Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en 'n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika (536/1996) [1998] ZASCA 111 (27 November 1998)


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VAN SUID-AFRIKA

Saaknommer: 536/96

In die saak tussen :

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN AFRIKA (OVS) Eerste Appellant

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN AFRIKA (PHORORO) Tweede Appellant

- en-

VERENÏGENDE GEREFORMEERDE KERK

IN SUIDERAFRIKA Respondent

Coram: Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR.

Verhoor: 6 November 1998 Gelewer: 27 November 1998

UITSPRAAK

VIVIER AR

2 VIVIER AR:

Die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in

Afrika ("die NGKA") het by sy gewone vergadering van Julie 1991 besluit

om "struktureel" met die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-

Afhka ("die NGSK") te verenig("die kerkvereniging"). By dieselfde

vergadering is vooraf ingrypende wysigings van sy grondwet ("die

kerkorde") aangebring wat verband gehou het met die besluit tot

kerkvereniging. Daarna, op 14 April 1994, is 'n stigtingsinode met

verteenwoordigers van die NGSK gehou waar 'n nuwe kerk, die

Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika ("die VGK") gestig en

sy grondwet goedgekeur is. Verskeie gemeentes van die NGKA in die

Vrystaat ("die NGKA-OVS") en Noordkaap hoofsaaklik ("die NGKA-

Phororo") was van meet af nie gediend met die kerkvereniging en die

wysigings van die kerkorde wat dit voorafgegaan het nie. Hulle het die

3 houding ingeneem dat die wysiging van die kerkorde sowel as die

kerkvereniging ongeldig was en nie hulle bestaan as gemeentes van die

NGKA geraak het nie. Uiteindelik was ongeveer 100 NGKA gemeentes

(76 gemeentes in die Vrystaat en 26 gemeentes in die gebied van Phororo)

nie bereid om die kerkvereniging te aanvaar nie. Verskeie pogings om die

geskille op te los, het nie geslaag nie en die streeksinode van die NGKA-

OVS het inderdaad voortgegaan om 'n vergadering op 27 September 1995

te hou.

Daama het die VGK op 26 Februarie 1996 'n aansoek gebring in die

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling vir 'n verklarende bevel dat die

NGKA en die NGSK op 14 April 1994 regsgeldig verenig het om die VGK

te vorm; dat die NGKA gevolglik nie meer bestaan nie; dat "alle regte,

voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone van die NGKA

oorgedra is na die ooreenstemmende regspersone van die VGK" en dat die

4

streeksinode NGKA-OVS wat op 27 September 1995 vergader het, oor

geen regsbevoegdheid beskik het om enige regsgeldige handelinge namens

die voormalige NGKA in die Vrystaat te verrig het nie. Die hofaansoek

was aanvanklik gerig teen 161 respondente synde die individue en

gemeentes wat betrokke was by die streeksinodesitting van 27 September

1995. Nadat 'n tussentydse interdik toegestaan is wat nie tans ter sake is

nie, is die NGKA-OVS en NGKA-Phororo op hulle versoek as verdere

respondente gevoeg. Uiteindelik was hierdie twee respondente die

enigste wat die aansoek teengestaan het. Die Hof a quo (Van Coller R)

het die aansoek met koste toegestaan en aan die betrokke twee respondente

verlofverleen om teen sy uitspraak en bevele na hierdie Hof te appelleer.

Dit is ter aanvang nodig om kortliks te verwys na díe gebeure wat die

algemene sinode van die NGKA se besluite op sy sitting van Julie 1991

voorafgegaan het. Die NGKA is op 7 Mei 1963 gestig na die vereniging

5 van die NG Bantoekerk in Suid-Afrika met die NG Sendingkerke in die

Oranje-Vrystaat, Transvaal en Natal. Soos blyk uít die stukke voor ons,

het die vier kerke se gemeentes, ringe en sinodes (laasgenoemde as

streeksinodes) bly voortbestaan sonder enige oordrag van bates. Hierdie

kerkvereniging was dus, soos later sal blyk, wesenlik verskillend van die

kerkvereniging wat in die huidige saak ter sprake is. In 1975 het die

algemene sinode van die NGKA besluit om hom te beywer vir eenwording

met die ander drie lede van NG Kerkfamilie naamlik die NG Kerk, die

Refbrmed Church in Africa en die NGSK. Hierdie besluit is daama telkens

herbevestig. Gedurende 1987 het die sinodes van die NGKA en NGSK 'n

gesamentlike gesprekskornmissie ("die GSK"), waarop albei verteenwoordig

was, gestig met die oog op die vereníging van slegs hierdie twee kerke. In

sy verslag wys die GSK daarop dat die vereniging van dié twee kerke as

'n begin beskou moet word en dat die uiteindelike doelwit van beide kerke

6

die eenwording van al die NG Kerke is. Die GSK het ook aanbeveel dat die algemene sinode van die NGKA 'n verdere belydenisskrif, naamlik die Belydenis van Belhar, wat reeds deel gevorm het van die belydenisskrifte van die NGSK, aanvaar. Hiervoor was 'n wysiging van art 36.1 van die NGKA se kerkorde nodig, soos ek later sal aantoon. Tydens 'n buitengewone vergadering van die algemene sinode van die NGKA gedurende 1990 is daar toe gepoog om eenwording met die NGSK te bewerkstellig maar die poging is laat vaar toe dit blyk dat dit nodig was om eers die kerkorde te wysig. Dit is gedoen by die algemene sinodesitting in Julie l991.

By hierdie sinodesitting is art 36.1 en 36.2 van die kerkorde eers eenparig gewysig ten einde die algemene sinode te magtig om op sy eie, en met 'n twee-derde meerderheid, die belydenis van die NGKA te verander. Art 36.1 en 36.2 het voorheen as volg gelui:

7

"36.1 Die wysiging van die belydenis van die kerk kan alleen geskied met twee-derde meerderheid en nadat elke streeksinode afsonderlik, met 'n twee-derde meerderheid ten gunste daarvan besluit het; en nadat alle kerke van Nederduitse Gerefbrmeerde Kerkverband geraadpleeg is.

36.2 Met uitsondering van die belydenis (Art 1) mag die Algemene Sinode die kerkorde wysig of aanvul met 'n twee-derde

meerderheidstem."

Soos gewysig, het art 36.1 en 36.2 as volg bepaal:

"36.1 Die wysiging en uitbreiding van die belydenis van die Kerk kan alleen geskied met twee-derde meerderheid deur die Algemene Sinode.

Enige besware van lidmate, Ring of Streeksinodes teen sodanige wysigings of uitbreidings mag by wyse van Gravamina (beswaarskrifte) en/of memoranda aan die volgende vergadering van die Algemene Sinode voorgelê word vir oorweging.

8

36.2 Die Algemene Sinode mag die Kerkorde wysig of aanvul met 'n twee-derde meerderheid."

Die algemene sinode het verder eenparig besïuit om 'n nuwe artikel,

genommer art 61, in die kerkorde in te voeg wat, volgens die notule, as volg

lees :

"61 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afríka mag te enige tyd met 'n twee-derde meerderheidsbesluit van die Algemene Sinode met een of meer van die kerke wat in Art 2 genoem word struktureeï verenig. Wanneer die NGKA sou besluit om met 'n ander kerk ofkerke te verenig moet die besluit deur die Algemene Sinode met 'n twee-derde meerderheidstem sowel as twee-derde meerderheidstem van die streeksinodes geneem word. Wanneer sodanige besluit geneem is, hou die kerk op om as NGKA te bestaan, en gaan op in die nuwe kerk. Alle regte, voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone van die NGKA word daarmee oorgedra aan die ooreenstemmende regspersone van die verenigde kerk wat uit die vereniging ontstaan."

9 Aangesien die NGSK een van díe kerke is wat in art 2 genoem word,

het die wysiging beteken dat 'n twee-derde meerderheidsbesluit van die

algemene sinode alleen voldoende was vir kerkverenigíng en die stigting van

'n nuwe kerk.

Voorts het die algemene sinode art 1.1 van die kerkorde gewysig

deur die Belhar Belydenis by die belydenisskrifte te voeg en daama die

volgende besluit geneem:

"1.1.34 Die Sinode besluit dat wanneer hy in uitvoering van sy besluit om struktureel met die NGSK in SA te verenig wettiglik saam met die veríeenwoordigers van die NGSK tot 'n stigtingsinode gekonstitueer is, die Algemene Sinode van die NGKA kragtens art 61 van sy Kerkorde as regspersoon sal ophou om te bestaan en te ontbind, en dra al sy regte, voorregte, eiendomme, bates, laste en verpligtinge, niks uitgesonder nie, oor aan die Algemene Sinode van die verenigde kerk wat uit die vereniging van die NGKA en

10

NGSK in SA ontstaan."

Volgens hierdie besluit ontbind die algemene sinode en dra sy bates ens aan die algemene sinode van die nuwe kerk oor op die tydstip wanneer die stigtingsinode wettiglik gekonstitueer is. Die algemene sinode was klaarblyklik van mening dat hy nie by magte was om soortgelyke ontbindingsbesluite ten opsigte van streeksinodes, ringe en kerkrade te neem nie, of anders gestel, dat sy ontbindingsbesluit nie daardie liggame kon bind nie. Daarom is drie verdere besluite geneem ten opsigte van die streeksinodes, ringe en kerkrade. Inbesluite 1.1.35 en 1.1.36 word aan die streeksinodes en ringe onderskeidelik opgedra om self ontbindingsbesluite soortgelyk aan dié van die algemene sinode te neem. In besluit 1.1.37 word aan alle gemeentes opgedra om self stappe te neem vir die voortsetting van die gemeente "as regspersoon met 'n nuwe identiteit". Geen sodanige

11 ontbindingsbesluite of stappe is ooit deur die streeksinodes van die NGKA-

OVS of NGKA-Phororo of enige van die 102 gemeentes waarna hierbo

verwys is, geneem nie.

Soos ek reeds gemeld het, het die algemene sinodes van die NGKA en die NGSK op 14 April 1994 'n gesamentlike stigtingsinode gehou. Volgens die betoog namens die VGK het die konstituering van die vergadering die laaste twee sinne van art 61 in werking gestel en is 'n nuwe kerk, die VGK, gestig.

Die eerste vraag wat ontstaan is of die NGKA se algemene sinode by magte was om art 61, wat o a aan hom die bevoegdheid verleen het om 'n nuwe kerk te stig met die oordrag van alle bates van die NGKA se regspersone aan die nuwe kerk, in die kerkorde te voeg. By die oorweging van hierdie vraag moet nie uit die oog verloor word nie dat art 6l nie aan die algemene sinode die bevoegdheid verleen om sonder meer te ontbind

12

nie. Die bevoegdheid in art 61 is om te besluit om te verenig met 'n ander

kerk en wanneer die besluit geneem is, hou die NGKA op om te bestaan. Ingevolge die artikel volg ontbinding outomaties op die besluit om te verenig en is dit insidenteel tot die besluit om te verenig.

Namens die VGK is betoog dat die algemene sinode wel by magte was om art 61 in te voeg uit hoofde van die wysigingsbevoegdheid wat aan hom verleen is in art 36 van die kerkorde soos dit gelees het voor en na die wysiging van laasgemelde artikel. Daar is verder betoog dat volgens 'n juiste uitleg van die kerkorde die algemene sinode in elk geval, selfs sonder art 61, die inherente of stilswygende bevoegdheid gehad het om sy gemelde besluit tot kerkvereniging te neem.

Omdat art 36 in sy konteks gelees moet word, is dit gerieflik om die twee betoë grotendeels saam te behandel. Eerstens wys ek daarop dat ons howe al meermale beslis het dat die NG Kerke vrywillige of

13

onderlinge verenigings is waarvan die lede kontraktueel gebind word deur

die betrokke kerkordes. Sien De Vos v Die Ringskommissie van die Ring

van die NG Kerk, Bloemfontein, and Another 1952 (2) SA 83 (0) op 93

F-H en die sake daar aangehaal; Theron en Andere v Ring van Wellington

van die NG Sertdingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) en

Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur

1994 (2) SA 191 (WPA) op 194. (In 'n ongepubliseerde proefskrif van

Pienaar, Die Gemeenregtelike Regspersoon in die Suid-Afrikaanse

Privaatreg, op 299 word die standpunt ingeneem dat lede nie kontraktueel

nie maar ingevolge wat genoem word interne verbandsreg gebonde is. Dit

kom vir huidige doeleindes op dieselfde neer.) Dit is ook nie nodig om

te beslis of die NGKA 'n regspersoon is of nie aangesien dit nie die

vertolking van die kerkorde raak nie (cf die De Vos-saak, supra, op 93 H,

en Wilken v Brebner and Others 1935 AD 176 op 180 en 188). Soos

14 ek later sal aantoon, is die plaaslike gemeentes van die NGKA wel

regspersone.

Die eksemplaar van die kerkorde wat voor ons geplaas is, bevat die artikels van die algemene sinode van die NGKA sowel as die bepalings en reglemente van die streeksinode van die NGKA-OVS. Beide is bindend op die lede van die NGKA-OVS. Die advokate het ons meegedeel dat die bepalings en reglemente wesenlik dieselfde is as dié van die NGKA-Phororo.

Vir 'n behoorlike uitleg van die kerkorde is dit nodig om die woorde daarvan te oorweeg met inagneming van die aard en opset van die kerkorde, en ook na die samehang van die woorde in die kerkorde as geheel (Swart en 'n Ander v Cape Fabrix (Pty) Ltd 1979 (1)SA 195 (A)op 202 C). Die sg breë kontekstuele agtergrond sluit ook in wat genoem word die matriks van feite waarindiekerkorde geset is. Lord Wilberforce het

15 dit as volg gestel in Prenn v Simmonds [1971] 3 All ER 237 (HL) (op

239 j):

"The time has long passed when agreements, even those under seal, were isolated from the matrix of facts in which they were set and interpreted purely on internal linguistic considerations ... We must enquire beyond the language and see what the circumstances were with reference to which the words were used, and the object, appearing from those circumstances, which the person using them had in view."

Later in the uitspraak het Lord Wilberforce die volgende beperking

geplaas op die bewysmateriaal wat gebruik kan word (op 241 f-g):

"In my opinion, then, evidence of negotiations, or of the parties' intentions, ... ought not to be receíved, and evidence should be restricted to evidence of the factual background known to the parties at or before the date of the contract, including evidence of the 'genesis' and objectively the 'aim' of the transaction."

Hierdie beperking word ook in die uitsprake van ons howe erken. In

Delmas Milling Co Ltd v Du Plessis 1955 (3) SA 447 (A) op 454 G het

16 Schreiner AR toelaatbare omstandigheidsgetuienis beskryfas

"matters that were probably present to the minds of the parties when they contracted (but not actual negotiations and similar statements)."

Sien ook Cinema City (Pty) Ltd v Morgenstern Family Estates (Pty) Ltd

and Others 1980 (1) SA 796 (A) op 803 G - 805 H.

Wat betref die breë kontekstuele agtergrond waarteen die kerkorde

vertolk moet word, is die belangrikste feit sekerlik, soos blyk uit die

beëdigde verklaring van Prof Strauss, dat dit voorsiening maak vir 'n

gereformeerde of presbiteriale stelsel van kerkregering. Dit is in

teenstelling met ander stelsels van kerkregering soos die Roomse, die

episkopaalse of die kollegialistiese stelsels van kerkregering. (Geldenhuys,

Die regsposisie van die Kerkraad,Ring en Sinode soos toegepas in die

Gefedereerde Ned Ger Kerke in Suid-Afrika 25-34; Kleynhans,

Gereformeerde Kerkreg, Vol 1 64-90 en Pienaar, op cit 255-267). Al

17 drie hierdie skrywers noem as een van die hoofkenmerke van die

gereformeerde stelsel dat elke plaaslike gemeente die sigbare openbarring en

organisasie van die kerk en dus op sigself volledig kerk is. Die plaaslike

gelowiges self vorm die kerk en daarom is die gereformeerde kerk uit sy

aard 'n belydenis-kerk (Geldenhuys op cit 33). Kerkverband tussen

kerke wat nie dieselfde belydenis het nie of wat dieselfde belydenisskrifte

verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseer is, is nie

moontlik nie, aangesien eenheid in belydenis die samebindende faktor by

kerkverband is (Pienaar op cit 268-269). Alhoewel kerkverband met

ander gemeentes noodsaaklik is, kan 'n losstaande gemeente nie verhinder

word om hom 'n gereformeerde gemeente te noem nie. (Pienaar op cit

269, Geldenhuys op cit 142-146, Kleynhans, op cit vol 3 op 8).

Meerdere vergaderings nl die ringe, streeksinodes en algemene sinodes is,

soos ek later sal aantoon, tydelik van aard en raak nie die selfstandigheid

18 van die plaaslike gemeente ofkerk nie.

Dat die NGKA die verband of verbintenis tussen afsonderlike

plaaslike gemeentes is, blyk duidelik uit art 3.1 van die kerkorde wat soos

volg lui:

"3.1 Die Nederduitse Gereformeerde kerk in Afrika is die verband van alle plaaslike gemeentes wat bogenoemde belydenis en hierdie kerkorde aanvaar en wat in die toekoms deur die kerkverband as gemeentes erken word."

Die belydenis waama hier verwys word, word uiteengesit in art 1, wat voor

die sitting van die algemene sinode in Julie 1991 soos volg gelees het:

"Artikel 1

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika is gebou op die fbndament Jesus Christus, gegrond op die Bybel, die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat die kerk in ooreensternming met Gods Woord bely, staan uitgedruk in:

1.1 Die Formuliere van Enigheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in 1618-1619, naamlík

19

die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, die vyf Dordtse Leerreëls en 1.2 Die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Belydenis van Nicea en die Belydenis van Athanasius."

Die woorde "en die Belhar Belydenis" ís, soos reeds gemeïd, deur die algemene sinode by sy sitting gedurende Julie 1991 ingevoeg aan die einde van art 1.1.

Volgens die woordomskrywing in hoofstuk 4 van die kerkorde is 'n gemeente "die kerk van Christus op 'n bepaalde plek" en bestaan dit uit gemeentelede en ampsdraers. "Kerk" word omskryf as die vergadering van gelowiges wat, hoewel oor die hele wêreld versprei, tot openbaring kom in die plaashke gemeentes. In die woordomskrywing word býgevoeg dat die verskillende plaaslike gemeentes verplig is om met mekaar in kerkverband te tree.

20 Ons howe het tot dusver gemeentes van verskillende denominasies

konsekwent as regspersone beskou. Uit die kerkorde is dit duidelik dat

dit ook die geval is met elke plaaslike gemeente van die NGKA. As

regspersoon is die gemeente die wettige eienaar van sy goedere,

eiendomme en fondse. (Venter en Andere v Den Kerkeraad der

Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6; Prinsloo and Others

v Ned. Herv. of Geref Church 1889 SAR 220; Peach and Co v The

Jewish Congregation of Johannesburg 1894 SAR 345; Dutch Reformed

Church, Van Wijk's Vlei v Registrar of Deeds 1918 CPD 375 op 377-8 en

Ex parte Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA

377 (W).)

Art 17 van die kerkorde maak voorsiening vir vier organe of

vergaderings van die NGKA naamlik die kerkraad, ring, streeksinode en

algemene sinode. Aan hierdie vergaderings word, voïgens art 18, maar

21 onderhewig aan bepaling 78, die opsig oor, die regering van en die tug in

die kerk toevertrou. Volgens art 20 word die opsig en tug oor die

gemeente en die regering daarvan aan die kerkraad soos saamgestel uit

leraars of evangeliste, ouderlinge en diakens toevertrou. Die kerkraad is die

bestuursorgaan van die plaaslike gemeente, dit verteenwoordig die plaaslike

gemeente en neem besluite namens die gemeente. Dit dien reeds as die

eerste vorm van kerkverband (Kleynhans op cit vol 3 op 42). Bepaling

78 van die kerkorde lees as volg :

"Bepaling 78

Die kerklike vergaderinge bepaal hulle werksaamhede binne die grense van hulle bevoegdheid, sodat hulle niks behandel wat uitsluitlik tot die bevoegdheid van 'n ander kerkvergadering behoort nie."

Hierdie bepaling het sy oorsprong in art 30 van die Dordtse Leerreëls

van 1618-1619 van die Gerefbrmeerde Kerke in Nederland na die

22 hervorming, wat as volg gelees het:

"In meerdere vergaderingen zal men niet handelen, dan hetgeen dat in mindere niet heeft afgehandeld kunnen worden, ofdat tot de kerken der meerdere vergadering in het gemeen behoort."

Bepaling 78 erken dus die selfstandigheid van die kerkraad deur aan die

ander kerkvergaderings 'n beperking op te lê ten einde te verhinder dat hulle

hul met sake wat van plaaslike aard is, en aan die kerkraad toevertrou is,

bemoei. Die kerkraad het dus eksklusiewe seggenskap oor die vele sake

wat die kerkorde aan hom opdra. Een daarvan is om namens die gemeente

met laasgenoemde se eiendomme te handel.

Die regering oor die geheel van saamverbonde kerke of gemeentes

word aan die meerdere vergaderings toevertrou. Gemeentes word deur

die streeksinodes in ringe gegroepeer. Die ring word saamgestel uit alle

leraars van gemeentes binne die ring se gebied en een ouderling of evangelis

23 of diaken uit elke gemeente. In die gemeentes waar meer as een leraar is,

dien een ouderling of evangelis of diaken per leraar op die ring. Tot die

werksaamhede van die ring behoort o a die stigting en ontbinding van

gemeentes (art 25.4). Die streeksinode word saamgestel uit alle leraars

binne sy gebied, saam met een ouderling ens soos die geval is met die ring.

Voorsiening word ook gemaak vir ander persone om in adviserende

hoedanigheid sitting te hê op die streeksinode. Art 30 bepaal dat die

streeksinode volle seggenskap oor sy eiendomme, finansies en

werksaamhede behou wat hy "voor vereniging gehad het ofdaarna verwerf

behalwe die wat volgens hierdie kerkorde aan die Algemene Sinode

oorgedra is of sal word ..." Die "vereniging" waarna verwys word, is die

vereniging op 7 Mei 1963 soos hierbo gemeld. Art 29 omskryf die taak en

bevoegdhede van die streeksinode en hiertoe behoort, volgens art 29.2 "die

behartiging van alles wat die plaaslike kerke in die gebied in gemeen het,

24 met uitsondering van die sake wat by die Algemene Sinode tuishoort".

Die algemene sinode word saamgestel uit vier lede van elke streeksinode en een leraar plus een ouderling of evangelis of diaken uit elke ring binne die gebied van die samestellende streeksinodes. Daarbenewens word sitting in 'n adviserende hoedanigheid verleen aan een verteenwoordiger elk van die ander drie kerke in die N G Kerkfamilie en sekere ander persone (art 32).

Uit bogemelde bepalings blyk dit dat terwyl alle gemeentes direk verteenwoordig is op die ringe en streeksinode, slegs sommige gemeentes indirek deur die ringe en streeksinodes waaronder hulle sorteer op die algemene sinode verteenwoordig word. Geen gemeente het 'n direkte verkose verteenwoordiger by die algemene sinode nie. Die algemene sinode is verder, anders as die kerkraad, bloot tydelik van aard en is geen permanente bestuursliggaam nie. Sy bevoegdheid eindig met die

25 uiteengaan van die vergadering. Die algemene sinode is nie by magte om

'n besluit te neem in stryd met die kerkorde nie. (Geldenhuys op cit 251-

252, Pienaar op cit 295.) Tussen sinodesitting handel kommissies met

omskrewe funksies. Die motief agter die besluit, hoe lofwaardig ook al,

is irrelevant. Die volgende dictum van hierdie Hof in die saak van

Minister of the Interior and Another v Harris and Others 1952 (4) SA 769

(A) op 793 A-B geld ook vir die algemene sinode :

"If an Act is beyond the competence of a legislative body, its motives are irrelevant, whether they be ethical, legal or political."

Die algemene sinode is verder nie by magte om 'n bepaling in die kerkorde

te wysig ten einde 'n doel te bereik wat buite sy magte is nie. In Collins

v Minister of the Interior and Another 1957 (1) SA 552 (A) het Schreiner

AR op 574 die volgende in hierdie verband gesê (op 574 E-F):

"In general the parts of a scheme take their character

26

from the whole. A scheme to defraud is an obvious example. Another is a scheme to get round a legislative obstacle."

Art 34 van die kerkorde omskryf die werksaamhede en bevoegdhede

van die algemene sinode. Daaronder val onder andere die behartiging van

die ekumeniese belange van die kerk (art 34.1); die administrasie van en

beskikking oor eie fondse en eiendomme (art 34.2); die bepaling van die

beleid wat gevolg moet word in verband met die werksaamhede wat deur die

streeksinodes behartig word (art 34.3); die behandeling van alle sake wat

deur die streeksinodes na hom verwys is en die beslissing oor tugsake wat

die leer van die kerk raak (art 34.4). Art 34(5) sluit die volgende in onder

die algemene sinode se werksaamhede :

"34.5 die aanwysing van die Bybelvertaling(s) wat amptelik gebruik moet word, die vasstelling en vertaling van die belydenisskrifte van die kerk, die kerkorde, die liturgiese formuliere en gebruike, die sangbundel en die orde van die erediens."

27 Ek behandel later die juiste betekenis van hierdie sub-artikeï.

Teen hierdie agtergrond kan die wysigings van die kerkorde deur, en

die besluite van die 1991 algemene sinode nou oorweeg word. Eerstens is

daar art 36. Voor die wysiging het art 36 van die kerkorde bepaal dat die

algemene sinode, met die uitsondering van die belydenis, die kerkorde kon

wysig of aanvul met 'n twee-derde meerderheidstem. Vir die wysiging

van die belydenis moes, soos ek reeds gesê het, elke streeksinode ook

afsonderlik met 'n twee-derde meerderheid ten gunste daarvan besluit.

Die beginsel wat hier gestel was, was dat elke gemeente van die kerk, deur

sy verteenwoordigers in die streeksinode, inspraak in 'n moontlike

wysiging van die belydenis moes hê. Ten opsigte van die belydenis, wat

deur Kleynhans, op cit vol 3 op 154 as die grondslag en beleid van die

kerk by uitnemendheid, beskryf word, was daar dus 'n beperking met

betrekking tot die bevoegdheid van die algemene sinode in die kerkorde

28 ingebou. Na my mening was die belydenis verskans in art 36 en die

algemene sinode was nie by magte om die verskansing te omseil deur 'n

eensydige wysiging van art 36 nie.

Wat betref die reg van die algemene sinode om ingevolge art 36.2

wysigings in die kerkorde aan te bring, moet verder gelet word op die

algemene beginsel wat Lord Tomlin in Hole v Garnsey 1930 AC 472

(HL) op 500 gestel het dat die bevoegdheid van 'n vrywilhge vereniging

om sy grondwet te wysig, beperk moet word tot wysigings wat

redelikerwys geag kan word binne die beskouing en bedoeling van die

partye was tydens die sluiting van die kontrak, inagnemend die aard en al die

omstandighede van die kontrak. In Swanepoel v OVS Nederduitse

Gereformeerde Kerk 1949 (4) SA 919 (O) het De Beer RP met

goedkenring na hierdie beginsel verwys maar in 'n vroeëre beslissing,

waarna nie in die Swanepoel-saak verwys is nie, Fairham v Cape Town

29 Mutual Aid Fund 1949 (1)SA 925 (C), was Ogilvie Thompson Wnd R

nie bereid om die beginsel deur Lord Tomlin gestel, sonder kwalifikasie

te aanvaar nie. Op 928 het die geleerde regter gesê dat die beginsel

oorweeg moet word saam met 'n ander beginsel naamlik dat die hof

normaalweg me sal inmeng met dit wat te goeie trou gedoen word tot

voordeel van die betrokke vrywillige vereniging nie. Dit is nie nodig vir

huidige doeleindes om te oorweeg of hierdie kwalifikasie geregverdig is nie.

Na my mening is dit duidelik dat by die invoegjng van art 61 die algemene sinode die wysigingsbevoegdheid in art 36 gebruik het om 'n resultaat te bereik wat nie alleen nooit bedoel kon gewees het nie, maar ook strydig is met die hele oogmerk van die wysigingsbevoegdheid in art 36.

As deel van die breë kontekstuele agtergrond kan verder aanvaar word dat die waarskynlike bedoeling agter die kerkorde was dat die NGKA vir altyd sou bestaan. So het Hoofregter Wessels in Wilken v Brebner

30 and Others, supra, op 184, die volgende gesê :

"In the case of a universitas or collegium, a church or hospital, or what the German jurists call a 'stifftung', the intention is that the association shall continue for ever and that it shall carry out the purposes of its founder or founders."

Ek kan my kwalik voorstel dat toe die NGKA in 1963 gestig is, die

opstellers van die kerkorde iets anders in gedagte gehad het as dat die

NGKA vir altyd sou bestaan. Die getuienis was dat die gedagte van

kerkvereniging eers in 1975 ontstaan het. Dit is vir hierdie rede, meen ek,

dat geen uitdruklike voorsiening in die kerkorde gemaak is vir die ontbinding

van die NGKA of vir kerkvereniging nie. Die basis van die

wysigingsbevoegdheid in art 36.2 was dus die veronderstelling dat die

NGKA bly voortbestaan. Dit was gemik op die voortsetting, verbetering

en aanpassing van die kerkorde soos omstandighede van tyd tot tyd dit sou

vereis. Die invoeging van art 61, daarenteen, was daarop gemik om die

31

fundamentele doelstelling van die NGKA ongedaan te maak en het tot gevolg gebad die stigting van 'n nuwe kerk, die ontbinding van die NGKA en die beeïndiging van die NGKA se kerkorde. Dit was níe die bedoeling agter art 36 nie en ook nie sy funksie nie. Na my mening was die invoeging van art 6l gevolglik nie 'n wysiging binne die betekenis van art 36 nie en het die algemene sinode buite sy bevoegdheid gehandel toe hy die artikel ingevoeg het. Vgl Murray v S A Tattersall's Subscription Rooms 1910 WLD 35 op 41. Op gesag van die beslissing in Kahn v Louw NO and Another 1951 (2) SA 194 (C) op 211 E-F is namens die VGK aangevoer dat die bevoegdheid om die konstitusie van 'n vrywillige vereniging te wysig die bevoegdheid insluit om die vereniging te ontbind. Ek is nie oortuig dat so 'n algemene beginsel inderdaad bestaan nie; maar, selfs al sou dit die geval wees, gaan art 61 veel verder as die ontbinding van die NGKA Ek het reeds opgemerk dat die effek van die artikel is dat

32 ontbinding insidenteel sal wees tot 'n besluit om met 'n ander kerk te

verenig. Wanneer so 'n besluit geneem word, hou die NGKA, volgens art

61, op om as sulks te bestaan, gaan dit op in die nuwe kerk en word alle

regte, voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone daarin

oorgedra aan die ooreenstemmende regspersone in die nuwe kerk.

Wesenlik kom dit daarop neer dat elke gemeente met al sy regte, voorregte,

bates ens eenvoudig opgeneem, en sonder enige deelname aan die besluit,

in 'n nuwe verband gedwing word.

Ek behandel vervolgens die betoog namens die VGK dat op 'n

behoorlike uitleg van die kerkorde die algemene sinode selfs sonder die

invoeging van art 61 die inherente of stilswygende mag gehad het om sy

besluit tot kerkvereniging te neem. Ek het reeds hierbo verwys na die

werksaamhede wat die kerkorde aan die algemene sinode opdra sowel as na

dié liggaam se verhouding teenoor die ander mindere kerkvergaderings.

33

Dit blyk duidelik uit die kerkorde dat die algemene sinode, anders as die drie

ander kerkvergaderings, jurisdiksie het oor die saamgebonde gemeentes en dat die ander vergaderings hulle aan sy uitsprake en besluite moet onderwerp (bep 75). Soos verskillende skrywers oor die onderwerp, aangehaal deur Geldenhuys, op cit 259, uitwys, is daar egter vele sake waaroor die algemene sinode geen jurisdiksie het nie. So is dit nie by magte om 'n besluit oor 'n gemeente se bates te neem nie of eensydig die gemeente se aard of identiteit te verander of te ontbind nie. Die NGKA is, soos reeds gesê, die verband tussen die gemeentes as afsonderlike plaaslike kerke. Daaruit volg, meen ek, dat dit nie vir die algemene sinode is waar, soos ook reeds gesê, die gemeente nie direk verteenwoordig is nie, om eensydig die gemeente se kerkverband te verander nie. Meer nog, as onamanklike regspersoon besit die gemeente sy eie eiendom en bates en regtens kan sy eiendom hom nie teen

34 sy wil ontneem word nie. Dat dit die effek is van die algemene sinode se

besluit (1.1.34), is duidelik.

Dit is al meermale deur ons howe beslis dat die algemene sinode se

inherente bevoegdheid nie die reg insluit om sonder die goedkeuring van al

sy lede, dit wil sê al die gemeentes, die kerkverband te verander en 'n ander

kerk te stig nie. In die saak van The Nederduitsch Hervormde

Congregation of Standerton v The Nederduitsch Hervormde or

Gereformeerde Congregation of Standerton 1893 SAR 69 was die feite

kortliks as volg. In Februarie 1885 het die onderskeie algemene sinodes

van die Nederduitsche Hervormde ("NH") en die Nederduitsche

Gereformeerde (NG") Kerke, feitlik eenparig besluit om te verenig en

'n nuwe kerk te stig wat, tot daar op 'n naam ooreengekom sou word,

voorlopig bekend sou staan as die Nederduitsche Hervormde of

Gerefbrmeerde Kerk ("NH of G"). Kort daarna is die boeke van die NH

35 gemeente van Standerton aan die NH of G gemeente aldaar oorhandig en

die sleutel van die kerk met die koster gelaat wat dit namens die NH of G

gemeente ontvang het. Sekere lidmate van die NH gemeente was nie

tevrede met die kerkvereniging nie en in 1892 het 'n leraar en 'n aantal

persone in die omgewing van Trichardtsfontein as kerkraad aanspraak

gemaak op die kerkgronde en kerkgebou op Trichardtsfbntein welke

eiendom voor die kerkvereniging aan die NH gemeente van Standerton

geskenk is. Hulle het hulself steeds as die NH gemeente van Standerton

beskou en het 'n hofaksie ingestel teen die nmve NH of G gemeente waarin

hulle die kerkeiendom teruggeëis het. Die aksie is gehandhaaf in die

volgende woorde van Hoofregter Kotze op 81-82.

'It is clear that if, at the time of the completion of the union in 1885, there were any members of the Nederduitsch Hervormde congregation who did not concur in the union, or acquiesce in it at a later date, those members must be considered to have remained

36

hervormd, and as still constituting the Hervormde

congregation of Standerton, and therefore as being

entitled to the ownership of the piece of donated land at

Trichardsfontein with the church buildings on it. This

follows from the nature of a corporation or religious

body (Universitas), such as a church association, and

from the doctrine applicable thereto. Thus Ulpian says

(Dig. 3. 4, 7, s. 2), 'Sed si universitas ad unum redit,

magis admittitur posse eum convenire et conveniri,

cum jus omnium in unum reciderit, et stet nomen

universitas. (Compare Voet, 3. 4, s. 1.)

The two separate corporations, to wit, the Hervormde

congregation and the Gereformeerde, resolved in 1885

to terminate their existence as such, and together to

form another and new corporation or body. This could

only be brought about by the consent or acquiescence of

each individual member of the two separate

corporations. The majority, that is the General

Church Assembly, could indeed bind the minority with

reference to everything which came within the scope

and object of the corporation or church association, for

such power is within its authority; but when the majority

attempts to dissolve and terminate the corporation or

church association, by a resolution to unite it with

another association, and so to bring another and new

corporation into being, then the majority exceeds the

limits of its authority; it is then acting ultra vires. The

37

General Church Assembly of the Nederduitsch Hervormde Church cannot, by its resolutions of 1882 and 1885 to unite with the Gereformeerde Church and form a new church or corporation, compel the members of the former church who did not wish for union, to join in it, however desirable and praiseworthy the union may happen to be."

Namens die VGK is betoog dat Hoofregter Kotze in die

aangehaalde passasie niks meer gesê het nie as dat die Hervormde gemeente

van Standerton bly voortbestaan het. Ek stem nie saam nie. Hoofregter

Kotze behandel in die eerste gedeelte van die aangehaalde passasie, wat

eindig met die aanhaling van Ulpianus se Digesta-teks, wel die posisie van

die gemeente, maar gaan daama veel verder. Die Digesta-teks, volgens

die Watson-vertaling, lees as volg : "But if a corporate body is reduced

to one member, it is usually conceded that he can sue and be sued, since the

rights of all have fallen to one and the corporate body continues to exist in

name only". Dat een oorblywende gemeentelid die gemeente kan vorm,

38 moet in die huidige omstandighede, in die lig van die bepalings van die

kerkorde waarvolgens die kerkraad die gesagsorgaan is wat namens die

gemeente optree, moontlik gekwalifiseer word. Dit is egter nie vir huidige

doeleindes nodig om hierdie aspek te beslis nie. Dit raak nie die res van

die aangehaalde dictum van Hoofregter Kotze nie, waar hy met die

bevoegdheid van die algemene sinode handel. Daarin verklaar hy

onomwonde dat die algemene sinode nie gemagtig is om sonder die

toestemming van alle lede (of dit nou gemeentes of gemeentelede is) tot

kerkvereniging en die stigting van 'n nuwe kerk te besluit nie. Sien verder

The Nederduitsche Hervormde Congregation of Rustenberg v The

Nederduitsche Hervormde or Gereformeerde Congregation of Rustenberg

12 CLJ 140 op 141 waar die feite soortgelyk was aan dié van die

Standerton-saak; Dwane v Coza and Others 17 EDC 8 op 18; Coates

(and Cottrell v St John's Benefit Society 23 SC 38 op 40; Solomon v The

39 Alfred Lodge 1917 CPD 177 op l80 en 184 en Cape United Sick Fund

Society and Others v Forrest and Others 1956 (4) SA 519 (A)op 528 A

waar met goedkeuring na die Standerton-saak verwys is.

ín die ongepubliseerde proefskrif van Fourie, Die Nederduitse

kom hy op 293 tot die gevolgtrekking dat die bevoegdheid om sonder die toestemming van alle lidmate twee of meer kerke te ontbind en daarna gesamentlik 'n nuwe kerk met 'n eie naam, belydenis, kerkorde en liturgie vir die gemeentes te stig, slegs van owerheidsweë verkry kan word. As 'n voorbeeld hiervan verwys hy na 'n private wet, Die Nederduits Gereformeerde Kerken Verenigings Akte 23 van 1911, wat voorsiening gemaak het vir die vereniging van die NG Kerke in die destydse vier provinsies. Hierdie wet het spesifiek voorsiening gemaak dat vereniging regsgeldig kon geskied met die goedkeuring van die sinodebesluite deur

40 driekwart van die onderskeie kerkrade in al vier die provinsies (art 2).

Die agterliggende beskouing was dus dat die gemeentes se goedkeuring vir

kerkeenheid noodsaaklik was. Die vereiste meerderheid kon nie verkry

word nie en eers vyftigaar later, op 12 Oktober 1962, is kerkeenheid bereik

en die NG Kerk gestig. (Vir 'n bespreking van die wet en wat daarvan

geword het, sien die artikel van Dannenbring in 1966 (vol 83) SALJ op

520.)

In Amerika het die howe dieselfde houding ingeneem oor

kerkvereniging in die presbiteriale stelsel van kerkregering. Daar word

ook meerdere kerkvergaderings aangetrefwat ooreenkom met dié by ons

en die vraag wat telkens beantwoord moes word was of die betrokke

General Assembly (wat ooreenstem met ons algemene sinode) die

bevoegdheid uit sy grondwet verkry het om tot kerkvereniging en die

stigting van 'n nuwe kerk oor te gaan. Sien die Corpus Juris Seundum

41 vol 76 para 35 op 788-789 en para 70 op 847-848; American

Jurisprudence, 2de uitgawe, vol 66, op 763 en Ramsey v Hicks 91 NE

344 waar die hof op die feite van daardie saak bevind het dat die

bevoegdheid tot kerkvereniging wel bestaan het.

Vir die betoog namens die VGK dat die bevoegdheid tot

kerkvereniging en die stigting van 'n nuwe kerk stilswygend inbegrepe is in

die kerkorde, is op arts 34.1 en 34.5 gesteun. Soos reeds gesê, dra art

34.1 aan die algemene sinode die behartiging van die ekumeniese belange

van die kerk op. Die naam is reeds aanduidend van wat hier bedoel word.

Ekumenies (van die Griekse oikoumene) is volgens die Woordeboek van

die Afrikaanse Taal, 2de deel op 509, die hele bewoonde aarde of

verteenwoordigende die hele Christelike kerk, veral dié op gereformeerde

grondslag. Sien ook HAT op 198. Ekumeniese belange sou dus dié wees

wat die NGKA deel met alle Christene oor die hele wêreld soos dié met

42 kerke op gereformeerde grondslag in Suid-Afrika, dié met kerke van

gereformeerde belydenis en kerkregering in die buiteland en dié met ander

kerke van algemene Protestants-Christelike belydenis (sien art 59). Sien

Kleynhans op cit vol 3 op 106 en Heyns, Die Kerk, op 175-176.

Volgens laasgenoemde is dit gewoonlik die bande met kerke van ander

konfessionele oortuigings, kerkregtelike beginsels en liturgie wat in 'n

ekumeniese verhouding gestalte vind. Hierdie sub-artikel sê gevolglik

niks meer nie as dat die NGKA nie in afsondering moet leef en werk nie

maar eerder in samewerking met ander kerke. Die sub-artikel bevat, na

my mening, geensins 'n stilswygende bevoegdheid tot eensydige

kerkvereniging en kerkstigting nie.

Laastens is daar gesteun op die bevoegdheid van die algemene sinode

in art 34.5 om die "belydenisskrifte", die kerkorde ens vas te stel. Hierdie

sub-artikel beteken sekerlik nie dat die algemene sinode die belydenis en

43 kerkorde na willekeur met 'n gewone meerderheid kan wysig nie, en die

sub-artikel moet klaarblyklik onderhewig gelees word aan art 36 wat bepaal

hoe die wysiging van die kerkorde en die belydenis moet geskied. Soos ek

reeds bevind het, het die wysigingsbevoegdheid ingevolge art 36 nie die

bevoegdheid ingesluit om art 61 in te voeg nie. Dit volg dat as art 36 nie

die invoeging van art 61 gemagtig het nie, art 34 (5) dit ook nie kon doen

nie.

Vir die redes wat ek genoem het, is ek van mening dat die algemene

sinode buite sy magte gehandel het. Die geheïe besluit van die algemene

sinode van die NGKA op sy vergadering van Julie 1991 om met die NGSK

te verenig (besluit 1.1.33) sowel as die besluite wat daarmee in verband

staan (besluite 1.1.34 tot 1.1.38) was gevolglik ultra vires en ongeldig.

Daarbenewens was die wysiging van art 36, soos ek reeds bevind het, ook

ongeldig.

44 Dit volg dat die Hof a quo verkeerdelik verklaar het dat die NGKA

nie meer bestaan nie, dat alle regte ens van die regspersone van die NGKA

oorgedra is aan die ooreenstemmende regspersone van die VGK en dat die

streeksinode NGKAOVS geen regsbevoegdheid meer besit nie. Wat

betref die Hof a quo se verklarende bevel dat die VGK regsgeldig gestig

is op 14 April 1994, is die geldigheid van die gebeure van daardie dag en

hoe dit geraak word deur die ongeldige besluite van die NGKA se algemene

sinode van Julie 1991, nooit in die stukke voor die Hof behoorlik

aangespreek en ondersoek nie. Daar was slegs terloopse verwysings na die

gebeure van daardie dag. Die notule van die stigtingsvergadering was nie

voor die Verhoorhof geplaas nie. Die NGSK was nie 'n party tot die

huidige saak nie. Alhoewel dit nie voor ons betoog is dat die VGK nie

regsgeldig tot stand gekom het nie en die NGKA-OVS en NGKA-Phororo

beide erken dat die VGK regsgeldig bestaan, was 'n verklarende bevel dat

45 die VGK regsgeldig gestig is, gevolglik nie geregverdig nie.

Die volgende bevel word gemaak -

  1. Die appèl slaag met koste wat die koste van twee advokate op verhoor maar nie ten opsigte van die argumentshoofde nie, insluit.

  2. Die bevel van die Hof a quo word vervang met die volgende bevel -

(a) Die tussentydse interdik gedateer 22 Maart
1996 word ter syde gestel;

(b) Die aansoek word afgewys met koste wat
die koste van twee advokate insluit.

W VIVIER AR

Hefer AR) Zulman AR) Streicher AR) Stem saam.


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VAN SUID-AFRIKA

Saaknommer: 536/96 In die saak tussen :

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN AFRIKA (OVS) Eerste Appelant

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN AFRIKA (PHORORO) Tweede Appellant

- en -

VERENIGENDE GEREFORMEERDE KERK

IN SUIDER-AFRIKA Respondent

Coram: Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR. Verboor: 6 November 1998 Gelewer: 27 November 1998

UITSPRAAK

HARMS AR/

2 HARMS AR:

Kerkvereniging lei dikwels tot kerkskeuring. Ten spyte van die geloof in een kerk soos uitgedruk in die ekumeniese belydenisse, is strukturele eenheid in die Christelike kerk na tweeduisend jaar nie bereik nie. Oor die basis van die geloof gaan dit gewoonlik nie maar oor die interpretasie en uitlewing daarvan. Selfs binne dieselfde kerkverband bestaan verskille, bv ten aansien van die uileg en toepassing van belydenisskrifte. Eensgesindheid binne dieselfde kerk is ook nie juis volop nie. Dit leer die geskiedenis en illustreer die huidige saak.

Sonder om afbreuk te wil doen aan die uitspraak van Vivier AR, waarmee ek dit eens is, vind ek dit tog dienstig om enkele aspekte, al is dit by wyse van herhaling, vanuit 'n effe ander oogpunt te belig.

Geloofskwessies is nie vir geregshowe bedoel nie, maar as instansies soos kerke hulle tot die burgerlike gereg wend, moet algemene burgerlike beginsels aangewend word ter oplossing van die geskil. "Vgl De Vos v

3 Die Ringskommissie van die Ring van die NG Kerk,Bloemfontein, and Another

1952 (2) SA 83 (O) 94. Tradisioneel word beginsels wat by ander vrywillige

verenigings geld, aangewend. Kontrakbeginsels geld, ook die reëls van uitleg wat

van meer algemene aard is. Van besondere belang is die ultra vires-leerstuk want

as 'n kerkorgaan buite sy bevoegdheid handel, is 'n burgerlike hof verplig om die

handeling tersyde te stel, en is teologiese, kerklike (of ekklesiastiese), politieke (in

wyere sin) en praktiese oorwegings onsaaklik.

In Wilken v Brebner and Others 1935 AD 175 het Stratford AR, ten

opsigte van 'n politieke party, die benadering soos volg opgesom (op 187):

"And so we can phrase the present enquiry. What are the contractual rights of the individual members of this party? At whose disposal were the funds of the party? What was the original trust? . . . The agreement, the trust deed, the constitution, of this party, whatever one may wish to call it, is in writing and we have only to solve the questions submitted to us by ascertaining the meaning of a written document according to the well-established rules of construction. And applying these rules it is relevant to have regard to the general nature of the party, that is, to its aims and

4 aspirations. This is a political party having practical objects."

Hierdie aanhaling, met die nodige aanpassing, beheers die onderhawige appèl. Vgl ook Cape United Sick Fund Society and Others v Forrest and Others 1956 (4) SA 519 (A) 527 in fine - 528A. Stratford AR het voortgegaan en verwys na die bekende General Assembly of Free Church of Scotland v Lord Overtoun [1904] AC 515 (HL) waar die bevoegheid van kerke om saam te smelt o a aan die hand van 'n "inference from historical sequence of events" beoordeel is. Vir doeleindes van sy uitspraak het hy na 'n minderheidsbevinding op die feite verwys, maar die meerderheidsuitgangspunt -soos Beyers AR uitgewys het (op 195) - was dat "the bond of union of a Christian association may contain a power in some recognised body to control, alter, or modify the tenets or principles at one time professed by the association; but the existence of such a power must be proved." Die kernvraag is of die VGK hierdie

5 bewyslas gekwyt het.

Deels is die VGK se advokate se betoog gebaseer op 'n

oorvereenvoudigde siening van wat die "kerk" is. Die woord "kerk" het meerdere

betekenisse (vgl 66 American Jurisprudence, 2e uitgawe bl 756 - 757), soos ook uit die kerkorde van die NGKA blyk. Dat "kerk" nie sinoniem is met die Algemene Sinode nie, staan vas. "Sinode" is in gewone betekenis 'n algemene kerkvergadering waar gemeentes mekaar ontmoet en het oorspronklik beteken die ontmoetingspunt van twee of meer paaie (HAT sv "sinode" wat tegelyk ook 'n kort omskrywing van die verskillende soorte kerkregerings bevat en wat beweer dat gereformeerdes volgens die presbiteriale stelsel geregeer word, iets wat die VGK se advokate nie wil hê ons moet lees nie.) Die Algemene Sinode "verteenwoordig" ook nie in alle opsigte die "kerk" nie. Sodra dit besef word, word die algemene bevoegdhede van die Algemene Sinode in verband geplaas. Aangesien die Formuliere van Enigheid by wyse van verwysing by

6 die kerkorde ingelyf is (art 1), vorm dit deel van die sg kontrak wat die NGKA

beheers en is die VGK se advokate se verset teen 'n venvysing daama of die

historiese konteks onverstaanbaar en nit die aard van hierdie saak te betrenr. Dat

die NGKA 'n gerefbrmeerde kerk is, sê sy naam en sy kerkorde. 'n Gereformeerde

kerk is een volgens - ten minste naastenby - die Calvinistiese tradisie (HAT sv

"gereformeer(d)"). Dit behels, o a, 'n regering deur presbiters, oftewel ouderlinge.

Vgl Ramsey v Hicks 91 NE 344, 'n uitspraak van die Supreme Court of índiana.

Die leraar is ook maar 'n ouderling, hoewel lerend, terwyl die ander as regerend

omskryf word (art 4.1 van die kerkorde). Daarom oefen die leraar en die

ouderlinge die regering oor die gemeente uit (art 7.6 en 14.2). Demokraties is die

stelsel nie omdat in veral die breére NG kerkverband lidmate nie stemreg het nie,

selfs nie by die verkiesing van ouderlinge nie. Tog word die gemeente deur die

kerkraad regeer. Die bevoegdheid tot ontbinding van 'n gemeente of ter

verandering van die kerkverband berus egter nie by die kerkraad nie (vgl Du Preez

7 en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191

(W). Dit beteken egter nie dat gereformeerde kerke kollegialisties is nie - elke

gemeente is nie 'n onafhanklike organisasie nie, "governed solely within itself,

either by a majority of its members or by such other local organism as it may have

instituted for the purpose of ecclesiastical govemment" (66 American

Jurisprudence, 2e uitgawe p 758).

Ook op die vlak van die Algemene Sinode geld eenvoudige

meerderheidsregering nie. "Regte" is verskans. Wat die "belydenis van die kerk"

betref, kan dit ooreenkomstig art 36.1 in sy oorspronklike vorm alleen gewysig

word mits aan drie formele vereistes voldoen is, nl (i) raadpleging van alle kerke

van die NG Kerkverband, (ii) 'n twee-derde meerderheidstem ten gunste van die

verandering deur elke streeksinode afsonderlik en eers daama (iii) 'n twee-derde

meerderheidstem van die Algemene Sinode. Grondwette en kerkordes verskans

regte van minderhede deur middel van selfopgelegde formaliteite. Andersins is

8

'n minderheid aan die sg tirannie van die meerderheid uitgelewer. Nie dat die

meerderheid nie ook aan die tirannie van die minderheid onderwerp word nie, maar daar bestaan geen ander wyse om regte te verskans as deur middel van formaliteite nie. Vanweë die oogmerk van verskansing moet effek aan daardie oogmerk gegee word en is beginsels wat hulle oorsprong in die konstitusionele reg van 'n parlement met sg absolute mag het, nie toepaslik nie. Om te bepaal of art

  1. teen wysiging deur art art 36.2 verskans is, vra mens die kemvraag, nl wat die oogmerk van die verskansing in art 36.1 was. Omdat die bestaansreg van die NGKA in sy belydenis te vinde is, moet aanvaar word dat die partye by die aanvaarding van die kerkorde buitengewone gewig aan die relatiewe onaantasbaarheid van die belydenis wou gee, veral gedagtig daaraan dat die Formuliere van Enigheid sedert 1619 nie verander is nie en die ekumeniese belydenisse na die beginjare van die Christelike kerk terugdateer. As art 36.1 en

  2. as 'n eenheid gelees word, kan daar geen twyfel oor die aangeleentheid wees

9 nie.

Die vereiste van vooraf konsultasie met ander kerke in die NG

Kerkverband moet geweeg word aan die hand van die feit dat volgens die

voorwoord van die kerkorde die NGKA met die goedkeuring van die NG Kerke

gestig is en dat ooreenkomstig art 2 die NGKA homself as "een" ag met daardie

kerke. Die inspraak wat die streeksinodes in die aangeleentheid het, beteken in

effek dat twee-derdes van alle gemeentes vooraf moet toestem tot die voorgestelde

wysiging. Vgl bv Stellenbosch Municipality v Director of Valuations and Others

1993 (1) SA 1 (C) en Mulaudzi and Others v Chairman, Implementation

Committee, and Others 1995 (1) SA 513 (V). In hierdie opsig toon die

Amerikaanse grondwet 'n mcrkwaardige ooreenkoms met die kerkorde, iets wat

volgens Ramsey v Hicks histories verklaarbaar is. Die Amerikaanse grondwet is

opgestel tydens die eerste Algemene Sinode van die Presbiteriaanse Kerk, beide

in Philadelphia; ook word beweer dat Alexander Hamilton die kerkorde

10 byderhand gehou het toe hy aan die grondwet gewerk het.

Indien die ingevoerde artikel 61 uit 'n suiwer privaatregtelike of

materialistiese hoek beskou word, is die onmíddelike vraag waar die Algemene

Sinode die bevoegdheid verkry het om te beskik oor die voortgesette

regspersoonlikheid en bates van gemeentes. Vgl Cassim v Molife 1908 TS 748

op veral 755. As 'n vereniging van regspersone die bevoegdheid het om sy

konstitusie te wysig, sluit dit by noodwendige implikasie in dat die vereniging die

pas gemelde beskikkingsbevoegdlieid het? As die vraag in die konteks van, sê, 'n

professionele of sportvereniging gevra word, is die antwoord 'n klaarblyklike nee.

Byvoorbeeld, as 'n provinsiale tennisvereniging 'n blote wysigingsbevoegheid van

sy grondwet het, kan hy hom tog nie die reg toeëien om oor die bates van elke

klub wat by hom geaffilieer is, te beskik nie. By 'n kerk met 'n samestelling soos

die NGKA kan dit nie anders wees. Die Algemene Sinode kon dus nie by wyse

van 'n wysiging aan die kerkorde beskik oor die regspersoonlikheid, voortbestaan,

11

bates of laste van enige mindere vergadering nie. En omdat art 61 klaarblyklik ondeelbaar is, maak hierdie wesenlike nietigheid die hele klousule ongeldig.

Na aanleiding van Stratford AR se verwysing na Free Church, is aan die hand gedoen dat die pas gemelde gevolgtrekking nie te versoene sou wees met die implisiete oogmerk van 'n kerk om uit te brei, te ontwikkel en te groei nie. Met uitbreiding, groei en ontwikkeling van die NGKA self het art 61 niks te doen nie, wel met die opheffing van sy en sy samestellende vergaderings se voortbestaan. Die feit dat die VGK se aansoek afgewys word, beteken nie dat kerkvereniging of -ontbinding regtens onmoontlik is nie, slegs dat dit moeilik is en dat die wyse gevolg in hierdie geval ondeugdelik was.

LTC HARMS APPéLREGTER

HEFER AR ) ZULMAN AR ) Stem saam STREICHER AR )


▲ To the top