S v Jordaan (496/1993) [1994] ZASCA 118 (16 September 1994)


Saaknommer 496/93

/wlb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

CAREL FREDERICK PIETER JORDAAN Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: SMALBERGER, NIENABER ARR et NICHOLAS WndAR

VERHOORDATUM: 6 September 1994

DATUM VAN UITSPRAAK: 16 September 1994

UITSPRAAK

NIENABER/

2

IENABER AR:

Die appellant was die eienaar van 'n firma genaamd Konsensus

[ediasiedienste. Konsensus Mediasiedienste bet 'n kantoor in die Standard

ankgebou op Kerkplein, Pretoria, geokkupeer. In 'n sogenaamde

ligtingstuk beskryf die appellant Konsensus Mediasiedienste as

"... 'n privaatpraktyk wat hom toelê op bemiddeling in konfliksituasies tussen partye. Verhoudings is dus ons werksterrein, met die klem op Konsensus : wedersydse begrip en ooreenkoms. Die doeï van ons werk is om perspektief en vredesgesindheid na die onderhandelingstafel te bring, en die belange van opponerende partye so te dra dat beide kante van die ooreenkoms beskerm word tot menswaardigheid, vrede en veiligheid van beide partye."

Elders in die dokument, onder die opskrif "Credum" staan daar:

"Hierdie is geen prokureurspraktyk' of welsynsorganisasie nie en doen hom nie so voor nie - ons glo dat probleme veel beter opgelos word deur díe Christelike weë van begrip, en doelgerigte optrede."

En dis die vraag: of die appellant nie tog maar, anders as wat in ie inligtingstuk staan, en strydig met artikel 83(1) van die Wet op rokureurs, 53 van 1979, teenoor die klaagster, ene mev Keyser, voorgegee

3

het dat hy 'n toegelate prokureur is nie. Die landdroshof Pretoria bevind van ja en vonnis hom tot periodieke gevangenisstraf van 2 000 uur. Hy appelleer na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen sowel sy skuïdigbevinding as vonnis. Die appèl teen die vonnis word laat vaar en die appël teen die skuldigbevinding misluk. Verlof word nietemin deur daardie hof verleen om na hierdie hof teen sowel die skuldigbevinding as die vonnis te appelleer -teen die skuldigbevinding onder meer op grond daarvan dat daar dalk bevind kan word dat die vermelde inligtingstuk, in weerwil van mev Keyser se ontkenning, tog aan haar oorhandig is; en teen die vonnis op grond daarvan dat die betrokke wet alleenlik 'n boete en nie gevangenisstraf vir 'n oortreding van artikel 83(1) voorskryf nie.

Wat die skuldigbevinding betref, hct die verhoorhof bevind dat die klaagster 'n goeie en die appellant 'n swak getuie was. Op appêl is daarenteen bevind dat die getuienis van geeneen van die twee onbesproke was nie en dat daar nóg op die klaagster se bewering (as sou die appellant haar mondelings verseker het dat hy wel 'n prokureur is) nóg op die appellant

4

se ontkenning daarvan, peil getrek kan word. Volgens die hofvan appèl was

die klaagster 'n enkel getuie wie se woord op sekere kardinale aspekte nie

ongestaaf aanvaar kan word nie. Nietemin is beslis dat sekere vasstaande

feite noodwendig daarop dui dat die appellant hom wel as 'n prokureur

voorgedoen het. Vandaar die verdere appèl na hierdie hof.

Artikel 83(1) van die betrokke wet lui soos volg:

"Iemand wat nie 'n praktisyn is nie, mag nie praktiseer of hom as 'n praktisyn voordoen of voorgee om 'n praktisyn te wees of gebruik maak van 'n naam, titel, toevoeging of beskrywing wat impliseer of die indruk skep dat hy 'n praktisyn is of regtens as sodanig erken word of enige handeling verrig wat hy ingevolge 'n kragtens artikel 81(l)(g) uitgevaardigde regulasie verbied is om te verrig nie."

"Praktisyn" word omskryf as "'n prokureur, notaris of transportbesorger"; "prokureur" as "iemand wal behoorlik toegelaat is om in enige deel van die Republiek as prokureur te praktiseer"; en aan "praktiseer" en "praktyk" word 'n ooreenstemmende betekenis geheg.

Die artikel onderskei tussen verskillende handelinge wat 'n nie-praktisyn nie mag verrig nie, naamlik (a) om as 'n praktisyn te praktiseer (vgl

5

R v Boyes 1943 TPD 373; R v Comelius 1945 TPD 258; R v Zeiss 1961(1) SA 610 (T)); (b) om hom as 'n praktisyn voor te doen; (c) om voor te gee om 'n praktisyn te wees; (d) om gebruik te maak van 'n naam, titel, toevoeging of beskrywing waardeur te kenne gegee word dat hy 'n praktisyn is of mag wees; (e) om enige van die omskrewe verbode handelinge te verrig.

Vanselfsprekend bestaan daar tussen die verskillende kategorieë die moontlikheid van oorvleueling.

Die handeling wat in die klagstaat geïdentifiseer word, is (c).

Daarvolgens sou die appellant

"... op of omtrent 24 Januarie 1991 en te of naby STANDARD BANKGEBOU KERKPLEIN in die distrik van Pretoria wederregtelik voorgegee het aan Antoinette Keyser dat hy 'n regspraktisyn is deur te onderneem om haar te help as prokureur met 'n sekwestrasie en fooie daarvoor te aanvaar."

In S v Van Wyk 1969(1) SA 615 (C) verklaar Corbett R, met verwysing na die artikel se min of meer gelykluidende voorloper, te wete artikel 32(1) van Wet 23 van 1934, (op 619 C-E):

6

"In determining whether a person has held himself out as or pretended to be or has used words implying or tending to the belief that he is an attorney the test is whether the conduct complained of is such as to induce in those to whom this conduct is directed the reasonable belief that he is an attorney. In applying this test regard must be had to the effect the conduct would have not upon a person endowed with specialist knowledge in these matters, such as a lawyer, nor upon a careless or ignorant person but upon the man of ordinary intelligence, who is conversant with general affairs and who acts with reasonable care (see Rex v Strauss, 1941 T.P.D. 63; Rex v. Morgan, 1952(1) S.A. 308 (N))."

Die pertinente vraag is dus of die appellant enigiets gesê of ;edoen het wat by mev Keyser redelikerwys die indruk kon verwek het dat ly 'n toegelate prokureur was.

Om hierdie vraag te kan beantwoord, is dit ongelukkig nodig om lie getuienis kronologies en krities te bekyk. Dit is 'n taak wat bemoeilik vord deur vcral twee faktore. Die eerste is die onbeholpe, onsamehangende n fragmentariese wyse waarop getuienis aan beide kante in die verhoorhof langebied is. Getuienis wat op kernpunte die deurslag kon gee, soos vanneer en aan wie betalings geskied het, is, ofskoon beskikbaar, nooit gelei

7

nie. Die tweede faktor is die onbevredigende gehalte van die getuienis van sowel die klaagster as die appellant. Volgens die verhoorhof was die klaagster 'n betroubare getuie maar die appellant nie. Volgens die hof a quo was die klaagster ewe swak as die appellant. In hierdie hof is deur albei advokate toegegee dat geeneen van die twee se getuienis bo kritiek verhewe was nie. Met hierdie siening gaan ek akkoord. Mev Keyser het so rond en bont gepraat dat mens nie aityd wis wat feit en wat verdigsel is nie, terwyl die appellant hom plek-plek onteenseglik as 'n leuenaar bewys het. Mev Keyser was praatsiek en wrewelig teenoor die appellant en die appellant was bombasties en ontwykend. Sonder stawing, hetsy wedersyds, hetsy deur die waarskynlikhede, kan daar nie op die woord van een van hierdie twee getuies staatgemaak word nie. Nie een van hulle kon of wou hul by die punt bepaal nie en hul ondervraging, aan beide kante, was kursories cn deurmekaar. Die resultaat is 'n rekord wat van vaaghede, gapings en weersprekings wemel.

Mev Keyser was in 'n finansiële verknorsing. Sy was oortuig dat sekwestrasie haar enigste uitkoms was om huis en haard te beskerm. Dié

8

advies het sy van 'n vriendin van haar, ene mev Pivor, ontvang, wat dit op

haar beurt skynbaar weer van ene mev Engelbrecht ontvang het. Al drie

dames was van Rustenburg en het dieselfde paadjie na uiteindelike

sekwestrasie geloop: via die appellant in Pretoria na mnr Pols wat die

daadwerklike sekwestrasie behartig het. Mnr Pols was 'n toegelate prokureur,

die appellant nie. Mev Keyser het die appellant se telefoonnommer by mev

Pivor gekry. Sy bel hom, 'n dag of wat voor 24 Januarie 1991. Dit is haar

getuienis in hoof hieroor:

"Yes, January 1991, and I phoned him and I asked him if he was an attorney and he admitted that he was an attorney and I said to him but ï believe he also does sequestrations and he does not ask a very big tariff in connection with sequestrations, and I said to him I have gone through so much and I don't have any more financial backing to go on with what I have been going on, is there a possibility that he could help me, and he said yes, he was quite capable of helping me and when could I come and see him and at that stage I was coaching swimming and I could not just go the very same day, sort of thing, as he had expected me, so I made an appointment, I think it was the day or a day after I had, had a telephone conversation and I had come to his office which is in Church Square on the fourth floor of Standard Bank, third or fourth floor and I had an appointment with him very early and I explained to him what my position was and I gave him all

9

the documents that I had to give him and he said to me when I walked out of his office I need not have to worry, everything is in his hands, I can go and have a restful sleep."

Op vrae van die hof antwoord sy voorts:

"When was it that you specifically asked Mr Jordaan, are you an attorney? Because you mentioned it in your evidence-in-chief that you asked him and he affirmed to the ... (intervenes) -- Are you asking in the beginning, or after?

At any stage, when did you speak to him about it? -- From the beginning I understood and he, I said to him 'o, my prokkie sal maar darem vir my regkry, soos wat hy dit gebruik die woord prokkie, ek neem hom nie kwalik as hy sy goed so wil' if he wants to use his language abbreviated, it is his own choice. 'Toe sê hy nee, as 'n prokkie sal hy nou die dinge regmaak, so ek,' I take it for granted that he was an attorney."

Die enigste geleentheid waartydens die appellant mev Keyser na ewering onomwonde ingelig hct dat hy 'n loegelate prokureur is, was tydens ierdie telefoongesprek. Die appellant erken die gesprek maar ontken dat hy oit so 'n voorstelling aan haar gemaak het. Die hof a quo, soos reeds gesê, anvaar haar getuienis nie. Ofskoon die klagstaat waarna vroeer verwys is, ennelik op dié gesprek toegespits was, beteken dit nie dal die appellant

10

onskuldig bevind moet word net omdat haar getuienis op die punt verwerp is nie. Steeds moet na die gebeure as 'n geheel gekyk word om te bepaal of die appellant nie op 'n ander wyse teenoor mev Keyser voorgegee het dat hy 'n prokureur is nie.

Dat mev Keyser onder die indruk verkeer het dat die appellant 'n toegelate prokureur was, kan geredelik aanvaar word. Sy was op boedeloorgawe bedag en het geglo dat dit alleen deur 'n prokureur bewerkstellig kon word. Haar hele optrede, toe en later, getuig daarvan dat sy gemeen het dat die appellant 'n prokureur is wat haar sekwestrasie as sodanig sou kon behartig. Die rede waarom sy die appellant genader het, was juis omdat sy geglo het dat hy die nodige regswerk goedkoper as haar eie prokureur sou kon doen. Word die gewraakte telefoongesprek, soos dit hoort, buite rekening gelaat, is dit nic ondenkbaar níe dat mev Keyser deur mev Pivor onder daardie indruk gebring is, maar daí die appellant niks gedoen het om daardie indruk uit die weg te ruim nie. Daar is egter nie beweer of betoog dat die appellant onder die omstandighede moes besef het

11

dat sy hom vir 'n prokureur aangesien het en dat hy dus geroepe was om sodanige wanindruk íe verwyder nie. Dus bly die vraag of die staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant, deur optrede wat daarop gemik was, die klaagster se wanindruk óf gevestig óf bevestig het.

Mev Keyser het die afspraak 'n dag of wat later by die appellant se kantoor nagekom. Volgens die appellant beset hy die kantoor op die vierde verdieping van die Standard Bank Chambers reeds vir meer as twee jaar. In die voorportaal is daar 'n kennisgewingbord met die naam "Konsensus" en "C Jordaan". As mens op die vierde vloer by die hysbak uitstap, is daar 'n kennisgewing met die naam "Konsensus Mediasie" en 'n pyltjie na kantoor 408. Op die deur staan weer "Konsensus Mediasie. Kom binne." Hierdie getuienis is nic in kruisverhoor aangeval nie. Vir enige redelike persoon wat die appellant op kantoor besoek, sou dit 'n duidelike aanduiding wees dat die appellant nie as 'n prokureur praktiseer nie - wat natuurlik iets meer is as dat hy net voorgegee het dat hy 'n prokureur is. Mev Keyser in haar getuienis ontken egter dat daar enige kennisgewingborde

12

van dié aard in die voorportaal of in die gang was. Volgens haar het die

appellant nog verskoning gemaak dat hy die kantoor so pas beset het en dat

alles nog deurmekaar was - 'n aspek wat maklik deur objektiewe getuienis

opgeklaar kon gewees het. Wat sy wel toegegee het, was dat daar niks was

wat daarop gedui het dat dit wel 'n prokureurskantoor was nie - op sigself 'n

aanduiding, vir 'n redelike persoon in haar posisie, dat mens nie met 'n

prokureurspraktyk te doen het nie. Sy het ook toegegee dat die telefoon deur

die telefoniste beantwoord is met "Konsensus, Carel Jordaan se kantoor, mnr.

Jordaan se kantoor" waaraan sy toevoeg:

"... maar Konsensus kan vir 'n publiek mens enige ding [beteken], ek was nie van plan om vir hom te vra wat bedoel hy by Konsensus."

En weer:

"And have you cver heard of an altorney's firm where a person's surname, where the firm has another name than a person's surname. Have you ever heard of such a firm of attorneys? — Ek sê mos, die publiek is onkundig, so die antwoord is nee. Die publiek weet nie al die, al die verskillende goed wat die wet vereis van mense nie."

Gedagtig aan die objektiewe toets wat toegepas moet word, is hierdie

13

antwoord onoortuigend.

Oor die feit van die ontmoeting op 24 Januarie 1991 bestaan

daar eenstemmigheid. Mev Keyser het nie getuig dat die appellant se

gewaande prokureurskap opnuut te berde gebring is nie. Wat wel ter sprake

was, was die sekwestrasie van haar boedel. Sy het al haar dokumente aan

die appelíant oorhandig. Volgens mev Keyser het die appellant belowe dat

haar sekwestrasie teen laat Maart afgehandel sou wees. Die tarief wat hy

genoem het, was R2 500. Volgens die appellant het dit daarenteen vroeg in

die onderhoud reeds geblyk dat mev Keyser nie oor voldoende bates vir

doeleindes van boedeloorgawe beskik het nie en dat sy sekwestrasie nie eens

moes probeer oorweeg nie. Mev Keyser bevestig hierdie benadering met die

volgende woorde:

"Now at which stage did he tell you that you do not have enough assets to be sequestrated? — From the beginning granted, but then he said to me I did not have to carry on with worrying, he said he should manage to get the creditors to leave me alone eventually. How he would manage that I do not know, with no correspondence that he had in the file."

14

Volgens appellant het hy by dié geleentheid sy "strategie" aan

lar verduidelik. Dit is wat hy onder kmisverhoor daaroor te sê gehad het:

"Ek het na haar saak gekyk, hulle was in verskillende stadia van ontwikkeling. Daar was net dreigbriewe deur prokureurs, daar was dagvaardings en daar was sake waar al vonnis geneem is. Sy het gepraat oor sekwestrasie. Ek het aan haar verduidelik, na ek haar ondervra het, dat daar, dat sy nie eers moet sekwestrasie oorweeg nie, aangesien sy nie bates het nie. Ek het, dus wat ek gedoen het was om vir haar te skets op 'n papier, sy het spottenderwys daarna verwys as 'n blokkiesraaisel, wat ek deeglik met haar deurgegaan het, vir haar verduidelik die verskillende stadia waardeur, stadiums waardeur 'n saak gaan. Ek het die sake genoem, dit staan op daardie papier, ek het die sake so genotuleer en ek het vir haar gewys hierdie saak het nou gevorder tot hier, hierdie saak het gevorder tot hier. Ons moet die sake doodstil laat staan, ons moet nie vir die prokureurs jou, ons kaarte wys nie, ons moet nie vir hulle sê jy wil enigiets doen nie, want jy kan niks doen nie. As iemand vir my sou vra wat is die strategie wat ek vir haar aanbeveel het, sal ek vir u sê dit was om vir haar te sê laat ciic sake ontwikkel tot waar die lasbriewe uitgereik is, dan kan ons hof loe gaan, ons kan al die sake konsolideer, want mnr. Pols stel vir my die ou aansoekies op, dit is 'n eenvoudige ding aan die einde van die dag. Ons kan die sake laat konsolideer en dan gaan staan jy een maal voor 'n skuldlanddros, jy verduidelik aan hom jou posisie cn jy maak 'n afbetaalreëling wat jou pas."

n dan weer onder herondervraging:

15

"Ek het vir haar gesê ons sal dit moet laat ontwikkel tot dan, tot by daardie stadium, dan kan ons werklik eers iets doen, artikel 65(f) of iets van die aard."

Daar is tereg nie aangevoer dat hierdie optrede op sigself op 'n oortreding van artikel 83(1) van die gemelde wet neerkom nie. Artikel 83(1) word nie oortree bloot omdat iemand werk doen wat ook deur 'n prokureur verrig word nie. Anders sou 'n professor in die regte byvoorbeeld die bepalings van die arlikel oortree indien hy 'n regsmening teen vergoeding verstrek net omdat dit werk is wat 'n prokureur gewoonweg ook sou doen (vgl R v Zeiss supra 612 D-E). Wel word die artikel oortree as een persoon vergoed word om namens 'n ander regswerk te doen wat uitsluitlik deur 'n praktisyn verrig mag word. Origens moet bewys word dat hy, gesien vanuit die oogpunt van 'n redelike aanskouer, voorgegee of hom voorgedoen het as sou hy 'n toegelate prokureur wees - wat die vraag in die onderhawige geval is.

Dat die appellant aan haar 'n diagram gegee het waarop die "strategie" geskets is, word weereens deur mev Keyser bevestig. In

16

ooreenstemming met daardie "strategie", so verduidelik die appellant, het hy niks gedoen nie. Lasbriewe was nog nie leen haar uitgereik nie. Aan die ander kant het hy ook nog geen betaling van mev Keyser ontvang nie. Hy was bereid, sê hy, om tot op die laatste te wag vir sy betaling.

En toe kom daar 'n nuwe wending. Volgens die appellant was dit gedurende Maart 1991, volgens mev Keyser gedurende April. Vonnis is skynbaar teen mev Keyser geneem. Op van haar huisraad is beslag gelê. Sy was vas onder die indruk dat sekwestrasie van haar boedel vir haar 'n uitkoms sou bied. Sy was ontsteld en bel die appellant herhaaldelik.

Fresies wat oor daardie tydperk gebeur het en veral of dit plaasgevind het voor, tydens of na haar tweede besoek aan die appellant op kantoor, is nie maklik om uit te pluis nie. 'n Mate van rekonstruksie is ten opsigte van beide weergawes nodig.

Die klaagster se weergawe kan ten beste vir die staat soos volg saamgevat word: Gedurende die eerste besoek aan die appellant se kantoor het die appellant haar meegedeel dat sy nie oor die nodige bates beskik wat

17

vir boedeloorgawe nodig was nie; daarna, presies wanneer weet mens nie,

het sy hom vertel dat sy oor 'n aantal afdakke beskik wat vir dié doeleinde

aangewend sou kon word.

"Because he could not give me a roll number and I understood that to be legally sequestrated, you had to have a temporary sequestration, but his argument was at the end of the day, that I had no assets, but I told him what íhe situation was, in the meantime I had had a closed corporation which they were liquidating as well and I asked him, I said to him Carel, the goods that they, the assets that they take now from the closed corporation, because I now personally, me, Antoinette, getting insolvent. What happens about those goods. 1 nearly got into trouble by being told you can sell the goods."

Daar is toe besluit, moontlik tydens die tweede besoek aan hom op kantoor in April, om met 'n sekwestrasie-aansoek voort te gaan. Om dit te kon doen, moes sy eers betaal. Die appellant het 'n bedrag van R2 500 genoem (hetsy tydens die eerste besoek, hetsy daarna). Op 'n stadium, vermoedelik na die tweede besoek, het die appellant vir haar gesê dat hy Rl 000 benodig om die saak vir 'n Dinsdag ter rolle te plaas. Sy antwoord dat sy nie die geld het nie waarop hy haar laat belowe om die geld teen die Vrydag te bekom as hy dit

18

intussen uit sy trustrekening vir haar voorskiet. Toe sy dit teen die Vrydag

steeds nie betaal het nie, het hy so 'n bohaai daaroor opgeskop dat sy dit die

Maandag by haar ma gaan leen het.

"It was after he asked me, after I had paid the Rl 000 that he said he could then, once he has got the money in his hand, he can let the ball start rolling".

Tot op daardie tydstip is Pols se naam nooit genoem nie. Altesaam het sy

R2 200 aan die appellant betaal, "in stages". Daarna vind die beslaglegging

op haar goed píaas. Sy was omgekrap. Sy bel die appellant.

"When he saw, when he saw that I phoned him on the day that they had 'toe hulle mosiehof gegaan het om te sê dat ek my goed verloor het, toe het ek hom omtrent maklik twintig, vyf keer of wat ook al gebel. Toe ek vir hom gesê het wat gaan jy daaromtrent doen, toe sê hy vir my 'Antoinette ek sal vir my prokkie bel', toe sê ek 'jou prokkie', toe sê hy ja.'"

Dit was 'n "glips", sê mev Keyser. Tydens dieselfde gesprek is prokureur Pols se naam vir die eerste keer genoem. Dit is toe dat sy snuf in die neus kry dat die appellant dalk nie self 'n prokureur was nie. Sy bel eers die prokureursorde en vind uit dat Pols 'n prokureur is maar die appellant nie.

19

Daarna bel sy vir Pols wat volgens haar van die hele petalje toe nog niks geweet het nie. Dit was gedurende April 1991. Op daardie stadium het sy reeds R2 200 in die appellant se rekening inbetaal gehad "in his trust account in his personal name". Sy gaan spreek Pols wat die appellant in haar teenwoordigheid skakel. Pols het nog niks van die appellant ontvang nie. Pols, wat deur die hof as getuie geroep is, getuig dat die appellant wat dikwels kliënte na hom verwys het vir sekwestrasie, hom wel vooraf oor mev Keyser se saak gebel het. Daar was probleme met bates en met fondse. Op die stadium wat mev Keyser by hom op kantoor was, was geen geld nog deur die appellant aan hom oorbetaal nie. Daarna wel. Nadat betaling aldus geskied heí, het Pols haar sekwestrasie vir haar behartig. Haar boedel is op 21 Mei 1991 voorlopig en op 9 Julie 1991 finaal gesekwestreer.

Die appellant vertel 'n ander storie. Mev Keyser bel hom oor die beslaglegging. Sy vertel hom van haar pas-ontdekte bates. Hulle reël 'n afspraak. Dit was haar tweede besoek aan hom. Omdat die posisie verander het, sê die appellant, was sekwestrasie nou, anders as voorheen, 'n realistiese

20

moontlikheid. Self kon hy nie 'n sekwestrasie-bevel vir haar verkry nie want hy mog nie prokureurswerk doen nie en daarom het hy, so verklaar die appellant, aan haar gesê dat hulle van die dienste van prokureur Pols gebruik sou moes maak. Volgens hom was dit tydens hul tweede ontmoeting op kantoor. In haar teenwoordigheid het hy vir Pols gebel. Hy het geweet wat Pols se fooi was, te wete R2 500. Dit moes mev Keyser betaal. Inderdaad het sy net 'n bedrag van R2 200 op rekening van Konsensus Mediasie inbetaal waarvan hy 'n week of wat later Rl 700 aan Pols oorbetaal het en R500 vir homself gehou het. Mev Keyser het hom aanhoudend oor die saak getreiter totdat hy naderhand ongeduldig geraak en haar afgejak het. En dit het daartoe gelei dat sy by die polisie gaan kla het waarna hy op 10 April 1991 op 'n klag van diefstal gearresteer is. Op al sy boeke en dokumente is beslag gelê en hy is aangehou. Toe dit agterna blyk dat Pols reeds betaal is, het die polisie hom meegedeel dat die klag na 'n oortreding van die gemelde artikel 83(1) verander is. Nadat daar probleme ontstaan het, het hy dit goedgedink om die oorblywende R500 ook maar aan Pols oor te betaal.

21

Omdat daar so min datums of objektiewe gegewens is waaraan die gebeure wat deur die onderskeie getuies beskryf is, gekoppel kan word, pas albei weergawes by die breë prentjie in. Wat byvoorbeeld vanuit die klaagster se oogpunt gesien 'n "glips" was toe die appellant Pols se naam noem, is vanuit sy oogpunt gesien glad nie agterdogwekkend nie: dit was in ooreenstemming met sy uitgesproke voorneme, nadat dit geblyk het dat daar wel bates vir die doel beskikbaar was, dat mev Keyser se boedel gesekwestreer moes word. Wat van die waarskynlikhede? Ten gunste van die klaagster se weergawe is daar die oorweging dat die "glips" op haar groot indruk gemaak het. Volgens haar was dit die rede waarom sy na die prokureursorde en daarna na die polisie is; volgens die appellant was die rede haar ongeduld met sy gebrek aan vordering en die feit dat hy haar na 'n ruk afgejak het. Haar rede en reaksie klink vir my aanneemliker as syne. Aan die ander kant is daar weer die onwaarskynlikheid dat die appellant, 'n bedrewe kalant as mens mev Keyser moet glo, ooit so 'n blaps sou begaan het as dit alles deel van 'n oëverblindery was. Waarom sou iemand wat

22

daarop uit was om sy kliënt om die bos te lei, sommer so met die sak patats vorendag kom? En wat sou sy gekonkel hom op die lange duur baat? Hy kon per slot van rekening nie die werk van 'n prokureur verrig nie. In weerwil daarvan dat al sy dokumente deur die polisie in beslag geneem en deur die prokureursorde ondersoek is, was daar geen suggestie dat die appellant ooit gepoog het, hetsy in mev Keyser, hetsy in enige ander geval, om enige hofdokumente self op te stel of in naam van 'n kliënt te liasseer nie (vgl R v Boyes supra 276). En waar dit nie sy modus operandi was nie, moes hy les bes tog maar van 'n prokureur se dienste gebruik maak met die gevolg dat sy skema, as dit 'n skelmstreek was, noodwendig op die lappe sou kom sodra sy kliënt die hofdokumente ontvang. Besondere finansiële voordeel kon hy ook kwalik daaruit put want steeds moes hy vir die prokureur se gelde voorsiening maak.

Word dié twee weergawes aldus teen mekaar opgeweeg, is ek nie oortuig dat háár weergawe noodwendig bo syne voorkeur moet geniet nie.

23

Bewysstuk A, die inliglingsiuk waarna ter aanvang van hierdie uitspraak verwys is, sou deurslaggewend kon wees. Daarin word verklaar dat Konsensus Mediasie nie 'n prokureurspraktyk is nie. Volgens die hof a quo is dié stuk nie ter sake nie aangesien daar geen bewys is dat dit ooit tot mev Keyser se kennis gebring is nie. Hierdie kwessie, soos talle ander, hang in die lug. Die klaagster ontken dat sy dit ooit ontvang het. Die appellant sê dat dit vaste gebruik in sy kantoor was dat sy ontvangsdame die dokumente aan kliënte oorhandig. Die ontvangsdame is nie as getuie geroep om dit te bevestig nie. Aan die ander kant wil dit voorkom of bewysstuk A wel onder die dokumente was wat die klaagster aan die polisie oorhandig het. As dit so is, maak dit nie soseer saak of sy dit gelees het nie: indien dit wel deur of namens die appellant aan haar oorhandig is, is dit 'n aanduiding dat hy hom nie leenoor haar as 'n prokureur gedra het nie. Daardie moontlikheid bestaan, maar die getuienis oor bewysstuk A is so vaag en onbevredigend dat dit myns insiens kwalik as 'n redelike moontlikheid in die appellant se guns in ag geneem kan word.

24

Die hof a quo bevind uiteindelik teen die appellant op grond van

'n reeks "vasstaande feite wat tot die noodwendige konklusie lei dat die

appellant hom voorgedoen het as 'n praktisyn." Daardie feite was dat die

klaagster vasbeslote was om gesekwestreer te word; dat sy die appellant

daaroor gekonsulteer het; dat hy ontvangs neem van haar dokumentasie en

haar daaroor adviseer; dat die saak spoedeisend was; dat daar op

sekwestrasie besluit is; dat hy betaling aanvaar sonder om 'n prokureur se

naam te noem wat die werk sou moes doen; en dat hy agterna in die hof

leuens daaroor vertel.

"Die waarskynlikhede is dus sterk ten gunste van mev Keyser se weergawe dat sy deurgaans onder die indruk gebring is dat die appellant as prokureur optree tot op 'n baie laat stadium."

Maar hierdie gevolgtrekking kom in wese neer op die aanvaarding van mev Keyser se getuienis en die verwerping van die appellant s'n. Die appellant verstrek wel 'n verduideliking: aanvanklik het hy net advies gegee; toe daar eenmaal besluit is om wel tot sekwestrasie oor te gaan, het hy Pols in haar teenwoordigheid geskakel; eers daarna het hy

25

sekere aanvoorwerk gedoen en betaling gevorder; nooit was dit sy gebruik of kon dit sy bedoeling gewees het om die daadwerklike regswerk deur iemand anders as 'n prokureur te laat verrig nie en mev Keyser kon dit redelikerwys ook nooit gedink het nie.

Waar mev Keyser se woord egter nie sonder meer betroubaar was nie, kan nie gesê word dat die appellant se teenstrydige weergawe onteenseglik vals was nie.

Alles in ag genome is ek nie oortuig dat die appellant wel teenoor mev Keyser voorgegee hel dat hy 'n prokureur was nie, al het hy teen vergoeding op 'n terrein beweeg waar alleen 'n prokureur hom normaalweg sou begewe. Die feite waaroor daar geen twis was nie, pas by albei weergawes in. Die waarskynlikhede aan weerskante is nie deurslaggewend nie. Die getuienis wat teen die appellant aangebied is, was onbevredigend van aard en uit sy eie mond het die appellant hom as 'n leuenaar, moontlik selfs as 'n skelm, bewys maar nie noodwendig as 'n slenter prokureur nie.

26

Myns insiens behoort die appèl dus te slaag. En waar dit die geval is, kom die kwessie van vonnis nie daarop aan nie. Gevolglik is dit nie nodig om op die vraag in te gaan of die vonnis van periodieke gevangenisstraf wat die verhoorhof opgelê het 'n bevoegde vonnis was in die lig van artikel 83(7) van die Wet op Prokureurs, 1979, saamgelees met artikels 285(1) en 276(1) van die Strafproseswet, 1977, nie.

Die appèl word gehandhaaf. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.

P M NIENABER

Appèlregter

SMALBERGER AR ]

] Stem saam NICHOLAS Wnd AR ]

▲ To the top