F &I Advisors (Edms) Bpk en 'n Ander v Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk (266/1997) [1998] ZASCA 65 (10 September 1998)


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VAN SUID-AFRIKA

SAAK NR: 266/97 In die saak tussen:

F & I ADVISORS (EDMS) BPK 1ste Appellant

JOHANNES FREDERICK WESSELS 2de Appellant

en

EERSTE NASIONALE BANK VAN

SUIDELIKE AFRIKA BEPERK Respondent

Coram: VAN HEERDEN Wnd HR, SMALBERGER, HARMS,

PLEWMAN ARR en FARLAM Wnd AR Verhoor: 28 AUGUSTUS 1998 Gelewer: 10 SEPTEMBER 1998

UITSPRAAK

HARMS AR/

2

HARMS AR:

Die sogenaamde in duplum-reël het, veral na die uitspraak in Standard Bank of SA Ltd v Oneanate Investments (Pty) Ltd 1995 (4) SA 510 (C), allerlei verwagtings by talle litigante en hulle regsverteenwoordigers geskep. Hierdie appèl se omvang is klaarblyklik geaffekteer deur die feit dat daardie uitspraak in meerdere opsigíe deur hierdie hof omvergewerp is (Standard Bank of South Africa Ltd v Oneanate Investments (Pty)Ltd (in liquidation) 1998 (1) SA 811 (SCA)). Waarmee die huídige appellante volhard, is met 'n betoog dat 'n eiser wat 'n bedrag eis wat rente insluit, ongeag die stand van die pleitstukke, moet bewys dat die rente-komponent van sy eis nie meer as die kapitale bedrag beloop nie. Indien hy dit nie bewys nie, moet die eis in geheel van die hand gewys word.

3 Die respondent, 'n handelsbank, het die appellante aangespreek

vir betaling van 'n saamgestelde bedrag bestaande uit kapitale

voorskotte, rente en bankkoste, alles verskuldig op oortrokke

rekening. Die eerste appellant was die hoofskuldenaar en die tweede

'n borg. Meerdere verwere is geopper; ook is teeneise ingestel. Die

kemverweer soos dit mettertyd gekristalliseer het, was dat die

ooreenkoms tussen die bank en die kliënt 'n leningsrekening geskep

het waarop die standaard bepalings van 'n oortrokke rekening nie van

toepassing was nie. Hierdie weergawe van die ooreenkoms is deur

Southwood R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling verwerp.

Verder het die appellante beweer dat vier spesifieke inskrywings

verkeerdelik teen die hoofskuldenaar se rekening gedebiteer is.

Hierdie verweer het ook klaaglik misluk en die teeneise ( die

besonderhede is ontersaaklik) is afgewys.

4 Tydens die verhoor het die partye die omvang van die eis op

altematiewe basisse geskik ten einde die lei van getuienis oor

kwantum te vermy. In wese het die ooreenkoms daarop neergekom

dat as die bank se weergawe deur die hof aanvaar sou word en die

verwere sou misluk, die vonnisbedrag R723 079,44 tesame met

primakoers rente bereken vanaf 31 Julie 1996 moes beloop. Sou die

verwere slaag, sou die verskuldigde bedrag op 28 Februarie 1992

R408 447,98 bedra het. Die komplikasies wat uit die vaagheid van die

tweede deel van die ooreenkoms voortgevloei het en waarvan

Southwood R in sy uitspraak melding maak, het nie ontstaan nie

omdat die verwere onsuksesvol was en betaling van die eersgenoemde

bedrag gelas is. Hierdie aspek van die uitspraak word nie deur die

verlof tot appèl wat deur die Hoofregter op grond van 'n petisie

verleen het, geraak nie. Slegs "ten opsigte van die vraagstukke wat

5 met betrekking tot die in duplum-reël geoppper is," is verlof

toegestaan. In die daaropvolgende kennisgewing van appël beperk

die appellante hulleself tot dié gedeelte van die uitspraak wat met die

in duplum-reël handel.

Die appellante was deurgaans regsverteenwoordig, tydens pleit

selfs deur twee advokate. Die pleit bevat nie 'n sweem van die in

duplum-reël nie. Die appellante se advokaat het die verhoorhof

gedurende die openingsbetoog van die bank se advokaat toegespreek

oor die geskilpunte gesien uit die oogpunt van die appellante, maar

nie die in duplum-reël geopper nie. Dit, ten spyte daarvan dat die

bank se advokaat die eerste Oneanate beslissing aangehaal het en

gesê dat die uitspraak, hoewel interessante leesstof, nie ter sake is nie.

Die verhoor het voortgegaan. Na 'n aantal verhoordae is die verhoor

vir ongeveer sewe weke uitgestel. Die reeds gemelde ooreenkoms oor

6 kwantum is bereik en die terme aan die hof oorgedra. Die bank se

advokaat het weer na die in duplum-reël verwys en weer het die

appellante se advokaat - terloops, 'n ander advokaat as die een wat

met die verhoor begin het - geswyg. Hy het egter aansoek om

wysiging van die teeneis gedoen ten einde skadevergoeding te eis, iets

wat nie toegestaan is nie. Die bank se saak is gesluit en die appellante

se getuienis is aangebied. Toe betoog moes begin, het die appellante

aansoek om wysiging van hulle verweerskrif gedoen om, eerstens, te

beweer dat die bank se renteberekening in stryd met die bepalings van

die Woekerwet 73 van 1968 is en, ten tweede, dat die bedrag rente

deur die bank geêis in stryd met die in duplum-reël is "deurdat dit die

som van die kapitale bedrag van R370 000,00" wat geleen is, oorskry.

Hierdie aansoek is afgewys, iets waarin die appellante hulle berus het

as ag geslaan word op die inhoud van die kennisgewing van appél.

7 Hierdie uitspraak gaan gevolglik van die uitgangspunt uit dat die

weiering van die aansoek om wysiging korrek was en finaal is (vgl AA

Mutual Insurance Association Ltd v Gcanga 1980 (1) SA 858 (A)

868D - 869B).

Die appellante betoog dat die hof benede kennis van die

werking van die reël moes geneem het hoewel dit nie gepleit is nie

omdat daar 'n plig op 'n eiser rus om te bewys dat sy eis nie die reël

oortree nie, met ander woorde dat die rente-komponent van 'n

saamgestelde bedrag nie meer is as die kapitale komponent nie. Daar

rus, volgens die argument, geen verpligting op 'n verweerder om die

toepassing van die reël in sy pleit te opper nie. Ten besluite was

daar, volgens die betoogshoofde, voldoende getuienis om aan te dui

dat die eis- en vonnisbedrag die reël oortree. Voor ons is die

submissie egter heelwat afgewater en is toegegee dat die getuienis nie

8 'n positiewe afleiding regverdig dat die reël inderdaad oortree is nie.

Weens die feit dat die appellante nie die juistheid van die

beslissing van Southwood R ten aansien van die wysiging in twyfel

kan trek nie, is die appél eintlik van meet af gedoem. Die oorwegings

wat tot dié beslissing aanleiding gegee het, was die volgende: Die

appellante het voldoende tyd gehad om die punt vroegtydig te opper,

veral gesien die verloop van die verhoor soos hierbo uiteengesit.

Geen verduideliking is verskaf waarom aansoek om die wysiging aan

die pleit op so 'n laat stadium gedoen is nie. Die partye het juis die

ooreenkoms oor kwantum tydens die verhoor gesluit ten einde

getuienis oor die samestelling van díe eindbedrag te vermy. Indien

die bank in kennis gestel is dat daar 'n probleem met die berekening

kon wees, kon en sou die bank die verhoor op 'n ander wyse gevoer

het deur verdere getuienis aan te bied. Benadeling vir die bank is

9 voldoende aangedui. Hierdie oorwegings is almal geldig en

onweerlegbaar.

'n Party is gebonde aan 'n ooreenkoms gesluit ter beperking van

geskiipunte in 'n gedíng (Filta-Matix (Pty) Ltd v Freudenberg and

Others 1998 (1) SA 606 (SCA) 614B-D). Soos met enige skikking

ondervang dit die onderliggende dispute, ook dié wat op die

geldigheid van 'n skuldoorsaak betrekking het. Daar mag

omstandighede wees waar 'n hof 'n party nie aan so 'n ooreenkoms

gebonde sal hou nie, maar in die onderhawige geval is geen faktore

aan ons voorgehou waarom die appellante van hulle ooreenkoms

verlos moet word nie. Ongelukkig is die ooreenkoms nie op skrif

gestel nie maar bloot van die balie meegedeel, en dan ook op 'n ietwat

lomp manier en in effe dubbelsinnige terme. Hoewel ek prima facie

van oordeel is dat die bepalings van die ooreenkoms nie die

10 appellante veroorloof om die huidige punt te opper nie, sal ek egter

as vertrekpunt veronderstel dat die ooreenkoms nie daardie effek

gehad het nie.

'n Eis gebaseer op 'n oortrokke rekening is 'n alledaagse

verskynsel. Die eiser eis gewoonlik die balans verskuldig tesame met

toekomstige rente. Tot op hede is dit nie van so 'n eiser verwag om

die samestelling van die eis te verskaf tensy die onderliggende

debiete in geskil gestel word nie. Dit was die vorm van die

pleitstukke in Oneanate asook in Absa Bank Ltd v I W Blumberg and

Wilkinson 1997 (3) SA 669 (SCA) en Pfeiffer v First National Bank

of SA Ltd [1998] 3 All SA 397 (SCA). So ook in die huidige saak: die

bankstate is nie voor die hof geplaas nie en die debiete wat in geskil

was, is spesiaal in die pleitstukke en die ooreenkoms wat tydens die

verhoor bereik is, duidelik uitgelig. Die rede is voor die hand

11

liggend. Nie-oortreding vorm nie deel van die eiser se skuldoorsaak

nie. Aangesien die ooreenkoms vir kapitalisasie voorsiening maak,

is daar geen noodsaak om die gekapitaliseerde bedrag weer op te

snipper vir doeleindes van eisformulering nie. As byvoorbeeld die

verweerder se pleit fragmentasie verg, is dit vanselfsprekend anders.

Die algemene beginsel is immers dat geskilpunte in pleitstukke

geformuleer moet word. Indien die punt in geskil is, moet die eiser

natuurlik die samestelling van sy eis bewys, maar waar (soos in

hierdie geval) die samestelling in duidelik omlynde opsigte in geskil

geplaas is, bestaan geen addisionele bewerings- of bewyslas nie. Die

woorde van Coetzee R in Prins v Universiteit van Pretoria 1980 (2)

SA 171 (T) 174F-175D illustreer die benadering goed:

"Dit is egter nie nodig vir 'n pleiter om aanvanklik iedere dergelike reg of verpligting wat vloei uit die kontrak waarop staat gemaak word, te behandel nie. Dit is slegs

12

nodig, in terme van Reël 17 (2), om die wesenlike feite waarop hy steun, ter stawing van sy eis, te beweer. . . . Dit is nie doenlik om elke moontlike verweer, a priori, toe te stop nie want dit kan die funksie wat die totaliteit van pleitstukke vervul, naamlik om die geskilpunte pittig te identifiseer, onnodiglik vertroebel. Dit ís die verweerder se taak om aan te dui waarom die eiser nie geregtig is om sy eis af te dwing nie . .. . Die blote feit dat dit deur die verweerder geopper word benadeel hom glad nie ten opsigte van die bewyslas nie. Hy isoleer slegs die besondere feit wat, in casu, regtens deur eiser bewys moet word aleer hy sy reg .. . kan afdwing."

Natuurlik sal 'n hof nie rente in stryd met die in duplum-reël

gelas as die feite duidelik is nie, net so min as wat 'n hof betaling van

woekerrente in sulke omstandighede sal beveel. Dit beteken egter nie

dat die hof op eie houtjie 'n soektog op tou moet sit om vas te stel of

so 'n reël oortree is nie. Ook handel die hof nie op grond van 'n blote

suspisie nie (vgl Senekal v Trust Bank of Africa Ltd 1978 (3) SA 375

(A) 386H). In beginsel verskil 'n eis om rente in stryd met die in

13 duplum-reël nie van byvoorbeeld 'n eis in stryd met art 2(1) van die

Wet op Strafbedinge 15 van 1962 wat die verhaal van

skadevergoeding bykomstig tot, of in plaas van, 'n strafbeding

verbied. 'n Mens kan met vertroue aanvaar dat 'n skuldenaar nie

vooraf van beide hierdie regte afstand kan doen nie1 ,maar dit volg nie

dat as 'n verweerder nalaat, vir welke rede ook, om die verweer te

opper, die hof dit namens hom moet doen of uit brokkies getuienis

saamflans nie (Bank of Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander

1990 (4) SA 463 (A) 474F - 475D).

Heelwat gewag is van Yannakou v Apollo Club 1974 (1) SA

614 (A) gemaak ter ondersteuning en ter afwysing van die appèl.

In Oneanate in hierdie hof (op 828D) is die terloopse stelling gemaak dat van die reël nie afstand gedoen kan word nie. Uit die gesag waarop staatgemaak is, blyk dat dit om voorafgaande afstanddoening gegaan het. Ek is nie oortuig dat 'n skuldenaar wie se rente opgeloop het tot 'n bedrag gelyk aan die kapitaal, nie kan ooreenkom dat, ten einde bv litigasie te vermy, hy hom nie op die reél sal beroep nie.

14 Trollip AR het namens die meerderheid (nie dat die minderheid oor

die beginsel getwis het nie) beslis dat:

"... it is the duty of the court to take the point of illegality mero motu, even if the defendant does not plead or raise it; but it can and will only do so if the illegality appears ex facie the transaction or from the evidence before it, and, in the latter event, if it is also satisfied that all the necessary and relevant íacts are before it." [Op bl 623 G-H.]

In die huidige saak is die transaksie nie op die oog af ongeldig nie. 'n Eis om betaling van rente of die betaling daarvan in styd met die in duplum-reël is nie onwettig ("illegal") nie. Dit val hogenaamd nie in die kader van die oortreding van 'n strafregtelike verbod soos 'n Sondagkontrak in Cape Dairy and General Livestock Auctioneers v Sim 1924 AD 167 (waar dit gemeensaak was dat die kontrak op 'n Sondag gesluit is) of 'n immorele kontrak soos in Vuurman v Universal Enterprises, Ltd 1924 TPD 488 nie. Maar, soos Trollip

15 AR beklemtoon het, die verpligting van die hof om die wette en

morele standaarde te handhaaf al bekommer die partye hulle nie

daaroor nie, ontstaan slegs indien die feite duidelik is en alles voor die

hof geplaas is.

In ieder geval, ek het reeds bevind dat 'n verweerder die

verweer moet opper as dit nie ex facie die eiser se stukke blyk dat die

renteverbod oortree is nie. Al wat dan ter oorweging oorbly, is die

vraag of al die nodige en relevante feite geboekstaaf is. Ek het daarop

gewys dat Southwood R bevind het dat dit nie so is nie en dat die

bank sy saak op 'n ander grondslag sou gevoer het as die punt in

geskil was, 'n bevinding waarmee ek nie fout kan vind nie. En

aangesien die appellante se advokaat, myns insiens tereg, toegegee het

dat dit nie uit díe rekord blyk dat die reël inderdaad verbreek is nie

maar dat daar hoogstens 'n vermoede kan bestaan dat dit die geval is,

16 is dit na regte die einde van die saak. Dis egter gewens om kortliks

aan te dui waarom die toegewing gemaak is en waarom dit tereg

gemaak is.

Die wysiging wat die appellante aan die pleit wou aanbring, het

die geleende bedrag op R370 000 gestel. Dit stem ooreen met die

aanvanklike fasiliteit wat voorsien is en die eerste dekkingverband

wat ter versekurenng daarvan geregistreer is. Tydens betoog voor ons

is aanvanklik egter voorgehou dat die bedrag R344 177,36 was.

Daarvoor is op die appellante se eie maar onbewese nadere

besonderhede staatgemaak. Dit is in stryd met die feit dat die

appellante, pas na instel van die aksie, op 16 Augustus 1995 beweer

het dat die uitstaande kapitale voorskot R321 124,16 beloop het.

Geen een van hierdie "feite" het enigsins 'n aanduiding gegee oor wat

die leningsbedrag beloop het nie.

17 Daarenteen dien die volgende. Die oorspronklike

dekkingsverband vir R370 000 het ook alle rente op daardie bedrag

gedek. Nogtans is twee verdere dekkingsverbande ten gunste van die

bank geregistreer, een vir R250 000 en 'n ander vir R100 000, in

totaal R620 000. Telkens is aparte voorsiening vir rente gemaak. Of

die verdere verbande geregistreer is as gevolg van verdere

kapitaalvoorskotte, 'n skikking of 'n novasie weet ons nie.

Belangriker egter is die eerste appellant se bewerings soos vervat in

besonderhede van vordering in 'n aksie wat gedurende November

1993 teen die bank ingestel is ter regstelling van rentedebiete op

hierdie oortrokke rekening. Daardie bewerings kan as erkennings

gebruik word, nie alleen teen die eerste appellant nie maar ook teen

die tweede, omdat hy die litigasie vir en namens eersgenoemde

gevoer het. Die eerste appellant het in die eisuiteensetting aangevoer

18 dat R158 507,83 rente verkeerdelik teen die rekening gedebiteer is.

Voorheen reeds het die bank egter erken dat daar 'n fout was van

R103 614,72 en beweer die eisuiteensetting dat die bank vantevore al

'n regstelling in daardie mate gedoen het. Uit daardie pleitstukke blyk

dat dit die eerste appellant se saak was dat daar nie alleen verskeie

ander debiete soos bankkoste en versekeringskoste teen die rekening

gedebiteer is nie, maar dat, byvoorbeeld, daar gedurende Augustus

1991 - lank nadat die aanvanklike voorskot van R370 000,00

voorgeskiet is - 'n "kontanttrekking" in die bedrag van R93 847,71

plaasgevind het. Dit was, terloops, die een debiet waaroor getwis is

en wat teen die appellante uitgewys is. As al die debiete wat

appellante opgenoem het (rente uitgesonder) opgetel word, is dit meer

as die helfte van die eísbedrag van R934 955,67. Terloops, in daardie

saak is ook nie beweer dat die in duplum-reël oortree is nie - en dit ten

19 spyte van 'n noukeurige analise van die rekening in 'n geding wat net

met rente gehandel het, en waar die debietsaldo reeds op 30 April

1993 meer was as dubbel van wat nou betoog word die leningskuld

is.

Daarby moet in ag geneem word dat die vonnisbedrag

saamgestelde rente wat na instel van die aksie opgeloop het oor 'n

tydperk van bykans veertien maande, insluit. Die rentekoers wat die

partye gebruik het, blyk nie en dit is onmoontlik om selfs te skat wat

dit beloop het. Die berekening moet mens doen ten einde te bepaal

wat die omvang van die rente-element na instel van die aksie beloop

omdat sodanige rente buite berekening gelaat moet word by

beoordeling van die vraag of die reël oortree is ( Oneanate beslissing

in hierdie hofop bl 834).

20

In die lig van voorgaande word die appèl van die hand gewys

met koste.

L T CHARMS

APPèLREGTER

VAN HEERDEN Wnd HR

SMALBERGER AR

PLEWMAN AR

FARLAM Wnd AR Stem saam

▲ To the top

Cited documents 0