Delwerswaaksaamheidskomitee Wolmaransstad v Oersonskraal Diamante BK (609/1995) [1997] ZASCA 42 (20 May 1997)


Saaknommer: 609/95

In sake die appèl van

Die Delwerswaaksaamheidskomitee Wolmaransstad Appellant

teen

Oersonskraal Diamante BK Respondent

HOF: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF, VIVIER, F H GROSSKOPF en PLEWMAN ARR

Verhoordatum: 8 Mei 1997 Redes ingehandig: 20 Mei l997

REDES VIR UITSPRAAK

2

Van Heerden AR:

In hierdie geval het die appellant aanspraak gemaak op 'n finale interdik. Afgesien van ander oorwegings kon die applikant uit hoofde van sy funderende verklaring so 'n bevel verkry het slegs indien bewys is, soos wel beweer is, dat die respondent se uitgrawings diamanthoudende gruis versteur het. Hierdie bewerings was egter heftig deur die respondent bestry en dit was en is onmoontlik om op die stukke te bevind dat die appellant hom van sy bewyslas gekwyt het. Blykens die uitspraak het die appellant nie in die hof benede gevra dat die geskil vir die aanhoor van mondelinge getuienis verwys moes word nie, en selfs indien hierdie hof op appel in so 'n geval 'n aansoek vir dusdanige doel sou kon terugverwys, is daar nie voldoende gronde waarom in casu die veronderstelde diskresie ten gunste van die appellant uitgeoefen moet word nie. Inteendeel. Die uitgrawings is vermoedelik reeds lankal afgehandel en slegs kosíe is tans ter sprake.

3

Die appellant se advokaat het egter getrag om te steun op die volgende

passasie in die repliserende verklaring:

"Dit spreek vanself dat, afhangende van die afmeting van die kleims, 'n besondere delwer uiters benadeel kan word indien hy eers 'n hoop grond bo-op sy "kleim" moet verwyder, alvorens hy kan begin delf, terwyl 'n ander delwer reeds in die diamantdraende gruis is, en onmiddellik kan delf. Die verdere verwarring wat kan ontstaan wanneer 'n delwer met 'n "gat"-kleim, daarop aanspraak maak dat van sy diamante lê op 'n "hoop"-kleim, spreek vir sigself."

Die eerste antwoord op hierdie betoog is dat die appellant nie geregtig was om

in sy repliserende verklaring op 'n nuwe "skuldoorsaak" te steun nie. Die

tweede is dat die appellant in 'n verteenwoordigende hoedanigheid ageer en dat

hy hom nouliks kan beroep op optrede wat miskien 'n paar van sy lede mag

benadeel maar die meerderheid mag bevoordeel.

Om hierdie redes is die appèl by die verhoor daarvan met koste afgewys.

H J O VAN HEERDEN

Stem Saam APPëLREGTER

E M Grosskopf AR Vivier AR F H Grosskopf AR Plewman AR

▲ To the top