S v Steele (614/1993) [1994] ZASCA 120 (16 September 1994)


Saak nr 614/93 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

RONALD DAVID STEELE APPELLANT

-en-

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: HEFER, VIVIER et HARMS ARR.

VERHOOR: 16 September 1994.

UITSPRAAK GELEWER: 16 September 1994

REDES EN BEVEL

VIVIER AR/

2

VIVIER AR:

Die appellant, 'n 45-jarige sakeman van George, is in die

Streekhof aldaar aan die onwettige besit van 'n AK 47-geweer (aanklag 1) en 219 7,62 kaliber patrone (aanklag 2) skuldig bevind. Op aanklag 1 is hy tot drie jaar gevangenisstraf, waarvan agtien maande vir vier jaar op sekere voorwaardes opgeskort is, gevonnis en op aanklag 2 tot ses maande gevangenisstraf. Daar is gelas dat die vonnis op aanklag 2 saam loop met dié op aanklag 1. Teen hierdie vonnis het die appellant geappelleer na die Kaapse Provinsiale Afdeling wat sy appèl van die hand gewys en hom verlof geweier het om na hierdie Hof te appelleer. Daama het die appellant 'n petisie gerig aan die Hoofregter, ten gevolge waarvan aan hom verlof verleen is om teen sy vonnis na hierdie Hof te appelleer.

Nadat argument aangehoor is, het hierdie Hof die appèl gehandhaaf en aangedui dat redes sowel as die bevel later gegee sou

3

word. Die redes en bevel volg.

Die appellant het by die verhoor skuldig gepleit. Sy getuienis ter strafversagting was dat hy die betrokke wapen en ammumsie gedurende 1989 van 'n vriend, ene Van Tonder, gekry het. Daar was destyds gemgte van toenemende misdaad en onrus in die gebied en die enigste rede waarom hy dit bekom het was om homself te verdedig. Hy het die wapen en ammunisie in 'n wapenkluis geplaas en dit nooit gebmik of uit die kiuis gehaal totdat hy dit gedurende 1991 aan Van Tonder teruggegee het nie. Laasgenoemde is deur die polisie na hom gestuur om dit te kom haal. Op daardie stadium het hy reeds besluit om daarvan ontslae te raak en hy was eintlik verlig om dit aan Van Tonder terug te gee. Van Tonder het die betrokke wapen en ammunisie aan die polisie besorg en is voor die verhoor van die huidige saak aan die onwettise besit daarvan skuldig bevind en tot vier jaar

4

gevangenisstraf, wat in die geheel vir drie jaar op sekere voorwaardes opgeskort is, gevonnis.

Die appellant is 'n eerste oortreder. Hy is getroud en het twee minderjarige kinders. Hy bedryf sy eie, oënskynlik goed gevestigde besigheid op George en het vyf persone in sy diens. Dit was gemene saak by die verhoor dat weens die gespesialiseerde aard van sy besigheid dit waarskynlik tot niet sal gaan indien hy gevangenisstraf moet ondergaan.

In sy uitspraak by vonnisoplegging het die verhoorhof die algemene ems en die toename in voorkoms van die betrokke misdaad beklemtoon asook die feit dat die gemeenskap daarteen beskerm moet word. Die landdros het op die toenemende gebmik van vuurwapens by die pleging van misdade gewys en gesê dat elke landsburger 'n plig het om te keer dat onwettige vuurwapens in omloop kom. Instede daarvan het die appellant 'n onwettige

5

besitter soos Van Tonder gehelp om van sy vuurwapen ontslae te raak. Die landdros het vervolgens, met 'n verwysing na S v Maseko 1982 (1) SA 99 (A) op 102, homself gemaan om nie die algemene belang ten koste van die appellant se persoon en die besondere omstandighede van die saak te swaar te beklemtoon nie. Soos ek sal aantoon, is dit juis wat die landdros in hierdie saak gedoen het.

Die Hof a quo wys in sy uitspraak daarop dat 'n AK 47-geweer 'n oorlogswapen is wat nie in die besit van 'n wetsgehoorsame burger tuishoort nie. Die Hof a quo sê dat die appellant se verduideliking van hoe hy in besit daarvan gekom het, "bra flou" is en dat wat tussen hom en Van Tonder gebeur het, so vaag is dat dit verdag voorkom. Die Hof a quo vind die appellant se verduideliking dat hy die vuurwapen bekom het om homself te verdedig, nie baie oortuigend nie en wys op die appellant se eie

6

getuienis dat hy reeds in besit was van vier ander vuurwapens te wete 'n ,37 rewolwer, 'n ,22 geweer, 'n jaggeweer en 'n haelgeweer. Hy het gevolglik geen verdere wapen nodig gehad vir sy eie beskerming nie. Die Hof a quo beklemtoon verder die risiko verbonde aan die besit van 'n AK 47-geweer.

Alhoewel die appellant se getuienis oor hoe hy aan die besit van die vuurwapen gekom het en wat hy daarmee wou maak, vaag is, het die verhoorhof aan die appelíant die voordeel van enige twyfel in hierdie verband gegee en uitdruklik sy getuienis aanvaar dat hy hierdie as 'n goeie geleentheid beskou het om 'n spesiale wapen te bekom vir selfverdediging "in case things come to the push", soos die landdros dit gestel het.

In die lig van hierdie bevinding wil dit voorkom asof hierdie 'n geval is waar 'n ordentlike en nuttige landsburger voor die blote begeerte geswig het toe 'n skieiike versoeking hom getref het (vgl

7

S v Matoma 1981 (3) SA 838 (A) op 842H-843B). Na my

mening het die landdros te min gewig aan hierdie besondere aspek van die saak gegee met die gevolg dat hy die algemene belang ten koste van die besondere omstandighede en die appellant se persoon oorbeklemtoon het. Na my mening voldoen 'n opgeskone vonnis in die huidige saak aan al die doelstellings van straftoemeting.

Die appèl het gevolglik geslaag. Die volgende bevel word gemaak. Die vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende vonnis. Op aanklag 1 word die beskuldigde gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf wat vir vier jaar opgeskon word op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan 'n oonreding van anikels 2 of 32 van Wet 75 van 1969. gepleeg gedurende die tydperk van opskoning en ten opsigte waarvan hy onopgeskone gevansenisstraf opgelé word nie. Op aanklag 2 word hy gevonnis tot ses maande gevangenisstraf wat vir vier jaar opgeskort word op

8

voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan 'n oortreding van art 36 van Wet 75 van 1969, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting en ten opsigte waarvan hy onopgeskorte gevangenisstraf opgelê word nie.

W VIVIER AR.

HEFER AR)

HARMS AR) Stem saam.

▲ To the top