Administrateur, Transvaal v J D Van Niekerk & Genote Bk (730/1992) [1994] ZASCA 128 (23 September 1994)


RAPPORTEERBAAR SAAKNOMMER 730/92

EB

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

DIE ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL APPELLANT

en

J D VAN NIEKERK & GENOTE BK RESPONDENT

CORAM: HEFER, NESTADT, VIVIER, KUMLEBEN et

HARIVIS, ARR

VERHOORDATUM: 2 SEPTEIVIBER 1994

LEWERINGSDATUM: 23 SEPTEMBER 1994

UITSPRAAK

HEFER AR/....

2

HEFER AR:

Die vraag wat in hierdie appèl geopper is, is of 'n kostebevel rente dra vanaf die datum waarop dit verleen word dan wel vanaf die datum van die takseermeester se allocatur.

Die bevel waarom dit gaan, is deur hierdie hof verleen in 'n appèl vanaf die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Daarvolgens is die huidige appellant gelas om die koste van die appèl en die grootste gedeelte van die verhoorkoste van die huidige respondent se regsvoorganger te betaal. Geen voorsiening is daarin gemaak vir rente op die koste nie. Nadat die verhoorkoste getakseer en betaal is, het die huidige respondent die hof a quo genader met 'n aansoek waarin 'n bevel aangevra is (1) vir betaling van rente op daardie koste vanaf die datum van die aanvanklike vonnis in die Witwatersrandse Plaaslike Afdelinq en (2) waarvolgens verklaar word dat rente op die appèlkoste betaalbaar sou wees vanaf die datum waarop uitspraak in hierdie hof qelewer is. M J Strydom R het die aansoek aangehoor en die aangevraagde bevel toegestaan maar verlof aan die appellant verleen om na

3

hierdie hof te appelleer.

Die respondent se saak is uitsluitlik op art 2 van die Wet op die

Voorgeskrewe Rentekoers 55 van 1975 gebaseer. Art 2 lui soos volg:

"(1) Elke vonnisskuld wat, as dit nie vir die bepalings van hierdie subartikel was nie, nie na die datum van die vonnis of bevel uit hoofde waarvan dit verskuldig is rente sou dra nie, dra rente vanaf die dag waarop dié vonnisskuld betaalbaar is, tensy daardíe vonnis of bevel anders bepaal.

  1. Rente wat ingevolge subartikel (1) betaalbaar is, kan verhaal word asof dit deel uitmaak van die vonnisskuld waarop dit verskuldig is.

  2. In hierdie artikel beteken 'vonnisskuld' 'n geldsom wat ingevolge 'n vonnis of bevel, met inbegrip van 'n kostebevel, van 'n geregshof verskuldig is, en ook 'n deel van so 'n geldsom, maar nie ook rente wat nie deel van die hoofsom van 'n vonnisskuld uitmaak nie."

Die betoog namens die respondent kom in breë trekke daarop neer dat 'n

vonnisskuld vir doeleindes van art 2 as 'n enkele onverdeelbare geheel beskou

moet word ten spyte daarvan dat verskillende bevele daarin beliggaam mag

wees; en dat, tensy anders bepaal, rente op die skuld as geheel gehef word

vanaf die datum waarop die vonnis verleen word.

Hierdie argument hou nie steek nie. In eerste instansie is die effek van

art 2 nie dat rente gehef word vanaf die datum van die vonnis nie maar wel.

4

soos in subart (1) uitdruklik voorgeskryf, vanaf die datum "waarop die vonnisskuld betaalbaar is." Natuurlik, tensy anders in die bevel aangedui en onderworpe aan wat aanstons gesê sal word ten aansien van 'n kostebevel, is 'n vonnisskuld betaalbaar op die datum van die vonnis (General Accident Versekeringsmaatskappy Suid-Afrika Bok v Bailey NO 1988 (4) SA 353 (A) op 357 H), maar by die formulering van art 2 (1) is klaarblyklik rekening gehou met gevalle waarin betaling van 'n geldsom op 'n toekomstige datum gelas mag word. In sulke gevalle is die skuld nie betaalbaar voor die aangewese datum nie. (Vgl Schenk v Schenk 1993 (2) SA 346 (ECD)) En omdat alle betalings wat in verskillende bevele in dieselfde vonnis gelas word nie noodwendig op dieselfde datum betaalbaar is nie, bestaan daar boonop geen rede waarom daar by die toepassing van die bepaling nie onderskei kan en moet word tussen die verskillende bevele nie. Dit spreek inteendeel vanself dat die betaaldatum van elke betaling met die oog op die heffing van rente juis afsonderlik vasgestel moet word. Daarom kan rente op 'n kostebevel, tensy anders gelas, slegs gehef word vanaf die datum waarop dit "betaalbaar"

5

("payable") is volgens die betekenis wat by wyse van die vertolking van art 2

aan daardie woord geheg moet word.

In (Marine & Trade Insurance Co Ltd v Katz NO 1979 (4) SA 961

(A) op 975 D-F het Trollip AR daarop gewys dat

" 'payable' can have at least two different connotations: (a) that which is due or must be paid, or (b) that which may be paid or may have to be paid. Cf Concise Oxford English Dlctionary. sub voce 'payable'. The sense of (a) is a present liability - due and payable - ... (b) ... a future or contingent liability, ..."

(Kyk ook Moodlev v Community Development Board 1968 (4) SA 615 (D &

CLD) op 619 B-C.)

Dat die woord in art 2 (1) in die sin van "due and payable" (verskuldiq en betaalbaar) gebruik is, val nie te betwyfe! nie. Ek sê dit om verskeie redes.

Ten eerste is die feit dat, terwyl 'n vonnisskuld in subart (3) omskryf word as 'n geldsom wat ingevolge 'n vonnis of bevel verskuldiq is, rente daarop ooreenkomstig subart (1) gehef word vanaf die datum waarop dit betaalbaar is. Ten tweede, gedagtig daaraan dat die Wet betrekking het op moratore rente (vgl Katzenellenbogen Ltd v Mullin 1977 (4) SA 855 (A) op 883

6

B - 885 H; SA Eagle Insurance Co Ltd v Hartley 1990 (4) SA 833 (A) op 841 H-l) is so 'n voorskrif logies en verstaanbaar: desdanige rente kan immers nie gehef word op 'n skuld wat nie betaalbaar is nie omdat die skuldenaar eenvoudig nie in mora is voor die aanbreek van die betaaldatum nie. (Vgl Commissioner for Inland Revenue v First National Industrial Bank Ltd 1990 (3) SA 641 (A) op 653 A-B.) Ten derde is dit ewe duidelik dat die koste wat 'n gedingvoerder aan sy teenparty moet betaal kragtens 'n ongekwalifiseerde en onomskrewe kostebevel, tensy anders ooreengekom, nie betaalbaar is voor taksasie nie omdat so 'n bevel in die gewone loop van sake nie anders vertolk kan word nie as een waarvolgens die suksesvolle party geregtig is op betaling van sy getakseerde koste. Boonop kan uitvoering daarvan nie afgedwing word voor taksasie nie (in die provinsiale howe ooreenkomstig reël 45 (2) van die Gekonsolideerde Hofreëls en in landdroshowe kragtens art 80 (3) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944. Die uitspraak in Benson and Another v Walters and Others 1984 (1) SA 73 (A) het betrekking op die verjaring van prokureur en kliënt koste en is nie in pari materia nie.)

7

'n Vierde rede is dat moratore rente gemeenregtelik slegs gehef word op 'n skuld waarvan die omvang bepaald is sodat die skuldenaar weet wat die omvang van sy verpligting is (Wessels: Law of Contract in SA (2 uitg) par 2909; G A Mulligan: Mora 1952 SALJ op 287). Innes HR se befaamde opmerking in Victoria Falls & Transvaal Power Co, Ltd. v Consolidated Langlaaqte Mines. Ltd 1915 AD 1 op 32 is steeds van toepassing. Daarin is op gesag van Dig 50.17.99 ("non potest improbus videri. gui ignorat. quantum solvere debeat") aangedui dat "the civil law did not attribute mora to a debtor who did not know and could not ascertain the amount which he had to pay"; vandaar die geykte beginsel dat moratore rente nie gehef word op ongelikwideerde vorderings vir die betaling van skadevergoeding en dergelike onbepaalde vorderings totdat die omvang daarvan vasgestel is nie. (West Rand Estates Ltd v New Zealand Insurance Co, Ltd 1926 AD 173 op 195; Hartlev supra op 841 H-l en die ander beslissings wat genoem word in Muller v Mutual and Federal Insurance Co Ltd and Another 1994 (2) SA 425 (C) op 446 (C).) Die bedrag wat kragtens 'n bevel vir die betaling van party en party

8

koste betaalbaar is, word, in die afwesigheid van ooreenkoms tussen die partye, deur taksasie bepaal. Totdat dit geskied, weet die skuldenaar nie wat die omvang van sy verpligting is nie en is daar geen manier waarop hy dit kan bepaal nie. Kortom, tot op daardie stadium verkeer hy nie in mora nie. Daar is geen aanduiding in die Wet van 'n bedoeling om die bestaande reg enigsins te verander nie. Alles dui daarop dat die oogmerk was om praktiese probleme uit te skakel (vgl Katzenellenbogen supra op 884 C-D) en, indien die bedoeling was om die bestaande reg te wysig deur aan 'n vonnisskuldeiser regte te verleen wat hy vantevore nie gehad het nie, sou dit ongetwyfeld onomwonde uitgedruk gewees het.

In die lig hiervan verbaas dit nie dat die respondent se advokaat nie verwys het na enige ander geval waarin rente toegeken is op ongetakseerde party en party koste nie. Alle beskikbare Suid-Afrikaanse gesag (waaronder Kenrick v Central DM Co 1886 4HCG 36; Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W) op 79 H - 80 C en Paae and Another v Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd and Another 1974 (3) SA 66 (ECD) op 71 B-C)

9

is daarteen. (Vgl ook Van Zyl: Judicial Practice 929.) In sy uitspraak het Strydom R breedvoerig aangehaal uit 'n reeks Engelse beslisslngs maar in Engeland het die ondersoek na die betaling van rente op gedingskoste hoofsaaklik gewentel om bepaalde wetgewing en 'n besondere hofreël. Origens is billikheidsoorwegings in sommige uitsprake bygehaal wat geen effek kan hê op die toepassing van die duidelike voorskrifte van art 2 van die Wet nie. 'n Bespreking van die betrokke Engelse uitsprake sal geen nuttige doel dien nie.

Die uitspraak van die hof a guo kan derhalwe nie gehandhaaf word nie en die volgende bevel word verleen:

  1. Die appêl word gehandhaaf met koste insluitende die koste van twee advokate.

  2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang met 'n bevel waarvolgens die aansoek van die hand gewys word met koste

10 insluitende die koste van twee advokate.

J J F HEFER APPèLREGTER

NESTADT, AR )

VIVIER, AR )

) STEM SAAM KUMLEBEN,AR )

HARMS, AR )

▲ To the top

Cited documents 0