De Jongh v Du Pisanie NO (220/2003) [2004] ZASCA 66 (1 June 2004)





DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL

VAN SUID-AFRIKA


Saaknommer : 220/2003



In die saak tussen :


CHRISTIAAN DE JONGH APPELLANT


en


PIETER JOHANNES DU PISANIE NO RESPONDENT





CORAM : MARAIS, BRAND ARR et JONES WND AR


DATUM : 4 MEI 2004


GELEWER : 1 JUNIE 2004


Opsomming: Regstelling van syferfout en gevolglike berekeningsfout in uitspraak gelewer op 25 Mei 2004. Vervangende bevel in para 4.





AANVULLENDE UITSPRAAK




BRAND AR/




BRAND AR :

[1] Dit het tot my kennis gekom dat ons uitspraak in hierdie saak wat op 25 Mei 2004 gelewer is ('die uitspraak') 'n syferfout bevat wat tot 'n berekeningsfout aanleiding gegee het. Die doel hiervan is om dit reg te stel.


[2] Die syferfout het betrekking op Rabe se verlies aan verdienste. In para 68.2 word geboekstaaf dat daar nie met die 'verhoorhof se toekenning van R1 906 225 onder hierdie hoof' ingemeng moet word nie. Soos blyk uit para 2 van die uitspraak, was die verhoorhof se toekenning onder hierdie hoof egter inderwaarheid R1 096 225.


[3] Die berekeningsfout waartoe hierdie syferfout aanleiding gegee het, verskyn in paras 68.4 en 68.5 van die uitspraak. In hul juiste vorm moet hierdie paragrawe soos volg lui:

'4. Koste van die kurator bonis

Dit is gemene saak dat die toekenning onder hierdie hoof gelyk moet wees aan 7,8 persent van die vorige drie toekennings. Dit is (R1 588 020.70 + R1 096 225 + R250 000 = R2 934 245.70 x 7,8%) = R228 871.16.

5. Totaal

Hiervolgens bedra die totale bedrag van skadevergoeding dus R3 163 116.80.'

[4] In die lig van die voorgaande word die bevel van hierdie hof in para 70 van die uitspraak vervang met die volgende:

'[70] Gevolglik slaag die appèl met koste. Die verhoorhof se bevel word tersyde gestel en vervang met die volgende:

"Vonnis word ten gunste van die eiser teen die verweerder soos volg toegestaan:

(1) R3 163 116.80 synde skadevergoeding;

(2) Rente daarop teen die koers wat ingevolge die bepalings van die Wet op Voorgeskrewe Rentekoers 55 van 1975 voorgeskryf word vanaf 14 dae na datum hiervan (synde 23 Desember 2000) tot datum van betaling;

(3) Geen kostebevel word op hierdie stadium gemaak nie."'





………………..

F D J BRAND

APPÈLREGTER


Stem saam:


Marais AR

Jones Wnd AR



▲ To the top