die termyn van sewe jaar aan hulle opgelê ten
opsigte van aanranding met die opset om ernstig te beseer (aanklag
14) word tot vier jaar verminder.

37

4. Alle ander vonnisse, asook die samelopingsbevele en die effektiewe vonnisse, bly onveranderd.

Stem saam:

Smalberger AR Harms AR

▲ To the top