S v Gouws (391/1996) [1997] ZASCA 65 (3 September 1997)


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VAN SUID-AFRIKA

Saaknommer: 391/96

in die saak tussen:

DEON GOUWS Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: F H GROSSKOPF, MARAIS et OLIVIER ARR

Verhoordatum: 28 Augustus 1997 Leweringsdatum: 3 September 1997

2

UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:

Die appellant het in die streekhof in Worcester op 'n aanklag van poging tot moord tereggestaan. Hy het skuldig gepleit en is na skuldigbevinding gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf, waarvan 2 jaar voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Die appellant se appél teen sy vonnis is van die hand gewys deur die destydse Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof. Daardie hof het egter verlof aan die appellant verleen om na hierdie hof teen die vonnis te appelleer.

Na die appellant se skuldigbevinding destyds in die streekhof is daar met die oog op vonnisoplegging 'n verslag van 'n proefbeampte van Maatskaplike Dienste, asook 'n verslag van 'n korrektiewe beampte in diens van die Departement van Korrektiewe Dienste, aangevra. Beide hierdie verslae het 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge art 276(l)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 aanbeveel. Die landdros was egter van oordeel dat die aard en ems

3

van die misdaad en die gemeenskapsbelang swaarder as die persoonlike omstandighede van die appellant geweeg het en dat direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis vir die appellant was. Dit is hoofsaaklik teen hierdie benadering van die landdros wat die appellant beswaar maak.

In hierdie hof is die persoonlike omstandighede van die appellant weereens beklemtoon en is dit namens die appellant betoog dat die landdros misgetas het deur nie 'n vonnis van korrektiewe toesig op te lê nie. Dit is wel so dat daar sekere positiewe persoonlike omstandighede in die guns van die appellant in aanmerking geneem moet word. Die appellant was 'n 36-jarige eerste oortreder wat st 10 op skool geslaag het. Hy het reeds vir sewe jaar 'n vaste betrekking as oudiovisuele tegnikus by die Instituut vir Dowes in Worcester beklee. Die getuienis was dat hy 'n baie goeie werker was wat 'n sleutelpos beklee het en moeilik vervangbaar was. Dit was egter onseker of hy sy werk ondanks die skuldigbevinding sou kon behou.

Naas die appellant se gunstige persoonlike omstandighede is daar egter die verswarende omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is. Die voorval het

4

op Kersdag 1993 plaasgevind. Die appellant is vroeër daardie jaar van sy eggenote geskei en hy moes Kersdag sonder sy gewese eggenote en sy twee kinders deurbring. Hy is egter met 'n vriend na 'n braaivleis op 'n plaas in die Worcester distrik waar hulle sterk drank gedrink het en 'n middagmaal geniet het. Dit is gemene saak dat die appellant onder die invloed van sterk drank was toe hy later die middag die misdaad gepleeg het, maar die appellant het by die aanvang van die verhoor en weereens gedurende die loop van die verhoor erken dat hy geweet het dat wat hy doen "verkeerd en strafbaar" was.

Nóg die appellant nóg die klaer het getuig en daar is ook geen ander getuienis oor die voorval self aangebied nie. Die feite waarop die landdros by die oplegging van vonnis moes steun, blyk uit die onderskeie weergawes van die appellant se prokureur en die aanklaer. Afgesien van minder belangrike verskille stem die twee weergawes egter in wese ooreen.

Dit blyk dat die appellant en sy vriend en die klaer en sy vriend ongeveer sesuur die middag gaste by die hek van die plaas gaan afsien het. Die klaer het die appellant en sy vriend gegroet. Die appellant se vriend was egter onder die

5

indruk dat die klaer iets meer gesê het en daar het 'n woordewisseling tussen die appellant se vriend en die klaer ontstaan. Die twee het na mekaar geslaan, maar die houe het nie getref nie. Daar is 'n bewering dat die klaer klippe opgetel het, maar hy het nie enige klippe na die appellant se vriend gegooi nie. Op daardie stadium het die appellant na die huis geloop en sy 9mm Browning pistool gaan haal. Toe die appellant terugkeer met die pistool was die klaer alreeds besig om van die appellant se vriend weg te beweeg en was daar geen rede om die pistool te gebruik nie.

Dit is die appellant se weergawe dat hy eers twee waarskuwingskote geskiet het. Dit staan in ieder geval vas dat die appellant se vriend in geen gevaar verkeer het toe die appellant op 'n afstand van ongeveer 5 meter op die klaer begin losbrand het nie. Een van die eerste skote het die klaer in sy linkerheup getref en hy het geval. Daama het die appellant op 'n afstand van omtrent 3 meter die magasyn leeggeskiet op die klaer terwyl hy hulpeloos daar gelê het. Die pistool se magasyn kan 13 patrone hou. Dit is nie seker hoeveel skote die appellant inderdaad geskiet het nie, maar daar was agt skote wat die

6

klaer getref het. Een van die skote het die klaer in sy regterbors getref, vier in sy regterskouer, twee in sy regteronderbeen en een in die linkerheup. Die koeël in die klaer se linkerheup was ten tyde van die verhoor nog nie verwyder nie.

Daar is geen aanvaarbare verduideliking van die appellant waarom hy die klaer in die eerste plek geskiet het, of waarom hy aanhon skiet het nadat die klaer hulpeloos op die grond gelê het nie.

As gevolg van die beserings wat hy in die skietery opgedoen het, het die 31-jarige klaer sy werk as toesighouer op 'n plaas verloor. Die appellant se prokureur het in die loop van sy betoog in die verhoorhof genoem dat die klaer 'n siviele eis vir skadevergoeding teen die appellant gaan instel. Hierdie aspek van die siviele eis is ook tydens die appèl in die hof a quo en weer voor ons aangeroer. Die appellant se advokaat wou tydens sy betoog sekere nuwe feite met betrekking tot die verdere verloop van hierdie eis aan ons voorlê. Die staat se advokaat was egter nie bereid om toe te stem tot die voorlegging van sodanige "nuwe getuienis" nie, met die gevolg dat die appellant se advokaat hierdie aangeleentheid verder daar gelaat het.

7

Hierdie was na my oordeel 'n ernstige geval van poging tot moord. Die appellant se pleitverduideliking maak dit duidelik dat hy bedoel het om die klaer te skiet in 'n poging om hom te vermoor. Dit was dus 'n geval van poging tot moord met dolus directus as opsetvorm. Die feit dat die appellant die klaer sonder enige rede agt keer geskiet het, is beslis strafverswarend. Na my oordeel was die landdros in hierdie omstandighede volkome geregverdig om die ems van die misdaad en die gemeenskapsbelang te beklemtoon. Afgesien van enige ander oorwegings is die onbesonne gebruik van vuurwapens soos in hierdie geval op sigself reeds in stryd met die gemeenskapsbelang. Die leed wat die klaer aangedoen is, moet ook nie buite rekening gelaat word nie.

Die korrektiewe beampte het in haar versïag geen melding gemaak van die erns van die misdaad of die omstandighede waaronder dit gepleeg is nie. Sy handel eintlik net met die vraag of die appellant 'n vaste moniteerbare woon-en werksadres het en of hy andersins 'n geskikte kandidaat vir 'n vonnis van korrektiewe toesig is. Die verslag van die proefbeampte noem wel dat dit 'n "baie ernstige oortreding" was waaraan die appellant skuldig bevind is en voeg

8

dan by dat gevangenisstraf 'n gepaste vonnis in die lig van die erns van die oortreding sou wees. Die proefbeampte se finale aanbeveling was egter ook dat korrektiewe toesig as straf oorweeg word.

Die landdros het beide verslae en die aanbevelings daarin vervat oorweeg, maar hy was natuurlik nie gebonde om daardie aanbevelings te volg nie. Beide verslae konsentreer trouens op die persoonlike omstandighede van die appellant en 'n vonnis wat hom as persoon sal pas. Die landdros het egter in die uitoefening van sy diskresie beslis dat die aard en ems van die misdaad en die gemeenskapsbelang swaarder weeg as die appellant se persoonlike omstandighede en dat direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis vir die appellant was. Na my mening kan daar nie enige fout gevind word met hierdie benadering van die landdros nie.

Dit is namens die appellant betoog dat die landdros fouteer het deur die aanbevelings van die proefbeampte en korrektiewe beampte te ignoreer op grond van die beslissing in S v Lister 1993(2) SASV 228(A). Die landdros se verwysing na Lister se saak is myns insiens wel toepaslik. In daardie saak het

9

die hof juis gewys op die gevaar om by vonnisoplegging die aanbeveling van

'n deskundige te volg wat slegs die persoonlike omstandighede van 'n

beskuldigde voor oë het. Die posisie is soos volg op 232h-i van die Lister saak

saamgevat:

"As the Court a quo was at pains to point out, the approach of a sentencing officer is not the same as that of a psychiatrist. The sentencing officer takes account of all the recognised aims of sentencing including retribution; the psychiatrist is concerned with diagnosis and rehabilitation. To focus on the well-being of the accused at the expense of the other aims of sentencing, such as the interests of the community, is to distort the process and to produce, in all likelihood, a warped sentence."

Die verdere betoog namens die appellant dat die vonnis skokkend onvanpas is, het geen meriete nie. Na my oordeel sou selfs 'n swaarder vonnis nie onvanpas gewees het nie.

Die appèl word van die hand gewys.

F H Grosskopf AR Marais AR Olivier AR Stem saam

▲ To the top