Rustig Boerdery BK v Premier Food Industries Ltd (639/1996) [1998] ZASCA 78 (25 September 1998)


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VAN SUID-AFRIKA

Saak Nr 639/96

In die saak tussen :

RUSTIG BOERDERY BK Appellant

- en -

PREMIER FOOD INDUSTRIES LIMITED Respondent

Coram: Van Heerden Wnd HR et Hefer, Vivier, Hoexter ARR et

Ngoepe Wnd AR.

Verhoor: 11 September 1998

Gelewer: 25 September 1998

UITSPRAAK

VIVIER AR

2 VTVTER AR

Die appellant ("Rustig Boerdery") is 'n beslote korporasie en sy lede

is Johan Hendrik Bamard ("Barnard") en Petrus Lodewikus Bodenstein

("Bodenstein"). Die respondent doen sake in Marble Hall as verskaffers

van katoensaad onder die naam Clark Katoen. Geriefshalwe verwys ek

na die respondent as Clark. Laasgenoemde het in die Transvaalse

Provinsiale Afdeling 'n aksie vir die betaling van sekere gelde ingestel teen

Rustig Boerdery as eerste verweerder, Bamard as tweede verweerder en

Bodenstein as derde verweerder. Rustig Boerdery het 'n teeneis vir

betaling van die bedrag van Rl 850 144-02 as skadevergoeding weens

kontrakbreuk ingestel. Die hooíeis is geskik en is nie verder van belang

nie. Die saak het daama op die teeneis voortgegaan. By die aanvang van

die verhoor het Van der Merwe R ingevolge Hofreël 33(4) gelas dat die

volgende vrae afsonderlik en vooraf beslis word: eerstens of die kontrak

3 tussen Clark en Rustig Boerdery gesluit is op die terme beweer deur Rustig

Boerdery; tweedens of Clark kontrakbreuk gepleeg het; en derdens of Clark

aanspreeklik is vir enige skade wat Rustig Boerdery mag gely het. Die Hof

a quo het al drie vrae in Clark se guns beslis en het gevolglik die teeneis van

die hand gewys met koste. Met die nodige verlof appelleer Rustig Boerdery

na hierdie Hof teen die uitspraak en bevele van die Hof a quo.

Rustig Boerdery se saak, kortliks gestel, was dat hy op 16 Augustus

1990 'n skriftelike finansieringskontrak met Clark gesluit het waarvolgens

laasgenoemde onderneem het om aan hom vir die 1990-1991 oesjaar

finansiering vir die verbouing van katoen te verskaf ten bedrae van

R515 084-00; insluitende'n bedrag van R53 607-00 vir die aankoop van

diesel. Van laasgemelde bedrag is R8 330-00 namens hom uitbetaal op 22

Augustus l990, R10471-59 op 20 September l990 en Rll 015-16 op

17 Oktober 1990 waarmee hy kon begin om sy lande te bewerk en te plant.

4 Vanaf Woensdag 24 Oktober 1990 het Clark egter alle betalings gestaak en

dit eers op Donderdag 1 November 1990 hervat. Rustig Boerdery beweer

dat hy nie in die ses werksdae wat intussen verloop het, enige diesel kon

bekom ten einde te ploeg, te plant of andersins sy lande te bewerk nie en dat

hy gevolglik skade gely het.

Clark het erken dat betalings ingevolge die flnansieringskontrak

tussen 24 Oktober 1990 en 1 November 1990 opgeskort was maar ontken

dat hy daardeur kontrakbreuk gepleeg het. Sy verweer was, eerstens, dat

ingevolge klousule 5 op bl 5 van die kontrak die tydstip en omvang van alle

uitbetalings in sy uitsluitlike diskresie was, tweedens, dat geen datum in

elk geval bepaal is vir enige uitbetaling nie en dat hy in die afwesigheid van

enige aanmaning nie in mora verkeer het nie en derdens, dat Rustig

Boerdery deur die beoefening van redelike sorg sy skade kon verhoed het.

5 Wat betref die diskresie waarop Clark gesteun het, het Rustig

Boerdery aangevoer dat bl 5 nie deel van die kontrak tussen die partye

gevorm het nie. Die Hof a quo het beslis dat bl 5 wel deel van die

kontrak gevorm het. Die opskrif bo-aan bl 1 van die kontrak is

"Aansoek om Finansiering ... teen die lewering van die 1990/1991 oes".

Dan volg besonderhede van Rustig Boerdery, sy lede, sy waterbronne en sy

besproeiingstoerusting. Ble 2 en 3 bevat besonderhede van die plase

waarop die katoen verbou sou word en die beraamde finansiering wat

aangevra word. Bl 4 bevat Rustig Boerdery se balansstaat en

besonderhede van sekuriteite wat hy aanbied. Op bl 5 word onder die

opskrif "1990/1991 Katoen Kweekkontrak" teraanvang bepaal dat Rustig

Boerdery van Clark katoensaad bestel om te plant onderhewig aan die

voorwaardes wat volg. Klousule 4 op bl 5 bepaal dat Rustig Boerdery

sy volle 1990/1991 katoenoes aan Clark teen 'n vasstelbare prys verkoop.

6 Klousule 5 bepaal dat Clark geregtig sal wees om sodanige voorskotte en

lenings aan Rustig Boerdery te maak as wat in Clark se uitsluitlike diskresie

is. Clark word verder gemagtig om die opbrengs van die katoenoes te

verreken teen enige bedrag, insluitende rente, wat Rustig Boerdery aan

Clark verskuldig mag wees. Rustig Boerdery ondemeem verder om alle

bedrae, insluitende rente, wat dan nog aan Clark verskuldig mag wees,

terug te betaal teen 31 Julie 1991. Bl 6 bevat 'n borgakte waarin Bamard

en Bodenstein hulle as borge verbind vir die behoorlike betaling van alle

bedrae wat Rustig Boerdery aan Clark verskuldig mag wees.

Namens Rustig Boerdery is in hierdie Hof betoog dat bl 5 'n

afsonderlike kontrak is wat slegs betrekking het op die aankoop van

katoensaad en die verkoop van die katoenoes en dat dit niks te make het met

voorskotte en lenings wat vir ander uitgawes gemaak is nie. Ek kan nie

saamstem nie. Die finansiële hulp wat op bl 3 uiteengesit word, is bereken

7 om alle uitgawes soos gespesifiseer te dek. Die aankoop van saad is een

daarvan. Die voorwaardes waaronder Clark bereid was om al daardie

fmansiële hulp te verleen, verskyn veral op ble 5 en 6. Daarsonder is ble

1 tot 4 niks anders nie as 'n tabulering van besonderhede betreffende 'n

aansoek om finansiering, soos die Verhoorhof dit tereg beskryf het. Na

my mening het die Verhoorhof tereg bevind dat bl 5 deel gevorm het van een

en dieselfde finansieringskontrak.

Die volgende vraag wat dan ontstaan is of Clark se diskresie so wyd

was soos betoog, met ander woorde dat hy te eniger tyd uitbetalings kon

opskort, hoe ongeleë dit ookal vir Rustig Boerdery sou wees. Ek vind dit

egter nie nodig om hierdie vraag te beslis nie vanweë die feit dat nêrens in

die kontrak 'n dag vir die uitbetaling van lenings of voorskotte aan Rustig

Boerdery gestipuleer is nie. Dit was gemene saak dat Clark nooit

aangemaan is om te presteer nie sodat hy nie op hierdie wyse in mora

8 geplaas is nie. Vir soverre Rustig Boerdery se aanvraag vir diesel op 24

Oktober 1990 as 'n aanmaning beskou kan word, beteken dit nie sonder

meer dat mora ingetree het nie. Daar is nie gepleit dat Clark onmiddellik

of selfs binne ses dae moes presteer nie en mora kon gevolglik nie ingetree

het nie.

Namens Rustig Boerdery is betoog dat dit nie nodig was om Clark in

mora te plaas nie omdat hy reeds vooraf die kontrak gerepudieer het deur te

kenne te gee dat fmansiering beéindig word. In die eerste plek is repudiasie

nie uitdruklik in die pleitstukke beweer nie. Die bewering in die teeneis was

dat Clark kontrakbreuk gepleeg het deur op 24 Oktober 1990 Rustig

Boerdery se flnansiering te stop, met ander woorde dat Clark versuim het om

sy verpligtings ingevolge die kontrak na te kom. Namens Rustig Boerdery

is gesteun op 'n bewering in sy replikasie dat Clark nie aangemaan is nie

omdat sy verteenwoordiger reeds op 24 Oktober 1990 te kenne gegee het dat

9 geen verdere uitbetalings gemaak sou word nie, selfs al word Clark

aangemaan. Soos Rustig Boerdery se advokaat in hierdie Hof geredelik

toegegee het, was daar geen getuienis om hierdie bewering te staaf nie.

Die Verhoorhof het tereg bevind dat selfs al word elke woord van die

getuienis van Bamard en Bodenstein namens Rustig Boerdery aanvaar, Clark

nooit ondubbelsinnig te kenne gegee het dat hy nie gaan presteer nie, sodat

daar van repudiasie geen sprake kan wees nie.

Dit was nie in geskil nie dat Clark op 24 Oktober 1990 vir Rustig

Boerdery verwittig het dat sy rekening "gevries word totdat hierdie ding

uitgeklaar is" verwysende na 'n bedrag van nagenoeg R105 000-00 wat

Bodenstein se pa ("Bodenstein snr") aan Tongaat Katoen ("Tongaat")

verskuldig was. Clark was bang dat indien Tongaat vir Bodenstein snr sou

dagvaar vir betaling, sekuriteite wat gedien het ter versekering van Rustig

Boerdery se skuld in gedrang sou kom indien dit reeds Bodenstein snr se

10 skuld by Tongaat verseker het. Dit was verder nie in geskil nie dat

onderhandelings onmiddellik aangeknoop is tussen Clark en Rustig Boerdery

wat gelei het tot 'n ooreenkoms op 31 Oktober 1990. Daarvolgens het

Clark, bo en behalwe die uitbetahngs ingevolge die finansieringskontrak, wat

die dag daarna hervat is, op 5 November 1990 'n verdere bedrag van

R105 526-81 aan Rustig Boerdery geleen wat gebruik sou word vir die

betaling van Bodenstein snr se gemelde skuld. In hierdie omstandighede is

daar nie sprake van repudiasie nie en het die blote mededeling van die

opskorting van uitbetalings nie die intrede van mora tot gevolg gehad nie.

Clark was gevolglik nie in mora nie en hy het nie kontrakbreuk gepleeg nie.

Dit is gevolghk nie nodig om te beslis of Rustig Boerdery deur die

beoefening van redelike sorg sy skade kon verhoed het nie.

Volledigheidshalwe wys ek op dié volgende in hierdie verband. Volgens

Rustig Boerdery se balansstaat wat m die finansieringskontrak verskyn, het

11 hy oor 15 trekkers beskik wat, volgens Barnard, nie almal sonder diesel die

oggend van 24 Oktober 1990 was nie. Barnard het getuig dat wanneer hulle

volstoom gewerk het, Rustig Boerdery tussen 1000 en 1500 liters diesel per

dag gebruik het. Volgens die lys van voorskotte blyk dit egter dat die

gemiddelde verbruik heelwat minder was. Soos ek reeds gemeld het, het

Clark voor 24 Oktober 1990 drie uitbetalings vir die aankoop van diesel

gemaak, naamlik op 22 Augustus 1990,20 September 1990 en 17 Oktober

1990, dit wil sê ongeveer een aflewering per maand. Volgens Barnard is

die diesel waarvoor op 17 Oktober 1990 betaal is, reeds op 8 Oktober

afgelewer. Op 1 November 1990 is Rustig Boerdery se brandstof-tenks

volgemaak met 'n besending van 11298 liters wat dus die verbruik vir 'n

tydperk van 15 dae, dit wil sê vanaf 8 Oktober tot 24 Oktober,

verteenwoordig. Die 11298 hters het R12 958-00 gekos. Selfs in die

veronderstelling dat Rustig Boerdery 1000 liters per dag sou gebruik het

12 gedurende die ses dae waaroor die saak gaan, beteken dit dat hy vir 'n

relatief klein bedrag in sy brandstof-behoeftes vir daardie dae kon voorsien

het. Uit beide Barnard en Bodenstein se getuienis is dit duidelik dat hulle

wel hierdie hoeveelheid diesel elders kon bekom het maar dat hulle geen

poging aangewend het om dit in die hande te kry nie. In die omstandighede

kan dit moontlik gesê word dat Rustig Boerdery redelikerwys sy skade kon

verhoed het. Die bewyslas hiervan rus natuurlik op Clark. Dit is, soos ek

reeds aangedui het, nie nodig om hierdie kwessie te beslis nie.

Die appèl word afgewys met koste wat die koste van twee advokate

insluit.

W VIVIER AR

Van Heerden Wnd HR)

Hefer AR)

Hoexter AR)

Ngoepe Wnd AR) Stem saam.

▲ To the top