S v Mafumo en 'n Ander (460/92; 468/92) [1994] ZASCA 168 (24 November 1994)


Saak nos: 469/92 468/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

MOSHE JOHN MAFUMO. Eerste Appellant

WALTER MOKOENA Tweede Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: E M GROSSKOPF, EKSTEEN et HARMS, ARR

Verhoor: 2 November 1994

Gelewer: 24 November 1994

UITSPRAAK EKSTEEN, AR :

Die twee appellante is daaraan skuldig be-vind dat hulle op 29 Augustus 1989 vir Beshifulani Sam-uel Ngobeni ("die oorledene") vermoor het. Hulle is albei die doodvonnis opgelê. Hulle kom nou in hoër beroep teen beide hierdie skuldigbevindinge en vonnisse.

Die oorledene was die indoena van die woongebied Ravalela - blykbaar 'n gehuggie naby Giyani in Gazankulu. Die twee appellante het sowat 45-50 kilometer daarvandaan gewoon. Uit die getuienis van die oorledene se weduwee wil dit voorkom dat daar onenigheid ontstaan het tussen die oorledene en ene Jackson Ndobela oor 'n bok van laasgenoemde, wat

.... /2

2

deur oorledene se seuns beseer sou gewees het. Alle pogings van die oorledene om die geskil by te lê is deur Ndobela afgewys. Gedurende Augustus 1989, 'n paar dae voordat die oorledene vermoor is, het Ndobela die twee appellante by die kraal van Phineas Moakamedi ont-moet, en hulle oorgehaal om die oorledene te vermoor teen betaling van R1000. In 'n sogenaamde "bekentenis" deur die eerste appellant beweer hy dat Ndobela die reëling met die tweede appellant aangegaan het, en dat laasgenoemde hom oorgehaal het om deel te neem teen betaling van R500. Hoe dit ookal sy, blyk dit dat die twee appellante op 29 Augustus die tog na Ravalela onderneem het met die opset om die oorledene om die lewe te bring. Hulle het hom glad nie geken nie,

...... /3

3

en hy ook nie vir hulle nie. Daar aangekom het hulle navraag gedoen oor waar hulle hom kon kry, en uiteinde-lik, laat die middag, kom hulle by die oorledene se vrou uit waar sy naby 'n watergat by 'n tuintjie gesit het. Haar twee jong seuns en haar dogtertjie was ook by. Alhoewel hulle vreemdelinge vir mekaar was het die twee appellante voorgegee dat hulle die vrou vantevore ont-moet het. Hulle het navraag gedoen na die oorledene op die voorwendsel dat hulle 'n standplaas by Ravalela soek. Die oorledene was egter weg na die "legotla". Nadat die appellante 'n rukkie gewag het is hulle weer daar weg. Nie ver daarvandaan nie het hulle die oorledene teëgekom waar hy met sy fiets op pad terug na sy vrou en kinders was by hul tuintjie. Die

....... /4

4

appellante het hom gevra waar hulle die indoena van Ravalela kon kry, en, nadat hy vir hulle gesê het dat hý die indoena was, is hulle saam met hom terug na die tuintjie. Daar het die oorledene se vrou vir hom kos voorgesit. Hy het die appellante genooi om saam te eet maar hulle het die aanbod van die hand gewys, want, sê die eerste appellant in sy bekentenis, "I could not eat because I knew we came to kill him".

Terwyl die oorledene geëet het, het die appellante die onderwerp van 'n standplaas geopper. Die eerste appellant het te kenne gegee dat hy 'n standplaas vir sy ouma soek. Die oorledene was on-geneë om die versoek toe te staan omdat hy hulle nie geken het nie, en hy het hulle bewysboeke gevra.

...../5

5

Hulle kon dit nie toon nie, en het op hulle beurt vir die oorledene gevra om aan hulle 'n briefie te gee sodat hulle die eerste appellant se ouma tevrede kon stel dat hulle wel by hom was. Die eerste appellant het hierop 'n stukkie papier aan die oorledene gegee en die oor-ledene het iets daarop geskryf. Die twee appellante stap toe weg.

Die oorledene en sy gesin het ook aan-staltes gemaak om huiswaarts te keer. Die oorledene het met sy fiets weggery terwyl sy vrou en kinders met hul donkiekarretjie langs 'n ander pad gegaan het. Die twee paaie het vorentoe weer bymekaar gekom. Toe sy met die donkiekarretjie naby die aansluiting van die paaie gekom het, het die vrou die oorledene

.... /6

6

en die twee appellante daar gekry. Die appellante het

na 'n merk in die sand gewys en gesê dat dit na 'n slang se spoor lyk. Die oorledene het blykbaar belang gestel en het sy fiets teen 'n boom staan gemaak. Agter op die fiets was 'n tamatiekissie waarin daar 'n byl, 'n flits en sekere dokumente was.

Oorledene se vrou het nie in die slang-spoor belang gestel nie en aangery in haar karretjie. Na sy 'n entjie gery het, het sy 'n slag gehoor, en haar man wat geskree het dat die skelms besig was om hom dood te maak. In vrees het sy nie omgekyk nie maar aangery totdat sy by ene Jackson Matebula gekom het. Sy het aan hom gemeld wat gebeur het, en hy en een van haar seuns is terug om te sien wat van die oorledene

...... /7

7

geword het. Hulle het die oorledene op die grond ge-kry waar hy met ernstige kopwonde in 'n plas bloed ge-lê het. Net toe hulle by hom kom, het hy gesterf. Die oorledene is klaarblyklik met sy eie byl doodgekap. Die byl was nie meer op sy fiets nie, en die getuie-nis het getoon dat die tweede appellant later die byl aan ene Hilda Malatjie gegee het met die versoek dat sy dit vir hom moes hou. Hilda het getuig dat sy albei beskuldigdes geken het en dat hulle altyd saam was. Selfs toe die tweede appellant die byl aan haar gegee het, het die eerste appellant daar naby in die pad gewag. Na sy arrestasie het die tweede appellant saam met die polisie gegaan en die byl gaan haal.

.... / 8

8

Die eerste appellant het, na afsluiting van die Staat se saak, sy saak gesluit sonder om enige getuienis af te lê.

Die tweede appellant het getuig en 'n alibi opgewerp. Sy getuienis was klaarblyklik ongeloof-waardig en leuenagtig en is as sulks deur die verhoor-hof verwerp. Dit is ook nie voor ons betoog dat hier-die bevinding van die hof a quo aangeveg kan word nie.

Namens die eerste appellant is betoog dat sy bewering in sy sogenaamde bekentenis as sou hy deur die tweede appellant gedwing gewees het om aan die misdaad deel te neem, en dat dit slegs die tweede appellant was wat die oorledene doodgekap het, nie verwerp moes gewees het nie, en in

......./9

9

in sy guns aanvaar moet word. Hierdie verklaring van hom - of dit as 'n bekentenis of as 'n blote erkenning deur hom gesien moet word - is nie onder eed gemaak nie. Omdat die eerste appellant nie by sy verhoor getuig het nie, kon sy beweringe ook nie deur kruisverhoor ge-toets word nie. Dit ding uiteraard in 'n groot mate af van die gewig wat aan die beweringe in sy guns geheg moet word. Hulle kan egter nogtans in oorweging ge-neem word, en beoordeel word in die lig van al die ge-tuienis in die saak (S v Yelani 1989 (2) SA 43 (A) op 49 H - 50 D). In die onderhawige geval word die eerste appellant se relaas van die gebeure in ver-skeie opsigte deur die aanvaarde getuienis van die weduwee weerspreek. Die kern van sy verweer, nl dat

...... / 10

10

hy deur tweede appellant gedwing was om aan die moord mee te doen, word ook op die waarskynlikhede van die aanvaarde getuienis weerlê. So, byvoorbeeld, getuig die weduwee dat hy die segsman was by hulle eerste ontmoeting, en dat hy die een was wat met die oorledene onderhandel het, en vir hom die papiertjie gegee het om op te skryf. Dit strook geensins met die ge-drag van een wat onder dwang handel nie.

Die enigste faset van die verklaring wat mnr Venter in sy betoog namens die eerste appel-lant opgehaal het as sou dit pertinent op dwang dui, is sy bewering dat hy begin skree het toe hy sien hoedat die tweede appellant die oorledene met die byl kap. Die weduwee sê egter dat dit haar man was wat

....... / 11

11

uitgeroep het dat die skelms besig was om hom dood te

maak. Mnr Venter se betoog dat sy haar kon misgis het kan nie opgaan nie. Daar is geen rede om te dink dat sy nie haar eie man se stem sou herken nie, en die woorde wat geuiter is kon slegs van die oorledene ge-kom het.

Mnr Venter het toegegee dat indien eerste appellant nie gedwing was om aan die misdaad deel te neem nie, dit aanvaar moet word dat daar 'n gemeenskap-like opset tussen die appellante bestaan het om die oor-ledene om die lewe te bring. Hy het egter aangevoer dat die verhoorhof gedwaal het deur te bevind dat die eerste appellant die oorledene vasgehou het terwyl die tweede appellant hom met die byl gekap het. In

..... / 12

12

die lig van die toegewing dat die appellante met 'n gemeenskaplike opset opgetree het, vind ek dit onnodig om, by die oorweging van die skuldigbevindinge, hier-op in te gaan.

Die skuld van albei appellante is voldoende uitgemaak op al die getuienis, en daar bestaan dus geen geldige rede om van die verhoorhof se bevinding in hierdie verband te verskil nie.

Wat vonnis betref is daar namens albei appellante betoog dat die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis is nie. Die verhoorregter is in hierdie opsig hoofsaaklik beïnvloed deur die bevinding van die hof dat die appellante gehuur was om die oor-ledene dood te maak. Mnr Blignaut, wat namens die

...... / 13

13

tweede appellant opgetree het, het betoog dat díe enig-

ste getuienis dat hulle gehuur sou gewees het, die bekentenis van die eerste appellant was, en dat dit dus nie teen die tweede appellant in aanmerking geneem kon word nie. Die eerste appellant het egter na skuldig-bevinding ter versagting van vonnis getuig en die in-houd van sy verklaring onder eed bevestig. Hieroor is hy nie deur die tweede appellant onder kruisver-hoor geneem nie. Die tweede appellant het nie ter versagting van vonnis getuig nie. Die verhoorhof was dus, na my mening, geregtig om op die eerste appellant se getuienis, en vir doeleindes van vonnis, te bevind dat die appellante deur Ndobela gehuur was om die 45-50 kilometer na Ravalela te reis met die opset om

....../ 14

14

die oorledene dood te maak. Dit is ook gemene saak dat hulle die oorledene glad nie geken het nie en geen grief teen hom gehad het nie. Ndobela se grief teen die oorledene was van 'n persoonlike aard wat die appel-lante geensins geraak het nie. Hulle het hom dus slegs vir geldelike gewin gaan doodmaak. Dat sulke kontrak-moorde 'n verfoeilike vergryp is wat die mensdom met af-gryse vervul en 'n dodelike gevaar vir die gemeenskap inhou, is reeds meermale deur hierdie hof bevind (cf S v Mlumbi en 'n Ander 1991 (1) SASV 235 (A) op 251 g-i; S v Dlomo and Others 1991 (2) SASV 473 (A) op 477 i-j; S v Mabaso and Others 1992 (1) SASV 690 (A) op 694 a-C; en S v Zondi 1992 (2) SASV 706 (A) op 709 i-j). In al hierdie sake is die doodvonnis wat weens kontrakmoorde

....... / 15

15

opgelê is bekragtig. Die hof het in Dlomo se saak (supra) die moontlikheid van uitsonderlike omstandighede by sulke moorde waar die doodvonnis nie as die enigste gepaste vonnis gesien kon word nie, in die vooruitsig gestel. Sulke uitsonderlike omstandighede is gevind teenwoordig te gewees het in S v Ntshangase 1992 (2) SASV 141 (A). In die onderhawige geval, egter, kan geen sodanige omstandigheid aangemerk word nie. Al-bei appellante is volwassenes - die eerste appellant synde 25 jaar oud en die tweede appellant 43 jaar. Hulle het geen verbintenis met die oorledene gehad nie, en hom trouens nie eers geken nie. Sy moord was voor-af beplan en uitgevoer slegs om 'n persoonlike wrok van Ndobela teen die oorledene te bevredig, en vir geen

....../ 16

16

ander rede nie. Daar is dus niks in dié verband wat ter versagting van die weersinwekkendheid van die ap-pellante se misdaad aangevoer kan word nie.

Die enigste werklike versagtende faktor wat in die weegskaal geplaas kan word is dat albei appellante eerste oortreders is en derhalwe die po-tensiaal tot hervorming en rehabilitasie het. Dit kan egter geensins opweeg teen die verswarende fak-tore wat ek reeds genoem het nie. Ek is derhalwe van mening dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis in al die omstandighede is, om as afskrikking vir ander te dien en om die gevestigde hoekstene van die same-lewing te beskerm.

Vir die redes uiteengesit in S v Makwanyane

......./ 17

17

en 'n Ander 1994 (2) SASV 158 (A) op 162 c-e is ek nie geneë om sondermeer die appèl af te handel voordat die Konstitusionele Hof uitsluitsel oor die geldigheid van die doodvonnis in gevalle soos hierdie gegee het nie. Gevolglik word die volgende bevele gemaak:

  1. Die appèlle van beide beskuldigdes teen hul skuldigbevindinge word afgewys; en

  2. die afhandeling van hulle appèlle teen die doodvonnisse hulle opgelê word uit-gestel tot 'n datum wat deur die griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal sal word.

J P G EKSTEEN, AR

E M GROSSKOPF, AR )

stem saam
HARMS, AR )

▲ To the top