S v Mphela (366/1992) [1994] ZASCA 12 (15 March 1994)


VERSLAGWAARDIG

Saaknommer 366/92

/wlb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JOSEPH MPHELA Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: E M GROSSKOPF AR et OLIVIER, MAHOMED Wnd ARR

VERHOORDATUM: 28 Februarie 1994

DATUM VAN UITSPRAAK: 15 Maart 1994

UITSPRAAK

OLIVIER Wnd AR/

2 OLIVIER Wnd AR

In Junie 1992 het die appellant voor 'n regter en twee assessore op drie aanklagte tereggestaan: eerstens dat hy op 8 Mei 1991 en te Clubview, Pretoria, vir Jan Frederick Rykers Jonk vermoor het; tweedens dat hy op dieselfde geleentheid R157,00 van Jonk geroof het en derdens dat hy 'n aantal huishoudelike goedere, onder andere 'n radio, twee haardroërs en skoene en klerasie van die oorledene gesteel het.

Beskuldigde het op 4 September 1991 in die landdroshof te Pretoria op die gemelde aanklagte gepleit. Daardie pleit het wat die feite betref, daarop neergekom dat die beskuldigde 'n lang tyd vir die oorledene as tuinhulp gewerk het en dat die oorledene hom van tyd tot tyd aangerand het. Op die betrokke dag het die oorledene na sy kamer gekom waar hy besig was om te slaap en 'n woordewisseling het tussen hulle ontstaan. Hy het toe gesê dat oorledene hom Rl 500,00 skuld ten opsigte van lone en dit geëis, waarop die oorledene hom begin aanrand het. Hy

3 het homself verweer en die oorledene met 'n kierie geslaan.

Oorledene het die kierie vasgegryp en hom met 'n ysterstaaf

begin slaan. Hy het die ysterstaaf vasgegryp en dit van

die oorledene afgeneem. Hy het hom daarmee teen die bene

geslaan totdat die oorledene op die grond geval het.

Oorledene het opgespring en 'n stoeigeveg het tussen hulle

ontstaan. Terwyl die oorledene op die grond gelê het, het

hy hom met sy skoen in die gesig geskop. Oorledene het toe

swak geword en het gesê dat hulle nie meer moes baklei nie.

Daarop het hy R157,00 aan beskuldigde gegee. Beskuldigde

het die buitekamer, waarin die struweling plaasgevind het,

met 'n draad toegedraai terwyl die oorledene in die kamer

was. Hy het toe in die oorledene se huis gaan eet en op 'n

later stadium die gemelde roerende goedere verwyder. Hy is

'n paar dae later gearresteer.

Die landdros het 'n pleit van onskuldig op die moordklag aangeteken. Die verrigtinge is toe gestaak in afwagting van 'n beslissing van die Prokureur-generaal.

Voor die verhoorhof het beskuldigde onskuldig

4 gepleit aan die aanklagte van moord en roof, maar wel

skuldig aan diefstal van die gemelde artikels. Hy was deur

'n advokaat verteenwoordig en 'n verklaring is ingevolge

artikel 115 van die Strafproseswet ingehandig. Dit handel

met die twee pleite van onskuldig ten aansien van moord en

roof en herhaal in wese die pleitverduideliking voor die

landdros. 'n Verklaring is ook ingehandig ingevolge

artikel 112(2) van die Strafproseswet ten aansien van die

pleit van skuldig aan diefstal.

By die verhoor het vier getuies namens die Staat getuig.

Die enigste getuie namens die verdediging was dié van die beskuldigde self. Hy het, in wese, die vorige verklarings en pleitverduidelikings herhaal.

Die oorledene is skuldig bevind aan al drie aanklagte. Die ratio van die skuldigbevindings aan aanklagte 1 en 2 (moord en roof) is dat die beskuldigde se weergawe, dat hy opgetree het in selfverdediging, verwerp is. Die verhoorhof het bevind dat hy geheel en al 'n

5 ongeloofwaardige en onbetroubare getuie is en dat hy sonder

rede die oorledene aangeval en hom ernstig beseer het.

Nadat hy die oorledene ernstig beseer het en gesien het dat

hy in 'n bewustelose toestand lê, het hy niks gedoen om hom

te hulp te kom nie, maar inderdaad nog vir ure lank op die

toneel en in die huis gebly voordat hy dit eers om ongeveer

middernag verlaat het.

Ten aansien van die moordklag is beskuldigde ter dood veroordeel. Ten aansien van die roofklag is hy tot vyftien jaar gevangenisstraf gevonnis en ten aansien van die diefstalklag tot tien jaar gevangenisstraf. Die vonnisse op aanklagte 2 en 3 (roof en diefstal), moet samelopend uitgedien word.

Alvorens die meriete van die skuldigbevindings en die kwessie van die vonnisse ter sprake kom, is daar 'n aangeieentheid in die prosedure wat deur die verhoorhof gevolg is en wat kommer wek en eerstens behandel moet word.

In die loop van die kruisverhoor van die beskuldigde deur die Staatsadvokaat het laasgenoemde

6 aansienlike probleme ondervind om helderheid by die

beskuldigde te kry oor waar en wanneer hy sy klere, wat

deur die worsteling met bloed bevlek was, verwissel het.

Advokaat Malan het opgetree vir die Staat en advokaat Pio

vir die beskuldigde. Die rekord toon aan dat die volgende

toe plaasgevind het:

"HOF: Mnr Malan, is daar ooit ondersoek ingestel na

die geestesvermoëns van hierdie mens?

MNR MALAN: Nee, ek het hom nie ... (tussenbei)

HOF: Is hy heeltemal compos mentis? Is hy

toerekeningsvatbaar?

MNR MALAN: Edele ja, nee ek moet sê, ek moet self

toegee op hierdie stadium kan dit nogal bebwyfel word.

HOF: Want wat hy opdis lyk vir my, onderhewig aan wat

mnr Pio mag aanvoer, 'n hele spul leuens.

MNR MALAN: Dit is voor die hand liggend.

HOF: En hy pas dit - wat my pla is hy pas dit aan

soos hy in 'n hoek kom.

MNR MALAN: Ja, onbeskaamd.

HOF: Want tot op hierdie moment het ek nog nooit

gehoor dat daar enige klere van hom op hierdie boneel

was nie.

MNR MALAN: Nee, nee, uit die aard van die saak, dit

is ... (tussenbei)

HOF: In geen hangkas of êrens was enige klere van

hom, wat op sigself sy skorie dat hy daar sou gewerk

het vir 'n tyd heelbemal weerlê.

MNR MALAN: Dit is korrek, uit die aard van die saak,

dit was kardinaal tot die hele ... (tussenbei)

HOF: Mnr Pio, watter indruk het u gekry van dié man

met konsultasies?

7

MNR PIO: Ek het baie gesukkel ... (tussenbei)

HOF: Is hy rasioneel verantwoordbaar?

MNR PIO: Ek het aanvanklik so die indruk gekry, maar

soos die saak aangaan het hy bietjie in die

moeilikheid, al hoe meer in die moeilikheid beland,

het sy instruksies al hoe moeiliker geraak. Ek dink

hy is toerekeningsvatbaar. Ek sal - dit was my

aanvanklike indruk.

HOF: U dink die saak moet maar voortgaan soos dit is?

MNR PIO: Ek dink so.

HOF: Ja, mnr Malan?

MNR MALAN: In watter vertrek was hierdie kas met die

klere van u gewees? -- Daar is twee hangkaste wat

bymekaar staan."

Die kruisverhoor het toe voortgegaan. Kort daarna verklaar

die beskuldigde, steeds onder kruisverhoor in antwoord op

'n vraag die volgende:

"'Sorry', ek het nie goed verstaan nie. Ek is duiselig, 'dizzy'."

Advokaat Malan vra toe aan hom wat hom duiselig maak en hy

sê dat hy 'n galaanval kry, maar dat daar voortgegaan kan

word. Skaars veertien vrae verder, en nadat advokaat Malan

klaarblyklik probleme ondervind het om rasionele antwoorde

by die beskuldigde te kry, vind die volgende plaas:

"MNR MALAN: u edele, met alle respek, ek is geneig om ook die indruk te kry ek dring nie deur tot die beskuldigde nie. Op hierdie stadium dink ek dit word

8

al hoe duideliker. Ek wil amper aan die hand doen of

'n mens hom nie maar moet poog om hom by 'n DG

vanmiddag te kry nie. Ek kan aangaan met die

kruisverhoor, ek weet nie of dit enige nut het nie.

So, ek is in die hande van die hof.

HOF: Ja, ons sal sien. Herverhoor?

MNR PIO: Geen herverhoor nie, en ek het geen beswaar

teen so 'n aansoek soos deur my geleerde vriend gerig

nie.

HOF: Maar sou 'n DG ondersoek vir ons van enige nut

kan wees?

MNR MALAN: Baie keer gee dit darem ten minste 'n

aanduiding. Ek sou nie sê, ek wil net reg ook plaas,

ek is nie klaar met kruisverhoor nie. Sou hy

heeltemal compos mentis wees dan sal ek graag wil

voortgaan met die kruisverhoor, ek het nog glad nie by

die voorval uitgekom nie, maar in die lig ook van wat

u opmerking was, ek weet nie of dit enige - maar ek is

in die hande van die hof. Ek sal voortgaan met die

kruisverhoor.

HOF: Nee, maar u weet, ek is in dié verleentheid,

hierdie saak is net geplaas tot môre.

MNR MALAN: Dit is ongelukkig so.

HOF: En ek weet vir 'n feit my assessore is volgende

week nie beskikbaar nie, so.

MNR MALAN: Goed, dan dink ek sal ek maar aangaan en

dan klaarmaak en dan sal ons maar later weer in die

verhoor kyk.

HOF: Moet ons maar sien.

MNR MALAN: Ja, soos die hof behaag.

HOF: Maar u kan dit kortsny want dit ... (tussenbei)

MNR MALAN; Ek sal. Ek sal dit so doen. Ek wil maar

net deurgaan deur die nodigste. Goed, u sê u kom in

die kamer in en hy vloek u en wat gebeur daarna? -- Hy

het toe met my baklei."

Die kruisverhoor gaan toe voort en slegs 'n kort rukkie

9 later toon die rekord die volgende gebeure aan:

"MNR MALAN: So hy kom na u kamer toe sodat u vir hom kan vra om sy geld te gee? Om u geld vir u te gee --Ek weet nie wat is die rede dat hy na die kamer toe gekom het om so te kom praat nje.

Hy het geen rede gehad om dit te doen nie? -- Hy het dit gedoen.

MNR MALAN: Die vraag is: hy het nie rede gehad om dit te doen nie, hy was nie kwaad vir u nie? -- Die wyse hoe hy daar gekom het met sy aankoms het hy begin baklei.

MNR MALAN: Die vraag is eintlik hy het nie rede gehad om dit te doen nie. As hy kwaad was vir u sou hy tydens die kosgee sessie vir u gesê het: 'Ek is kwaad vir jou', hieroor of daaroor. -- Hy het vir my kwaad geword. Hy het kwaad geword die stadium toe hy gesê het: 'Kaffertjie, jy moet luister na wat ek ...' (tussenbei)

HOF: Ons maak geen vordering nie, mnr Malan. MNR MALAN: Goed, soos die hof behaag. Ek moet dit miskien net sê, ek stel dit aan u dat hierdie aanranding van die oorledene op u is 'n fiktiewe aanranding, dit het nie plaasgevind nie. Die oorledene het op 'n stadium na u kamer gekom. Of u hom soontoe geroep het en of hy vanself gekom het weet ek nie, maar u het hom aangerand, ernstig tot so 'n mate dat hy gesterf het daarvan."

Daar was nie veel meer vrae onder kruisverhoor nie. Daar

was geen enkele vraag gevra by wyse van herondervraging

nie. Die voorsittende regter het hierna 'n hele aantal

vrae aan die beskuldigde gevra ten aansien van die gebeure.

10 Van die assessore het ook 'n vraag of twee gehad.

Die kwessie van die toerekeningsvatbaarheid van die beskuldigde is nooit weer geopper nie, daar was geen getuienis daaroor nie en geen melding word daarvan gemaak in die uitspraak van die verhoorhof nie.

Artikel 77(1) van die Strafproseset lui soos

volg:

"Indien dit in enige stadium van strafregtelike verrigtinge vir die hof blyk dat die beskuldigde vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na behore kan voer nie, gelas die hof dat die aangeleentheid ooreenkomstig die bepalings van artikel 79 ondersoek en oor verslag gedoen word."

Artikel 78(2) van die Strafproseswet lui soos

volg:

"Indien dit by strafregtelike verrigtinge beweer word dat die beskuldigde vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie vir die ten laste gelegde misdryf strafregtelik toerekenbaar is nie, of indien dit vir die hof by strafregtelike verrigtinge blyk dat die beskuldigde vanweë so 'n rede nie aldus toerekenbaar mag wees nie, gelas die hof dat die aangeleentheid ooreenkomstig die bepalings van artikel 79 ondersoek en oor verslag gedoen word."

11 Artikel 79 bepaal die prosedure en reëlings in

verband met die verkryging van psigiatriese verslae wat

slaan op die toerekeningsvatbaarheid van die aangeklaagde

tydens die pleging van die beweerde misdryf.

Dit is duidelik uit artikels 77(1) en 78(2) dat die hof geen diskresie het om 'n verwysing te weier nie waar daar blyke is dat die beskuldigde vanweë geestes-ongesteldheid of geestesgebrek nie verhoorbaar is nie (art 77(1)) of daar blyke of bewerings is dat die beskuldigde weens dieselfde redes nie toerekenbaar was nie (art 78(2)).

Reeds in S v Mogorosi 1979(2) SA 938 (A) te 942

A-C verklaar Viljoen Wnd AR:

"... should it have appeared to the Court a quo that the accused might not have been criminally responsible at the time he committed the offences? I italicise "might" to emphasize that a reasonable possibility suffices to oblige the court to direct the inquiry. There is no onus on an accused to prove at that stage that he was in fact not criminally responsible for the offences (cf S v Ebrahim 1973(1) SA 868 (A) at 871D -872A). On the other hand, once such a reasonable possibility emerges from an objective consideration of all the information placed before the court, it must direct the inguiry; it is not endowed with any discretion to refuse it; and, if it does refuse it,

12

this Court can therefore interfere and itself direct the inguiry."

(Sien ook S v Kleinhans 1991(1) SASV 252 (Nm) te 256 e-f.)

Die toets om te bepaal of in terme van artikel

78(2) opgetree moet word, is of daar 'n redelike

moontlikheid bestaan, aan die hand van 'n objektiewe

oorweging van al die inligting voor die hof, dat die

beskuldigde ontoerekeningsvatbaar of verminderd

toerekeningsvatbaar was. (S v Mogorosi supra te 942B; S

v Tom and Others 1991(2) SASV 249 (B) te 250j.) In S v

Manupo 1991(2) SASV 447 (K) te 449a is ook gesê dat daar so

'n ondersoek behoort te wees "... as daar enigsins 'n

grondige twyfel aan die beskuldigde se geestesvermoëns

bestaan ..." Ook in S v Mokie 1992(1) SASV 430 (T) te

440e is die toets van 'n redelike moontlikheid weer gestel.

Ten slotte het hierdie hof weer in S v Sindane

and Another 1992(2) SASV 223 (A) te 227j bevestig dat

aangesien 'n verwysing in terme van artikel 78(2) slegs 'n

ondersoek beoog ten einde die hof in staat te stel om 'n

13 vasstelling te maak met betrekking tot die toerekenings-

vatbaarheid van die beskuldigde, die toets wat toegepas

moet word by die toestaan van so 'n bevel 'n lae een is -

al wat vereis word, is 'n redelike moontlikheid van

ontoerekeningsvatbaarheid of, moet bygevoeg word, selfs

verminderde toerekeningsvatbaarheid.

Na my mening bestaandaar in die onderhawige saak 'n redelike moontlikheid dat die beskuldigde tydens die pleging van die misdryf ontoerekeningsvatbaar of verminderd toerekeningsvatbaar was of by die verhoor die verrigtinge nie kon begryp nie. Die tersaaklike gedeeltes uit die verhoor is hierbo volledig aangehaal.

Daaruit blyk dit dat die verhoorhof uit die aard van die beskuldigde se antwoorde en algemene houding die indruk gevorm het dat hy nie die aard van die verrigtinge begryp nie of dat hy moontlik ontoerekeningsvatbaar of verminderd toerekeningsvatbaar was. Die beskuldigde se advokaat het probleme om met die beskuldigde te konsulteer, ondervind. Die advokaat vir die Staat het dit moeilik

14 gevind om tot hom deur te dring. Op 'n stadium was die

advokate dit eens oor die wenslikheid dat die beskuldigde

deur die distriksgeneesheer ondersoek word en was so 'n

aansoek ten minste in die vooruitsig gestel. Klaarblyklik

was daar by die hof en die advokate twyfel aan die

verhoorbaarheid of die toerekeningsvatbaarheid van die

beskuldigde.

Myns insiens moes die verhoorhof op daardie stadium die verrigtinge opgeskort en die beskuldigde terstond vir 'n ondersoek in terme van artikel 79 van die Strafprosesweb gelas het. Die vertraging en ongerief wat 'n uitstel van die verhoor weens sodanige verwysing noodwendig meebring, behoort nie in die weg te staan van 'n nougesette beskerming van 'n beskuldigde se fundamentele reg op 'n billike verhoor nie. (Sien S v Sindane and Another supra te 227j.)

Die volgende vraag wat dan ontstaan is: wat is die korrekte prosedure wat hierdie hof moet volg in die lig van die bevinding wat hierbo gemaak is?

15 Die moontlikheid dat die beskuldigde

ontoerekeningsvatbaar was tydens die pleging van die

beweerde misdrywe ondergrawe enige moontlikheid van 'n

skuldigbevinding. Die fundamentele regte van 'n

beskuldigde en die beginsels van natuurlike geregtigheid

verg dat 'n skuldigbevinding wat bereik is sonder dat die

vraagstuk van toerekeningsvatbaarheid behoorlik ondersoek

is, waar daar aanduidings was dat dit ondersoek behoort te

word, nie mag bly staan nie. Ek sou dus oordeel dat die

skuldigbevindings en vonnisse tersydegestel moet word. Die

aangeleentheid moet terugverwys word na die verhoorhof

sodat gepaste stappe gedoen kan word om die nodige

ondersoek na die appellant se geestesvermoëns te laat

plaasvind. (Sien in dié verband S v Kleinhans supra; S v

Manupo supra; S v Leeuw 1980(3) SA 815 (A) te 823K; S v

Sindane and Another supra.)

Die skuldigbevindings en vonnisse word

tersydegestel en die aangeleentheid word terugverwys na die

verhoorhof sodat die beskuldigde 'n aansoek in terme van

16 artikels 77 en 78 van die Strafproseswet vir 'n ondersoek

soos beoog in artikel 79 van gemelde Wet kan rig en vir

die verdere afhandeling van die verhoor van die beskuldigde

ingevolge die bepalings van gemelde Wet.

Waarnemende Appèlregter

E M GROSSKOPF AR ]

STEM SAAM MAHOMED Wnd AR ]

▲ To the top