S v Kruger (464/1993) [1994] ZASCA 130 (23 September 1994)


SAAKNOMMER: 464/93

/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In saak tussen:

ISMAIL KRUGER APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : E M GROSSKOPF, KUMLEBEN ARR et

NICHOLAS WnAR

VERHOORDATUM : 15 SEPTEMBER 1994
GELEWER : 23 SEPTEMBER 1994

UITSPRAAK

KUMLEBEN. AR/...

1

KUMLEBEN AR:

Hierdie appèl is slegs teen vonnis gerig. Die appellant, 'n 36-jarige man, het skuldig gepleit op 'n aanklag van diefstal, naamlik, dat hy oor 'n tydperk van omtrent ses maande vleis ter waarde van R10 000,00 van 'n vleisonderneming gesteel het. Daarvoor het die streekhof 'n vonnis van 30 maande gevangenisstraf opgelê, waarvan 15 maande op 'n gepaste voorwaarde opgeskort is. Sy appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof het misluk, asook sy aansoek om verlof om verder te appelleer. Hierdie hof het egter sodanige verlof toegestaan.

Die feite wat tot die aanklag aanleiding gegee het, kan soos volg opgesom word. Die appellant was in diens van 'n sekuriteitsmaatskappy en is aangestel om as sekuriteitsbeampte by die vleismaatskappy dienste te verrig. Hy moes as wag by die hek van die

2

perseel optree. Kort nadat hy sy werk aldaar begin het, het hy ingewillig om aan die wederregtelike verwydering van die vleis deel te neem. Hy het werknemers van die fabriek toegelaat om gesteelde kissies vleis deur die hek te neem. Daarvoor het sy medepligtiges, wat vermoedelik die gesteelde vleis vir eie gewin verkoop of self gebruik het, hom geld betaal. Die presiese bedrae wat hy ontvang het, is nie uit die oorkonde bepaalbaar nie - hy het bedrae van R25,00, R60,00 en R40,00 in die hof genoem.

Die verswarende faktore is vanselfsprekend. Die appellant het sy vertrouensposisie misbruik deur die misdaad te bevorder in plaas van dit te bekamp. Hy het ook nie net eenmaal voor die versoeking geswig nie aangesien sy optrede meermale oor 'n betreklik lang tydperk plaasgevind het.

Teenoor hierdie oorwegings, bestaan daar heelwat, en na my mening gewigtige, versagtende omstandighede. Hy is 'n eerste oortreder:

3

sy eerste en enigste misdryf is eers in sy dertigerjare gepleeg. Hy het 'n maandelikse salaris van ongeveer R976,00 by die sekuriteitsfirma verdien waaruit hy sy vyf minderjarige kinders en sy vrou, 'n kankerlyer, moes onderhou. Ter versagting het hy getuig dat hy die misdryf gepleeg het omdat sy familie nie kos gehad het nie en hierdie verduideliking is nie deur kruisondervraging in geskil gestel nie (verg Rex v Motehen 1949(2) S.A. 547 (A) 550). Hy het 'n bestendige en onafgebroke werksrekord en het homself in moeilike omstandighede laat geld en sy familie onderhou. Na skool het hy by die S A Vloot aangesluit en was vir 18 jaar daar werksaam. Daarna was hy vir 9 maande 'n selfstandige boukontrakteur alvorens hy by die sekuriteitsfirma begin werk het. Na sy afdanking weens hierdie misdryf, het hy weer werk bekom by die Westelike Provinsie Krieketklub waar hy 'n netto salaris van R212,00 per week verdien het. Hy is, so neem ek aan, nog huidiglik daar werksaam hangende die uitslag van hierdie

4

appèl. Soos reeds genoem, het hy 'n ondergeskikte-, hoewel sleutelrol, gespeel in die diefstal en nie direk of eweredig in die opbrengs van die gesteelde vleis gedeel nie. (Hierdie versagtende feite blyk uit die getuienis van die appellant asook uit die getuienis en verslag van 'n beampte van Korrektiewe Dienste waama ek aanstons sal verwys.)

Na skuldigbevinding het die streeklanddros, myns insiens heeltemal tereg, besluit dat die appellant na 'n korrektiewe toesigbeampte verwys moes word om te bepaal of hy 'n geskikte kandidaat vir korrektiewe toesig was al dan nie: die landdros wou, soos hy dit gestel het, "alle vonnisopsies in hierdie saak oorweeg".

Lt Germishuys, 'n gekwalifiseerde maatskaplike werker en 'n korrektiewe beampte van die hof, het 'n onderhoud met die appellant gevoer en sy verslag opgestel. Dit bevat besonderhede van die appellant se gesinsagtergrond, sy kerklike affiliasie en besonderhede van sy loopbaan,

5

waarvan sommige reeds hierbo genoem is. Ten slotte Iui hierdie beampte

se aanbeveling soos volg:

"DIE BESKULDIGDE KAN NIE AANBEVEEL WORD VIR KORREKTÏEWE TOESIG NIE. DIE REDES IS AS VOLG: (i) HY WOON EN MOET BESOEK WORD IN 'n AREA WAAR GEREELD BENDE GEVEGTE PLAASVIND EN DAAR OP MEKAAR GESKIET WORD. (2) DIE BESKULDIGDE VREES DAT HY SY WERK SAL VERLOOR AS DIE WERKGEWER MOET UITVIND VAN DIE AARD VAN SY MISDAAD EN DAN HET SY GESIN GEEN INKOMSTE NIE.

'n BOETE KAN DIE BESKULDIGDE MET SY INKOMSTE NIE BETAAL NIE EN DAAROM WORD VOORGESTEL DAT HY BYVOORBEELD 21 JAAR GEVANGENISSTRAF OPGESKORT KRY AS VONNIS."

Ek wys terloops daarop dat die aanbeveling van 'n algehele opgeskorte

vonnis 'n sterk aanduiding is dat in die afwesigheid van die twee beweerde

struikelblokke, hy wel korrektiewe toesig sou aanbeveel het.

Ek neem die eerste rede eers in aanskou. Die appellant het

getuig dat:

6

"Naweke is dit, dis baie woelig by, dis baie woelig in Lavender Hill daar wat ek bly meneer. So ek sal dit hartlik waardeer as ek 'even' net naweke by die huis kan wees ook, u weet, want met die 'gang Gghtery' en so nou daar by my woning se kant."

Dié omstandighede het hom egter nie verhoed om sy werk Saterdae by die

Krieketklub te verrig nie.

Die landdros het wel deeglik die opsie van korrektiewe toesig

in sy vonnis oorweeg. Hy sê soos volg:

"Ek het u verwys na die plaaslike beampte van korrektiewe dienste om te bepaal of u 'n geskikte kandidaat is vir korrektiewe toesig. Volgens sy verslag is u nie 'n geskikte kandidaat nie, aangesien u in 'n area woon waar dit moeilik is om die vonnis te kontroleer." (My beklemtoning.)

Die onarwendbare atleiding, myns insiens, is dat dit die enigste rede was

wat die landdros laat besluit het om korrektiewe toesig as die gewenste

strafmiddel te verwerp: indien die appellant in 'n veilige buurte gewoon het

sou hy inderdaad hierdie straf opgeïê het. Hierdie gevolgtrekking word

7

gestaaf deur die feite in verband met versagting reeds opgenoem. Afgesien

van die praktiese probleem van kontrole, is hierdie geval, myns insiens, by

uitstek een waar vonnis buite die gevangenis al die doelwitte van straf sal

bevredig.

In die toonaangewende uitspraak van hierdie hof, S v R

1993(1) SA 476 (A) 488 G -I, het Kriegler WnAR soos volg opgemerk:

"[D]ie Wetgewer het ondubbelsinnig deur die klemverskuiwing, wat uit die Wysigingswet as geheel spreek, aangedui dat straf, hervonnend maar desnoods hoogs bestraffend, nie noodwendig of selfs primêr deur opsïuiting in 'n gevangenis haalbaar is nie. Waar die wetgewende gesag so duidelik sy wens uitgespreek het en waar die uitvoerende gesag (blykens die wetsinwerkingstellende proklamasies) paraat is om die nodige administratiewe rugsteuning te verskaf, is dit die plig van regsprekers om die middele wat so vrylik tot hul beskikking gestel is daadwerklik op te neem. In die besonder moet daar ingesien word dat daar nou gevoelige straf toegemeet kan word sonder gevangesetting, met al die bekende nadele aan laasgenoemde verbonde vir beide die prisonier en die breé gemeenskap."

Die bekende voordele van korrektiewe toesig word deur Lt Kol Elsa Jones

8

van die Departement van Korrektiewe Dienste soos volg aangestip:

"In contrast to imprisonment, correctional supervision has, among others, the following advantages:

  1. The probationer can benefit to the greater extent from the normalizing influences of the community.

  2. The probationer is not exposed to the negative influences of hardened criminals and the prison sub-culture.

  3. The rehabilitation process takes place within the community where the best results can be obtained.

  4. It is a more cost-effective sentence option.

  5. There is less pressure on available prison space.

  6. The isolating effect and the stigma attached to imprisonment are avoided.

  7. To a large extent some negative results of imprisonment are eliminated, for example


  • loss of self-respect;

  • loss of income resulting in the inability to provide for the family;

  • breaking up of family life etc."

(Correctional Supervision in South Africa: The Practical Application gepubliseer in De Rebus, November 1993 bladsy 982 et seq.)

Die vraag is dus of die probleem aangaande monitering - dat

9

dit moeilik mag wees of 'n mate van 'n risiko mag inhou - die toepassing

van hierdie vonn van straf verydel. Oor monitering skryf Lt Kol Jones

(op cit op bladsye 984 en 985):

"All probationers are subject to direct monitoring by correctional officers or appointed volunteers, by means of

  • telephonic supervision at the workplace and at home;

  • visits to the workplace;

  • visits to the probationer's residence (including after-hours visits);

and

# compulsory visits by the probationer to the community corrections
office for consultation."

Met eerbied teenoor die betrokke beampte en die streeklanddros, meen ek

dat hierdie vraag meer aandag moes geniet het deur nadere ondersoek en

ondervraging van die beampte sowel as die appellant. Die inperking van

vryheid deur huisaanhouding is die vernaamste strafelement van korrektiewe

toesig. Volgens die verslag het die appellant se bure 'n telefoon (nommer

7019743) en vermoedelik kan hy met veiligheid dit antwoord om te

10

bevestig dat hy by sy huis is. Indien hy sy huidige werk behou of 'n ander betrekking bekom ('n verdere oorweging wat nog bespreek moet word), kan die nodige kontak of kontrolering ook by sy werksplek plaasvind.

Die tweede rede in die verslag genoem vir die aanbeveling teen korrektiewe toesig hou verband met wat die appellant aan Lt Germishuys gesê het. Sy beswaar - dat indien sy misdaad tot die kennis van sy werkgewer kom, hy sy werk sal verloor - is kiaarblyklik geopper in die verondersteHing dat gevangenisstraf nie opgelê sou word nie - dan sou hy in iedere geval sy werk moes prysgee. Om dié rede moet hierdie oorweging buiíe rekening gelaat word, soos die streeklanddros ook gedoen het. Maar hierdie oorweging - die feit dat sy werknemer sy dienskontrak moontlik sou beëindig - verg ook verdere aandag deur die korrektiewe beampte. Die samewerking tussen die Departement van Korrektiewe Dienste en welsynsorganisasies, veral Nimro, is alombekend. Moontlik in

11

samewerking met een van hierdie instansies behoort sy werkgewer deeglik

ingelig te word oor die aard van die misdaad, die versagtende faktore, die

appellant se persoonlike en gesinsomstandighede, en die doel en omvang

van korrektiewe toesig. Die besluit oor die behoud van sy dienste by die

Krieketklub, en indien nodig, die moontïikheid dat 'n ander betrekking vir

hom gevind kan word, sal dan van belang wees by die vasstelling of

korrektiewe toesig wenslik en doenlik is. Om weer vir Lt Kol Jones aan

te haal in dié verband:

"OBTAINING EMPLOYMENT

The ideal situation is that every probationer should be employed so

as to be self-sufficient and able to support his family. One major

benefit of this sentencing option lies in the fact that the offender need

not lose his employment while serving his sentence in the

community.

An unemployed probationer being admitted to the system is expected to obtain employment as soon as possible. Although it is the primary responsibility of the probationer to obtain employment, the Department of Correctional Services assists probationers as far as

12

possible by utilizing the resources of employment officers who are also members of the department." (Op cit bladsy 983.)

Ek sou dus die appèl handhaaf, die vonnis tersyde stel en die

saak terugverwys na die streekhof vir heroonveging met inagneming van

wat in hierdie uitspraak voorgestel word.

M E KUMLEBEN APPèLREGTER

E M GROSSKOPF AR) -Stem saam NICHOLAS WnAR)

▲ To the top