Hanekom v Geldenhuys (301/1996) [1997] ZASCA 55 (28 May 1997)


evdw/ Saaknommer : 301/96

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

In díe saak tussen:

MARTHA FREDERICK HANEKOM APPELLANT

en

PETER GEORGE GELDENHUYS RESPONDENT

Hof: Van Heerden, Hefer, Howie, Olivier en Plewman ARR Verhoordarum: 23 Mei 1997 Redes ingedien: 28 Mei 1997

UITSPRAAK

2 OLIVIER AR

Aan die einde van die verhoor van hierdie appèl het hierdie Hof die volgende bevel gemaak:

  1. Die appèl slaag met koste.

  2. Die bevel van die Hof a quo word tersyde gestel en met die volgende vervang:

Absolusie van die eiser se eis word toegestaan, met koste.

Hier volg die redes vir gemelde bevele.

Die appellante, 'n boerin, se plaas is geleë tussen Malmesbury en PaarL Die hoofpad tussen hierdie twee dorpe loop deur haar plaas. ïn een van die kampe aangrensend aan die hoofpad het sy sewe jong Friesverse aangehou. Die kamp was van die pad afgespan met 'n draadheining bestaande uit horisontaal gespande

3 doringdrade. In die heining was dubbel yster-swaaihekke, wat

toegemaak en verseker is met 'n stewige ketting en 'n ankerdraad.

Die ketting is so ontwerp dat gleuwe in die twee endskakels teenoor

mekaar gebring moes word om die ketting vas of los te

maak. Die ketting kon slegs deur mensehande aldus

gemanipuleer word. Geen dier kon die hekke oopmaak as die

kettingpunte aanmekaar geheg was nie.

Laatmiddag van 19 Augustus 1993 het Appellante voor die hek van die kamp stilgehou om die verse te inspekteer. Sy het bemerk dat die hekke toe was en aan mekaar vasgemaak was met die ketting. Sy is daar weg met die hekke aldus toegemaak. Niemand gebruik die kamp behalwe die appellante nie.

Later daardie aand, teen ongeveer 23h00 was die Respondent die bestuurder van 'n motorvoertuig terwyl hy en twee vriende op

4

pad was vanaf Malmesbury na Paarl. 'n Botsing het plaasgevind

tussen die voertuig en een of meer van appellante se Friesverse, wat hulle op die teerpad bevind het. Daar is gevind dat die genoemde hekke oop was en dat die verse toegang tot die pad deur die oop hekke gekry het. Die respondent is emstig beseer.

In die aksie, ingestel in die destydse Kaapse Provinsiale Afdeling en waarin hy skadevergoeding en genoegdoening van appellante gevorder het, het hy sy skuldoorsaak op nalatigheid aan haar kant baseer deurdat sy versuim het om voorsorgmaatreêls te tref dat haar beeste op die pad kom. Dit het appellante ontken en in die altematief beweer dat respondent bydraend nalatig was.

Na 'n verhoor wat slegs die meriete van die vordering betrek het, het Burger Wn R bevind en verklaar dat appellante en respondent beide nalatig was; dat haar naïatigheid 75% tot eiser se

5 skade bygedra het en sy bydraende nalatigheid 25% bygedra het.

Appellante is gelas om die gedingskoste te betaal. Met verlof van

die hof a quo het die appél voor hierdie Hof gedien.

Dit is gemene saak dat die hekke op die betrokke aand oopgemaak was deur mense en wel, waarskynlik, deur voornemende diewe. Die beeste is dan ook ongeveer een kilometer vêr aangejaag tot waar die botsing plaasgevind het.

Die enigste nalatigheidsgrond waarop die respondent in hierdie Hof gesteun het, was dat die appellante versuim het om 'n slot te gebruik om die ketting te sluit. Volgens hom sou so 'n slot diefstal verhoed het, aangesien dit onmoontlik of baie moeilik vir diewe sou gewees het om dan die hek oop te maak en die beeste uit te jaag.

Afgesien van alle ander verwere en selfs al sou

6

argumentsonthalwe aanvaar word dat die appellante diefstal van

haar beeste moes voorsien het. en voorsorg sou getref het deur die aanbring van 'n slot, moet die eis van die respondent misluk het weens gebrek aan bewys van kousale verband tussen haar versuim en die botsing.

Myns insiens volg dit nie as vanselfsprekend of as 'n waarskynlikheid dat die aanbring van 'n slot die uitjaag van die verse en die gevolglike botsing sou verhoed het nie. Eerstens is dit vry algemeen bekend dat slotte nie bestand is teen gedetermineerde diewe nie. Tweedens sou die aanbring van 'n slot aan die hek geen dief verhoed het om die drade van die heining af te knip om sodoende 'n opening te maak en die verse uit te jaag nie.

7 Die nodige kousale verband is dus nie op 'n oorwig van

waarskynlikhede bewys nie. Gevolglik is die bevele hierbo

vermeld, gemaak.

P J J OLIVIER AR

Stem saam :

Van Heerden AR Hefer AR Howie AR Plewman AR

▲ To the top