Barnard v Santam Bpk (61/1997) [1998] ZASCA 84 (25 September 1998)


bw/

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Saaknommer: 61/97 Insake die appèl van

Petronella Cornelia Barnard Appellant

en
Santam Beperk Respondent

Coram: VAN HEERDEN AHR, VIVIER, NIENABER, SCHUTZ en SCOTT ARR

Datum van Verhoor: 3 SEPTEMBER 1998

Datum gelewer: 25 SEPTEMBER 1998

UITSPRAAK

2

Op 10 Maart 1991 was die appellant se 13-jarige seun 'n passasier in 'n bus toe dit in die omgewing van Duiwelskloof in 'n botsing met 'n motor betrokke was. Die botsing is veroorsaak deur die nalatigheid van die bestuurder van die motor, ene Laubscher. As gevolg daarvan het die seun emstige liggaamlike beserings opgedoen en is hy betreklik kort daama oorlede. 'n Paar uur later het die appellant vemeem dat hy gesterf het. Dit het gebeur vanweë 'n telefoniese mededeling wat aan haar man gemaak is deur 'n dokter by díe hospitaal waarin die seun oorlede is.

Later het die appellant 'n aksie vir skadevergoeding in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. Die respondent (verweerder in die hof a quo) is aangespreek as benoemde agent ingevolge die bepalings van die Multilaterale Motorvoertuigongelukkefondswet 93 van 1989. Volgens die appellant se weergawe in die besonderhede van haar vordering het die nuus van die dood van

3 haar seun 'n verwoestende effek op haar gehad en bly hê. Bepaaldelik het sy "erge

senuskok" met uiteenlopende sequelae opgedoen, maar vir huidige doeleindes is dit

onnodig om besonderhede daarvan te vermeld. Sy het ook oor haar seun bly treur.

By die aanvang van die verhoor voor Swart R het die partye ingevolge hofreël

33(1) 'n gestelde saak ingedien. Daarvolgens is die hof versoek om aanvanklik

slegs twee vrae te besleg op die grondslag van aanvaarding van die appellant se

genoemde weergawe soos aangevul deur 'n beëdigde verklaring. Vir sover ter sake

het bedoelde vrae soos volg gelui:

"12.1 Of die skok en psigiese trauma van die Eiseres [appellant] se
vememing van haar seun se oorlye en die gevolge daarvan regtens
verhaalbare skade verteenwoordig

12.2 of díe eiseres se treuring as gevolg van die verïies van haar seun regtens verhaalbare skade verteenwoordig ...."

Wat die eerste vraag betref, was die vemaamste standpunt van die respondent,

soos vermeld in die gestelde saak, dat die appellant se vordering nie ontvanklik was

4 nie omdat (i) sy nie by die ongelukstoneel teenwoordig was nie, en (ii) dit nie as 'n

redelike moontlikheid voorsienbaar was dat sy senuskok sou opdoen nie.

Hooísaaklik omdat na sy mening die element van voorsienbaarheid ontbreek het, het

Swart R die eerste vraag ontkennend beantwoord. Sonder verdere vermelding van

redes is ook die tweede vraag ten gunste van die respondent beantwoord. Daama is

verlof aan die appellant verleen om na hierdie hof te appelleer. (Die uitspraak van

Swart R is gerapporteer as Barnard v Santam Bank Bpk 1997 (4) SA 1032 (T). Die

woord "Bank" is egter foutiewelik ingevoeg in die naam van die verweerder.)

Voor ons was die advokate dit eens dat die appèl besleg moet word in die

veronderstelling dat die appellant senuskok opgedoen het wat tot erkende en

beduidende psigiatriese (oftewel psigiese) letsels aanleiding gegee het. Die vrae of

sy inderdaad aldus psigies beseer is, en indien wel, wat die omvang daarvan is, is dus

nie tans ter sprake is nie. Indien die appèl slaag, sal daardie vrae deur die verhoorhof

5 beslis moet word.

Soos pas geblyk het, moet veronderstel word dat die appellant wel senuskok met gepaardgaande psigiese letsels opgedoen het. Geriefïikheidshalwe verwys ek voortaan na so 'n toestand bloot as senuskok. Duidelikheidshalwe meld ek egter dat ek nie die moontlikheid uitsluit nie dat skadevergoeding gevorder kan word in 'n geval waarin 'n persoon 'n psigiese letsel opgedoen het wat nie deur senuskok veroorsaak is nie. Tronens, daar is ongetwyfeld veel te sê vir die standpunt dat "senuskok" nie net 'n uitgediende benaming sonder enige spesifieke psigiatriese betekenis is nie, maar ook misleidend kan wees, en dat die enigste tersaaklike vraag is of 'n eiser 'n herkenbare psigiese letsel opgedoen het. Sien Mullany and Handford, Tort Liability fbr Psychiatric Damage. pp 14-5.

'n Verdere opmerking is aangewese. Hierdie hof is nie geroepe om algemene reëls te fbrmuleer wat bepalend is van die omstandighede waarin skadevergoeding

6 vir die nalatige veroorsaking van senuskok in ons reg verhaalbaar is nie. Dit is nóg

nodig nóg gewens om sulks te doen. In casu het 'n mens te doen met 'n situasie met

twee besondere kenmerke. Die eerste is dat die appellant die moeder was van 'n

seun wat ten tye van sy dood nog in sy vroeë tienderjare was. Die tweede is dat sy

nie 'n ooggetuie van die botsing was nie; nie by haar seun was toe hy gesterf het

nie; nie sy lyk in 'n institusie soos 'n hospitaal of 'n lykhuis aangetref het nie, maar

slegs vanweë 'n telefbonoproep die nuus van sy dood vemeem het.

(Gerieflikheidshalwe verwys ek na so 'n soort geval as 'n hoorsê geval, en na die

persoon wat senuskok opgedoen het as 'n hoorsê slagoffer.)

Daar is slegs een beslissing van hierdie hof waarin aanspreeklikheid vir

nalatige toediening van senuskok oorweeg is. ïn Bester v Commercial Union

Versekeringsmaatskappy van S.A. Bpk 1973(1) SA 769 (A) het twee jong broers,

Deon en Wemer, wat onderskeidelik elf en ses jaar oud was, oor 'n straat

7 gehardloop. 'n Voertuig wat ingevolge die bepalings van die

Motorvoertuigassuransiewet 29 van 1942 verseker was, het Wemer omgery. As

gevolg van die beserings wat hy opgedoen het, is Wemer later dieselfde dag oorlede.

Ten tye van die botsing was Deon, wat ongeveer twee meter voor Wemer was, pas

oor die straat. Omdat hy deur die nalatige bestuur van die voertuig in gevaar gestel

was en ook die botsing vlak agter hom aanskou het, het hy egter enstige senuskok

opgedoen.

Hierdie hof het bevind dat skadevergoeding wel ten opsigte van Deon se

senuskok verhaalbaar was. Die tans tersaaklike grondslae van die beslissing (per

Botha AR) kan soos volg saamgevat word:

  1. In die sfeer van deliktuele aanspreeklikheid is daar geen rede om 'n onderskeid tussen senuskok en 'n liggaamlike besering te trek nie. 'n Besering aan die senu- of breinstelsel is inderdaad 'n besering van 'n flsiese organisme (op 779 B-C).

  2. Dit is nie 'n vereiste dat senuskok met 'n fisiese besering gepaard moet gaan nie (op 779 A en G).

8

  1. In ons reg is daar geen rede waarom iemand wat as gevolg van die nalatige handeling van 'n dader senuskok of 'n psigiatriese besering opgedoen het, nie op genoegdoening geregtig is nie, mits daardie gevolg voorsien sou gewees het deur die redelike persoon in die plek van die onregpleger (op 779 H). (Hier dien gemeld te word dat oorsaaklikheid nie in geskil was nie: 776 F.)

  2. In die geval voor die hof was die persoonlikheidsnadeel wat Deon gely het wel redelik voorsienbaar, al het sy vrees vir die veiligheid van Wemer en sy skuldgevoel by aanskouing van die noodlottige botsing meer as sy vrees vir sy eie veiligheid tot sy toestand bygedra. 'n Redelike bestuurder sou dus stappe geneem het om die veroorsaking van daardie nadeel te verhoed (op 781 E-F).

Ek keer later terug na die volgende passasie in die uitspraak van Botha AR

op 781 A):

"Dit mag wees dat waar die leed ontstaan uit senuskok wat veroorsaak word deur 'n nalatige handeling van die onregpleger wat die benadeelde self met gevaar bedreig het, daar meer geredelik tot die gevolgtrekking gekom sou kon word dat die moonthkheid van die veroorsaakte leed deur die onregpleger voorsien moes gewees het, as in die geval waar die senuskok veroorsaak word deurdat die benadeelde die ingevaarstelling van 'n ander moes waarneem of daarvan moes verneem. Dit kan egter nie sonder meer aangeneem word dat in die een geval die veroorsaakte leed redelik voorsienbaar sou wees, en in die ander geval nie."(My beklemtoning.)

9

Sommige skrywers leer dat Botha AR die vereiste van voorsienbaarheid in die konteks van oorsaaklikheid, en nie nalatigheid nie, gestel het. In die lig van veral die laaste sin van (d) hierbo, meen ek nie dat dit korrek is nie, maar uit 'n praktiese oogpunt maak dit geen verskil ofdie een of die ander konstruksie verkies word nie.

Sedert Bester einde 1972 beslis is, het daar nog nie 'n gerapporteerde hoorsê saak (behalwe die onderhawige een) voor ons howe gedien nie. Vanweë 'n ietwat analogiese feitekompleks behoort ek egter te verwys na die uitspraak van Cleaver R in Majiet v Santam Limited [1997] 4 All SA 555 (C). Die eiseres se negejarige seun het gesterf toe hy in 'n straat deur 'n voertuig omgery is. Kort hiema het sy die lyk van haar seun in die straat aangetref. Dit het meegebring dat sy senuskok opgedoen het. Cleaver R het bevind dat sy wel skadevergoeding kon verhaal. Wat betref voorsienbaarheid het hy gesê (op 568 h-i):

" I conclude that it was reasonably íbreseeable to the driver of the insured

10

vehicle that a parent of a child knocked down by the vehicle in a residential suburb would come upon the aftermath of the accident and in the result would suffer emotional trauma or depression of sufficient severity to have a substantial effect on the well-being of the parent."

Die hof a quo het na 'n aantal Engelse gewysdes verwys. . Ek is nie bewus

van enige beslissing van die House of Lords of die Court of Appeal waarin 'n hoorsê

slagoffer suksesvol was of aangedui is dat hy of sy in sekere gevalle

skadevergoeding kan verhaal nie. Inteendeel. In McLoughlin v O'Brian [1982] 2

All ER 298 (HL)305 c het Lord Wilberforce gesê:

" . . .there is no case in which the law has compensated shock brought about by communication by a third party. In Hambrook v Stokes Bros [1925] 1 KB 141, [1924] All ER Rep 110, índeed, it was said that liability would not arise in such a case, and this is surely right. It was so decided in Abramzik v Brenner (1967) 65 DLR (2d) 651. The shock must come through sight or hearing of the event or of its immediate aftermath."

In Alcock and others v Chief Constable of the South Yorkshire Police [1991]

4 All ER 907 (HL) 915 b, het Lord Keith of Kinkel met klaarblyklike goedkeuring

11

na die hierbo aangehaalde dictum verwys, en in dieselfde saak het Lord Ackner gesê

(op 917 f-g):

"Even where the nervous shock and the subsequent psychiatric illness caused by it could both have been reasonably foreseen, it has been generally accepted that damages for merely being informed of, or reading, or hearing about the accident are not recoverable. In Bourhill v Young [1942] 2 All ER 396 at 402, [1943] AC 92 at 103 Lord Macmillan only recognised the action lying where the injury by shock was sustained 'through the medium of the eye or the ear without direct contact'. Certainly Brennan J in his judgment in Jaensch's case 54 ALR 417 at 430 recognised that 'A psychiatric illness induced by mere knowledge of a distressing fact is not compensable; perception by the plaintiff ofthe distressing phenomenon is essential "

Dit verg beklemtoning dat volgens Lord Ackner 'n hoorsê slagoffer nie skadevergoeding kan verhaal nie selfs indien die veroorsaking van senuskok redelikerwyse voorsienbaar was. Ek keer aanstons hierna terug.

Dit kom voor dat die hoorsê slagoffer nie 'n gelukkiger lot in die Kanadese reg getref het nie. Sien Abramzik v Brenner (1967) 65 DLR (2d) 651 waarna verwys word deur Mullany and Handford, op cit p 154. Aan die ander kant van die aardbol

12 het die slagoffer egter onlangs 'n simpatieker oor teengekom. Ek verwys na die

minderheidsuitspraak van Kirby P in Coates and another v Govemment Insurance

Office of New South Wales (1995) 36 NSWLR 1, wat voor die Supreme Court of

New South Wales (Court of Appeal) gedien het. (Die uitspraak van Kirby P was,

wat die aspek onder bespreking betref, nie in stryd met die meerderheidsuitspraak

nie.) Die vader van twee minderjarige kinders het gesterf as gevolg van 'n

motorbotsing wat toe te skryf was aan die nalatigheid van die bestuurder van 'n

versekerde voertuig. Nie een van die kinders was naby die toneel van die botsing

nie. Hulle het ook nie die liggaam van hul oorlede vader gesien nie. Hulle is eérs

na sy dood van sy oorlye verwittig. Hulle het nietemin 'n aksie vir skadevergoeding

teen die versekeraar van die voertuig ingestel. Hierdie aksie was gefundeer op die

bewering dat hulle senuskok gely het toe hulle van die dood van hul vader verneem

het. Die meerderheid van die hof het beslis dat hulle nie daardie bewering bewys het

13 nie. Kirby P het egter bevind dat die kinders hulle wel van die betrokke bewyslas

gekwyt het en dat hulle op skadevergoeding geregtig was ondanks die feit dat dit 'n

hoorsê geval was. In besonder was hy van oordeel dat die senuskok wat die kinders

opgedoen het wel redelikerwyse voorsienbaar was, en dat daar nie oorwegings van

openbare beleid was wat die toekenning van skadevergoeding in die weg gestaan het

nie.

(Volgens Mullany in Tort Law Review 1996(4) 96 is die uitspraak van Kirby P deur 'n distrikshof gevolg in Quayle v State of NSW (1995) Aust Torts Reports 81.)

In die verbygaan meld ek dat ook die Duitse reg nie 'n hoorsê eis in alle gevalle uitsluit nie. Sien Markesinis, A Comparative Introduction to the German Law of Torts, derde uitgawe, pp 118 ev.

Die vraag ontstaan nou waarom in die Engelse reg so 'n onverbiddelike

14 standpunt teen 'n hoorsê slagoffer ingeneem word. In my poging om hierdie vraag

te beantwoord, beperk ek my gerieflikheidshalwe tot botsinggevalle. Oorspronklik

was dit 'n vereiste dat 'n eiser wat 'n verweerder vanweë die veroorsaking van

senuskok aangespreek het op die ongelukstoneel teenwoordig moes gewees het, en

dit wat tot die skok aanleiding gegee het met sy sintuie moes waargeneem het. Later

het die "aftermath" leerstelling egter ontwikkel. Vereistes betrefïende

voorsienbaarheid en verwantskap daargelaat, was dit toe as voldoende beskou indien

so 'n eiser senuskok opgedoen het as gevolg van direkte waameming van die

ongeluk ofsy onmiddellike nadraai. Sien Mullany and Handford op.cit., pp 136 ev.

Die toepassing van die leerstelling kan soos volg verduidelik word. 'n Man word

in 'n botsing ernstig beseer en na 'n hospitaal geneem. Binne 'n uur of wat tref sy

vrou hom in 'n bedenklike toestand in die hospitaal aan waar hy krul van die pyn.

As gevolg van hierdie waarneming doen sy senuskok op. In so 'n geval is daar dan

15 direkte waarneming van die onmiddeilike nadraai van die botsing (vlg McLoughlin

v O'Brian supra).

In die geval van 'n hoorsê slagoffer is daar natuurlik nie sprake van 'n

soortgelyke waameming nie. Die skok word immers bloot deur die aanhoor van 'n

berig, en niks anders nie, veroorsaak. Dat die ontsê van 'n remedie aan so 'n

slagoffer nie bloot op 'n gebrek aan voorsienbaarheid gegrond word nie, blyk onder

andere uit die passasie in die uitspraak van Lord Ackner in die Alcock saak wat

hierbo aangehaal is. Die werklike rede vir sodanige ontsegging is, soos dit my

voorkom, te vind in die volgende verduideliking van Lord Wilberfbrce in

McLoughlin v O'Brian, supra, op 303g:

"Foreseeability, which involves a hypothetical person, looking with hindsight at an event which has occurred, is a fbrmula adopted by English law, not merely fbr defining, but also fbr limiting the persons to whom duty may be owed, and the consequences fbr which an actor may be held responsible. It is not merely an issue of íact to be leA to be fbund as such. When it is said to result in a duty of care being owed to a person or a class, the statement that

16 there is a 'duty of care' denotes a conclusion into the forming of which considerations of policy have entered. That forseeability does not of itself, and automatically, lead to a duty of care is, I think, clear."

Dus, selfs indien die berokkening van senuskok voorsienbaar was, moet nog vasgestel word of daar 'n "duty of care" teenoor die getroffene bestaan het. Indien nie, was die deliktuele handeling nie onregmatig vis-á-vis daardie persoon nie. En by beantwoording van die vraag of 'n "duty of care" bestaan het, kom beleidsoorwegings ter sprake. Soos ek dit het, is dit primêr sodanige oorwegings wat volgens die Engelse reg spreek teen aanspreeklikheid van 'n dader teenoor 'n hoorsê slagofíer.

Die heersende stand van die Engelse reg aangaande verhaalbaarheid van skade deur 'n persoon wat senuskok (of 'n ander psigiatriese letsel) opgedoen het, het striemende kritiek ontlok. Onlangs het Teff, Liability for Negligently Inflicted Psychiatric Harm: Justifications and Boundaries, [1998] CLJ 91,94, gesê:

17

"Unquestionably the prevailing liability rules are a source of embarrasment. There is ample reason to support Stapleton's claim that liability for nervous shock is where 'the silliest rules now exist' ".

En in die Alcock saak op 926 a-d was Lord Oliver of Aylmerton klaarblyklik van mening dat die uitsluiting van 'n hoorsê slagofïer nie logies geregverdig is nie.

Na bostaande oorsig van vreemde reg keer ek terug na die uitspraak van die hof a quo. Swart R het bevind dat die senuskok wat die appellant opgedoen het, nie redelikerwyse voorsienbaar was nie en dat Laubscher gevolglik nie nalatig vis-á-vis die appellant opgetree het nie. Dit kom egter voor dat sy opvatting van die begrip redelike voorsienbaarheid elemente betrek wat nie daar tuishoort nie. Aldus sê hy (op 1069 E-F) dat beleidsoorwegings 'n rol behoort te speel "by die vraag of die voorsienbaarheid wat ondersoek word redelik is."

Dit is geykte reg dat 'n dader deliktueel nalatig optree indien hy versuim om ter vermyding van 'n benadelende gevolg stappe te neem om die intrede daarvan te

18

verhoed, en 'n redelike persoon in sy plek dit wel sou gedoen het. Om vas te stel

of sodanige persoon voorkomende stappe sou geneem het, word dan eerstens gevra of hy die redelike moontlikheid sou voorsien het dat die betrokke daad 'n ander skade kon berokken. Ek kom hieronder terug op die betekenis van die begrip "redelike moontlikheid". Hier is dit voldoende om te konstateer dat by 'n evaluering van die redelikheid van 'n moontlikheid beleidsoorwegings geen rol speel nie.

Dit kom nietemin voor dat Swart R selfs sonder inagneming van sodanige oorwegings van mening was dat die senuskok wat die appellant opgedoen het nie redelikerwyse voorsienbaar was nie. Hy het daardie gevolg as buitengewoon bestempel weens die appellant se onbetrokkenheid by die botsing of die fïsiese nagevolge daarvan (op 1070 E). Daarna het hy die volgende vrae gestel (op 1070

H-J):

"Kan van die redelike motoris verwag word om te voorsien dat benewens die fïsiese skade wat natuurlikerwys op die toneel uit sy nalatige bestuur

19

voortspruit, iemand in die posisie van die eiseres ook beseer kan word, al is dit net psigies? Indien wel, moet daar nie terselfdertyd verwag word dat dit kan gebeur met die kind se grootouers of met die ouers van iemand in die posisie van die eiseres as gevolg van die terugslag wat hulle dogter ondervind het nie? Indien so iets voorsienbaar sou wees, sou die redelike man stappe gedoen het om dit te vermy en indien wel, watter stappe?"

Sy antwoorde was dat die appellant se skade nie as 'n redelike moontlikheid voorsienbaar was nie, en dat indien dit wel was, die redelike persoon in die plek van Laubscher nie enige stappe ter vermyding daarvan sou of kon gedoen het nie (op 1071 H).

Dit is gewens om eers iets sê oor die altematiewe bevinding. Soos reeds gemeld, is die botsing deur Laubscher se nalatigheid veroorsaak. 'n Redelike persoon in sy plek sou dus bloot deur sorgvuldig te bestuur die botsing vermy het. Indien dit gebeur het, sou die botsing nie plaasgevind het nie; die appellant se seun nie gesterf het nie, en sy nie senuskok opgedoen het nie. Daar is dus nie sprake van

20

verdere stappe (anders as vermyding van die botsing) wat die redelike bestuurder ter

voorkoming van die appellant se senuskok sou of kon gedoen het nie. (Vgl. Neethling se bespreking van die uitspraak van die verhoorhof in 1998 THRHR 335, 340.)

Wat Swart R se primêre bevinding betref, kan geredelik toegegee word dat dit selde voorkom dat senuskok in 'n hoorsê geval soos die onderhawige opgedoen word, en dat dit selfs as 'n buitengewone geval bestempel kan word. 'n Nalatigheidsoordeel verg egter nie noodwendig dat 'n gevolg as 'n statisties beduidende kans deur 'n redelike man geappresieer moet word nie (vgl Van der Walt, Delict: Principles and Cases p 77). Dit is so omdat daar 'n wisselwerking tussen die elemente van voorsienbaarheid en voorkombaarheid is. Daarom het Centlivers AR in Joffe and Co Ltd v Hoskins; Joffe and Co Ltd v Bonamour N.O. 1941 AD 431, 451 gesê dat die frase "likelihood of harm" slaan op "a possibility of

21 harm to another against the happening of which a reasonable man would take

precautions."

Vanselfsprekend sal 'n besluit van 'n redelike man om al of nie voorkomend

op te tree beïnvloed word deur onder andere die graad van 'n kans dat by gebreke

aan voorkoming 'n gevolg sal intree (vgl Herschel v Mrupe 1954(3) SA 464 (A) 477

B-C per Schreiner AR). Die blote feit dat so 'n gevolg slegs selde intree, bring egter

nie mee dat dit nie as 'n redelike moontlikheid voorsienbaar is nie. Hierdie

gedagtegang is in The Council of the Shire of Wyong v Shirt and Others 146 CLR

40 (HC of A) 47 deur Mason J soos volg verwoord:

"A risk of injury which is quite unlikely to occur .... may nevertheless be plainly foreseeable. Consequently, when we speak of a risk of injury as being 'foreseeable' we are not making any statement as to the probability or improbability of its occurrence, save that we are implicitly asserting that the risk is not one that is far-fetched or fanciful. Although it is true to say that in many cases the greater the degree of probability of the occurrence of the risk the more readily it will be perceived to be a risk, it certainly does not follow that a risk which is unlikely to occur is not foreseeable."

22 Sien ook Koufos v C Czamikow Ltd [1969] 1 AC 350 (HL) 385 G tot 386 A,

en Page v Smith [1996] AC 155(HL) 170 D-G per Lord Ackner.

Soos reeds geblyk het, het Botha AR in Bester op 781 A dit nie uitgesluit dat die veroorsaking van skok in 'n hoorsê geval as 'n redelike moontlikheid voorsienbaar kan wees nie. Aldus het hy by implikasie die juistheid van die beslissing in Waringand Gillow, Ltd, v Sherborne 1904 TS 340 bevraagteken. In daardie saak is beslis dat 'n eiseres wat senuskok opgedoen het as gevolg van 'n mededeling dat haar man gesterf het nie skadevergoeding ten opsigte daarvan kon verhaal nie, en volgens Botha AR (op 778 C van Bester) was die beslissing gegrond op die verwyderbaarheid of onvoorsienbaarheid van die skade.

In die lig van die voorgaande moet nou besin word of die senuskok wat die appellant in die onderhawige geval opgedoen het as 'n redelike moontlikheid voorsienbaar was. By beantwoording van hierdie vraag moet in gedagte gehou word

23

dat die redelike bestuurder in die plek van Laubscher bogenoemde gevolg sou kon

vermy het bloot deur nie onsorgvuldig te bestuur nie.

Die respondent se advokaat het betoog dat die opdoen van senuskok redelikerwyse voorsienbaar is slegs as dit voortspruit uit direkte waatneming van die betrokke gebeure of sy onmiddellike nadraai. Hy het hom dus beroep op die Engelsregtelike vereistes wat reeds vermeld is, maar wat nie op voorsienbaarheid, of 'n gebrek daaraan, gefundeer is nie. Toegegee dat die kans van intrede van senuskok in bogenoemde soort geval heelwat groter is as in 'n hoorsê geval, is daardie kans in laasgenoemde geval na my mening nie een wat 'n redelike bestuurder altyd so gering sou skat dat geen ag op voorkomende optrede geslaan hoefte word nie. Om meer spesifïek te wees, is ek van oordeel dat in casu die opdoen van senuskok deur die appellant wel as 'n redelike moontlikheid deur 'n diligens paterfamilias in die plek van Laubscher voorsien sou gewees het.

24

Ten opsigte van analogiese feite het Kirby P in Coates 'n soortgelyke mening

gehuldig. Hy het gesê (op 10 D):

".... it is clearly foreseeable that, the young, loving children, at least, of a particular person seriously injured or killed will shortly be informed of the injuries or death and may, in certain cases, then suffer such a serious instance of'nervous shock' as to warrant holding the tortfeasor liable. Damage to such persons is certainly foreseeable in the ordinary course of human experience. In some cases that damage may take the form of nervous shock."

Soos hierbo geblyk het, het Swart R die vraag gestel of indien 'n psigiese

letsel van iemand in die posisie van die appellant redelik voorsienbaar was, dieselfde

nie gesê moet word nie betreffende senuskok wat byvoorbeeld deur 'n oorlede kind

se grootouer in 'n hoorsê geval opgedoen is. Slegs twee opmerkings is aangewese.

Die eerste is dat hoe nouer die verwantskap of verhouding tussen die primêre

getroffene en die geskokte persoon is, hoe geredeliker gekonkludeer kan word dat

die veroorsaking van die skok redelik voorsienbaar was. Die tweede is dat ons in die

onderhawige geval slegs te doen het met die besonder innige verhouding wat

25

normaalweg tussen 'n moeder en haar jong kind bestaan.

My gevolgtrekking dat dit redelik voorsienbaar was dat die appellant senuskok sou ondervind, bring egter nie sonder meer mee dat die appèl moet slaag nie. 'n Verdere vraag is of Laubscher se nalatigheid die regsoorsaak van daardie skok was. Dit is nouliks nodig om te sê dat feitlike veroorsaking nie altyd voldoende is om ook as regsoorsaak van die betrokke gevolg aan die dader toegereken te word nie. In hierdie verband is in S v Mokgethi 1990(1) SA 32 (A) 40 E gesê dat by die bepaling van jurisdiese oorsaaklikheid beleidsoorwegings ter sprake kom, en dat daarteen gewaak moet word dat 'n dader se aanspreeklikheid nie die grense van redelikheid, billikheid en regverdigheid oorskry nie. Sodanige oorwegings verskil in wese nie van dié waarop in die Engelse reg gelet word by beantwoording van die vraag of, ook in geval van veroorsaking van senuskok, die dader 'n "duty of care" teenoor die benadeelde persoon gehad het nie.

26

'n Oorweging wat dikwels geopper word, is dat erkenning van

aanspreeklikheid in onder andere 'n hoorsê geval tot 'n vloedgolf van litigasie

aanleiding sal gee. Aansluitend hierby word aangevoer, soos die hof a quo ook

gedoen het (op 1071 H-1072 C), dat daarteen gewaak moet word om nie 'n dader

soos 'n motoris met 'n potensieel ondraaglike las van aanspreeklikheid op te saal nie.

In hierdie trant het Navsa R in Clinton-Parker v Amdinistrateur Transvaal:

Dawkins v Administrator Transvaal 1996(2) SA 37 (W) 63 B-D, gesê:

"Accident cases present particular policy problems. The floodgates will open if claims for nervous shock are not contained within manageable limits, An infinite number of people could claim for nervous shock upon viewing an accident and its consequences. So too with relatives or friends to whom an accident and its consequences are communicated. The number of deaths and severe physical injuries that occur in modem life due to motor vehicle and other accidents is great. The Courts may well, in adopting too liberal an approach to these situations and allowing bystanders and relatives to the umpteenth degree to claim damages, cripple economic activity."

Ek stem saam met Navsa R se onderliggende premisse dat dit onredelik en

27

onbillik sou wees om in alle gevalle aanspreeklikheid vir veroorsaking van senuskok

slegs aan 'n nalatigheidsoordeel vas te knoop. Ek meen egter dat die vrees vir

oewerlose aanspreeklikheid oordrewe is. Per slot van sake het daar in die kwart eeu

sedert Bester beslis is nog slegs 'n handjie vol gerapporteerde sake, waarin

skadevergoeding op grond van nalatige veroorsaking van senuskok gevorder is, voor

ons howe gedien. En daar is min rede om te glo dat die situasie beduidend sal

verander indien die onderhawige appèl sou slaag. Hier dien weereens beklemtoon

te word dat die opdoen van senuskok in 'n hoorsê geval iets is wat selde voorkom.

In hierdie verband is dit insiggewend om te let op inligting vervat in 'n verslag

van die Engelse Law Commision wat in Maart vanjaar gepubliseer is. Dit is getiteld

"Liability for Psychiatric Injury" en in para 6.14 (op p 87) word die volgende gesê:

"In New South Wales, The Australian Capital Territory and the Northern Territory legislative provisions permit the spouse (defined in New South Wales to include a de facto spouse) or parent (defined to include stepparent, grandparent and persons in loco parentis) of a person killed, injured or put in

28

peril by the defendant's wrongful act to recover damages fbr mental or nervous shock suffered as a result, regardless of whether they saw or heard the

accident Rather than fïnding that this legislation has resulted in a flood

of claims, it has come to be regarded as unduly restrictive."

'n Tweede oorweging wat ten gunste van beperking van aanspreeklikheid aangevoer word, is dat in die afwesigheid daarvan gesimuleerde eise ingestel kan word. Hierop is daar 'n aantal antwoorde. Eerstens kan ook 'n persoon wat beweer dat hy senuskok opgedoen het weens direkte waameming van, sê, die dood van 'n naasbestaande 'n bedrieglike eis instel of die omvang van die skok doelbewus aandik. Tweedens moet 'n eiser natuurlik bewys dat hy 'n erkende psigiatriese letsel opgedoen het en sal hy dus in die reël op ondersteunende psigiatriese getuienis aangewese wees. Derdens is dit sekerlik nie ongehoord dat in die geval van 'n suiwer fïsiese besering 'n eiser 'n beweerde nagevolg daarvan in sy geheel often dele simuleer nie.

Anders as wat die respondent se advokaat betoog het, meen ek dus nie dat daar

29 in ons reg genoegsame beleidsgronde bestaan vir die uitsiuiting van

aanspreeklikheid in alle hoorsê gevalle nie. Soos geblyk het, word 'n ander

standpunt in die Engelse reg, en bepaaldelik deur die House of Lords, gehuldig, maar

dit is betekenisvol dat in para 11 op p 123 van bogenoemde verslag van die Law

Commission die volgende voorgestel word:

"There should be legislation laying down that a plaintiff, who sufïers a reasonably foreseeable recognisable psychiatric illness as a result of the death, injury or imperilment of a person with whom he or she has a close tie of love and affection, should be entitled to recover damages from the negligent defendant in respect of that illness, regardless of the plaintiff s closeness (in time and space) to the accident or its aftermath or the means by which the plaintiff learns of it."

Die vraag of 'n handeling 'n dader as regsoorsaak van 'n gevolg toegereken

moet word, moet natuurlik van geval tot geval beslis word. Dit verg dus by

herhaling beklemtoning dat ons in hierdie geval te doen het met senuskok wat 'n

moeder betreklik kort na die oorlye van haarjong seun opgedoen het toe sy daarvan

vemeem het. Na my mening spreek beleidsoorwegings, en in besonder voorskrifte

30

van redelikheid en billikheid, nie teen die konklusie dat Laubscher se nalatige

bestuur die regsoorsaak van haar skok was nie. Wat die posisie in andersoortige hoorsê gevalle sou wees, is nie vir huidige doeleindes ter sake nie.

Dit is nie nodig om veel te sê oor die tweede regsvraag wat in die gestelde saak geformuleer is nie. Die "treuring" van die appellant oor haar seun wat in daardie vraag vermeld is, was klaarblyklik nie 'n psigiatriese letsel nie, want anders sou die vraag toutologies gewees het. 'n Mens moet dus aanvaar dat die partye blote emosionele verdriet in gedagte gehad het. Die appellant se advokaat het dan ook tereg toegegee dat skadevergoeding nie ten opsigte van sodanige verdriet verhaalbaar is nie.

Omdat die respondent se potensiële aanspreeklikheid ten opsigte van die appellant se psigiatriese letsels verreweg die belangrikste aspek van die verhoor in die hof a quo was, was die advokate dit eens dat indien die eerste vraag bevestigend beantwoord moes gewees het, die appellant geregtig ís op die koste van die verrigtinge in daardie hof.

31 Gevolglik word die volgende bevele gemaak:

  1. Die appèl slaag met koste.

  2. Die bevel van die verhoorhof word deur die volgende vervang:

 

  1. Die eerste vraag in 'die gestelde saak word bevestigend en die tweede ontkennend beantwoord.

  2. Die verhoor word sine die uitgestel.

  3. Die verweerder word gelas om die koste meegebring deur die uiteensetting en verhoor van die gestelde saak te betaal.

HJO VAN HEERDEN

Adjunkhoofregter

Stem saam: Vivier AR Nienaber AR Schutz AR Scott AR

▲ To the top